Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Lewensvaardighede
Fasiliteerdersgids
Graad 1
Sample
Aangepas vir KABV
H Erasmus
Inleiding vir die fasiliteerder
Impaq se benadering tot Lewensvaardighede in graad 1
Lewensvaardighede is die middelpunt vir die ontwikkeling van leerders. Leerders leer hoe om sosiaal te wees, en hulle ontdek hul eie voorkeure en afkeure waardeur hul persoonlikheid vorm. Hulle groei fisies en emosioneel en leer die wêreld om hulle beter verken. Die aktiwiteite in die boek skep geleentheid vir die leerders om die bostaande te help ontwikkel.
Die onderrig van Lewensvaardighede in graad 1 vereis leergeleenthede, interaksie, kreatiwiteit en toepassing van aangeleerde kennis, wat die leerders help om mense en hul omgewing beter te verstaan.
Die vak word in vier fokusareas verdeel, naamlik:
• Aanvangskennis
• Persoonlike en sosiale welsyn
• Skeppende kunste
• Liggaamsopvoeding
Aanvangskennis
Die inhoud en begrippe van aanvangskennis word uit sosiale wetenskappe, natuurwetenskappe en tegnologie saamgestel. In hierdie fokusarea leer die leerders meer oor hulle omgewing, hulle individualiteit, en diversiteit. Hulle ondersoek ook verskillende aspekte oor die wêreld rondom hulle en ontdek ’n wêreld vol wonderlike dinge. Hulle leer hoe verhoudings met ander werk, hoe om interaktief te wees en hoe om doeltreffend te kommunikeer.
Persoonlike en sosiale welsyn
Hierdie fokusarea is baie belangrik vir jong leerders. Hier leer hulle om hul liggaam op te pas en gesond te hou. Dit sluit ook gesonde verhoudings met ander en goeie waardes in. Leerders leer hoe om verantwoordelike besluite te neem om hulself, die mense om hulle en die natuur in ag te neem. Dit raak ook aan meer sensitiewe onderwerpe soos mishandeling en geweld. Die verdraagsaamheid van ander kulture, geloofsdiversiteit en verskille tussen mense word ook aangeraak.
Skeppende kunste
In hierdie fokusarea word daar op vier verskillende soorte kunsvorme gefokus, naamlik dans, drama musiek en visuele kuns. Die doel hiervan is sodat leerders hul verbeelding kan gebruik om die wêreld om hulle te ontdek.
In hierdie sessies moet leerders baie ruimte gegee word om hul eie kreatiwiteit aan te wend. Gee vir hulle materiale waarmee hulle iets moet maak sonder om ’n voorbeeld te wys. Laat hulle toe om te eksperimenteer – die proses is soms meer waardevol as die eindproduk. Byvoorbeeld as die leerders al die kleure verf op die tafel meng om te sien watter kleure hulle kan maak, maar hulle meng die verf só dat hulle met donker of bruin verf sit, aanvaar dit as deel van die proses. Dit gaan daaroor dat die leerders geleer het watter kleure om te vermeng om ’n ander kleur te kry, eerder as oor die feit dat hulle op die einde bruin verf gemaak het. Kuns gaan daaroor om te eksperimenteer.
Laat leerders al hulle sintuie gebruik om hulle kreatiewe denke aan die gang te sit en te ontwikkel. Hou kritiek tot die minimum en maak seker dit is altyd konstruktiewe kritiek
Liggaamsopvoeding
In die Grondslagfase is die ontwikkeling van die leerders se fyn- en grootmotoriese vaardighede en die ontwikkeling van hul waarnemingsvermoë baie belangrik. Leerders ontwikkel hierdie vaardighede deur spel, bewegings, speletjies en sport. Leerders moet ’n goeie postuur handhaaf, wat hulle sal help met ritme, balans en lateraliteit. Ons fokus hier op die holistiese oefening van die leerder.
Materiale en hulpbronne
In graad 1 skryf die leerders met ’n grys potlood sodat hulle maklik kan uitvee as hulle ’n fout gemaak het. Prente kan met verskillende mediums geteken en ingekleur word.
Die onderstaande is nie ’n volledige lys vir al die aktiwiteite nie, maar dit sal die meeste van die aktiwiteite dek.
Materiale vir skeppende kunste
• A4-papier (wit en verskillende kleure)
• A4-karton (wit)
• A3-karton (wit)
• Inkleurpotlode/Uitdraaikryte
• Houtlym, gom (soos Pritt) en Bostik Cleargom.
• Speelklei
• Gewone verf (soos poeierverf)
• Waterverf
• Verfkwaste
• Ou tydskrifte
• Koerante
• Stoepkryt
• Kartonbokse (bv. ontbytpap)
• Oliepastelle
• Plastiek-/polistireenkoppies
Materiale vir liggaamlike oefening
• Tennisballe
• Groot balle (soos netbalballe, groot plastiekballe)
Die graad 1-pakket bestaan uit die volgende produkte:
1. Fasiliteerdersgids
2. Werkboek 1: Kwartaal 1 en 2, week 1 – 20
3. Werkboek 2: Kwartaal 3 en 4, week 21 – 40
4. Leerderhulpmiddel (snipperblaaie)
5. Fasiliteerderhulpmiddel (plakkate)
6. Assessering (portefeuljeboek)
7. Assesseringsriglyne en memorandum
Fasiliteerders word aangemoedig om assessering regdeur die jaar te doen en nie net in die aangeduide formele assesseringssessies aan die einde van elke kwartaal nie. Deurlopende assessering sal verseker dat die leerders ’n regverdige punt vir hul vermoëns kry.
Die fasiliteerdersgids
Die fasiliteerdersgids bestaan uit 20 leereenhede. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae. Elke dag is ingedeel in een of twee sessies wat al die fokusareas integraal dek. Verwys na die voorgestelde rooster vir die tydsindeling van die sessies.
Elke sessie word afgesluit met twee inligtingsblokkies – “Konseptualisering” en “Hulpbronne”. Die “konseptualisering”-blokkie bevat ’n kort opsomming oor die konsepte wat vasgelê word, en die “hulpbronne”-blokkie bevat ’n lysie van artikels wat vir die sessie verskaf word en/of benodig word.
і Dui ’n hulpbron aan wat verskaf word. Dit sluit die twee werkboeke, die leerderhulpmiddel en die plakkate (fasiliteerderhulpmiddel) in.
Æ Dui ’n hulpbron aan wat die fasiliteerder self moet verskaf.
By elke sessie word daar twee simbole gebruik:
Die uiltjie dui aan wat die fasiliteerder moet doen.
Die potlood dui aan wat die leerders moet doen.
Werkboek 1: Kwartaal 1 en 2
Die werkboek bevat 68 aktiwiteite wat die volgende temas dek:
• Kwartaal 1: Ek, my skool, gesonde gewoontes, die weer, godsdienstige en ander spesiale dae
• Kwartaal 2: My gesin, veiligheid by die huis, my liggaam, hou my liggaam veilig, godsdienstige en ander spesiale dae
Werkboek 2: Kwartaal 3 en 4
Die werkboek bevat 68 aktiwiteite wat die volgende temas dek:
• Kwartaal 3: My gemeenskap, troeteldiere, maniere en verantwoordelikhede, plante en sade, kos, godsdienstige en ander spesiale dae
• Kwartaal 4: Huise, prentkaarte, water, die hemelruim in die nag, godsdienstige en ander spesiale dae
Sample
Die fasiliteerderhulpmiddel is plakkate wat in die lesse gebruik word:
• Plakkaat 1: Emosies
• Plakkaat 2: Gesonde gewoontes
• Plakkaat 3: Die weer
• Plakkaat 4: My gemeenskap
• Plakkaat 5: Troeteldiere
• Plakkaat 6: Plante en sade
• Plakkaat 7: Vrugte
• Plakkaat 8: Groente
• Plakkaat 9: Gesonde en ongesonde kos
• Plakkaat 10: Verskillende soorte huise
Die leerderhulpmiddel
Die leerderhulpmiddel bevat snipperblaaie wat benodig word om die aktiwiteite in die werkboek of aktiwiteite vir skeppende kunste te voltooi. Die bladsye is in die volgorde waarin dit gebruik moet word.
Per week: 23 uur
Huistaal: 7/8 uur
Voorgestelde rooster vir Graad 1
Eerste Addisionele Taal (EAT): 2/3 uur
Wiskunde: 7 uur
Lewensvaardighede (LV): 6 uur
07:50 – 08:05
HUISTAAL: Luister en praat 15 min
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min
08:05 – 09:30
09:30 – 10:00
10:00 – 10:20
10:20 – 10:50
10:50 – 11:20
11:20 – 11:45
11:45 – 12:00
HUISTAAL: Luister en praat 15 min
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min
HUISTAAL: Luister en praat 15 min HUISTAAL: Luister en praat 15 min
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min
HUISTAAL: Luister en praat 15 min
Sample
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min
HUISTAAL: Lees en klanke 30 min
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Skryf 30 min
HUISTAAL: Handskrif 25 min
EAT: Luister en praat 15 min
HUISTAAL: Lees en klanke 30 min
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Skryf 30 min
HUISTAAL: Handskrif 25 min
EAT: Luister en praat 15 min
HUISTAAL: Lees en klanke 30 min HUISTAAL: Lees en klanke 30 min
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Skryf 30 min
HUISTAAL: Handskrif 25 min
EAT: Luister en praat 15 min
12:00 – 12:15 P O U S E
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Skryf 30 min
HUISTAAL: Handskrif 25 min
EAT: Luister en praat 15 min
HUISTAAL: Lees en klanke 30 min
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Skryf 30 min
HUISTAAL: Handskrif 25 min
EAT: Luister en praat 15 min
12:15 – 13:15
LV: Liggaamsopvoeding 60 min
LV: Skeppende Kunste 40 min
EAT: Lees, skryf en klanke 20 min
LV: Liggaamsopvoeding 60 min
LV: Skeppende Kunste 40 min
EAT: Lees, skryf en klanke 20 min
LV: Skeppende Kunste 40 min
EAT Lees, skryf en klanke 20 min
Leereenheid 1
Dag 1
Week 1
Sessie 1: Temabespreking – Ek
Hou ’n informele bespreking om elke tema bekend te stel. Lei die gesprek deur vrae te vra, en die leerders praat oor ervarings wat hulle gehad het. Dit is belangrik om op bestaande kennis voort te bou sodat die leerders ’n geheelbeeld van elke onderwerp kry. In hierdie sessie word die tematafel ook gebruik. Die leerders neem deel deur voorwerpe vir die tematafel te versamel.
Hou ’n informele bespreking met die leerders oor “ek”. Begin deur die gedig vir die leerders te leer en dit saam met hulle op te sê.
My klere het gekrimp
Jaco Jacobs
My klere het gekrimp!
My trui sit vreeslik styf en my heel mooiste T-hemp klou vas aan my lyf. My skoene is te klein, en my broekspype te kort. Maar Mamma sê my klere krimp nie – dis net ek wat groter word. (Uit Rondomtalie: Rympies en liedjies)
Gebruik die vrae as riglyn:
• Wat beteken dit om uniek te wees?
• Wat maak jou uniek?
• Hoe oud is jy?
• Waar bly jy?
• Wie is jou beste maatjie?
• Wat is jou gunsteling- (kos, lekkers, kleur, speelding of speletjie, aartappelskyfies, sport, roomys, televisieprogram, ens.)?
• Wat is jou naam? (Noemnaam, wat noem jou maatjies jou?)
• Wat is jou regte naam (indien relevant)?
• Wat is jou troetelnaam? (Wat noem jou ma en pa jou?)
Kyk saam met die leerders na die tematafel.
Tematafel (Die tematafel word deur die loop van die leereenheid gebruik.)
• “My liggaam”-plakkaat
◦ Gaan deur die liggaamsdele en kyk of die leerders die liggaamsdele ken. Hulle kan dit ’n paar keer herhaal. Jy kan ook elke dag hierdie week daardeur gaan.
◦ Sit die plakkaat dan voor in die klas/vertrek op. Die plakkaat moet die hele week opbly, totdat ’n volgende tema behandel word. Daarna kan jy die plakkaat skuif en die plakkaat van die tema wat behandel word, voor in die klas opsit.
• Leerders kan hulle gunstelingspeelding op die tafel neersit (indien hulle dit saam klas toe mag bring, anders kan hulle ’n prentjie daarvan teken).
Sessie 2: Liggaamlike oefening
Aan die begin van elke liggaamlike opvoeding-sessie moet die leerders kreatiewe speletjies speel wat hul vaardighede oefen. Sorg dat die leerders se spiere los is voordat hulle aan ’n aktiwiteit deelneem.
Kreatiewe speletjies en vaardighede: Skud water van jou lyf af, speel ’n klavier, was jou lyf, skryf jou naam met jou tone in die lug.
Die leerders speel Bok in die hok.
Reëls
1. Maak ’n groot “hok” (lyne op gras) waarin al die leerders (bokke) mag beweeg.
2. Die leerder wat “aan” is, staan buite die hok met ’n sagte bal. Hierdie leerder moet die bokke (die ander leerders) met die bal probeer raak gooi.
3. Sodra die leerder iemand raak gooi, staan daardie leerder ook buite die “hok” en probeer om die bokke raak te gooi.
4. Die spel gaan so aan totdat daar een bok in die hok oorbly.
Indien daar baie leerders is, kan die speletjie so gespeel word dat twee leerders op ’n slag die bokke probeer raak gooi. Die leerders wat eerste die bal gegooi het, staan eenkant sodra hulle ’n bok raak gegooi het, en hierdie bok neem dan die leerder se plek in.
Indien daar net een of twee leerders is, moet familielede instaan. Anders kan die speletjie verander word dat die leerder as die enigste bok in die hok rondhardloop en kyk hoe lank die leerder in die hok kan bly voordat die fasiliteerder die leerder met die bal raak gooi.
Sample
Dag 2
Sessie 1: Temabespreking – Ek
Bespreek al die fasette van die liggaam (kop, skouers, arms, lyf, bene, voete en hande) met die leerders en gee ekstra aandag aan die gesig (oë, ore, neus, mond, hare, wenkbroue en oogwimpers). Leer die volgende liedjie vir die leerders, en doen die bewegings saam – raak aan jou liggaamsdele soos in die liedjie staan. Die wysie is dieselfde as die Engelse weergawe, Head, shoulders, knees and toes.
Kop skouers, knieë en tone
Kop, skouers, knieë en tone, knieë en tone (x2)
Ogies, ore, mond en neus
Kop, skouers, knieë en tone, knieë en tone (Alles x2)
Voltooi aktiwiteit 1 in werkboek 1. Die leerders voltooi die inligting oor hulself.
Sessie 2: Skeppende kunste
Die leerders teken verskillende liggaamsdele met bordkryt op plaveisel (bakstene of sement). Indien plaveisel nie beskikbaar is nie, kan jy byvoorbeeld vier A3-papiere in die vorm van ’n groot vierkant op die grond met kleefband plak (een groot vierkant vir elke groep). Die leerders gebruik vetkryte in plaas van bordkryt.
• Die leerders werk in groepe. Indien daar net een leerder is, werk hy/sy saam met die fasiliteerder, maar die leerder moet die meeste van die dink- en praatwerk doen.
• Die leerders kyk in detail na ’n ander leerder se oë, mond, vinger en neus. Hulle teken ’n vergroting van die liggaamsdele op plaveisel.
• Hulle teken ’n oog – hulle moet mooi na die vorm kyk (dit is nie rond nie, meer ovaal) en ook op die iris, die pupil, wimpers, wenkbroue, ens. let.
• Hulle teken ’n mond wat oop is – daar is twee lippe, tande, ’n tong, ens.
• Hulle teken ’n vinger – let op die fyn lyntjies waar die vinger buig.
• Hulle teken ’n neus – daar is twee neusgate.
Die leerders kan vertel oor die liggaamsdele wat hulle geteken het, byvoorbeeld na die oog wys en sê dat dit ’n oog is. Indien leerders dit weet, kan hulle ook sê wat ons met die liggaamsdeel doen (die werkwoord wat daarmee saam gaan), soos ons sien met ons oë, ruik met ons neus, proe met ons mond, hoor met ons ore, voel/vat met ons vingers/hande, loop met ons bene, ens.
Dag 3
Sessie 1: Temabespreking – Ek
Bespreek dinge waarvan die leerders hou en dinge waarvan hulle nie hou nie. Noem voorbeelde soos “ek hou van roomys” en “ek hou nie daarvan om siek te wees nie”. Die leerders kan hande opsteek of jy kan met die ry afgaan en elke leerder noem een of twee dinge waarvan hulle hou en een of twee dinge waarvan hulle nie hou nie. Hulle kan dinge noem soos kos, kleure, seisoene, TV-programme, eienskappe – enige iets waarvan hulle hou of nie hou nie.
Voltooi aktiwiteit 2 in werkboek 1. Die leerders teken prentjies van dinge waarvan hulle hou en dinge waarvan hulle nie hou nie. Hulle moet minstens vier dinge in elke blok teken.
Sessie 2: Liggaamlike oefening
Kreatiewe speletjies en vaardighede: Strek so groot soos ’n reus en maak jouself dan so klein soos ’n muis, spring 10 keer op en af, maak asof jy by ’n leer opklim, bekruip jou juffrou se voete.
Bou ’n hindernisbaan vir die leerders. Die leerders moet onderdeur iets kruip en bo-oor iets klim. Gebruik ook ’n balanseerbalk waaroor die leerders moet loop. Die hindernisbaan moet veilig wees.
Reëls
Sample
1. Leerders voltooi die hindernisbaan so vinnig as moontlik.
2. Indien ’n leerder afval of iets verkeerd doen, moet hulle van vooraf begin.
3. Die fasiliteerder kan met ’n stophorlosie of selfoon kyk hoe lank elke leerder neem om die hindernisbaan te voltooi. Die leerder wat dit die vinnigste sonder foute voltooi, wen.
Dag 4
Sessie 1: Temabespreking – Ek
Bespreek dinge wat die leerders kan doen en dinge wat hulle nie kan doen nie. Byvoorbeeld: Ek kan ’n bal gooi en vang, maar ek kan nie kos kook nie. Bespreek ook watter van die dinge wat die leerders noem lank vat om te leer en watter dinge hulle dalk binne die volgende jaar gaan leer.
Die leerders sê weer die gedig “My klere het gekrimp” van dag 1 op.
Voltooi aktiwiteit 3 in werkboek 1. Die leerders omkring alles wat hulle al kan doen. Hulle teken dan ’n prentjie van iets anders wat hulle kan doen en iets anders wat hulle nog nie kan doen nie in die blokkies.
Sessie 2: Skeppende kunste (deel 1)
Gebruik twee sessies vir hierdie aktiwiteit. (Die volgende sessie is op dag 5.)
• Die leerders verf hul eie gesig op ’n A3-karton.
• Hulle voeg alle gelaatstrekke by – oë, ore, neus, mond, dalk sproete, en gesels oor die kleure wat hul gelaatstrekke is.
• Die leerders gebruik die gesig in ’n volgende sessie, waar hulle hul liggaam uit kartonbokse bou.
Dag 5
Sample
Sessie 1: Temabespreking – Ek
Bespreek dinge wat jy doen as jy verjaar (byvoorbeeld hou ’n partytjie met ’n koek, daar is gewoonlik kersies op die koek, geskenke, versierings, verjaarsdagkaartjies, ens.) Nie al die leerders hou dalk verjaarsdagpartytjies nie. Gesels oor wat hulle gewoonlik op hul verjaarsdag
doen. Sing al die verjaarsdagliedjies wat julle ken, soos “Veels geluk, liewe maatjie” en “Lekker verjaar, ou maat”, en maak of julle kersies uitblaas.
Voltooi aktiwiteit 4 in werkboek 1. Die leerders teken hul eie gesig op die prentjie (die een wat die kersies uitblaas), en teken ook kersies op die koek – hoe oud word hulle hierdie jaar? Leerders kleur die prentjie in.
Sessie 2: Skeppende kunste (deel 2)
Die leerders moet kartonbokse hê, of ander voorwerpe waaruit hulle hul eie liggaam kan bou. Andersins kan hulle liggaamsdele uit karton knip en ’n liggaam daarmee bou.
• Die leerders bou hul liggaam uit kartonbokse – met ’n lyf, arms, bene en kop. Hulle kan die dele op verf.
• Die leerders plak die gesig wat hulle in sessie 2 van dag 4 geverf het op die kop.
Dag 6
Week 2
Sessie 1: Temabespreking – Emosies
Hou ’n informele bespreking met die leerders oor emosies. Hulle behoort basiese emosies soos gelukkig, ongelukkig, kwaad en hartseer te ken. Stel hulle bekend aan meer komplekse emosies soos skaam, bang, tergend, moedeloos, jaloers, opgewonde, trots, terneergedruk, teleurgesteld, ens.
Vra die volgende vrae:
• Wat maak jou gelukkig of bly?
• Wat maak jou ongelukkig of kwaad?
• Wat maak jou hartseer?
Gebruik voorbeelde van situasies en laat leerders ’n emosie daarby pas, byvoorbeeld:
• Hoe voel jy as jy in die parkie speel?
• Hoe voel jy as jy siek is?
• Hoe voel jy as jou maatjie met jou lelik is?
• Hoe voel jy as jy hoor jou ouma en oupa kom kuier?