Wetenskappe: Geskiedenis
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Sosiale Wetenskappe
Handleiding: Geskiedenis
Graad 4
Aangepas vir KABV
Grimsley E van Emmenes
Handleiding
Leerdoelwitte
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.
Leselemente
Belangrike terminologie
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
Definieer
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
Aktiwiteit
Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
Wenke
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
SAMPLE
Kerninhoud
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
Studeer/Hersiening
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
Vir die nuuskieriges
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge.
Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): Verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.
*LSEN in algemene taalgebruik.
Voorwoord
Wat is Geskiedenis?
Geskiedenis is die studie van verandering en ontwikkeling . Hierdie kennis sal jou in staat stel om te bepaal watter impak mense se optrede in die verlede op die hede het; en om verder te verstaan en te evalueer hoe dit die toekoms kan beïnvloed.
Geskiedenis is ’n proses van ondersoek en om vrae te vra oor die verlede:
● Wat het gebeur?
● Wanneer het dit gebeur?
● Waarom het dit gebeur?
Wat is dan die doelwitte van Geskiedenis – hoekom moet ons dit bestudeer?
● Dit skep ’n belangstelling in die verlede en help om te bewys dat dit pret kan wees om te leer oor dinge wat eeue terug gebeur het.
● Die kennis, begrip en waardering wat jy aanleer oor die verlede maak wat vandag gebeur selfs meer interessant en kan jy vergelyk hoe dinge verander het deur die jare.
● Dit leer jou hoe om ’n proses van historiese ondersoek te onderneem en hoe om deel te neem aan navorsing en projekte deur die jaar.
SAMPLE
Handleiding
Jaarplan
Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou jaar beplan:
● Wees realisties en buigsaam
● Hou jou ander vakroosters in gedagte
● Laat genoeg tyd om vir toetse en eksamens te studeer
Kwartaal Eenheid en les Datum begin Datum voltooi
Eenheid 1: Plaaslike geskiedenis
Les 1: Wat gebeur vandag in jou plaaslike omgewing?
Les 2: Foto’s vertel stories
Les 3: Wat kan ons uit geskrewe bronne leer?
Les 4: Onderhoude met mense
1
2
Les 5: Voorwerpe is stukkies geskiedenis
Eenheid 2: Die geskiedenis van ’n plaaslike gebied
Les 6: Fotostories
Les 7: Inligting uit geskrewe bronne
Les 8: Mense vertel stories en deel ervarings
Les 9: ’n Stukkie geskiedenis in jou hande
Eenheid 3: Wat maak ’n goeie leier?
Les 10: Eienskappe van goeie leiers
Les 11: Kies ’n leier
Les 12: ’n Goeie leier ...
Les 13: Nelson Mandela
Les 14: Mahatma Gandhi
Les 15: Leiers is nie altyd gewild nie
3
Eenheid 4: Vervoer oor die tyd heen: Land- en padvervoer
Les 16: Diere se bydraes tot vervoer
Les 17: Rytuie, waens en koetse
Les 18: Fietse
Les 19: Stoomenjins en treine
Les 20: Motors
Les 21: Algemene vervoer van mense en goedere
Les 22: Gevallestudie: Skade aan die omgewing
Eenheid 5: Vervoer oor die tyd heen: Watervervoer en skeepsvaart
Les 23: Vlotte, kano’s en rietbote
Les 24: Die eerste seilskepe
Les 25: Die eerste stoomskepe
Les 26: Moderne watervervoer
Eenheid 6: Vervoer oor die tyd heen: Lugvaart en lugvervoer
Les 27: Warmlugballonne en lugskepe
Les 28: Die Wright-broers en die eerste vliegtuig
Les 29: Moderne lugvaart
Eenheid 7: Die oudste vorme van menslike kommunikasie
Les 30: Taal, simbole, liedjies, kuns en dans
Les 31: Hoe die San kommunikeer
Eenheid 8: Hoe kommunikeer ons vandag?
Les 32: Posstelsel
Les 33: Radio
Les 34: Tikmasjien
4
Les 35: Telegraaf
Les 36: Telefoon
Les 37: Kamera
Les 38: Televisie
Les 39: Rekenaar
Les 40: Die internet
Les 41: Selfoon
Eenheid
1
Plaaslike geskiedenis
Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie eenheid moet jy die volgende kan doen:
● Doen navorsing oor die verlede en pas dit op die plaaslike geskiedenis toe.
● Soek ’n verskeidenheid soort inligting oor die verlede.
● Skryf oor die geskiedenis op ’n georganiseerde wyse.
● Versamel inligting uit teks, visuele materiaal (foto’s, illustrasies, televisie en films), liedjies, gedigte, onderhoude met mense, ens.
● Gebruik meer as een soort skriftelike bron soos boeke, tydskrifte, koerante en webtuistes.
Inleiding
In hierdie eenheid leer ons hoe om inligting oor die hede te vind en hoe om inligting uit verskeie bronne te gebruik.
Wanneer jy weet hoe om inligting te soek wat op vandag (die hede) van toepassing is, kan jy daardie inligting gebruik om meer oor die geskiedenis van jou eie gebied uit te vind.
Geskiedkundige plekke speel ’n belangrike rol in die moderne gemeenskap, bv. jou dorp/stad se stadsaal of ’n ou kerk of skool.
Belangrike terminologie
Hede
Geskrewe bronne
Dokumente
Geskiedkundige/historikus
Foto
Onderhoud
Voorwerp
Les 1 Wat gebeur vandag in jou plaaslike omgewing?
Definieer
Bron: ’n persoon/plek/voorwerp wat vir ons inligting oor iets kan gee
Geskiedkundige: iemand wat die verlede bestudeer en daaroor skryf
Geskrifte: iets wat met die hand geskryf of gedruk is
Hede: die huidige tyd waarin ons lewe
Kerninhoud
Ons gebruik verskillende bronne om oor die hede uit te vind. Die hede beteken die hier en die nou, met ander woorde, vandag. Bronne bevat inligting en kan gedrukte materiaal, ’n voorwerp of selfs ’n persoon insluit. Ons onderskei tussen drie soorte bronne: primêre bronne, sekondêre bronne en tersiêre bronne.
● Primêre bron: ’n Boek of brief wat iemand oor ’n ervaring geskryf het. Voorbeeld: Anne Frank se dagboek wat sy oor twee jaar geskryf het terwyl sy en haar familie van die Nazi’s geskuil het. Die dagboek is Anne se eerstehandse ervaring van die oorlog.
● Sekondêre bron: Iemand wat ’n primêre bron gebruik om sy/haar interpretasie daarvan weer te gee. Voorbeeld: ’n Geskiedkundige lees Anne Frank se dagboek en skryf ’n geskiedkundige verslag oor die inhoud.
Handleiding
• Tersiêre bron: Wanneer iemand sekondêre bronne gebruik om die inligting wat hulle reeds het, aan te vul. Voorbeeld: Jy gebruik ’n geskiedkundige verslag oor Anne Frank se dagboek om meer inligting te kry vir jou Geskiedenistaak oor Anne Frank.
Wanneer geskiedkundiges die verlede ondersoek, verkies hulle om primêre bronne te gebruik, aangesien hulle die akkuraatste dokumente is wat die gebeure die beste beskryf.
Geskiedkundiges moet egter versigtig wees om nie hul eie menings te lug wanneer hulle oor die verlede skryf nie.
SAMPLE
In die volgende paar lesse kyk ons na verskeie metodes om inligting oor die hede (vandag) in te win. Ons kan inligting kry uit foto’s, geskrewe bronne, voorwerpe, stories en onderhoude met mense.
Ons gaan elke soort bron afsonderlik bespreek. Ná jy die lesse voltooi het, gaan ons dieselfde vaardighede gebruik om meer oor die verlede van ’n plaaslike gebied uit te vind.
Belangrik
Aan die einde van die kwartaal moet jy ’n assesseringsprojek inhandig. Vir die projek moet jy jou eie museumuitstalling maak. Soek solank interessante prente, skryfstukke, stories en voorwerpe wat jy vir jou uitstalling kan gebruik.
Les 2
Foto’s vertel stories
Definieer
Foto: ’n beeld wat op kamera vasgelê is waarna jy oor en oor kan kyk
Kerninhoud
Ons kan inligting versamel deur na foto’s te kyk en ’n paar vrae te vra en te beantwoord.
Foto’s kan inligting verskaf oor weersomstandighede, gebeure, mense se emosies, ens.
Kom ons kyk na twee foto’s en watter inligting ons daaruit kan aflei.
SAMPLE
In hierdie foto sien ons drie mense; twee mans en ’n vrou. Hulle is by ’n restaurant, drink koffie en gesels. Hulle is formeel aangetrek. Die skootrekenaar en papiere op die tafel sê vir ons dat hulle besig is om te werk of in ’n vergadering is. Ons kan dus aflei dat die mense nie vriende is nie en dat hierdie nie ’n sosiale kuier is nie.
In hierdie foto sien ons ’n groep leerders en ’n onderwyseres in ’n klaskamer. Hulle werk aan ’n kunsprojek. Die leerders dra almal dieselfde klere (skooluniform), dus is hulle in dieselfde skool. Die foto is in die somer geneem, want almal dra kortmouhemde.
Handleiding
Wenke
Wanneer jy na ’n foto kyk, fokus op die volgende om inligting in te samel:
● Kwaliteit en kleur van die foto.
● Kleredrag van die mense.
● Die plek waar die foto geneem is.
● Watter aktiwiteite kan jy waarneem?
● Selfs die agtergrond kan inligting verskaf.
As jy na al hierdie faktore oplet, sal jy ’n goeie idee kry van wat gebeur en wie betrokke is.
Aktiwiteit 1
Bestudeer die foto’s hieronder en beantwoord die vrae.
SAMPLE
Die volgende vrae is op foto A van toepassing:
1. a) Watter natuurlike watermassa verskyn in die agtergrond van die foto? (1)
b) Watter soort vervoermiddel gebruik die mense in die foto? (1)
c) Hoe is die weer in hierdie foto? (1)
Die volgende vrae is op foto B van toepassing:
2. a) Sou jy sê dat hierdie foto oud is? (1)
b) Gee ’n rede vir jou antwoord. (1) [5]
Les 3
Wat kan ons uit geskrewe bronne leer?
Kerninhoud
Ons kan ook inligting uit geskrewe of gedrukte bronne versamel. Voorbeelde van geskrewe bronne is koerante, tydskrifte, advertensies en padtekens.
’n Goeie voorbeeld is padtekens. Kom ons kyk na ’n paar padtekens.
Hierdie hoofweg het vier bane. Net ná die padteken vurk die hoofweg in twee rigtings. Vir ’n motoris is dit belangrik om te weet dat hy binne die volgende kilometer links moet afdraai indien hy op pad Muizenberg of Maitland toe is. Indien Kaapstad of Milnerton sy volgende bestemming is, moet hy reguit aanhou. Die padteken gee ook vir ons die name van die paaie: M5 en N1.
SAMPLE
Handleiding
Hierdie advertensiebord word ook langs die hoofweg aangetref en verskaf inligting oor ’n kursus wat jy kan loop. Ons kan dus aflei dat nie alle tekens langs die pad noodwendig padtekens is nie.
Aktiwiteit 2
Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae.
Fence4U
SAMPLE
Professionele swembadheinings.
’n Verskeidenheid ontwerpe en lengtes om in jou behoeftes te voldoen.
Bel Steven vir ’n kwotasie. 081 999 4016
Figuur 1.7
1. Na watter maatskappy word daar in die advertensie verwys?
2. Watter produk of diens word geadverteer?
3. Bied die besigheid slegs een ontwerp aan?
4. Wat is die besigheid se telefoonnommer? (4 × 1) = [4]
Les 4
Onderhoude met mense
Definieer
Onderhoud: ’n gesprek met iemand om spesifieke inligting in te samel
Ons kan inligting inwin deur stories te lees wat mense geskryf het en deur onderhoude met mense te voer. Tydens ’n onderhoud vra jy vrae aan iemand. Die vrae moet doelgerig wees om spesifieke inligting te verkry. Hou streng by die onderwerp en onthou dat jy die persoon waarmee jy die onderhoud voer se tyd in beslag neem – gebruik dit doeltreffend.
Aktiwiteit 3
Voer ’n onderhoud met een van jou ouers. Skryf jou vrae en die antwoorde neer.
Voorbeelde van vrae:
1. Wat is jou volle naam?
2. Wat is jou van?
3. Wanneer is jy gebore?
4. Waar is jy gebore?
5. Waar was jy op skool?
6. Het jy ná skool gaan studeer? Indien ja, waar en watter studierigting?
7. Wat is jou beroep?
8. Is jy getroud?
9. Wat was jou nooiensvan? (As dit ’n getroude vrou is.)
10. Het jy kinders? Indien ja, hoeveel?
Dit behoort ’n goeie beginpunt vir jou onderhoud te wees. Brei verder uit deur jou eie vrae by te voeg.
Handleiding
Les 5
Voorwerpe is stukkies geskiedenis
Definieer
Voorwerp: iets waaraan jy kan vat en wat jy kan sien
Ons kan inligting insamel deur na voorwerpe te kyk. Kyk na Hoërskool D.F. Malan se skoolwapen hieronder. Wat kan jy alles op die skoolwapen sien?
Figuur 1.8: Hoërskool D.F. Malan se skoolwapen
SAMPLE
Vir die nuuskieriges
Die son simboliseer hoop, positiwiteit, groei en ’n nuwe lewe wat uitreik na lig en gesondheid.
Die drie proteas simboliseer Suid-Afrika se erfenis wat gekoester moet word.
Die leuse: “Vir jou Suid-Afrika” verwys na vaderlandsliefde en burgerskap.
Elke provinsie in ons land het ’n wapen. Gaan lees op oor jou provinsie se wapen en soek die betekenis van elke voorwerp op die wapen. Kyk ook na die YouTube-video oor SuidAfrika se provinsies.
bit.ly/2bC14Vv