Graad 4 • Handleiding Natuurwetenskappe en Tegnologie

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07

Natuurwetenskappe en Tegnologie
Handleiding Graad 4
Handleiding
G04 ~ Natuurwetenskappe en Tegnologie
LESELEMENTE










LEERDOELWITTE
Wat die leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
DEFINIEER
Definisies van konsepte om die leerders te help om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK
’n Opsomming of verduideliking van kernbegrippe in die les.
WENKE
Inligting bo en behalwe die inhoud om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing vir die leerders om die inhoud self verder in diepte na te vors.
AKTIWITEIT
Formatiewe assessering om die leerders se vordering en kennis aan die einde van elke les te toets.
OEFENING
SAMPLE
Formatiewe assessering om die leerders se vordering en kennis aan die einde van elke eenheid te toets.
KERNINHOUD
Vaslegging van kerninhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les
STUDEER/HERSIENING
Afbakening of opsomming van werk wat vir toetse en eksamens hersien moet word
STUDIEWENKE
Daar is baie leerders wat sukkel om te studeer. Alhoewel daar leerders is wat sukkel, is die punte wat die leerders moet behaal tog belangrik, tog leer ons hulle nooit om optimaal te kan studeer nie. Dit lei daartoe dat die leerders glad nie studeer nie of elke aand vir ure sit en nooit die vrugte daarvan pluk nie.
Leerders mag dit wel nodig vind om meer voor ’n toets of eksamen te studeer, maar daar is wel maniere om altyd op hoogte te bly met die inligting wat met hulle gedeel word, sonder dat hulle ure daaraan moet spandeer.
Hieronder is ’n paar wenke wat leerders kan volg om vir toetse en eksamens voor te berei:
1. Eerstens, word georganiseerd Dit word voorgestel dat die leerders vir elke vak hul eie lêer het. In hierdie lêer word aan die een kant die terugvoer wat van formele assesserings ontvang is, geplaas en aan die ander kant huiswerk, opdragte of selfs assesserings wat nog gedoen en ingehandig moet word.
2. Twee weke voordat die leerders die toets of eksamen gaan skryf, moet daar vir hulle ’n aanduiding gegee word oor watter eenhede in die handleiding in die toets of eksamen gedek sal word.
3. Die leerders moet dit duidelik in die handleiding merk. (Kwartaal 1 se toets sal handel oor eenheid 1, die Junie-eksamen sal handel oor eenheid 1 en 2, kwartaal 3 se toets sal handel oor eenheid 3 en die Novembereksamen sal handel oor eenheid 3 en 4).
4. Hersien/organiseer/herskryf jou notas. Die leerders moet kyk na hul notas vanaf die vorige toets en eksamen. Is dit netjies en maak dit sin? Kan dit beter georganiseer word? Byvoorbeeld, kan die konsepte dalk eerder saam gegroepeer word? Een van die beste maniere om inligting te onthou, is om dit te organiseer en om dit neer te skryf. Die leerders moet die notas netjies herskryf voordat hulle begin studeer.
SAMPLE
5. Hersien/organiseer/herskryf notas van jou fasiliteerder. As die fasiliteerder tyd gemaak het om ekstra inligting vir die leerders te gaan soek, is dit altyd belangrik om ook daarna te kyk. Dit kan selfs inligting wees wat die leerders self gesoek het. Die leerders moet wel hierdie notas verstaan. Dit is dalk ’n goeie idee om al hierdie addisionele inligting om ’n aparte bladsy te skryf
6. Ken al die definisies, konsepte en idees waarmee jy vanaf die vorige toets of eksamen kennisgemaak het. Die leerders kan hierdie woorde aan die einde van elke les in die handleiding kry. Die leerders moet al hierdie woorde neerskryf en ken.
7. Memoriseer. Die leerders sal verbaas wees hoeveel inligting hul reeds weet deur om net hul notas te organiseer en na die belangrike woorde op te let. Die leerders moet egter steeds die teorie memoriseer. Die leerders moet ook seker maak dat hulle die teorie kan toepas.
Aangepas en vertaal vanaf: http://www.schoolfamily.com/school-family-articles/article/859-teachyour-kids-how-study
Gaan kyk gerus na oulike idees oor hoe om met flitskaarte en gevoude papier te studeer by http://www.schoolfamily.com/school-family-articles/article/859-teach-your-kids-how-study
JAARPLAN
EENHEID LES DATUM
Les 1: Lewende en nie-lewende dinge
Les 2: Wat plante nodig het om te groei
1
Les 3: Habitatte van diere
Les 4: Strukture van plante en diere
Les 5: Strukture vir diereskuilings
Les 6: Materiaal om ons
Les 7: Vaste stowwe
2
3
Les 8: Versterking van materiaal
Les 9: Sterk raamstrukture
Les 10: Energie en energie-oordrag
Les 11: Energie om ons
Les 12: Beweging en energie in ’n stelsel
Les 13: Energie en klank
Les 14: Planeet Aarde
Les 15: Die son
4
Les 16: Die aarde en die son
Les 17: Die maan
Les 18: Vuurpylstelsel
EENHEID 1: Lewe en lewende dinge, en strukture

LEERDOELWITTE
Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:
• ’n Seleksie van lewende en nie-lewende dinge kan sorteer
• Identifiseer en beskryf die dele van ’n plant
• Identifiseer en beskryf die dele van ’n dier
• Groei plante uit sade, meet en teken hulle groei aan
• Beskryf verskillende habitatte
• Ontwerp, teken en evalueer ’n diereskuiling
Hierdie eenheid moet in 10 weke voltooi wees. Onthou dat hierdie 10 weke alle assesserings en aktiwiteite uitsluit. Maak dus seker dat jy tyd maak om al die aktiwiteite asook assesserings in die portefeuljeboek te voltooi. In hierdie eenheid gaan jy baie leer van dinge wat jy elke dag raaksien. Let mooi op na wat jy sien, ervaar en hoe dit werk.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE
SAMPLE
Aan die einde van elke les is daar belangrike terminologie. Maak seker dat jy die terme ken en dat jy weet wat elkeen beteken.
LES 1: Lewende en nie-lewende dinge
Wat het jy nodig om hierdie les te voltooi?
• Bone (suikerbone of nierbone)
• ’n Glasbottel
• ’n Papierhanddoek
• Water
• Ou tydskrifte
1.1 Lewende dinge
Wanneer jy moet besluit of iets lewe, waarna gaan jy kyk? Of dit asemhaal? Of dit ’n hartklop het? Alhoewel hierdie vrae nie noodwendig verkeerd is om te vra nie, is dit nie al waarna ’n mens kyk of vas te stel of iets lewendig is of nie.
Lewende dinge kan onderskei word van nie-lewende dinge deur hulle vermoë om al sewe lewensprosesse te kan uitvoer.
Wat is lewensprosesse?
Daar is sewe lewensprosesse en kan geïdentifiseer word as voeding, groei, reproduseer, asemhaling, uitskeiding, sintuie en beweging.
Kom ons kyk bietjie wat elkeen van hierdie prosesse beteken.
Voeding
Wat is voeding? Dit is ’n vraag wat nie baie gevra word nie omdat ons almal weet wat eet beteken en almal weet dat jy elke dag moet eet. Voeding is die brandstof wat alle lewende dinge nodig het om te kan funksioneer. Onthou dat alle diere nie dieselfde kos eet nie en dat dit nie net diere is wat voedsel inneem nie. Plante neem voedsel uit die grond deur voedingstowe vanaf water en sonlig te verkry.

SAMPLE
Waarom het ons voedsel nodig?
Ons het voedsel nodig om energie aan al die selle in ons liggame te gee om hulle funksies te verrig. Nuwe selle is nodig om te groei en voedsel gee die boustowwe sodat nuwe selle kan vorm en groei kan meebring.
Ons almal het al gehoor dat jy ’n appel ’n dag moet eet om gesond te bly. Die waarheid daaraan is dat voedsel vir ons liggame beskerming teen siektes bied. Gesonde eetgewoontes kan jou immuunstelsel opbou om jou te beskerm teen byvoorbeeld verkoues, en kan jou ook help om vinniger gesond te word. Gesonde voeding help nie slegs met die beskerming en herstel van siektes, groei en energie nie, maar ook met die herstel
van beskadigde weefsel. Voedingstowwe is nodig om dooie selle te vervang, soos wanneer jy val en seerkry – nuwe selle is nodig om die dooie selle te vervang om die wonde te genees.
Groei
Vandat jy gebore is, word jou groei gemonitor teenoor jou ouderdom op ’n kaart soos hieronder. Op hierdie kaart kan daar gesien word of jy genoeg groei en genoeg weeg vir jou ouderdom. Hierdie groeikaart kan ook vir jou aandui of jy dalk nie genoeg of die regte voeding kry nie of dalk te veel of van die verkeerde voeding kry.

Alhoewel dit maklik is om jou groei te kan meet en selfs waar te neem, is dit nie altyd so maklik om alle lewende wesens se groei te kan sien nie, byvoorbeeld nuwe selle wat groei. Dit is heeltemal te klein vir die blote oog om waar te neem, maar dit beteken egter nie dat selle nie groei nie. Selfs klein plantjies, bakteria en muf groei!
Reproduseer
Reproduseer beteken om nuwe lewe voort te bring. ’n Voorbeeld hiervan is dat jy dalk ’n nuwe boetie of sussie kry. Kan jy aan nog voorbeelde van reproduksie dink? Gebruik die prente hieronder om jou te help en maak ’n lysie in die spasie.




Voorbeelde van hoe reproduksie van plaasvind:


Asemhaling
Kyk af na jou bors. Sien jy hoe beweeg dit op en af soos wat lug in en uit jou longe beweeg?
Respirasie is ’n ander woord vir asemhaling en beteken dat suurstof vanuit die lug met koolstofdioksied in die bloed ruil. Daar is verskillende maniere waarvolgens respirasie plaasvind. Respirasie vind nie net plaas in jou longe soos wat jy asemhaal nie, maar respirasie vind ook in selle plaas. Respirasie vind plaas in beide plant- en dierselle. Gaan doen bietjie navorsing op die internet, in handboeke en selfs tydskrifte om meer te leer oor hierdie verskillende maniere waarvolgens respirasie of asemhaling plaasvind.

VIR DIE NUUSKIERIGES
Dink ’n bietjie na oor die oorsaak van lugbesoedeling en die invloed wat dit op jou asemhaling het.
Uitskeiding
Die mens se liggaam skei stowwe uit, naamlik afvalstowwe. Hierdie afvalstowwe vervoer al die onrein stowwe of gifstowwe uit die liggaam sodat jy nie siek word nie en dat jou liggaam ook nie vergiftig word nie. Voorbeelde van hierdie uitskeiding is byvoorbeeld sweet en wanneer jy urineer.
Sintuie
Ons gebruik ons sintuie om alles rondom ons waar te neem en ook om op die omgewing te reageer. Daar is vyf sintuie wat ons hiervoor gebruik. Gebruik die prente hieronder om die vyf sintuie te identifiseer.




SAMPLE

Deur ons sintuie te gebruik, reageer ons verskillend in verskillende omstandighede. ’n Voorbeeld hiervan is wanneer jy jou “voel”-sintuig (tassintuig) gebruik – wanneer jy voel dat dit koud is, gaan jy ’n baadjie aantrek, maar as jy aan ’n warm plaat raak, gaan jy dadelik jou hand wegruk. Ons sintuie is dus ook daar om ons liggame te beskerm.

Beweging
Dink oor hoe jou sintuie gebruik word om jou liggaam te beskerm.
SAMPLE
Dit is nie net mense en diere wat beweeg nie – plante beweeg ook. Fototropisme is wanneer die plantstingel aanpas by die lig waaraan hulle blootgestel word. Positiewe fototropie van plantstingels is wanneer die stingels na die lig toe buig en negatiewe fototropie is wanneer die stingels weg van die lig af buig. Hierdie buiging is beweging van die plantstingel. Net soos wat plante kan beweeg, kan mense en diere ook beweeg Mense kan hardloop, arms swaai, in die rondte draai en nog baie meer bewegings

Dit is nie altyd so maklik om lewende dinge te identifiseer nie omdat dit soms vir ons lyk asof daar geen lewensprosesse plaasvind nie. Dinge wat dalk vir jou nie-lewend lyk, soos droë bone, droë gis en selfs ’n bevrugte eier, kan weer “leef” in die regte omstandighede. Hierdie regte omstandighede sluit in die temperatuur, humiditeit en ligintensiteit. Die volgende ondersoek is om hierdie verskynsel vir jou te demonstreer waar iets wat nie-lewend voorkom wel weer kan lewe onder die regte omstandighede.
Ondersoek 1.1: Boon in ’n bottel
Hierdie ondersoek is eenvoudig, tog fassinerend Jy gaan sien dat die boontjie weer “lewe” en selfs sien hoe sy wortels en die plantjie in die bottel groei.
Wat gaan jy nodig hê?
1. ’n Suikerboon of nierboon
2. Glasbottel
3. Papierhanddoek
4. Water Metode
1. Gooi ’n klien bietjie water in die glasbottel en laat die water die kante van die bottel natmaak deur die bottel in die rondte te swaai. (1)
2. Maak die papierhanddoek bietjie klam met die water en sit dit ook in die glasbottel (sommer gefrommel) (1)
3. Sit die boon in die glasbottel op die papierhanddoek. (1)
4. Spuit elke paar dae bietjie water op die boon. (1)
5. Wat neem jy waar? (Wat sien jy?)
6. In die spasie hieronder, skets (met ’n opskrif en byskrifte) wat jy sien.
SAMPLE
(4) [10]
Hierdie wortels wat begin groei na ’n paar dae wys dat die boon wel lewe. Daar het voeding, groei, respirasie, beweging en selfs ’n mate van voortplanting plaasgevind in hierdie ondersoek.

Aktiwiteit 1.1
1. Kyk na al die prente hieronder. Maak ’n regmerkie in elk van die blokkies waar daar lewende dinge is. Gee dan ’n rede vir elkeen oor hoekom jy besluit het dat dit wel lewendig is. (28)






























2. Maak ’n breinkaart van al die lewensprosesse. Maak seker dat jy weet wat al die lewensprosesse is en ook wat elk van hulle beteken. As jy die breinkaart volledig doen, kan jy dit gebruik vir voorbereiding vir toetse en eksamens.
(17) [45]
1.2 Nie-lewende dinge
Jy weet nou reeds dat lewende dinge die sewe lewensprosesse kan uitvoer. Nie-lewende dinge het nie die vermoë om hierdie lewensprosesse te kan uitvoer nie. Met ander woorde, hulle kan nie eet nie, hulle kan nie groei, reproduseer, asemhaal, sintuie gebruik of beweeg nie.

Dinge wat wel gelewe het kan doodgaan en nou nie-lewend wees. Voorbeelde daarvan is nie net wanneer ons iemand waarvoor ons lief is aan die dood afstaan nie, maar hout wat deel was van ’n lewende boom wat afgekap is en nou dood is en ook droë blare.

Aktiwiteit 1.2
1. Noudat jy weet wat die verskil tussen lewend en nie-lewende dinge is, gebruik ’n ou tydskrif en knip vyf lewende en vyf nie-lewende dinge uit. Plak al die lewende dinge op een vel papier en al die nie-lewende dinge op ’n ander vel papier. (6)
2. Nie alle dinge kan met die blote oog gesien word nie en kan mens dit net met ’n mikroskoop waarneem. Noem drie lewende dinge wat ons nie met die blote oog kan sien nie. Jy kan dit navors ook as jy nie weet nie. (6)
SAMPLE
3. Doen bietjie navorsing op die internet oor hoe hierdie lewende dinge lyk wat ons nie met die blote oog kan sien nie. Stoor hierdie prente op jou rekenaar sodat jy weer daarna kan kyk of druk dit uit en plak dit in jou boek. (5)
4. In die volgende tabel is paar lewende en nie-lewende dinge wat nie so maklik is om te identifiseer nie. Dink mooi na oor wat dit beteken om lewend of nie-lewend te wees. Klassifiseer elk van die prente as lewend of nielewend en gee ’n rede vir jou antwoord.



SAMPLE


BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Maak seker dat jy weet wat elk van hierdie terme beteken:
• Afvalstowwe
• Fototropisme
• Immuunstelsel
• Respirasie
• Reproduksie
• Weefsel
LES 2: Wat plante nodig het om te groei
Wat het jy nodig om hierdie les te voltooi?
• Sade
• Steggies
• Liniaal of maatband
2.1 Kondisies vir groei
cNet soos ons (die mens), het plante ook nodig om te groei om as lewend geklassifiseer te kan word. Het jou ma al gesê dat as jy nie kos eet nie dat jy nie gaan groei nie? Wel, dis waar! In les 1 het jy geleer dat voeding nodig is vir energie, groei, beskerming teen siektes en die herstel en vervanging van beskadigde selle en weefsel. Plante benodig ook alles om te groei wat jy nodig het om te groei.

VIR DIE NUUSKIERIGES SAMPLE
Dink na oor wat jy alles nodig het om te groei en stel ’n lys daarvan saam.