Readers Skitterblink Karwas hou die blink kant bo

Page 1


Skitterblink Karwas hou die blink kant bo

Die avon ture van Ben, Lebo en Hanna

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Ben, Lebo en Hanna

Fase 12

Die avon ture van SAMPLE

Illustrasies: Johann Strauss

Illustrasies: Johann Strauss

Ontwerp: Romandi Wagenaar

Samesteller: Dr Nalize Scheepers

Eerste uitgawe 2018

Besit en uitgegee deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Reg.nr.: 2011/011959/07

ISBN

SAMPLE

Skitterblink Karwas hou die blink kant bo

SAMPLE

Vandag is nie ’n gewone skooldag nie. Niemand doen skoolwerk nie en die klaskamers is leeg. Dit is entrepreneursdag en dit gons van opwinding

soos die kinders hulle stalletjies oprig en lag en grappies maak. Maar vandag word daar ook ernstig besigheid gedoen.

Elke groep moet iets verkoop of ’n diens lewer om geld te maak.

Die rugbyveld staan

vol kleurvolle sambrele en stalletjies. Party verkoop koek, ander verkoop toebroodjies, worsbroodjies, ballonne, spookasem, roomys en koeldrank. Daar is selfs ’n stalletjie met melkskommels.

Ben, Lebo, Hanna, Herman en Kasper het met ’n blink plan vorendag gekom. Hulle gaan mense se motors was. Met soveel ouers by die entrepreneursdag, behoort hulle baie kliënte te hê wie se motors ’n goeie was nodig het.

SAMPLE

Die maats het ’n groot plakkaat gemaak om te wys dat hulle motors was. Hanna sit onder ’n sambreel langs die plakkaat. “Goeiemôre en welkom by Skitterblink Karwas,” groet Hanna hulle eerste kliënt van die dag. “Kan ek jou naam en jou motor se registrasienommer kry?” glimlag sy.

Sy skryf die kliënt se naam en registrasienommer in ’n boek neer. “Dit sal R35 wees, asseblief.”

Sy bêre die geld veilig in ’n kissie.

Die vier seuns is die skoonmaakspan. Hanna wys vir hulle watter motors om te was. Kasper en Lebo het elkeen ’n emmer met seep en water en ’n sponsie. Hulle was die motors terwyl Ben die vensters takel. Herman poleer die motors met ’n sagte lap totdat dit mooi blink. In ’n japtrap glinster die motors in die oggendson. Hanna doen inspeksie en kyk dat die motors skoon en blink is.

Sy wys vir hulle sy is tevrede en glimlag breed.

Almal geniet die dag. Teen tienuur het die seuns al sewe motors gewas, maar dit is harde werk om die vuil motors skoon te kry en gou raak hulle honger en dors. Kasper gaan

koop vir hulle yskoue koeldrank by een van die stalletjies. Toe hy terugkom, staan daar nog drie mense wat hulle motors wil laat was. Hulle plan het gewerk.

Die geld rol in!

SAMPLE

“Wie’s hulle?” vra Kasper. Hy wys met sy kop in die rigting van ’n man en twee vroue wat met knyperborde rondloop. “Ek is nie seker nie,” sê Ben, “Dit lyk of hulle die stalletjies dophou en kyk wat almal doen.”

Net toe kom Hanna aangedraf en dit lyk of sy groot nuus wil deel. “Weet julle wie daai mense is?” borrel sy van opgewondenheid. “Nee,” antwoord

Ben en vee skuim van sy voorkop af. “Dit is die beoordelaars!” sê Hanna in ’n harde ¶uisterstem. “Aan die einde van die dag gaan hulle ’n wenspan aanwys.” “Ek het nie geweet dit is ’n kompetisie nie,” sê Kasper. “In daardie geval moet ons skouer aan die wiel sit – ons is hier om te wen!” “Goeiemiddag, dames en here en natuurlik al ons ¶ukse entrepreneurs. Ons het aan die einde van die entrepreneursdag gekom en dit is tyd om op te ruim. Die wenspan sal oor so halfuur aangekondig word.” Die hoof se aankondiging laat almal skarrel om op te ruim.

SAMPLE

Ben lag. “Ek dink ons stalletjie is die maklikste om op te ruim.” Hulle laai die emmers, seep en sponsies in Pappa se motor. Ben slaan die sambreel af en Hanna rol die plakkaat op en sit dit ook in die motor. Kasper hou hulle geldkissie styf vas.

SAMPLE

Toe hulle klaar is, staan hulle en kyk hoe van die kinders met groter stalletjies nog besig is om op te ruim. “Kom ons help hulle,” stel Herman voor.

Ben en Lebo tel vuilgoed op en gooi dit in swartsakke. Hanna help om die koeldrank en koek weg te pak wat oorgebly het. Kasper en Herman slaan die sambrele af en stapel die stoele op mekaar.

Die hoof loop na die mikrofoon met ’n koevert in sy hand. “In die derde plek, is die stalletjie met melkskommels.” Drie meisies loop vorentoe om hul

prys te gaan haal terwyl almal hande klap. “In die tweede plek, is die stalletjie met houtspeelgoed.”

Vier seuns loop vorentoe vir hulle pryse.

“En nou, die oomblik waarop almal wag. Die wenners

van vandag se entrepreneursdag is Skitterblink

Karwas! Baie geluk, julle!” Almal klap hande soos die vyf maats op en af spring en mekaar gelukwens.

Hulle is baie bly dat hulle gewen het. Al is hulle

stok¶ou na die harde werk, was dit beslis die moeite werd.

SAMPLE

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.