Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Sosiale Wetenskappe
Handleiding: Geskiedenis
Graad 6
vir KABV
Leerdoelwitte
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.
Leselemente
Belangrike terminologie
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
Wenke
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
Definieer
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
Aktiwiteit
Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
Kerninhoud
SAMPLE
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
Studeer/Hersiening
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
Vir die nuuskieriges
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge.
Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): Verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik.
G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Voorwoord
Wat is Geskiedenis en hoe word dit aangebied?
Geskiedenis is die studie van verandering en ontwikkeling. Geskiedenis sal jou in staat stel om te sien watter impak mense se optrede in die verlede op die hede het, en om verder te verstaan en te evalueer hoe dit die toekoms kan beïnvloed.
Geskiedenis is ’n proses van ondersoek en om vrae oor die verlede te vra:
● Wat het gebeur?
● Wanneer het dit gebeur?
● Waarom het dit gebeur?
● Wat was die gebeurtenisse en besluite se impak op die samelewing?
Wanneer mense weet wat in die verlede gebeur het, kan hulle uit vorige foute leer en verhoed dat dit weer gebeur. Dit is veral belangrik wanneer maatskaplike, politiese en ekonomiese besluite in enige samelewing geneem word.
Die spesifieke doelwitte van Geskiedenis is om die volgende te skep:
● Belangstelling in en genot van leer oor die verlede.
● Kennis, begrip en waardering oor dinge wat in die verlede gebeur het.
● Die vermoë om ’n proses van historiese ondersoek te onderneem, en deel te neem aan navorsing en projekte deur die jaar.
SAMPLE
● Die ontwikkeling van kognitiewe en ander vaardighede wat nodig is vir holistiese opvoedkundige ontwikkeling.
● Om ons te help om die hede te verstaan en selfs toekomstige gebeurtenisse te voorspel.
● Om verantwoordelike burgerskap te verseker.
Jy moet leer hoe om geskiedeniskennis en -vaardighede in brongebaseerde vrae en langer vrae soos paragrawe en opstelle te kan toepas. Bronne kan spotprente, artikels, gevallestudies, begripstoetse, foto’s en prentjies insluit. Om bronne te kan interpreteer, moet jy nie net feite en inhoud memoriseer nie, maar ook leer hoe om kennis toe te pas. Addisionele bronne soos KABV-voorgeskrewe handboeke kan ook saam met hierdie handleiding gebruik word.
Jaarplan
Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou jaar beplan:
● Wees realisties en buigsaam
● Hou jou ander vakroosters in gedagte
● Laat genoeg tyd om vir toetse en eksamens te studeer
Kwartaal
1
2
Eenheid en les
Datum begin Datum voltooi
Eenheid 1: ’n Afrika-koninkryk lank gelede in Suider-Afrika
Les 1: Veranderinge in die samelewing in die Limpopo-vallei
Les 2: Nedersettings voor Mapungubwe – K2 en Schroda
Eenheid 2: Mapungubwe – die eerste staat in Suider-Afrika
Les 3: Die koning en sy heilige leierskap
Les 4: Die eerste klipommuurde paleis
Les 5: Mapungubwe-heuwel se belangrikheid
Les 6: Die eerste formele dorpie
Les 7: Sosiale klasse van Mapungubwe
Les 8: Die Goue Renoster en ander artefakte
Les 9: Handel regoor Afrika en die Indiese Oseaan
Les 10: Handelsgoedere
Eenheid 3: Verandering en kontinuïteit in Ooskushandel
Les 11: Groot-Zimbabwe
Eenheid 4: Europese ontdekkingsreisigers in Asië
Les 12: Marco Polo
Les 13: Marco Polo se invloed op Europese handelaars
SAMPLE
Eenheid 5: Europese reisigers ontdek Suider-Afrika
Les 14: Redes vir Europese ontdekkingsreise
Les 15: Leonardo da Vinci
Les 16: Galileo Galilei
Les 17: Nuwe idees en kennis
Les 18: Uitvindings – kruit, die magnetiese kompas en karvele
2
Eenheid 6: Handel en wins
Les 19: Europese handelsroetes na die Ooste via Suider-Afrika
Les 20: Bartolomeus Dias ontmoet die Khoi-Khoi
Les 21: Vasco da Gama se reis
Les 22: Die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie
Eenheid 7: Demokrasie en burgerskap
Les 23: Hoe mense hulself in ’n demokrasie regeer –ons nasionale regering
Les 24: 1994 – die eerste demokratiese SuidAfrikaanse regering
Les 25: Parlement se rol
Les 26: Die belangrikheid van reëls en wette
Les 27: Die regstelsel en gelykheid volgens die wet
3
4
Les 28: Burgers se regte en verantwoordelikhede in ’n demokrasie
Les 29: Die Grondwethof
Eenheid 8: Kinderregte en -verantwoordelikhede
Les 30: Die Kinderhandves van Suid-Afrika
Eenheid 9: Nasionale simbole sedert 1994
Les 31: Die landswapen
Les 32: Die nasionale vlag
Les 33: Die nasionale volkslied
Eenheid 10: Mediese wetenskap oor die tyd heen
Les 34: Inheemse genesing in Suid-Afrika
Les 35: Identifisering en opleiding van nuwe genesers
Eenheid 11: Moderne Westerse genesing
Les 36: Die stryd teen pokke en Edward Jenner se rol
Les 37: Die verband tussen kieme en siektes en Louis Pasteur se rol
Les 38: Kieme wat tuberkulose veroorsaak en Robert Koch se rol
Les 39: Die eerste antibiotika en Alexander Fleming se rol
Eenheid 12: Die skakel tussen holistiese en Westerse genesing
Les 40: Die verskil tussen holistiese en Westerse genesing
Eenheid 1
’n Afrika-koninkryk lank gelede in Suider-Afrika
Leerdoelwitte
Ná jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:
● Ken en verstaan basiese begrippe.
● Verstaan en verduidelik veranderinge in die Limpopo-vallei tussen 900 en 1300.
● Kennis dra van nedersettings in die Limpopo-vallei voor Mapungubwe.
● Bestudeer Mapungubwe – inwoners se sosiale struktuur en leefwyse.
● ’n Begrip toon van argeologie en die belangrikheid van argeologiese studies en bewaring van geskiedkundige artefakte.
● Beskryf handel wat plaasgevind het.
● Oefen verskeie kognitiewe vlakke deurlopend: definieer, beskryf, verduidelik, evalueer, ontleed, ens.
Inleiding
Hierdie kwartaal en in hierdie eenheid gaan jy van koninkryke in Suider-Afrika leer. Dit gaan oor die gemeenskappe wat deur middel van koop en verkoop deel van ’n veel groter wêreld geword het.
Leer die eenheid soos ’n storie. Vertel daarna die storie van Mapungubwe aan jou fasiliteerder. Dit is ’n lekker manier van leer!
G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Belangrike terminologie
v.C. (BC) | n.C. (AD) | HJ (CE) | VHJ (BCE)
ca. (Circa)
Argeoloog
Artefak
Les 1
Veranderinge in die samelewing in die Limpopo-vallei
Definieer
ca. (Circa): (letterlik: “ongeveer”) word gebruik wanneer die spesifieke datum onbekend is, bv. Shaka is ca. 1790 gebore (presiese geboortedatum onbekend)
HJ (Huidige Jaartelling): vervang n.C. as ’n neutrale, niegodsdienstige term
n.C. (ná Christus): die manier om na datums te verwys ná die geboorte van Jesus, bv. Nelson Mandela is in 1918 n.C. gebore
v.C. (voor Christus): die manier om na datums te verwys voor die geboorte van Jesus, bv. Julius Caesar is in 100 v.C. gebore
VHJ (Voor Huidige Jaartelling): vervang v.C. as ’n neutrale, niegodsdienstige term
Let wel: Ons gebruik nie meer v.C./n.C. in Geskiedenis nie, maar HJ/VHJ.
SAMPLE
Kerninhoud
Daar het tussen 900 en 1300 groot veranderings in die Suid-Afrikaanse boerderygemeenskappe gekom. Die boeregemeenskappe was eers klein groepe mense wat saam gewoon het, maar toe ander boere sien hoe goed die gewasse daar groei en dat daar genoeg kos was, het baie meer mense na die Limpopo-vallei getrek.
Suid-Afrika
Suid-Afrika
Figuur 1.1: Mapungubwe, K2 en Schroda se ligging in Suider-Afrika
Ons gaan leer van plekke soos K2, Schroda, Mapungubwe en Groot-Zimbabwe. Die kaart gee vir ons ’n aanduiding waar die dorpies in die Limpopo-vallei was. Die kaart wys waar Mapungubwe is asook twee ander nedersettings – K2 en Schroda. Argeoloë beweer dat die twee nedersettings saamgesmelt het om Mapungubwe te vorm. ’n Nedersetting is ’n plek waar mense bly en ’n gemeenskap stig.
SAMPLE
K2 en Schroda was twee klein nedersettings waar swart boere gebly het. Die boere wat hier gewoon het, was bestaansboere. Dit beteken hulle het net genoeg gewasse geplant waarvan hulle kon eet en vee aangehou wat in hulle behoeftes kon voorsien. So het die beeste vir hulle melk gegee en kon hulle die diere slag vir vleis. Die boere het nie hulle gewasse verkoop om aan die lewe te bly nie.
Nadat die boere nie meer nut uit die grond gehad het nie, het hulle na Mapungubwe getrek. Net soos die boere uit Schroda en K2 getrek het, het die inwoners van Mapungubwe getrek. Argeoloë kon nog nie vasstel waarom hulle getrek het nie.
Die tyd toe Groot-Zimbabwe begin het, is min of meer dieselfde tyd toe Mapungubwe nie meer inwoners gehad het nie. Die vermoede is dat die mense Groot-Zimbabwe toe getrek het, maar ons sal seker nooit met sekerheid kan sê nie. Jy sal meer van dié plekke in les 2 en eenheid 2 leer.
G06 ~ Sosiale Wetenskappe:
Les 2
Nedersettings voor Mapungubwe – K2 en Schroda
Definieer
Argeoloog: ’n persoon wat opgrawings maak om prehistoriese en historiese artefakte of voorwerpe te vind en te bestudeer om hulle te help om die verlede te rekonstrueer
Artefak: ’n voorwerp wat in die verlede gemaak en/of gebruik is, bv. meubels, klere, eetgerei, gereedskap, juwele, ens. Artefakte kan baie waardevolle bronne van inligting vir geskiedkundiges wees, veral wanneer daar min/geen toegang tot geskrewe inligting is nie
Kerninhoud
Baie jare gelede was daar ’n klomp koninkryke in Suider-Afrika, maar inligting oor dié koninkryke is moeilik verkrygbaar. Hierdie mense het nie alles neergeskryf oor wat hulle gedoen het nie. Argeoloë het eers in die 20ste eeu artefakte van die inwoners ontdek.
Ons kan sekere afleidings oor hulle lewenswyses maak uit die inwoners van K2 en Schroda se gereedskap, juwele en geboue. Gelukkig is daar van hulle nageslagte wat ons ook meer inligting kan gee deur van hulle verhale en gebruike oor te vertel. Die inligting wat ons sover van die twee plekke het, is soos volg:
SAMPLE
In die tydperk van 900 tot 1300 was daar verskeie dorpies in die Limpopo-vallei. Die boere wat in die dorpies gewoon het, was bestaansboere. Hulle het met vee en gewasse geboer sodat hulle vir hulself en hul gesinne kon sorg. Die boere het yster gebruik vir hulle gereedskap en daarom word daar ook verwys na hierdie tydperk as die Laat-Ystertydperk.
Die klomp dorpies was nie afhanklik van mekaar nie, alhoewel ’n groep dorpies soms deel van ’n groter dorp gevorm het. Die dorp is dan deur ’n hoofman geregeer en ouer mense was belangriker as jonger mense. Die mans het ook meer mag as die vroue gehad.
Handleiding
K2 en Schroda was deel van die dorpies in die Limpopo-vallei. Groot troppe olifante het in die omgewing voorgekom, en natuurlik is die olifante dan gejag. Boere het hulle ivoortande uitgesny en daarmee begin handeldryf. Hulle het die ivoor geruil vir goedere soos glaskrale en mooi pottebakkerswerke.
Aktiwiteit 1
1. Verduidelik in jou eie woorde wat ’n argeoloog is.
2. Verduidelik in jou eie woorde wat ’n artefak is.
3. Hoe het ons die inligting van K2 en Schroda gekry?