Graad 2 • Fasiliteerdersgids Lewensvaardighede

Page 1


Grondslagfase

Graad 2 • Fasiliteerdersgids Lewensvaardighede

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Lewensvaardighede

Fasiliteerdersgids

Graad 2

SAMPLE

Aangepas vir KABV
H Erasmus

Inleiding vir die fasiliteerder

Impaq se benadering tot Lewensvaardighede in graad 2

Lewensvaardighede is die middelpunt vir die ontwikkeling van leerders. Leerders leer hoe om sosiaal te wees, en hulle ontdek hul eie voorkeure en afkeure waardeur hul persoonlikheid vorm. Hulle groei fisies en emosioneel en leer die wêreld om hulle beter verken. Die aktiwiteite in die boek skep geleentheid vir die leerders om die bostaande te help ontwikkel.

Die onderrig van Lewensvaardighede in graad 2 vereis leergeleenthede, interaksie, kreatiwiteit en toepassing van aangeleerde kennis, wat die leerders help om mense en hul omgewing beter te verstaan.

Die vak word in vier fokusareas verdeel, naamlik:

• Aanvangskennis

• Persoonlike en sosiale welsyn

• Skeppende kunste

• Liggaamsopvoeding

Aanvangskennis

Die inhoud en begrippe van aanvangskennis word uit sosiale wetenskappe, natuurwetenskappe en tegnologie saamgestel. In hierdie fokusarea leer die leerders meer oor hulle omgewing, hulle individualiteit, en diversiteit. Hulle ondersoek ook verskillende aspekte oor die wêreld rondom hulle en ontdek ’n wêreld vol wonderlike dinge. Hulle leer hoe verhoudings met ander werk, hoe om interaktief te wees en hoe om doeltreffend te kommunikeer.

Persoonlike en sosiale welsyn

SAMPLE

Hierdie fokusarea is baie belangrik vir jong leerders. Hier leer hulle om hul liggaam op te pas en gesond te hou. Dit sluit ook gesonde verhoudings met ander en goeie waardes in. Leerders leer hoe om verantwoordelike besluite te neem om hulself, die mense om hulle en die natuur in ag te neem. Dit raak ook aan meer sensitiewe onderwerpe soos mishandeling en geweld. Die verdraagsaamheid van ander kulture, geloofsdiversiteit en verskille tussen mense word ook aangeraak.

Skeppende kunste

In hierdie fokusarea word daar op vier verskillende soorte kunsvorme gefokus, naamlik dans, drama, musiek en visuele kuns. Die doel hiervan is sodat leerders hul verbeelding kan gebruik om die wêreld om hulle te ontdek.

In hierdie sessies moet leerders baie ruimte gegee word om hul eie kreatiwiteit aan te wend. Gee vir hulle materiale waarmee hulle iets moet maak sonder om ’n voorbeeld te wys. Laat hulle toe om te eksperimenteer – die proses is soms meer waardevol as die eindproduk. Byvoorbeeld as die leerders al die kleure verf op die tafel meng om te sien watter kleure hulle kan maak, maar hulle meng die verf só dat hulle met donker of bruin verf sit, aanvaar dit as deel van die proses. Dit gaan daaroor dat die leerders geleer het watter kleure om te vermeng om ’n ander kleur te kry, eerder as oor die feit dat hulle op die einde bruin verf gemaak het. Kuns gaan daaroor om te eksperimenteer.

Laat leerders al hulle sintuie gebruik om hulle kreatiewe denke aan die gang te sit en te ontwikkel. Hou kritiek tot die minimum en maak seker dit is altyd konstruktiewe kritiek

Liggaamsopvoeding

In die Grondslagfase is die ontwikkeling van die leerders se fyn- en grootmotoriese vaardighede en die ontwikkeling van hul waarnemingsvermoë baie belangrik. Leerders ontwikkel hierdie vaardighede deur spel, bewegings, speletjies en sport. Leerders moet ’n goeie postuur handhaaf, wat hulle sal help met ritme, balans en lateraliteit. Ons fokus hier op die holistiese oefening van die leerder.

Materiale en hulpbronne

In graad 2 skryf die leerders met ’n grys potlood sodat hulle maklik kan uitvee as hulle ’n fout gemaak het. Prente kan met verskillende mediums geteken en ingekleur word.

Die onderstaande is nie ’n volledige lys vir al die aktiwiteite nie, maar dit sal die meeste van die aktiwiteite dek.

Materiale vir skeppende kunste

• A4-papier (wit en verskillende kleure)

• A4-karton (wit)

• A3-karton (wit)

• Inkleurpotlode/Uitdraaikryte

• Houtlym, gom (soos Pritt) en Bostik Cleargom

• Speelklei

• Gewone verf (soos materiaalverf)

• Waterverf

• Verfkwaste

• Ou tydskrifte

• Koerante

• Stoepkryt

• Kartonbokse (bv. ontbytpap)

• Oliepastelle

• Plastiek-/polistireenkoppies

Materiale vir liggaamlike oefening

• Tennisballe

SAMPLE

• Groot balle (soos netbalballe, groot plastiekballe)

• Sokkerbal

• Hoepels

• Springtoue

• Lang toue

• Kegels

• Balanseerbalk

• Voedselkleursel (verskillende kleure)

• Strooitjies

• Watte

• Ou tandeborsels

• Vetkryte

• Splitpenne

• Tou of wol

• Kokipenne

• Dik swart kokipen (marker)

• Papierborde

• Toiletrolletjies

• Tandestokkies

• Kreukelpapier

• Wondergom (Prestik)

• Leë bottels, blikkies, proppies, doppies, polistireenhouers, ens.

• Boontjiesakkies

• Groot houers

• Raket met bal (of tennisbal)

• Krieketkolf

• Ballonne

• Klimraam

• Bande

• Lang rek

• Fluitjie

Hoe om die materiale en hulpbronne te gebruik

Die graad 2-pakket bestaan uit die volgende produkte:

1. Fasiliteerdersgids

2. Werkboek 1: Kwartaal 1 en 2, week 1 – 20

3. Werkboek 2: Kwartaal 3 en 4, week 21 – 40

4. Leerderhulpmiddel (snipperblaaie)

5. Fasiliteerderhulpmiddel (plakkate)

6. Assessering (portefeuljeboek)

7. Assesseringsriglyne en memorandum

Fasiliteerders word aangemoedig om assessering regdeur die jaar te doen en nie net in die aangeduide formele assesseringssessies aan die einde van elke kwartaal nie. Deurlopende assessering sal verseker dat die leerders ’n regverdige punt vir hul vermoëns kry.

Die fasiliteerdersgids

Die fasiliteerdersgids bestaan uit 20 leereenhede. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae. Elke dag is ingedeel in twee of drie sessies wat al die fokusareas integraal dek. Verwys na die voorgestelde rooster vir die tydsindeling van die sessies.

Elke sessie word afgesluit met twee inligtingsblokkies – “Konseptualisering” en “Hulpbronne”. Die “konseptualisering”-blokkie bevat ’n kort opsomming oor die konsepte wat vasgelê word, en die “hulpbronne”-blokkie bevat ’n lysie van artikels wat vir die sessie verskaf word en/of benodig word.

і Dui ’n hulpbron aan wat verskaf word. Dit sluit die twee werkboeke, die leerderhulpmiddel, en die plakkate (fasiliteerderhulpmiddel) in.

Æ Dui ’n hulpbron aan wat die fasiliteerder self moet verskaf.

By elke sessie word daar twee simbole gebruik:

Die uiltjie dui aan wat die fasiliteerder moet doen.

Die potlood dui aan wat die leerder moet doen.

Werkboek 1: Kwartaal 1 en 2

Die werkboek bevat 54 aktiwiteite wat die volgende temas dek:

• Kwartaal 1: Wat het ons nodig om te leef?, ek en ander, almal is spesiaal, gesonde leefstyl, godsdienstige en ander spesiale dae

• Kwartaal 2: Seisoene, plaasdiere, wilde diere, waterdiere, diereskuilings, godsdienstige en ander spesiale dae

Werkboek 2: Kwartaal 3 en 4

Die werkboek bevat 56 aktiwiteite wat die volgende temas dek:

SAMPLE

• Kwartaal 3: Grond, vervoer, padveiligheid, mense wat ons help, godsdienstige en ander spesiale dae

• Kwartaal 4: Ons land, maniere waarop ons kommunikeer, naglewe, godsdienstige en ander spesiale dae

Die fasiliteerderhulpmiddel is plakkate wat in die lesse gebruik word:

• Plakkaat 1: Wat het ons nodig om te leef?

• Plakkaat 2: Seisoene

• Plakkaat 3: Plaasdiere

• Plakkaat 4: Wilde diere

• Plakkaat 5: Waterdiere

• Plakkaat 6: Diere onder die grond

• Plakkaat 7: Soorte vervoer

• Plakkaat 8: Padveiligheid

• Plakkaat 9: Ons land, Suid-Afrika

• Plakkaat 10: Nagdiere

Die leerderhulpmiddel

Die leerderhulpmiddel bevat snipperblaaie wat benodig word om die aktiwiteite in die werkboek of aktiwiteite vir skeppende kunste te voltooi. Die bladsye is in die volgorde waarin dit gebruik moet word.

Voorgestelde rooster vir Graad 2

Per week: 23 uur

Huistaal: 7/8 uur

Eerste Addisionele Taal (EAT): 2/3 uur

Wiskunde: 7 uur

Lewensvaardighede (LV): 6 uur

07:50 – 08:05

HUISTAAL: Luister en praat 15 min

WISKUNDE: Hoofrekene 25 min

08:05 – 09:30

09:30 – 10:00

HUISTAAL: Luister en praat 15 min

Luister en praat 15 min

Luister en praat 15 min

WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: Hoofrekene 25 min

30 min

HUISTAAL: Klanke 30 min HUISTAAL: Handskrif 30 min

10:20 – 10:50

10:50 – 11:20

11:20 – 11:45

Luister en praat 15 min

WISKUNDE: Hoofrekene 25 min

WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min

Klanke 30 min

10:00 – 10:20 P O U S E

LV: Persoonlike en Sosiale Welstand & Aanvangskennis 30 min

HUISTAAL: Groepbegeleide lees 30 min

SAMPLE

HUISTAAL: Handskrif 25 min

11:45 – 12:00 EAT: Luister en praat 15 min

LV: Persoonlike en Sosiale

Welstand & Aanvangskennis 30 min

HUISTAAL: Groepbegeleide lees 30 min

HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min

EAT: Luister en praat 15 min

30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min

Skryf 30 min HUISTAAL: Klanke 30 min

LV: Persoonlike en Sosiale Welstand & Aanvangskennis 30 min

HUISTAAL: Gedeelde lees 30 min

HUISTAAL: Gedeelde lees 25 min

EAT: Luister en praat 15 min

12:00 – 12:15 P O U S E

LV: Persoonlike en Sosiale Welstand & Aanvangskennis 30 min

HUISTAAL: Groepbegeleide lees 30 min

HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min

EAT: Luister en praat 15 min

LV: Persoonlike en Sosiale Welstand & Aanvangskennis 30 min

HUISTAAL: Skryf 30 min

HUISTAAL: Handskrif 25 min

EAT: Luister en praat 15 min

12:15 – 13:15

LV: Liggaamsopvoeding 60 min

LV: Skeppende Kunste 40 min

EAT: Lees, skryf en klanke 20 min

LV: Liggaamsopvoeding 60 min

LV: Skeppende Kunste 40 min

EAT: Lees, skryf en klanke 20 min

LV: Skeppende Kunste 40 min

EAT: Lees, skryf en klanke 20 min

Leereenheid 1

Dag 1

Week 1

Sessie 1: Temabespreking – Wat het ons nodig om te leef?

Hou ’n informele bespreking om elke tema bekend te stel. Lei die gesprek deur vrae te vra, en die leerders praat oor ervarings wat hulle gehad het. Dit is belangrik om op bestaande kennis voort te bou sodat die leerders ’n geheelbeeld van elke onderwerp kry. In hierdie sessie word die tematafel ook gebruik. Die leerders neem deel deur voorwerpe vir die tematafel te versamel.

Hou ’n informele bespreking met die leerders oor wat ons nodig het om te oorleef. Begin deur die gedig vir die leerders op te sê. Jy kan die gedig ook vir hulle leer en bewegings saam met dit doen, soos om te maak of jy bewe by “sal ek bewe” (reël 2).

Dinge om te lewe

Hilda Erasmus

Wat het ek nodig om te lewe? Sonder kossies sal ek bewe. Water maak my fluks en sterk, sonder water sal ek sterf.

Die sonnetjie se helder glans gee vitamiene sodat ek kan dans. Laaste soek ek ook vars lug, van vuil lug wil ek net vlug.

SAMPLE

Vra die volgende vrae, wat die leerders beantwoord. Jy kan ander vrae ook insluit. Hierdie sessie gaan meestal oor gesonde kos.

• Wat het jy in die gedig gehoor wat ons nodig het om te oorleef? (Kos, water, sonlig en vars lug)

• Een van die dinge wat ons nodig het, is kos. Maar nie net enige kos nie – gesonde kos. Wat is gesonde kos?

• Wat is ongesonde kos?

• Het jy lekkergoed nodig om te oorleef?

• Waarom is te veel lekkergoed sleg vir jou?

• Watter gesonde kos is vir jou lekker?

Kyk saam met die leerders na die tematafel.

Tematafel (Die tematafel word deur die loop van die leereenheid gebruik.)

• “Wat het ons nodig om te leef?”-plakkaat

◦ Vra eers vir die leerders wat hulle dink ons nodig het om te oorleef. Kyk dan saam na die plakkaat. Maak seker hulle verstaan waarom ons die vier dinge (gesonde kos, water, skoon lug en sonlig) nodig het.

◦ Sit die plakkaat dan voor in die klas/vertrek op. Die plakkaat moet vir die week op bly, totdat ’n volgende tema behandel word. Daarna kan jy die plakkaat skuif en die plakkaat van die tema wat behandel word, voor in die klas opsit.

• Sit twee A2- of A3-papiere op die tematafel, met die opskrifte “Gesonde kos” en “Ongesonde kos”. Die leerders kan prentjies van gesonde en ongesonde kos uit tydskrifte/koerante knip en op die regte papier plak.

Sessie 2: Liggaamlike oefening

Voor elke dag se liggaamlike opvoeding moet die leerders kreatiewe speletjies speel wat hul vaardighede oefen. Sorg dat die leerders se spiere los is voordat hulle aan ’n aktiwiteit deelneem.

Kreatiewe speletjies en vaardighede: Asem diep in en uit terwyl die hande bo die kop gehou word en daarna langs die sye. Lê op jou rug, haal diep asem en hou jou asem in, blaas dan stadig uit deur jou mond.

Die leerders speel Bok in die hok.

Reëls

1. Maak ’n groot “hok” (lyne op gras) waarin al die leerders (bokke) mag beweeg.

2. Die leerder wat “aan” is, staan buite die hok met ’n sagte bal. Hierdie leerder moet die bokke (die ander leerders) met die bal probeer raak gooi.

3. Sodra die leerder iemand raak gooi, staan daardie leerder ook buite die “hok” en probeer om die bokke raak te gooi.

4. Die spel gaan so aan totdat daar een bok in die hok oorbly.

Indien daar baie leerders is, kan die speletjie so gespeel word dat net twee leerders op ’n slag die bokke probeer raak gooi. Die leerders wat eerste die bal gegooi het, staan eenkant sodra hulle ’n bok raak gegooi het, en hierdie bok neem dan die leerder se plek in.

SAMPLE

Indien daar net een of twee leerders is, moet familielede instaan. Anders kan die speletjie verander word dat die leerder as die enigste bok in die hok rondhardloop en kyk hoe lank die leerder in die hok kan bly voordat die fasiliteerder die leerder met die bal raak gooi.

Dag 2

Sessie 1: Temabespreking – Wat het ons nodig om te leef?

Ons het voedsel uit elke groep van die voedselpiramide nodig sodat ons genoeg vitamiene inkry en genoeg energie het. Bespreek die vyf voedselgroepe kortliks. Kan die leerders van verlede jaar onthou wat die groepe is?

• Graan en graanprodukte, soos brood, rys, pasta, die meeste ontbytpap, ens.

• Groente en vrugte, soos pere, piesangs, appels, lemoene, slaai, komkommer, blomkool, seldery, ens.

• Suiwelprodukte, soos botter, kaas, room, melk, ens.

• Vleis, vis, neute en bone, soos hoender, worsies, tuna, snoek, eiers, grondboontjies, ens.

• Vette en olies, soos olyfolie, sjokolade, botter, lekkergoed, ens.

Voltooi aktiwiteit 1 in werkboek 1. Die leerders skryf ses soorte gesonde kos neer.

Sessie 2: Skeppende kunste

Die leerders gebruik die prentjie van die vrugtemandjie in die leerderhulpmiddel.

• Die leerders gebruik enige medium om enige vrugte in die mandjie te teken. Hulle moet minstens vyf verskillende vrugte teken.

• Jy kan die leerders vra om hul eie vrug te “ontwerp” en ook te teken.

SAMPLE

Dag 3

Sessie 1: Temabespreking – Wat het ons nodig om te leef?

Ons het sover na een ding gekyk wat ons nodig het om te oorleef. Kan die leerders onthou wat dit is? (Gesonde kos) Vra die leerders om aan die gedig “Dinge om te lewe” te dink. Kan hulle

onthou watter ander dinge buiten kos ons nodig het om te leef? Die volgende lewensbelangrike ding wat ons nodig het om te leef, is water. Lei die leerders daartoe – vra byvoorbeeld wat hulle altyd eerste soek nadat hulle ver gehardloop het of ure lank buite gespeel het (’n glas yskoue water).

’n Mens se liggaam bestaan uit omtrent 60% water. Dit is dus belangrik om elke dag genoeg water te drink sodat jou liggaam gehidreer kan bly. Jy kan ander vloeistowwe buiten water ook drink, maar dit is die gesondste om meestal water te drink. Kan die leerders aan ander vloeistowwe dink wat ons kan drink? Byvoorbeeld koeldrank, koffie, tee, melk, in kos soos vleis, eiers, vrugte, groente, ens. (Moedig die leerders aan om eerder water as koeldrank te drink.)

Weet die leerders wat sal gebeur as jou liggaam nie genoeg water kry nie? Indien hulle nie aan die onderstaande kan dink nie, lei hulle tot die antwoord met subvrae, byvoorbeeld: Het jy al lank buite gespeel sonder om enige iets te drink? Hoe het jy gevoel?

As daar nie genoeg water in jou liggaam is nie, begin jou liggaam dehidreer:

1. Jy word dors en begin duiselig voel.

2. Jy kan ’n hoofpyn kry, wat jou dalk buierig kan maak. Jy verloor ook konsentrasie.

3. Jy hou aan om water te verloor deur byvoorbeeld sweet, urine en ontlasting.

4. Maar naderhand urineer jy al minder omdat jou niere water probeer behou.

5. Die tekort aan water maak jou bloed dikker. As jy byvoorbeeld nou oefen of te vinnig opstaan, kan jy flou val.

6. Jou liggaam sukkel om sy temperatuur te reguleer, wat kan veroorsaak dat jou liggaamstemperatuur val (en dalk ’n koors kry).

7. As jy vir te lank gedehidreer is, kan jou organe begin ingee en jy kan doodgaan.

Hoeveel water moet jy elke dag drink? (Die onderstaande is slegs riglyne en die hoeveelheid water wat per dag gedrink moet word, verskil van persoon tot persoon.)

• As jy 5 tot 8 jaar oud is, moet jy 5 glase water per dag drink.

• As jy 9 tot 12 jaar oud is, moet jy 7 glase water per dag drink.

• As jy 13 jaar en ouer is, moet jy 8 tot 10 glase water per dag drink.

SAMPLE

Sessie 2: Liggaamlike oefening

Kreatiewe speletjies en vaardighede: Die leerders lê op die grond of sit op ’n stoel en draai hul enkels om hul naam in die lug te “skryf”. Daarna draai die leerders hul polse.

Die leerders moet afloswedlope oefen.

Reëls

1. Deel die leerders op in spanne van vier.

2. Gee vir elke span ’n boontjiesakkie.

3. Die leerders van elke span staan 50 meter uitmekaar.

4. Sodra jy die fluitjie blaas, spring die eerste leerder van elke span met die boontjiesakkie weg. Hy/Sy hardloop so vinnig as moontlik tot by die tweede leerder, en hou die sakkie uit soos wat hy/sy die tweede leerder nader. Die tweede leerder doen dieselfde en gee die sakkie vir die derde leerder aan, en ook die derde leerder vir die vierde leerder. Die vierde leerder moet dan oor die wenstreep hardloop.

5. Die span wie se laaste leerder eerste oor die wenstreep is, wen. Indien die leerder nie die boontjiesakkie het nie, wen die volgende span wat die boontjiesakkie het.

Dag 4

Sessie 1: Temabespreking – Wat het ons nodig om te leef?

Ons kry water op verskillende plekke. Kan die leerders aan voorbeelde dink? (Soos riviere, damme, mere, die see.) Die wêreld bestaan uit omtrent 70% water, maar die meeste is seewater. Het die leerders seewater al geproe? Dit is souterig en ons kan dit nie drink nie. Daar is varswater op die aarde, maar slegs ongeveer 2,5%. En van hierdie water is gevries in die Noordpool en Suidpool. Ons het toegang tot omtrent 1% varswater op aarde, wat in damme en riviere opgevang word. Water is dus ’n baie skaars hulpbron wat spaarsamig gebruik moet word. Maak seker die leerders weet dat ons nie met water moet mors nie.

Vra dat die leerders dink waar ons elke dag water gebruik – as ons water drink, bad/stort, hande was, die toilet spoel, as ons swem, die tuin natlei, troeteldiere/plaasdiere wat water drink, as ons kos maak, ens.

Voltooi aktiwiteit 2 in werkboek 1. Lees die sinne en die leerders voltooi dit deur die regte woord uit die blokkies op die lyntjie te skryf.

1. Mense en diere drink water.

2. Ek gebruik water om myself mee te was

3. Ek gooi water op die plante in die tuin.

SAMPLE

4. Ons moenie met water mors nie.

Sessie 2: Skeppende kunste

Vra vir die leerders waarom ons hande was. (Om kieme dood te maak.) Hoe lyk die kieme wat op ons hande is as ons dit nie was nie? Die leerders maak “kieme” op papier deur verdunde verf en ’n strooitjie te gebruik.

• Maak loperige verf aan deur water by te voeg, of gebruik koekkleursel en water. (Daar moet verskillende kleure wees.)

• Gee vir elke leerder ’n A4-papier.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.