Sosiale Wetenskappe: Geografie
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Sosiale Wetenskappe
Fasiliteerdersgids: Geografie
Graad 4
Aangepas vir KABV
M Lübcker E van Emmenes
Fasiliteerdersgids
Leselemente
Leerdoelwitte
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV
Belangrike terminologie
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei. Wenke
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
Definieer
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
SAMPLE
Kerninhoud
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
Aktiwiteit
Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
Studeer/Hersiening
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
Vir die nuuskieriges
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge.
Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): Verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.
*LSEN in algemene taalgebruik.
Rooster en tydsbestuur
Ingevolge KABV-beleid moet leerders drie uur per week aan Sosiale Wetenskappe bestee. ’n Kwartaal van 10 weke word dus in 30 uur verdeel. Die tydstoedeling vir Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis en Sosiale Wetenskappe: Geografie is 15 uur elk.
Leerders moet dus 1½ uur per week aan Geografie wy. Jy sal vind dat sommige opdragte vinniger as ander verloop. Dit is altyd ’n goeie idee om ’n bietjie meer tyd toe te deel aan moeiliker begrippe, vir ekstra hersiening van wat geleer is en tyd om die vaardighede wat leerders verwerf, te oefen. Hierdie fasiliteerdersgids bevat ook talle ekstra aktiwiteite en besonderhede om te dek met leerders wat gouer klaarmaak of wat graag hulle kennis verder wil uitbrei as wat van hulle vereis word.
Onthou dat tydstoedeling per onderwerp kan wissel, wat beteken dat die lengte van lesse dalk ook sal moet wissel. Volg die riglyne wat vir elke eenheid of les gegee word, maar laat jou bowenal lei deur die leerders en hoe moeilik hulle dit vind om elke onderwerp onder die knie te kry.
Volgens die handleiding:
Kwartaal 1 – 10 lesse: In ’n kwartaal van 10 weke moet leerders weekliks minstens een Geografieles voltooi.
SAMPLE
Kwartaal 2 – 10 lesse: In ’n kwartaal van 10 weke moet leerders weekliks minstens een Geografieles voltooi.
Kwartaal 3 – 10 lesse: In ’n kwartaal van 10 weke moet leerders weekliks minstens een Geografieles voltooi.
Kwartaal 4 – 7 lesse: In ’n kwartaal van 10 weke moet leerders weekliks minstens een Geografieles voltooi en dan tyd afstaan aan hersiening van al die inhoud wat deur die eksamen gedek word. Daar word ook aanbeveel dat leerders die hersieningsoefeninge aan die einde van eenheid 1 en 5 voltooi om die verworwe vaardighede op te knap. Dit sal leerders in staat stel om behoorlik vir die eksamen voor te berei.
Fasiliteerdersgids
Assesseringsvereistes
Die aanbevole program van assessering is soos volg:
Kwartaal 1
Kwartaal 2
Kwartaal 3
Kwartaal 4
Geskiedenis Projek
Geografie Opdrag
Geskiedenis Opdrag | Junie-eksamen
Geografie Opdrag | Junie-eksamen
Geskiedenis Kwartaal 3-toets
Geografie Kwartaal 3-toets
Deurlopende assessering 75%
Geskiedenis Novembereksamen Novembereksamen
Geografie Novembereksamen
25%
Kodes en persentasies vir optekening en rapportering: Kode Beskrywing van bevoegdheid Persentasie
7 Uitmuntende prestasie
6 Verdienstelike prestasie
5 Betekenisvolle prestasie
4 Voldoende prestasie
3 Gemiddelde prestasie
2 Basiese prestasie
1 Ontoereikend
– 100
– 79
– 69
– 39
– 29
Studiewenke en -metodes
Leerders kan ’n breinkaart gebruik om die inligting wat hulle geleer het, te memoriseer. ’n Breinkaart het ’n hoofdoel in die middel, met talle vertakkings met opskrifte, en kan baie nuttig wees.
Hou dié breinkaart telkens byderhand wanneer ’n nuwe les bygevoeg word. Sodoende word die breinkaart bygewerk en die opsommings wat voor die eksamen gedoen moet word, tot die minimum beperk.
Die meeste lesse het ’n aktiwiteit en ’n hersieningsoefening aan die einde van die eenheid. Maak seker dat die leerders die inhoud van die les verstaan. Hersien die aktiwiteite en doen hersieningsoefeninge met die leerders ter voorbereiding vir die eksamens. Elke aktiwiteit en hersieningstoets moet so volledig moontlik wees en vrae moet in volsinne beantwoord word.
Ander nuttige inligting
Indien moontlik, bekom ’n atlas vir die leerders. Atlasvaardighede is baie belangrik in Geografie. Kaarte van jou plaaslike omgewing is nuttig vir werk met kaarte. Daar is ook talle lesse en aktiwiteite aanlyn beskikbaar. Talle organisasies en projekte verskaf nuttige inligting op hul webtuistes.
SAMPLE
Google Earth het byvoorbeeld wonderlike lugfoto’s en maak dit moontlik om jou omgewing breedvoerig te bestudeer. Dit sal dit meer toepaslik vir die leerders maak. Google Earth het ook ’n selfoonwebtuiste wat met enige slimfoon met ’n internetverbinding besoek kan word.
As dit beskikbaar is, gaan na YouTube en tik jou onderwerp in, byvoorbeeld “mynbou in SuidAfrika”; talle verskillende video’s en potsendings sal beskikbaar wees om te besigtig. Dit is ook baie nuttig vir nuuskierige leerders wat dieper wil delf in die onderwerp wat gedek word.
Dié fasiliteerdersgids bevat talle nuttige wenke sowel as ekstra oefeninge of aktiwiteite wat jy saam met die leerders kan doen. Hulle is dikwels net so belangrik omdat hulle ’n lewendige belangstelling in die onderwerp sal prikkel en verdere kennisverwerwing sal aanmoedig.
Fasiliteerdersgids
Voorwoord
Hierdie gids is slegs vir die fasiliteerder se gebruik tesame met die handleiding.
Sekere aktiwiteite se antwoorde word hierin verskaf, alhoewel sommige aktiwiteite nie vasgestelde antwoorde het nie. In daardie geval word dit onderaan die aktiwiteit uiteengesit.
Probeer om waar moontlik eers ’n gesprek met leerders te hê oor die les voor julle begin. Gesels oor die onderwerpe om hulle bestaande kennis te toets. Aanvanklik kan dit dalk nodig wees om leidende vrae te vra om hulle belangstelling te prikkel. In sommige gevalle is daar ’n inleiding oor sekere onderwerpe, brei waar moontlik daarop uit.
SAMPLE
Jaarplan
Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou jaar beplan:
● Wees realisties en buigsaam
● Hou jou ander vakroosters in gedagte
● Laat genoeg tyd om vir toetse en eksamens te studeer
Kwartaal
1
2
Eenheid en les Datum
Eenheid 1: Mense en plekke
Les 1: Plekke om in te woon
Les 2: Werke wat mense op verskillende plekke verrig
Les 3: Geboue op verskillende plekke en hul gebruike
Les 4: Hoe paaie en voetpaadjies in nedersettings gebruik word
Les 5: Identifiseer natuurlike en mensgemaakte bakens
Les 6: Beskryf en teken ’n kort reis
Les 7: Behoeftes en begeertes
Les 8: Basiese behoeftes: water, kos, energie, skuiling en gesondheidsorg
Les 9: Maniere hoe mense hul behoeftes bevredig
Eenheid 2: Kaartvaardighede
Les 10: Verskillende aansigte van eenvoudige voorwerpe
Les 11: Prente of letters as simbole of sleutels
Les 12: Grootskaalse kaartsimbole
Les 13: Eenvoudige ruitnette en ruitverwysings
Les 14: Lees en skryf rigtings op ’n kaart en in die omgewing
Eenheid 3: Lees belangrike kaarte
Les 15: Hoe ons oseane en land op ’n kaart aandui
Les 16: Suid-Afrika se provinsies en hul hoofstede
Les 17: Die aarde is rond en kaarte is plat
Fasiliteerdersgids
Eenheid 4: Voedsel en boerdery in Suid-Afrika
Les 18: Die voedsel wat ons eet – plante en diere
Les 19: Maniere hoe ons voedsel verkry
Les 20: Bestaansboerdery en kommersiële boerdery
Les 21: Verbouing van voedsel in dorpe en stede
Les 22: Verskillende soorte boerdery
Les 23: Saaiboerdery in Suid-Afrika
3
4
Les 24: Vrugteboerdery in Suid-Afrika
Les 25: Lewende hawe: Grootvee, kleinvee en pluimvee
Les 26: Gevallestudie: Veeboerdery in Suid-Afrika
Les 27: Vernaamste saai- en veeboerderygebiede in Suid-Afrika
Les 28: Verwerkte en onverwerkte voedsel
Les 29: Hoe en waarom voedsel verwerk word
Les 30: Van die plaas na die fabriek, van die winkel na die huis
Eenheid 5: Water in Suid-Afrika
Les 31: Watergebruike
Les 32: Industriële watergebruike
Les 33: Water as ’n hulpbron
Les 34: Die watersiklus
Les 35: Waterberging en die belangrikheid daarvan
Les 36: Natuurlike waterbronne
Les 37: Persoonlike en daaglikse gebruike wat water besoedel
Les 38: Herwinning van afvalwater en riool
Eenheid 1
Mense en plekke
Leerdoelwitte
Aan die einde van die eenheid moet leerders die volgende kan doen:
● Identifiseer en beskryf die verskillende nedersettings waarin mense woon, insluitend plase, dorpies, dorpe en stede.
● Identifiseer en beskryf die verskillende plekke waar mense werk.
● Identifiseer en verduidelik die verskillende soorte geboue en hulle gebruike, insluitend huise, diereskuilings, winkels, skole, klinieke, banke, kantore, plekke van aanbidding, fabrieke, motorhuise en treinstasies.
● Verstaan paaie en voetpaadjies en hulle onderskeie gebruike in nedersettings.
● Identifiseer verskillende landmerke.
● Verstaan die verskil tussen natuurlike en mensgemaakte landmerke.
● Beskryf en teken ’n kort reis, soos om te verduidelik watter roete jy na ’n winkelsentrum of skool toe sal volg.
● Verduidelik hoe om van een plek na ’n ander te gaan met behulp van terme soos “links”, “regs” en “reguit”.
SAMPLE
● Identifiseer belangrike landmerke en gebruik paaie/strate se korrekte name.
● Onderskei tussen behoeftes en begeertes.
● Identifiseer basiese menslike behoeftes, insluitend water, kos, skuiling, gesondheid-sorg en energie.
● Verstaan die verskillende maniere waarop mense in hulle behoeftes voorsien.
● Pas die kennis wat geleer is op ’n gevallestudie of relevante situasie toe.
Inleiding
Dit word sterk aanbeveel dat leerders ’n lys of boek met terme skep en die woordomskrywings van enige nuwe woorde wat hulle leer, neerskryf, veral van dié wat in die handleiding aangedui
word. Hulle moet die terminologie verstaan om die inhoud onder die knie te kry en vrae sal in toetse of eksamens daaroor gevra word.
Tesame met elke onderwerp is daar verskeie voorgestelde internetskakels na meer inligting, of speletjies en aktiwiteite wat leerders kan voltooi. Die skakels word sterk aanbeveel, maar is nie verpligtend nie. Aan die einde van elke les moet jy egter seker maak dat die leerders die vaardighede wat in die uitkomste gelys word, bemeester het.
Les 1 Plekke om in te woon
Bespreek die verskillende plekke waar mense woon, met die leerders. Gesels oor waarom mense woon waar hulle woon, bv. boere wat op plase woon. Fokus op jou onmiddellike omgewing of plekke wat die leerders onlangs besoek het. Laat hulle vertel van die verskillende plekke waar mense woon, verskillende geboue wat hulle gesien het, wat hulle as belangrike elemente van ’n blyplek beskou en wat hulle vir oorlewing nodig het.
Die doel van hierdie les is om die leerders te help onderskei tussen verskillende nedersettings, insluitende plase, dorpies, dorpe en stede. Hulle hoef nog nie te weet wat die verskil tussen plattelandse en stedelike nedersettings is nie, maar as jy reken hulle sal dié begrippe verstaan, bespreek dit gerus met hulle. Laat sowat een uur toe om dié les te voltooi, maar maak voorsiening vir ekstra tyd om die aktiwiteit te voltooi. As jy dink dit is nodig, voeg inligting by die breinkaart of doen ekstra take.
Vir die nuuskieriges
Kyk die kort YouTube-video oor die verskil tussen lewe in die stad en lewe op die platteland. bit.ly/2TgJ7VA Aktiwiteit 1
Leerders se antwoorde sal verskil. [10]
G04 ~ Sosiale
Les 2
Werke wat mense op verskillende plekke verrig
In hierdie les moet leerders ’n vergelyking tref tussen die soorte werk wat mense kan verrig en die plek of nedersetting waar hulle woon. Dit sal uiteraard verskil van nedersetting tot nedersetting, maar daar sal gemeenskaplike aspekte wees. Probeer om poste uit al drie bedryfsvertakkings te bestudeer, nl. primêr (grondstowwe), sekondêr (vervaardiging of produksie) en tersiêr (verkope van goedere of dienste). Leerders hoef nie nou al die terme te verstaan nie; dit lê net die grondslag vir die toekoms.
Aktiwiteit 2
1.
Op ’n plaas
● plant mielies
● oes koring
● saai graan
● melk koeie
● plaasbestuurder
● skaapskeerder
● ploeg landerye
● pas vee op
2.
SAMPLE
In die stad
● prokureur
● polisiebeampte
● bankier
● onderwyser
● dokter
● sjef
● haarkapper
● brandbestryder
(16)
2.1. Pastoor/priester/dominee (aanvaar enige godsdiensleier) (1)
2.2. Dokter (1) [18]
Les 3
Geboue op verskillende plekke en hul gebruike
Hierdie les bestudeer die verskillende soorte geboue. Dit is ’n baie interessante onderwerp. Besoek die verskillende soorte geboue in die leerders se omgewing of neem foto’s daarvan. As ’n gebou uniek is, of as daar geboue is wat vir ’n spesifieke doel gebruik word, besoek dit en bespreek dit met die leerders. Dié les behoort sowat ’n uur te duur, met ekstra tyd ingereken vir praktiese werk en om die aktiwiteit te voltooi.
Fasiliteerdersgids
Vir die nuuskieriges
Kyk die YouTube-video oor die Uniegebou.
bit.ly/2MDWLfH
1.
Vir die nuuskieriges
Sit jou veiligheidsgordel aan en neem ’n toer deur Sandton se strate deur die YouTubevideo te kyk.
bit.ly/2BbIPF5
Aktiwiteit 3
1.1. plek van aanbidding
1.2. plaashuis
1.3. treinstasie
1.4. lughawe
SAMPLE
1.5. woonstelle
1.6. bank
1.7. vulstasie
1.8. hospitaal/kliniek
1.9. huis
1.10. skool
1.11. winkelsentrum
1.12. diereskuiling
(12 × 1) = (12)
2. Aanvaar enige relevante antwoord. Riglyne:
2.1. Waar gelowiges saamkom om hulle god te aanbid.
2.2. ’n Huis op die plaas waarin die boer en sy gesin woon.
2.3. Waar mense per trein na ander stasies reis.
2.4. Waar vliegtuie opstyg en land om passasiers/goedere oor groot afstande na ander lughawens te vervoer.
2.5. ’n Blok klein huise wat bo-op mekaar gestapel is.
2.6. Waar jy jou geld kan bêre of omruil.
2.7. Waar jy jou kar met petrol/diesel kan vol maak.
2.8. Waar siek mense basiese gesondheidsorg ontvang.
2.9. ’n Gebou waarin mense woon wat hulle teen die elemente beskerm.
2.10. Waar kinders bymekaarkom om onderrig te ontvang.
2.11. ’n Groot gebou met verskeie winkels, restaurante en vermaaklikheidsplekke.
2.12. ’n Plek waar mishandelde/verlore diere gevoed, gehuisves en beskerm word. (12 × 1) = (12) [24]
Les 4
Hoe paaie en voetpaadjies in nedersettings gebruik word
Leerders moet kan onderskei tussen ’n pad en ’n voetpaadjie en hoe elkeen gebruik word. Hulle moet prentjies kan herken en verduidelik hoe elkeen in ’n nedersetting gebruik word. Moenie meer as ’n uur aan dié onderwerp wy nie. Dit is wel ’n goeie idee om te gaan kyk hoe die verskillende soorte paaie lyk.
Aktiwiteit 4
SAMPLE
1. ’n Dorp is ’n nedersetting met strate, huise, winkels en geboue soos skole en banke.
’n Stad is groter as ’n dorp. Daar is meer winkels en groter/besiger strate en groot stede het gewoonlik ’n lughawe.
’n Plaas is ’n stuk grond waarop mense plaasdiere aanhou en/of gewasse plant. (3 × 2) = (6)
2. Leerders se antwoorde moet relevant wees.
Gebruik jou diskresie. (5 × 2) = (10)
Fasiliteerdersgids
3.1. Onwaar
3.2. Onwaar
3.3. Onwaar
3.4. Waar
Les 5
Identifiseer natuurlike en mensgemaakte bakens
Leerders moet die begrip van ’n landmerk verstaan en dat dit iets spesiaals of uniek is aan die gebied waarin dit voorkom. Hulle moet ook kan onderskei tussen mensgemaakte en natuurlike landmerke. Leerders moet dus die soort landmerk op grond van ’n prent of voorwerp kan uitken. Moenie meer as ’n uur aan dié onderwerp afstaan nie, insluitende die tyd wat nodig is om die aktiwiteit te voltooi.
Vir die nuuskieriges
Kyk die YouTube-video oor Tafelberg.
bit.ly/2WtLkvt
Vir die nuuskieriges
Kyk die YouTube-video oor die Nelson Mandelabrug.
bit.ly/2MHPk6Z
Vir die nuuskieriges
Hierdie klein aktiwiteite is belangrik, want leerders sal ’n groter strewe na kennis kweek.
Verseker dat hulle die aktiwiteite sover moontlik op hul eie voltooi.
Aktiwiteit 5
1. Natuurlik
2. Mensgemaak
3. Mensgemaak
4. Natuurlik/mensgemaak
5. Natuurlik
6. Natuurlik/mensgemaak
7. Natuurlik
8. Natuurlik
9. Mensgemaak
10. Mensgemaak (10 × 1) = [10]
Les 6
Beskryf en teken ’n kort reis
Voltooi die volgende aktiwiteit met die leerders. As dit moontlik is, ry saam met hulle na ’n bestemming waarmee hulle vertroud is, maar laat húlle die rigtings aandui. Staan sowat twee uur aan dié onderwerp af en laat die leerders die stappe van die roete voltooi deur ’n basiese kaart te teken en die aanwysings in woorde te beskryf.
Aktiwiteit 6
1. Draai links in Rivierweg, links in Eerste Laan, en links in Hoofstraat. (6)
2. Draai links in Rivierweg, links in Eerste Laan, links in Hoofstraat en regs in Werkersweg. Die bank sal aan die linkerkant wees. (8) [14]
SAMPLE
Les 7
Behoeftes en begeertes
Staan sowat ’n uur aan die bespreking van die begrip af. Maak seker dat leerders die verskil tussen behoeftes en begeertes verstaan. As inleiding, laat hulle ’n lys maak van dinge wat hulle moet hê om te oorleef en ’n tweede lys van dinge wat hulle graag wil hê. Identifiseer 10 dinge op elke lys en gaan saam met die leerders daardeur. Maak seker dat hulle die items onder die regte opskrif geplaas het.
Fasiliteerdersgids
Aktiwiteit 7
1. Behoefte
2. Behoefte
3. Begeerte
4. Behoefte
5. Begeerte (5 × 1) = [5]
Les 8
Basiese behoeftes: Water, kos, energie, skuiling en gesondheidsorg
Dit is ’n belangrike konsep wat leerders moet verstaan. Staan sowat twee uur aan die onderwerp af, insluitende die tyd wat benodig word vir die aktiwiteit.
Aktiwiteit 8
1. Kos
2. Energie
3. Water
4. Skuiling
5. Gesondheidsorg (5 × 1) = [5]
Les 9
Maniere hoe mense hul behoeftes bevredig
Dit is belangrik om vooraf kennis aan dié les te koppel. Wy hoogstens ’n uur aan die les.
Aktiwiteit 9
1. Boer
2. Brandbestryder
3. Haarkapper
4. Myner (4 × 1) = [4]
G04 ~ Sosiale Wetenskappe:
Hersiening: Breinkaart
Werk saam met die leerders deur die breinkaart om seker te maak hulle weet watter inligting belangrik is. In toekomstige eenhede sal hulle hul eie breinkaarte moet skep.
Woonstel
Huis
Skuur
Dokter Prokureur
1.
Slimfoon
2.
GEBOUE (Afhangend van waar hulle woon)
Kar
BEGEERTES (Ekstras)
Bank Skool
BEROEPE (Afhangend van waar hulle woon)
WAAR MENSE WOON MENSE EN PLEKKE
BEHOEFTES EN BEGEERTES
Energie Voedsel Water Gesondheidsorg
BASIESE BEHOEFTES (Noodsaaklik vir oorlewing)
Skuiling
Hersieningsoefening
1.1. D
1.2. E
1.3. H
1.4. G
1.5. B 1.6. C
1.7. A
Boer
Dorp Plaas
PLEKKE OM IN TE WOON
SAMPLE
Verduidelik Links Regs
Teken
BAKENS (iets unieks aan die area)
Bome
NATUURLIK (onveranderd | deel van die natuur)
Berg
Stad
Standbeelde
MENSGEMAAK (veranderd | deur mense gebou)
Brûe
Riviere
Meer
Geboue
1.8. F (8 × 1) = (8)
2.1. ’n Dorp. Dit het nie so baie geboue of ’n verskeidenheid geboue soos ’n stad nie. Daar is bv. nie ’n lughawe nie. (3)
2.2. Enige DRIE van die volgende:
● Bank: ’n Plek waar geld gestoor en omgeruil kan word.
● Fliekteater: ’n Teater waar flieks op ’n groot skerm vertoon word.
● Hospitaal: Waar siek/beseerde mense mediese sorg ontvang.
● Huis: ’n Skuiling waarin mense woon.
● Kerk: ’n Christelike plek van aanbidding.
● Polisiestasie: Die kantore van die polisiediens wat die dorp moet beskerm.
● Poskantoor: Waar pos gesorteer en afgelewer/afgehaal word.
● Skool: Waar kinders onderrig ontvang.
● Supermark: ’n Winkel wat kos en basiese huishoudelike items verkoop.
● Vulstasie: Waar jy jou kar met petrol/diesel kan vol maak.
● Winkel: Waar mense ’n verskeidenheid goedere koop.
● Woonstelle: Talle klein huisies wat bo-op mekaar gestapel is. (3 × 2) = (6)
2.3. Natuurlike landmerke
Enige TWEE van die volgende:
● Dam
● Bome
● Arrow-park
Mensgemaakte landmerke
Enige TWEE van die volgende:
● Brug
● Ambulans
SAMPLE
● (Aanvaar enige gebou op die kaart) (2 × 2) = (4)
2.4. Enige VIER van die volgende:
● Ambulansbestuurder
● Bankier
● Dokter/verpleër
● Kassier
● Kruidenier
● Onderwyser
● Petroljoggie
● Polisiebeampte
G04 ~ Sosiale
● Posbode
● Prediker/pastoor/priester
● Verkoopspersoon
(Aanvaar enige relevante antwoord) (4)
3. Leerders se eie antwoord. Gebruik die volgende as riglyn:
● Kaart is duidelik en akkuraat geteken.
● Kaart is maklik om te verstaan.
● Roete is akkuraat en korrek verduidelik. (6)
4.
4.1 ’n Behoefte is iets wat noodsaaklik vir jou oorlewing is.
Enige EEN van die volgende:
● Kos
● Water
● Skuiling
● Energie
● Gesondheidsorg
’n Begeerte is iets waarsonder jy kan lewe, maar graag wil hê.
Enige EEN van die volgende:
● Slimfoon
● Rekenaar
● Fiets
● Internet (2 × 2) = (4)
4.2
● Kos
● Water
● Skuiling
● Energie
● Gesondheidsorg (5) [40]