Gr 8-Afrikaans Eerste Addisionele Taal-Fasiliteerdersgids 2/2

Page 1


Eerste Addisionele Taal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

SAMPLE

G08

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet, in pas met die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

VERRYKING

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

SAMPLE

JAARPLAN

Eenheid Les Datum begin Datum voltooi

LES 1: Pak jou tasse!

LES 2: Ons vier verskillende kulture

1

LES 3: Totsiens en hallo!

LES 4: Geld wat stom is, maak reg wat krom is

LES 5: Wat praat jy!

LES 6: Loervinke en skindery!

LES 7: Stropery …

2

3

LES 8: Geniet die natuur!

LES 9: Hoor hier!

LES 10: Virusse – hoe gemaak?

LES 11: Luister, lees, aksie!

LES 12: My pennevrug

SAMPLE

LES 13: Laat ek vertel …

LES 14: Liedjiestories

LES 15: Koerskry …

LES 16: Kuns laat leef!

4

LES 17: Tevrede met ons diens?

LES 18: Uit en tuis!

Eenheid 3 en 4 (kwartaal 3 en 4) is in hierdie fasiliteerdersgids en eenheid 1 en 2 (kwartaal 1 en 2) is in fasiliteerdersgids 1/2.

EENHEID 3: Week 1 – 2

LES 10:

Virusse – hoe gemaak?

Leerdoelwitte

Welkom by die eerste les van eenheid 3.

In hierdie les gaan jou leerders:

• na ’n storie luister en jou eie storie vertel;

• na die regte taal vir jou storie, naamlik sinstipes, kyk;

• hersiening oor selfstandige naamwoorde doen;

• ’n kortverhaal lees en vrae beantwoord;

• gedigte lees en vrae beantwoord;

• taalstrukture soos idiome, spreekwoorde, sinonieme, antonieme en homonieme hersien;

• ’n kortverhaal beplan en skryf; en

• voorsetsels, afkortings, byvoeglike en bywoordelike bepalings hersien.

Die inhoud in die onderstaande tabel vertel jou meer van die aktiwiteite wat die leerders gaan doen om hul vaardighede in Afrikaans Eerste Addisionele Taal verder te ontwikkel:

Luister en praat

Luister na ’n storie

SAMPLE

Gesels oor die storielyn

Vertel ’n storie

Die taal vir jou storie: sinstipes

Hersien selfstandige naamwoorde

Lees en kyk

Lees ’n kortverhaal

Beantwoord vrae oor ’n kortverhaal

Lees twee gedigte en beantwoord vrae

Hersien idiome en spreekwoorde

Sinonieme en antonieme

Hersien sinonieme, antonieme en homonieme

Skryf en aanbied

Beplan ’n kortverhaal

Aktiwiteit 188 30 minute

Aktiwiteit 189 20 minute

Aktiwiteit 190 60 minute

Aktiwiteit 191 10 minute

Aktiwiteit 192 15 minute

Aktiwiteit 193 70 minute

Aktiwiteit 194 40 minute

Aktiwiteit 195 60 minute

Aktiwiteit 196 10 minute

Aktiwiteit 197 5 minute

Aktiwiteit 198 10 minute

Aktiwiteit 199 30 minute

Skryf die eerste poging van jou kortverhaal

Hersien en redigeer jou kortverhaal

Hersien voorsetsels

Voorsetsels in vaste verbindings

Hersien afkortings

Hersien byvoeglike en bywoordelike bepalings

Proeflees jou kortverhaal

Remediëring

AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 200 40 minute

Aktiwiteit 201 20 minute

Aktiwiteit 202 10 minute

Aktiwiteit 203 5 minute

Aktiwiteit 204 5 minute

Aktiwiteit 205 5 minute

Aktiwiteit 206 10 minute

Aktiwiteit 207 15 minute

Inleiding tot afdeling 1: Die derde kwartaal se lesse is daarop gemik om die leerders in staat te stel om ’n kreatiewe skryfprojek te beplan, te voltooi en aan te bied. Les 10 gee ’n basiese inleiding tot die vaardighede en konsepte wat die leerders gaan nodig hê. Les 11, 12 en 13 is die kern van hierdie kwartaal se werk wat die leerder deur die proses gaan lei. Les 14 sluit die kwartaal op ’n samevattende noot af.

Aktiwiteit 188: Luister na ’n storie 30 minute

SAMPLE

Inleiding tot aktiwiteit 188: Hierdie les se tema is “Virusse – hoe gemaak?”, ’n tema wat aktueel is. Lees die uittreksel uit Jaco Jacobs se boek, Virus, aan die leerders voor. Gaan saam met die leerders deur die inligting in aktiwiteit 188 voordat jy die uittreksel voorlees. Die boek is lank voor die uitbreek van Covid-19 geskryf, maar die ooreenkomste in hierdie uittreksel is opvallend.

Vra ook die leerders voor die tyd om na die volgende elemente op te let:

• Hoe die storie aangebied word

• Die taalgebruik in die storie

• Die tempo waarteen die storie gelees word

• Die stemtoon wat jy gebruik wanneer jy die storie voorlees

Die bespreking ná die tyd moet die leerders lei daartoe om na te dink oor die uitwerking (effect) van taal, tempo en stemtoon op die impak van die storie. Die outeur gebruik taal om spanning te skep, en die tempo waarteen jy die storie lees, sowel as die stemtoon, dra tot die gevoel van spanning by, veral in die eerste paragraaf.

As eksperiment kan jy die uittreksel twee keer voorlees – die eerste keer met die regte tempo, stemtoon en lyftaal om die spanning in die storie te ondersteun; die tweede keer asof jy ’n resep voorlees.

Op alle fronte word ons deesdae deur virusse omring – as dit nie jou rekenaar of foon aantas nie, dan is dit jou lyf. Daar word enorme bedrae geld spandeer om hierdie virusse te probeer keer, maar daar is altyd iets nuuts aan die broei.

Jou fasiliteerder gaan ’n uittreksel uit die boek, Virus, geskryf deur Jaco Jacobs, aan jou voorlees. ’n Tydskrif het die volgende kort opsomming van die boek geskryf:

As jy van futuristiese verhale hou, is hierdie een vir jou. ’n Onbekende virus breek uit en tas mense oor die hele wêreld aan. Hulle verander in ’n soort zombie wat die mense wat nie deur die virus geraak is nie, aanval en vermoor.

Sewentienjarige Jake se lewe word omvergewerp. Die stad word rondom hom verwoes. Hy is een van die enigste oorlewendes. Hy besluit om na sy pa te gaan soek, waar dié in die Karoo ’n dokumentêr maak. Sy paaie kruis met ander oorlewendes en hy vertel almal se verhaal uit sy oogpunt.

Jy sal maar self moet lees om te sien of hy die ekspedisie oorleef. Die boek is ’n aksiebelaaide mengsel van fiksie en strokieskuns.

Terwyl jou fasiliteerder die storie voorlees, let op na die volgende:

1. Hoe word die storie aangebied?

Op ’n dramatiese en spannende manier

2. Watter soort taal word in die storie gebruik?

Alledaagse, informele taal

3. Teen watter tempo word die storie gelees?

Die tempo wissel. Dit hang af of Jake gespanne (tensed up) of ontspanne (relaxed) is.

4. Watter stemtoon het jou fasiliteerder gebruik? ’n Wisselende stemtoon

5. Was die tempo en die stemtoon heeltyd dieselfde?

SAMPLE

Leerder se eie antwoord. Dit hang af van die fasiliteerder se voorlesing.

6. Watter effek het al hierdie elemente op die storie?

Dit maak die storie boeiend (riveting).

Jake skrik met ’n ligte rukbeweging wakker – elke spier dadelik snaarstyf gespan, sy hand op die pistool. ’n Oomblik lank lê hy net so in die stikdonkerte. Het iets hom wakker gemaak? Dis doodstil. Die enigste geluid is sy sagte asemhaling teen die koel materiaal van die slaapsak. Stadig ontspan hy.

Dis verstommend hoe vinnig ’n mens aanpas. ’n Week gelede het hy nog soggens maklik dwarsdeur die skril, deurdringende geluid van die wekker geslaap. Nou voel dit asof elke senupunt ’n fyn sneller is wat sy lyf op die geringste geluid laat reageer.

Jake blaas sy asem uit en maak sy oë weer toe. Dis vandag Sondag, besef hy. Presies ’n week ná die uitbreking. Nie dat die dae se name meer saak maak nie. Dit voel nie asof daar net ’n week verbygegaan het nie.

As dit alles in een van sy gunsteling-comics gebeur het, sou jy net ’n paar raampies nodig gehad het om die afgelope week op te som. Hy kan dit in sy verbeelding sien ...

Daar was wilde bespiegelinge op die sewe-uurnuus oor ’n moontlike gevaarlike epidemie oorsee, iewers in Amerika. Iemand het beweer die virus het ook reeds in Suid-Afrika kop uitgesteek.

Aktiwiteit 189: Gesels oor die storielyn

20 minute

60 minute

Gesels in ’n groep of in pare oor die storielyn van die uittreksel. As julle die outeurs was, wat sou volgende gebeur het? Dink aan twee scenario’s wat by die uittreksel kan aansluit. Die fasiliteerder sal vir ’n paar groepe/pare vra om hul scenario’s aan die klas mee te deel.

Aktiwiteit 190: Vertel ’n storie

SAMPLE

Inleiding tot aktiwiteit 190: In hierdie aktiwiteit gaan die leerders die geleentheid kry om ’n storietema te kies en dan hul eie stories uit te dink, te beplan en aan te bied. Hulle hoef egter nie te veel tyd hieraan te bestee nie aangesien dit daarop gemik is om hul kreatiewe spiere los te maak vir die skryfprojek waaraan hulle in les 11, 12 en 13 gaan werk. Gee hulle ongeveer 20 minute om hul stories in die klas te beplan. Hulle kan dit by die huis gaan navors en skryf en dit dan in die klas kom aanbied.

In die volgende twee aktiwiteite gaan jy die geleentheid kry om jou eie storie te vertel. Lees die inligting wat volg aandagtig deur en kies dan ’n onderwerp vir jou storie uit die gegewe (given) opsies. Hoe om ’n goeie storie te vertel

1. Kies ’n duidelike sentrale boodskap: Jy moet ’n definitiewe idee hê van waarheen jy met jou storie op pad is. As jy ’n snaakse storie vertel, bou jy miskien op tot ’n kinkel (twist) wat jou gehoor sal laat lag. Dit is belangrik om baie duidelik te weet wat die sentrale tema (central theme) is waarom jy jou storie bou.

2. Skep spanning: Skep spanning (tension) deur ’n paar struikelblokke (obstacles) in jou karakters se pad te plaas of jou karakters effens te laat sukkel.

3. Die struktuur moet duidelik wees: Alle stories het drie hoofbestanddele (main ingredients), naamlik ’n begin, ’n middel en ’n einde. Lees boeke of kyk flieks deur besonderse storievertellers en oefen om jou eie stories op papier te struktureer sodat jy die vorm kan sien.

4. Delf in jou persoonlike ondervindings: Ongeag daarvan of jy ’n ware storie vertel wat op persoonlike ondervinding (personal experience) gegrond is of nie, kan jy vir inspirasie na jou lewe kyk wanneer jy aan nuwe idees dink. Dink aan belangrike ondervindings wat jy in jou lewe ervaar het en hoe jy dit kan aanpas om by jou storie in te sluit.

5. Betrek jou gehoor: Wanneer jy ’n storie voor mense vertel, is dit belangrik om oogkontak met hulle te maak sodat jy hulle kan betrek (engage).

6. Kyk na ander goeie storievertellers: Jou persoonlike stories sal uniek en spesifiek op jou gerig wees, maar daar is nie ’n beter manier om te leer hoe om ’n storie te vertel as om te kyk na hoe ander bewonderenswaardige (admirable) storievertellers hul eie stories vertel nie. Die meeste van ons ken mense wat goed is daarmee om stories te vertel. Soek na goeie storievertellers en leer by hulle deur hulle waar te neem (observe).

7. Fokus op dit wat belangrik is: Moenie voortbabbel (ramble on) nie – kies die belangrikste aspekte wat jy wil insluit. As jy te veel detail insluit, gaan jy jou gehoor verwar of verveel! Kies ’n duidelike begin en einde vir jou storie en skryf dan die hoofgebeure (main events) as ’n lys in die middel daarvan neer.

Onderwerpe vir jou storie:

1. Jy is ’n wêreldberoemde kuberkraker (hacker) wat die volgende rekenaarvirus ontwikkel ...

SAMPLE

2. Jy is deel van ’n span dokters en wetenskaplikes wat na SuidAmerika uitgestuur word, waar ’n seldsame virus onder ’n primitiewe stam uitgebreek het. Beskryf die mense saam met wie jy werk en wat julle daar aantref (encounter). Wees so kreatief as wat jy wil.

3. Terwyl jy op ’n afgeleë plek met vakansie is, bied die plaaslike (local) mense vir jou ’n gereg (dish) aan om te eet. Jy het geen idee wat dit is nie. Uit beleefdheid (courtesy) eet jy dit, maar toe jy weer by jou kamer kom, begin jy snaaks voel. BAIE snaaks.

Jou storie moet 2 tot 3 minute lank wees. Dink mooi oor die volgende elemente na:

• Jou storie se styl, dit wil sê hoe jy woorde, sinne en beeldspraak gebruik om atmosfeer, beelde en betekenis te skep.

• Die register van jou storie: As jy byvoorbeeld onderwerp twee gekies het, gaan jy ’n meer formele register gebruik om mense daarvan te oortuig dat jy ’n belangrike dokter/ wetenskaplike is?

• Die woordeskat wat by jou storie pas: As jy onderwerp een gekies het, moet jy enkele gepaste rekenaarterme insluit.

Beplan jou storie in die klas. Gaan doen navorsing by die huis en kom bied dan weer jou storie in die klas aan.

Aktiwiteit 191: Die taal vir jou storie: sinstipes 10 minute

Die soort sinne wat jy in jou storie gebruik, kan ’n groot uitwerking hê. In afdeling 1 het jy geleer dat daar drie soorte sinne is:

• Bevelsinne

• Stelsinne

• Vraagsinne

Daar kan nog ’n vierde soort hierby bygevoeg word, naamlik die uitroepsin. Dié soort sin kry ook ’n uitroepteken aan die einde, maar dit is nie ’n bevel aan iets of iemand nie, byvoorbeeld: "Wat ’n ongelooflike sonsondergang!"

Die skrywer van Virus gebruik verskillende sinstipes en -lengtes baie doeltreffend (effectively). Lees die eerste paragraaf van die storie:

SAMPLE

Jake skrik met ’n ligte rukbeweging wakker – elke spier dadelik snaarstyf gespan, sy hand op die pistool. ’n Oomblik lank lê hy net so in die stikdonkerte. Het iets hom wakker gemaak? Dis doodstil. Die enigste geluid is sy sagte asemhaling teen die koel materiaal van die slaapsak. Stadig ontspan hy.

’n Mens sou maklik al vier sinstipes in die paragraaf kon gebruik. Skryf die bostaande paragraaf oor sodat dit al vier sinstipes bevat. Jy mag aan die paragraaf verander (bysit en wegvat) om dit reg te kry.

Een opsie: Jake skrik met ’n ligte rukbeweging wakker – elke spier dadelik snaarstyf gespan, sy hand op die pistool. Daar is iets daarbuite! ’n Oomblik lank lê hy net so in die stikdonkerte. Het iets hom wakker gemaak? Dis doodstil. Die enigste geluid is sy sagte asemhaling teen die koel materiaal van die slaapsak. Stadig ontspan hy. Hy sal homself moet regruk!

Aktiwiteit 192: Hersien selfstandige naamwoorde 15 minute

Selfstandige naamwoorde is die bakstene van taal – jy kan nie regtig enige sinne daarsonder bou nie. Daar is vyf verskillende soorte selfstandige naamwoorde:

Eiename

Stofname/ massaname

Soortname

Maatname en versamelname

Abstrakte selfstandige naamwoorde

• Eiename en verhoudings

’n Eienaam (proper noun) is ’n selfstandige naamwoord (noun) wat vir ’n spesifieke mens, dier, plek of ding gegee word.

Alhoewel eiename altyd met ’n hoofletter begin, is daar uitsonderings op die reël. Dink aan die gebruik van verhoudings as ’n eienaam, byvoorbeeld “ma”, “pa”, ens. Dit tree as soortname (common nouns) op, maar kan ook as eiename (proper nouns) gebruik word as dit as die naam van ’n persoon funksioneer. In hierdie geval word dit met ’n hoofletter geskryf.

My vriendin se pa is ’n baie vriendelike man.

Kan jy asseblief vir Pa sê dat ek by Cindy gaan kuier?

In die eerste voorbeeld tree “pa” as ’n soortnaam op, maar in die tweede voorbeeld word dit as eienaam gebruik en daarom word dit met ’n hoofletter geskryf.

SAMPLE

• Rigtings as eiename

Die rigtings, soos wat dit op ’n kompas gewys word, word slegs met ’n hoofletter geskryf wanneer dit as pleknaam (place name) gebruik word.

My tannie bly in Noord-Amerika.

My oom bly in die suide van Frankryk.

In die eerste voorbeeld word “noord” as deel van ’n pleknaam gebruik en dit is dus ’n eienaam, terwyl “suid” in die tweede voorbeeld as verduideliking van die ligging (location) gebruik word en dus nie as eienaam geklassifiseer word nie.

• Wanneer om hoofletters te gebruik en wanneer nie

Dit kan soms miskien moeilik wees om te besluit wat ’n eienaam is en of dit met ’n hoofletter geskryf moet word. Hier onder is voorbeelde van woorde wat met en sonder hoofletters geskryf word.

o Met ’n hoofletter

 Handelsname

 Weeksdae

 Maandname

o Sonder ’n hoofletter

 Seisoene

 Werkstitels. Let wel, gewoonlik word werkstitels wat voor ’n naam geskryf word, met ’n hoofletter geskryf, byvoorbeeld President Mandela. Titels wat ná die naam kom, word met ’n kleinletter geskryf: Nelson Mandela, die president van Suid Afrika. As die woord dus deel van ’n ampstitel (official title) is, word dit met ’n hoofletter geskryf. As die woord net iemand se rol beskryf, dan word dit met ’n kleinletter geskryf.

Ons kyk kortliks na die ander soorte selfstandige naamwoorde:

Soortname

Stofname/ massaname

Soortname is woorde wat na iets of iemand of, die soort iets of iemand verwys, byvoorbeeld bok, bokke, kind, kinders, motor, motors, ens.

SAMPLE

Stofname (ook massaname genoem) is woorde wat na vaste stowwe, metale, gasse en vloeistowwe wat gemeet, maar nie getel kan word nie, verwys, byvoorbeeld koper, goud, water, grond, ens.

Soortname kan:

• ’n lidwoord (’n of die) vooraan kry;

• geslag (bul of koei) aandui; en

• altyd in die meervoud of verkleining geskryf word.

Stofname kan:

• NIE ’n lidwoord vooraan kry nie;

• NIE geslag aandui nie; en

• NIE in die meervoud of verkleining geskryf word nie.

Let wel: As die woorde in die meervoud gebruik word, is dit nie meer stofname nie, byvoorbeeld:

Die waters roep my naam.

In dié geval is "waters" ’n soortnaam.

Let wel: As die stofnaam verbuig is, is dit nie meer ’n stofnaam nie, soos in goue horlosie. Hier is "goue" ’n byvoeglike naamwoord wat meer van die selfstandige naamwoord (horlosie) vertel.

Maatname en versamelname

Abstrakte selfstandige naamwoorde

• Maatname is woorde wat hoeveelheid aandui, byvoorbeeld ’n liter koeldrank, ’n boks koekies, of ’n koppie meel.

• Versamelname is woorde wat na ’n groep diere, mense of dinge verwys:

o ’n trop bobbejane

o ’n skare mense

o ’n swerm voëls

Beide maatname en versamelname word deur ’n ander selfstandige naamwoord gevolg.

Abstrakte selfstandige naamwoorde is woorde wat dinge beskryf wat ons nie kan sien nie, soos toestande, gevoelens en abstrakte konsepte, byvoorbeeld liefde, haat, blydskap, jaloesie, ens.

1. Skryf die eiename in die volgende sinne met hoofletters:

a) Dink jy dat steers se kos goeie waarde vir geld is?

Dink jy dat Steers se kos goeie waarde vir geld is?

b) Die springbokke se volgende wedstryd is teen die engelse. Die Springbokke se volgende wedstryd is teen die Engelse.

c) Ek bly in seepuntstraat.

Ek bly in Seepuntstraat.

d) Die dorpie clarens is baie gewild onder toeriste. Die dorpie Clarens is baie gewild onder toeriste.

e) Ek luister graag na beethoven se musiek.

Ek luister graag na Beethoven se musiek.

SAMPLE

2. Gee die versamelname vir die volgende:

a) My pa gee altyd vir my ma ’n blomme op haar verjaarsdag. (bos)

b) Gaan koop asseblief ’n papier vir die drukker in die kantoor. (riem)

c) Hoeveel trappe moet ek dan nou nog klim om bo uit te kom? (stelle)

d) Op die oomblik speel die rugbyspelers die wedstryde sonder enige toeskouers. (spanne)

e) Ek wonder wat gaan die beoordelaars oor my optrede sê? (paneel)

3. Identifiseer die selfstandige naamwoorde wat in die volgende sinne onderstreep is:

a) Die myn haal goud uit die grond uit en die proses gebruik baie water. (stofname)

b) My ma het my gevra om ’n paar goed vir haar by die winkel te kry: ’n dosyn broodrolletjies, twee liter melk, ’n bottel koeldrank en ’n kilogram maalvleis. (maatname)

c) Dit is moeilik om geduld en simpatie met mense te hê wat nie wil luister nie. (abstrakte selfstandige naamwoorde)

4. Probeer nou een sin skryf wat al die verskillende soorte selfstandige naamwoorde bevat. Die volgende sin is ’n voorbeeld:

Arnold (eienaam) is ’n entoesiastiese visserman (soortnaam) wat regstaan met sy boks (maatnaam) aas en gedurig die water (stofnaam) dophou vir ’n skool (versamelnaam) visse om te vang.

AFDELING 2 LEES EN KYK

Inleiding tot afdeling 2: Hierdie afdeling se werk skakel mooi in by die werk wat in afdeling 1 gedoen is. Dit is dus nie nodig vir ’n aparte inleidende gedeelte nie. Jy kan dalk die leerders vra wat hul en hul gesinne se eerste reaksies was toe die Covid-19-pandemie uitgebreek het. Wou hulle êrens gaan wegkruip? Of dit net ignoreer? Jy kan ook die leerders vra of hulle permanent maskers sal dra, selfs wanneer die pandemie verby is.

In die eerste afdeling het jy vir jou fasiliteerder ’n storie vertel. Nou kan jy ’n bietjie ontspan en ’n kortverhaal lees wat iemand anders geskryf het oor, ja – jy is reg – virusse.

Aktiwiteit 193: Lees ’n kortverhaal

70 minute

SAMPLE

Die verhaal speel in die toekoms af in ’n tyd wanneer die aarde deur aanhoudende (persistent) pandemies getref word. Die verhaal gaan oor Roderick Attlee en Lionel van Rooyen wat kenners van virussiektes is. Hulle moet namens die Interplanetêre Gesondheid-organisasie (Interplanetary Health Organization) in die geheim (secretly) na ’n groep mense gaan kyk wat ver van ander mense in ’n diep vallei woon. Wanneer die mense vir Roderick en Lionel vang, is die groep se leier nie vriendelik nie. Hulle moet vir hul lewens vlug, maar het ook ’n belangrike boodskap vir die hele mensdom: Het die wetenskap en tegnologie ’n god geword wat ware menslikheid doodmaak?

• A complete guide with all the texts (contemporary and classic) for comprehension exercises, speeches, and reading included.

• Comprehensive explanations of language aspects.

• Step-by-step guidelines in plain language.

• Fun, engaging, and practical activities.

• Interesting themes for Grade 8s to expand general knowledge and inspire curiosity.

• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.

• Suitable for learners on all levels.

• Use in school or at home.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.