6 • Handleiding 1/2 Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Handleiding 1/2
Graad 6
Handleiding 1/2
G06 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Leselemente
LEERDOELWITTE
Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.
WOORDESKAT
Betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DEFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
SAMPLE
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.
Eenheid
Jaarplan
LES 1: In die leesstoel
LES 2: Wat ’n gemors!
1
– 2
– 4
LES 3: Sit jou heldemasker op 5 – 6
LES 4: Vinnige vervoer
LES 5: Nie so lank, lank gelede nie ...
LES 6: Overwagte vriende
LES 7: Ons erfenis
2
LES 8: Stories uit Afrika
LES 9: Op die kassie
3
– 8
– 10
– 6
– 8 Junie-eksamen
– 10
LES 10: Diep in die reënwoud 1 – 2
LES 11: Die fors van die natuur 3 – 4
LES 12: Vampiere, weerwolwe en zombies
LES 13: Dis astronomies!
SAMPLE
LES 14: ’n Sprong in tyd
– 6
– 8
– 10
LES 16: ’n Groener lewe
4 LES 15: In ’n virtuele wêreld
– 4
LES 17: Dwergies in die tuin
LES 18: ’n Wêreld vir almal
– 6
– 8 Novembereksamen
– 10
Eenheid 1 en 2 (kwartaal 1 en 2) is in hierdie handleiding en eenheid 3 en 4 (kwartaal 3 en 4) is in handleiding 2/2.
Handleiding 1/2
Hallo! My naam is Zak. Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!
• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.
• Doen altyd jou huiswerk.
• Soek in die woordeboek as jy ’n woord nie verstaan nie.
• Lees soveel as moontlik in Afrikaans.
SAMPLE
EENHEID 1: Week 1 – 2
Les 1: In die leesstoel
Leerdoelwitte
In hierdie les gaan jy:
• na ’n storie luister en vrae beantwoord
• ’n taalspeletjie speel
• hardop lees
• verskillende leesstrategieë leer en gebruik
• ’n storie lees en vrae beantwoord
• ’n woordeboek gebruik
• jou eie woordeboek maak en daarin skryf
• selfstandig lees
• ’n storie skryf
• woordraaisels oplos
• vokale, konsonante en tweeklanke (diftonge) hersien
• alfabetiese volgorde hersien
• lettergrepe en klankgrepe hersien
• van oorronding en ontronding leer
• samestellings hersien
• selfstandige naamwoorde hersien
• ’n paar nuwe idiome leer
• hersiening doen oor woorde wat met f/v gespel word
• die verdubbeling van vokale en konsonante hersien
• afkortings hersien
Handleiding 1/2
AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 1: Luister na ’n storie
Interessante feit: Voor papier uitgevind is, het mense op kleitablette geskryf (reeds in ongeveer 5000 v.C. in Soemerië in Antieke Mesapotamië, wat vandag Irak is). Die Egiptenare het papirus uitgevind in omtrent 3000 v.C. en papier soos ons dit vandag ken, is in ongeveer 100 v.C. deur die Chinees Cai Lun uitgevind.
v.C. – BC (afkorting vir “voor Christus” of die huidige jaartal) kleitablet – clay tablet papirus – papyrus
uitvinding –invention ontdekking –discovery
Hou jy daarvan om stories te lees of daarna te luister? Gesels saam.
• Watter storie is jou gunsteling?
• Kan jy kortliks vertel waaroor die storie gaan?
• Van watter soort stories hou jy? (Byvoorbeeld fantasie, wetenskapfiksie, lewensverhale, ensovoorts.)
• Waarom hou jy daarvan om te lees (of nie)?
Jy gaan nou na ’n storie luister. Onthou jy die luisterproses?
Die luisterproses
SAMPLE
Cai Lun
• Die fasiliteerder gaan die teks drie keer lees. Jy mag die eerste keer net luister.
• Luister na hoe die woorde uitgespreek word.
• Ná die eerste lees sal die fasiliteerder moeilike woorde verduidelik.
• Daar is gewoonlik vrae, wat jy nou mag lees.
• Die fasiliteerder gaan die teks vir ’n tweede en derde keer lees, en jy mag notas maak.
• Jy beantwoord dan die vrae.
Wenk: Luister aandagtig (attentively) en let op na wat in die storie gebeur.
Aktiwiteit 2: Beantwoord vrae
Beantwoord die vrae oor “Masego se ontdekking” mondelings. Jy mag die notas gebruik wat jy gemaak het.
1. Wie is al vir ’n paar uur lank besig in die biblioteek?
2. Wat laat haar nies?
3. Watter vreemde ding gebeur met haar in die biblioteek?
4. Wat is die diertjie se naam?
5. Wie het volgens hom die eerste boek in die wêreld geskryf?
6. Waarom praat hy met haar?
7. ’n Boekwurm is iemand wat daarvan hou om te lees. Sou jy sê Masego is ’n boekwurm? Wat in die storie laat jou so dink?
8. Wat het op die einde van die storie gebeur? Hoe weet jy dit?
9. Dink jy Masego se ouma het haar geglo toe sy haar vertel het wat in die biblioteek gebeur het?
10. Het jy al iets vir iemand vertel en toe glo hulle nie wat jy vertel nie? Wat het daarna gebeur?
Gesels oor die einde van die storie. Wat dink jy het gebeur nadat Magnus in Masego se rugsak geklim het?
Aktiwiteit 3: Klankpatrone: Alfabetiese volgorde, vokale, konsonante en tweeklanke
Ons gebruik die alfabet elke dag. Kan jy die alfabet in Afrikaans opsê? Ken jy die verskil tussen vokale (vowels) en konsonante (consonants)? Wat kan jy van tweeklanke (diftonge) en dubbelklanke onthou?
Klankpatrone: Vokale en konsonante
Die alfabet bestaan uit vokale en konsonante.
Vokale a e i o u Konsonante b c d f g h j k l m n p q r s t v w x y z
Onthou die vokale só: Arme ek is Oupa Uil.
In Afrikaans is daar altyd minstens een vokaal in ’n woord.
Klankpatrone: Tweeklanke (diftonge) en dubbelklanke
Buiten vokale en konsonante, kry ons ook tweeklanke (of diftonge) en dubbelklanke by klankpatrone en die bou van woorde.
Handleiding 1/2 G06
• Tweeklanke (of diftonge) is ’n groepie letters waarin twee of drie verskillende vokale as een klank uitgespreek word. Die vorm van jou mond verander as jy hierdie klanke uitspreek. Tweeklanke is:
Voorbeelde: muis, reis, kraai, rooi, koei
Die letter y klink soos ei, wat ’n tweeklank is. Y is ook ’n tweeklank.
• Dubbelklanke is waar daar twee van dieselfde vokaal is. Dit is die klanke:
Voorbeelde: muur, been, gaap, boor.
Beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Skryf die woorde oor en vul die vokale in.
1.1 ntd kk ng
1.2 sn ff l
1.3 w nd r
1.4 st m
1.5 k r kt r
2. Soek al die woorde in die paragraaf wat tweeklanke het. Skryf die woorde neer en onderstreep die tweeklanke.
Dit is skoolvakansie en Masego is in die biblioteek. Sy snuffel tussen die rakke rond. Stukkies stof dans rond in ’n sonstraal wat deur die venster skyn. Masego haal ’n dik boek van die rak af. Die stof op die boek laat haar sommer nies. Sy gaan sit by ’n tafel en begin deur die boek blaai. “Ek wonder wie die eerste boek ooit geskryf het,” fluister sy ingedagte.
Aktiwiteit 4: Speel ’n taalspeletjie
Ken jy die speletjie Simon says? In Afrikaans is dit Vinnige Fanie. Luister na die instruksies en speel saam.
Aktiwiteit 5: Lees hardop
Oefen om die gedeelte hier onder uit “Masego se ontdekking” hardop te lees – kyk na die wenke.
Werk saam met ’n maat en gee mekaar ’n punt. Het jou maat goed gelees? (5 is die hoogste punt.)
Is die woorde reg uitgespreek? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Lees jy vlot en met gevoel? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Is die leestekens gehoorsaam? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Gee daarna terugvoer vir jou maat:
• Is die woorde reg uitgespreek?
• Is die leestekens gehoorsaam?
• Het jou maat vlot gelees?
• Het jou maat met gevoel gelees?
Wenke vir hardop lees
• Oefen om die teks te lees – eers saggies en dan hardop.
• Spreek die woorde reg uit.
• Lees vlot en met gevoel.
• Gehoorsaam die leestekens – rus as jy ’n komma (,) sien, praat ’n bietjie harder as jy ’n uitroepteken (!) sien en rus langer by ’n punt (.).
• Let op as daar aanhalingstekens is – dit is dan iemand se woorde.
• Onthou, jy moet nou en dan oogkontak met die gehoor maak (make eye contact with the audience). Kyk af en toe op en oefen mooi om nie jou plek in die teks te verloor nie.
Kyk mooi na hoe om die volgende uit te spreek:
• Jy moet “géén” (met die strepie, akuutteken, op die e) met klem lees (with emphasis).
SAMPLE
• “Baadjie” en “skeurtjie” se einde klink soos “kie”, so dit is “baai-kie” en “skeur-kie”. Die eu in “skeurtjie” moet mooi gerond wees.
Masego skrik. Sy probeer praat, maar géén woord wil uitkom nie.
Die muis knipoog vir haar: “Ek gaan niks aan jou doen nie, ek is vriendelik.” Die muis dra ’n ou baadjie wat lankal uit die mode is en redelik flenters is. Sy een oor het ’n skeurtjie in en dit lyk of die muis ’n paar avonture agter die rug het. “Moenie so geskok lyk nie! Het jy nog nooit ’n karakter uit ’n storieboek in lewende lywe gesien nie?”
“Maar ... hoe?” sê Masego. ’n Muis wat praat is onmoontlik, maar ’n muis uit ’n storieboek?
“Ag, dis ’n lang storie waarmee ek jou nie gaan verveel nie. O, waar is my maniere? My naam is Magnus.” Die muis steek sy pootjie uit om Masego se hand te skud.
Masego se mond is droog en sy sukkel om te praat. “Hallo, Magnus, ek’s Masego,” sê sy onseker en skud sy poot saggies met haar wysvinger. Ouma gaan haar ore nie glo nie!
Handleiding 1/2
Woordeskat
uit die mode (out of fashion): as klere in die mode is, beteken dit die klere is gewild (in fashion). As klere uit die mode is, beteken dit mense dra dit nie meer eintlik nie; die klere is “outyds”.
flenters (in tatters): iets wat stukkend is; Magnus se klere is oud en geskeur. in lewende lywe (in person): iemand is self daar haar ore nie (kan) glo nie (idioom, not believe one’s ears): moeilik om te glo wat iemand vir jou sê; baie verbaas wees
Vertalings
skrik – (in context) startled onmoontlik – impossible knipoog – wink verveel – bore baadjie – jacket maniere – manners skeurtjie – tear pootjie – little paw avonture – adventures onseker – unsure karakter – character wysvinger – index finger
AFDELING 2 LEES EN KYK
Aktiwiteit 6: Gebruik ’n woordeboek
Onthou jy hoe om ’n woordeboek te gebruik?
Hoe om ’n woordeboek te gebruik
SAMPLE
1. Ken die alfabet. In woordeboeke is die woorde alfabeties gerangskik.
2. Boaan die bladsy is die eerste en die laaste trefwoorde wat op daardie bladsy verskyn, byvoorbeeld stoppelbaard – stormloop. Dit is gidswoorde. Kyk na die voorbeeld uit die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) op die volgende bladsy.
Afrikaans: Hallo
Engels: Hello
Jy kan enige verklarende woordeboek gebruik, maar die HAT is die beste een.
verklarend: wat verduidelik
trefwoord: die hoofinskrywing van woorde (die woorde in vetdruk)
eerste trefwoord op die bladsy
letter waarby jy nou is
SAMPLE
3. Blaai na die letter en kyk na die gidswoorde boaan die bladsye.
4. Kyk na die beginletters van die woord wat jy wil opsoek. As jy byvoorbeeld storie soek, gidswoorde
laaste trefwoord op die bladsy
Handleiding 1/2
sal dit tussen stoppelbaard en stormloop wees omdat al drie woorde (die twee gidswoorde en die woord wat jy soek) se eerste drie letters dieselfde is. So jy moet na die vierde letter kyk. In die voorbeeld is dit p (stoppelbaard), r (stormloop) en r (storie).
5. Die letter i kom voor m in die alfabet, so storie sal tussen stoppelbaard en stormloop wees.
6. ’n Verklarende woordeboek (soos die HAT) gee meer as net die betekenis van woorde.
SAMPLE
die getalle wys verskillende betekenisse voorbeeldsinne is in kursief voorbeelde van samestellings dieselfde woord wat as verskillende woordsoorte werk verlede tyd van die werkwoord
die lettergreep voor die ’ word beklemtoon trefwoord woordsoort
Soms word die meervoud van woorde ook gegee, soos by “storie”. Die letters tussen hakies (-s) dui aan wat by die woord gesit moet word om die meervoud te maak: stories.
Indien die woord uit meer as een lettergreep (syllable) bestaan, word daar gewys watter deel die klem dra.
Verwys altyd na die inleiding van ’n woordeboek wat jy vir die eerste keer gebruik. Daar word verduidelik hoe die spesifieke woordeboek werk.
7. In tweetalige woordeboeke kan jy die Engelse woord opsoek om die Afrikaanse woord te kry.
Kies vyf woorde uit die gedeelte van “Masego se ontdekking” (in aktiwiteit 5) wat jy nie ken nie, soek die betekenis in ’n woordeboek op en skryf dit in jou werkboek.
Aktiwiteit 7: Maak jou eie woordeboek
Jy gaan jou eie woordeboek maak! Dalk het jy nog joune van graad 5 waarmee jy kan aangaan as jy wil.
Gebruik ’n A5-lyntjiesboek. Anders kan jy ’n skrif van 72 bladsye in die helfte sny (dwars) of ’n A4-lyntjiesboek gebruik.
• Skryf die letters van die alfabet boaan die bladsye.
• Gebruik vyf bladsye vir elke letter.
• Gebruik net een bladsy vir die letters c, q, x en z.
• Jy kan vlaggies aan die kant van die bladsye plak waar elke nuwe letter begin sodat jy die boek makliker kan gebruik.
• Die woorde se betekenisse kan op die volgende maniere verduidelik word:
o ’n Woord met ’n verklaring, byvoorbeeld storieboek: boek waarin stories is
o ’n Woord met ’n sinoniem, byvoorbeeld storie – verhaal.
o Die Engelse vertaling, byvoorbeeld storie – story.
o ’n Woord in ’n kort sin, soos: Die storie is snaaks.
o ’n Woord met ’n prentjie, byvoorbeeld ’n prentjie van ’n storieboek by “storie”.
• Versier die bladsye as jy wil. Jy gaan een keer ’n kwartaal jou woordeboek uitstal (vir die klas wys).
Skryf nuwe of moeilike woorde in jou eie woordeboek neer.
Aktiwiteit
SAMPLE
8: Lees ’n storie
Leesstrategieë
Daar is verskillende leesstrategieë wat ons kan gebruik. Onthou jy almal?
Prelees Vluglees Soeklees Begripslees
Waaroor gaan die teks as jy na die prentjies en titel kyk?
(pre- = ‘voor’)
Lees vinnig (vlugtig) om ’n idee te kry van waaroor die teks gaan.
Soek spesifieke inligting en kyk uit vir ’n sleutelwoord
Lees die hele teks deeglik om te verstaan
Handleiding 1/2
Lees die titel van die teks en kyk na die prentjies. Waaroor dink jy gaan die storie?
Luister na die storie (jy gaan dit later op jou eie lees).
’n Kat se kans
Anrica
Mills
Magnus kruip agter ’n muur weg. Hy vou sy arms om homself te probeer warm hou. ’n Sneeuvlokkie dryf stadig deur die lug en val liggies op sy snorbaard. Hy luister aandagtig. Daar is baie geraas in die strate en hy probeer luister of hy nie dalk ’n klokkie hoor lui nie. Die klokkie wat hy om Koning Kat se nek gehang het. Almal het gesê dit is onmoontlik, maar hy het dit gedoen. Maar nou moet hy vlug! Die koning het belowe hy gaan vir Magnus opvreet!
Magnus gaan sit op ’n sakkie graan – hy is gedaan, want hy het die hele nag gehardloop. Die koning se rotte is orals in die dorp, op soek na hom. As hulle hom in die hande kry Hy voel in sy sak rond vir ’n klein botteltjie. Ek hoop die towenaar het die waarheid gepraat, dink Magnus. Hy haal diep asem en drink dan die vloeistof in die botteltjie. Magnus kyk na sy pote en wikkel sy ore. Niks. Niks het gebeur nie – die towenaar het gejok! Hy moes geweet het hy moenie ’n mens vertrou nie ...
SAMPLE
Nes Magnus besluit hy gaan maar opgee en die rotte trotseer, verskyn ’n klein deurtjie. ’n Deurtjie net-net groot genoeg vir ’n muis om deur te loop. Magnus stoot die deur saggies ... dit gaan oop. Hy kan iets aan die ander kant ruik ... dit ruik soos boeke, baie boeke! Maar die beste van alles – dit ruik soos veiligheid. Hy kyk vir ’n laaste keer na sy dorpie en met ’n swaar hart maak hy die deur agter hom toe.
Woordeskat
(Nie) ’n kat se kans staan (nie) (idioom, when pigs fly): feitlik geen kans nie; dit gaan nie gebeur nie
gedaan (exhausted): om baie moeg te wees, uitgeput in die hande kry (idioom, get hold of him): om iemand te vind/vang trotseer (in konteks, face): om iets moeiliks of gevaarliks aan te pak sonder om daarvoor te skrik met ’n swaar hart (idioom, with a heavy heart): met ’n gevoel van ongelukkigheid
Vertalings
kruip weg – hiding
sneeuvlokkie – snowflake vou sy arms – folds his arms snorbaard – whiskers
aandagtig – attentively waarheid – truth klokkie – bell vloeistof – liquid vlug – flee vertrou – trust belowe – promised opgee – give up botteltjie – tiny bottle verskyn – appear towenaar – wizard veiligheid – safety
Kan jy die elemente van ’n storie onthou?
Elemente van ’n storie
Karakters (characters) Die persone in die storie. Daar is gewoonlik een karakter wat die belangrikste is – die hoofkarakter (main character)
Ruimte (setting)
Waar en wanneer die verhaal afspeel, bv. in die woud in 1960 of in iemand se huis in die winter van 2021.
SAMPLE
Bespreek die storie saam.
Elemente van ’n storie
Intrige (gebeure, plot) Die reeks gebeure wat die storielyn vorm.
Dialoog (dialogue)
Die karakters se woorde. Dit is tussen aanhalingstekens in gewone teks. In ’n dialoogteks (wat jy later hersien) is daar nie aanhalingstekens nie.
• Waaroor gaan die storie? (Wat is die intrige van die storie?)
• Waar speel die storie af? (Wat is die ruimte?)
• Wat is in die klein botteltjie wat Magnus drink? Waar kom dit vandaan en waarom drink hy dit?
• Wat gebeur as hy dit drink?
• Waarheen dink jy gaan Magnus?
Aktiwiteit 9: Beantwoord vrae
Lees “’n Kat se kans” op jou eie en beantwoord die vrae in jou werkboek.
Handleiding 1/2
1. Oor wie gaan die storie?
2. Waar het jy al van hom gehoor?
3. Wat probeer hy tussendeur die geraas in die strate hoor? Waarom?
4. Vir wie of wat hardloop hy weg? Waarom?
5. Het die towenaar gejok of nie?
6. Wat beteken die titel van die storie?
7. Watter storie gebeur eerste: hierdie storie of die storie waar Masego vir Magnus ontmoet? Waarom sê jy so?
8. Sou jy die botteltjie by die towenaar gevat het? Waarom?
Aktiwiteit 10: Lettergrepe en klankgrepe
Onthou jy wat lettergrepe en klankgrepe is?
Lettergrepe en klankgrepe
’n Lettergreep (syllable) is ’n deeltjie van ’n woord – dit is die kleinste kombinasie van letters waarin ’n woord volgens spelling verdeel kan word.
Byvoorbeeld die woord “sit” het net een lettergreep. As jy jou hande probeer klap om die lettergrepe te soek, sal jy sien dat jy jou hande net een keer kan klap.
Met lettergrepe word ’n woord opgebreek net soos dit gespel word: rak-ke, klok-kie, bot-tel.
SAMPLE
Lettergrepe kan oop of geslote wees. Dit gaan oor die letter waarop die lettergreep eindig
• ’n Lettergreep is oop as dit op ’n vokaal eindig.
• ’n Lettergreep is geslote as dit op ’n konsonant eindig. Die woord “geslote” kom van die woord “(ge)sluit”. As iets gesluit is, beteken dit “toe”.
Oop lettergreep Geslote lettergreep
• A complete guide with all the texts and explanations included.
• Comprehensive explanations of language aspects.
• Step-by-step guidelines in plain language.
• Fun, engaging, and practical activities
• Interesting themes for Grade 6s to expand general knowledge and inspire curiosity.
• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.
• Suitable for learners on all levels
• Use in school or at home.