Graad 4 • Fasiliteerdersgids Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Page 1


Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Sosiale Wetenskappe

Fasiliteerdersgids: Geskiedenis

Graad 4

Aangepas vir KABV

Grimsley E van Emmenes

S

Fasiliteerdersgids

Fasiliteerdersgids

Leselemente

Leerdoelwitte

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV

Belangrike terminologie

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei. Wenke

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

Definieer

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

SAMPLE

Kerninhoud

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.

Aktiwiteit

Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

Studeer/Hersiening

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

Vir die nuuskieriges

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge.

Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): Verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.

*LSEN in algemene taalgebruik.

Rooster en tydsbestuur

Volgens die KABV moet daar drie uur per week aan Sosiale Wetenskappe bestee word. ’n Kwartaal van 10 weke kry dus 30 uur. Die tydstoedeling vir Geskiedenis is 15 uur per kwartaal van 10 weke en Geografie ook 15 uur per kwartaal van 10 weke.

Dit bring mee dat leerders 1½ uur per week aan Geskiedenis moet afstaan. Jy sal wel vind dat party opdragte vinniger uitgevoer kan word as ander.

Lesindeling is as volg:

Kwartaal 1: Nege lesse, sommige met aktiwiteite – in ’n kwartaal van 10 weke beteken dit dat leerders een Geskiedenisles per week het om te doen, asook ’n halfuur vir die projek (meer inligting hieroor volg in die handleiding ná kwartaal 1 se werk).

Kwartaal 2: Vyf lesse, sommige met aktiwiteite – in ’n kwartaal van 10 weke beteken dit dat leerders een Geskiedenisles per week het om te doen.

Kwartaal 3: Daar is 14 lesse, sommige met aktiwiteite – in ’n kwartaal van 10 weke beteken dit dat leerders een Geskiedenisles per week het om te doen, en in enige vier weke twee lesse vir daardie week.

Kwartaal 4: Daar is 12 lesse, sommige met aktiwiteite – in ’n kwartaal van 10 weke beteken dit dat leerders een Geskiedenisles per week het om te doen, en in enige twee weke twee lesse vir daardie week. Aangesien die vierde kwartaal gewoonlik baie kort is, sal dit voordelig wees indien leerders twee tot drie lesse per week kan voltooi. Leerders kan selfs, indien moontlik, in die derde kwartaal reeds met die laaste kwartaal se lesse begin.

Assesseringsvereistes

Die volgende program vir assessering word aanbeveel:

Kwartaal 1

Kwartaal 2

Kwartaal 3

Kwartaal 4

Geskiedenis Projek

Geografie Opdrag

Geskiedenis Opdrag + Junie-eksamen

Geografie Opdrag + Junie-eksamen

Geskiedenis Kwartaal 3-toets

Geografie Kwartaal 3-toets

Deurlopende assessering 75%

Geskiedenis Novembereksamen Novembereksamen 25%

Geografie Novembereksamen

Die projek word duidelik in die portefeuljeboek omskryf. Take kan die volgende insluit:

● Verskaf kort antwoorde op vrae

● Skryf paragrawe

● Doen navorsing en skryf ’n kort verslag

● Lees en som op

● Luister en maak aantekeninge

● Teken waarnemings aan

● Beantwoord vrae (korter en langer antwoorde)

● Stel vrae

● Voltooi vraag- en antwoordbladsye

SAMPLE

● Tekeninge met byskrifte

● Pas, sorteer, lys, beskryf en vergelyk tekste, grafieke, kaarte, foto’s, prente

● Maak verbindings tussen oorsake en gevolge

● Identifiseer ooreenkomste en verskille

● Lees, voltooi en/of teken kaarte

● Verwerk data

● Vind en/of werk met bronne

● Vergelyk kruisverwysings en inligting

● Gee ’n verduideliking

● Identifiseer en bespreek vraagstukke

● Maak ’n model, plakkaat of grafiek

● Interpreteer foto’s en gee byskrifte

Kodes en persentasies vir optekening en rapportering:

Kode Beskrywing van bevoegdheid Persentasie

7 Uitstaande prestasie 80 – 100

6 Verdienstelike prestasie 70 – 79

5 Beduidende prestasie 60 – 69

4 Voldoende prestasie 50 – 59

3 Gemiddelde prestasie

2 Basiese prestasie

1 Nie bereik nie

40 – 49

30 – 39

0 – 29

Studiewenke en -metodes

Geskiedenis is soos ’n verhaal – en moet so geleer word. Moedig leerders aan ná elke eenheid om dit wat hulle geleer het soos ’n verhaal aan jou oor te vertel.

Ná afloop van sommige lesse is daar ’n aktiwiteit wat sal help om te bepaal of leerders die inhoud van die les verstaan. Dit sal goeie voorbereiding vir die eksamens wees indien julle weer saam deur die aktiwiteite kan werk en hulle vrae kan vra indien ’n begrip onduidelik is. Ná afloop van sommige eenhede is daar ’n hersieningsoefening wat ook as voorbereiding vir die toetse en eksamens kan dien.

Elke aktiwiteit moet so volledig as moontlik voltooi word en die vrae moet in volsinne beantwoord word.

Ander nuttige inligting

Geskiedenis handel oor die versameling en interpretasie van inligting. Ondersteun leerders en help hulle om bykomende inligting te versamel en te lees as agtergrond voor die lesse behandel word. Jy sal opmerk dat daar min of meer een les per week geskeduleer is, maar die tyd toegestaan is 1½ uur per week. Daar is dus genoeg tyd vir eie navorsing.

Probeer ook om die internet, waar moontlik, te gebruik. Verskeie organisasies en projekte verskaf nuttige inligting op webtuistes.

SAMPLE

Leerdoelwitte is ’n stel riglyne wat deur die Departement van Basiese Onderwys daargestel is om te verseker dat leerders aan sekere vereistes voldoen en waardevolle vaardighede aanleer.

’n Tydlyn is ’n uitstekende manier om leerders te help om gebeure chronologies te rangskik en is uiters belangrik in verdere studie. Dit help hulle ook om die vloei van gebeure te volg en te verstaan waar alles inpas. Hulle kan die “goue garing” van die begin tot vandag volg. Stel ná elke les ’n tydlyn op; dit is ’n goeie idee om so gou as moontlik hiermee te begin.

Fasiliteerdersgids

Voorwoord

Hierdie gids is slegs vir die fasiliteerder se gebruik tesame met die handleiding.

Sekere aktiwiteite se antwoorde word hierin verskaf, alhoewel sommige aktiwiteite nie vasgestelde antwoorde het nie. In daardie geval word dit onderaan die aktiwiteit uiteengesit.

Probeer om waar moontlik eers ’n gesprek met leerders te hê oor die les voor julle begin. Gesels oor die onderwerpe om hulle bestaande kennis te toets. Aanvanklik kan dit dalk nodig wees om leidende vrae te vra om hulle belangstelling te prikkel. In sommige gevalle is daar ’n inleiding oor sekere onderwerpe, brei waar moontlik daarop uit.

SAMPLE

Jaarplan

Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou jaar beplan:

● Wees realisties en buigsaam

● Hou jou ander vakroosters in gedagte

● Laat genoeg tyd om vir toetse en eksamens te studeer

Kwartaal

1

Eenheid en les

Eenheid 1: Plaaslike geskiedenis

Les 1: Wat gebeur vandag in jou plaaslike omgewing?

Les 2: Foto’s vertel stories

Les 3: Wat kan ons uit geskrewe bronne leer?

Les 4: Onderhoude met mense

Les 5: Voorwerpe is stukkies geskiedenis

Eenheid 2: Die geskiedenis van ’n plaaslike gebied

Les 6: Fotostories

Les 7: Inligting uit geskrewe bronne

Les 8: Mense vertel stories en deel ervarings

Les 9: ’n Stukkie geskiedenis in jou hande

Eenheid 3: Wat maak ’n goeie leier?

Les 10: Eienskappe van goeie leiers

Les 11: Kies ’n leier

2

Les 12: ’n Goeie leier ...

Les 13: Nelson Mandela

Les 14: Mahatma Gandhi

Les 15: Leiers is nie altyd gewild nie

Datum begin

Datum voltooi

Fasiliteerdersgids

Eenheid 4: Vervoer oor die tyd heen: Land- en padvervoer

Les 16: Diere se bydraes tot vervoer

Les 17: Rytuie, waens en koetse

Les 18: Fietse

Les 19: Stoomenjins en treine

Les 20: Motors

Les 21: Algemene vervoer van mense en goedere

Les 22: Gevallestudie: Skade aan die omgewing

3

Eenheid 5: Vervoer oor die tyd heen: Watervervoer en skeepsvaart

Les 23: Vlotte, kano’s en rietbote

Les 24: Die eerste seilskepe

Les 25: Die eerste stoomskepe

Les 26: Moderne watervervoer

Eenheid 6: Vervoer oor die tyd heen: Lugvaart en lugvervoer

Les 27: Warmlugballonne en lugskepe

Les 28: Die Wright-broers en die eerste vliegtuig

Les 29: Moderne lugvaart

Eenheid 7: Die oudste vorme van menslike kommunikasie

Les 30: Taal, simbole, liedjies, kuns en dans

Les 31: Hoe die San kommunikeer

Eenheid 8: Hoe kommunikeer ons vandag?

Les 32: Posstelsel

Les 33: Radio

Les 34: Tikmasjien

4

Les 35: Telegraaf

Les 36: Telefoon

Les 37: Kamera

Les 38: Televisie

Les 39: Rekenaar

Les 40: Die internet

Les 41: Selfoon

Eenheid

1

Plaaslike geskiedenis

Leerdoelwitte

Aan die einde van die eenheid moet leerders die volgende kan doen:

● Doen navorsing oor die verlede en pas dit op die plaaslike geskiedenis toe.

● Soek ’n verskeidenheid soort inligting oor die verlede.

● Skryf oor die geskiedenis op ’n georganiseerde wyse.

● Versamel inligting uit teks, visuele materiaal (foto’s, illustrasies, televisie en films), liedjies, gedigte, onderhoude met mense, ens.

● Gebruik meer as een soort skriftelike bron soos boeke, tydskrifte, koerante en webtuistes.

Inleiding

In hierdie eenheid kyk ons na die insameling van inligting oor die verlede. Hierdie kennis word dan toegepas om uit te vind oor huidige gebeure. Die fokus van die eenheid is die soort inligting wat ons uit visuele bronne, geskrewe bronne en voorwerpe verkry.

SAMPLE

Die aktiwiteite is reeds vir leerders uitgewerk om aan te dui watter soort inligting uit die verskeie bronne verkry kan word.

Les 1 Wat gebeur vandag in jou plaaslike omgewing?

Die gebied waar julle woon het heel moontlik ’n plaaslike nuuspublikasie soos byvoorbeeld die Centurion Rekord. Versamel ’n paar eksemplare, lees die artikels en gesels dan daaroor in die klas. Verduidelik aan leerders dat hierdie nuus pertinent van toepassing is op hul eie gemeenskap en dat dit aktuele sake is, m.a.w. sake van vandag. Julle kan selfs ook ’n fotoalbum

Fasiliteerdersgids

hiervoor gebruik. Leerders bring hul eie foto’s van hul eerste verjaardag of eerste besoek aan die dieretuin. Laat leerders hulle bestaande kennis inspan en daarop voortbou. Hulle reageer ook meer positief as hul eie ervarings gebruik word.

Les 2

Foto’s vertel stories

Aktiwiteit 1

Bestudeer die foto’s en beantwoord die vrae.

1. a) Die see (oseaan) 

b) Perde 

c) Warm, sonskyn, die mense dra kortbroeke. 

2. a) Ja 

b) Die kind bespeel ’n tradisionele instrument wat nie vandag meer gebruik word nie. 

Les 3

Wat kan ons uit geskrewe bronne leer?

SAMPLE

Ons kan baie inligting van padtekens, advertensieborde (billboards) en advertensies kry. Kry ’n paar tydskrifte en lees daardeur in die klas. Vra leerders om op pad skool toe, huis toe of winkels toe op die uitkyk te wees vir inligting. Vra gerigte vra, byvoorbeeld: Watter soort kar is geadverteer of watter soort jogurt kom in die advertensie voor?

Vermy vrae wat veralgemeen is soos “waaroor het die advertensie gegaan?”. As vrae te vaag is, kan dit veroorsaak dat leerders belangrike inligting miskyk – hulle moet leer om analities te dink en om aandag aan kleiner dinge te gee.

Aktiwiteit 2

1. Fence4U 

2. Professionele swembadheinings  (1)

3. Nee, die besigheid bied ’n verskeidenheid ontwerpe en lengtes.  (1)

4. 081 999 4016  (1)

Les 4

Onderhoude met mense

Verduidelik aan leerders dat ’n onderhoud soos ’n gesprek is. Die verskil lê daarin dat die vrae in ’n onderhoud vooraf beplan en voorberei word. ’n Onderhoud is ’n goeie tegniek om inligting in te samel oor ’n onderwerp/saak deur ’n reeks vasgestelde vrae te vra. ’n Onderhoud moet ’n goeie struktuur hê en maklik vloei. Dit begin gewoonlik in die verlede en eindig in die hede. Dit kan byvoorbeeld by die ondervraagde se skoolloopbaan begin tot wat hy/sy vandag doen. Hou streng by die onderwerp en onthou dat jy die persoon waarmee jy die onderhoud voer se tyd in beslag neem – gebruik dit doeltreffend.

Aktiwiteit 3

SAMPLE

Hierdie aktiwiteit se antwoorde sal uniek wees. Lees saam met die leerders deur die aktiwiteit en verduidelik wat verwag word; leerders moet egter self die vrae vra. Moedig hulle aan om bykomende vrae neer te skryf. As daar genoeg tyd oor is, kan leerders ’n onderhoud met jou voer as fasiliteerder. [10]

Les 5

Voorwerpe is stukkies geskiedenis

Gesels oor Hoërskool D.F. Malan se skoolwapen. As daar genoeg tyd is, kyk ook na ander voorwerpe wat ons meer oor die geskiedenis kan vertel. Besoek webtuistes saam met leerders en kyk na ander embleme en geskiedkundige kunsvoorwerpe.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.