Readers Gesonde kos, bo!

Page 1


Fase 10 Gesonde kos, bo!

Die avon ture van Ben, Lebo en Hanna

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Ben, Lebo en Hanna

Fase 10

Die avon ture van SAMPLE

Dr Nalize Scheepers

Illustrasies: Johann Strauss

Samesteller: Dr Nalize Scheepers

Illustrasies: Johann Strauss

Ontwerp: Romandi Wagenaar

Eerste uitgawe 2018

Besit en uitgegee deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Reg.nr.: 2011/011959/07

ISBN:

SAMPLE

Gesonde kos, bo!

SAMPLE

Dis uiteindelik Vrydagmiddag en Mamma gaan

haal vir Ben by die skool. Hy is moeg en loop sleepvoet motor toe. “Wat makeer, Ben?

Jy lyk nie juis opgewonde dat dit naweek is nie,”

sê Mamma. “Ek moet die naweek huiswerk doen.

Dis so onregverdig!” brom Ben.

“Wat moet jy doen?” vra Mamma. “Ons moet volgende week as ’n groep ’n praatjie oor gesonde kos gee. Dis so vervelig! Hoekom kan ons nie praat oor die wêreld se grootste pizza of wie die meeste worsbroodjies in ’n uur kan eet nie? Dis ten minste interessant. Vrugte en groente is net ’n mors van tyd,” sê Ben en skop ’n klip uit pure frustrasie.

Ben trek sy skoolklere uit en eet middagete. Hy is steeds vies oor die huiswerk wat hy moet doen. Hy gaan sit voor die TV en kyk ’n program oor monstertrokke. ’n Advertensie van ’n supermark wys wat vars vrugte en groente verkoop. Skielik weet hy wat hulle kan doen!

“Mamma, ek het ’n plan! Ons kan ’n advertensie oor gesonde kos maak.” Ben is baie opgewonde oor sy idee. “Klink goed,” sê Mamma. “Ek sal julle help prentjies soek. Wat nog?” “Elkeen moet ’n plakkaat maak wat een of ander gesonde kos adverteer.

Dan kan ons net soos in ’n advertensie vir die klas vertel hoekom ’n mens gesond moet eet.” “Dit kan werk,” sê Mamma. Ben waai by die deur uit om vir Hanna en Lebo van sy idee te gaan vertel.

SAMPLE

Die volgende oggend sit die maats om die tafel en gesels oor hoe hulle advertensie gaan lyk.

Mamma het plaatkoekies met stroop en vrugte en vars lemoensap gemaak. “Wie kan vir my sê wat gesonde kos is?” vra Mamma. “Groente,” sê Hanna. “Vrugte,” sê Lebo. “Vleis, hoender, vis en eiers,” voeg Ben by.

“Dit klink of julle weet waarvan julle praat,” sê

Mamma. “Watter gesonde kos is daar nog?”

“Melk en jogurt,” sê Hanna. “Dis reg, Hanna, en brood, hawer en rys ook.”

SAMPLE

“Daar is soveel verskillende soorte kos,” sê Ben.

“Dis reg, Ben, en ons moet gereeld iets van alles eet,” sê Mamma. “Het julle geweet melk gee vir ons kalsium, lemoene is vol vitamien C en dat daar iets soos breinkos is?”

“Breinkos?” vra almal tegelyk. Mamma lag. “Ja, daar is omega 3 in tuna en salm wat jou brein nodig het om te groei en gesond te bly.” “Vis is breinkos. Dankie, Mamma, dis ’n goeie idee vir die advertensie,” sê Ben. “Dink jy steeds dat gesonde kos vervelig is, Ben?” vra Mamma. “Nee, maar ek dink wel ’n kompetisie oor wie die meeste pasteie kan eet, is baie pret!” Almal lag.

SAMPLE

Mamma gaan haal ’n klomp ou tydskrifte uit die kas. Die kinders soek na prente van gesonde kos.

Hulle gaan die prente op groot plakkate plak en soos ’n advertensie vir die klas wys. Terwyl hulle die prente wys, gaan hulle vir die klas vertel hoekom dit belangrik is om gesond te eet.

Terwyl die kinders deur die tydskrifte blaai, soek Mamma prente op die internet. Hulle werk soos besige bytjies om al die prente uit te knip en te meet en pas. “Kom ons sit alles bymekaar,” sê Hanna.

Die kinders staan in ’n ry en elkeen hou ’n plakkaat met prente van gesonde kos vas. Hulle gaan vir Mamma, Pappa en Karin wys hoe hulle advertensie lyk.

Lebo begin: “Gesonde kos, bo! Van gesonde kos moet jy beslis meer weet. Luister nou mooi, dan weet jy wat om te eet.” Dan sê Hanna: “’n Appel ’n dag, laat die dokter wag. Wortels, ertjies en pampoen help dat ek my somme kan doen.”

SAMPLE

Nou is dit Ben se beurt: “Vir jou brein om goed te werk, is vis beslis die beste dis. En vir sterk bene en tande, is jogurt, melk en kaas bobaas.” “Skitterend!” sê Mamma. “Julle het goed gedoen.”

“Dankie, Mamma! Die huiswerk was toe glad nie so erg nie.” Ben glimlag. “Dit was pret om meer oor gesonde kos te leer, maar volgende keer doen ons iets oor die wêreld se grootste pampoen!”

SAMPLE

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.