Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Lewensvaardighede
Fasiliteerdersgids
Graad 3
SAMPLE
Aangepas vir KABV
H Erasmus
Inleiding vir die fasiliteerder
Impaq se benadering tot Lewensvaardighede in graad 3
Lewensvaardighede is die middelpunt vir die ontwikkeling van leerders. Leerders leer hoe om sosiaal te wees, en hulle ontdek hul eie voorkeure en afkeure waardeur hul persoonlikheid vorm. Hulle groei fisies en emosioneel en leer die wêreld om hulle beter verken. Die aktiwiteite in die boek skep geleentheid vir die leerders om die bostaande te help ontwikkel.
Die onderrig van Lewensvaardighede in graad 3 vereis leergeleenthede, interaksie, kreatiwiteit en toepassing van aangeleerde kennis, wat die leerders help om mense en hul omgewing beter te verstaan.
Die vak word in vier fokusareas verdeel, naamlik:
• Aanvangskennis
• Persoonlike en sosiale welsyn
• Skeppende kunste
• Liggaamsopvoeding
Aanvangskennis
Die inhoud en begrippe van aanvangskennis word uit sosiale wetenskappe, natuurwetenskappe en tegnologie saamgestel. In hierdie fokusarea leer die leerders meer oor hulle omgewing, hulle individualiteit, en diversiteit. Hulle ondersoek ook verskillende aspekte oor die wêreld rondom hulle en ontdek ’n wêreld vol wonderlike dinge. Hulle leer hoe verhoudings met ander werk, hoe om interaktief te wees en hoe om doeltreffend te kommunikeer.
Persoonlike en sosiale welsyn
SAMPLE
Hierdie fokusarea is baie belangrik vir jong leerders. Hier leer hulle om hul liggaam op te pas en gesond te hou. Dit sluit ook gesonde verhoudings met ander en goeie waardes in. Leerders leer hoe om verantwoordelike besluite te neem om hulself, die mense om hulle en die natuur in ag te neem. Dit raak ook aan meer sensitiewe onderwerpe soos mishandeling en geweld. Die verdraagsaamheid van ander kulture, geloofsdiversiteit en verskille tussen mense word ook aangeraak.
Skeppende kunste
In hierdie fokusarea word daar op vier verskillende soorte kunsvorme gefokus, naamlik dans, drama musiek en visuele kuns. Die doel hiervan is sodat leerders hul verbeelding kan gebruik om die wêreld om hulle te ontdek.
In hierdie sessies moet leerders baie ruimte gegee word om hul eie kreatiwiteit aan te wend. Gee vir hulle materiale waarmee hulle iets moet maak sonder om ’n voorbeeld te wys. Laat hulle toe om te eksperimenteer – die proses is soms meer waardevol as die eindproduk. Byvoorbeeld as die leerders al die kleure verf op die tafel meng om te sien watter kleure hulle kan maak, maar hulle meng die verf só dat hulle met donker of bruin verf sit, aanvaar dit as deel van die proses. Dit gaan daaroor dat die leerders geleer het watter kleure om te vermeng om ’n ander kleur te kry, eerder as oor die feit dat hulle op die einde bruin verf gemaak het. Kuns gaan daaroor om te eksperimenteer.
Laat leerders al hulle sintuie gebruik om hulle kreatiewe denke aan die gang te sit en te ontwikkel. Hou kritiek tot die minimum en maak seker dit is altyd konstruktiewe kritiek
Liggaamsopvoeding
In die Grondslagfase is die ontwikkeling van die leerders se fyn- en grootmotoriese vaardighede en die ontwikkeling van hul waarnemingsvermoë baie belangrik. Leerders ontwikkel hierdie vaardighede deur spel, bewegings, speletjies en sport. Leerders moet ’n goeie postuur handhaaf, wat hulle sal help met ritme, balans en lateraliteit. Ons fokus hier op die holistiese oefening van die leerder.
Materiale en hulpbronne
In graad 3 skryf die leerders met ’n grys potlood sodat hulle maklik kan uitvee as hulle ’n fout gemaak het. Prente kan met verskillende mediums geteken en ingekleur word.
Die onderstaande is nie ’n volledige lys vir al die aktiwiteite nie, maar dit sal die meeste van die aktiwiteite dek.
Materiale vir skeppende kunste
• A4-papier (wit en verskillende kleure)
• A4-karton (wit)
• A3-karton (wit)
• Inkleurpotlode/Uitdraaikryte
• Houtlym, gom (soos Pritt) en Bostik Cleargom.
• Speelklei
• Gewone verf (soos poeierverf)
• Waterverf
• Verfkwaste
• Ou tydskrifte
• Koerante
• Stoepkryt
• Kartonbokse (bv. ontbytpap)
• Oliepastelle
• Plastiek-/polistireenkoppies
Materiale vir liggaamlike oefening
• Tennisballe
SAMPLE
• Groot balle (soos netbalballe, groot plastiekballe)
Die graad 3-pakket bestaan uit die volgende produkte:
1. Fasiliteerdersgids
2. Werkboek 1: Kwartaal 1 en 2, week 1 – 20
3. Werkboek 2: Kwartaal 3 en 4, week 21 – 40
4. Leerderhulpmiddel (snipperblaaie)
5. Fasiliteerderhulpmiddel (plakkate)
6. Assessering (portefeuljeboek)
7. Assesseringsriglyne en memorandum
Fasiliteerders word aangemoedig om assessering regdeur die jaar te doen en nie net in die aangeduide formele assesseringsessies aan die einde van elke kwartaal nie. Deurlopende assessering sal verseker dat die leerders ’n regverdige punt vir hul vermoëns kry.
Die fasiliteerdersgids
Die fasiliteerdersgids bestaan uit 20 leereenhede. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae. Elke dag is ingedeel in een of twee sessies wat al die fokusareas integraal dek. Verwys na die voorgestelde rooster vir die tydsindeling van die sessies.
Elke sessie word afgesluit met twee inligtingsblokkies – “Konseptualisering” en “Hulpbronne”. Die “konseptualisering”-blokkie bevat ’n kort opsomming oor die konsepte wat vasgelê word, en die “hulpbronne”-blokkie bevat ’n lysie van artikels wat vir die sessie verskaf word en/of benodig word.
і Dui ’n hulpbron aan wat verskaf word. Dit sluit die twee werkboeke, die leerderhulpmiddel en die plakkate (fasiliteerderhulpmiddel) in.
Æ Dui ’n hulpbron aan wat die fasiliteerder self moet verskaf.
By elke sessie word daar twee simbole gebruik:
Die uiltjie dui aan wat die fasiliteerder moet doen.
Die potlood dui aan wat die leerders moet doen.
Werkboek 1: Kwartaal 1 en 2
Die werkboek bevat 54 aktiwiteite wat die volgende temas dek:
• Kwartaal 1: Oor my, gevoelens, gesondheidsvoorligting, hou my liggaam veilig en regte en verantwoordelikhede
• Kwartaal 2: Gesonde eetgewoontes, insekte, lewensiklusse en herwinning
Werkboek 2: Kwartaal 3 en 4
Die werkboek bevat 56 aktiwiteite wat die volgende temas dek:
• Kwartaal 3: Openbare veiligheid, besoedeling, leefwyses uit die verlede en die ruimte
• Kwartaal 4: Produkte en prosesse, natuurrampe en wat ons behoort te doen en diere wat ons help
Die fasiliteerderhulpmiddel is plakkate wat in die lesse gebruik word:
• Plakkaat 1: Basiese noodhulp
• Plakkaat 2: Regte en verantwoordelikhede
• Plakkaat 3: Insekte
• Plakkaat 4: Lewensiklusse
• Plakkaat 5: Herwinning
• Plakkaat 6: Water- en lugbesoedeling
• Plakkaat 7: Ons sonnestelsel
• Plakkaat 8: Produkte en prosesse
• Plakkaat 9: Natuurrampe
• Plakkaat 10: Produkte van diere
• Plakkaat 11: Geraas- en grondbesoedeling
Die leerderhulpmiddel
Die leerderhulpmiddel bevat snipperblaaie wat benodig word om die aktiwiteite in die werkboek of aktiwiteite vir skeppende kunste te voltooi. Die bladsye is in die volgorde waarin dit gebruik moet word.
Voorgestelde rooster vir Graad 3
Per week: 25 uur
Huistaal: 7/8 uur
Eerste Addisionele Taal (EAT): 3/4 uur
Wiskunde: 7 uur
Lewensvaardighede (LV): 7 uur
07:50 – 08:05
HUISTAAL: Luister en praat 15 min
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min
08:05 – 09:30
09:30 – 10:00
HUISTAAL: Luister en praat 15 min
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min
HUISTAAL: Luister en praat 15 min
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min
HUISTAAL: Luister en praat 15 min
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min
HUISTAAL: Luister en praat 15 min
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min
WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min
HUISTAAL: Klanke 30 min
HUISTAAL: Handskrif 30 min
HUISTAAL: Klanke 30 min
10:00 – 10:20 P O U S E
LV: Persoonlike en Sosiale
10:20 – 10:50
10:50 – 11:15
11:15 – 11:40
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min
SAMPLE
HUISTAAL: Handskrif 25 min
11:40 – 12:00
EAT: Luister en praat 20 min
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min
HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min
EAT: Lees, klanke en taalstruktuur 20 min
LV: Persoonlike en Sosiale Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Gedeelde lees 25 min
HUISTAAL: Gedeelde lees 25 min
EAT: Luister en praat 20 min
12:00 – 12:15 P O U S E
HUISTAAL: Gedeelde lees 30 min HUISTAAL: Klanke 30 min
LV: Persoonlike en Sosiale Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min
HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min
EAT: Lees, klanke en taalstruktuur 20 min
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Skryf 25 min
HUISTAAL: Handskrif 25 min
EAT: Luister en praat 20 min
12:15 – 13:25
LV: Liggaamsopvoeding 1 uur 10 min
LV: Skeppende Kunste 40 min
EAT: Skryf 30 min
LV: Liggaamsopvoeding 1 uur 10 min
LV: Skeppende Kunste 40 min
EAT: Skryf 30 min
LV: Skeppende Kunste 40 min
EAT: Lees, klanke en taalstruktuur 30 min
Leereenheid 1
Dag 1
Week 1
Sessie 1: Temabespreking – Oor my
Hou ’n informele bespreking om elke tema bekend te stel. Lei die gesprek deur vrae te vra, en die leerders praat oor ervarings wat hulle gehad het. Dit is belangrik om op bestaande kennis voort te bou sodat die leerders ’n geheelbeeld van elke onderwerp kry. In hierdie sessie word die tematafel ook gebruik. Die leerders neem deel deur voorwerpe vir die tematafel te versamel.
Hou ’n informele bespreking met die leerders oor hulself. Begin deur die gedig vir die leerders op te sê. Jy kan die gedig ook vir hulle leer en bewegings saam met dit doen.
Wie is ek?
Hilda Erasmus
Weet jy wie is ek?
Ek is ek en ek woon in my lyf.
Ek sien myself in die spieël en dis moeilik om myself te beskryf.
Ek droom oor wanneer ek groot is.
Ek wonder tog so, wat sal ek word, wie sal ek wees? Maar eers moet ek grootword, nie so?
Vra die volgende vrae, wat die leerders beantwoord. Jy kan ander vrae ook insluit. Hierdie sessie gaan meestal oor die leerder self.
• Wie is jy?
SAMPLE
• Jy het ’n geboortedatum. Weet jy presies hoe laat jy gebore is?
• Wat is een van die eerste dinge wat jy kan onthou? Jy kan nie onthou toe jy gebore is nie, maar die meeste mense kan dinge van so 4 of 5 jaar oud af onthou. Kyk saam met die leerders na die tematafel.
Tematafel (Die tematafel word deur die loop van die leereenheid gebruik.)
• Die leerders kan enige persoonlike items op die tematafel sit, byvoorbeeld ’n babafoto van hulself, ’n gunstelingspeelding, ’n verjaardagkaartjie, ens.
• Die leerders gaan later die week vyf foto’s van hulself benodig. Die foto’s moet verskillende ouderdomme in hulle lewe voorstel. (Sien aktiwiteit 3.)
Sessie 2: Liggaamlike oefening
Voor elke dag se liggaamlike opvoeding moet die leerders kreatiewe speletjies speel wat hul vaardighede oefen. Sorg dat die leerders se spiere los is voordat hulle aan ’n aktiwiteit deelneem.
Kreatiewe speletjies en vaardighede: Asem diep in en uit terwyl die hande bo die kop gehou word en daarna langs die sye. Lê op jou rug, haal diep asem en hou jou asem in, blaas dan stadig uit deur jou mond.
Die leerders speel Bok in die hok.
Reëls
1. Maak ’n groot “hok” (lyne op gras) waarin al die leerders (bokke) mag beweeg.
2. Die leerder wat “aan” is, staan buite die hok met ’n sagte bal. Hierdie leerder moet die bokke (die ander leerders) met die bal probeer raak gooi.
3. Sodra die leerder iemand raak gooi, staan daardie leerder ook buite die “hok” en probeer om die bokke raak te gooi.
4. Die spel gaan so aan totdat daar een bok in die hok oorbly.
Indien daar baie leerders is, kan die speletjie so gespeel word dat net twee leerders op ’n slag die bokke probeer raak gooi. Die leerders wat eerste die bal gegooi het, staan eenkant sodra hulle ’n bok raak gegooi het, en hierdie bok neem dan die leerder se plek in.
Indien daar net een of twee leerders is, moet familielede instaan. Anders kan die speletjie verander word dat die leerder as die enigste bok in die hok rondhardloop en kyk hoe lank hy/sy in die hok kan bly voordat die fasiliteerder die leerder met die bal raak gooi.
Dag 2
Sessie 1: Temabespreking – Oor my
Ons het alles omtrent “myself” bespreek. Die leerders bespreek dinge waarvan hulle hou en nie hou nie, en hoe hulle van mekaar verskil.
• Dinge waarvan jy hou en dinge waarvan jy nie hou nie.
• Hoe verskil jou voorkoms van jou maat se voorkoms? (Leerder se eie antwoord.)
• Elke mens is uniek. Wat maak jou uniek?
Voltooi aktiwiteit 1 in werkboek 1. Die leerders skryf alles oor hulself neer. Daarna teken hulle ’n prent van hulself. Moedig leerders aan om unieke eienskappe te teken.
Sessie 2: Skeppende kunste
Leerders was hulle hande voor die aktiwiteit sodat hulle die papier nie vuil maak nie.
• Gee vir elke leerder ’n A4-karton.
• Die leerders trek die vorm van hul hand na.
• Hulle trek lyne oor die papier. Sodra die leerders by die hand kom, maak hulle ’n bogie oor daardie gedeelte (sien voorbeeld).
• Maak die hele papier vol lyne.
• Sodra leerders klaar is, kan hulle elke lyntjie ’n ander kleur inkleur. 1 2 3 4 5
Dag 3
Sessie 1: Temabespreking – Oor my
Wat is ’n tydlyn? ’n Tydlyn dui die begin en die einde van iets aan. Ons sit ’n datum op ’n tydlyn van wanneer iets begin het. Soms het dit ’n einde, maar soms is daar nog ontwikkeling wat plaasvind en die persoon of produk het nog nie ’n einde nie.
Kom ons kyk hoe die tydlyn van ’n persoon sal lyk:
Gebore – peuter – kleuter – tiener – getroud – eerste kind – tweede kind – derde kind – vyftigste verjaarsdag – bejaarde – oupa/ouma – sterf.
Indien die fasiliteerder foto’s van so ’n tydlyn het, sal dit oulik wees om dit met die leerders te deel.
Elke persoon se tydlyn sal anders lyk. Ons onthou dikwels al die belangrikste datums in ons lewe. Soms gebeur hartseer dinge wat ons bybly, soos wanneer iemand doodgaan of as iemand skei. Dit word dan ook deel van ’n mens se tydlyn.
Kom ons kyk na die tydlyn van ’n produk, soos Simba-aartappelskyfies:
1939 – Ouma Nannie Greyvenstein het beskuit gebak in ’n klein dorpie in die Oos-Kaap. Die beskuit het goed verkoop en haar beskuit het baie bekend geword. Ouma Nannie se seun Leon het die besigheid uitgebrei.
1952 – Leon ontmoet en bevriend Herman Lay, die stigter van Lay’s Potato Chips. Leon sien in die Verenigde State van Amerika hoe aartappelskyfies gemaak word en hy besluit om dit in Suid-Afrika te maak.
1957 – Hy begin Simba en versprei Simba-aartappelskyfies oor die hele Suid-Afrika. Simba die leeu raak ’n bekende handelsmerk op die aartappelskyfies se verpakking. Vandag – Simba vervaardig verskillende produkte. Gaan kyk op die internet watter ander produkte hulle vervaardig.
SAMPLE
Hou ’n bespreking met die leerders. Hulle moet dink aan ’n produk wat ’n tydlyn het. Doen navorsing oor die produk op die internet en kyk hoe die verpakking mettertyd verander het.
Sessie 2: Liggaamlike oefening
Kreatiewe speletjies en vaardighede: Die leerders lê op die grond of sit op ’n stoel, en draai hul enkels om hul naam in die lug te “skryf”. Daarna draai die leerders hul polse. Draai en punt jou voete soos ’n ballerina.
Die leerders moet afloswedlope oefen.
Reëls
1. Deel die leerders op in spanne van vier.
2. Gee vir elke span ’n boontjiesakkie.
3. Die leerders van elke span staan 50 meter uitmekaar.
4. Sodra jy die fluitjie blaas, spring die eerste leerder van elke span met die boontjiesakkie weg. Hy/Sy hardloop so vinnig as moontlik tot by die tweede leerder, en hou die sakkie uit soos wat hy/sy die tweede leerder nader. Die tweede leerder doen dieselfde en gee die sakkie vir die derde leerder aan, en ook die derde leerder vir die vierde leerder. Die vierde leerder moet dan oor die wenstreep hardloop.
5. Die span wie se laaste leerder eerste oor die wenstreep is, wen. Indien die leerder nie die boontjiesakkie het nie, wen die volgende span wat die boontjiesakkie het.
Dag 4
Sessie 1: Temabespreking – Oor my
Ons het gister gesels oor tydlyne. Kyk na aktiwiteit 2 in jou werkboek. Daar is twee tydlyne. Die een is van motors en die ander een is van skepe. Bespreek die verskille. Gebruik die internet om na prente van die eerste motors en die eerste skepe te soek. Die mense wat dit ontwerp het, moes met idees vorendag gekom het oor hoe dit moet werk.
Vra vir die leerders die volgende vrae:
• Dink jy dit was maklik om ’n motor of ’n skip te bou?
• Dink jy motors of skepe was eerste gebou?
SAMPLE
• Kan jy uitvind wie die eerste motor gebou het?
• Hoe het die mense gereis voordat daar motors of skepe was?
Voltooi aktiwiteit 2 in werkboek 1. Die leerders lees die sinne en die vul die regte woorde in om die sinne te voltooi.
Memorandum
• Tydlyn
• einde
• gebore
• vlieg
Sessie 2: Skeppende kunste
Die leerders gaan in hierdie sessie probeer om hul eie gesig in proporsie te teken.
• Leerders kyk in die leerderhulpmiddel na die prent wat wys hoe om ’n gesig te teken.
• Hulle gebruik ’n A4-papier en teken hul eie gesig met ’n grys potlood.
• Die leerders probeer om die proporsies korrek te teken.
• Hulle gebruik ligte sketslyne.
SAMPLE
Dag 5
Sessie 1: Temabespreking – Oor my
Leerders gaan in hierdie sessie op hul eie tydlyne fokus. Hulle benodig vyf foto’s van hulself. ’n Mens se tydlyn strek van die dag wat jy gemaak is tot en met vandag. Ons teken gewoonlik ’n tydlyn eers van die dag van ons geboorte af. Ons sit ’n datum daarby en vier dit elke jaar, maar op jou geboorte was jy eintlik al ’n paar maande oud!
Voltooi aktiwiteit 3 in werkboek 1. Die leerders plak hul eie foto’s op hul tydlyn en skryf ’n sin by elke foto.