Gr 10 Handleiding Eerste Addisionele Taal: Taalkunde

Page 1


Graad 10 • Handleiding

Eerste Addisionele Taal: Taalkunde

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Handleiding: Taalkunde

Graad 10

Aangepas vir KABV
M Keyter

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

DEFINIEER

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK

Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.

*LSEN in algemene taalgebruik

AKTIWITEIT

Sample

Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING

Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

KERNINHOUD

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word

STUDEER / HERSIENING

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

Handleiding

G10 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal:Taalkunde

VOORWOORD

AANVULLENDE BRONNE

Dit is raadsaam om ’n goeie tweetalige en Afrikaanse verklarende woordeboek aan te skaf.

Geen ander voorgeskrewe boeke hoef aangekoop te word nie, aangesien ALLE werk in hierdie handleiding ingeskryf is

Welkom by Afrikaans Eerste Addisionele Taal graad 10. Ons wens jou sukses toe en hoop dat jy die handleiding sal geniet. Hierdie handleiding is ontwikkel om aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) of (CAPS), te voldoen.

Die kursus betaan uit:

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10 – Handleiding: Taalkunde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10 – Fasiliteerdersgids: Taalkunde

Daar is vier temas in die boek:

• Kwartaal 1: In die sportwêreld

• Kwartaal 2: Afrikaanse musiek rock

• Kwartaal 3: Slaan misdaad hok

• Kwartaal 4: Die lewe is ’n strokie

Die doel van die lesreekse is om die leerders se taalvaardighede soos Luister en Praat, Lees en Kyk: Begrip en Letterkunde, Skryf en Aanbied, asook geïntegreerde Taalstrukture enkonvensies te ontwikkel sodat die leerders in enige opset, soos die behoefte ontstaan, ook in Afrikaans kan kommunikeer.

Die lesreekse is rondom ’n verskeidenheid interessante leestekste soos koerantberigte, advertensies, strokiesverhale, liedjies, dialoë, prente en foto’s opgebou sodat leerders se verbeelding voortdurend geprikkel word.

Aangesien Lees en Kyk: Begrip en Letterkunde die meeste aandag moet geniet, word sterk klem op begrips- en leesvaardighede gelê.

In die handleiding sal voor elke taalopdrag ’n breedvoerige verduideliking wees. Die taalstrukture word dan met ’n geïntegreerde aktiwiteit ingeskerp sodat taalstrukture in konteks toegepas kan word

In graad 10 is dit noodsaaklik dat die taalvaardigheid volgens die tydstoekenning per tweeweeksiklus in die NKABV onderrig word. Daarom is die benadering van hierdie handleiding soos volg: Luister en praat

Lees en pyk: Begrip en letterkunde

Les 1: Praat oor sportfoto’s

JAARPLAN

KWARTAAL 1 1 – 2

Taalstrukture en -konvensies

Les 2: Taal: Hoofletters en spelling

Les 3: Leesbegrip: Koerantartikel

Les 4: Skryf ’n paragraaf

Les 5: Luisterbegrip

Les 6: Taal in konteks: Woordeskat en samestellings

Letterkunde

Poësie: Letterkunde terme (OLP – Welkomles)

Prosa: Die Pro: Aantekeninge (OLP Resources)

Taalstrukture en -konvensies

3 – 4

Les 7: Woordeskat

Les 8: Taal in konteks: Voorsetsels

Les 9: Lees en kyk: Visuele lees

Les 10: Skryf ’n vriendskaplike brief

Les 11: Lees: Die opsomming/précis

Les 12: Taal: Voegwoorde

Letterkunde

Poësie: “Die tweegeveg” (Breyten Breytenbach)

Prosa: “Virusse en bakterieë”

Taalstrukture en -konvensies

Les 13: Taal: Woordvorming

Les 14: Taal in konteks: Stelsinne, feite en menings in die teenwoordige tyd

Les 15: Taal: Selfstandige naamwoorde

Les 16: Taal in konteks: Byvoeglike naamwoorde

Les 17: Skryf ’n verbeeldingsteks: ’n Gedig

Letterkunde

Poësie: “Dis al” (Jan F.E. Cilliers)

Prosa: “Mikrofiete en fikofiete”

Taalstrukture en -konvensies

Les 18: Luister en praat: Groepbesprekings

Les 19: Skryf: Vul ’n vorm in

Les 20: Taal in konteks: Gevoelstaal, stereotipering en veralgemening

Les 21: Taal in konteks: Direkte en indirekte rede

Les 22: Taal: Soorte werkwoorde

G10 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal:Taalkunde

Les 23: Skryf ’n verhalende opstel

Poësie: “Palimpses” (Johann de Lange)

Prosa: “Briofiete”

Les 24: Luister en praat: Liriek

Les 25: Lees ’n advertensie

Les 26: Skryf ’n resensie

Letterkunde

Taalstrukture en -konvensies

Les 27: Taal in konteks: Deelwoorde, homofone en homonieme

Les 28: Skryf: Ontwerp ’n plakkaat

Letterkunde 9 – 10 Prosa: “Pteridofiete”

KWARTAAL 2 11 – 12

Taalstrukture en -konvensies

Les 29: Praat: Pas en bespreek foto’s

Les 30: Luister en praat: ’n Liedjie

Les 31: Skryf ’n paragraaf oor ’n literêre teks

Les 32: Taal in konteks: Stam, afleiding, samestellende afleiding (woordbou) en sinsoorte

Les 33: Skryf ’n voorbereide toespraak

Letterkunde

13 – 14

Poësie: “boekmerk” (Marlise Joubert)

Prosa: “Spermatofiete”

Taalstrukture en -konvensies

Les 34: Enkelvoudige sinne: Bywoordelike bepalings van tyd, wyse en plek

Les 35: Skryf: Maak ’n advertensie

Les 36: Luister en praat: Hardoplees

Les 37: Lees ’n visuele teks: Spotprent

Les 38: Skryf ’n aanbeveling of ’n verslag

Letterkunde

15 – 16

15 – 16

Poësie: “’n Mite” (Kobie Korf)

Prosa: “Invertebra”

Taalstrukture en -konvensies

Les 39: Taal in konteks: Spelling: Los of vas

Les 40: Taal in konteks: Woordorde en woordkeuse

Les 41: Taal in konteks: Ontkenning

Les 42: Taal in konteks: Hersiening

Poësie: “hartbreek” (Susan Smith)

Prosa: “Invertebra (nog ’n paar)” Sample

Letterkunde

Les 43: Luister en praat: Onderhoud

Les 44: Aandagtige lees

Les 45: Skryf oor ’n persoonlike ervaring

Les 46: Taal in konteks: Sinonieme, antonieme, paronieme en woorde wat verwar

Les 47: Skryf ’n formele brief

Voorbereiding vir die eksamen:

• Hersien poësie

Letterkunde

• Hersien prosa (tot en met “Invertebra (nog ’n paar)”)

Junie-eksamen

Les 48: Praat: Bespreek prente

Les 49: Praat: Gesels oor eie ervarings

Les 50: Praat: Lees hardop

Prosa: “Vertebrata”

Les 51: Skryf ’n beskrywende opstel

Les 52: Taal: Voornaamwoorde

Les 53: Luister na ’n toespraak

Prosa: “Vertebrata (Aves)”

Les 54: Taal: Byvoeglike naamwoorde

Les 55: Luister na debatprosedures

Les 56: Skryf ’n uitnodiging

Prosa: “Vertebrata (Mammalia)”

Prosa: “Selkerne en nuklïensure”

Les 57: Taal in konteks: Hersiening

Letterkunde

Letterkunde

en -konvensies

Letterkunde

Les 58: Luister en praat: Hou ’n vergadering

Les 59: Skryf ’n kennisgewing, agenda en notule

Letterkunde

Prosa: “Seldeling”

Prosa “Genetika”

Les 60: Taal: Die infinitief

Taalstrukture en -konvensies

Les 61: Taal in konteks: Woordeboekgebruik

G10 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal:Taalkunde

Les 62: Taal in konteks: Afkortings en akronieme

Letterkunde

Prosa: “Voortplanting van die mens (gr. 12-werk)”

KWARTAAL 4

Taalstrukture en -konvensies

Les 63: Praat: Bespreek strokies

Les 64: Aandagtige lees: ’n Koerantberig

31 – 32

33 – 34

Les 65: Skryf ’n brief aan die pers

Prosa hersiening

Letterkunde

Taalstrukture en -konvensies

Les 66: Taal in konteks: Woordeskat en lettergrepe

Les 67: Luister na ’n liedjie

Les 68: Lees strokiesprente

Voorbereiding vir die eksamen: Hersien poësie

Letterkunde

Taalstrukture en -konvensies

Les 69: Skryf ’n brief van waardering/bedanking

Les 70: Taalhersiening

35 – 36

Letterkunde

37 – 38

Voorbereiding vir die eksamen: Hersien prosa

Taalstrukture en -konvensies

Voorbereiding vir die eksamen: Hersien vraestel 1 en 3 39 – 40 Novembereksamen

*Bykomende notas en opgedateerde lesplanne is aanlyn beskikbaar op die Optimi Learning Portal (OLP). Verwys na OLP vir alle ander lesinhoud.

Sample

EENHEID 1 In die sportwêreld

LEERDOELWITTE

Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:

 oor sport en die rol van sport in die samelewing praat;

 na ’n teks luister en ontbrekende woorde invul;

 ’n visuele teks in kan verduidelik;

Luister en praat

 na ’n liedjie luister om betekenis te verstaan;

Lees en kyk: Begrip en letterkunde

Skryf en aanbied

Taalstrukture en -konvensies

Sample

 deelneem aan ’n groepbespreking om eie mening en standpunt in te neem;

 na ’n literêre teks te luister en karakters te identifiseer;

 na ’n liriek te luister vir waardering;

 tekens en beskrywings by mekaar pas;

 ’n artikel vir inligting en begrip lees en vrae daaroor beantwoord;

 inligting op te som;

 advertensies te lees en te geniet;

 in ’n paragraaf kan verduidelik hoe ’n stophorlosie werk;

 skryf van ’n vriendskaplike brief, ’n verbeeldingteks (gedig); invul van ’n vorm; ’n verhalende opstel; ’n resensie; en die ontwerp van ’n plakkaat;

 spelling en hoofletters inoefen;

 voegwoorde reg gebruik en woordeskat uitbrei;

 met voorsetsels werk;

 met woordvorming deur afleiding, samestelling en samestellende afleiding werk;

 samestellings vorm;

 stelsinne, feite en menings in die teenwoordige tyd, selfstandige naamwoord (meervoud, verkleining en geslag), byvoeglike naamwoorde;

 gevoelstaal, stereotipering en veralgemening;

 direk en indirekte rede en korrekte leestekens;

 soorte werkwoorde (tye, verwarrende werkwoord, hulpwerkwoord, deeltjiewerkwoord);

 homofone en homonieme.

INLEIDING

In graad 10 – 12 gaan jy voortbou op die mondelinge vaardighede wat in vroeër grade ontwikkel is. Die doel is om meer selfvertroue te kry en makliker op vrae te reageer Jy sal ook beter verstaan wat gepas is en wat nie. Hierdie aktiwiteit is ontwikkel om informele en formele praataktwiteite te oefen. Die nodige woordeskat en taalstrukture word ontwikkel sodat alle leerders aan hierdie praatvorme kan deelneem. Die leeromgewing of klas moet ondersteunend en ontspanne wees

Les 1: Praat oor sportfoto’s

KERNINHOUD

Hierdie aktiwiteit is ’n informele bespreking/gesprek. Die doel hiervan is om idees, opinies en standpunte te deel. Die fasiliteerder sal sekere vrae stel om jou te help om kommunikasie vol te hou. Let op na taal, gebare en oogkontak. Toon belangstelling deur om op ’n gepaste wyse te reageer. Let op na die daaglikse taalhandelinge in sekere situasies. Sien die volgende ikoon: VIR DIE NUUSKIERIGES.

Voorbeelde van taalhandelinge

VIR DIE NUUSKIERIGES

Lees die onderstaande voorbeelde van taalhandelinge. Dit kan jou help om daaglikse mondelinge kommunikasie in Afrikaans te verbeter.

VRA TOESTEMMING/VERSOEK

• Kan ek ...?

• Mag ek ...?

• Is dit moontlik om ...?

• Is dit reg as ...?

Sample

• Is dit goed as ek ...?

• Gee jy om as ...?

• Ek vra toestemming om ...

• Laat my asseblief toe ...

• Vergun my om ...

• Veroorloof my

• Sal jy my toelaat om ...?

GESPREK ONDERBREEK

• Verskoon my, mag ek ...?

• Jammer, dink jy ek kan ...?

• Verskoon my, weet jy dalk ...?

• Ekskuus, maar kan jy my help ...?

HULP AANBIED

• Mag ek jou help?

• Kan ek jou help?

• Soek jy iets?

• Het jy hulp nodig?

• Wat kan ek vir jou doen?

APOLOGIE / VERSKONING AANBIED

• Jammer.

• Ek is jammer omdat ...

• Ek is spyt omdat ...

• Vergewe my, asseblief.

• Ek bied verskoning aan vir ...

• Ek vra om verskoning vir ...

• Vergewe my.

• Verskoon my.

• Ekskuus.

• Verskoon my, asseblief.

ADVIES/RAAD GEE

• Ek dink nie jy moet ...

• Jy behoort dit ...

• Jy behoort dit nie ...

• As ek jy was, sou ek ...

• As ek in jou posisie was, sou ek ...

• As ek in jou skoene was, sou ek ...

• Jy moet dit maar liewer doen ...

• Jy moenie ...

• Wat jy ook al doen, moet net nie ...

VERMOEDE UITSPREEK

• Dit mag .... nodig hê.

HULP VRA

• Kan jy my asseblief help met ...?

• Sal jy my asseblief help om ...?

• Ek het hulp nodig met ...

• Ek benodig hulp ...

• Help my asseblief ...

• Verleen hulp aan ...

• Help my om asseblief ...

KLA OOR IETS

• Ek is jammer, maar ...

Sample

• Hy mag daar wees.

• Dit lyk soos ’n

• Miskien het hy ...

• Miskien sal hulle ...

• Dit is moeilik om te sê, maar ek dink hulle ...

• Ek is nie baie seker nie, maar ...

• Jammer om jou te pla, maar ...

• Dalk het jy vergeet om ...

• Ek dink jy het vergeet om ...

• Verskoon my, maar ...

• Moontlik bestaan daar ’n misverstand oor ...

• Moenie my verkeerd verstaan nie, maar ek dink ons behoort ...

VOORKEUR UITSPREEK

• Sal jy daarvan hou ...

• Ek wil liewer / liefs ...

• Hoekom het ons nie ...?

• Wel, ek verkies ... Wat dink jy?

• Wat dink jy moet ons doen?

• As dit van my afhang, moet ons ...

• Ek dink ons moet na .... gaan.

NIE PRESIESE INLIGTING GEE NIE

• Daar is omtrent ...

• Daar is ongeveer ...

• Daar is ’n groot aantal ...

• Voorspel dat ...

• Dit is ’n voorbeeld van ...

• Hulle is soort van ...

• Dit is moeilik om te bepaal, maar ...

• Ek is nie seker nie, maar ek dink ...

IEMAND GROET

• Voor ’n lang reis, vakansie of uitstappie

• Geniet die reis / vakansie.

• Veilig reis.

• Geniet jou vakansie.

• Geniet dit in / by (plek se naam).

• Wanneer vriende of familie van ’n reis terugkom

• Hoe was julle vakansie?

• Het julle dit in ... geniet?

• Hoe was die reis / uitstappie / toer?

AKTIWITEIT 1

EVALUEER/BEOORDEEL JOUSELF

• Dit het goed gewerk / was effektief omdat

• Ek het dit goed gedoen omdat

• Dit sou beter gewees het indien ek ...

• Dit kan verbeter word deur ...

• Vooruitgang is / is nie sigbaar / voor die hand liggend omdat .

• Dit slaag omrede ...

Kyk vlugtig na die foto’s op die volgende bladsy en beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek.

1.1 Watter sportsoort verteenwoordig elke spreker?

1.2 Noem soveel ander sportsoorte as waaraan jy kan dink

1.3 Aan watter bekende Suid-Afrikaanse sportsterre kan jy dink?

1.4 Noem uitmuntende sportpersone van ander lande van wie jy weet

1.5 Het jy ’n spesifieke sportheld of rolmodel? Indien wel, hoekom bewonder jy hierdie persoon?

1.6 Uitmuntende beroepsportpersone verdien besonder baie geld. Dink jy hulle behoort soveel betaal te word. Hoekom sê jy so?

1.7 Wat is die vernaamste redes waarom daar geld is om beroepspelers soveel te betaal?

1.8 Sê ook of jy met die sprekers saamstem of nie. ONTHOU: Menings moet goed gemotiveer word.

Alle leerders moet regdeur die skooljaar verplig word om aan een skoolsport deel te neem.

Sport gee jou geleentheid om jou talente te ontwikkel. Dit leer spanwerk, dissipline, verdraagsaamheid en vertroue.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.