SAMPLE
SAMPLE
Kleur volgens die nommers in
1 – bruin 2 – swart 3 – pienk 4 – rooi 5 – pers
6 – geel 7 – oranje 8 – groen
SAMPLE
Aktiwiteit 9
Ek het vir my maatjie gelag toe hy/sy hartseer was.
Ek het my maatjie eerste ’n beurt gegee.
Ek het die waarheid vertel.
Ek het gevra of my maatjie hulp nodig het.
Ek het my lekkergoed met my maatjie gedeel.
Ek het op my maatjie geskree.
Ek het gepraat terwyl my maatjie besig was om te praat. Ek was baasspelerig.
Ek het vir my maatjie ’n drukkie gegee toe hy/sy seergekry het.
Ek het ’n lelike storie vir iemand anders oor my maatjie vertel.
SAMPLE
Aktiwiteit 17
’n Gidshond moet gehoorsaam wees deur te sit, lê, loop, staan of bly.
’n Gidshond moet ander mense byt.
’n Gidshond moet weet hoe om hysbakke en roltrappe te gebruik.
’n Gidshond moet vinnig oor ’n besige straat hardloop.
’n Gidshond moet sy leiband trek om vinniger te loop.
’n Gidshond moet weet wanneer ’n verkeerslig rooi of groen is.
’n Gidshond moet na ander mense toe gaan as hulle hom roep.
’n Gidshond moet om goed loop wat in die pad is.
’n Gidshond moet weet hoe om ’n trap te klim.
’n Gidshond moet weet hoe om links en regs te draai.
Aktiwiteit 23
Knip die prentjies uit en plak dit in die regte kolom in jou werkboek.
SAMPLE
Aktiwiteit 25
Moenie te veel gemorskos eet nie. Jy kan oorgewig raak, en ook moeg voel.
As grootmense naby jou rook, staan ’n entjie weg sodat jy nie die rook inasem nie.
Moet nooit alkohol drink nie. Jy kan breinskade opdoen as jy op ’n jong ouderdom drink.
Te veel skermtyd is sleg vir jou. Dit kan jou sleg laat slaap, wat sal maak dat jy sukkel om te konsentreer.
As jy slaap, groei jy en jou brein skakel af. Te min slaap sal jou geïrriteerd maak en jy sal dinge begin vergeet.
Pas jouself mooi op deur jouself skoon en netjies te hou. Was jouself elke dag, borsel jou tande en kam jou hare.
SAMPLE
Januarie Julie
Februarie Augustus
Maart September
April
Oktober
Mei November
Junie Desember
Aktiwiteit 35
Eekhorings versamel neute deur die somer en slaap deur die winter as daar nie kos is nie. Hulle word nou en dan wakker om te eet.
Slange is koudbloedige diere en kan hulself nie warm maak nie. Hulle soek ’n plekkie tussen blare of in ’n rotsskeur om hulself warm te hou.
Slakke maak hulle dop toe met ’n droë laag slym. Dit hou hulle veilig deur die winter, veral as kos skaars is op plekke waar dit sneeu.
Party paddas grawe ’n gat in die sand om in te slaap, terwyl ander onder die water bly. Soms word hulle wakker om kos te soek of te swem.
SAMPLE
seekoei krokodil rooibok kameelperd
jagluiperd luiperd bobbejaan leeu koedoe buffel renoster blouwildebees
1 2 3 SAMPLE