Intermediêre Fase Graad 6 • Fasiliteerdersgids 1/2 Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
L van Niekerk
Leselemente
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om die leerder se kennis te toets.
WOORDESKAT
Betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DEFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
VIR DIE NUUSKIERIGES
SAMPLE
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei. Brei die aktiwiteit tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken.
Voorwoord
Die handleiding en fasiliteerdersgids dek al die werk van graad 6 Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT). Die boek is opgestel in lyn met die KABV-riglyne wat die Departement van Basiese Onderwys vereis.
Die KABV gee ’n uiteensetting van die minimum werk wat gedek moet word. Die handleiding en fasiliteerdersgids bevat soms meer inligting as wat die KABV vereis.
Die handleiding is in vier eenhede en 18 lesse verdeel. Elke les word oor ’n tydperk van twee weke behandel (10 uur) en elke eenheid strek oor ’n kwartaal. Eenheid 1 en 2 is in fasiliteerdersgids 1/2 en eenheid 3 en 4 is in fasiliteerdersgids 2/2 (die handleiding is dieselfde verdeel).
Aan die einde van eenheid 2 en eenheid 4 (kwartaal 2 en 4) skryf die leerders eksamen (verwys na die portefeuljeboek).
Eenheid 1 bestaan uit vyf lesse.
• Les 1: In die leesstoel
• Les 2: Wat ’n gemors!
• Les 3: Sit jou heldemasker op
• Les 4: Vinnige vervoer
• Les 5: Nie so lank, lank gelede nie ...
Eenheid 2 bestaan uit vier lesse.
• Les 6: Onverwagte vriende
• Les 7: Ons erfenis
• Les 8: Stories uit Afrika
• Les 9: Op die kassie
Elke les bestaan uit vier afdelings:
• Luister en praat
• Lees en kyk
• Skryf en aanbied
Eenheid 3 bestaan uit vyf lesse.
• Les 10: Diep in die reënwoud
• Les 11: Die fors van die natuur
• Les 12: Vampiere, weerwolwe en zombies
• Les 13: Dis astronomies!
• Les 14: ’n Sprong in tyd
Eenheid 4 bestaan uit vier lesse.
• Les 15: In ’n virtuele wêreld
• Les 16: ’n Groener lewe
• Les 17: Dwergies in die tuin
• Les 18: ’n Wêreld vir almal
Die lesse is in aktiwiteite opgedeel – wat die leerinhoud asook vrae daaroor bevat.
SAMPLE
• Taalstrukture en -konvensies
Afdeling 1: Luister en praat Luister en praat is integraal in alle vakke. Hoe meer ’n nuwe taal gehoor en gepraat word, hoe makliker word dit aangeleer. Elke les begin met die bespreking van ’n onderwerp, wat die les inlei. Ander besprekings in lesse kan as mondelinge hanteer word in plaas van ’n gesprek/bespreking. Hoe meer leerders oefen om mondelinge te skryf en te lewer, hoe makliker sal dit vir hulle in take en eksamens wees. Hulle selfvertroue sal ook verbeter hoe meer hulle voor ’n gehoor moet praat.
Dit is belangrik om woorde duidelik en korrek uit te spreek wanneer tekste hardop gelees word. Help leerders ook reg indien hulle sinskonstruksie of woordgebruik verkeerd is wanneer hulle praat. Moedig leerders aan om een keer ’n week ’n Afrikaanse televisieprogram te kyk of na ’n Afrikaanse radioprogram te luister.
Dit is verder belangrik om kennis van die luisterproses te neem, wat veral in hoër grade tydens
Fasiliteerdersgids 1/2
G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
luistertoetse toegepas word. Die luisterproses word in aktiwiteit 1 uiteengesit. Neem kennis van wanneer die leerders notas mag neem.
• Luisterproses: Volg die luisterproses vir die eerste paar weke en kyk hoe die leerders vorder. Indien dit nie vir hulle nodig is om drie keer na die teks te luister nie, hoef die teks nie vir ’n derde keer gelees te word nie. Die proses moet egter in take/eksamens gevolg word.
• Lees hardop: Leerders gee soms vir mekaar ’n informele punt met die rubriek by die aktiwiteit en ander kere assesseer jy hulle informeel. Die rubriek in die bylae (addendum) kan ook hiervoor gebruik word. Let wel dat leerders wat minder gevorderd is dalk nie die hele teks sal kan lees nie – neem altyd die leerder se leesvaardigheid in ag. Die doel van die informele assessering is om leerders se lees te verbeter.
Afdeling 2: Lees en kyk Hoe meer leerders met Afrikaanse tekste omgaan, hoe makliker gaan hulle die taalgebruik verstaan en dinge soos spelpatrone optel.
Indien leerders die leesteks in afdeling 2 self kan lees en verstaan sonder dat jy dit eers vir hulle lees, is dit goed.
Dit is belangrik dat leerders Afrikaanse tekste selfstandig lees. Verleen altyd hulp met die uitspraak of betekenis van woorde wanneer leerders selfstandig lees.
Leerders moet elke kwartaal ’n boek selfstandig lees (dit word deur die jaar in die fasiliteerdersgids genoem) en dan ’n resensie daaroor skryf of lewer. Moedig hulle aan om meer as een boek per kwartaal te lees, asook boeke in hul huistaal (en in Engels, indien dit nie hul moedertaal is nie).
Indien daar nie genoeg tyd is om al die taalaktiwiteite in ’n les te doen nie, maak seker nuwe werk word behandel voordat vorige taalwerk ingeoefen word.
Afdeling 3: Skryf en aanbied
SAMPLE
Hoe meer die leerders Afrikaans skryf, hoe beter. Wanneer ’n mens skryf, is jy meer daarop gerig om grammatika en spelling korrek te gebruik. Let op die skryfproses, wat in die handleiding en fasiliteerdersgids uiteengesit word. Moedig leerders aan om soveel as moontlik in Afrikaans te skryf. Hulle kan byvoorbeeld elke dag, apart van ander aktiwiteite in die handleiding, ’n paragraaf skryf oor wat hulle die vorige dag ná skool gedoen het, of dit kan met die aktiwiteite van die dag skakel.
Die leerders word ook aan ’n verskeidenheid soorte tekste bekendgestel, elk met sy eie formaat (byvoorbeeld verhale, dialoë, nuusberigte, plakkate en gedigte).
Afdeling 4: Taalstrukture en -konvensies
Deur in interaksie te kom met Afrikaans in gesproke of geskrewe formaat, word die grondslag vir grammatika gelê. Alhoewel al die inhoud vereis deur die KABV in die handleiding gedek word, is dit raadsaam om bykomende taaloefeninge vir die leerders te gee. Dit hoef nie ’n aktiwiteit te wees nie; dit kan informele hersiening van die vorige dag se werk wees (byvoorbeeld ’n oefening waar die leerders sinonieme moet gee, of laat hulle die vertaling van Afrikaanse woorde gee).
Dit is uiters belangrik dat taalaspekte goed vasgelê word – dit vorm die basis vir alle taalwerk tot in graad 12 (die werk word in elke graad net moeiliker). Hoe meer leerders met die verskeie taalaspekte in aanraking kom, hoe beter word dit vasgelê.
Let ook op dat leerders meer selfstandig begin werk soos die jaar vorder. Verleen hulp indien nodig. As hulle byvoorbeeld die teks in afdeling 2 selfstandig kan lees sonder dat jy dit eers vir hulle lees, is dit goed – dit hang af van die leerders se vaardigheidsvlak.
TYDSTOEKENNING
Volgens die KABV moet leerders 5 uur per week in Afrikaans EAT onderrig word, dus 10 uur per les (wat oor twee weke strek). Dit beteken dat huiswerk nie by hierdie tyd ingesluit is nie. Indien leerders dus die aktiwiteite nie tydens onderrigtyd klaarkry nie, moet hulle dit as huiswerk voltooi.
Verder moet daar 2 uur aan luister en praat spandeer word, 4 uur aan lees en kyk, 3 uur aan skryf en aanbied en 1 uur aan taalstrukture en -konvensies. Soos reeds genoem, vereis die KABV dat taalstrukture en -konvensies binne konteks aangeleer word, dus is die tyd hiervoor ingesluit in die KABV se voorgestelde tye vir die verskillende afdelings.
Let wel dat die tydstoekenning by die aktiwiteite nie noodwendig tot 10 uur per tweeweeksiklus optel nie. Dit is omdat die tyd wat aan ’n aktiwiteit afgestaan word deur die getal leerders in die klas bepaal word. Sommige aktiwiteite vat ook langer, waar die fasiliteerder die leerders se lees assesseer, die voordra van ’n gedig, mondelinge, ensovoorts. Hier kan die aktiwiteit oor ’n paar dae strek sodat alle leerders kans kry om die aktiwiteit te voltooi.
Gebruik eie oordeel om seker te maak dat leerders deur al die werk kom. In sommige gevalle strek werk oor meer as een periode – wees oordeelkundig in hoe om hierdie lesse aan te pak.
BEPLANNING
Die boeke is só saamgestel dat die fasiliteerder so min as moontlik beplanning hoef te doen. Dit is wel nodig om goed vir die aanbieding van die lesse voor te berei (veral omdat die tyd wat aan aktiwiteite afgestaan word deur die getal leerders in die klas bepaal word).
SAMPLE
Gaan deur die les en kyk wat jy moet voorberei (soos om die hardop lees van ’n teks te oefen, die klas te versier om by die tema te pas, die nodige voorbereiding vir taalspeletjies te doen, om vir die leerders te sê dat hulle die volgende dag items klas toe moet bring, ensovoorts). Beplan ook watter aktiwiteite jy op watter dag van die tweeweeksiklus gaan behandel (dag 1 tot 10).
Die aktiwiteite kan behandel word in die volgorde waarin dit in die boek is, maar dit is nie nodig om al die luister en praat-aktiwiteite aan die begin van die les te doen nie. Begin elke les met die eerste aktiwiteit en die aktiwiteite wat volg wat met die eerste aktiwiteit te doen het. Byvoorbeeld in les 1: Aktwiteit 2 is die vrae op die luisterteks van aktiwiteit 1 en in aktiwiteit 3 moet die leerders die storie in aktiwiteit 1 oorvertel. Aktiwiteit 4 (hardop lees) kan byvoorbeeld gelos word vir dag 2 (aangesien die leerders moet voorberei) of dit kan op ’n dag in week 2 gedoen word. Die taalspeletjies kan ook op ’n ander dag in die tweeweeksiklus gespeel word.
Indien tyd dit nie toelaat nie, kan dit daarop neerkom dat byvoorbeeld van die luister en praataktiwiteite nie gedoen gaan word nie (soos “dra ’n gedig voor”).
Indien leerders sekere taalaspekte goed bemeester het, is dit nie nodig om al die aktiwiteite in die klas te doen nie (of leerders hoef nie al die vrae in die klas te beantwoord nie). Indien hulle byvoor-
Fasiliteerdersgids 1/2
G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
beeld verstaan hoe afkortings werk, kan hulle die aktiwiteit oor afkortings as hersiening by die huis doen (wat dan in die klas gemerk word).
WOORDESKAT EN SPELLING
Leerders maak in les 1 hul eie woordeboek. Waar aangedui, moet hulle die woorde met hul betekenisse, die Engelse woord gee, of ’n sin of prentjie in die woordeboek skryf/teken (sien meer besonderhede in les 1).
Leerders kan verder enige woorde wat vir hulle nuut of moeilik is in die woordeboek skryf. Hulle moet seker maak dat die woorde korrek gespel is.
Die leerders skryf ’n speltoets aan die einde van elke les. In plaas hiervan kan hulle elke dag of aan die einde van elke week ’n speltoets skryf.
Soos by die eerste speltoets verduidelik word, moet leerders met ’n glimpen (highlighter) uitlig waar hulle moontlik verkeerd kan spel. Dit help hulle om vir lokvalle (traps) uit te kyk.
WOORDELYSTE
Die woordelyste in die bylae agterin die boek is vir verwysing. Daar is lyste met trappe van vergelyking, sinonieme en antonieme, geslag, vergelykings, ensovoorts. Dit is ’n goeie idee dat die leerders sover moontlik die inligting in die bylae leer (nadat die werk in die handleiding behandel is). Dit brei hul woordeskat uit en dit is kennis wat hulle tot in graad 12 gaan gebruik, asook in die alledaagse lewe.
OOR DIE TEKSTE
• Die nodige toestemming is verkry om die gedigte, stories en spotprente in die boek te gebruik.
• Waar daar nie erkenning gegee word nie, het die skrywer van die boek self die stories/gedigte geskryf.
• Alle ander tekste, soos koerant- en tydskrifartikels, instruksies en plakkate is deur die skrywer van die boek geskryf/saamgestel. By koerant- en tydskrifartikels is die joernaliste se name fiktief (fictional).
ANDER
SAMPLE
• Regdeur die handleiding verskyn Zak die taalmonster. Hy gee vir leerders wenke en gaan saam met hulle op die reis deur graad 6 EAT.
• Elke les het ’n tema. Probeer om die tema so lewendig as moontlik vir die leerders te maak –die klas/vertrek kan byvoorbeeld volgens die tema van die les versier word. Leerders kan ook byvoorbeeld prentjies oor die tema inkleur (indien daar nog tyd ná onderrigtyd oor is) en dit kan in die klas opgesit word.
• Daar is ’n tabel aan die begin van elke les in die fasiliteerdersgids. Hierdie tabel bevat die aktiwiteite waarin die aspekte hoofsaaklik behandel word, saam met die tydstoekenning. Hierdie aspekte (byvoorbeeld sinonieme en antonieme) kan ook in ander aktiwiteite in die les voorkom (soos in die leesbegripvrae), maar dit is nie die hoofaktiwiteit nie en word nie in die tabel gelys nie. Waar verskillende aspekte in een aktiwiteit voorkom, word die tydstoekenning
slegs die eerste keer gegee wat die aktiwiteitnommer voorkom.
• Baie aktiwiteite vereis dat leerders in pare, groepe of as ’n klas werk. Indien daar slegs een leerder is, moet die fasiliteerder instaan.
• Daar word by sommige aktiwiteite ’n rubriek vir informele assessering gegee. Die rubrieke vir take en eksamens is in die bylae. Dit is jou keuse oor watter rubriek om te gebruik – leerders moet gewoond raak aan die rubrieke waarvolgens hulle geassesseer word, maar dit hoef nie vir elke aktiwiteit gebruik te word nie.
• Soos genoem, moet die leerders vir sommige aktiwiteite items klas toe bring – lees vooruit en gee die leerders genoeg tyd om die items te kry. Hulle moet byvoorbeeld soms tydskrifte/koerante klas toe bring of ’n item om in te rolspeel. Gee hulle byvoorbeeld ’n week of twee om die items te kry. Jy kan natuurlik ook tydskrifte/koerante in die klas vir sulke aktiwiteite hou.
• Die woordeskat van sommige woorde in die tekste word gegee. In die eerste paar lesse word definisies gegee, en later word meer vertalings gegee en definisies van slegs die moeiliker woorde. Die woorde wat ’n definisie/vertaling het, is in vetdruk in die teks. Die woorde in die woordeskat verskyn in die volgorde waarin die woorde in die teks voorkom. Dit word ook binne konteks van die teks en in die tydsvorm van die teks gegee.
• By sommige tekste word die uitspraak van woorde gegee, byvoorbeeld: Biblioteek word uitgespreek as “bib-lie-joe-teek”. Hierdie klanke tussen aanhalingstekens is Afrikaans, nie Engels nie.
• Leerders kan tussendeur die aktiwiteite kort, informele toetse oor taalaspekte skryf, byvoorbeeld oor geslagsvorme, intensiewe vorme, ensovoorts.
• Die opskrifte in die handleiding is sover moontlik volgens die KABV se opskrifte. Al staan daar “dra ’n gedig voor”, moet die teks in die handleiding gebruik word (tensy anders vermeld).
• ’n Voorbeeld van eksamenvraestelle word in die bylae gegee. Laat leerders dit ter voorbereiding op die eksamens skryf sodat hulle die formaat kan sien. Soek addisionele vraestelle op die internet.
• Meer gevorderde leerders kan deur die jaar navorsing doen, ’n plakkaat oor die onderwerp maak en vir die klas daarvan vertel. Byvoorbeeld, hulle doen navorsing wat by “vir die nuuskieriges” gegee word. Hulle kan ook opdrag gegee word om inligting oor ’n spesifieke digter of skrywer te doen.
Byvoorbeeld: Doen navorsing oor A.G. Visser. Kry een van sy gedigte en vertel vir die klas daarvan.
o Wie was A.G. Visser?
o Waar is hy gebore?
o Waaroor gaan die gedig?
o Wat is die rymskema?
o Is daar vergelykings in die gedig? Wat beteken dit?
Fasiliteerdersgids 1/2
G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
WERKBOEK
Elke leerder kort ’n lyntjiesboek (’n skrif) met 72 bladsye om die aktiwiteite in te doen. (Hulle mag dalk later die jaar nóg ’n werkboek benodig.) Dit kan ook ’n swart hardebandboek wees.
Daar word aanbeveel dat leerders belangrike aspekte in hul werkboek oorskryf en nie net die aktiwiteite voltooi nie (byvoorbeeld wat ’n sinoniem is of hoe ons ’n selfstandige naamwoord uitken). Hulle kan ook die antwoorde van elke bespreking in afdeling 2 in hul werkboek skryf ná die bespreking afgehandel is.
Leerders moet ook ’n A5-lyntjiesboek (of ’n A4-boek) vir hul eie woordeboek hê (sien “Woordeskat en spelling”).
VOORGESKREWE EN AANBEVOLE BOEKE
Daar word geen addisionele boeke vir Afrikaans Eerste Addisionele taal voorgeskryf nie.
Leerders moet toegang tot ’n goeie, verklarende woordeboek (soos die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal – HAT) hê, asook ’n tweetalige woordeboek. ’n Tesourus is ook voordelig.
Soos reeds genoem, word daar van leerders vereis om minstens een leesboek per kwartaal te lees. Dit kan enige toepaslike boek van die leerder se keuse wees. Soos reeds gestel, hoe meer daar gelees word, hoe makliker en beter word die taal aangeleer. As leerders lees, brei hulle woordeskat uit en hul spelling verbeter.
Aanbevole leesboeke (van makliker na meer gevorderd)
• Z is vir Zackie-reeks – Jaco Jacobs
• Lulu-reeks – Fanie Viljoen
• Vakansiepret-reeks – Theresa van Baalen
• Slym se stories – Fanie Viljoen
• Olivia se olifant – Sylvia Bishop
• Skwiek – Jaco Jacobs
• Middernagfees – Jaco Jacobs
• Liewe Heksie-reeks – Verna Vels
SAMPLE
• Sanri Steyn-reeks – Theresa van Baalen
• Speurder Kwaaikofski-reeks – Jürgen Banscherus
• Professor Fungus-reeks – Jaco Jacobs
• Die verlore eiland en ander stories – Janie Oosthuysen
• My ouma is ’n film-ster – Jaco Jacobs
• My ouma is ’n rock-ster – Jaco Jacobs
• Draakasem – Jaco Jacobs
FORMELE ASSESSERING
Geen aktiwiteit in die handleiding word as formele assessering gedoen nie. Raadpleeg die portefeuljeboek vir alle formele assessering.
Eksamens
Daar is twee eksamens in graad 6 – die Junie-eksamen en Novembereksamen. Die uiteensetting van die vraestelle verskil van die vorige uiteensetting (waar die leerders al drie vraestelle tydens eksamentyd skryf).
• Vraestel 2: Reageer op tekste (leesbegrip van ’n teks, leesbegrip van ’n visuele teks, opsomming, taalstruksture en -konvensies)
• Vraestel 3 (word voor die eksamen geskryf): Skryf (opstel en transaksionele teks, soos dialoog, dagboekinskrywing, boodskap, ens.)
Daar is voorbeelde van elke vraestel in die bylae (hoewel die leerders nie noodwendig sulke vraestelle gaan skryf nie, kan dit vir oefening gebruik word).
SAMPLE
G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Jaarplan
Werk volgens die jaarplan om seker te maak dat al die werk betyds behandel word sodat leerders vir toetse en eksamens gereed is.
Eenheid
LES 1: In die leesstoel
LES 2: Wat ’n gemors!
1
LES 3: Sit jou heldemasker op
LES 4: Vinnige vervoer
LES 5: Nie so lank, lank gelede nie ...
LES 6: Overwagte vriende
LES 7: Ons erfenis
2
LES 8: Stories uit Afrika
LES 9: Op die kassie
– 10
3
LES 10: Diep in die reënwoud
LES 11: Die fors van die natuur
LES 12: Vampiere, weerwolwe en zombies
– 6
LES 13: Dis astronomies! 7 – 8
LES 14: ’n Sprong in tyd 9 – 10
4 LES 15: In ’n virtuele wêreld 1 – 2
LES 16: ’n Groener lewe
LES 17: Dwergies in die tuin
LES 18: ’n Wêreld vir almal
Les 1:
In die leesstoel
Luister en praat
Luister na ’n storie
Beantwoord vrae
Speel ’n taalspeletjie
EENHEID 1: Week 1 – 2
Vaardighede Aktiwiteit Tydstoekenning
Aktiwiteit 1 40 minute
Aktiwiteit 2 20 minute
Aktiwiteit 4 20 minute
Lees hardop Aktiwiteit 5 40 minute
Lees en kyk
Lees ’n storie
Beantwoord vrae
Gebruik ’n woordeboek
Aktiwiteit 8 50 minute
Aktiwiteit 9 20 minute
Aktiwiteit 6 10 minute
Los woordraaisels op Aktiwiteit 12 15 minute
Selfstandige lees Aktiwiteit 18 30 minute
Skryf en aanbied
Skryf ’n storie
Taalstrukture en -konvensies
Werk met woorde
Vokale, konsonante en tweeklanke (diftonge), alfabetiese volgorde
Maak en skryf in jou eie woordeboek
Lettergrepe en klankgrepe
Aktiwiteit 20 2 uur 30 minute
Aktiwiteit 3 30 minute
Aktiwiteit 7 15 minute
Aktiwiteit 10 20 minute
Oorronding en ontronding Aktiwiteit 11 15 minute
Samestellings Aktiwiteit 14 15 minute
Werk met sinne
Selfstandige naamwoorde Aktiwiteit 13 30 minute
Idiome Aktiwiteit 19 20 minute
Spelling en punktuasie
f-/v-woorde
Verdubbeling van vokale en konsonante
Afkortings
Speltoets
Aktiwiteit 15 10 minute
Aktiwiteit 16 30 minute
Aktiwiteit 17 10 minute
Aktiwiteit 20 5 minute
Hersiening Aktiwiteit 21 20 minute
AFDELING 1
LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 1: Luister na ’n storie
40 minute
Interessante feit: Voor papier uitgevind is, het mense op kleitablette geskryf (reeds in ongeveer 5000 v.C. in Soemerië in Antieke Mesapotamië, wat vandag Irak is). Die Egiptenare het papirus uitgevind in omtrent 3000 v.C. en papier soos ons dit vandag ken, is in ongeveer 100 v.C. deur die Chinees Cai Lun uitgevind.
v.C. – BC (afkorting vir “voor Christus” of die huidige jaartal) kleitablet – clay tablet papirus – papyrus
uitvinding –invention ontdekking –discovery
Cai Lun
Bring ’n paar storieboeke klas toe, indien moontlik, om die leerders se belangstelling te prikkel (spark their interest). Begin die les met ’n gesprek oor stories. Vra vir die leerders of hulle graag lees of daarvan hou om na stories te luister.
Leerders gesels saam.
• Watter storie is jou gunsteling?
• Kan jy kortliks vertel waaroor die storie gaan?
• Van watter soort stories hou jy? (Byvoorbeeld fantasie, wetenskapfiksie, lewensverhale, ensovoorts.)
• Waarom hou jy daarvan om te lees (of nie)?
SAMPLE
Nadat almal hul mening gegee het, lees die volgende paragraaf hardop. Dit is ’n inleiding tot die storie waarna hulle gaan luister. Masego is baie lief daarvoor om te lees (likes to read) en hou daarvan om te reis. (Leerders onthou haar dalk van vorige grade. Daar is ’n prentjie van Masego in die handleiding by aktiwiteit 2.)
Omring deur stapels boeke, sit Masego by ’n tafel in die biblioteek. Die boeke om haar vertel stories van avonture in die woud, vreemde wesens in die buitenste ruim, diere wat kan praat en kinders wat agter die kap van ’n nare byl kom. Hierdie stories voer Masego weg na ’n verbeeldingswêreld. Daar veg sy aaklige monsters, sy is die speurder wat die waarheid ontbloot, sy is die kaptein van ’n groot seerowerskip ... In hiérdie wêreld is Masego aan die stuur (at the wheel, in charge, Masego is in beheer van haar verbeeldingswêreld).
Verduidelik vir die leerders wat “verbeelding” beteken – dit is “imagination” in Engels. Dit beteken jy dink aan hoe iets lyk wat nie werklik voor jou is nie. Terwyl jy ’n storie lees, verbeel jy (in jou kop) hoe
die karakters in die storie lyk en hoe die gebeure afspeel, amper asof daar ’n fliek (film) in jou kop speel. Hierdie “wêreld” in jou kop, is jou verbeeldingswêreld.
Indien die leerders nie verstaan nie, doen ’n paar praktiese oefeninge waar hulle hul oë toemaak, na ’n beskrywing luister en die toneel verbeel (imagine). Beskryf byvoorbeeld ’n dag op die strand, in die winkel, op die bus – situasies waarmee die leerders bekend is. Wees baie beskrywend, byvoorbeeld: Jy is in ’n groot winkel. Daar is baie mense om jou. Daar speel musiek in die winkel (kan jy dit hoor?). Die rakke is hoog en jy staan voor die lekkergoedrak (sweet shelves). Wat sien jy alles? Watter lekkergoed sal jy wil koop?
Vra die leerders wat hulle dink die paragraaf sê wat jy gelees het – die paragraaf vertel van stories wat jou verbeelding inspan en jou figuurlik na ander wêrelde neem; m.a.w. as jy lees gebruik jy jou verbeelding en skep jy ’n wêreld van jou eie.
figuurlik –figurative
Moedig leerders aan om spontaan te gesels. Hulle moes vroeër sê waarom hulle daarvan hou om te lees (of waarom nie). Stem hulle antwoorde ooreen met dit wat in die boonste paragraaf staan?
Verduidelik die luisterproses, hoewel leerders dit behoort te ken. Dit gaan elke keer gebruik word as luisterbegrip getoets word.
Die luisterproses
• Lees die teks drie keer voor. Leerders mag die eerste keer net luister.
• Hulle moet luister na hoe die woorde uitgespreek word – spreek dus duidelik en hard met die regte ronding uit (byvoorbeeld “deur” en nie “deer” nie).
• Verduidelik moeilike woorde ná die eerste lees.
• Daar is gewoonlik vrae, wat die leerders nou mag lees (lees dit vir hulle).
• Leerders kan die notas in hul werkboek maak, byvoorbeeld:
na – to ná – after
• Lees die teks ’n tweede en derde keer voor, waartydens die leerders notas mag maak.
15 Januarie 2020 Aktiwiteit 1
Notas
SAMPLE
Masego in die biblioteek. Wie het die eerste boek geskryf? ... Vrae 1.
Lees die teks met gevoel en skep die regte atmosfeer – oefen eers om dit hardop te lees. Leerders moet na die gebeure en besonderhede oplet en notas maak, soos in die luisterproses uiteengesit. Let op die kommentaar tussen blokhakies, om die storie meer lewendig te maak.
Die uitspraak van sommige woorde in die teks word gegee. Hierdie woorde is in die teks onderstreep.
Die uitspraak is Afrikaanse klanke.
• “Biblioteek” word uitgespreek (pronounced) as “bib-lie-joe-teek”.
• “Knipoog” word uitgespreek as “knip-oog” (die p word nie saam met -oog gegroepeer nie).
• “Baadjie” en “skeurtjie” se einde klink beide soos “kie”, dus “baai-kie” en “skeur-kie”. Die eu in “skeurtjie” moet mooi gerond wees.
• In “lewende lywe” is die eerste e van “lewende” lank (“lee-win-di”). Die “win” klink nie soos in Engels win nie; dit klink soos in “opwindend”. (Onthou, die i klink soos ’n.)
• “Magnus” word met ’n harde g (soos in “wag”) en geronde u uitgespreek (soos in “mus”).
• “Pootjie” is “pooi-kie”.
Masego se ontdekking
Dit is skoolvakansie en Masego is in die biblioteek. Sy snuffel tussen die rakke rond. Stukkies stof dans rond in ’n sonstraal wat deur die venster skyn. Masego haal ’n dik boek van die rak af. “Atiesjoe!” [Maak die geluid na.] Die stof op die boek laat haar sommer nies. Sy gaan sit by ’n tafel en begin deur die boek blaai. “Ek wonder wie die eerste boek in die wêreld geskryf het,” fluister sy ingedagte. [Fluister Masego se woorde.]
“Ons weet nie presies wie dit was nie,” sê ’n stem langs haar, “maar dit was heel waarskynlik op klei geskryf.”
Masego skrik. Sy probeer praat, maar géén woord wil uitkom nie.
Die muis knipoog vir haar: “Ek gaan niks aan jou doen nie, ek is vriendelik.” Die muis dra ’n ou baadjie wat lankal uit die mode is en redelik flenters is. Sy een oor het ’n skeurtjie in en dit lyk of die muis ’n paar avonture agter die rug het. “Moenie so geskok lyk nie! Het jy nog nooit ’n karakter uit ’n storieboek in lewende lywe gesien nie?”
“Maar ... hoe?” sê Masego. ’n Muis wat praat is onmoontlik, maar ’n muis uit ’n storieboek?
“Ag, dis ’n lang storie waarmee ek jou nie gaan verveel nie. O, waar is my maniere? My naam is Magnus.” Die muis steek sy pootjie uit om Masego se hand te skud. [Steek ’n hand uit asof om iemand se hand te skud.]
Masego se mond is droog en sy sukkel om te praat. “Hallo, Magnus, ek’s Masego,” sê sy onseker en skud sy poot saggies met haar wysvinger. [Demonstreer terwyl jy lees.] Ouma gaan haar ore nie glo nie!
SAMPLE
Afrikaans: Hallo
Engels: Hello
“Is jy al lank hier?” vra sy nuuskierig. “Ek’s gereeld hier en ek’t jou nog nooit gesien nie.”
Magnus vroetel aan sy baadjie. “Ag, ’n paar dae ... of weke ... Al wat ek weet, is dat ek in géén haas is om terug te gaan nie ...”. Hy bly ’n rukkie stil en vryf dan sy pootjies [vryf jou hande so]: “Verbeel ek my of het ek laas keer ’n pakkie koekies in jou rugsak gesien? Het jy dalk nog daarvan oor?” Sy kraalogies blink.
Masego giggel. “Nee, ek het dit lankal geëet! Maar ek sal volgende keer vir jou saambring.” Haar selfoon vibreer. “O, my ouma is op pad, ek moet gaan.” Sy pak haar boeke haastig in haar rugsak. Toe Masego omkyk, is Magnus weg. Effens teleurgesteld loop sy by die biblioteek uit. ’n Stertjie steek by haar rugsak uit.
Woordeskat
Gaan ná elke teks saam met die leerders deur die woordeskat. Die woorde is in vetdruk in die teks. Die definisies van moeiliker woorde word gegee, terwyl slegs die Engelse vertaling van makliker woorde gegee word.
Nadat die leerders in aktiwiteit 6 herinner is hoe om ’n woordeboek te gebruik, moedig hulle aan om die woorde hier onder self op te soek, asook ander woorde in die teks wat vir hulle nuut of moeilik is.
ontdekking (discovery): om iets te vind wat nog altyd daar was, maar waarvan niemand geweet het nie
snuffel rond (figuurlik, exploring): sy soek al ’n rukkie tussen die boeke rond uit die mode (out of fashion): as klere in die mode is, beteken dit die klere is gewild (in fashion). As klere uit die mode is, beteken dit mense dra dit nie meer eintlik nie; die klere is “outyds”. flenters (in tatters): iets wat stukkend is; Magnus se klere is oud en geskeur. in lewende lywe (in person): iemand is self daar haar ore nie (kan) glo nie (idioom, not believe one’s ears): moeilik om te glo wat iemand vir jou sê; baie verbaas wees vroetel (in context, fiddle): om jou hande rusteloos (restlessly) te beweeg haas (in a hurry): om iets vinnig te wil doen; homoniem van “haas” (rabbit) kraalogies (beady little eyes): klein swart oë wat soos krale lyk
Vertalings
skoolvakansie – school holidays maniere – manners biblioteek – library pootjie – little paw nies – sneeze onseker – unsure fluister – whisper wysvinger – index finger ingedagte – absent-minded nuuskierig – curiously heel waarskynlik – most probably gereeld – often skrik – (in context) startled verbeel – imagine knipoog – wink rugsak – backpack baadjie – jacket giggel – giggle skeurtjie – tear op pad – on the way avonture – adventures haastig – hastily karakter – character teleurgesteld – disappointedly onmoontlik – impossible stertjie – little tail verveel – bore
SAMPLE
Aktiwiteit 2: Beantwoord die vrae 20 minute
Homonieme en homofone word in les 7 behandel.
ingedagte –absent-minded in gedagte hou –keep in mind “Op pad” is twee woorde.
Nadat die leerders drie keer na die teks geluister het, beantwoord hulle die vrae mondelings, met die notas wat hulle gemaak het. Hulle kan in groepe werk en terugvoer gee, of as ’n klas antwoord deur hande op te steek. As daar net een leerder is, moet hy/sy al die vrae beantwoord.
Die vrae toets begrippe soos karakters, ruimte en intrige. Hierdie begrippe word later in die les in meer detail bespreek.
1. Wie is al vir ’n paar uur lank besig in die biblioteek?
Masego
2. Wat laat haar nies?
Stof op ’n boek (wat sy van die rak afhaal).
Dele tussen hakies in antwoorde is opsioneel (optional).
3. Watter vreemde (strange) ding gebeur met haar in die biblioteek?
’n Muis (wat uit ’n storieboek lewendig geword het) praat met haar.
4. Wat is die diertjie se naam?
Magnus
5. Wie het volgens hom die eerste boek in die wêreld geskryf?
Ons weet nie wie dit was nie, maar dit was heel waarskynlik op kleitablette geskryf.
6. Waarom praat hy met haar?
Daar word nie in die storie gesê waarom Magnus met Masego praat nie, maar leerders kan aflei (deduce/conclude) dat hy met haar begin praat het omdat hy honger was (hy vra uit oor koekies).
7. ’n Boekwurm is iemand wat daarvan hou om te lees. Sou jy sê Masego is ’n boekwurm? Wat in die storie laat jou so dink?
Ja, sy is ’n boekwurm. Sy sê in die storie dat sy gereeld biblioteek toe gaan.
8. Wat het op die einde van die storie gebeur? Hoe weet jy dit?
Masego se ouma het haar kom haal en Magnus klim in haar rugsak in, sonder dat Masego dit weet. Die storie eindig met “’n stertjie steek by haar rugsak uit,” wat dit vir ons sê.
9. Dink jy Masego se ouma het haar geglo toe sy haar vertel het wat in die biblioteek gebeur het?
Leerders se eie antwoord. Hulle kan bespiegel (speculate).
10. Het jy al iets vir iemand vertel en toe glo hulle nie wat jy vertel nie? Wat het daarna gebeur?
Leerders se eie antwoord. Hulle kan vertel waarom die persoon hulle nie wou glo nie; wat die storie was wat hulle vertel het; wat daarna gebeur het, ensovoorts. Leerders moet vrylik gesels.
Gesels oor die einde van die storie. Wat dink leerders het gebeur nadat Magnus in Masego se rugsak geklim het? Hulle kan kreatief wees.
Let wel: Volgens die KABV moet alfabetiese volgorde eers in week 3 – 4 behandel word, maar dit lê die grondslag vir vokale en konsonante.
Leerders behoort al alfabetiese volgorde te ken, wat in die Grondslagfase reeds vasgelê behoort te wees. Laat hulle die alfabet opsê en identifiseer die leerders wat die alfabet nie goed ken nie. Help hulle om die alfabet te onthou. Dit is belangrik dat alfabetiese volgorde goed vasgelê is, veral vir die gebruik van ’n woordeboek (wat later in les 1 behandel word).
Vokale en konsonante (vowels and consonants) is ook al in die Grondslagfase en in graad 4 en 5 behandel. Leerders behoort die verskil te ken (asook watter letters dit is). Dit is belangrik dat leerders die verskil tussen vokale en konsonante verstaan om die spelreëls beter te verstaan en toe te pas, en om by die
• A complete guide with all the texts and explanations included.
• Comprehensive explanations of language aspects.
• Step-by-step guidelines in plain language.
• Fun, engaging, and practical activities
• Interesting themes for Grade 6s to expand general knowledge and inspire curiosity.
• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.