Intermediêre Fase Graad 6 • Handleiding Sosiale Wetenskappe: Geografie

Page 1


Intermediêre Fase

Graad 6 • Handleiding

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Leselemente

Leerdoelwitte

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.

Belangrike terminologie

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.

Definieer

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

Aktiwiteit

Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

Wenke

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

SAMPLE

Kerninhoud

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.

Studeer/Hersiening

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

Vir die nuuskieriges

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge.

Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): Verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik.

Voorwoord

Aanbevole boek

Dit is belangrik om ’n atlas te koop en naslaanwerk te doen.

Inleiding

Wat is Geografie?

Geografie is die studie van die menslike en fisiese omgewing. Geografie help ons om die komplekse wêreld te verstaan. Ons ondersoek die volgende vertakkings van geografie: fisiese geografie en menslike geografie.

Met fisiese geografie ondersoek ons natuurlike prosesse en eienskappe, insluitend die atmosfeer, landvorms en ekosisteme.

Menslike geografie ondersoek die aktiwiteite en die impak van mense op die aarde.

Ná elke les volg ’n aktiwiteit om seker te maak dat alle konsepte wat in die gids aangeraak word deeglik verstaan en toegepas kan word. Alle aktiwiteite in die gids moet hersien en weer geoefen word vir die toetse en eksamens.

Onthou om die aktiwiteit se nommer neer te skryf wanneer jy die aktiwiteite doen.

SAMPLE

G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Jaarplan

Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou jaar beplan:

● Wees realisties en buigsaam

● Hou jou ander vakroosters in gedagte

● Laat genoeg tyd om vir toetse en eksamens te studeer

Kwartaal

Eenheid en les

Eenheid 1: Kaartvaardighede

Les 1: Halfronde op ’n aardbol

Les 2: Breedte- en lengtegrade op ’n aardbol

Les 3: Hoe om lande en stede met breedte- en lengtegraad te vind

Eenheid 2: Skale

Les 4: Wat is ’n skaal?

1

Les 5: Verskillende soorte skale

Les 6: Hoe om reguitlynafstande tussen stede te meet

Datum begin

Datum voltooi

2

Eenheid 3: Atlasse, globale statistieke en huidige gebeurtenisse

Les 7: Hoe werk ’n atlas?

Les 8: Suid-Afrika se provinsies in ’n atlas

Les 9: Die wêreld se belangrikste kenmerke

Hersieningsoefening

Eenheid 4: Waarom mense handel dryf

Les 10: Handel as ruil van goedere

Les 11: Uitvoere en invoere tussen Suid-Afrika en die wêreld

Les 12: Waarmee mense handel dryf – Goedere en vaardighede

Eenheid 5: Hulpbronne en hul waarde

Les 13: Die waarde van grondstowwe en vervaardigde goedere

Les 14: Gevallestudie: Waar sjokolade vandaan kom

Eenheid 6: Regverdige handel

Les 15: Regverdige en onregverdige handel

Hersieningsoefening

3

Eenheid 7: Klimaat regoor die wêreld

Les 16: Die aarde se klimate

Eenheid 8: Eenheid 8: Tropiese reënwoude

Les 17: Tropiese reënwoude se ligging op aarde

Eenheid 9: Woestyne

Les 18: Woestyne se ligging op aarde

Eenheid 10: Naaldwoude

Les 19: Naaldwoude se ligging op aarde

Hersieningsoefening

Eenheid 11: Suid-Afrika se provinsies en mense

Les 20: Bevolkingsverspreiding en -digtheid

Eenheid 12: Waarom mense op spesifieke plekke woon

4

Les 21: Redes vir nedersettings se liggings

Eenheid 13: Mense regoor die wêreld

Les 22: Bevolkingsverspreiding regoor die wêreld

Kaartvaardighede Eenheid 1

Leerdoelwitte

Ná jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:

● ’n Verskeidenheid bronne verstaan en daarmee werk – insluitend kaarte, data en foto’s.

● Gebruik en teken kaarte.

● Identifiseer en onttrek inligting uit tekste, atlasse en ander bronne, insluitend visuele bronne soos foto’s.

● Werk met data en statistieke in die vorm van grafieke, tabelle en diagramme.

● Gaan inligting na deur verskillende bronne te gebruik.

Inleiding

Geografie leer ons van die wêreld waarin ons leef. Hierdie kwartaal gaan ons na verskillende kaarte kyk en van lande regoor die wêreld leer. Jy gaan ook meer leer oor hoe om plekke te vind. Hou ’n atlas byderhand indien moontlik.

Ewenaar

SAMPLE

Greenwich-meridiaan

Breedtegraad

Lengtegraad

Ligging

Handleiding

Wenke

Maak seker jy ken al die nuwe woorde by elke les en dat jy die inhoudelike aspek van die les kan toepas. Ná elke les is daar ’n aktiwiteit wat vrae oor die belangrikste aspekte van daardie les vra. Die aktiwiteite is goeie voorbereiding vir kwartaaltoetse en eksamens.

Les 1

Halfronde op ’n aardbol

Definieer

Ewenaar: ’n denkbeeldige lyn wat die aarde in twee gelyke dele verdeel (noord en suid)

Greenwich-meridiaan: ’n denkbeeldige lyn op ’n kaart of aardbol wat vanaf die Noordpool tot by die Suidpool strek en die aardbol in twee gelyke dele verdeel (oos en wes)

Kerninhoud

Die aarde kan beskryf word as ’n sfeer, daarom praat ons van die aardbol. Die ewenaar is ’n denkbeeldige lyn wat die aardbol in twee gelyke dele verdeel.

Ons praat van die Noordelike Halfrond en die Suidelike Halfrond. In die Noordelike Halfrond kry ons die Noordpool en in die Suidelike Halfrond kry ons die Suidpool.

Die Greenwich-meridiaan is ’n lyn wat vanaf die Noordpool tot by die Suidpool strek en die aarde weer in twee gelyke dele verdeel. Die twee halfronde noem ons die Oostelike Halfrond en die Westelike Halfrond.

Vir die nuuskieriges

Kyk die YouTube-video oor hoe om jou eie papier-mâché-aardbol te maak. Sodra jou aardbol klaar is, moet jy lyne daarop trek om die ewenaar en Greenwich-meridiaan aan te dui. Dui ook die vier kwarte aan waarin die halfronde aangetref word. Jy kan ook ’n ballon gebruik as jy nie die benodigde materiale het om ’n papier-mâché-aardbol te maak nie. Hou jou aardbol vir die volgende les. bit.ly/2G5SdvA

Figuur 1.1: Die Aarde is in vier halfronde verdeel.

Aktiwiteit 1

Hier is ’n skematiese voorstelling van die aarde. Vul die halfronde asook die belangrikste breedte- en lengtelyn in.

Les 2

Breedte- en lengtegrade op ’n aardbol

Definieer

(6 × 1) = [6]

Breedtegraad: lyne wat oor die breedte van die aarde loop, van oos na wes en/of wes na oos

Lengtegraad: lyne wat oor die lengte van die aarde loop, van noord na suid en/of suid na noord

SAMPLE

Ligging: die plek of posisie van ’n sekere land of streek in terme van breedtegraad- en lengtegraadlyne

Die aarde is ’n sfeer. As ons die aarde op ’n stuk papier wil voorstel, sal dit wees soos om ’n bal te probeer plat druk, wat baie moeilik is.

Daarom is daar lyne op ’n aardbol getrek en so ook op ’n kaart. Hierdie lyne loop ewewydig. (Dit beteken ewe ver van mekaar af.) Ons onderskei tussen twee soorte lyne:

G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Breedtelyne: Die lyne loop dwarsoor die aardbol soos die ewenaar. Die ewenaar is die belangrikste breedtelyn op die aardbol by 0°. Die plek of posisie wat hulle aandui, word breedtegrade genoem en dit word in grade noord of suid van die ewenaar gemeet.

Lengtelyne: Die lyne word van die Noordpool tot by die Suidpool getrek, soos die Greenwichmeridiaan. Die Greenwich-meridiaan is die belangrikste lengtelyn by 0°. Die plek of posisie wat hulle aandui, word lengtegrade genoem en dit word in grade oos of wes van die Greenwichmeridiaan gemeet.

SAMPLE

Figuur 1.2: ’n Wêreldkaart wat breedte- en lengtegrade aandui

Handleiding

Vir die nuuskieriges

Gebruik jou ballon van die vorige les en trek nou breedte- en lengtelyne daarop.

Onthou, die belangrikste breedtelyn is die ewenaar en die belangrikste lengtelyn is die Greenwich-meridiaan. Hierdie lyne is reeds op jou ballon.

Ligging van Suid-Afrika

Elke plek op aarde is tegelyk in twee halfronde geleë, hetsy noord of suid en dan ook in die Oostelike of Westelike Halfrond.

Suid-Afrika is in die Suidelike Halfrond geleë, want dit is suid van die ewenaar, asook in die Oostelike Halfrond omdat Suid-Afrika oos van die Greenwich-meridiaan is.

Aktiwiteit 2

Bestudeer die kaart op die vorige bladsy en beantwoord die vrae.

1. In watter twee halfronde is Suid-Afrika geleë? (2)

2. In watter twee halfronde is Australië geleë? (2)

3. In watter twee halfronde is Noord-Amerika geleë? (2)

SAMPLE

4. In watter twee halfronde is Suid-Amerika geleë? (2) [8]

Les 3

Hoe om lande en stede met breedte- en lengtegraad te vind

Ons kan op ’n kaart kyk hoe ver ’n plek noord of suid van die ewenaar is deur na die breedtegrade te kyk. Dit word gewoonlik aan die kante van ’n kaart gemerk. Bo die 0° is dit die Noordelike Halfrond en onder die 0° is dit die Suidelike Halfrond.

G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Op dieselfde manier kan ons kyk hoe ver ’n plek oos of wes van die Greenwich-meridiaan is deur na die lengtegrade te kyk. Dit word gewoonlik aan die bo- en onderkant van ’n kaart gemerk. Regs van die 0° is die Oostelike Halfrond en links van die 0° is die Westelike Halfrond.

Breedte- en lengtegrade is soos ’n ruitverwysing: Dit dui net die punt aan en nie meer die hele vierkantblokkie nie. Hierdie punt is die koördinate van ’n plek, byvoorbeeld 20° S (Suid) en 140° O (Oos) ’n punt in Australië.

SAMPLE

Onthou, as ons koördinate skryf, skryf ons altyd die noord- of suid-koördinate eerste en die oos- of wes-koördinate tweede.

Kanada Australië Rusland
Spanje
Figuur 1.3

Handleiding

Aktiwiteit 3

Bestudeer figuur 1.3 en skryf die koördinate van die volgende lande neer. 1. Kanada 2. Indië 3. Namibië 4. Spanje 5. Rusland 6. Kenia 7. Argentinië

8. China

9. Meksiko

10. Brasilië

(10 × 1) = [10]

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.