Lewensvaardighede Leerderhulpmiddel Graad 3

Page 1


Lewensvaardighede Leerderhulpmiddel Graad 3

Lewensvaardighede

Leerderhulpmiddel

Graad 3

SAMPLE

Aangepas vir KABV
H Erasmus

1. Teken ’n reghoek, verdeel dit in kwarte en teken dan ’n sirkel.

2. Teken jou gesigvorm.

3. Trek ligte gidslyne om die gesigvorm vertikaal in kwarte te verdeel, en horisontaal in vyfdes te verdeel.

4. Teken die gelaatstrekke. Moenie haastig wees nie, en onthou, dit hoef nie perfek te lyk nie.

SAMPLE

5. Vee die gidslyne uit en teken die hare. Voltooi die laaste details op jou tekening. Het jy enige unieke eienskappe om by te voeg?

Wenk: Die bopunt van jou ore is gelyk met jou wenkbroue.

SAMPLE

SAMPLE

SAMPLE

Aktiwiteit 23

Ek het die reg op mediese versorging as ek siek is.

Ek het die verantwoordelikheid om my eie liggaam op te pas deur persoonlike higiëne.

Aktiwiteit 26

Ek het die reg op goeie basiese onderrig en ek het nie nodig om te werk nie, maar om skool toe te gaan.

Ek het die verantwoordelikheid om onderwysers respekteer en gehoorsaam in die klas te wees. Ek moet hard leer en my bes doen om goeie punte te kry.

SAMPLE

HOSPITAAL

Appeltemplaat

SAMPLE

Teken ’n sprinkaan

SAMPLE

Aktiwiteit 35

Treksprinkane: Hierdie sprinkane trek in groot groepe. Hulle rig baie skade aan oeste. Dit is soos ’n storm wat opsteek. Die lug raak donker en daarna sak die sprinkane toe en vreet alles op wat voorkom.

Kortsprietsprinkaan: Dié soort het kort voelhorings. Hulle lê hul eiers in pakkies in die grond. Hier is ’n rooi melkbossprinkaan. Sy helder kleure waarsku ’n mens dat hy giftig is.

Langsprietsprinkaan: Hierdie soort het baie lang voelhorings. Hulle lê hul eiers op plante. Hulle vervel 5 tot 7 keer voordat hulle volwasse is.

Geluide: Sprinkane maak kenmerkende geluide deur hul vlerke en pote teen mekaar te vryf. Hulle word op baie plekke in die wêreld geëet omdat dit so ’n goeie bron van proteïene is.

DIE SPRINKAAN EN DIE PADDA

Eendag sit ’n paddatjie op sy dam se wal; ’n Sprinkaan wat verby wou vlie, het net daar neergeval. Die twee het toe begin te praat.

Padda het gehoor dat sprinkaan tog so goed kon spring –kan hy die dammetjie oor?

“O ja!” sê sprinkaan, “kyk net hier, wat sal jy hiervan dink?”

Hy spring baie hoog, maar ver te kort, val in die dam – en sink!

Padda het hom uitgesleep, want sprinkaan was papnat.

“Nee, ek wil liewers swem as vlie”, maar sprinkaan het laat vat!

Maak ’n mier

SAMPLE

Bene
Borsstuk
Basis

SAMPLE

Teken ’n muskiet

SAMPLE

MUSKIETE-JAG

A.D. Keet

Jou vabond, wag, ek sal jou kry, van jou sal net ’n bloedkol bly hier op my kamermure.

Deur jou vervloekte gonsery, deur jou gebyt en plaery kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei, eer jy die doodslag van my kry –my naam is Van der Merwe. Muskiet, wees maar nie treurig nie, wees ook nie so kieskeurig nie, jy moet tog ééndag sterwe.

Verwekker van malaria, sing maar jou laaste aria –nog een minuut vir grasie. Al soebat jy nou nóg so lang, al sê jy ook: “Ek is nie bang”, nooit sien jy weer jou nasie ...

Hoe sedig sit hy, o, die ding! Sy kinders kan maar kranse bring nóú gaan die vabond sterwe ... Pardoef ! Dis mis! Daar gaan hy weer! Maar dóód sal hy, sowaar, ek sweer –my naam is Van der Merwe!

Aktiwiteit 40

Sywurms: Hulle word meestal gebruik om sydrade te spin wat dan ten duurste verkoop word. Sywurms kan ook geëet word. Hulle bevat baie proteïene en bou ’n goeie immuunstelsel.

Miere: Hierdie diertjies is die stofsuiertjies van die aarde. Hulle maak alle krummeltjies en laaste stukkies kos skoon. Hulle dra dooie insekte na hulle neste toe en help ook om die laaste dele van groot diere wat gevrek het op te ruim. Daardeur hou hulle die grond ook vrugbaar.

Bye: Hulle help om plante en blomme te bestuif. Hulle gebruik ook van die nektar van blomme om heuning te maak. Heuning het baie gesondheidsvoordele vir mense en kan help om sekere siektes te bestry.

Naaldekokers: Jy kry hulle meestal by water omdat hulle kos gewoonlik daar is. Hulle vreet muskietlarwes in die water asook muskiete, vlieë, motte en muggies. Naaldekokers hou jou tuin en huis skoon van allerhande peste. Hulle is altyd honger en kan meer as 100 muskiete per dag vreet.

Teken ’n insek

SAMPLE

SAMPLE

Fiksheidspeletjie

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.