Graad 6 • Fasiliteerdersgids
Lewensvaardighede
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Lewensvaardighede
Fasiliteerdersgids
Graad 6
Aangepas vir KABV
Fasiliteerdersgids
Leselemente
Leerdoelwitte
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.
Belangrike terminologie
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei. Wenke
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
Definieer
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
SAMPLE
Kerninhoud
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
Aktiwiteit
Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
Studeer/Hersiening
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
Vir die nuuskieriges
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge.
Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): Verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.
*LSEN in algemene taalgebruik.
*Alle leselemente word nie noodwendig in hierdie gids gebruik nie.
G06 ~ Lewensvaardighede
Welkom by graad 6!
Voorwoord
Die vak Lewensvaardighede dra daartoe by om elke leerder as geheel te ontwikkel. Dit vorm die middelpunt van die holistiese ontwikkeling van die leerder. Leerders word toegerus om hulle volle potensiaal te bereik op ’n fisiese, intellektuele, persoonlike, emosionele en sosiale vlak. Die leerders word toegerus met kennis en vaardighede om hulle te help om as volronde mens in die samelewing te funksioneer. Die vak moedig leerders aan om lewensvaardighede te ontwikkel wat hulle sal toerus om op ’n doeltreffende wyse die aanslae van die samelewing te hanteer. Die leerders word ook aangemoedig om ’n aktiewe en verantwoordelike rol in die samelewing te kan speel.
Lewensvaardighede as vak bestaan uit drie afdelings:
● Persoonlike en Sosiale Welsyn (PSW)
● Liggaamlike Opvoeding (LO)
● Skeppende Kunste (SK) – Uitvoerende Kunste en Visuele Kunste
Die handleiding is só saamgestel dat die drie afdelings inmekaar vloei. Die LO-aktiwiteite is nie agter in die handleiding geplaas nie, maar ingesluit in elke kwartaal se werk. Jy kan die lesinhoud aanpas volgens jou goeddunke, maar jy moet seker maak dat al die werk tydens die kwartaal gedek word.
SAMPLE
Die handleiding is in oorleg met die KABV-vereistes opgestel. Persoonlike en Sosiale Welsyn leer leerders hoe om op te tree in die verhouding tot hulself en die omgewing en gemeenskap. Dit gee aan leerders die lewensvaardighede om ingeligte besluite te neem, ten opsigte van die alledaagse lewe. Dit sluit ook besluite oor persoonlike leefstyl, gesondheid en sosiale welsyn in.
Dit sal leerders help om moeilike situasies te hanteer en fokus veral op drie onderwerpe:
● Ontwikkeling van die self
● Gesondheids- en omgewingsverantwoordelikheid
● Sosiale verantwoordelikheid
Liggaamlike Opvoeding fokus op die fisiese ontwikkeling van die leerders. Die leerders leer van gesonde eet- en oefengewoontes, sodat hulle ingeligte besluite oor hul fiksheid en gesondheid kan neem.
Die laaste deel is Skeppende Kunste. Dit word verdeel in Uitvoerende Kunste en Visuele Kunste.
Uitvoerende Kunste stel leerders bloot aan dans, drama en musiek. Dit help die leerders om hul kreatiwiteit te ontwikkel en uit te brei. Die vier onderwerpe van Uitvoerende Kunste is:
● Opwarming en spel – voorbereiding van die liggaam en stem, en die gebruik van speletjies om die vaardighede aan te leer.
● Improviseer en skep – gebruik spontane kunsvaardighede om leer te demonstreer.
● Lees, interpretasie en opvoering – leer die taal van die kunsvorm, interpretasie en opvoering van die kunsproduksies.
● Waardering en nadenke – demonstreer begrip en waardering van eie en ander se kunsproduksies.
Visuele Kunste fokus op die volgende drie aspekte:
● Visuele geletterdheid
● Skep in 2D
● Ontwerp in 3D
Die vak Lewensvaardighede het die volgende spesifieke doelstellings:
● Leerders te lei om hulle volle fisiese, intellektuele, persoonlike, emosionele en sosiale potensiaal te bereik.
● Leerders te onderrig om hul grondwetlike regte en verantwoordelikhede te beoefen en om die regte van ander te respekteer.
● Leerders te lei om ingeligte en verantwoordelike besluite te neem oor hul gesondheid en omgewing.
● K reatiewe, ekspressiewe en innoverende individue te ontwikkel.
SAMPLE
● Vaardighede soos bewustheid van self, probleemoplossing, interpersoonlike verhoudinge, leierskap, besluitneming en effektiewe kommunikasie te ontwikkel.
● Leerders aan ervarings en die basiese vaardighede van dans, drama, musiek en visuele kunste, asook kunsgeletterdheid en -waardering, bloot te stel.
● Leerders toe te laat om die gesondheidsvoordele van oefening te geniet en om sosiale vaardighede wat met deelname aan liggaamlike opvoeding gepaard gaan, te ontwikkel.
Alle formele assessering kan in die portefeuljeboek gevind word.
Rooster en tydsbestuur
Daar is vier uur per week aan Lewensvaardighede toegeken. Die inhoud word oor 40 weke versprei om te verseker dat die kurrikulum gedek word.
Gewig per studieveld
Studieveld
Tydstoekenning per weekTotale uur per jaar
Persoonlike en Sosiale Welsyn1½ uur
Liggaamlike Opvoeding1 uur
Skeppende Kunste 1½ uur
Totaal 4 uur
60 uur
40 uur
60 uur
160 uur
Weke 40
Assesseringsvereistes
Assessering behoort sowel informeel en formeel te wees. Leerders moet gereelde terugvoering ontvang om die leerervaring te verbeter.
1. Informele of daaglikse assessering
Die doel van die assessering vir leer is om deurlopend inligting oor die leerder se prestasie in te samel wat gebruik word om leer te bevorder. Dit behels die daaglikse monitering van leerders se vordering. Dit word gedoen deur waarneming, bespreking, praktiese demonstrasies en informele klaskamer interaksies.
SAMPLE
Die aktiwiteite in die lesse is ’n wyse van informele assessering. Dit hoef nie nagesien te word nie, en tel nie enige punte nie. Dit is net belangrik om die leerder se antwoorde te bespreek met die leerder. Dit help die leerder ’n beter begrip en insig kweek in die lestema.
2. Formele assessering
Formele assesseringstake word nagesien en formeel opgeteken op die puntestate. Dit sluit in: toetse, take, projekte, eksamen en praktiese demonstrasies of opvoerings.
Verwys na die portefeuljeboek vir formele assesseringstake en inligting oor die eksamen.
Fasiliteerdersgids
Kwartaal
1
2
Jaarplan
Eenheid en les
Eenheid 1: Persoonlike en sosiale welsyn
Les 1: Positiewe selfbeeld – liggaamsbeeld
Les 2: Vermoëns, belangstellings en potensiaal
Les 3: Groepsdruk
Les 4: Probleemoplossingsvaardighede in konfliksituasies
Eenheid 2: Uitvoerende kunste
Les 5: Opwarming en spel
Les 6: Improviseer en skep
Les 7: Lees, interpreteer en opvoer
Les 8: Waardeer en nadenke
Eenheid 3: Visuele kunste
Les 9: Visuele geletterdheid
Les 10: Skep in 2D
Les 11: Ontwerp in 3D
Eenheid 4: Liggaamlike opvoeding
Les 12: Veiligheidsmaatreëls tydens slaan- en veldwerkspeletjies
Les 13: Uitvoer van bewegings in slaan- en veldwerkspeletjies
Les 14: Deelname aan slaan- en veldwerkspeletjies
Eenheid 5: Persoonlike en sosiale welsyn
Les 15: Selfbestuursvaardighede
Les 16: Afknouery
Les 17: Kulturele deurgangsrites
Les 18: Menswaardigheid in religie
Eenheid 6: Uitvoerende kunste
Les 19: Opwarming en spel
Les 20: Improviseer en skep
Les 21: Lees, interpreteer en opvoer
Les 22: Waardeer en nadenke
Datum begin Datum voltooi
2
Eenheid 7: Visuele kunste
Les 23: Visuele geletterdheid
Les 24: Skep in 2D
Les 25: Ontwerp in 3D
Eenheid 8: Liggaamlike opvoeding
Les 26: Veiligheidsmaatreëls tydens fisiese fiksheidsaktiwiteite
Les 27: Uitvoer van bewegings in ’n fisiese fiksheidsprogram
Les 28: Deelname aan ’n fiksheidsprogram
Eenheid 9: Persoonlike en sosiale welsyn
Les 29: Versorging van diere
Les 30: Versorging van mense
Les 31: Nasiebou en kulturele erfenis
Les 32: Geslagstereotipering, seksisme en mishandeling
Eenheid 10: Uitvoerende kunste
Les 33: Opwarming en spel
Les 34: Improviseer en skep
Les 35: Lees, interpreteer en opvoer
Les 36: Waardeer en nadenke
3
4
Eenheid 11: Visuele kunste
Les 37: Visuele geletterdheid
Les 38: Skep in 2D
Les 39: Ontwerp in 3D
Eenheid 12: Liggaamlike opvoeding
Les 40: Veiligheidsmaatreëls tydens ritmiese bewegings
Les 41: Uitvoer van ritmiese patrone/bewegings met koördinasie en beheer
Les 42: Deelname aan ritmiese patrone/bewegings met koördinasie en beheer
Eenheid 13: Persoonlike en sosiale welsyn
Les 43: Basiese noodhulp
Les 44: Voedselhigiëne
Les 45: Oordraagbare siektes
Les 46: MIV/vigsopvoeding
Fasiliteerdersgids
Eenheid 14: Uitvoerende kunste
Les 47: Opwarming en spel
Les 48: Improviseer en skep
Les 49: Lees, interpreteer en opvoer
Les 50: Waardeer en nadenke
Eenheid 15: Visuele kunste
Les 51: Visuele geletterdheid
4
Les 52: Skep in 2D
Les 53: Ontwerp in 3D
Eenheid 16: Liggaamlike opvoeding
Les 54: Veiligheidsmaatreëls tydens gimnastiek- of swemaktiwiteite
Les 55: Uitvoer van gimnastiek- of swemaktiwiteite
Les 56: Deelname aan gimnastiek- of swemaktiwiteite
SAMPLE
Persoonlike en sosiale welsyn Eenheid 1
Leerdoelwitte
Ná jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:
● Beg rip en respek te hê vir liggaamsveranderinge.
● Die invloede van die media en gemeenskap op liggaamsbeeld te identifiseer.
● Eie vermoëns, belangstellings en potensiaal kan identifiseer.
● Geleenthede skep om die te meeste van maak eie vermoë, belangstelling en potensiaal.
● Groepsdruk kan identifiseer en hanteer.
● Probleemoplossingsvaardighede kan toepas in konfliksituasies.
Inleiding
SAMPLE
Ons gaan in die eenheid na ’n aantal temas kyk en meer daarvan leer. Die volgende is net ’n kortlikse inleiding tot die temas. Selfbeeld bepaal wat ’n persoon van hom/haarself dink en dit het ook ’n invloed op die suksesvolle bereiking van ideale. Selfbeeld het ook ’n ander aspek: liggaamsbeeld. Dit is wat ’n persoon van sy/haar liggaam dink. ’n Persoon moet respek hê vir sy/haar eie liggaam en dié van ander persone.
Elke mens het sekere belangstellings,vermoëns en potensiaal. Dit hang af hoe dit gebruik word om ’n persoon se volle potensiaal te bereik. Dit is belangrik dat die leerder dus weet wat sy/ haar belangstellings is, wat hul vermoëns en potensiaal is. Die leerder moet geleenthede skep om hierdie eienskappe tot sy/haar voordeel aan te wend.
Groepsdruk is nie ’n vreemde konsep nie. Kinders kry elke dag daarmee te doen. Die leerder moet groepsdruk reg hanteer. Negatiewe groepsdruk kan negatiewe gevolge hê vir ’n persoon. Ons gaan laastens kyk na probleemoplossingsvaardighede en hoe dit toegepas kan word in konfliksituasies.
Fasiliteerdersgids
Belangrike terminologie
Belangstellings: Dinge waarin jy belangstel en waarvan jy hou om aan deel te neem of te doen.
Groepsdruk: Wanneer ’n groep druk plaas op ’n individu/groep om aan ’n sekere aksie deel te neem, ongeag of dit reg of verkeerd is.
Liggaamsbeeld: Hoe jy jou liggaam sien.
Potensiaal: Die eienskap waaroor jy beskik om ’n sekere doelwit te bereik; om die beste te doen in die dinge waarin jy goed is.
Probleemoplossing: Sekere aksies wat gevolg word om probleme op te los.
Selfbeeld: Dit wat jy van jouself as ’n persoon dink.
Vermoëns: Eienskappe waaroor jy beskik om sekere take te verrig – iets wat jy goed kan doen, bv. ’n vaardigheid of talent.
Les 1
Positiewe selfbeeld – liggaamsbeeld
Aanbevole hulpmiddels: handleiding, tydskrifte en plakkate oor liggaamsbeeld
Aktiwiteit 1
Leerders se eie gepaste antwoorde.
Aktiwiteit 2
Leerders se eie gepaste antwoorde.
Aktiwiteit 3
Leerders se eie gepaste antwoorde.
Aktiwiteit 4
1. Die vrou vertoon “mooier” en “jonger” op die tweede foto.
2. Photoshop – hierdie tegniek word gebruik om digitale veranderinge aan foto’s te maak.
3. Nee
4. Ja
5 Dit skep ’n wanindruk van hoe iemand werklik lyk en skep ’n illusie van volmaaktheid.
Aktiwiteit 5
Leerders se eie antwoorde.
Aktiwiteit 6
Leerders se eie antwoorde.
Les 2
Vermoëns, belangstellings en potensiaal
Aanbevole hulpmiddels: handleiding, artikels en berigte oor tema
Aktiwiteit 7
Leerders se eie antwoorde.
Aktiwiteit 8
Leerders se eie antwoorde.
Fasiliteerdersgids
Aktiwiteit 9
Leerders se eie antwoorde.
Aktiwiteit 10
Leerders se eie antwoorde.
Aktiwiteit 11
Leerders se eie antwoorde.
Aktiwiteit 12
Leerders se eie antwoorde.
Les 3 Groepsdruk
Aktiwiteit 13
SAMPLE
Leerders se eie antwoorde.
Aktiwiteit 14
1. Leerder maak ’n lys van slegte en goeie invloede wat hul vriende al op hulle lewe/besluite gehad het.
2. Help leerder om ’n lys te maak van positiewe groepsdruk. Probeer soveel as moontlik noem. Dit kan wees soos dat maats mekaar beïnvloed om goeie dinge te doen soos om akademies beter te presteer.
3. Help leerder om lys te maak van negatiewe groepsdruk. Probeer soveel as moontlik noem. Dit kan wees soos dat maats mekaar beïnvloed om verkeerde dinge te doen soos om te rook.
Aktiwiteit 15
Leerders se eie antwoorde.
Les 4
Probleemoplossingsvaardighede in konfliksituasies
Aanbevole hulpmiddels: handleiding, artikels en berigte oor probleemoplossing
Aktiwiteit 16
Leerders se eie antwoorde.
Aktiwiteit 17
1. Hersien saam met die leerder die stappe van bemiddeling:
● Voer die gesprek in privaatheid.
● Die persone moet ooreenkom om na mekaar te luister en nie op mekaar te skree nie.
● Laat die eerste persoon sy/haar kant van die storie stel.
● Laat die tweede persoon nou sy/haar kant van die storie stel.
● Hou ’n dinkskrum saam met die persone en dink aan soveel moontlike oplossings.
● Bespreek elke voorgestelde oplossing.
● Besluit op ’n regverdige oplossing. Almal moet saamstem.
● Die partye moet ooreenkom om te hou by die oplossing en dit toepas.
2. Help die leerder om die stappe te volg en ’n plan op te stel om as bemiddelaar tussen Sara en Shaun op te tree. Laat die leerder die stappe neerskryf. Gee die leerder die geleentheid om sy/haar eie idees en opinies weer te gee. Die fasiliteerder gee slegs raad en leiding.
3. Bespreek met die leerder die stappe wat hy/sy gaan volg. Laat die leerder vir jou ’n volledige uiteensetting gee van die stappe wat hy/sy gaan volg en die oplossings waarop hy/sy besluit het.
Aktiwiteit 18
Leerders se eie antwoorde.