Graad 4 • Fasiliteerdersgids Lewensvaardighede

Page 1


Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Lewensvaardighede

Fasiliteerdersgids

Graad 4

Aangepas vir KABV

LM van der Walt

G04 ~ Lewensvaardighede

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet.

Geneem uit die KABV

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei

AKTIWITEIT

Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets

SAMPLE

G04 ~ Lewensvaardighede

VOORWOORD

Welkom by graad 4!

Die vak Lewensvaardighede dra daartoe by om elke leerder as geheel te ontwikkel. Dit vorm die middelpunt van die holistiese ontwikkeling van die leerder. Leerders word toegerus om hulle volle potensiaal te bereik op ’n fisiese, intellektuele, persoonlike, emosionele en sosiale vlak. Die leerders word toegerus met kennis en vaardighede om hulle te help om as volronde mens in die samelewing te funksioneer. Die vak moedig leerders aan om lewensvaardighede te ontwikkel wat hulle sal toerus om op ’n doeltreffende wyse die aanslae van die samelewing te hanteer. Die leerders word ook aangemoedig om ’n aktiewe en verantwoordelike rol in die samelewing te kan speel.

Lewensvaardighede as vak bestaan uit drie afdelings:

• Persoonlike en Sosiale Welsyn (PSW)

• Liggaamlike Opvoeding (LO)

• Skeppende Kunste (SK) – Uitvoerende Kunste en Visuele Kunste

Die handleiding is só saamgestel dat die drie afdelings inmekaar vloei. Die LO-aktiwiteite is nie agter in die handleiding geplaas nie, maar ingesluit in elke kwartaal se werk. Jy kan wel die lesinhoud aanpas volgens jou goeddunke, maar jy moet seker maak dat al die werk tydens die kwartaal gedek word.

Die handleiding is in oorleg met die KABV-vereistes opgestel. Persoonlike en Sosiale Welsyn leer leerders hoe om op te tree in die verhouding tot hulself en die omgewing en gemeenskap. Dit gee aan leerders die lewensvaardighede om ingeligte besluite te neem, ten opsigte van die alledaagse lewe. Dit sluit ook besluite oor persoonlike leefstyl, gesondheid en sosiale welsyn in.

SAMPLE

Dit sal leerders help om moeilike situasies te kan hanteer. Dit fokus veral op die volgende drie onderwerpe:

1. Ontwikkeling van die self

2. Gesondheids- en omgewingsverantwoordelikheid

3. Sosiale verantwoordelikheid

Liggaamlike Opvoeding fokus weer op die fisiese ontwikkeling van die leerders. Die leerders leer van gesonde eet- en oefengewoontes, sodat hulle ingeligte besluite oor hul fiksheid en gesondheid kan neem

Die laaste deel is Skeppende Kunste. Dit word verdeel in Uitvoerende Kunste en Visuele Kunste.

G04 ~ Lewensvaardighede

Visuele Kunste fokus op die volgende drie aspekte:

1. Visuele geletterdheid

2. Ontwerpe in 2D

3. Ontwerpe in 3D

Uitvoerende Kunste stel die leerders bloot aan dans, drama en musiek. Dit help die leerders om hulle kreatiwiteit te ontwikkel en uit te brei. Die vier onderwerpe van Uitvoerende Kunste is:

• Opwarming en spel – voorbereiding van die liggaam en stem, en die gebruik van speletjies om die vaardighede aan te leer.

• Improviseer en skep – gebruik spontane kunsvaardighede om leer te demonstreer

• Lees, interpretasie en opvoering – leer die taal van die kunsvorm, interpretasie en opvoering van die kunsproduksies.

• Waardering en nadenke – demonstreer begrip en waardering van eie en ander se kunsproduksies.

Die vak Lewensvaardighede het die volgende spesifieke doelstellings, naamlik om:

• Leerders te lei om hulle volle fisiese, intellektuele, persoonlike, emosionele en sosiale potensiaal te bereik.

• Leerders te onderrig om hul grondwetlike regte en verantwoordelikhede te beoefen en om die regte van ander te respekteer.

• Leerders te lei om ingeligte en verantwoordelike besluite te neem oor hul gesondheid en omgewing.

• Kreatiewe, ekspressiewe en innoverende individue te ontwikkel.

• Vaardighede soos bewustheid van self, probleemoplossing, interpersoonlike verhoudinge, leierskap, besluitneming en effektiewe kommunikasie te ontwikkel.

• Leerders aan ervarings en die basiese vaardighede van dans, drama, musiek en visuele kunste, asook kunsgeletterdheid en waardering bloot te stel.

SAMPLE

• Leerders toe te laat om die gesondheidsvoordele van oefening te geniet en om sosiale vaardighede wat met deelname aan liggaamlike opvoeding gepaard gaan, te ontwikkel.

G04 ~ Lewensvaardighede

ROOSTER EN TYDSBESTUUR

Vier uur per week word aan Lewensvaardighede toegeken in die NKV. Die inhoud word oor 40 weke versprei om te verseker dat die kurrikulum gedek word.

GEWIG PER STUDIEVELD

Studieveld

Persoonlike en Sosiale

G04 ~ Lewensvaardighede

ASSESSERINGSVEREISTES

Assessering behoort sowel informeel asook formeel te wees. Leerders moet gereelde terugvoering ontvang om die leerervaring te verbeter.

1. Informele of daaglikse assessering

Die doel van die assessering vir leer is om deurlopend inligting oor leerders se prestasie in te samel wat gebruik word om leer te bevorder. Dit behels die daaglikse monitering van leerders se vordering. Dit word gedoen deur waarneming, bespreking, praktiese demonstrasies en informele klaskamer interaksies.

Die aktiwiteite wat in die lesse geplaas is, is ʼn wyse van informele assessering. Dit hoef nie nagesien te word nie, en tel nie enige punte nie. Dit is net belangrik om leerders se antwoorde met hulle te bespreek. Dit help die leerders om ʼn beter begrip en insig in die lestema te kweek.

2. Formele assessering

Formele assesseringstake sluit in toetse, take, projekte, eksamen en praktiese demonstrasies of opvoerings. Alle formele assesseringstake word in die portefeuljeboek uiteengesit en die memorandums vir hierdie assessering kan in die portefeuljememorandumboek gevind word.

a. Assessering in Persoonlike en Sosiale Welsyn (PSW)

Daar word van die leerders verwag om vier assesseringstake te voltooi. Dit vorm 30% van die totale punt vir die jaar.

Taak 1

SAMPLE

Taak 2

Taak 3

Taak 4

Toets Werksopdrag/ gevallestudie Projek Jaareindeksamen

b. Assessering in Liggaamlike Opvoeding

Die Liggaamlike Opvoedingstaak (LOT) word geduurnde al vier die kwartale gedoen. Daar word verwag van die leerders om elke week aan die liggaamlike aktiwiteite deel te neem. Leerderdeelname en uitvoer van bewegings in die LOT word geassesseer deur middel van klaswaarneming en aan die einde van die kwartaal sal daarvan verslag gedoen word.

G04 ~ Lewensvaardighede

Kwartaal 1, 3 en 4 word geassesseer op grond van die tabel hieronder:

Assesseringsinstrument vir LOT

Kriterium 1: Gereeldheid van deelname (20 punte)

0% = 0 punte 1 – 5% = 1 punt 6 – 10% = 2 punte

11 – 15% = 3 punte

16 – 20% = 4 punte

21 – 25% = 5 punte

26 – 30% = 6 punte

31 – 35% = 7 punte

36 – 40% = 8 punte

41 – 45% = 9 punte

46 – 50% = 10 punte

Kriterium 2: Uitkoms van die uitvoer van bewegings (10 punte)

Benodig aansienlike aandag. Lei glad nie tot die gewenste uitkoms nie. (0 – 2 punte)

Benodig aandag en afronding, veral in bewegings wat nie tot die gewenste uitkoms lei nie. (3 – 5 punte)

51 – 55% = 11 punte

56 – 60% = 12 punte

61 – 65% = 13 punte

66 – 70% = 14 punte

71 – 75% = 15 punte

Doeltreffend, effektief en gepas. Bewegings lei meestal tot gewenste uitkoms.

(6 – 8 punte)

76 – 80% = 16 punte

81 – 85% = 17 punte

86 – 90% = 18 punte

91 – 95% = 19 punte

96 – 100% = 20 punte

Uitsonderlike vaardigheidsvlakke Bewegings lei altyd tot die gewenste uitkoms.

(9 – 10 punte)

Kwartaal 2 word geassesseer op die assesseringstabel soos gegee in hierdie fasiliteerdersgids by die spesifieke les. Dit assesseer spesifieke doelwitte wat die leerder moet bereik. Die LOT-take tel ook 30% van die totale punt per kwartaal.

c. Assessering in Skeppende Kunste

Die belangrikste doel van Skeppende kunste is dat leerders ten volle betrokke moet wees by die leerervaring om kreatiwiteit, uitdrukking, kommunikasie op verskillende maniere en die genot van die kunste te ontwikkel.

Skeppende Kunste-jaarplan:

KWARTAAL 1: SKT (Visuele of Uitvoerende Kunste)

KWARTAAL 2: SKT (Uitvoerende of Visuele Kunste)

NB: Teen die middel van die jaar moet beide bane geassesseer wees.

KWARTAAL 3: SKT (Visuele of Uitvoerende Kunste)

KWARTAAL 4: SKT (Uitvoerende of Visuele Kunste)

NB: Teen die einde van die jaar moet beide bane vir die tweede keer geassesseer wees om vordering aan te dui.

G04 ~ Lewensvaardighede

Kodes en persentasie vir rekordhouding en rapportering Prestasiekode

SAMPLE

EENHEID

1

2

3

4

5

6

7

JAARPLAN

8

KWARTAAL 1

Les 1: Persoonlike sterkpunte

Les 2: Respek vir eie en ander se liggame

Les 3: Konflikhantering

Formele assessering

Les 4: Opwarming en spel

Les 5: Improviseer en skep

Les 6: Lees, interpreteer en opvoer

Les 7: Waardeer en nadenke

Les 8: Visuele geletterdheid

Les 9: Skep in 2D

Les 10: Ontwerp in 3D

Formele assessering

Les 11: Veiligheidsmaatreëls tydens aktiwiteite

Les 12: Uitvoer van bewegings –lokomotories, elevasie, rotasie en balans

Les 13: Deelname aan lokomotoriese, elevasie-, rotasie- en balanseeraktiwiteite

KWARTAAL 2

Les 14: Emosies

Les 15: Persoonlike ervaring van groepwerk

Les 16: Afknouery en boelie

Les 17: Kinderregte en verantwoordelikhede

Les 18: Opwarming en spel

Les 19: Improviseer en skep

Les 20: Lees, interpreteer en opvoer

Les 21: Waardeer en nadenke

Formele assessering

Les 22: Visuele geletterdheid

Les 23: Ontwerp in 2D

Les 24: Skep in 3D

Formele assessering

Les 25: Veiligheidskwessies in sport

Les 26: Aangepaste aanvalspeletjies

Formele assessering

9

10

11

12

13

14

15

16

KWARTAAL 3

Les 27: Kultuurdiversiteit en morele lesse

Les 28: Meerderheidsgelowe in Suid-Afrika

Les 29: Waterveiligheid

Formele assessering

Les 30: Opwarming en spel

Les 31: Improviseer en skep

Les 32: Lees, interpreteer en opvoer

Les 33: Waardeer en nadenke

Les 34: Visuele geletterdheid

Les 35: Skep in 2D

Les 36: Skep in 3D

Formele assessering

Les 37: Veiligheidsmaatreëls

Les 38: Uitvoer van ritmiese bewegings wat fokus op verbetering van die postuur

Les 39: Deelname aan ritmiese bewegings

Formele assessering

KWARTAAL 4

Les 40: Verkeersreëls vir padgebruikers

Les 41: Persoonlike en huishoudelike higiëne

Les 42: Omgewingsbewaring en persoonlike gesondheid

Les 43: MIV/vigsopvoeding

Formele assessering

Les 44: Opwarming en spel

Les 45: Improviseer en skep

Les 46: Lees, interpreteer en opvoer

Les 47: Waardeer en nadenke

Les 48: Visuele geletterdheid

Les 49: Skep in 2D

Les 50: Skep in 3D

Formele assessering

Les 51: Veiligheidsmaatreëls tydens swemen atletiekaktiwiteite

Les 52: Uitvoer van en deelname aan swemaktiwiteite

Les 53: Uitvoer van en deelname aan atletiekaktiwiteite

Formele assessering

KWARTAAL 1

EENHEID 1:

LEERDOELWITTE

INLEIDING

Persoonlike en sosiale welsyn SAMPLE

Nadat die leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle die volgende kan doen:

• Hul eie persoonlike sterkpunte kan identifiseer, ondersoek en waardeer.

• Suksesvolle en minder suksesvolle ervarings kan identifiseer.

• Minder suksesvolle ervarings in positiewe leerervarings omskep.

• Respek toon vir hul eie, sowel as ander persone se liggame.

• Gepaste strategieë kan toepas om konfliksituasies te vermy en te hanteer.

’n Persoon se selfbeeld is baie belangrik omdat dit bepaal hoe jy oor jouself voel. Dit is ook belangrik in jou optrede teenoor ander mense. Jou selfbeeld bepaal ook of jy suksesvol sal wees in dit wat jy aanpak. Die terugvoering wat jy van ander persone kry, kan positief of negatief wees. Dit is belangrik om dié terugvoer op die regte wyse te kan hanteer. Jy moet ook weet hoe om terugvoer te gee aan ander persone op die korrekte wyse. Dit is dus belangrik vir die leerder om die nodige leiding te ontvang.

Emosies is baie belangrik in die fase van die leerder se lewe. Die leerders se emosies is baie sensitief en soms voel hulle deurmekaar. Dit is daarom belangrik om te weet hoe om emosies korrek te bestuur en uit te druk. Dit is belangrik om in die moeilike tye te kan staatmaak op vriende.

Laastens gaan ons kyk na verhoudings met ander persone. Die leerder moet kan leer onderskei tussen slegte en goeie verhoudings. Die ondervindinge kan die leerder later in die lewe help as hulle belangrike besluite met betrekking tot verhoudings moet neem.

Persoonlike sterkpunte

• Identifiseer eie en ander se sterkpunte.

• Gebruik sterkpunte op ’n positiewe wyse.

• Lees oor rolmodelle of suksesvolle persone.

G04 ~ Lewensvaardighede

Respek vir eie en ander se liggame

• Hoe om eie liggaam te versorg en respekteer.

• Hoe om ander se liggame te respekteer.

• Lees oor die versorging en respek vir die liggaam.

Konflikhantering

• Konfliksituasies tuis en by die skool.

• Redes vir konflik.

• Konflikhantering.

• Lees oor veilige omgewings en hoe om konfliksituasies te vermy.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Les

• Sterkpunte: Positiewe eienskappe van ’n persoon wat hy/sy kan gebruik om sukses te behaal, bv. pligsgetrouheid, lojaliteit.

• Swakpunte: Eienskappe van ’n persoon wat hy/sy graag wil verander, bv. ’n vinnige humeur of ongeduld.

• Rolmodelle: ’n Persoon wat vir jou op ’n positiewe wyse as inspirasie dien.

• Respek: Wanneer iemand of iets vir jou belangrik is en jy dit met sorgsaamheid en versigtigheid hanteer.

• Konflik: Wanneer twee partye nie oor ’n onderwerp saamstem nie.

1: Persoonlike sterkpunte (6 uur)

Aanbevole hulpmiddels: handleiding, tydskrifprente, boeke oor rolmodelle en suksesvolle mense met selfvertroue, en koerantberigte. Jy kan ook enige ander hulpmiddels gebruik om leerder se kennis van die onderwerp te verbreed.

SAMPLE

AKTIWITEIT 1

1. Die aktiwiteit help die leerder om sy/haar eie sterk- en swakpunte te identifiseer en te bepaal wat die aspekte is wat hy/sy wil verbeter. Die volgende is slegs ’n voorbeeld van antwoorde. Die leerder se eie insig is belangrik. Die aktiwiteit tel nie vir assessering nie.

Dinge waarvan jy hou om te doen

Ek hou van sport en oefen.

Dinge waarvan jy nie hou om te doen nie

Ek hou nie van skoolwerk nie.

Dinge wat jy goed kan doen

Ek maak maklik vriende.

Dinge wat jy wil verbeter

Ek wil graag harder leer en beter punte behaal.

2. Laat die leerder ’n soortgelyke tabel opstel vir ’n maat of enige ander persoon.

3. Evalueer en vergelyk die tabelle. Bespreek dit met die leerder. Lê klem op die feit dat mense se sterk- en swakpunte verskil.

AKTIWITEIT 2

Die leerder kan enige gepaste antwoord gee. Voorbeeld van moontlike antwoord: Erica gaan vra juffrou of sy met die dekor kan help. Juffrou stem dadelik in, want sy weet dat Erica baie kreatief is. Erica is baie gelukkig daaroor en voel dat sy nou haar sterkpunte kan gebruik om iets positiefs by te dra.

Les 2: Respek vir eie en ander se liggame (4½ uur)

Aanbevole hulpmiddels: handleiding, boeke oor versorging en respek vir liggaam en koerantberigte

AKTIWITEIT 3

Leerder gebruik onderstaande uiteensetting om ’n eie eetplan uit te werk. Die oefening is net vir pret en tel nie vir assessering nie. Vette, olies en lekkers = 1 porsie per dag

Vleis, vis, eiers en neute = 2 porsies

Melk, jogurt, kaas = 2 porsies

Groente en vrugte = 5 tot 7 porsies

Brood, graan, rys en pasta = 4 tot 6 porsies

Voorbeeld van ’n eetplan:

Ontbyt

1 bakkie ontbytpap melk 1 appel

AKTIWITEIT 4

2 snye volgraanbrood met botter ham kaas

1 piesang

1 hoenderborsie pasta broccoli wortels

Die aktiwiteit tel nie vir assessering nie. Dit toets die leerder se begrip van respek vir eie en ander se liggame.

Bestudeer elke foto/prentjie saam met die leerder, en bespreek hoe die leerder daaroor voel. Vra die leerder vrae soos:

1. Hoekom laat dit jou so voel?

2. Wat sal jy doen as jy so voel?

3. Laat die leerder dan ’n lys maak van tipes aanrakings wat hom/haar ongemaklik sal laat voel, soos bv. ’n Persoon wat aan my vat waar hy/sy nie mag vat nie.

Les 3: Konflikhantering (3 uur)

Aanbevole hulpmiddels: handleiding, boeke en berigte oor konflikhantering

AKTIWITEIT 5

Lees die twee gevallestudies saam met die leerder. Bespreek die volgende met die leerder:

1. Hoe het elke persoon die konflik hanteer?

2. Wie het dit positief hanteer?

3. Wie het dit negatief hanteer?

4. Wie dink jy het op die mees gepaste wyse opgetree?

5. Hoekom dink die leerder dat dié persoon (soos aangedui in vraag 4) die situasie die beste hanteer het?

Gee aan die leerder die geleentheid om sy/haar opinie vrylik te kan gee. Gee slegs leiding aan die leerder.

AKTIWITEIT 6

Ná bestudering van die positiewe en negatiewe wyses waarop konflik hanteer kan word, bespreek die volgende met die leerder:

1. Hoe hanteer jy konflik?

2. Dink jy dis die korrekte manier?

3. Hoekom sê jy so?

AKTIWITEIT 7

Soek enige artikels, berigte of boeke oor konflikhantering. Lees dit saam met die leerder en bespreek die inhoud daarvan. Gee leiding aan die leerder. As daar geen bronne beskikbaar is nie, kan jy ’n persoonlike konfliksituasie met die leerder bespreek. Die doel van die aktiwiteit is om die leerder ’n wyer kennis te gee van konflik en die hantering daarvan.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.