Graad 4 • Handleiding Lewensvaardighede

Page 1


Intermediêre Fase

Graad 4 • Handleiding Lewensvaardighede

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Lewensvaardighede

Handleiding

Graad 4

SAMPLE

Aangepas vir KABV
LM van der Walt

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet.

Geneem uit die KABV

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei

AKTIWITEIT

Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

SAMPLE

VOORWOORD

Baie welkom in Graad 4!

Jy moet baie lees oor die onderwerpe wat ons gaan behandel sodat jy jou algemene kennis kan verbreed.

Die vak Lewensvaardighede dra daartoe by om jou as leerder as geheel te ontwikkel. Dit beteken dat jy op ’n fisiese, intellektuele, persoonlike, emosionele en sosiale vlak jou volle potensiaal sal kan bereik. Jy word toegerus met kennis en vaardighede om jou te help om as volwaardige mens in die samelewing te kan funksioneer. Die vak moedig jou aan om lewensvaardighede te ontwikkel wat jou sal toerus om op ’n doeltreffende wyse die aanslae van die samelewing te hanteer. Jy sal ook dan ’n aktiewe en verantwoordelike rol in die samelewing kan speel

Lewensvaardighede as vak bestaan uit drie afdelings:

• Persoonlike en Sosiale Welsyn (PSW)

• Liggaamlike Opvoeding (LO)

• Skeppende Kunste (SK) – Uitvoerende Kunste en Visuele Kunste

Die handleiding is só saamgestel dat die drie afdelings inmekaar vloei. Die LO-aktiwiteite is dus nie agter in die handleiding geplaas nie, maar word by elke kwartaal se werk ingesluit. Jy en jou fasiliteerder kan wel die lesinhoud aanpas soos wat julle goeddink, maar julle moet seker maak dat AL die werk deur die kwartaal gedek word. Indien jy byvoorbeeld een LOles ’n week wil kry, kan jy.

SAMPLE

Persoonlike en Sosiale Welsyn leer jou hoe om op te tree in die verhouding tussen jouself en jou omgewing en gemeenskap. Dit gee aan jou die lewensvaardighede om ingeligte besluite te neem ten opsigte van die alledaagse lewe. Dit sluit ook besluite in oor jou persoonlike leefstyl, gesondheid en sosiale welsyn.

Dit sal jou help om moeilike situasies te kan hanteer. Dit fokus veral op die volgende drie onderwerpe:

1. Ontwikkeling van die self

2. Gesondheids- en omgewingsverantwoordelikheid

3. Sosiale verantwoordelikheid.

Liggaamlike Opvoeding fokus op fisiese ontwikkeling. Jy leer van gesonde eet- en oefengewoontes sodat jy gesond en fiks kan wees.

Handleiding G04 ~ Lewensvaardighede

Die laaste deel is Skeppende Kunste. Dit stel jou bloot aan dans, drama, musiek en visuele kuns. Dit help jou om jou kreatiwiteit te ontwikkel en uit te brei. Visuele Kunste fokus op die volgende drie aspekte:

1. Visuele geletterdheid

2. Ontwerpe in 2D

3. Ontwerpe in 3D

Uitvoerende Kunste fokus op die volgende vier aspekte:

1. Opwarming en spel

2. Improviseer en skep

3. Lees, interpreteer en opvoer

4. Waardeer en nadenke

Al die formele assessering kan in die portefeuljeboek gevind word.

SAMPLE

EENHEID

1

2

3

4

5

6

7

JAARPLAN

8

KWARTAAL 1

Les 1: Persoonlike sterkpunte

Les 2: Respek vir eie en ander se liggame

Les 3: Konflikhantering

Formele assessering

Les 4: Opwarming en spel

Les 5: Improviseer en skep

Les 6: Lees, interpreteer en opvoer

Les 7: Waardeer en nadenke

Les 8: Visuele geletterdheid

Les 9: Skep in 2D

Les 10: Ontwerp in 3D

Formele assessering

Les 11: Veiligheidsmaatreëls tydens aktiwiteite

Les 12: Uitvoer van bewegings –lokomotories, elevasie, rotasie en balans

Les 13: Deelname aan lokomotoriese, elevasie-, rotasie- en balanseeraktiwiteite

KWARTAAL 2

Les 14: Emosies

Les 15: Persoonlike ervaring van groepwerk

Les 16: Afknouery en boelie

Les 17: Kinderregte en verantwoordelikhede

Les 18: Opwarming en spel

Les 19: Improviseer en skep

Les 20: Lees, interpreteer en opvoer

Les 21: Waardeer en nadenke

Formele assessering

Les 22: Visuele geletterdheid

Les 23: Ontwerp in 2D

Les 24: Skep in 3D

Formele assessering

Les 25: Veiligheidskwessies in sport

Les 26: Aangepaste aanvalspeletjies

Formele assessering

9

10

11

12

13

14

15

16

KWARTAAL 3

Les 27: Kultuurdiversiteit en morele lesse

Les 28: Meerderheidsgelowe in Suid-Afrika

Les 29: Waterveiligheid

Formele assessering

Les 30: Opwarming en spel

Les 31: Improviseer en skep

Les 32: Lees, interpreteer en opvoer

Les 33: Waardeer en nadenke

Les 34: Visuele geletterdheid

Les 35: Skep in 2D

Les 36: Skep in 3D

Formele assessering

Les 37: Veiligheidsmaatreëls

Les 38: Uitvoer van ritmiese bewegings wat fokus op verbetering van die postuur

Les 39: Deelname aan ritmiese bewegings

Formele assessering

KWARTAAL 4

Les 40: Verkeersreëls vir padgebruikers

Les 41: Persoonlike en huishoudelike higiëne

Les 42: Omgewingsbewaring en persoonlike gesondheid

Les 43: MIV/vigsopvoeding

Formele assessering

Les 44: Opwarming en spel

Les 45: Improviseer en skep

Les 46: Lees, interpreteer en opvoer

Les 47: Waardeer en nadenke

Les 48: Visuele geletterdheid

Les 49: Skep in 2D

Les 50: Skep in 3D

Formele assessering

Les 51: Veiligheidsmaatreëls tydens swemen atletiekaktiwiteite

Les 52: Uitvoer van en deelname aan swemaktiwiteite

Les 53: Uitvoer van en deelname aan atletiekaktiwiteite

Formele assessering

EENHEID

1: Persoonlike en sosiale welsyn

LEERDOELWITTE

Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:

• Jou eie persoonlike sterkpunte kan identifiseer, ondersoek en waardeer.

INLEIDING

• Suksesvolle en minder suksesvolle ervarings kan identifiseer.

• Minder suksesvolle ervarings in positiewe leerervarings omskep.

• Respek toon vir jou, sowel as ander persone se liggame.

• Gepaste strategieë kan toepas om konfliksituasies te vermy en te hanteer.

Persoonlike en sosiale welsyn gaan daaroor om jou te leer om ’n gesonde, gelukkige en suksesvolle lewe te lei. In die eenheid gaan jy leer hoe om jou eie sterkpunte, asook die van ander mense, te identifiseer. Dit is baie belangrik om te weet wat jou sterkpunte is, sodat jy dit kan gebruik om jou doelwitte te bereik. Dit is ook goed om te weet wat jou swakker eienskappe is, sodat jy daaraan kan werk en dit verbeter. Dit kan dan selfs een van jou sterkpunte word!

SAMPLE

Ons moet respek hê vir ons eie liggame. Ons moet ons liggaam voed met gesonde kos en versterk met fisiese aktiwiteite. Dit is ook belangrik om ander persone se liggame te respekteer. Daarom mag jy nooit iets doen wat ’n ander persoon ongemaklik kan laat voel nie. Laastens gaan ons kyk na moontlike konfliksituasies en hoe jy dit kan vermy of hanteer. Kyk na die onderstaande uiteensetting om dit makliker te verstaan:

Persoonlike sterkpunte

• Identifiseer eie en ander se sterkpunte.

• Gebruik sterkpunte op ’n positiewe wyse.

• Lees oor rolmodelle of suksesvolle persone.

Respek vir eie en ander se liggame

• Hoe om eie liggaam te versorg en respekteer.

• Hoe om ander se liggame te respekteer.

• Lees oor die versorging en respek vir die liggaam.

Konflikhantering

• Konfliksituasies tuis en by die skool.

• Redes vir konflik.

• Konflikhantering.

• Lees oor veilige omgewings en hoe om konfliksituasies te vermy.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

• Sterkpunte: Positiewe eienskappe van ’n persoon wat hy/sy kan gebruik om sukses te behaal, bv. pligsgetrouheid, lojaliteit.

• Swakpunte: Eienskappe van ’n persoon wat hy/sy graag wil verander, bv. ’n vinnige humeur of ongeduld.

• Rolmodelle: ’n Persoon wat vir jou op ’n positiewe wyse as inspirasie dien.

• Respek: Wanneer iemand of iets vir jou belangrik is en jy dit met sorgsaamheid en versigtigheid hanteer.

• Konflik: Wanneer twee partye nie oor ’n onderwerp saamstem nie.

Les 1: Persoonlike sterkpunte

Aanbevole hulpmiddels: handleiding, tydskrifprente, boeke oor rolmodelle en suksesvolle mense met selfvertroue, en koerantberigte

1.1 Identifiseer, ondersoek en waardeer jou eie sterkpunte

Wie is jy?

Plak ’n foto van jouself in die onderstaande blokkie.

SAMPLE

Kyk na die foto wat jy in die blokkie geplak het van jouself. Beantwoord nou die volgende vra in jou werkboek en wees eerlik met jouself!

1. Wat sien jy eerste raak as jy na die foto kyk?

2. Is jy tevrede met wat jy sien?

3. Gee ’n goeie rede vir jou antwoord in vraag 2.

4. Maak ’n lysie van al jou sterkpunte, met ander woorde al jou goeie eienskappe.

5. Maak ’n lysie van al jou swakker eienskappe – dit is al die goed wat jy graag aan jouself sou wou verander.

Jy sal nou ’n beter prentjie van jouself as ’n persoon hê. Ons het almal sterkpunte en swakpunte. Dit is waarom ons suksesvolle ervarings beleef, maar ook minder suksesvolle ervarings. Dit is belangrik dat jy weet wat is die eienskappe waaraan jy moet werk, sodat jy jou volle potensiaal kan bereik. Jou sterkpunte moet jy waardeer en dit positief aanwend om jou doelwitte te bereik. Jy moet besef dat daar ervarings gaan wees wat minder suksesvol is, maar dié ervarings kan gebruik word as ’n positiewe leerskool.

Jy dink dalk aan “Superman” as ek die woordjie sterkpunte gebruik. Maar dit is nie die tipe “sterk” waarvan ek hier praat nie. Jou sterkpunte is innerlike krag – dinge wat jy goed kan doen. Die volgende is ’n lys van sulke sterkpunte:

• Kreatiwiteit

• Gesonde nuuskierigheid na kennis

• Om “oopkop” te wees

• Leergierigheid

• Waagmoedig te wees

• Deursettingsvermoë

• Lewenslustigheid

• Goedhartigheid

• Leierseienskappe

• Selfbeheer kan toepas

• Goeie humorsin

Dit is net so belangrik om jou swakpunte te ken. Dit gebeur dikwels dat ’n persoon nie sukses behaal nie en dan nie kan verstaan hoekom hulle elke keer misluk nie. As ek egter my swakpunte kan identifiseer, kan ek dit verbeter en dan sal ek suksesvol kan wees in alles wat ek aanpak.

Die volgende is ’n aantal swakpunte wat sukses kan kortwiek:

• Aggressiwiteit

• Arrogansie

• Onsensitief vir ander mense se gevoelens

• Bevooroordeeld wees

• Hardkoppigheid

• Baasspelerigheid

• Angs

• Ongeduldig

• Negatiewe houding

• Impulsief

• Lui

• Selfsugtig

• Onbeskof

Dit is ook belangrik om ander mense se sterkpunte raak te sien en dit te respekteer. Bestudeer die prentjie:

My naam is Thabo

Thabo het ’n ontleding gaan doen van sy sterkpunte en sy swakpunte. Dit kan hom help om te bepaal wat is die eienskappe wat hy moet verbeter.

Dinge waarvan Thabo hou om te doen

• Rugby speel met sy vriende.

• Na mooi musiek luister.

• Met sy hond in die tuin speel.

AKTIWITEIT 1

Dinge waarvan Thabo nie hou om te doen nie

• Die skottelgoed was.

• Die vullis uitvat.

• Huiswerk doen.

• Vroeg opstaan vir skool.

SAMPLE

Dinge wat Thabo goed kan doen

• Hy is ’n lojale vriend.

• Hy kan mooi sing.

• Hy vertel altyd die waarheid.

Dinge wat Thabo wil verbeter

• Hy wil sy mamma help in die huis.

• Sy kamer netjies hou.

• Sy huiswerk meer getrou doen.

1. Gebruik nou dieselfde metode as wat Thabo gebruik het. Trek vir jou ’n diagram in jou werkboek en skryf jou eie, persoonlike eienskappe daarin.

Dinge waarvan jy hou om te doen

Dinge waarvan jy nie hou om te doen nie

Dinge wat jy goed kan doen

Dinge wat jy wil verbeter

2. Trek nou vir jou maat/broer/suster ook ’n tabel op en identifiseer sy/haar eienskappe.

3. Vergelyk die twee tabelle.

1.2 Maniere om minder suksesvolle ervarings in positiewe leerervarings te omskep

Dinge werk nie altyd uit soos wat jy dit sou wou gehad het nie. Jy wou dalk baie graag eerste gekom het in die kunswedstryd, maar toe kry jy derde plek! Jy voel baie hartseer, want jy weet dat jy ’n baie goeie kunstenaar is. Dit is een van jou sterkpunte, maar miskien is jy iemand wat bietjie oorhaastig kan wees. Jy het miskien jou prentjie so vinnig as moontlik probeer voltooi en het netheid en die fynere detail gevolglik afgeskeep. Maar die positiewe kant is dat jy jou sterkpunte kan gebruik om jou swakpunte te verbeter.

Jy kan in die toekoms fokus op jou talent en die fyn detail in jou kunswerke, en jouself belowe om niks weer af te rammel nie! Dit is belangrik vir jou ontwikkeling as ’n goed aangepaste jongmens om nie te fokus op die negatiewe kant van ’n saak nie, maar altyd ’n les daaruit te leer. Dan kan jy altyd verbeter op die dinge waarmee jy nie so goed is nie.

AKTIWITEIT 2

Lees die onderstaande storie en voltooi dit sodat dit ’n positiewe uitkoms sal hê.

Erica wil baie graag aan die revue deelneem. Sy weet dat sy nie baie goed kan sing nie, maar sy gaan tog na die oudisies toe. Ongelukkig word Erica nie gekies vir die revue nie. Sy is baie hartseer. Erica hoor dat juffrou iemand soek om die dekor te verf, en sy is ’n baie goeie kunstenaar ...

1.3 Lees oor rolmodelle of suksesvolle mense met selfvertroue

Daar is baie mense wat hul sterkpunte gebruik om hul swakhede te oorkom. Hierdie mense kan ons as rolmodelle voorhou. Daar is ook baie boeke geskryf deur persone wat struikelblokke moes oorkom om sukses te behaal.

Voorbeelde van boeke wat jy gerus kan lees:

SAMPLE

Al die vorige boeke vertel verhale van mense wat struikelblokke in hulle lewe suksesvol oorkom het.

Lees ook die storie oor Siya Kolisi, kaptein van die Springbok-rugbyspan wat in 2019 die Wêreldbeker gewen het.

Kolisi vandag ’n rolmodel vir duisende mense regoor die wêreld

1.1

As daar nou een Suid-Afrikaanse sportman in Suid-Afrika is wie se naam die meeste van ons ken, is dit Siyamthanda (Siya) Kolisi.

Kolisi is kaptein van die Springbok-rugbyspan en het in 2019 sy span tot ’n Wêreldbekeroorwinning gelei. Hy is die eerste swart speler wat ’n Springbok-kaptein geword het.

SAMPLE

Hierdie sportman was van kleins af ’n uitblinker. Hy het in die Zwide informele nedersetting in Port Elizabeth grootgeword en het reeds by die Emsengeni Laerskool in rugby uitgeblink. Hy is vir die Oostelike Provinsie se onder 12B-span gekies en tydens ’n wedstryd in Mosselbaai het hy onder die aandag van die bekende Grey-skool gekom. Hierdie skool is bekend vir hul uitnemende sport en het al baie bekende sportmanne opgelewer. Die skool het vir Kolisi ’n beurs aangebied en hy het gou opgang in die skool gemaak.

Hy was ’n voorbeeldige leerder en ’n uitstekende sportman wat by oud en jonk gewild was. As hy ná rugbywedstryde na sy huis teruggekeer het, is hy aanvanklik oor sy spoggerige Grey-uniform gespot, maar hy het later selfs die kinders daar se respek gewen.

Kolisi het nie ’n maklike lewe gehad nie. Sy ouma en sy ma is dood toe hy nog in die skool was en finansies was ’n groot uitdaging. Ten spyte daarvan het hy hard gewerk en sy bes by die skool gedoen. Van sy destydse Grey-maats vertel hy was reeds op skool ’n rolmodel vir jonger kinders en baie leerders het na hom opgekyk.

Figuur

Volgens die inligtingswebwerf Wikipedia is ’n rolmodel iemand wie se gedrag, voorbeeld en sukses bewonder word en wat deur ander mense nagestreef word.

Kolisi is vandag ’n rolmodel vir duisende mense regoor die wêreld – hy is ’n klinkklare voorbeeld van iemand wat ten spyte van moeilike omstandighede groot sukses behaal het. Hy bly nederig en praat met groot dankbaarheid oor almal wat ’n verskil in sy lewe gemaak het.

Kolisi glo ’n mens moet aan die gemeenskap teruggee en is vandag by verskeie projekte betrokke om kinders se lewe te verbeter.

Gaan soek nog ’n paar artikels oor mense wat ons as rolmodelle kan herken. Plak die berigte in jou werkboek.

1.4 Bereik jou volle potensiaal deur goeie selfbestuur toe te pas

Hoe lyk ’n jong mens wat streef na sukses? Dit is iemand wat glo in hom/haarself en wat weet wat hulle wil bereik, wat hard werk en nooit moed opgee nie. Suksesvolle mense stel vaste doelwitte en omring hulle met positiewe mense by wie hulle kan leer om suksesvol te wees.

Elke persoon het sekere vaardighede, talente en belangstellings en jy moet vasstel wat joune is. Jy kan jou talente en vaardighede uitbou en dit kan jou sterkpunte word. Swak punte laat jou negatief voel oor jouself en dit kan veroorsaak dat jy nie jou volle potensiaal bereik nie. Werk elke dag daaraan om jou swakpunte te verbeter.

Selfbestuur is ’n vaardigheid wat jou help beplan en jy kan dan makliker aanpas by enige verandering. Dit help jou ook om nader aan jou doelwitte te beweeg.

Hoe pas ek goeie selfbestuur toe?

SAMPLE

Stap 1: Stel duidelike doelwitte vir jouself

• Wat wil jy bereik op korttermyn? (Die einde van die kwartaal)

• Wat wil jy bereik op medium termyn? (Die einde van die jaar)

• Wat wil jy bereik op die langtermyn? (Wanneer jy groot is?)

Stap 2: Benut jou tyd

• Tyd is kosbaar – beplan jou tydsvebruik.

• Gebruik ’n dagboek en lysies.

• Stel vir jou tydsbeperkings en hou daarby.

Stap 3: Handhaaf balans

• Eet gesond.

• Oefen gereeld.

• Slaap genoeg.

• Maak tyd om lekker dinge te doen.

Stap 4: Tree op soos ’n wenner

• Doen altyd goeie akademiese werk.

• Groet altyd vriendelik.

• Behandel alle mense met respek.

Les 2: Respek vir eie en ander se liggame

Aanbevole hulpmiddels: handleiding, boeke oor versorging en respek vir liggaam en koerantberigte

2.1 Hoe om my eie liggaam te versorg en te respekteer

As jy jou eie liggaam respekteer en versorg sal jy goed voel oor jouself. Jy wil tog nie skaam kry as jy tussen ander mense is nie. Daarom is dit belangrik dat jy die volgende basiese stappe elke dag volg:

• Borsel jou tande in die oggend en in die aand.

SAMPLE

• Bad of stort ten minste een keer per dag.

• Eet gesond en oefen gereeld.

• Was jou hare ten minste drie keer per week.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.