4 • Handleiding Sosiale Wetenskappe: Geografie
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Sosiale Wetenskappe
Handleiding: Geografie
Graad 4
Aangepas vir KABV
M Lübcker E van Emmenes
Handleiding
Leerdoelwitte
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV
Leselemente
Belangrike terminologie
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
Definieer
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
Aktiwiteit
Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
Wenke
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
SAMPLE
Kerninhoud
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
Studeer/Hersiening
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
Vir die nuuskieriges
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge.
Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): Verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.
*LSEN in algemene taalgebruik.
G04 ~ Sosiale
Voorwoord
Geografie is die studie van mense en die fisiese omgewing. Geografie help ons om die komplekse wêreld te verstaan. Ons ondersoek verskillende vertakkings van geografie, naamlik fisiese geografie en menslike geografie.
In fisiese geografie kyk ons na natuurlike prosesse en eienskappe, insluitend die atmosfeer, landvorme en ekosisteme. Menslike geografie ondersoek die aktiwiteite en impak van mense op die aarde.
Om seker te maak dat alle konsepte wat in die gids aangeraak word, deeglik verstaan en toegepas word, is daar ná elke les ’n aktiwiteit. Alle aktiwiteite in hierdie studiegids moet vir nasien voltooi word as konsolidasie van die inhoud wat gedek is. Dit is veral belangrik as hersiening vir enige toets of eksamen.
Wanneer jy die aktiwiteite doen, onthou om die aktiwiteit se nommer neer te skryf en alle vrae te nommer presies soos dit in hierdie studiegids genommer is. Dit sal nasien baie makliker maak en jou ook help om in die toekoms na jou werk terug te verwys.
Inleiding
Hierdie inleiding is gebaseer op KABV se voorgestelde onderwerpe wat spesifiek in elke eenheid bestudeer moet word. Jy moet jou bes doen om alle werk, toetse en eksamens te voltooi om te verseker dat jy maksimum punte kry.
SAMPLE
Elke eenheid word vergesel van ’n aantal lesse. Daar is ’n aktiwiteit ná elke les wat gegrond is op die spesifieke uitkomste van dié bepaalde les.
Maak seker jy verstaan die aktiwiteit en beantwoord elke aktiwiteit so volledig as moontlik. Dit dien ook as voorbereiding vir toetse en eksamens. Maak seker jy beantwoord alle vrae in volsinne, want jy sal jouself sodoende in groter detail kan uitdruk.
Hierdie handboek word sterk aanbeveel:
Oxford Suksesvolle Sosiale Wetenskappe Graad 4 deur Dilley, L., Monteith, M., Nunneley, D., Proctor, A. en Weldon, G., Oxford University Press South Africa, 2013.
Handleiding
Die bykomende handboek en hulpbronne is bedoel om jou ’n breër perspektief te gee oor hoe vrae gevra kan word, verskillende maniere om ’n vraag te beantwoord en hoe daar meer as een standpunt oor ’n spesifieke onderwerp kan wees. Bykomende boeke kan jou ook help om take te beantwoord en te voltooi.
Omdat geografie die wêreld om ons bestudeer, is dit uiters belangrik dat hierdie vak ook prakties benader moet word. Gebruik alle hulpbronne tot jou beskikking.
Besoek verskillende gebiede in jou omgewing wat verband hou met die inhoud wat gedek word. Daar is ’n magdom hulpbronne aanlyn beskikbaar, insluitend video’s, speletjies en ekstra aktiwiteite. As jy nie toegang daartoe het nie, gebruik openbare biblioteke, boeke, koerante of enige van die beskikbare skriftelike hulpbronne.
Maak dit pret om te leer deur die inhoud relevant te maak. Gebruik ’n wye reeks hulpmiddels en ondersoek die verskillende onderwerpe wat ons dek. Sodoende sal alles meer sin maak en vir jou relevant wees. Sterkte vir die jaar!
Jaarplan
Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou jaar beplan:
● Wees realisties en buigsaam
● Hou jou ander vakroosters in gedagte
● Laat genoeg tyd om vir toetse en eksamens te studeer
Kwartaal
1
2
Eenheid en les
Eenheid 1: Mense en plekke
Les 1: Plekke om in te woon
Les 2: Werke wat mense op verskillende plekke verrig
Les 3: Geboue op verskillende plekke en hul gebruike
Les 4: Hoe paaie en voetpaadjies in nedersettings gebruik word
Les 5: Identifiseer natuurlike en mensgemaakte bakens
Les 6: Beskryf en teken ’n kort reis
Les 7: Behoeftes en begeertes
Les 8: Basiese behoeftes: water, kos, energie, skuiling en gesondheidsorg
Les 9: Maniere hoe mense hul behoeftes bevredig
Eenheid 2: Kaartvaardighede
Les 10: Verskillende aansigte van eenvoudige voorwerpe
Les 11: Prente of letters as simbole of sleutels
Les 12: Grootskaalse kaartsimbole
Les 13: Eenvoudige ruitnette en ruitverwysings
Les 14: Lees en skryf rigtings op ’n kaart en in die omgewing
Eenheid 3: Lees belangrike kaarte
Les 15: Hoe ons oseane en land op ’n kaart aandui
Les 16: Suid-Afrika se provinsies en hul hoofstede
Les 17: Die aarde is rond en kaarte is plat
Handleiding
Eenheid 4: Voedsel en boerdery in Suid-Afrika
Les 18: Die voedsel wat ons eet – plante en diere
Les 19: Maniere hoe ons voedsel verkry
Les 20: Bestaansboerdery en kommersiële boerdery
Les 21: Verbouing van voedsel in dorpe en stede
Les 22: Verskillende soorte boerdery
Les 23: Saaiboerdery in Suid-Afrika
3
4
Les 24: Vrugteboerdery in Suid-Afrika
Les 25: Lewende hawe: Grootvee, kleinvee en pluimvee
Les 26: Gevallestudie: Veeboerdery in Suid-Afrika
Les 27: Vernaamste saai- en veeboerderygebiede in Suid-Afrika
Les 28: Verwerkte en onverwerkte voedsel
Les 29: Hoe en waarom voedsel verwerk word
Les 30: Van die plaas na die fabriek, van die winkel na die huis
Eenheid 5: Water in Suid-Afrika
Les 31: Watergebruike
Les 32: Industriële watergebruike
Les 33: Water as ’n hulpbron
Les 34: Die watersiklus
Les 35: Waterberging en die belangrikheid daarvan
Les 36: Natuurlike waterbronne
Les 37: Persoonlike en daaglikse gebruike wat water besoedel
Les 38: Herwinning van afvalwater en riool
Mense en plekke Eenheid 1
Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie eenheid moet jy die volgende kan doen:
● Identifiseer en beskryf die verskillende nedersettings waarin mense woon, insluitend plase, dorpies, dorpe en stede.
● Identifiseer en beskryf die verskillende plekke waar mense werk.
● Identifiseer en verduidelik die verskillende soorte geboue en hulle gebruike, insluitend huise, diereskuilings, winkels, skole, klinieke, banke, kantore, plekke van aanbidding, fabrieke, motorhuise en treinstasies.
● Verstaan paaie en voetpaadjies en hulle onderskeie gebruike in nedersettings.
● Identifiseer verskillende landmerke.
● Verstaan die verskil tussen natuurlike en mensgemaakte landmerke.
● Beskryf en teken ’n kort reis, soos om te verduidelik watter roete jy na ’n winkelsentrum of skool toe sal volg.
● Verduidelik hoe om van een plek na ’n ander te gaan met behulp van terme soos “links”, “regs” en “reguit”.
● Identifiseer belangrike landmerke en gebruik paaie/strate se korrekte name.
● Onderskei tussen behoeftes en begeertes.
● Identifiseer basiese menslike behoeftes, insluitend water, kos, skuiling, gesondheid-sorg en energie.
● Verstaan die verskillende maniere waarop mense in hulle behoeftes voorsien.
● Pas die kennis wat jy geleer het op ’n gevallestudie of relevante situasie toe.
Handleiding
Inleiding
Die doel van hierdie eenheid is om jou aan te moedig om plekke, mense, kwessies en gebeure te ondersoek met behulp van verskillende bronne soos boeke, foto’s en die internet. Verken die wêreld en mense om jou en pas die inhoud op jou eie ondervindings toe.
Dit is belangrik om ’n aantal verskillende bronne te gebruik en te verduidelik hoe jy hulle gebruik het. Ons gaan ook die wisselwerking tussen die samelewing en die natuurlike omgewing ondersoek. Dit beteken dat mense hulle omgewing nodig het om in hul basiese behoeftes te voorsien.
Belangrike terminologie
Nedersetting
Plaas
Dorp
Stad
Platteland
Werk
Boerdery
Landbou
Kliniek
SAMPLE
Fabriek
Landmerk
Roete
Natuurlik
Mensgemaak
Behoeftes
Begeertes
Skuiling
Gesondheidsorg
Dit is baie belangrik om die terme wat ons dek, te leer en verstaan. Dit sal jou help om die inhoud te verstaan. Maak vir jouself ’n lys of gebruik ’n bladsy agterin jou boek en teken al die nuwe woorde wat ons leer, daarin aan.
Les 1
Plekke om in te woon
Kerninhoud
Almal woon iewers. Mense woon in talle verskillende plekke en omgewings.
’n Nedersetting is ’n plek waar ’n groep mense woon.
Die meeste mense woon in dorpe of stede. Die algemeenste vorm van wonings in dorpe en stede is huise. Ander mense woon baie naby aan mekaar in woonstelle of meenthuise. Die res van die bevolking woon op die platteland op plase of plotte/hoewes.
Vir die nuuskieriges
Kyk dié kort YouTube-video oor die verskil tussen lewe in die stad en lewe op die platteland. bit.ly/2TgJ7VA
Kom ons bestudeer die verskillende nedersettings wat genoem is:
SAMPLE
’n Dorpie (Engels: village) is kleiner as ’n dorp en het nie baie inwoners nie. Dit kom meestal op die platteland voor en al die mense van ’n dorpie ken mekaar gewoonlik. ’n Dorpie het nie soveel strate, huise en winkels as ’n dorp nie en die inwoners moet gewoonlik ver reis om by ’n winkelsentrum of hospitaal uit te kom.
’n Dorp is ’n nedersetting wat groter as ’n dorpie maar kleiner as ’n stad is. ’n Dorp is groot genoeg om baie strate, skole, parke, banke, winkelsentrums en polisiestasies te hê.
Handleiding
’n Stad is baie groter as ’n dorp. Dit het baie meer strate, winkels en huise. Daar is dus baie meer kantore in ’n stad en gevolglik meer werksgeleenthede. Die meeste groot stede het hul eie lughawens en hospitale.
Plase kom meer op die platteland voor. Daar is nie so baie geboue, strate of winkels nie. Boere gaan doen gewoonlik inkopies in die naaste dorp. Boere boer meestal met vee of gewasse en voer ’n bestaan deur hul gewasse of diere te verkoop.
SAMPLE
Definieer
Dorp: ’n nedersetting met strate, huise, winkels en geboue soos skole en banke
Nedersetting: ’n plek waar mense woon
Plaas: ’n groot stuk grond waarop mense woon en diere aanhou of gewasse plant, of albei
Platteland: ’n gebied wat nie in ’n stad is nie
Stad: groter as ’n dorp, met baie meer winkels en strate en soms selfs ’n lughawe
Aktiwiteit 1
Bestudeer jou omgewing en beantwoord die vrae.
1. Watter soort werk doen jou ma, pa, voog en/of fasiliteerder? (2)
2. Watter soort winkels is naby jou huis? Noem enige TWEE nabygeleë winkels. (2)
3. Hoe ver is die naaste vulstasie aan jou huis? (1)
4. Is daar ’n skool naby jou huis? (1)
5. Waarheen gaan siek mense in jou gebied? (1)
6. Is daar ’n plek waar kinders kan speel, soos ’n openbare park? (1)
7. Wat doen jy en jou gesin oor naweke en vakansies? (2) [10]
Les 2 Werke wat mense op verskillende plekke verrig
Definieer
Boer: iemand wat op ’n plaas bly en gewasse verbou of vee aanhou wat verkoop word om ’n bestaan te voer
Landbou: ’n bedryf wat met boerdery en/of die aanplant van gewasse te doen het
SAMPLE
Werk: ’n taak wat jy doen om geld te kry om in jou basiese behoeftes te voorsien
Kerninhoud
’n Mens se werk hang grootliks af waar hy/sy woon.
Mense in stede kan ’n groot verskeidenheid beroepe beoefen, soos ’n prokureur, ’n verkoopsverteenwoordiger of ’n eiendomsagent.
Mense wat op plase of op die platteland woon, voer ’n bestaan deur hul produkte soos vrugte en groente, dierevelle/wol en vleis te verkoop.
Handleiding
Omdat dorpies baie klein en dikwels afgeleë is, is daar waarskynlik nie ’n groot winkelsentrum of selfs ’n hospitaal naby nie. Gevolglik moet mense ver reis om by die werk uit te kom, veral as hulle verkoopspersone, boekhouers of verpleegsters is.
Vir die nuuskieriges
Doen navorsing oor verskillende beroepe. Maak ’n aparte lys vir elke soort nedersetting, bv.:
● Op die plaas
● In die stad
● Op die dorp
● Op ’n dorpie
Probeer om minstens vyf beroepe onder elke opskrif te vind. (Moenie die voorbeelde gebruik wat in aktiwiteit 2 gelys word nie.)
Aktiwiteit 2
Bestudeer jou omgewing en beantwoord die vrae. Die woordbank bevat ’n lys beroepe en posbeskrywings.
SAMPLE
Woordbank
plant mielies | oes koring | prokureur | polisiebeampte | bankier | onderwyser | saai saad | melk koeie | dokter | kok | plaasbestuurder | haarkapper | skaapskeerder | brandweerman | ploeg landerye | pas vee op
1. Sorteer die beroepe in die woordbank in die onderstaande tabel. Is hierdie beroepe meer geneig om op ’n plaas of in die stad beoeofen te word? Trek die tabel oor en voltooi dit in jou boek.
Op ’n plaas
2. Watter beroepe word in die prentjies uitgebeeld?
In die stad
Les 3
SAMPLE
[18]
Geboue op verskillende plekke en hul gebruike
Definieer
Fabriek: ’n gebou waar iets vervaardig word, bv. ’n motorfabriek wat motors vervaardig
Kliniek: ’n plek waar jy goedkoop of gratis gesondheidsorg kan kry; ’n kleiner weergawe van ’n hospitaal
Kerninhoud
Daar is geboue in elke soort nedersetting. Die grootte van die nedersetting bepaal hoeveel geboue daar sal voorkom. Elke gebou speel ’n spesifieke rol.
Handleiding
’n Klein nedersetting soos ’n dorpie het baie min mense en dus nie so baie geboue nie.
In stede met meer mense is daar meer en ’n groter verskeidenheid geboue.
Die algemeenste voorbeeld van geboue waarin mense woon is huise en soms word hulle ook as tuiskantore gebruik. Huise kom in verskillende vorms en groottes voor.
Ander geboue wat belangrike doele dien behels skole, klinieke, diereskuilings, winkels, kantore, fabrieke, banke, plekke van aanbidding (kerke, moskees en tempels), vulstasies, treinstasies en lughawens.
Hieronder is ’n foto van die Uniegebou in Pretoria, Suid-Afrika se hoofstad. Die Uniegebou is die amptelike setel van die Suid-Afrikaanse regering. Die president en ministers se kantore is in die Uniegebou geleë.
SAMPLE
Vir die nuuskieriges
Kyk die YouTube-video oor die Uniegebou. bit.ly/2MDWLfH
Die geboue word op die volgende bladsy in Sandton, Johannesburg aangetref. Hierdie winkelsentrum en die omliggende kantoorblokke word Sandton City genoem en word as die rykste blok stadsgeboue in Afrika beskou. Nelson Mandela-plein is langs Sandton City geleë.
Vir die nuuskieriges
Sit jou veiligheidsgordel aan en neem ’n toer deur Sandton se strate in hierdie YouTubevideo.
bit.ly/2BbIPF5
SAMPLE
Aktiwiteit 3
Bestudeer die woordbank en beantwoord die vrae.
Die woordbank bevat ’n lys geboue wat verskillende doele dien.
Woordbank
huis | plek van aanbidding | woonstelle | lughawe | hospitaal/kliniek | bank | vulstasie | winkelsentrum | skool | plaashuis | diereskuiling | treinstasie | fabriek