6
•
Handleiding 2/2 Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Handleiding 2/2
Graad 6
Leselemente
LEERDOELWITTE
Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.
WOORDESKAT
Betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DEFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
SAMPLE
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.
Eenheid
Jaarplan
LES 1: In die leesstoel
LES 2: Wat ’n gemors!
1
– 2
– 4
LES 3: Sit jou heldemasker op 5 – 6
LES 4: Vinnige vervoer
LES 5: Nie so lank, lank gelede nie ...
LES 6: Overwagte vriende
LES 7: Ons erfenis
2
LES 8: Stories uit Afrika
LES 9: Op die kassie
3
– 8
– 10
– 4
– 6
– 8 Junie-eksamen
– 10
LES 10: Diep in die reënwoud 1 – 2
LES 11: Die fors van die natuur 3 – 4
LES 12: Vampiere, weerwolwe en zombies
LES 13: Dis astronomies!
SAMPLE
LES 14: ’n Sprong in tyd
– 6
– 8
– 10
LES 16: ’n Groener lewe
4 LES 15: In ’n virtuele wêreld
– 2
– 4
LES 17: Dwergies in die tuin
LES 18: ’n Wêreld vir almal
– 6
– 8 Novembereksamen
Eenheid 3 en 4 (kwartaal 3 en 4) is in hierdie handleiding en eenheid 1 en 2 (kwartaal 1 en 2) is in handleiding 1/2.
EENHEID 3: Week 1 – 2
Leerdoelwitte
In hierdie les gaan jy:
Les 10:
Diep in die reënwoud
• na ’n storie luister en vrae beantwoord
• die storie opsom
• na beskrywings van plekke en diere luister
• hardop lees
• ’n taalspeletjie speel
• gebeure oorvertel
• ’n storie lees en vrae beantwoord
• ’n brief lees en daaroor gesels
• selfstandig lees
• ’n brief skryf
• dagboekinskrywings skryf
• ’n boekresensie skryf
• woordvorming en voor- en agtervoegsels oefen
• direkte en indirekte rede oefen
• tydsvorme en hulpwerkwoorde oefen
• meervoud en verkleining oefen
AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 218: Luister na ’n storie
Interessante feit: Ontbossing (deforestation) is ’n groot bedreiging vir reënwoude. Reënwoude is belangrik om te help om koolstofdioksied uit die lug te absorbeer, om suurstof vry te stel, en dit is ’n habitat vir ’n groot verskeidenheid diere en plante.
Gesels saam.
• Wat dink jy is ’n avontuurverhaal?
Die Amasone is die grootste reënwoud in die wêreld, met 10% van alle dierspesies wat daar woon.
• Weet jy van enige avontuurverhale? Weet jy waar die Amasone is?
• Waar kan avonture orals afspeel?
• Sal jy op ’n avontuur wil gaan?
Die storie waarna jy gaan luister, is ’n avontuurverhaal wat in die Virunga- Nasionale Park in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) afspeel. Die park is ’n UNESCO-Wêrelderfenisgebied. Virunga- Nasionale Park is 7 800 km2 groot en is die oudste nasionale park in Afrika.
In hierdie park is daar baie verskillende habitatte, van digte reënwoude tot savannas en moerasse. Daar is dus ook ’n groot verskeidenheid dier- en plantspesies wat daar woon. Virunga is bekend vir hulle bevolking van berggorillas, waar meer as die helfte van die wêreld se berggorillas woon. Die berggorilla is ’n bedreigde spesie, met ’n beraamde 1 004 oor in die wêreld, en almal woon in die woude en berge van die DRK, Rwanda en Uganda.
SAMPLE
Virunga is ook bekend as die tuiste vir die wêreld se grootste seekoeibevolking, teen ongeveer 20 000 seekoeie (hippos).
Het jy geweet dat gorillas ’n bedreigde spesie is? Kan jy aan redes dink waarom hulle dalk bedreig is?
Luister na die storie. Onthou, jy moet baie goeie notas maak – jy gaan dit vir ander aktiwiteite ook gebruik.
Handleiding 2/2
Gesels dan saam oor die storie.
1. Wie is vir die eerste keer saam met sy pa op ’n reis?
2. Waarom is hy en sy pa in Virunga- Nasionale Park?
3. Is die stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord. Jeff en sy pa gaan Rwanda toe.
4. Wie is die hoofkarakter in die storie? Waarom sê jy so?
5. Waarvoor kan Jeff nie wag nie?
6. Waarom dink Jeff gaan hy baie energie vir die dag nodig hê?
7. Wat spring by Jeff en sy pa verby as hulle loop?
8. Wat gebeur dat Jeff van sy pa geskei raak?
9. Dink jy Jeff se pa het aspris (on purpose) vir hom weggeloop?
10. Wat besluit Jeff om te doen toe hy besef hy is alleen?
11. Waarom dink jy voel dit vir Jeff of hy weke lank geloop het?
12. Wat dink jy sien Jeff in die pad? (Wat is sy “grootste vrees”?)
13. As jy Jeff was en besef het jy is alleen in ’n reënwoud, wat sou jy gedoen het?
14. Wat dink jy gaan in die storie gebeur?
Vir die nuuskieriges: Wat kan jy oor gorillas uitvind?
Lees ook meer op die WWF se webwerf oor waarom gorillas belangrik is en wat die WWF doen om hulle te help red: bit.ly/2uTYc1l.
Aktiwiteit 219: Som die storie op
Die vrae is oor die storie in die vorige aktiwiteit.
Kan jy onthou waarvoor WWF staan? Is dit ’n afkorting of ’n akroniem?
1. Wat het alles in deel 1 van die storie gebeur? Sit die gebeure in die blokkie mondelings in die regte volgorde. Teken dan die tydlyn van gebeure (langsaan) in jou werkboek.
Jeff is bang. | Kom aan by Virunga- Nasionale Park. | Jeff is alleen. | Trek aan en eet ontbyt. | Okapi spring verby. | Slaap in die tent. | Jeff sien die kleurvolle voëltjie.
2. Som die storie mondelings op. Onthou, ’n opsomming is ’n kort vertelling van wat in die storie gebeur, sonder veel detail. Gebruik die verlede tyd en verbindingswoorde.
Aktiwiteit 220: Luister na beskrywings van plekke en diere
Soos vroeër genoem, is daar baie verskillende biome (biomes) in Virunga- Nasionale Park. ’n Bioom is ’n groot natuurlike streek waar spesifieke diere en plante voorkom. ’n Savanna is ’n voorbeeld – ’n grasvlakte (veld) met verspreide bome en bosse, veral doringbome. Kan jy aan verskillende biome dink?
Daar woon ook baie verskillende spesies diere en plante in Virunga- Nasionale Park.
1. Luister na die beskrywings van sekere biome in Virunga en pas die name by die foto’s.
reënwoud moeras beboste vulkaniese berge savanna
SAMPLE
Handleiding 2/2
2. Die gorilla is die grootste primaat. Primate is ’n groep soogdiere wat die hoogste ontwikkel is. Ken jy die verskil tussen die groot primate?
Luister na die beskrywings en maak goeie notas van die primate – jy gaan ’n tabel voltooi oor die diere se voorkoms, dieet en habitat (appearance, diet and habitat).
Pas eers die foto’s by die primate in die blokkie.
gorilla orangoetang sjimpansee bonobo
SAMPLE
Vir die nuuskieriges: Die bonobo en sjimpansee lyk baie dieselfde, maar hulle verskil tog. Kan jy byvoorbeeld sien hoe hulle gesig, mond en ore verskil? Doen navorsing oor wat die verskil tussen hierdie twee primate is.
3. Wat is die ooreenkomste en verskille tussen die soorte primate? Teken die tabel oor en voltooi dit.
Woordeskat voorkoms (appearance / physical characteristics): hoe die dier fisies lyk habitat (habitat): waar die dier woon dieet (diet): wat die dier eet
Primaat
Gorilla
Orangoetang
Sjimpansee
Bonobo
As jy na jou tabel kyk wat ingevul is, hoe verskil die primate van mekaar en hoe stem hulle ooreen? Vergelyk (compare) die primate se voorkoms, habitat en dieet.
Bonus: Wat beteken dit as diere omnivore, karnivore of herbivore is? Tot watter groep behoort die vier groot primate?
Vir die nuuskieriges
• Wat sal die gevolge wees as die vier primate in hierdie aktiwiteit sou uitsterf? Doen navorsing oor waarom hierdie diere belangrik in ’n ekosisteem is.
• Waarom is hierdie vier primate die “groot primate” – hoe verskil hulle van ander ape? Kyk watter inligting jy hieroor kan kry.
Aktiwiteit 221:
Lees hardop
Lees die gedeelte uit die storie op die volgende bladsy hardop sonder om te oefen.
• “Bleg” is soos die geluid wat jy maak as daar ’n gogga in jou mond invlieg – het daar al muggies (gnats) in jou mond ingevlieg?
• “Jellie” klink soos wat dit in Engels klink.
• Die akuutteken (strepies) in “nóú” beteken jy moet die woord met klem lees.
Die fasiliteerder gaan vir jou sê hoe jy gelees het.
Kriteria Punt (omkring)
Is die woorde reg uitgespreek? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Lees jy vlot en met gevoel? 1 | 2 | 3 | 4 | 5 Is die leestekens gehoorsaam?
| 2 | 3 | 4 | 5
Handleiding 2/2
Jeff probeer baie hard om nie bang te wees nie, maar dis nie maklik om kalm te bly as ’n gorilla van 200 kilogram jou enige oomblik kan verras nie!
Hy haal diep asem en sluk amper ’n paar muggies, bleg!
Al wat Jeff kan doen, is om verder te loop. Hy moet saggies en versigtig wees. Nadat hy weke lank geloop het, of dit was seker net ’n uur, sien hy sy grootste vrees. Sy hart sink in sy skoene en sy bene voel soos jellie
Hy’s beslis nóú in die moeilikheid ...
Woordeskat
sy hart sink in sy skoene (idioom, someone’s heart sinks into his boots): iemand verloor moed
Vertalings
verras – surprise vrees – fear muggies – gnats jellie – jelly versigtig – careful
Aktiwiteit 222: Speel ’n taalspeletjie
Luister na die fasiliteerder se instruksies en speel saam.
Aktiwiteit 223: Vertel die gebeure oor
Het daar al iets met jou gebeur wat snaaks of vreemd was? Of was jy iewers heen op ’n opwindende uitstappie? Vertel hiervan. Praat in die verlede tyd en gebruik verbindingswoorde.
AFDELING 2 LEES EN KYK
Aktiwiteit 224: Lees ’n storie
Wat het nou weer in deel 1 van “Jeff se geheim” gebeur? Hoe het deel 1 geëindig?
As jy na die titel van die storie en die prentjie kyk, wat dink jy gaan in die storie gebeur?
Lees die storie saam.
• “Ongenooid” word uitgespreek as “on-gi-nooit”.
• “Nóg” moet met klem gesê word.
Onthou, as ’n woord te moeilik lyk om te sê, breek die woord op in lettergrepe en probeer dit dan sê.
Jeff se geheim (deel 2)
Anrica Mills
’n Gorilla sit voor hom. Hy sak stadig af tot op die grond om te wys dat hy nie ’n bedreiging vir die gorilla is nie. Hy is so groot soos ’n klein kar, dink Jeff. Dan eers sien hy die kleintjie wat aan die rug vasklou – dis ’n ma-gorilla en haar kleintjie! Die ma-gorilla kyk vir hom en dit lyk nie of sy dit vreeslik snaaks vind dat hy besluit het om ongenooid op te daag nie.
Skielik grom sy en slaan haar vuiste teen die grond. Jeff kan hoor hoe sy hart klop; hy kyk weg en begin terugtree.
Maar ma-gorilla is nog nie klaar met Jeff nie.
Sy loop verby hom met haar reusepote en stamp hom liggies teen die skouer met hare. Sy loop verder sonder om terug te kyk. Sy het amper vir Jeff omgestamp, maar hy bly regop. Hy kan dit nie glo nie! Hy’t ’n berggorilla gesien! ’n Berggorilla het aan hom geraak! Niemand gaan hom glo nie!
Die geluid van takke wat breek, bring Jeff terug na die werklikheid toe. Hy skrik groot. “Agge nee, wat nou?” fluister hy.
Hy kan maar net hoop dat die leeu, luiperd of wat ook al dit is, versadig is ...
“Jeff! Jeff, waar is jy?” Sy pa se stem is die beste ding nóg wat hy vandag gehoor het.
“Pappa! Hier’s ek!” Hy hardloop na sy pa toe en gee hom ’n drukkie.
SAMPLE
“Ek raas sommer met jou!” sê sy pa kwaai. “Jy kon iets oorgekom het! Het jy geweet hier’s gorillas in die omgewing? Hulle kan baie gevaarlik wees.” Sy pa klink kwaai en verlig op dieselfde tyd.
“Ek’s jammer, Pappa, ek sal nie weer agterraak nie,” glimlag Jeff. Hy sal maar sy geheim vir homself hou, of hoe?
Woordeskat bedreiging (threat): iets/iemand wat dalk ’n gevaar kan wees
Vertalings
rug – back omgestamp – knocked over vasklou – holding on berggorilla – mountain gorilla ongenooid – uninvited versadig – not hungry grom – growl oorgekom het – (in context) could’ve been hurt vuiste – fists verlig – relieved terugtree – retreat agterraak – fall behind skouer – shoulder
Handleiding 2/2
Vir die nuuskieriges: Hoe lyk ’n berggorilla? Doen navorsing en vind uit hoe die verskillende gorillaspesies lyk. Jy kan ook oor die diere oplees, byvoorbeeld by bit.ly/2UqZ9xe.
Gesels saam oor die storie.
1. Wat gebeur in deel 2 van die storie?
2. Waarom het Jeff stadig afgesak toe hy die gorilla sien?
3. Wat het gebeur toe Jeff afgesak het? (Wat was die gevolg?)
4. Wat dink jy sou gebeur het as Jeff regop bly staan het?
5. Dink jy dit was slim van Jeff om af te sak toe hy die gorilla sien? Waarom?
6. Wat het nou weer gebeur dat Jeff alleen in die woud was? (Wat was die oorsaak?)
7. Hoe dink jy sou jy gevoel het as jy alleen in die woud was en ’n gorilla gesien het?
8. Het jy al ’n wildedier (wild animal) teëgekom? Het ’n dier jou al seergemaak/aangeval?
Aktiwiteit 225: Beantwoord vrae
Lees deel 2 van die storie weer en beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Wat is die “moeilikheid” waarin Jeff is?
2. Waarmee vergelyk Jeff die gorilla? Wat is die vergelyking?
3. Wat beteken dit dat die ma-gorilla “dit nie vreeslik snaaks vind dat hy besluit het om ongenooid op te daag nie”?
4. Toe die gorilla haar vuiste teen die grond slaan, het Jeff begin terugtree en haar nie in die oë gekyk nie. Waarom dink jy het Jeff haar nie in die oë gekyk nie?
SAMPLE
5. Nadat die gorilla weg is, hoor Jeff takke wat breek. Wat dink hy is dit?
6. Wat was die geluid toe?
7. Waarom dink jy besluit Jeff om vir niemand te vertel van die berggorilla wat hom gestamp het nie?
8. Waaruit bestaan die woord “bedreiging”?
9. Waarom is daar ’n afkappingsteken in “hier’s”?
10. Maak die meervoud en verkleining van “gorilla”.
Pasop om nie deurmekaar te raak tussen lettergrepe/klankgrepe en die dele van ’n woord nie.
Bonus: Jeff dink die gorilla is so groot soos ’n klein kar. Wat is ’n sinoniem vir “kar”?
Aktiwiteit 226: Voorvoegsels en agtervoegsels
In die vorige aktiwiteit moes jy sê waaruit die woord “bedreiging” bestaan. Kan jy aan nog woorde dink met “dreig” in?
Beantwoord die vrae in jou werkboek. Die woorde kom uit deel 2 van “Jeff se geheim”.
1. Waaruit bestaan die woorde?
1.1 kleintjie
1.2 vreeslik
1.3 ongenooid
1.4 terugtree
1.5 berggorilla
1.6 gevaarlik
2. Dink aan minstens nog twee woorde met die voegsels wat in die woorde onderstreep is.
2.1 vuiste
2.2 verlig
2.3 gevaarlik
Aktiwiteit
227: Meervoud en verkleining
Kan jy nog al die reëls van meervoud en verkleining onthou? Watter reëls volg die volgende woorde?
• kar – karretjie
• kat – katjie
SAMPLE
• boom – boompie
• boom – bome
Beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Lees weer paragraaf 1 van deel 2 van “Jeff se geheim” en identifiseer al die selfstandige naamwoorde. As dieselfde woord meer as een keer in die paragraaf is, onderstreep dit net die eerste keer.
Hoe ken ons nou weer ’n selfstandige naamwoord uit?
’n Gorilla sit voor hom. Hy sak stadig af tot op die grond om te wys dat hy nie ’n bedreiging vir die gorilla is nie. Hy is so groot soos ’n klein kar, dink Jeff. Dan eers sien hy die kleintjie wat aan die rug vasklou – dis ’n ma-gorilla en haar kleintjie! Die ma-gorilla kyk vir hom en dit lyk nie of sy dit vreeslik snaaks vind dat hy besluit het om ongenooid op te daag nie.
Handleiding 2/2
2. Maak die meervoud en verkleining van die selfstandige naamwoorde wat jy onderstreep het. Jy kan ’n tabel soos hier onder in jou werkboek teken.
Woord
Meervoud Verkleining
Bonus: Waarom het “pa’s” ’n afkappingsteken maar “pappas” nie?
Aktiwiteit 228: Direkte en indirekte rede
Vir die nuuskieriges: Soek ’n paar selfstandige naamwoorde in ’n koerant of tydskrif. Kan jy die meervoud en verkleining daarvan maak?
Jy het direkte en indirekte rede in les 6 hersien. Onderstreep al die direkte rede in deel 2 van “Jeff se geheim”. Hoe weet jy dit is die direkte rede?
Direkte en indirekte rede
• Onthou, as ons van die direkte rede na die indirekte rede omskakel of andersom, is daar leestekens wat verander
SAMPLE
• Daar is ook voornaamwoorde, bywoorde en hulpwerkwoorde wat verander
• Die tydsvorm bly dieselfde , byvoorbeeld:
“Waar is Pappa?” roep Jeff. Jeff roep en vra waar sy pa is.
“Waar is Pappa?” het Jeff geroep. Jeff het geroep en gevra waar sy pa is.
Beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Skryf die woorde in die indirekte rede.
1.1 “Die son is lankal op!” sê Jeff se pa.
Gebruik altyd die werkwoord wat gegee word ook, soos “roep en vra” hier.
Onthou van die woord “dat” of “of ” by die indirekte rede.
1.2 “Die son is lankal op!” sê Jeff se pa terwyl hy die tent skud.
1.3 Jeff se pa sê: “Ons moet aan die gang kom voor dit te warm raak.”
1.4 Jeff se pa het gesê: “Ons moet aan die gang kom voor dit te warm raak.”
1.5 “Jy moet bybly,” waarsku Jeff se pa.
1.6 “Weet Pappa watter soort voël dit is?” wonder Jeff.
2. Skryf die woorde in die direkte rede. Die spreker (wie die woorde sê) se naam moet laaste staan.
2.1 Jeff sê dat hy beslis in die moeilikheid is.
2.2 Jeff het gesê dat die gorilla so groot soos ’n klein kar is.
2.3 Jeff se pa skree en vra waar Jeff is.
2.4 Jeff het geantwoord dat hy daar was.
Sien jy hoe die indirekte rede in die verskillende tydsvorme verskil?
Kyk mooi in watter tydsvorm die sin is en watter woorde moet verander.
Vir die nuuskieriges: Kan jy vraag 2 se direkte rede skryf waar die spreker se naam voor die woorde staan?
Aktiwiteit 229: Lees ’n brief
Lees Jeff se brief aan sy oupa.
Cottonstraat 2
Greenside 2034
9 Augustus 2020
Liewe Oupa
Oupa gaan dit nie glo nie! Ek was saam met my pa Virunga- Nasionale Park toe om gorillas te soek en bestudeer. Toe gebeur die coolste ding!
Ons het in die woud geloop en dit was net groen waar jy kyk! Dis so mooi in die woud met al die diere. Ek het ’n okapi baie vinnig gesien en die mooiste voëltjie, al die kleure van die reënboog! Ek wou die voëltjie graag afneem, maar hy het te vinnig weggevlieg. En toe ek weer kyk, was my pa net weg!
Ek het maar verder geloop en toe kom ek op ’n berggorilla en haar kleintjie af! Ek was baie bang, maar ek het gedoen wat my pa my geleer het. Ek het net stilgestaan. Die gorilla het eers met haar vuiste teen die grond geslaan, toe loop sy verby my en stamp my met haar skouer! Dit was ’n baie ligte stamp, want ek het nie eers omgeval nie. Dit was een van die wonderlikste ervarings, Oupa! En gelukkig het my pa my net daarna gekry!
Ek kan nie wag om alles vir Oupa te vertel nie!
Liefde
Jeff
Handleiding 2/2
Woordeskat – vertalings
afneem – (in context) take a picture of ervarings – experiences omgeval – fell over gelukkig – (in context) luckily wonderlikste – most wonderful
Gesels saam oor die brief. Jy kan die antwoorde daarna in jou werkboek skryf.
1. Waaroor gaan die brief? (Wat is die hoofgedagte?)
2. Watter datum kom onder jou adres?
3. Die aanhef van die brief is “Liewe Oupa”. Wat sê die woord “liewe” oor die soort brief wat dit is?
4. Identifiseer die inleiding, slotsin en afsluiting van die brief. Vul dit op die brief in.
5. Hoe beskryf Jeff die ontmoeting met die berggorilla?
Aktiwiteit 230: Tydsvorme
Wat kan “gelukkig” nog beteken?
Wat is die drie tydsvorme nou weer? Watter hulpwerkwoorde wys dit vir ons?
Beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. In watter tydsvorm is die sinne? Hoe weet jy dit?
1.1 ’n Gorilla sit voor hom.
1.2 Hy het stadig afgesak tot op die grond.
SAMPLE
1.3 Jeff sal ’n brief vir sy oupa skryf as hulle terug is in Suid-Afrika.
1.4 Jeff kan hoor hoe sy hart klop.
1.5 Jeff se pa sou hom dalk nie gekry het nie.
2. Skryf die sinne oor en begin soos tussen hakies aangedui.
2.1 Jeff sien die ma-gorilla en haar kleintjie. (Gister ...)
2.2 Jeff gaan weer saam met sy pa op ’n reis. (Volgende jaar ...)
2.3 Jeff kon nie glo wat hy sien nie. (Môre ...)
2.4 Jeff dink nie hy sal ooit so iets sien nie. (Verlede week ...)
3. Skryf die sinne oor in die tydsvorm tussen hakies aangedui.
3.1 ’n Gorilla sit voor hom. (Verlede tyd)
Waar staan die werkwoord in die verskillende tydsvorme nou weer?
3.2 Sy grom en slaan haar vuiste teen die grond. (Toekomende tyd)
3.3 Jeff kyk weg en maak nie oogkontak nie. (Verlede tyd)
3.4 Jeff se pa het hom gelukkig gekry. (Teenwoordige tyd)
Aktiwiteit 231: Hulpwerkwoorde
Onthou jy hoe die hulpwerkwoorde in die verskillende tydsvorme lyk? Gaan terug na les 4 as jy nie kan onthou nie.
Beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Skryf die sinne oor en skryf die hulpwerkwoorde in die regte vorm. Die hoofwerkwoorde in die sinne is reg. Onderstreep eers die hulpwerkwoord wat verkeerd is.
1.1 Gister sal die gorilla amper vir Jeff omgestamp.
1.2 Sy het verby hom loop.
1.3 Jeff het vir sy pa geroep, maar net ’n aap sal geantwoord.
1.4 Die gorilla het volgende keer nie so vriendelik wees nie.
2. Soek minstens vyf hulpwerkwoorde in ’n koerant/ tydskrif, knip dit uit en plak dit in jou werkboek. Skryf dan ’n sin daarmee en skryf hierdie sin ook in die ander twee tydsvorme. Onderstreep die hulpwerkwoorde.
Voorbeeld
kan Jeff kan sy oë nie glo nie.
Jeff kon sy oë nie glo nie.
Jeff sal sy oë nie kan glo nie.
Aktiwiteit 232: Voorsetsels
SAMPLE
Beantwoord die vrae oor voorsetsels in jou werkboek.
’n Volwasse berggorilla-mannetjie is tussen 1,2 en 1,8 m as hy regop staan.
1. Skryf die sinne oor met die regte voorsetsels. Gebruik die woorde in die blokkie (elke woord mag net een keer gebruik word). Pasop: Daar is meer woorde om jou deurmekaar te maak en van die woorde kan in meer as een sin gebruik word. Trek die woorde dood soos wat jy dit gebruik.
deur van om binne uit op in
1.1 Jeff en sy pa klim ____ die bootjie.
1.2 Hulle slaap elkeen ____ hul eie tent.
1.3 Jeff hou ____ die mieliepap wat hy eet.
1.4 Jeff gooi sout ____ sy roereiers.
1.5 Jeff loop ____ die bos.
• A complete guide with all the texts and explanations included.
• Comprehensive explanations of language aspects.
• Step-by-step guidelines in plain language.
• Fun, engaging, and practical activities
• Interesting themes for Grade 6s to expand general knowledge and inspire curiosity.
• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.
• Suitable for learners on all levels
• Use in school or at home.