Intermediêre Fase Graad 6 • Fasiliteerdersgids 2/2 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Page 1


Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Fasiliteerdersgids 2/2

Graad 6

vir KABV

Aangepas
L van Niekerk

Leselemente

LEERDOELWITTE

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om die leerder se kennis te toets.

WOORDESKAT

Betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

DEFINIEER

Definisies van sommige begrippe.

BELANGRIK

Belangrike aspekte om van kennis te neem.

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

VIR DIE NUUSKIERIGES

SAMPLE

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei. Brei die aktiwiteit tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken.

Voorwoord

Verwys na fasiliteerdersgids 1/2 vir die voorwoord. Hierdie fasiliteerdersgids bevat eenheid 3 en 4.

SAMPLE

G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Jaarplan

Werk volgens die jaarplan om seker te maak dat al die werk betyds behandel word sodat leerders vir toetse en eksamens gereed is.

Eenheid

LES 1: In die leesstoel

LES 2: Wat ’n gemors!

1

LES 3: Sit jou heldemasker op

LES 4: Vinnige vervoer

LES 5: Nie so lank, lank gelede nie ...

LES 6: Overwagte vriende

LES 7: Ons erfenis

2

LES 8: Stories uit Afrika

LES 9: Op die kassie

– 10

3

LES 10: Diep in die reënwoud

LES 11: Die fors van die natuur

LES 12: Vampiere, weerwolwe en zombies

– 6

LES 13: Dis astronomies! 7 – 8

LES 14: ’n Sprong in tyd 9 – 10

4 LES 15: In ’n virtuele wêreld 1 – 2

LES 16: ’n Groener lewe

LES 17: Dwergies in die tuin

LES 18: ’n Wêreld vir almal

EENHEID 3: Week 1 – 2

Les 10:

Diep in die reënwoud

Vaardighede

Luister en praat

Luister na ’n storie

Som die storie op

Luister na beskrywings van plekke en diere

Lees hardop

Speel ’n taalspeletjie

Vertel die gebeure oor

Lees en kyk

Lees ’n storie

Beantwoord vrae

Lees ’n brief

Selfstandige lees

Skryf en aanbied

Skryf ’n brief

Skryf dagboekinskrywings

Skryf ’n boekresensie

Taalstrukture en -konvensies

Werk met woorde

Voorvoegsels en agtervoegsels

Sinonieme en antonieme

Werk met sinne

Aktiwiteit 218 30 minute

Aktiwiteit 219 10 minute

Aktiwiteit 220 30 minute

SAMPLE

Meervoud en verkleining

Direkte en indirekte rede

Tydsvorme

Hulpwerkwoorde

Voorsetsels

Spelling en punktuasie

Punktuasie (hoofletters, leestekens en skryftekens)

Speltoets

Persoonlike woordeboek

Skryf in jou eie woordeboek

Hersiening

Aktiwiteit 221 40 minute

Aktiwiteit 222 20 minute

Aktiwiteit 223 15 minute

Aktiwiteit 224 30 minute

Aktiwiteit 225 20 minute

Aktiwiteit 229 20 minute

Aktiwiteit 234 30 minute

Aktiwiteit 235 1 uur

Aktiwiteit 236 1 uur

Aktiwiteit 237 1 uur

Aktiwiteit 226 20 minute

Aktiwiteit 238

Aktiwiteit 227 15 minute

Aktiwiteit 228 20 minute

Aktiwiteit 230 20 minute

Aktiwiteit 231 10 minute

Aktiwiteit 232 10 minute

Aktiwiteit 233 10 minute

Aktiwiteit 239 5 minute

Aktiwiteit 240

Aktiwiteit 238 30 minute

AFDELING 1

LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 218: Luister na ’n storie

30 minute

Leerders moet ’n leesboek selfstandig deur die kwartaal lees. Hulle lewer in les 15 (kwartaal 4) ’n mondelingse resensie daaroor. Moedig hulle aan om biblioteek toe te gaan. Moedig leerders ook aan om in hulle huistaal te lees.

Leerders skryf later in die les ’n resensie oor die boek wat hulle in kwartaal 2 gelees het. Herinner hulle daaraan.

Interessante feit: Ontbossing (deforestation) is ’n groot bedreiging vir reënwoude. Reënwoude is belangrik om te help om koolstofdioksied uit die lug te absorbeer, om suurstof vry te stel, en dit is ’n habitat vir ’n groot verskeidenheid diere en plante.

Begin die les met ’n gesprek oor avontuur.

• Wat dink die leerders is ’n avontuurverhaal? ’n Avontuurverhaal is ’n storie waar die karakters op ’n avontuur gaan, iets ontdek of waar iets opwindends of gevaarliks gebeur wat nie elke dag gebeur nie.

• Weet die leerders van enige avontuurverhale, soos Indiana Jones?

• Waar kan avonture orals afspeel? Byvoorbeeld in die reënwoud, op die see, in ’n antieke gebou, ens.

• Sal die leerders op ’n avontuur wil gaan?

SAMPLE

Die Amasone is die grootste reënwoud in die wêreld, met 10% van alle dierspesies wat daar woon.

Weet leerders waar die Amasone is? In Suid-Amerika, die grootste deel is in Brasilië.

Die storie waarna die leerders gaan luister, is ’n avontuurverhaal wat in die Virunga- Nasionale Park in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) afspeel. Die park is ’n UNESCOWêrelderfenisgebied (wat in les 7 aangeraak is). Indien moontlik, wys vir die leerders op ’n kaart waar die DRK is. Virunga- Nasionale Park is 7 800 km2 groot en is die oudste nasionale park in Afrika.

In hierdie park is daar baie verskillende habitatte, van digte reënwoude tot savannas en moerasse. Daar is dus ook ’n groot verskeidenheid dier- en plantspesies wat daar woon. Virunga is bekend vir hulle bevolking van berggorillas, waar meer as die helfte van die wêreld se berggorillas woon. Die berggorilla is ’n bedreigde spesie, met ’n beraamde 1 004 oor in die wêreld (2018), en almal woon in die woude en berge van die DRK, Rwanda en Uganda.

Virunga is ook bekend as die tuiste van die wêreld se grootste seekoeibevolking, teen ongeveer 20 000 seekoeie (hippos).

Gorillas is die grootste primate (waaronder gorillas, ape, sjimpansees, bobbejane, ens.) en is krities bedreig om verskeie redes. Kan die leerders dink waarom hulle bedreig sou wees? (Byvoorbeeld jag,

onwettige dierehandel, vernietiging van hul habitat soos woude wat ontbos word, ’n tekort aan voedsel, ens.) Die leerders moet verstaan dat die mens grotendeels verantwoordelik is vir die uiteindelike uitsterf van sommige spesies.

Gesels ook oor veiligheid in nasionale parke, byvoorbeeld dat jy nie uit die kar moet klim nie en dat jy nie papiere by die venster moet uitgooi nie.

Lees die storie volgens die luisterproses. (Die leerders luister na deel 1 van die storie en lees deel 2 later.)

• Virunga word uitgespreek as “Vi-roeng-ga”.

• “Gorillas” is “ghoe-ri-las”.

• “Berggorillas” is “berg-ghoe-ri-las”.

• “Okapi” word uitgespreek as “ou-kaa-pie”.

• “Bewerige” se eerste e is lank – “bee-wi-ri-gi”.

Jeff se geheim (deel 1)

Die bootjie dryf tot by die dok en Jeff en sy pa klim uit. Jeff se pa is ’n dierkundige en hulle is in die Virunga- Nasionale Park in die Demokratiese Republiek die Kongo om gorillas te bestudeer. Dit is die eerste keer wat Jeff saam met sy pa gaan en hy is vreeslik opgewonde! Hy kan nie wag om in die digte reënwoud in te gaan en na berggorillas te soek nie. Hy weet dit is baie vogtig en bedompig tussen al die plante, sommer so dat ’n mens soms amper sukkel om asem te haal. Daarbinne groei bome só hoog, op plekke kan jy skaars die bokant van die boom of die blou lug sien.

Vir eers moet hulle rus ná die lang dag se reis. Jeff raak aan die slaap in sy tent, terwyl gorillas in sy drome dans.

SAMPLE

“Word wakker, Jeff, die son is lankal op!” Sy pa maak die tent oop en skud effens daaraan. “Trek aan, ons moet aan die gang kom voor dit te warm raak.” Té warm? dink Jeff met ’n flou laggie. Hy weet sommer dit gaan baie warm in die woud wees. Hy trek vinnig ’n broek, langmouhemp en stapskoene aan. Sy pa sit buite en het al klaar ontbyt geëet. Jeff eet sy roereiers en mieliepap vinnig – hy kort genoeg energie vir die dag wat voorlê!

Dit is toe nie so moeilik om deur die woud te beweeg soos Jeff gedink het dit gaan wees nie. Skielik spring iets oor voor hulle verby. Jeff sien net die vinnige flits van ’n klein okapi wat deur die bosse rits. In die verte hoor hy ’n berggorilla snork.

“Kom nou, Jeff, jy moet bybly,” sê sy pa ’n entjie voor hom. “Ek gaan nie die hele tyd vir jou wag nie. Dis nie ’n plek waar jy wil verdwaal nie.”

“Ja, Pappa!” Jeff draf tot by sy pa. Hulle stap verder en Jeff sien ’n klein voëltjie met vere soos die kleure van die reënboog! Sy rooi-en-geel bors glinster in ’n sonstraal. Jeff probeer ’n foto neem, maar die voëltjie is te vinnig vir hom. “Watter voël is dit, weet Pappa?” Hy haal sy oog van die kameralens af. Sy pa is weg. Hy is alleen. Alleen in die digte reënwoud saam met gevaarlike diere. “Pappa?” roep Jeff met ’n bewerige stem. Maar net ’n aap roep iewers.

Jeff probeer baie hard om nie bang te wees nie, maar dis nie maklik om kalm te bly as ’n gorilla van 200 kilogram jou enige oomblik kan verras nie!

Hy haal diep asem en sluk amper ’n paar muggies, bleg!

Al wat Jeff kan doen, is om verder te loop. Hy moet saggies en versigtig wees. Nadat hy weke lank geloop het, of dit was seker net ’n uur, sien hy sy grootste vrees. Sy hart sink in sy skoene en sy bene voel soos jellie

Hy’s beslis nóú in die moeilikheid ...

Woordeskat

dok (dock): ’n plek waar skepe of bote vasgemaak word dierkundige (zoologist): iemand wat diere bestudeer reënwoud (rainforest): ’n digte woud waar daar gereeld baie reën val okapi (okapi): ’n dier in Sentraal-Afrika wat soos ’n kruising tussen ’n kameelperd en ’n sebra lyk; ook bekend as die “woudkameelperd” bybly (in context, keep up): nie agter raak nie sy hart sink in sy skoene (idioom, someone’s heart sinks into his boots): iemand verloor moed

Vertalings

vogtig – damp bedompig – humid flou – weak langmouhemp – long-sleeve shirt stapskoene – walking boots roereiers – scrambled eggs mieliepap – mealie pap rits – zips verdwaal – get lost draf – jogs

reënboog – rainbow bors – chest glinster – gleams kameralens – camera lens bewerige – shaky verras – surprise muggies – gnats versigtig – careful vrees – fear jellie – jelly

Nadat die leerders na die storie geluister het en notas gemaak het, beantwoord hulle die vrae mondelings.

1. Wie is vir die eerste keer saam met sy pa op ’n reis?

Jeff

2. Waarom is hy en sy pa in Virunga- Nasionale Park? Sy pa is ’n dierkundige en hy is daar om gorillas te bestudeer.

3. Is die stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord. Jeff en sy pa gaan Rwanda toe. Onwaar. Jeff en sy pa gaan die Demokratiese Republiek die Kongo toe.

4. Wie is die hoofkarakter in die storie? Waarom sê jy so?

Jeff is die hoofkarakter. Die gebeure in die storie draai om hom en wat met hom gebeur.

5. Waarvoor kan Jeff nie wag nie?

Om in die woud in te gaan en na berggorillas te soek. SAMPLE

6. Waarom dink Jeff gaan hy baie energie vir die dag nodig hê?

Leerders se eie antwoord, byvoorbeeld: Dit is die eerste keer wat hy in die woud ingaan en hy dink dit gaan uitputtend wees.

7. Wat spring by Jeff en sy pa verby as hulle loop?

’n Okapi

8. Wat gebeur dat Jeff van sy pa geskei raak?

Jeff probeer ’n kleurvolle voëltjie afneem en sy pa loop verder sonder hom.

9. Dink jy Jeff se pa het aspris (on purpose) vir hom weggeloop?

Leerders se eie antwoord. Nee, sy pa het nie aspris vir hom weggeloop nie; hy raas dan dat Jeff moet bybly.

10. Wat besluit Jeff om te doen toe hy besef hy is alleen?

Hy het besluit om saggies en versigtig verder te loop.

11. Waarom dink jy voel dit vir Jeff of hy weke lank geloop het?

Leerders se eie antwoord, byvoorbeeld: Hy was baie bang en dit het gemaak dat dit voel of die tyd baie stadig verbygegaan het. / Dit het gevoel of hy nooit iewers gaan uitkom nie.

12. Wat dink jy sien Jeff in die pad? (Wat is sy “grootste vrees”?)

Leerders se eie antwoord. Hulle kan dalk aflei dat dit ’n gorilla is.

13. As jy Jeff was en besef het jy is alleen in ’n reënwoud, wat sou jy gedoen het?

Leerders se eie antwoord.

14. Wat dink jy gaan in die storie gebeur?

Leerders se eie antwoord. Hulle kan daaroor gesels.

Vir die nuuskieriges: Wat kan jy oor gorillas uitvind? Lees ook meer op die WWF se webwerf oor waarom gorillas belangrik is en wat die WWF doen om hulle te help red: bit.ly/2uTYc1l.

SAMPLE

Kan jy onthou waarvoor WWF staan? Is dit ’n afkorting of ’n akroniem? Wêreld-Natuurfonds / World Wildlife Fund

Aktiwiteit 219: Som die storie op 10 minute

Indien nodig, kan jy weer die storie in die vorige aktiwiteit vir die leerders lees.

1. Wat het alles in deel 1 van die storie gebeur? Sit die gebeure in die blokkie mondelings in die regte volgorde. Teken dan die tydlyn van gebeure in jou werkboek.

Jeff is bang. | Kom aan by Virunga- Nasionale Park. | Jeff is alleen. | Trek aan en eet ontbyt. | Okapi spring verby. | Slaap in die tent. | Jeff sien die kleurvolle voëltjie.

Kom aan by Virunga- Nasionale Park.

Slaap in die tent.

Trek aan en eet ontbyt.

Okapi spring verby.

5 Jeff sien die kleurvolle voëltjie.

6 Jeff is alleen.

7 Jeff is bang.

2. Die leerders werk individueel of in pare en som die storie mondelings op. Onthou, ’n opsomming is ’n kort vertelling van wat in die storie gebeur, sonder veel detail. Hulle moet die verlede tyd en verbindingswoorde gebruik.

Aktiwiteit 220: Luister na beskrywings van plekke en diere 30 minute

SAMPLE

Soos vroeër genoem, is daar baie verskillende biome (biomes) in Virunga- Nasionale Park. ’n Bioom is ’n groot natuurlike streek waar spesifieke diere en plante voorkom. ’n Savanna is ’n voorbeeld – ’n grasvlakte (veld) met verspreide bome en bosse, veral doringbome. (Die leerders behoort al in ander vakke en in vorige grade oor biome geleer het.) Kan die leerders aan verskillende biome dink?

Daar woon ook baie verskillende spesies diere en plante in Virunga- Nasionale Park.

(Die foto’s in hierdie aktiwiteit is in kleur beskikbaar in die bylae. Leerders kan die werkkaarte in die bylae in hul werkboek plak.)

1. Lees die beskrywings van sekere biome in Virunga op die volgende bladsy, en die leerders pas die name by die foto’s. (Dit is nie nodig om die luisterproses te volg nie, maar moet die beskrywings nie meer as drie keer lees nie.) Die leerders behoort nie te sukkel om die biome by die foto’s te pas nie – die biome is redelik verskillend.

Beboste vulkaniese berge

Daar is ’n reeks van agt vulkane (volcanoes) wat oor die DRK, Rwanda en Uganda loop. Hierdie vulkane is bergagtige gebiede met baie bome.

Reënwoud

Savanna

Afrika is bekend vir sy savannas, grasvlaktes met verspreide bome, wat beteken daar is hier en daar ’n boom, veral doringbome. In die savannas van Virunga woon diere soos okapi’s en duikertjies.

Reënwoude het reusebome en baie verskillende soorte plante en diere wat daar woon. In Virunga se woude woon daar diere soos berggorillas en Afrika-olifante

Moeras

SAMPLE

’n Moeras is ’n groot stuk grond wat oor die algemeen nat is, naby ’n rivier of ander watermassa. Diere soos paddas, skilpaaie en krokodille woon in moerasse.

2. Soos genoem, is die gorilla die grootste primaat. Primate is ’n groep soogdiere wat die hoogste ontwikkel is. Ken die leerders die verskil tussen die groot primate? Hulle kan vinnig hieroor gesels. Die mens val ook in hierdie groep primate, maar word nie by die beskrywings ingesluit nie.

Lees die beskrywings, wat die leerders dan by die foto’s pas. (Dit is nie nodig om die luisterproses te volg nie, maar moet die beskrywings nie meer as drie keer lees nie.) Die leerders moet wel deeglike notas maak om die vraag wat volg te beantwoord.

Indien daar tyd is en jy die geluide van die verskillende primate opspoor, kan jy dit ook vir die leerders speel dat hulle die verskillende geluide kan hoor.

Die gorilla

Die grootste primaat is die gorilla. Daar is vier (of vyf) subspesies van gorillas, waarvan almal in Sentraal-Afrika woon. Hulle woon gewoonlik in reënwoude, maar soms ook in moerasse. Die mannetjies weeg tot en met 200 kg en is omtrent so lank soos ’n volwasse man. Hulle het swart hare

Die bors en skouers van ’n gorilla is breed en hulle het groot hande en voete. Hulle het ’n swart gesig sonder hare en groot neusgate. Hulle eet meestal plante, soos die wortels van plante, bamboes, vrugte en boombas, en soms insekte.

Die sjimpansee

Die orangoetang

Die orangoetang het langerige rooibruin hare en vreeslike lang arms – tot 2 meter lank! Dit is sodat hulle in die bome kan rondswaai en leef. Hulle hande en pote kan dus baie goed klou. Die mannetjies groei tot omtrent 1,5 meter (as hulle regop staan) en kan tot 130 kg weeg. Orangoetangs kom natuurlik in die reënwoude van Indonesië en Maleisië voor. Hulle eet meestal vrugte soos doerian en mango’s, maar eet ook blare, takke en insekte.

Sjimpansees het bruin of swart hare oor hul lyf en is bekend daarvoor dat hul arms verby hulle knieë hang as hulle regop staan. Hulle monde is ook baie prominent (staan baie uit). Sjimpansees loop meestal op al vier pote. Die grootste bevolkings op aarde woon in die reënwoude van SentraalAfrika, hoofsaaklik in Gaboen, die DRK en Kameroen. Maar hulle kom ook in woud-savanna-gebiede voor. Sjimpansees eet meestal vrugte, blare en ander dele van plante, insekte (veral termiete) en soms eiers en vleis. Hulle jag soms ander diere vir vleis.

Die bonobo

Die bonobo kom net in die reënwoude van die DRK voor. Hulle lyk baie soos sjimpansees, maar hulle arms is korter en hulle bene is langer. Hulle hare is ook swart, maar hulle gesig is ronder en hulle mond is kleiner as sjimpansees s’n. Bonobo’s eet hoofsaaklik vrugte, maar eet ook blare, blomme en diere soos slakke en spinnekoppe. Hulle eet ook die vleis van ander diere.

Vir die nuuskieriges: Die bonobo en sjimpansee lyk baie dieselfde, maar hulle verskil tog. Kan jy byvoorbeeld sien hoe hulle gesig, mond en ore verskil? Doen navorsing oor wat die verskil tussen hierdie twee primate is.

3. Wat is die ooreenkomste en verskille tussen die soorte primate? Die leerders teken die tabel oor en voltooi dit. Maak seker hulle weet waarna die opskrifte verwys.

Woordeskat voorkoms (appearance / physical characteristics): hoe die dier fisies lyk habitat (habitat): waar die dier woon dieet (diet): wat die dier eet

Primaat Voorkoms Habitat Dieet

Gorilla

Grootste primaat, swart hare, so lank soos ’n volwasse man, breë skouers en bors, swart gesig met groot neusgate

Orangoetang

Sjimpansee

Bonobo

Langerige rooibruin hare, lang arms

Bruin of swart hare, lang arms, groot mond

Swart hare, lyk baie soos ’n sjimpansee, maar arms is korter en bene is langer, ronder gesig en kleiner mond as ’n sjimpansee

Reënwoude, moerasse, Sentraal-Afrika

Reënwoude, Indonesië en Maleisië

Reënwoude, woudsavanna-gebiede, Sentraal-Afrika

Reënwoude, DRK

Plante soos wortels van plante, vrugte, boombas, soms insekte

SAMPLE

Meestal vrugte, ook blare, takke, insekte

Meestal vrugte, blare en dele van plante, insekte, soms eiers en vleis van ander diere

Meestal vrugte, ook blare, blomme en diere soos slakke en spinnekoppe, vleis van ander diere

As die leerders na die ingevulde tabel kyk, hoe verskil die primate van mekaar en hoe stem hulle ooreen?

Hulle moet die primate se voorkoms, habitat en dieet vergelyk (compare). Hulle kan hieroor gesels en dan ’n paragraaf in hul werkboek skryf.

Die ooreenkomste en verskille (die leerders kan dalk ander ook noem):

Voorkoms

• Al die primate het swart of bruin hare, behalwe die orangoetang, wat rooibruin hare het.

• Beide die orangoetang en sjimpansee het lang arms, met die bonobo se arms wat effens korter is.

• Die bonobo se mond is kleiner as die sjimpansee s’n.

• Dit word nie in die beskrywings genoem nie, maar die orangoetang is die enigste primaat wat hoofsaaklik in bome woon en baie selde op die grond loop.

Habitat

• Al die primate woon in reënwoude, met die gorilla wat soms in moerasse woon en die sjimpansee wat ook in woud-savanna-gebiede voorkom.

• Al die primate kom in Afrika voor, behalwe die orangoetang wat in Asië (Indonesië en Maleisië) voorkom.

Dieet

• Al die primate eet vrugte, blare en dele van plante. Hulle almal eet soms insekte.

• Die sjimpansee en bonobo eet vleis van ander diere, maar nie die gorilla en orangoetang nie. (Daar is gevalle waar gorillas en orangoetangs wel vleis eet, maar dit is nie normaalweg deel van hulle dieet nie.)

Bonus: Wat beteken dit as diere omnivore, karnivore of herbivore is? Tot watter groep behoort die vier groot primate?

Dit verwys na die soort voedsel wat die dier hoofsaaklik eet. Omnivore (omnivores) eet vleis en plante, karnivore (carnivores) eet net vleis en herbivore (herbivores) eet net plante. Die vier groot primate is omnivore.

Vir die nuuskieriges

• Wat sal die gevolge wees as die vier primate in hierdie aktiwiteit sou uitsterf? Doen navorsing oor waarom hierdie diere belangrik in ’n ekosisteem is. Die leerders kan ook hieroor in die klas gesels.

• Waarom is hierdie vier primate die “groot primate” – hoe verskil hulle van ander ape? Kyk watter inligting jy hieroor kan kry.

Die groot primate verskil van ander ape omdat hulle groter is, regop loop vir langer tydperke, hulle het nie sterte nie en hul brein is meer ontwikkel as ander ape s’n.

Aktiwiteit 221: Lees hardop

40 minute

Leerders lees die gedeelte uit die storie op die volgende bladsy hardop sonder om te oefen. Die ander leerders se boeke moet toe wees terwyl daar gelees word.

• “Bleg” is soos die geluid wat jy maak as daar ’n gogga in jou mond invlieg – het daar al muggies (gnats) in jou mond ingevlieg?

• “Jellie” klink soos wat dit in Engels klink.

• Die akuutteken (strepies) in “nóú” beteken jy moet die woord met klem lees.

Assesseer die leerders informeel. Kriteria

Is die woorde reg uitgespreek? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Lees jy vlot en met gevoel?

| 2 | 3 | 4 | 5 Is die leestekens gehoorsaam?

| 2 | 3 | 4 | 5

Jeff probeer baie hard om nie bang te wees nie, maar dis nie maklik om kalm te bly as ’n gorilla van 200 kilogram jou enige oomblik kan verras nie!

Hy haal diep asem en sluk amper ’n paar muggies, bleg!

Al wat Jeff kan doen, is om verder te loop. Hy moet saggies en versigtig wees. Nadat hy weke lank geloop het, of dit was seker net ’n uur, sien hy sy grootste vrees. Sy hart sink in sy skoene en sy bene voel soos jellie.

Hy’s beslis nóú in die moeilikheid ...

Aktiwiteit 222: Speel ’n taalspeletjie

20 minute

Indien daar nog tyd is, kan die leerders dié speletjie speel.

Hulle weet reeds wat byvoeglike naamwoorde is. Die leerders kan individueel, in pare, in groepe of as ’n klas speel. Hulle maak ’n lys van byvoeglike naamwoorde om die diere en plekke in afdeling 1 te beskryf – byvoorbeeld, die gorilla is groot, die orangoetang het lang arms, die reënwoud is immergroen

Indien moontlik, wys vir hulle kleurfoto’s of video’s van die gebiede en diere, byvoorbeeld:

• ’n Video oor die vier groot primate: bit.ly/2UJdHb8

• ’n Video wat die landskap van Virunga wys: bit.ly/2U74hSe

“Immergroen” beteken ‘altyd groen’.

• ’n Video oor ’n groep berggorillas in Virunga- Nasionale Park: bit.ly/2I722gb

Daar is ook ’n dokumentêr, Virunga, wat oor die park gaan, hoewel dit dalk nie geskik is vir leerders om te kyk nie.

Elke leerder/paar/groep kan byvoorbeeld ’n dier of bioom/habitat kry om te beskryf.

Die leerders kan dan probeer om ’n storie te vertel met die byvoeglike naamwoorde wat hulle gelys het.

SAMPLE

Aktiwiteit 223: Vertel die gebeure oor 15 minute

Die leerders werk in pare, groepe of as ’n klas. Hulle vertel vir mekaar iets wat met hulle gebeur het. Hulle kan byvoorbeeld dink aan ’n uitstappie waarop hulle was, iets snaaks wat by die huis gebeur het, ’n keer toe hulle bang was – enige ervaring.

Hulle moet in die verlede tyd praat en verbindingswoorde gebruik.

Die leerders behoort nie meer baie Engels of huistaalwoorde tussenin te gebruik nie. Hulle moet verbindingswoorde gebruik soos hulle vertel, hoewel dit natuurlik behoort te wees.

• A complete guide with all the texts and explanations included.

• Comprehensive explanations of language aspects.

• Step-by-step guidelines in plain language.

• Fun, engaging, and practical activities

• Interesting themes for Grade 6s to expand general knowledge and inspire curiosity.

• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.

• Suitable for learners on all levels

• Use in school or at home.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.