Inleiding vir die fasiliteerder
Impaq se benadering tot taalonderrig in graad 3
Taal is ’n instrument vir denke en kommunikasie. Die doeltreffende gebruik van taal stel leerders in staat om te dink en kennis op te doen, hul kreatiewe vermoëns en identiteit asook gevoelens en idees uit te druk, en met ander in wisselwerking te tree om hul leefwêrelde te bestuur. Leerders se huistaal vorm dus die grondslag en is die instrument waarin hulle kommunikeer en leer.
Doeltreffende taalonderrig en leer in graad 3 vereis die ontwerp van leergeleenthede en interaksies wat fokus op die leerder se ontwikkeling om te luister en praat, dink en redeneer, lees en skryf. Die leerprogram is gebaseer op 20 leereenhede wat oor die 40 weke van die akademiese jaar strek. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae.
Elke dag het drie of vier gedetailleerde taalsessies binne een van die volgende fokusareas:
• Luister en praat
• Lees en klanke
• Skryf en taalstruktuur
Luister en praat
Luister en praat vorm ’n integrale deel van enige leerarea. Dit is ’n belangrike vaardigheid wat die grondslag vorm vir verdere leer, dus word daar in graad 3 spesifiek tyd afgestaan aan gefokusde aktiwiteite wat luister- en praatvaardighede ontwikkel. Tydens die luister-en-praat-aktiwiteite word die leerder gemotiveer om woordeskat en taalstruktuur te verbeter. Die fasiliteerder moet genoeg geleenthede skep vir leerders om spontaan oor ’n onderwerp te gesels. Indien die leerders nie daarin slaag om ’n sinvolle gesprek te voer nie, kan die fasiliteerder vrae vra om die gesprek aan die gang te sit.
Die luister-en-praat-aktiwiteite behels mondelinge gesprekke rondom spesifieke onderwerpe, prentbesprekings, besprekings om nuwe stories aan die leerder bekend te stel, en besprekings ná elke storie. Die graad 3 eerste addisionele taal-program bied gefokusde luister-en-praat-sessies, maar soms word luister en praat met lees- of skryfsessies geïntegreer.
Sample
Luister en praat vorm ’n integrale deel van alle leeraktiwiteite in die graad 3-klas. Daar word dus spesifieke sessies in elke leereenheid aan luister-en-praat-aktiwiteite afgestaan. Dit is egter belangrik dat die fasiliteerder self luister- en praatvaardighede met ander leerareas integreer. Leerders leer tydens ander leerareas om krities te dink, te luister en te praat wanneer hulle besig is met interaksie en aktiwiteite binne elke leerarea.
Lees
Leesvaardigheid is ’n belangrike komponent van die graad 3 eerste addisionele taal-program. Die jaarplan is gebaseer op die leesreeks Lees is lekker. Die leesreeks bestaan uit vier fases met vyf stories elk. Namate die leerder deur die jaar vorder, word die stories en sinne stelselmatig langer.
Die program is saamgestel om woordherkenning en sinskonstruksie te bevorder. Die leerders lees gereeld hoëfrekwensiewoorde (woorde wat gereeld in enige leestekste voorkom) om leesvaardigheid te bevorder. Soos wat die leerder se vaardigheid verbeter, word daar minder tyd bestee aan hoëfrekwensiewoorde vir leesvoorbereiding. Die fasiliteerder gebruik sigwoorde en stel leerders bekend aan nuwe woorde om hulle vir elke leesles voor te berei. Die fasiliteerder gebruik die woorde vir klanklesse in die fasiliteerderhulpmiddel vir die bekendstelling van sigwoorde. Hierdie woorde bevorder woordherkenning en verbeter uiteindelik leerders se leesvaardigheid.
Die leesprogram maak voorsiening vir gedeelde lees, waar leerders saam met die fasiliteerder lees, asook individuele en groepleessessies. Die leerders word voortdurend aan nuwe woorde in die leesreeks bekendgestel terwyl hulle vir die leessessies voorberei. Daar is egter sessies waar daar van die leerders verwag word om onvoorbereide tekste te lees.
Klanke
Elke leereenheid bevat verskeie klankaktiwiteite. Hierdie aktiwiteite wissel tussen die bekendstelling van nuwe klanke, vaslegging van klanke en woordbou-aktiwiteite.
Die klankreeks is oor die 20 leereenhede versprei. Die leerders hersien al die enkelklanke (vokale en konsonante), asook dubbelklanke wat in graad 2 aangeleer is. Die leerders word dan bekendgestel aan meer ingewikkelde klankkombinasies aan die begin en einde van woorde. Hulle leer voortdurend nuwe klanke, maar daar word genoegsaam voorsiening gemaak vir hersiening, vaslegging en woordbou. Dit vereis ook dat die leerders elke week ’n skryfaktiwiteit voltooi waar hulle die bekende woorde van die week in hul klaswerkboek skryf.
Skryf en handskrif
Skryfaktiwiteite fokus op die leerders se vermoë om self sinvol te skryf, waar handskrif op handskrifvaardighede fokus. Aanvanklik is skryfaktiwiteite eenvoudig en vereis dat die leerders woorde invul om sinne te voltooi, en selfs sinne bou. Namate die program vorder, word die leerders uitgedaag om self sinne te skryf, stories te beplan en skryf, en om met begrip te lees en antwoorde in te vul.
Taalstruktuur
Die graad 3 addisionele taal-program stel leerders bekend aan woordsoorte, spesifiek naamwoorde en werkwoorde, en maak ook voorsiening vir eenvoudige oefeninge om die leerders bewus te maak van teenwoordige, verlede en toekomende tyd in gesproke en geskrewe taal.
Materiale en hulpbronne
Graad 3-leerders skryf met ’n pen. Alle geskrewe aktiwiteite word in die een werkboek uiteengesit. Die leerders benodig twee blanko oefenboeke vir kreatiewe skryfoefeninge en om bekende spelwoorde te skryf (weeklikse oefening). Gebruik oefenboeke met dikker lyne en kantlyne (feint and margin).
Materiale en hulpbronne en hoe om dit te gebruik
Sample
Die graad 3-pakket bestaan uit die volgende produkte:
1. Fasiliteerdersgids
2. Werkboek
3. Lees is lekker, fase 6 tot 9
4. Leerderhulpmiddel:
4.1 Klanke vir klanklesse
4.2 Hoëfrekwensiewoorde
5. Fasiliteerderhulpmiddel:
5.1 Verrassingswoorde
5.2 Sigwoorde per leereenheid
5.3 Woorde vir klanklesse
5.4 Hoëfrekwensiewoorde
5.5 30 Seconds™-kaarte
6. Assessering (portefeuljeboek en assesseringsgids en memorandum)
Die volgende bykomende hulpbronne moet aangeskaf word:
• Pen vir die skryfaktiwiteite.
• Twee blanko oefenboeke met dikker lyne en kantlyne.
Die fasiliteerdersgids
Die fasiliteerdersgids bestaan uit 20 leereenhede. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae. Elke dag is ingedeel in drie of vier taalsessies wat luister en praat, lees, klanke en skryf dek. Verwys na die voorgestelde dagprogram vir die tydindeling van die sessies.
Elke sessie word afgesluit met twee inligtingsblokkies – Konseptualisering en Hulpbronne. Die konseptualisering-blokkie bevat ’n kort opsomming oor die konsepte wat vasgelê word, en die hulpbronne-blokkie bevat ’n lysie van artikels wat vir die sessie verskaf word.
By elke sessie word daar van twee simbole gebruik gemaak:
Die uiltjie dui aan wat die fasiliteerder moet doen.
Die potlood dui aan wat die leerder moet doen.
Werkboek
Die werkboek bevat 117 aktiwiteite wat die lees- en skryfvaardighede ondersteun.
Die leesreeks: Lees is lekker
Die leesreeks bestaan uit fase 6 tot 9 en vyf stories per fase. Vind al die flitskaarte met sigwoorde uit die leesreeks in die fasiliteerderhulpmiddel.
Die leerderhulpmiddel
1. Klanke vir klanklesse
Die leerhulpmiddel bevat klankkaarte vir die klankaktiwiteite in die fasiliteerdersgids. Die klanke word vir woordbou-aktiwiteite gebruik.
2. Hoëfrekwensiewoorde per leereenheid
Die hoëfrekwensiewoorde uit die leesreeks is per leereenheid georganiseer. Gebruik die woorde saam met die leeslesse in die fasiliteerdersgids.
Die fasiliteerderhulpmiddel
1. Verrassingswoorde
Twintig onbekende woorde wat tydens een luister-en-praat-aktiwiteit oor “moeilike”, onbekende woorde per leereenheid gebruik word.
2. Sigwoorde per leereenheid
Die sigwoorde uit die leesreeks is per storie georganiseer. Gebruik die woorde saam met die leeslesse in die fasiliteerdersgids.
3. Woorde vir klanklesse
Die woorde vir klanklesse verskyn in dieselfde volgorde as wat dit in die fasiliteerdersgids gebruik word, en nie in alfabetiese volgorde nie.
4. Hoëfrekwensiewoorde per leereenheid
Die hoëfrekwensiewoorde uit die leesreeks is per leereenheid georganiseer. Gebruik die woorde saam met die leeslesse in die fasiliteerdersgids.
5. 30 Seconds™-kaarte
Speelkaarte wat op die gewilde 30 Seconds™-speletjie gebaseer is. Gebruik die kaarte vir luister-en-praat-aktiwiteite soos in die fasiliteerdersgids aangedui.
Voorgestelde dagprogram vir graad 3
Per week: 23 uur
1. Huistaal (HT): 8 uur
2. First Additional Language (FAL): 2 uur
3. Wiskunde: 7 uur
4. Lewensvaardighede (LV): 6 uur
TYD MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG
07:50 –08:05
08:05 –09:30
09:30 –09:50
HUISTAAL: Luister en praat 15 min.
WISKUNDE Klasaktiwiteit (mondelings) 25 min.
HUISTAAL: Luister en praat 15 min.
WISKUNDE Klasaktiwiteit (mondelings) 25 min.
HUISTAAL: Luister en praat 15 min.
WISKUNDE Klasaktiwiteit (mondelings) 25 min.
HUISTAAL: Gedeelde lees 15 min.
WISKUNDE Klasaktiwiteit (mondelings) 25 min.
HUISTAAL: Luister en praat 15 min.
WISKUNDE Klasaktiwiteit (mondelings) 25 min.
Wiskunde 30 min. Wiskunde 30 min. Wiskunde 30 min. Wiskunde 30 min. Wiskunde 30 min.
Wiskunde 30 min. Wiskunde 30 min. Wiskunde 30 min. Wiskunde 30 min. Wiskunde 30 min.
HUISTAAL: Klanke 20 min.
HUISTAAL: Handskrif 20 min.
HUISTAAL: Klanke 20 min.
09:50 –10:10 POUSE
LV Persoonlike en Sosiale
10:10 –10:40
10:40 –11:00
11:00 –11:30
Welstand & Aanvangskennis
30 min.
HUISTAAL: Handskrif 20 min.
HUISTAAL: Groepslees 30 min.
LV Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis
30 min.
HUISTAAL: Groepslees 20 min.
HUISTAAL: Groepslees 30 min.
LV Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis
30 min.
HUISTAAL: Gedeelde lees 20 min.
HUISTAAL: Gedeelde lees 30 min.
HUISTAAL: Gedeelde lees 20 min.
HUISTAAL: Klanke 20 min.
LV Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis
30 min. LV Persoonlike en Sosiale Welstand & Aanvangskennis 30 min.
HUISTAAL: Groepslees 20 min.
HUISTAAL: Groepslees 30 min.
HUISTAAL: Handskrif 20 min.
HUISTAAL: Skryf 30 min. 11:30 –11:50 POUSE 11:50 –
12:10 –13:20 LV Liggaamsopvoeding 1h10 min. LV Skeppende Kunste 40 min. LV Liggaamsopvoeding 1h10 min. LV Skeppende Kunste 40 min. LV Skeppende Kunste 40 min.
HUISTAAL: Skryf 30 min.
HUISTAAL: Skryf 30 min. EAT 30 min.
Leereenheid 1
Dag 1 Week 1
Sessie 1: Luister en praat: Boekbespreking
Die fasiliteerder stel ’n nuwe storie aan die leerders bekend. Bespreek die titel van die storie: “Tom en die tweeling”.
• Lees die titel hardop. Alhoewel die woord “tweeling” onbekend is, behoort die leerders die klanke in die woord maklik te herken.
• Gesels oor tweelinge. Is daar dalk ’n tweeling in die klas?
• Verwys na identiese en gewone tweelinge.
Bespreek die prent op die voorblad van die storie (fase 6, storie 1, bl. 7). Lei die prentbespreking deur middel van vrae en antwoorde. Gebruik die volgende vrae, maar formuleer addisionele vrae na aanleiding van leerders se antwoorde.
• Wat doen Tom en Tandi? Hulle loer oor die muur.
• Hoekom loer hulle oor die muur? Om te kyk hoe die nuwe bure lyk.
• Wat sien hulle aan die anderkant van die muur? Twee meisies wat met twee hondjies speel.
• Hoe lyk die meisies? Hulle lyk presies dieselfde.
• Dink julle dit is winter of somer? Somer Waarom sê julle so? Die kinders dra kortmouklere/ somerklere/speel in die tuin. Verwys na die kleredrag en tuin om die seisoen te bepaal.
• Wat doen die meisies in die tuin? Speel met hulle honde.
• Het julle ook troeteldiere? Leerders kan informeel gesels oor hul troeteldiere, die versorging daarvan en waarom dit lekker is om ’n troeteldier te hê.
Sample
Sessie 2: Lees: Tom en die tweeling
Die leerders is reeds bekend met verskeie hoëfrekwensiewoorde. In graad 3 lees hulle steeds hoëfrekwensiewoorde om leesvaardigheid te verbeter.
• Flits die hoëfrekwensiewoorde van leereenheid 1 vir die leerders (is, sit, en, ’n, die, in, ons, tot, van, vir, as, sê, net, dan, was). Hulle is reeds bekend met die woorde en behoort dit maklik self te kan herken en hardop lees. Flits die woorde herhaaldelik terwyl die leerders dit hardop lees. Hulle kan elke woord twee of drie keer lees.
• Flits die sigwoorde van die storie “Tom en die tweeling”.
• Lees en klank die woorde saam met die leerders.
• Skommel en flits al die woorde weer. Hulle lees die woorde ten minste drie keer hardop.
• Die fasiliteerder lees bladsy 8 van die storie hardop. Leerders volg elkeen in hul eie boek en probeer daarna om die storie op hul eie te lees.
Sessie 3: Klanke: Hersien die klanke oo en ee
Hersien die klanke oo en ee
• Flits die volgende woorde: boom, loop, toor, roos, poot.
• Hulle lees die woorde hardop. Watter klank hoor ons in al die woorde? Leerders identifiseer die oo-klank.
• Beklemtoon die uitspraak van oo in Afrikaans, aangesien leerders dit maklik met die Engelse uitspraak kan verwar.
• Leerders lees en klank elke woord, bv. l-oo-p = loop.
• Herhaal die aktiwiteit met die ee-klank.
• Gebruik die volgende woorde vir die klankles: boom, loop, toor, roos, poot, been, meel, geel, lees, veer.
Gebruik die klanke in die leerderhulpmiddel en bou woorde met die klanke oo en ee.
• Die fasiliteerder sê ’n woord hardop en gee die leerders geleentheid om dit te bou.
• Leerders mag mekaar help indien hulle sukkel om ’n woord korrek te klank en bou.
• Gebruik die volgende woorde: boor, voor, boot, kool, leen, gee, leer, peer.
• Die fasiliteerder kan self addisionele woorde byvoeg.
Sessie 4: Skryf: My vakansie
Dit is die eerste dag van die nuwe jaar. Al die leerders is terug by die skool ná ’n lekker vakansie.
Sample
• Voltooi aktiwiteit 1 in die werkboek.
• Skryf ten minste 4 sinne oor jou vakansie.
• Die leerders mag mekaar help indien hulle met moeilike woorde of die formulering van lang sinne sukkel.
Dag 2
Sessie 1: Luister en praat: Onvoorbereide mondeling
Gister het die leerders sinne oor die vakansie geskryf.
• Verdeel die klas in groepe. Indien daar minder as 10 leerders is, werk in een groot groep.
• Leerders kry die geleentheid om van hulle vakansie te vertel. Die luister-en-praat-sessie is slegs 15 minute lank. Bepaal dus die gesprektyd na gelang van die aantal leerders in die groep.
• Hierdie aktiwiteit is ’n onvoorbereide mondeling waar die leerders gesels. Beweeg tussen die groepe deur en help leerders indien nodig. Vra addisionele vrae om die gesprek aan te moedig waar leerders sukkel om hulself in hul addisionele taal uit te druk.
Sessie 2: Lees: Tom en die tweeling
Flits die hoëfrekwensiewoorde van leereenheid 1 vir die leerders (is, sit, en, ’n, die, in, ons, tot, van, vir, as, sê, net, dan, was). Hulle is reeds bekend met die woorde en behoort dit maklik self te kan herken en hardop lees. Flits die woorde herhaaldelik terwyl die leerders dit hardop lees. Hulle kan elke woord twee of drie keer lees.
• Flits die sigwoorde van die storie “Tom en die tweeling”.
• Lees en klank die woorde saam met die leerders.
• Skommel en flits al die woorde weer. Hulle lees die woorde ten minste drie keer hardop.
• Die leerders lees bladsy 8 van die storie in groepe. Spandeer tyd saam met een groep, terwyl die res van die leerders vir mekaar lees. Fasiliteer die leeslesse sodat elke groep voldoende aandag tydens die gedeelde leessessies kry.
Sessie 3: Skryf: ’n Lys van items
Voltooi aktiwiteit 2 in die werkboek.
• Julle gaan met vakansie. Wat gaan jy alles saamvat?
• Maak ’n lys van ten minste 10 items wat jy vir die vakansie moet inpak.
• Jy mag ’n woordeboek gebruik indien jy onseker is oor woordeskat en spelling.
Dag 3
Sessie 1: Luister en praat: Nuus
Die leerders vertel nuus of deel persoonlike ervarings. Hulle moet ’n ervaring of gebeurtenis identifiseer wat hulle met die klas wil deel. Gee geleentheid vir twee of drie leerders om nuus te vertel. Gee op ’n volgende keer weer vir ander leerders ’n geleentheid om nuus te deel; s ó kry elkeen ’n beurt.
• Luister na die leerders se vertelling en reageer met oop vrae (vrae wat nie met ’n “ja” en “nee” beantwoord kan word nie). Die leerder se vertelling vorm die tema van die gesprek.
• Let op sinskonstruksie en die gebruik van woorde om hulle ervaring te deel.
• Leerders mag aan die gesprek deelneem en vir hul maats vrae oor die storie of gebeurtenis vra.
Sessie 2: Lees: Tom en die tweeling
Flits die hoëfrekwensiewoorde van leereenheid 1 vir die leerders (is, sit, en, ’n, die, in, ons, tot, van, vir, as, sê, net, dan, was). Hulle is reeds bekend met die woorde en behoort dit maklik self te kan herken en hardop lees. Flits die woorde herhaaldelik terwyl die leerders dit hardop lees. Hulle kan elke woord twee of drie keer lees.
• Flits die sigwoorde van die storie “Tom en die tweeling”.
• Lees en klank die woorde saam met die leerders.
• Skommel en flits al die woorde weer. Hulle lees die woorde ten minste drie keer hardop.
• Die fasiliteerder lees bladsy 9 tot 10 van die storie hardop. Die leerders volg elkeen in hul eie boek en probeer daarna om die storie op hul eie te lees.
Sessie 3: Klanke: Hersien die klanke oo, ee, aa
Hersien die klanke oo, ee en aa.
• Die leerders maak beurte om woorde met die bogenoemde klanke te identifiseer en klank. Die leerder wat die woord klank, moet ’n sin maak om die betekenis van die woord te illustreer. Hulle skryf dan die woord op die bord. Bv. ’n leerder steek sy/haar hand op en sê: r-oo-s = roos. Ek pluk vir Mamma ’n roos in die tuin.
• Herhaal die aktiwiteit sodat daar ten minste vyf woorde met elke klank gemaak is.
Voltooi aktiwiteit 3 in die werkboek. Kies die regte woorde om die sinne te voltooi.
Antwoorde
• Lisa gaap, want sy is vaak.
• Pappa lees die koerant
• Daar sit ’n duif in die boom
• Tandi pluk vir Mamma ’n geel blom.
• Die kinders loop tot by die parkie.
• Hy sit kaas op die toebroodjie.
• Oupa sê sy been is seer.
• Mamma kook vir ons lekker kos.
Sessie 4: Taalstruktuur: Vraagtekens
Die leerders is reeds bekend met die gebruik van die vraagteken. Hulle weet dat vraagsinne met ’n vraagteken eindig. Die formulering van ’n vraagsin in die addisionele taal mag vir sommige leerders moeilik wees.
• Gesels oor die verskil tussen ’n vraagsin en ’n stelsin (’n gewone sin wat met ’n punt eindig). Gebruik voorbeelde om vir die leerders te wys hoe ’n vraagsin lyk.
• Bv. Kry jy koud? Is jy klaar met die vorige aktiwiteit? Waarom is jy kwaad? Wat wil jy graag doen?
Sample
Werk in groepe.
• Speel ’n vraag-en-antwoord-speletjie. Maak beurte om vrae vir die groep te vra. Groeplede verskaf antwoorde waarop die leerders dan weer ’n vraag kan vra, bv.
• Het jy ’n troeteldier?
• Watter soort troeteldier is dit?
• Wat is jou troeteldier se naam?
• Hoe lyk jou troeteldier?
• Die fasiliteerder werk saam met die leerders en help hulle waar nodig.
home classroom college workplace
1803-E-EAT-FG01 1803-E-EAT-FG01