Graad 4 • Handleiding 1/4 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Page 1


Intermediêre Fase

Graad 4 • Handleiding 1/4 Afrikaans

Eerste Addisionele Taal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Handleiding 1/4

Graad 4

2404-E-EAT-SG01

9781990949449

Aangepas vir KABV

L van Niekerk

Handleiding 1/4

G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal Leselemente

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

DEFINIEER

Definisies van sommige begrippe.

BELANGRIK

Belangrike aspekte om van kennis te neem.

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

SAMPLE

1

2

LES 1: Jy is ’n reënboog

LES 2: Waar wil jy woon?

LES 3: Onder my bed ...

LES 4: In die winkel

LES 5: Taai tongknopers

LES 6: Ware vriende

Jaarplan

3

LES 7: Voor hulle vir ewig verdwyn

LES 8: Wees werklik, wees jouself

LES 9: Speel met sintuie

4

LES 10: Geheime skatte

LES 11: Vreemde vlieënde voorwerpe

LES 12: Boomhuise

LES 13: Grawe die geskiedenis op

LES 14: By die teater

– 4

– 6

– 8

– 10

SAMPLE

LES 15: Wonderhonde

LES 16: Besoedeling om ons

LES 17: Die towertrui

LES 18: Vakansie!

– 6

– 4

– 6

– 8 Novembereksamen

Elke eenheid (kwartaal) is in ’n aparte boek.

Handleiding

Hallo! My naam is Zak. Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!

• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.

• Doen altyd jou huiswerk.

• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.

• Lees soveel as wat jy kan.

• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.

Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!

• Tippie-reeks – Jose Palmer en Reinette Lombard

• Z is vir Zackie-reeks – Jaco Jacobs

• Wiskunde gee my maagpyn – Jaco Jacobs

• Blou Maandag – Jaco Jacobs

• Oupa se medalje – Phil Earle

• Slym se stories – Fanie Viljoen

• Olivia se olifant – Sylvia Bishop

SAMPLE

• Haasdas se nuuskas-reeks – Louise Smit

• Vakansiepret-reeks – Theresa van Baalen

• Liewe Heksie-reeks – Verna Vels

• Cowboy Koekemoer-reeks – Henry Ferreira

• Zinzi en Saffraan-reeks – Asia Citro

Gaan kyk na boeke by die biblioteek of die naaste boekwinkel!

EENHEID 1: Week 1 – 2

Les 1: Jy is uniek

Leerdoelwitte

In hierdie les gaan jy:

• met ander gesels

• ’n gedig voordra

• na ’n storie luister

• ’n woordeboek gebruik

• ’n storie lees

• oor die storie skryf

• ’n vertelling skryf

• die alfabet hersien

• oor selfstandige naamwoorde leer

• leer hoe om meervoude en verkleinings te maak

• idiome leer

• oefen om hoofletters en leestekens te gebruik

Handleiding 1/4

AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 1: Gesels met ander

Interessante feit: Daar is sewe kleure in die reënboog (rainbow): rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet (pers) (red, orange, yellow, green, blue, indigo, violet [purple]).

Vertel die klas oor jouself.

• Wat is jou naam? (My naam is _________.)

• Van watter kleur hou jy die meeste? (Ek hou die meeste van __________.)

• Wat doen jy graag? (Ek hou daarvan om buite saam met my maats te speel.)

Teken ’n prentjie van jouself, en skryf jou naam en die kleur waarvan jy die meeste hou neer.

My naam is Zak.

Ek hou van blou.

Woordeskat

anders – different elkeen – everyone gelukkig – happy groep – group

Aktiwiteit 2: Dra ’n gedig voor

liefde – love maatjies – friends spesiaal – special uniek – unique

Luister na die gedig wat die fasiliteerder lees. Oefen saam, en leer die woorde. Jy gaan dit later voordra (present).

Doen die bewegings saam as jy die gedig voordra. Die bewegings is langs die gedig.

Reënboog vang

Philip de Vos

Ons sal vir jou ’n reënboog vang (maak of jy iets met jou hande vang) om heeldag bo jou kop te hang. (hou jou hand bo jou kop asof jy iets laat hang) Die geel en groen die rooi en blou is almal gepluk net vir jou.

Woordeskat

SAMPLE

vang – catch heeldag – the whole day gepluk – (in context) picked

Aktiwiteit 3: Luister na ’n storie

Luister na die storie. Gesels saam.

1. Waaroor gaan die storie? (What is the story about?)

2. Hoeveel kleure is daar in die reënboog?

Handleiding 1/4

3. Wat leer ons uit die storie? (What did we learn from the story?)

4. Hoe het die storie jou laat voel (feel)?

5. Van watter kleur van die reënboog hou jy die meeste? Waarom?

Omkring (circle) die letter van die regte antwoord.

1. Wat is die naam (title) van die storie?

a) “Die storie van die kleure”

b) “Die storie van die reënboog”

2. Waaroor het die kleure gestry? Voltooi (complete) die sin: Hulle het gestry oor wie die _________ is.

a) mooiste

b) beste

3. Watter kleur het eerste gepraat?

a) Groen

b) Blou

4. Waarvoor is water baie belangrik?

a) Lewe

b) Gesondheid

5. Wat dink Rooi het almal nodig om te lewe?

a) Water

b) Liefde

6. Wie het saggies gepraat?

a) Indigo

b) Rooi

7. Wie het gesê al die kleure is ewe belangrik en uniek?

a) Donderweer

b) Reën

8. Wat vorm al die kleure saam nadat dit gereën het?

a) ’n Reënboog

b) ’n Weerligstraal

Aktiwiteit 4: Speel ’n taalspeletjie Opsioneel

Luister na die fasiliteerder se instruksies (instructions), en speel saam.

AFDELING 2 LEES EN KYK

Aktiwiteit 5: Die alfabet

Ken jy die alfabet goed? Skryf die letters in die regte volgorde neer, en sê die alfabet dan op in Afrikaans.

s k z a c x e f q n g u h b l o p v d r i t j m w y

Klankpatrone: Vokale, konsonante en diftonge (vowels, consonants and diphthongs)

Die alfabet bestaan uit vokale en konsonante.

Vokale a e i o u

Konsonante

Onthou die vokale só: Arme ek is Oupa Uil.

b c d f g h j k l m

n p q r s t v w x z

SAMPLE

y is ’n diftong. Kyk hier onder. Diftonge

Kan jy al die vokale in die prentjie raaksien?

’n Diftong is ’n groepie letters waarin twee of drie verskillende vokale amper as een klank uitgespreek word.

ei y ui ou eeu aai ai ooi oi oei

Voorbeelde: reis, muis, kraai, rooi, koei

ie oe eu is nie diftonge nie.

Daar is altyd minstens een vokaal of diftong in ’n woord.

Handleiding 1/4

G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele

As woorde alfabeties gerangskik is, is dit in die volgorde van die alfabet.

rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo, violet Nie in alfabetiese volgorde nie

blou, geel, groen, indigo, oranje, rooi, violet In alfabetiese volgorde

As woorde met dieselfde letters begin, moet jy na die letters kyk wat ná dit kom.

reënjas reënval reënboog

1. Omkring die vokale in die woorde.

reënboog reënjas reënval

1.1 balle 1.4 vang 1.2 pers 1.5 gepluk 1.3 oranje

2. Voltooi die woorde met die regte vokale.

3. Onderstreep die diftonge in die woorde.

3.1 leeu

3.2 braai

3.3 roomys

4. Rangskik die woorde alfabeties.

3.4 rooi

3.5 koei

3.6 blou

4.1 eet, bord, pap, lepel , , ,

4.2 dier, uniek, uil, aap , , ,

4.3 tandemuis, tand, tande, tandeborsel , , ,

Aktiwiteit 6: Gebruik ’n woordeboek

Het jy al ’n woordeboek gebruik?

Hoe om ’n woordeboek te gebruik

1. Woorde in ’n woordeboek is alfabeties gerangskik.

2. Boaan die bladsy word die eerste woord gegee wat op daardie bladsy is, byvoorbeeld “beweeg”. Dit word gidswoorde genoem. Kyk na die voorbeeld op die volgende bladsy.

3. Blaai na die letter waarmee die woord begin wat jy soek, en kyk na die gidswoorde boaan die bladsye.

4. As jy byvoorbeeld “biblioteek” soek, sal dit op die bladsy wees waarop “beweeg” en “bietjie” is, want die derde letter in “biblioteek” kom voor die derde letter in “bietjie”.

5. Soek die woord dan op die bladsy.

Handleiding 1/4

G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal Eenheid

die eerste en laaste woord op die bladsy woord

Oxford Afrikaans-Engels English-Afrikaans Skoolwoordeboek School Dictionary, bl. 33)

sinne met die woord meervoud woordsoort die Engelse woord lettergrepe

Soek die twee woorde in ’n tweetalige woordeboek op, en skryf die Engelse woord (of die taal wat in die woordeboek gebruik word) daarvoor neer.

• maklik

• skootrekenaar

Aktiwiteit 7: Maak jou eie woordeboek

Opsioneel

Jy gaan jou eie woordeboek maak! Luister na die fasiliteerder se instruksies. Skryf nuwe of moeilike woorde in jou woordeboek neer.

Aktiwiteit 8:

Lees ’n storie

Maniere om te lees

Prelees (pre-read)

Waaroor gaan die teks as jy na die titel en prentjies kyk?

Vluglees (skim)

Lees vinnig om ’n idee te kry waaroor die teks gaan.

Soeklees (scan)

Soek spesifieke inligting, en kyk uit vir ’n sleutelwoord

Woordeskat

eendbekdier (platypus): soogdier van Australië wat naby die water woon, met ’n bek soos ’n eend, ’n swartbruin pels, webvoete en ’n breë, plat stert, ook platipus

elkeen – everyone spesiaal – special eend – duck bewer – beaver maatjies – friends snaakse – funny/strange bek – beak stert – tail fout – wrong ouma – grandma jok – lied niemand – no one

SAMPLE

Begripslees (comprehension)

Lees die hele teks om te verstaan.

Lees die titel van die storie, op die volgende bladsy, en kyk na die prentjies. Wat dink jy gebeur in die storie? Lees die storie dan.

’n Eendbekdier van bo af.

lyk – look anders – different lank gelede – long ago die spesiaalste – the most special landdiere – land animals dik – thick pelse – fur gehoort – belonged groep – group wil – want hoef te – has to

Handleiding 1/4

Elkeen is spesiaal

“Nee, jy mag nie saam met ons speel nie! Jy is nie ’n eend nie!” sê Edna Eend.

“Nee, jy mag nie saam met ons speel nie! Jy is nie ’n bewer nie!” sê Ben Bewer en spring in die dam.

Eddie die eendbekdier loop hartseer huis toe. “Ek gaan nooit maatjies maak nie,” sê hy. “Dit is omdat ek ’n snaakse bek en stert het.” Hy loop by die huis in.

“Wat is fout?” vra Eddie se ouma.

“Niks nie, Ouma,” jok Eddie.

“Ek kan sien iets is fout. Wat het gebeur?” vra sy ouma.

“Niemand wil saam met my speel nie, want ek lyk anders as hulle,” sê Eddie en begin huil.

“Kom sit hier, dan vertel ek ’n storie. Lank gelede het elke dier gedink hy is die spesiaalste van almal. Die landdiere het gedink hulle is spesiaal omdat hulle dik pelse gehad het. Die voëls het gedink hulle is spesiaal omdat hulle kon vlieg. Maar die eendbekdier het nie saam met die landdiere óf saam met die voëls gehoort nie. Almal wou hê dat hy deel van hulle groep moes wees.

“Die eendbekdier het toe gesê: ‘Ek wil nie deel van ’n groep wees nie. Ek het ’n pels soos landdiere, maar ek is ook soos ’n voël omdat ek ’n bek soos ’n eend het. Niemand hoef deel van ’n groep te wees om spesiaal te wees nie. Ons elkeen is spesiaal.’”

Gesels oor die storie.

1. Wat is die titel van die storie?

2. Wie het die storie geskryf?

3. Waaroor gaan die storie?

4. Wat het jy uit die storie geleer?

Beantwoord die vrae.

1. Wat is die hoofkarakter se naam?

2. Twee diere sê Eddie mag nie saam met hulle speel nie. Watter soort diere is dit?

3. Wie vertel vir Eddie ’n storie om hom beter te laat voel (to make him feel better)?

SAMPLE

4. Sit die prentjies in die regte volgorde volgens die gebeure in die storie. Skryf 1 tot 5 in die blokkies langs die prentjies.

5. Voltooi die karakters se name. Dit moet met ’n hoofletter (capital letter) begin.

Bonus: Skryf die karakters se name in alfabetiese volgorde. , , ,

6. Voltooi: Die voëls het gedink hulle is spesiaal, want hulle kon

7. Is die sin waar of onwaar? Kleur die regte blokkie in.

Eddie het baie maatjies.

8. Waarom is die eendbekdier spesiaal? Omkring die letter (a, b of c) van die regte antwoord.

a) Hy het ’n pels soos landdiere.

b) Hy het ’n bek soos ’n eend.

c) Hy het ’n pels soos landdiere, en hy het ’n bek soos ’n eend.

9. Hou jy van die storie? Skryf “ja” of “nee”, en verduidelik.

10. Wat is die woorde in Afrikaans? Soek in die storie.

10.1 special 10.3 grandma 10.2 tail 10.4 different waar – true onwaar – false waar onwaar

Aktiwiteit 9: Vertel die storie oor Opsioneel

• Sit die gebeure in die storie in die regte volgorde. Nommer die sinne 1 tot 5.

• Lees die sinne dan hardop.

Gebeure

Eddie se ouma vertel ’n storie.

Ben Bewer sê Eddie mag nie saam met hulle speel nie.

Eddie loop huis toe.

Edna Eend sê Eddie mag nie saam met hulle speel nie.

Ouma sê dat elkeen spesiaal is.

Aktiwiteit 10: Selfstandige naamwoorde

Watter voorwerpe (objects) sien jy hier onder?

Nommer

SAMPLE

• A complete guide with all the texts and explanations included.

• Comprehensive explanations of language aspects.

• Step-by-step guidelines in plain language.

• Fun, engaging, and practical activities

• Interesting themes for Grade 4s to expand general knowledge and inspire curiosity.

• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.

• Suitable for learners on all levels

• Use in school or at home.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.