Afrikaans Huistaal Werkboek 1: Lees en Klanke Kwartaal 1 en 2 Graad 3

Page 1


Afrikaans Huistaal Werkboek 1: Lees en Klanke

Kwartaal 1 en 2 Graad 3

Naam: Klas:

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Werkboek 1: Lees en Klanke

Kwartaal 1 en 2

Graad 3

Aangepas vir KABV
H Erasmus

Aktiwiteit 1: Middelklanke

Lees die storie, soek woorde met die middelklanke aa, ee, oo en uu en sorteer dit in die regte blokkies.

Dit is ’n warm dag, Tom loop op die muur en eet kaas. Hy wens die skool kan weer begin, dan kan hy met sy maats speel. Hy tuur in die verte in en sien rook. Daar is seker êrens ’n vuur. Toe hy afkyk, sien hy sy maat Jaap. Jaap sit ’n leer teen die muur en klim op. Tom is bly. Hy en Jaap kan nou saam speel tot sy ma hom weer kom haal. Tom hoop dat Jaap se ma hom eers baie laat kom haal.

Aktiwiteit 2: Begripstoets

Lees die storie en beantwoord die vrae.

Lawrence se ballon-avontuur –’n ware verhaal

Lawrence Walters wou baie graag vlieg, maar hy kon nie ’n vlieënier word nie omdat hy nie goed genoeg kon sien nie. Op 2 Julie 1982 het hy besluit om 42 heliumballonne aan ’n tuinstoel vas te maak en oor die Mojavewoestyn te vlieg. Hy het sy windbuks saamgeneem om die ballonne stukkend te skiet as hy te hoog in die lug styg. Lawrence het vir ekstra veiligheid ook ’n valskerm aan homself vasgemaak. Hy het op die stoel geklim en rustig tot by ’n hoogte van 4 900 m in die lug opgesweef.

In die begin het hy nie gewaag om enige ballonne stukkend te skiet nie. Hy was bang dat hy sy balans sou verloor en van die stoel sou afval. Ná 45 minute in die lug het hy ’n paar ballonne stukkend geskiet en stadig grond toe begin daal. Hy het per ongeluk sy windbuks verloor en moes toe geduldig wag om te land. Toe hy amper op die grond was, het die ballonne in kragkabels verstrengel geraak. Gelukkig kon Lawrence afklim sonder enige beserings.

SAMPLE

Ongelukkig is dit onwettig om so rond te vlieg omdat dit vliegtuie se vlugroetes beïnvloed. Toe hy op die grond land, is hy gearresteer en $1 500 beboet.

Vrae

1. Hoekom kon Lawrence Walters nie ’n vlieënier word nie?

2. Hoeveel ballonne het hy gebruik? __________________

3. Hoe hoog het hy gevlieg? _________________________

4. Hoe het hy seker gemaak dat hy nie te hoog vlieg nie?

5. Hoekom was hy in die begin bang om die ballonne te skiet?

6. Wat het hy vir ekstra veiligheid gedra?____________________________

7. Hoe het hy geland?

8. Hoekom is dit onwettig om so te vlieg?

9. Dink jy dit is gevaarlik om so iets te doen? Hoekom?

Aktiwiteit 3: Gedig

Waghondjies

Ek is hier en ma is hier, ons twee lê op baas se baadjie. Wie is jy? Kom, loop verby! anders word ons knor ’n daadjie –kry jou bene dalk ’n hap, kry jou broekspyp dalk ’n gaatjie.

Mooipraat? Nee, ons ken jou nie. Weg jou hand, en raak ons nie!

“Oppas,” het die baas gesê, “tot ek weer kom, hier bly lê!”

Op ons pootjes lê ons kop, maar ons hou jou darem dop, toe-oog lê ons op die baadjie, maar ons loer nog deur ’n gaatjie –één oor plat, en een oor op, pas-op!

SAMPLE

Aktiwiteit 4: Skryf die regte woorde

Skryf die regte woord op die lyntjie.

Aktiwiteit 5: Begripstoets

Lees die storie en beantwoord die vrae.

Miena Muis en die hoenders

Miena Muis woon saam met haar muisgesin in ’n gat in Boer se hoenderhok. Dit is ’n gesellige huisie wat Pappa en Mamma Muis snoesig met sagte, donsige hoenderveertjies uitgevoer het.

Dit is ook baie gerieflik om saam met die hoenders te woon, want elke dag kom gooi die boer se vrou lekker vet mieliepitte in die hok. Kos is volop en dit is amper soos om in ’n wegneemrestaurant te woon.

Daar is egter een groot probleem. Sy naam is Haandrik, die groot ou swart en rooi haan. Hy wil net niks daarvan weet om sy hok met Miena en haar muisgesin te deel nie. Hy sit elke dag ’n vreeslike keel op as hulle kom mieliepitte optel en verjaag hulle dat die stof so staan.

Party dae val arme Miena doodmoeg en uitasem van die gejagery op haar muisbedjie neer en dan moet hulle maar die een of twee pitte deel wat hulle kon optel.

Maar elke haan kry sy dag. Boer het gesien hoe Haandrik moles in die hok maak en besluit om hom na sy eie hok te skuif.

Daarna het die nuwe haan, Hansie, die baas van die hok geword. Hy was baie vriendeliker en hy het die muisgesin verwelkom. Miena en haar gesin was nou gelukkig en kon elke dag net soveel mieliepitte optel as wat hulle nodig het.

Vrae

1. Waar bly Miena en haar muisgesin?

2. Wat het Haandrik met die muise gemaak?

3. Watter kleure is Haandrik? ____________ en ____________

4. Wat het die boer met Haandrik gemaak?

5. Watter haan het die nuwe baas geword? ________________________

6. Wat sou jy met Haandrik gemaak het as jy die boer was?

7. Wat dink jy sê Miena en Haandrik vir mekaar?

Aktiwiteit 6: Wat beteken die prent?

Skryf die twee interpretasies van elke prentjie neer.

Aktiwiteit 7: Kies die regte woord

Kies die regte woord tussen hakies en skryf dit op die lyntjie.

1. Manie loop (deer/deur) __________ die water.

2. Minnie eet ’n (roomys/roomeis) __________________.

3. Die hen lê ’n (yer/eier) __________.

4. Ek het my voet (seer/seur) __________ gemaak.

5. Die (trein/tryn) _________ ry baie vinnig.

6. Sarel sien ’n (meis/muis/mys) _________________ (beite/buite) __________ op die gras.

7. Jy is (leelik/lelik) __________ met my.

8. Die (seun/seen) __________ staan voor die (heis/huis/hys) __________ om na die (duif/deif) __________ te (kyk/keik) _________.

SAMPLE

9. Daar is (fyv/feiv/vyf) __________ voëls op die draad. 10. Vir (mei/my) __________ is (Mei/my) __________ die lekkerste maand in die jaar.

Aktiwiteit 8: Blokkiesraaisel

Voltooi die blokkiesraaisel.

Dwars

1. Jy kan ’n papier in die helfte _____.

2. Die boer _____ sy lande.

3. ____ vloer is baie vuil.

4. Ek sluit die deur met ’n _______ oop.

5. Die meisie is soet en die seun is _______.

6. Ek ry op my ______ na my maat.

7. Die motor se ______ draai in die rondte.

8. Die man _______ ’n deuntjie terwyl hy werk.

9. Hierdie voël sprei sy stert uit as hy pronk.

10. Die teenoorgestelde van “groot”.

11. Die kleur van gras in die somer.

12. Die teenoorgestelde van “meisie”.

13. Hierdie vervoermiddel ry op spore.

14. Jy ____ jou kos voordat jy dit insluk.

1. Die teenoorgestelde van “man”.

4. Ek ______ die deur oop om in die huis te gaan.

SAMPLE

15. Baie soortgelyk aan ’n vuurpyl.

16. Die orkes maak mooi ______.

17. As my ma te vinnig ry, kan sy ’n _______ kry.

18. Hierdie soort boek het prente in wat jy kan inkleur.

19. Dit is ’n produk wat ons van diere af kry.

20. Jy kan hierop sit.

21. Die vliegtuig ______ in die lug.

22. Dit word gebruik om iets vas te maak.

Aktiwiteit 9: Skryf die sinne oor

Jessica het ’n paar sinne in haar klaswerkboek geskryf, maar dit is vol spelfoute. Sal jy haar help om die sinne oor te skryf met die regte spelling?

Ek en Lena het gester ’n deif gisein.

Hy wuo oor die mier klim.

Ons het agtir die duer weggikryp.

Teo die deif oor die mier was, het Beol hom gisein.

Beol het die deif op sy buot gebeit.

Die deif het weggiharploop.

Aktiwiteit 10: Begripstoets

Lees die storie en beantwoord die vrae.

Lize raak weg

Een Saterdag in die lente gaan Lize saam met haar ouers skou toe. Daar is duisende ander mense. Haar pa gaan wys eerste vir haar die plaasdiere en haar ma koop vir hulle pienk spookasem by een van die stalletjies. Daarna gaan hulle pretpark toe – sy gil van plesier toe sy op die mallemeule ry.

Toe Lize van die mallemeule afklim, sien sy haar ouers nêrens tussen al die mense nie. Sy hardloop om die mallemeule en gaan soek tussen ’n paar stalletjies daar naby, maar sy kry hulle nie. Sy voel skielik baie bang.

Dan onthou sy haar ma se woorde die oggend in die kar op pad na die skou toe:

“Onthou, Lize, as jy ooit verdwaal of ons nie kan kry nie, bly op die plek waar jy laaste saam met ons was. Ons sal jou daar gaan soek. As jy rondbeweeg, sal ons jou nie kry nie.”

Lize gaan staan toe maar by die ingang van die mallemeule. Haar oë skiet vol trane en sy kyk om haar rond om te kyk of sy nie haar ouers kan sien nie. Sy het nog nooit so alleen gevoel nie!

“Daar is sy!” hoor sy skielik ’n bekende stem agter haar. Haar pa tel haar in sy sterk arms op en druk haar styf vas. Nou kan Lize nie meer die trane keer nie. “Ons het aan die ander kant van die mallemeule gewag,” sê haar ma, “maar dit lyk my ons het mekaar gemis.” “Gelukkig het jy onthou

wat om te doen,” sê haar pa. Lize kan hoor hoe trots hy op haar is en sy voel sommer baie beter.

Vrae

1. Waarna het Lize se pa haar eerste geneem?

2. Wat het haar ma vir haar gekoop?

3. Wat moes Lize doen as sy verdwaal?

4. Waar het sy vir haar ouers gaan wag?

5. Was dit die laaste plek waar sy haar ouers gesien het? __________

6. Watter twee goed kan jy doen om seker te maak jy verdwaal nie?

7. Sê nou Lize se ma het niks vir haar gesê nie, wat kon sy doen om weer haar ouers te vind?

Aktiwiteit 11: Dialoog

Lees die dialoog saam met ’n maat.

Nico en Marissa stry

Nico: Wat gaan jy vir jou taak oor slange doen?

Marissa: Ek wil ’n groot slang uit papier maak en die inligting daarop plak.

Nico: Sjoe, dit klink soos baie werk.

Marissa: Ja, dit gaan harde werk wees, maar ek dink dit gaan oulik lyk.

Nico: Ek wil graag my boetie se regte slang saamneem, maar ek is bang hy ontsnap.

Marissa: Uggg, ek gril vir slange.

Nico: Meisies gril altyd vir goed soos slange, paddas en spinnekoppe.

Marissa: Dis nie waar nie! Ek gril nie vir spinnekoppe nie.

Nico: Wel, dan is jy anders as ander meisies.

Marissa: Ek dink jy sal verbaas wees as jy vir hulle vra.

Nico: Ek het ’n plan! Ek sal dit deel van my taak maak om te vra wie vir watter diere gril.

Marissa: Dit is ’n goeie plan, dan kan ons sien wie is reg!

Ek gril vir ’n

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.