Intermediêre Fase Graad 6 • Fasiliteerdersgids Sosiale Wetenskappe: Geografie

Page 1


Graad 6 • Fasiliteerdersgids

Sosiale Wetenskappe: Geografie

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Sosiale Wetenskappe

Fasiliteerdersgids: Geografie

Graad 6

Aangepas vir KABV

E van Emmenes

Leerdoelwitte

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.

Leselemente

Definieer

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

Belangrike terminologie

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei. Wenke

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

SAMPLE

Kerninhoud

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.

Aktiwiteit

Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

Studeer/Hersiening

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

Vir die nuuskieriges

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge.

Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): Verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik.

Fasiliteerdersgids

Voorwoord

Aanbevole boek

Dit is belangrik om ’n atlas te koop en naslaanwerk te doen.

Die Oxford Primary Atlas for South Africa is ’n uitstekende reeks atlasse wat ten volle vir die KABV-kurrikulum hersien is. Dit rus leerders toe met al die inhoud en vaardighede wat hulle benodig om kaartwerk in graad 4 tot 7 te bemeester.

Inleiding

SAMPLE

ISBN: 9780199070374

Oxford Primary Atlas for South Africa

Hierdie gids is slegs vir die fasiliteerder bedoel en nie vir leerders nie. Dit word saam met die graad 6-handleiding gebruik. Die aktiwiteite se antwoorde word hierin verskaf, alhoewel daar sommige aktiwiteite is waarop daar nie ’n spesifieke antwoord kan wees nie. Dit sal pertinent onder die aktiwiteit genoem word.

Probeer om waar moontlik eers ’n gesprek met leerders te voer oor die les wat behandel gaan word. Praat sommer oor die algemeen oor die onderwerpe om leerders se voorkennis te toets.

Rooster en tydsbestuur

Volgens die KABV-beleid moet 3 (drie) uur per week aan Sosiale Wetenskappe bestee word. ’n Kwartaal van 10 weke kry dus 30 uur. Die tydstoewysing vir Geskiedenis is dus 15 uur per kwartaal van 10 weke, en Geografie ook 15 uur per kwartaal van 10 weke. Dit bring mee dat leerders 1½ uur per week aan Geografie moet afstaan. Jy sal wel vind dat party opdragte vinniger sal gaan as ander.

Assesseringsvereistes

Die aanbevole assesseringsprogram is soos volg:

Kwartaal 1

Kwartaal 2

Kwartaal 3

Kwartaal 4

Geskiedenis Toets

Geografie Toets

Geskiedenis Opdrag en eksamen

Geografie Opdrag en eksamen

Geskiedenis Projek

Geografie Opdrag

Deurlopende assessering

75%

Geskiedenis Eksamen Novembereksamen 25% Geografie Eksamen

Inligting oor die projek sal per e-pos en op my.Impaq met fasiliteerders gekommunikeer word. Dit kan die volgende insluit:

● Skryf kort antwoorde op die vrae.

● Skryf paragrawe.

SAMPLE

● Doen navorsing en skryf ’n klein stukkie neer.

● Lees en som op.

● Luister en notuleer.

● Teken waarnemings aan.

● Beantwoord vrae (kort en langer antwoorde).

● Stel vrae.

● Voltooi vraag- en antwoordbladsye.

● Maak diagramme/tekeninge en byskrifte.

● Pas, sorteer, lys, beskryf en vergelyk tekste, grafieke, kaarte, foto’s en prente.

● Maak verbindings tussen oorsake en gevolge.

● Identifiseer ooreenkomste en verskille.

● Lees, voltooi en/of teken kaarte.

● Werk met data.

● Vind en werk met bronne.

● Vergelyk kruisverwysings en inligting.

● Verskaf verduidelikings.

● Identifiseer en bespreek kwessies.

● Maak modelle, plakkate of grafieke.

● Interpreteer foto’s en skryf byskrifte.

Kodes en persentasies vir optekening en rapportering:

Kode Beskrywing van bevoegdheid Persentasie

7 Uitstaande prestasie 80 – 100

6 Verdienstelike prestasie 70 – 79

5 Beduidende prestasie 60 – 69

4 Voldoende prestasie 50 – 59

3 Gemiddelde prestasie 40 – 49

2 Basiese prestasie 30 – 39

1 Nie bereik nie 0 – 29

Studiewenke en -metodes

Leerders kan ’n breinkaart gebruik om die inligting wat geleer word te onthou. ’n Breinkaart het die hoofdoel in die middel met ’n klomp sytakke met hoofopskrifte. Die inhoudsopgawe kan baie handig te pas kom.

Hou hierdie breinkaart byderhand elke keer wat ’n nuwe les gedoen word en hou die breinkaart so op datum. Dit verminder die opsommings net voor eksamens.

Ná elke les is daar ’n aktiwiteit wat seker maak leerders verstaan die inhoud van die les. Gaan die aktiwiteite weer deur saam met leerders ter voorbereiding vir die eksamens.

Elke aktiwiteit moet so volledig moontlik voltooi word en die vrae moet in volsinne beantwoord word.

SAMPLE

Ander nuttige inligting

Kry ’n atlas vir leerders indien moontlik. Atlasvaardighede is baie belangrik in Geografie. Kaarte van jou plaaslike gebied is handig vir kaartwerk.

Probeer ook om betroubare bronne op die internet te gebruik, waar moontlik. Baie organisasies en projekte verskaf nuttige aanlyn inligting. Vergelyk verskillende webtuistes om te sien of feitelike inhoud met mekaar ooreenstem. Google Earth het oulike lugfoto’s.

Jaarplan

Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou jaar beplan:

● Wees realisties en buigsaam

● Hou jou ander vakroosters in gedagte

● Laat genoeg tyd om vir toetse en eksamens te studeer

Kwartaal

Eenheid en les

Eenheid 1: Kaartvaardighede

Les 1: Halfronde op ’n aardbol

Les 2: Breedte- en lengtegrade op ’n aardbol

Les 3: Hoe om lande en stede met breedte- en lengtegraad te vind

Eenheid 2: Skale

Les 4: Wat is ’n skaal?

1

Les 5: Verskillende soorte skale

Les 6: Hoe om reguitlynafstande tussen stede te meet

Datum begin Datum voltooi

2

Eenheid 3: Atlasse, globale statistieke en huidige gebeurtenisse

Les 7: Hoe werk ’n atlas?

Les 8: Suid-Afrika se provinsies in ’n atlas

Les 9: Die wêreld se belangrikste kenmerke

Hersieningsoefening

Eenheid 4: Waarom mense handel dryf

Les 10: Handel as ruil van goedere

Les 11: Uitvoere en invoere tussen Suid-Afrika en die wêreld

Les 12: Waarmee mense handel dryf – goedere en vaardighede

Eenheid 5: Hulpbronne en hul waarde

Les 13: Die waarde van grondstowwe en vervaardigde goedere

Les 14: Gevallestudie: Waar sjokolade vandaan kom

Eenheid 6: Regverdige handel

Les 15: Regverdige en onregverdige handel

Hersieningsoefening

Fasiliteerdersgids

Eenheid 7: Klimaat regoor die wêreld

Les 16: Die aarde se klimate

Eenheid 8: Eenheid 8: Tropiese reënwoude

Les 17: Tropiese reënwoude se ligging op aarde

3

Eenheid 9: Woestyne

Les 18: Woestyne se ligging op aarde

Eenheid 10: Naaldwoude

Les 19: Naaldwoude se ligging op aarde

Hersieningsoefening

Eenheid 11: Suid-Afrika se provinsies en mense

Les 20: Bevolkingsverspreiding en -digtheid

Eenheid 12: Waarom mense op spesifieke plekke woon

4

Les 21: Redes vir nedersettings se liggings

Eenheid 13: Mense regoor die wêreld

Les 22: Bevolkingsverspreiding regoor die wêreld

Kaartvaardighede Eenheid 1

Leerdoelwitte

Nadat hierdie eenheid voltooi is, moet leerders in staat wees om die volgende te doen:

● ’n Verskeidenheid bronne verstaan en daarmee werk – insluitend kaarte, data en foto’s.

● Gebruik en teken kaarte.

● Identifiseer en onttrek inligting uit tekste, atlasse en ander bronne, insluitend visuele bronne soos foto’s.

● Werk met data en statistieke in die vorm van grafieke, tabelle en diagramme.

● Gaan inligting na deur verskillende bronne te gebruik.

Inleiding

Help leerders om die verskille tussen ’n aardbol en ’n kaart te begryp. Gesels oor sleutels wat ons in die alledaagse lewe kry en gebruik byvoorbeeld ’n teken van ’n mannetjie op ’n deur. Die simbool sê slegs mans word daar toegelaat en nie dames nie. Dink aan nog ’n paar en gesels daaroor met die leerders.

Aktiwiteit 1

1. Noordelike Halfrond 

2. Suidelike Halfrond 

3. Westelike Halfrond 

4. Oostelike Halfrond 

Les 1
Halfronde op ’n aardbol

Fasiliteerdersgids

5. Ewenaar 

6. Greenwich-meridiaan  (6 × 1) = [6]

Les 2

Breedte- en lengtegrade op ’n aardbol

Aktiwiteit 2

1. Suidelike en Oostelike Halfronde 

2. Suidelike en Oostelike Halfronde 

3. Noordelike en Westelike Halfronde 

4. Suidelike en Westelike Halfronde 

Les 3

Hoe om lande en stede met breedte- en lengtegraad te vind

Aktiwiteit 3

1. 60° N 120° W 

2. 20° N 80° O 

3. 20° S 20° O 

4. 40° N 0° 

5. 60° N 120° O 

6. 0° 40° O 

7. 40° S 60° W 

8. 40° N 100° O 

9. 20° N 100° W 

10. 20° S 40° W 

(10 × 1) = [10]

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.