Lewensvaardighede Werkboek: Kwartaal 3 en 4 Graad 2

Page 1


Lewensvaardighede Werkboek: Kwartaal 3 en 4 Graad 2

Naam: Klas:

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Lewensvaardighede

Werkboek 2

Kwartaal 3 en 4

Graad 2

SAMPLE

Aangepas vir KABV
H Erasmus
Í5”È-A-LFS-WB02ÂÎ

Inhoudsopgawe

Aktiwiteit 55: Grond

Soorte grond

Ons kry verskillende soorte grond. Lees die sinne en vul die regte woorde in.

leemgrond sandgrond erdwurms kleigrond bo-op plante dig lewendige

SAMPLE

Hierdie grond is ___________________.

Die grond is dikwels los en droog en water syfer maklik daardeur. As dit reën, word die grond maklik weggespoel. Die grond word baie warm in die somer. Jy sal nie sommer ___________________ diertjies in hierdie grond kry nie.

Hierdie grond is ___________________. Dit is baie _________ en klou aan mekaar vas. As jy dit natmaak, bly die water _________ die grond lê en dit vat baie lank om in te trek. Water wat oor hierdie grond vloei, sal nie sommer klein deeltjies wegdra nie.

Hierdie grond is ___________________. Die grond is baie vrugbaar. Dit is die beste grond om ___________________ in te plant. Daar is ook diere, soos ___________________, in die grond. As jy water oor hierdie grond gooi, trek dit in die grond in.

Aktiwiteit 56: Grond

Diere onder die grond

Knip die woorde in die leerderhulpmiddel uit en plak dit by die regte dier.

Aktiwiteit 57: Grond

Erdwurms het baie belangrike takies in die grond. Gaan lees op oor erdwurms en beantwoord die volgende vrae.

Aktiwiteit 58: Grond

Verskillende grondlae

Die grond bestaan uit verskillende lae. Die boonste laag is organiese materiaal. Dit beteken dinge wat lewendig was, het doodgegaan en word nou in die grond ontbind. Dit is dinge soos blare, fungi en klein diertjies wat doodgegaan het. As iets ontbind, word dit vrot en deel in klein deeltjies op. Hierdie organiese materiaal dien as kompos omdat dit baie vrugbaar is.

Dan kry ons die bogrond, waar plante groei. Die organiese materiaal wat in die laag bo dit ontbind, maak die grond vol voedingstowwe sodat plante goed daarin kan groei. Party plante se wortels gaan dieper as hierdie laag, tot in die ondergrond. Plante se wortels hou die grond vas sodat dit nie wegspoel as dit reën nie.

Plak die woorde uit die leerderhulpmiddel op die regte plekke.

In die ondergrond kry ons wortels van party plante. Hier is ook swaarder materiaal soos klippies wat van bo afgesak het. Hoe verder ons af beweeg, hoe harder word die grond, en hoe groter is die klippe en ander materiaal wat ons kry. Hierdie grond is onvrugbaar.

Heel onder kry ons die rotsbed wat net uit klippe en stene bestaan. As al die grond bo-op dit weggespoel het, sal daar net klippe oorbly waarop ons glad nie kan plant nie. Dit is dus belangrik om gereeld bome of plante in die grond te plant sodat die grond nie wegspoel nie. Kyk of jy elke jaar minstens een boom kan plant!

Aktiwiteit 59: Grond

Dit is maklik om jou eie kompos te maak! Vul die regte woorde op die lyntjies in.

onkruid vleisbene kombuisafval erdwurms

gras omspit suurstof water

SAMPLE

Kry ’n groot houer waarin daar gate is of waarin jy gate kan maak. Hoe meer __________________ kan inkom, hoe vinniger sal dit kompos word. Gooi enige __________________ op jou komposhoop, soos groenteskille, en ook organiese materiaal soos blare en _____________. Die kompos sal baie warm begin word. Jy kan ook ________________ op jou komposhoop sit sodat hulle kan help om die groter dele af te breek. Jy moet jou kompos af en toe _________________ gee, maar dit moenie sopnat wees nie.

Jy moet elke maand die komposhoop __________________ om van die buitenste blare en gras aan die binnekant te kry sodat dit ook kan ontbind. As jou komposhoop vol is, moenie nog vars materiale bygooi nie, anders sal jou kompos nooit reg wees nie. Die kompos behoort oor drie maande reg te wees.

Daar is goed wat jy liewer nie op jou komposhoop moet sit nie. Dit is goed soos __________________, visafval en hondemis, wat die kompos vrot sal laat word en peste sal lok. Goed wat lank vat om te ontbind, is piesangskille, lemoenskille, neutedoppe en dik stokke. Moet ook nie __________________ bo-op gooi nie – dit kan saad in hê wat tussen die kompos opkom.

Aktiwiteit 60: Grond

Dit is maklik om jou eie groentetuin te maak, selfs al het jy nie baie spasie nie. Skryf neer wat jy in elke stap moet doen.

Aktiwiteit 61: Vervoer

Padvervoer

Padvervoer is soorte vervoer waarmee ons op die pad ry. Daar is baie verskillende soorte padvervoer. Knip die sinne uit die leerderhulpmiddel en plak dit onder die regte foto.

Aktiwiteit 62: Vervoer

Spoorvervoer

Lees die inligting oor treine en vul die regte woorde in op die lyntjies.

vinniger elektrisiteit besoedeling diesel stoomtreine treinspore rook goedere

SAMPLE

Treine loop op _____________________ wat van hout en metaal gemaak is. Die eerste treine was _________________________. Hierdie treine veroorsaak baie ________________________ omdat daar so baie rook uitkom terwyl die trein ry.

Elektriese treine is later ontwikkel. Dit werk met elektrisiteit, wat beteken dat die treine nie _____________ uitlaat soos stoomtreine nie. Hierdie treine is baie _____________ as stoomtreine. Dit word gebruik om mense te vervoer of om _____________ oor lang afstande te vervoer.

Dieseltreine werk soos ’n kar. Daar is ’n enjin wat deur _____________ aangedryf word. Party treine gebruik beide diesel en ___________________ saam.

Denis Kabanov / Shutterstock.com

Aktiwiteit 63: Vervoer

Lugvervoer

Lees die opdragte en kleur die lugvervoermiddels die regte kleur in.

Kleur die vliegtuig geel in.

Kleur die vuurpyl rooi in.

Kleur die lugballon oranje in.

Kleur die helikopter bruin in.

Kleur die sweef tuig blou in.

Kleur die vegvliegtuig groen in.

Kleur die valskermspringer pers in.

Kleur die ligte vliegtuig pienk in.

Aktiwiteit 64: Vervoer

Knip die woorde in die leerderhulpmiddel uit en plak dit onder die regte foto. Watervervoer

Aktiwiteit 69: Vervoer

Soek die woorde in die blokkie.

motor±ets bus trekker trok

stoomtrein dieseltrein helikopter ±ets

vegvliegtuig lugballon vuurpyl motor passasierskip woonboot seilboot kajak mikrovliegtuig ambulans vlot kano

v m i k r o v l i e g t u i g

b e d i e s e l t r e i n a s w u g f i e t s e m r t s m t t y s v u i o p t o a s e b o d r h e l i k o p t e r i u o f v o g h i o a j o k l l l m n m u k w b e e j r v r b a t

t y u u n l u g b a l l o n r m o t o r f i e t s k g o s e

i o o p a p s d f u h a t t i

j w j a g k y l v b i n n m n t r e k k e r l w e r g t o y p a s s a s i e r s k i p u o

Werkboek 2: Kwartaal 3 Graad 2 ~ Lewensvaardighede

Aktiwiteit 70: Padveiligheid

Kyk na die prent en omkring alles wat gevaarlik is. Padreëls

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.