Lewensvaardighede Werkboek: Kwartaal 1 en 2 Graad 2

Page 1


Lewensvaardighede Werkboek: Kwartaal 1 en 2 Graad 2

Naam: Klas:

Owned and published by Optimi, a division of Optimi Central Services (Pty) Ltd.

7 Impala Avenue, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

Apart from any fair dealing for the purpose of research, criticism or review as permitted in terms of the Copyright Act, no part of this publication may be reproduced, distributed, or transmitted in any form or by any means, electronic or mechanical, including photocopying, recording, or any information storage and retrieval system without prior written permission from the publisher.

The publisher has no responsibility for the persistence or accuracy of URLs for external or third-party internet websites referred to in this publication, and does not guarantee that any content on such websites is, or will remain, accurate or appropriate.

There are instances where we have been unable to trace or contact the copyright holder. If notified, the publisher will be pleased to rectify any errors or omissions at the earliest opportunity.

Reg. No.: 2011/011959/07

Lewensvaardighede

Werkboek 1

Kwartaal 1 en 2

Graad 2

SAMPLE

Aangepas vir KABV
H Erasmus
Í5”È-A-LFS-WB01yÎ

Inhoudsopgawe

Aktiwiteit 1: Wat het ons nodig om te leef?

Gesonde kos

Ons liggaam het gesonde kos nodig vir energie. Ons moet elke dag gesonde kos uit die verskillende voedselgroepe eet.

Skryf 6 soorte gesonde kos neer.

Aktiwiteit 2: Wat het ons nodig om te leef?

Water

Ons gebruik water vir baie dinge – ons drink dit, ons was onsself daarmee, ons gebruik dit om die huis skoon te maak. En nog baie ander dinge. Plante en diere het ook water nodig.

Het jy geweet?

’n Mens kan net 3 dae sonder water lewe.

Voltooi die sinne deur die woorde in die blokkies op die regte lyntjie te skryf.

Aktiwiteit 3: Wat het ons nodig om te leef?

Waar kry ons orals water? Skryf die regte woord onder elke prentjie.

Aktiwiteit 4: Wat het ons nodig om te leef?

Skoon lug

Die lug wat ons inasem, bestaan uit verskillende deeltjies. Ons gebruik suurstof om asem te haal, sodat ons liggaam genoeg energie het. Lug wat besoedel is, het allerhande ander deeltjies in, wat ons inasem. Dit veroorsaak dat jou liggaam nie behoorlik kan werk nie.

Voltooi die sinne deur die woorde in die blokkies op die regte lyntjie te skryf.

vars suurstof longe skoon

Ons moet die lug probeer _______________ hou sodat ons elke dag _______________ lug kan inasem. Ons _______________ gebruik die _______________ in die lug sodat ons kan leef.

Aktiwiteit 5: Wat het ons nodig om te leef?

Daar is baie dinge wat die lug vuil maak. Hoe kan ons help om die lug skoon te hou? Teken prentjies by elke oorsaak hier onder. Wees kreatief – jou oplossing hoef nie realisties te wees nie.

Rook van fabrieke maak die lug vuil. Veldbrande maak baie rook.

Vulkane wat uitbars, laat baie rook en as in die lug opgaan.

Gas wat by motors se uitlaatpype uitkom, maak die lug vuil.

Mense wat sigarette rook, besoedel die lug. Vliegtuie se uitlaatgasse maak die lug vuil.

Aktiwiteit 6: Wat het ons nodig om te leef?

Sonlig

Het jy geweet dat sonlig vir ons vitamien D gee? Vitamien D help jou om sterk bene te hê.

SAMPLE

Voltooi die sinne deur die woorde in die blokkies op die regte lyntjie te skryf. brand vitamien D swem sonskerm

1. Ons kry ______________________________ uit sonlig.

2. As ek te lank in die son bly, sal ek _______________.

3. Daarom moet ek altyd ________________________ aansmeer.

4. As die son skyn, hou ek daarvan om te _______________.

Aktiwiteit 7: Ek en ander

Teken ’n prentjie van jou en jou beste maatjie. Gee ’n opskrif vir jou prentjie.

Aktiwiteit 8: Ek en ander

Gesels met jou maatjie oor elke sin. Maak ’n  of ’n r in elke blokkie.

My maatjie gee om vir my. Maatjies maak mekaar soms seer.

My maatjie sal my gunsteling-speelding breek en weggooi.

My maatjie sal my help as ek seerkry.

My maatjie sal sy/haar speelgoed met my deel sodat ons saam kan speel.

My maatjie vergewe my as ek jammer sê nadat ek lelik met hom/haar was.

My maatjie stamp my rond.

My maatjie sal ’n geheim hou en vir niemand daarvan vertel nie.

My maatjie sal lelike dinge van my agter my rug sê.

My maatjie maak my soms kwaad, maar hy/sy bly my beste maatjie.

Aktiwiteit 9: Ek en ander

Knip die sinne in die leerderhulpmiddel uit en plak dit in die regte kolom.

Goeie gedrag Slegte gedrag

Aktiwiteit 10: Ek en ander

Ons is almal verskillend. Maak jou vingerafdruk in die blokkie en vergelyk dit met jou beste maatjie se vingerafdruk.

My beste maatjie se naam is _____________________.

Ons speel graag ________________________________

Die beste ding wat my maatjie al vir my gedoen het: ___________

Ek weet my maatjie gee vir my om, want ______________________

Kleur die prentjie in.

Aktiwiteit 11: Ek en ander

Lees die storie en gesels saam daaroor. Beantwoord dan die vrae.

Iwan en sy maats

Iwan is in graad 2 en is in ju³rou Renet se klas. Sy het hulle geleer om altyd liefdevol teenoor ander te wees. Iwan is baie gewild en hy het baie maatjies, maar hy speel nie saam met almal in die klas nie. Pieter is een van hierdie kinders saam met wie Iwan nie speel nie. Iwan hou nie van Pieter nie. Hy dink Pieter is vreemd en wil nie met hom meng nie.

Een pouse vra Pieter of hy saam met Iwan en sy maats kan speel. “Natuurlik!” sê Iwan, want ju³rou Renet het hulle geleer om altyd liefdevol teenoor ander te wees. “Kom ons speel Wegkruipertjie. Ons mag net hier om die rugbyveld wegkruip,” sê Iwan. Hy besluit sommer dat Pieter eerste aan is. Terwyl Pieter toe oë staan en tel, hardloop Iwan en sy maats weg, ver weg van die rugbyveld af. Iwan haal ’n pak kaarte uit en die klomp begin speel. “Pieter gaan ’n rukkie soek!” lag Iwan.

Die klok lui en almal is terug in die klas. “Waar was julle? Ek het orals gesoek!” sê Pieter.

Iwan lag en sê: “Ons kan volgende pouse weer speel ...”

Het Iwan vir Pieter seergemaak? ________________________

Het Iwan vir Pieter geboelie? ____________________________

Jy gaan nie altyd van almal hou nie, maar as jy nie van iemand hou nie, beteken dit nie jy mag lelik met hom/haar wees nie.

Aktiwiteit 12: Ek en ander

Skryf ’n sin oor elke prentjie. Is dit wat gebeur reg of verkeerd?

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.