Graad 8 • Handleiding 2/2
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Handleiding 2/2
Graad 8
SAMPLE
Aktiwiteit
Aktiwiteit
Aktiwiteit
Handleiding 2/2
G08 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE
Wat jy aan die einde van die les moet weet, in pas met die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.
WOORDESKAT
Betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
VERRYKING
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.
SAMPLE
JAARPLAN
Eenheid Les Datum begin Datum voltooi
LES 1: Pak jou tasse!
LES 2: Ons vier verskillende kulture
1
LES 3: Totsiens en hallo!
LES 4: Geld wat stom is, maak reg wat krom is
LES 5: Wat praat jy!
LES 6: Loervinke en skindery!
LES 7: Stropery …
2
3
LES 8: Geniet die natuur!
LES 9: Hoor hier!
LES 10: Virusse – hoe gemaak?
LES 11: Luister, lees, aksie!
LES 12: My pennevrug
SAMPLE
LES 13: Laat ek vertel …
LES 14: Liedjiestories
LES 15: Koerskry …
LES 16: Kuns laat leef!
4
LES 17: Tevrede met ons diens?
LES 18: Uit en tuis!
Eenheid 3 en 4 (kwartaal 3 en 4) is in hierdie handleiding en eenheid 1 en 2 (kwartaal 1 en 2) is in handleiding 1/2.
Handleiding 2/2
EENHEID 3: Week 1 – 2
Leerdoelwitte
Welkom by die eerste les van eenheid 3.
In hierdie les gaan jy:
• na ’n storie luister en jou eie storie vertel;
• na die regte taal vir jou storie, naamlik sinstipes, kyk;
• hersiening oor selfstandige naamwoorde doen;
• ’n kortverhaal lees en vrae beantwoord;
• gedigte lees en vrae beantwoord;
• taalstrukture soos idiome, spreekwoorde, sinonieme, antonieme en homonieme hersien;
• ’n kortverhaal beplan en skryf; en
• voorsetsels, afkortings, byvoeglike en bywoordelike bepalings hersien.
Die inhoud in die onderstaande tabel vertel jou meer van die aktiwiteite wat jy gaan doen om jou vaardighede in Afrikaans Eerste Addisionele Taal verder te ontwikkel:
Luister en praat
Luister na ’n storie
SAMPLE
Gesels oor die storielyn
Vertel ’n storie
Die taal vir jou storie: sinstipes
Hersien selfstandige naamwoorde
Lees en kyk
Lees ’n kortverhaal
Beantwoord vrae oor ’n kortverhaal
Lees twee gedigte en beantwoord vrae
Hersien idiome en spreekwoorde
Sinonieme en antonieme
Aktiwiteit 188
Aktiwiteit 189
Aktiwiteit 190
Aktiwiteit 191
Aktiwiteit 192
Aktiwiteit 193
Aktiwiteit 194
Aktiwiteit 195
Aktiwiteit 196
Aktiwiteit 197
Hersien sinonieme, antonieme en homonieme Aktiwiteit 198
Skryf en aanbied
Beplan ’n kortverhaal
Aktiwiteit 199
Skryf die eerste poging van jou kortverhaal
Hersien en redigeer jou kortverhaal
Hersien voorsetsels
Voorsetsels in vaste verbindings
Hersien afkortings
Hersien byvoeglike en bywoordelike bepalings
Proeflees jou kortverhaal
Remediëring
AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 188: Luister na ’n storie
Aktiwiteit 200
Aktiwiteit 201
Aktiwiteit 202
Aktiwiteit 203
Aktiwiteit 204
Aktiwiteit 205
Aktiwiteit 206
Aktiwiteit 207
Op alle fronte word ons deesdae deur virusse omring – as dit nie jou rekenaar of foon aantas nie, dan is dit jou lyf. Daar word enorme bedrae geld spandeer om hierdie virusse te probeer keer, maar daar is altyd iets nuuts aan die broei.
Jou fasiliteerder gaan ’n uittreksel uit die boek, Virus, geskryf deur Jaco Jacobs, aan jou voorlees. ’n Tydskrif het die volgende kort opsomming van die boek geskryf:
SAMPLE
As jy van futuristiese verhale hou, is hierdie een vir jou. ’n Onbekende virus breek uit en tas mense oor die hele wêreld aan. Hulle verander in ’n soort zombie wat die mense wat nie deur die virus geraak is nie, aanval en vermoor.
Sewentienjarige Jake se lewe word omvergewerp. Die stad word rondom hom verwoes. Hy is een van die enigste oorlewendes. Hy besluit om na sy pa te gaan soek, waar dié in die Karoo ’n dokumentêr maak. Sy paaie kruis met ander oorlewendes en hy vertel almal se verhaal uit sy oogpunt.
Jy sal maar self moet lees om te sien of hy die ekspedisie oorleef. Die boek is ’n aksiebelaaide mengsel van fiksie en strokieskuns.
Terwyl jou fasiliteerder die storie voorlees, let op na die volgende:
1. Hoe word die storie aangebied?
2. Watter soort taal word in die storie gebruik?
3. Teen watter tempo word die storie gelees?
4. Watter stemtoon het jou fasiliteerder gebruik?
5. Was die tempo en die stemtoon heeltyd dieselfde?
6. Watter effek het al hierdie elemente op die storie?
Handleiding 2/2
Aktiwiteit 189: Gesels oor die storielyn
Gesels in ’n groep of in pare oor die storielyn van die uittreksel. As julle die outeurs was, wat sou volgende gebeur het? Dink aan twee scenario’s wat by die uittreksel kan aansluit. Die fasiliteerder sal vir ’n paar groepe/pare vra om hul scenario’s aan die klas mee te deel.
Aktiwiteit 190: Vertel ’n storie
In die volgende twee aktiwiteite gaan jy die geleentheid kry om jou eie storie te vertel. Lees die inligting wat volg aandagtig deur en kies dan ’n onderwerp vir jou storie uit die gegewe (given) opsies.
Hoe om ’n goeie storie te vertel
1. Kies ’n duidelike sentrale boodskap: Jy moet ’n definitiewe idee hê van waarheen jy met jou storie op pad is. As jy ’n snaakse storie vertel, bou jy miskien op tot ’n kinkel (twist) wat jou gehoor sal laat lag. Dit is belangrik om baie duidelik te weet wat die sentrale tema (central theme) is waarom jy jou storie bou.
2. Skep spanning: Skep spanning (tension) deur ’n paar struikelblokke (obstacles) in jou karakters se pad te plaas of jou karakters effens te laat sukkel.
3. Die struktuur moet duidelik wees: Alle stories het drie hoofbestanddele (main ingredients), naamlik ’n begin, ’n middel en ’n einde. Lees boeke of kyk flieks deur besonderse storievertellers en oefen om jou eie stories op papier te struktureer sodat jy die vorm kan sien.
SAMPLE
4. Delf in jou persoonlike ondervindings: Ongeag daarvan of jy ’n ware storie vertel wat op persoonlike ondervinding (personal experience) gegrond is of nie, kan jy vir inspirasie na jou lewe kyk wanneer jy aan nuwe idees dink. Dink aan belangrike ondervindings wat jy in jou lewe ervaar het en hoe jy dit kan aanpas om by jou storie in te sluit.
5. Betrek jou gehoor: Wanneer jy ’n storie voor mense vertel, is dit belangrik om oogkontak met hulle te maak sodat jy hulle kan betrek (engage).
6. Kyk na ander goeie storievertellers: Jou persoonlike stories sal uniek en spesifiek op jou gerig wees, maar daar is nie ’n beter manier om te leer hoe om ’n storie te vertel as om te kyk na hoe ander bewonderenswaardige (admirable) storievertellers hul eie stories vertel nie. Die meeste van ons ken mense wat goed is daarmee om stories te vertel. Soek na goeie storievertellers en leer by hulle deur hulle waar te neem (observe).
7. Fokus op dit wat belangrik is: Moenie voortbabbel (ramble on) nie – kies die belangrikste aspekte wat jy wil insluit. As jy te veel detail insluit, gaan jy jou gehoor verwar of verveel! Kies ’n duidelike begin en einde vir jou storie en skryf dan die hoofgebeure (main events) as ’n lys in die middel daarvan neer.
Onderwerpe vir jou storie:
1. Jy is ’n wêreldberoemde kuberkraker (hacker) wat die volgende rekenaarvirus ontwikkel ...
SAMPLE
2. Jy is deel van ’n span dokters en wetenskaplikes wat na SuidAmerika uitgestuur word, waar ’n seldsame virus onder ’n primitiewe stam uitgebreek het. Beskryf die mense saam met wie jy werk en wat julle daar aantref (encounter). Wees so kreatief as wat jy wil.
3. Terwyl jy op ’n afgeleë plek met vakansie is, bied die plaaslike (local) mense vir jou ’n gereg (dish) aan om te eet. Jy het geen idee wat dit is nie. Uit beleefdheid (courtesy) eet jy dit, maar toe jy weer by jou kamer kom, begin jy snaaks voel. BAIE snaaks.
Jou storie moet 2 tot 3 minute lank wees. Dink mooi oor die volgende elemente na:
• Jou storie se styl, dit wil sê hoe jy woorde, sinne en beeldspraak gebruik om atmosfeer, beelde en betekenis te skep.
• Die register van jou storie: As jy byvoorbeeld onderwerp twee gekies het, gaan jy ’n meer formele register gebruik om mense daarvan te oortuig dat jy ’n belangrike dokter/ wetenskaplike is?
• Die woordeskat wat by jou storie pas: As jy onderwerp een gekies het, moet jy enkele gepaste rekenaarterme insluit.
Beplan jou storie in die klas. Gaan doen navorsing by die huis en kom bied dan weer jou storie in die klas aan.
Handleiding 2/2
Aktiwiteit 191: Die taal vir jou storie: sinstipes
Die soort sinne wat jy in jou storie gebruik, kan ’n groot uitwerking hê. In afdeling 1 het jy geleer dat daar drie soorte sinne is:
• Bevelsinne
• Stelsinne
• Vraagsinne
Daar kan nog ’n vierde soort hierby bygevoeg word, naamlik die uitroepsin. Dié soort sin kry ook ’n uitroepteken aan die einde, maar dit is nie ’n bevel aan iets of iemand nie, byvoorbeeld: "Wat ’n ongelooflike sonsondergang!"
Die skrywer van Virus gebruik verskillende sinstipes en -lengtes baie doeltreffend (effectively). Lees die eerste paragraaf van die storie:
Jake skrik met ’n ligte rukbeweging wakker – elke spier dadelik snaarstyf gespan, sy hand op die pistool. ’n Oomblik lank lê hy net so in die stikdonkerte. Het iets hom wakker gemaak? Dis doodstil. Die enigste geluid is sy sagte asemhaling teen die koel materiaal van die slaapsak. Stadig ontspan hy.
’n Mens sou maklik al vier sinstipes in die paragraaf kon gebruik. Skryf die bostaande paragraaf oor sodat dit al vier sinstipes bevat. Jy mag aan die paragraaf verander (bysit en wegvat) om dit reg te kry.
Aktiwiteit 192: Hersien selfstandige naamwoorde
Selfstandige naamwoorde is die bakstene van taal – jy kan nie regtig enige sinne daarsonder bou nie. Daar is vyf verskillende soorte selfstandige naamwoorde:
SAMPLE
Eiename
Stofname/ massaname
Soortname
Maatname en versamelname
Abstrakte selfstandige naamwoorde
’n Eienaam (proper noun) is ’n selfstandige naamwoord (noun) wat vir ’n spesifieke mens, dier, plek of ding gegee word.
• Eiename en verhoudings
Alhoewel eiename altyd met ’n hoofletter begin, is daar uitsonderings op die reël. Dink aan die gebruik van verhoudings as ’n eienaam, byvoorbeeld “ma”, “pa”, ens. Dit tree as soortname (common nouns) op, maar kan ook as eiename (proper nouns) gebruik word as dit as die naam van ’n persoon funksioneer. In hierdie geval word dit met ’n hoofletter geskryf.
My vriendin se pa is ’n baie vriendelike man.
Kan jy asseblief vir Pa sê dat ek by Cindy gaan kuier?
In die eerste voorbeeld tree “pa” as ’n soortnaam op, maar in die tweede voorbeeld word dit as eienaam gebruik en daarom word dit met ’n hoofletter geskryf.
• Rigtings as eiename
Die rigtings, soos wat dit op ’n kompas gewys word, word slegs met ’n hoofletter geskryf wanneer dit as pleknaam (place name) gebruik word.
My tannie bly in Noord-Amerika.
My oom bly in die suide van Frankryk.
In die eerste voorbeeld word “noord” as deel van ’n pleknaam gebruik en dit is dus ’n eienaam, terwyl “suid” in die tweede voorbeeld as verduideliking van die ligging (location) gebruik word en dus nie as eienaam geklassifiseer word nie.
• Wanneer om hoofletters te gebruik en wanneer nie
Dit kan soms miskien moeilik wees om te besluit wat ’n eienaam is en of dit met ’n hoofletter geskryf moet word. Hier onder is voorbeelde van woorde wat met en sonder hoofletters geskryf word.
o Met ’n hoofletter
Handelsname
Weeksdae
Maandname
o Sonder ’n hoofletter
Seisoene
Werkstitels. Let wel, gewoonlik word werkstitels wat voor ’n naam geskryf word, met ’n hoofletter geskryf, byvoorbeeld President Mandela. Titels wat ná die naam kom, word met ’n kleinletter geskryf: Nelson Mandela, die president van Suid Afrika. As die woord dus deel van ’n ampstitel (official title) is, word dit met ’n hoofletter geskryf. As die woord net iemand se rol beskryf, dan word dit met ’n kleinletter geskryf.
Ons kyk kortliks na die ander soorte selfstandige naamwoorde:
Soortname
Stofname/ massaname
Soortname is woorde wat na iets of iemand of, die soort iets of iemand verwys, byvoorbeeld bok, bokke, kind, kinders, motor, motors, ens.
Stofname (ook massaname genoem) is woorde wat na vaste stowwe, metale, gasse en vloeistowwe wat gemeet, maar nie getel kan word nie, verwys, byvoorbeeld koper, goud, water, grond, ens.
Soortname kan:
• ’n lidwoord (’n of die) vooraan kry;
• geslag (bul of koei) aandui; en
• altyd in die meervoud of verkleining geskryf word.
Stofname kan:
Maatname en versamelname
Abstrakte selfstandige naamwoorde
• NIE ’n lidwoord vooraan kry nie;
• NIE geslag aandui nie; en
• NIE in die meervoud of verkleining geskryf word nie.
Let wel: As die woorde in die meervoud gebruik word, is dit nie meer stofname nie, byvoorbeeld:
Die waters roep my naam.
In dié geval is "waters" ’n soortnaam.
Let wel: As die stofnaam verbuig is, is dit nie meer ’n stofnaam nie, soos in goue horlosie. Hier is "goue" ’n byvoeglike naamwoord wat meer van die selfstandige naamwoord (horlosie) vertel.
• Maatname is woorde wat hoeveelheid aandui, byvoorbeeld ’n liter koeldrank, ’n boks koekies, of ’n koppie meel.
SAMPLE
• Versamelname is woorde wat na ’n groep diere, mense of dinge verwys:
o ’n trop bobbejane
o ’n skare mense
o ’n swerm voëls
Beide maatname en versamelname word deur ’n ander selfstandige naamwoord gevolg.
Abstrakte selfstandige naamwoorde is woorde wat dinge beskryf wat ons nie kan sien nie, soos toestande, gevoelens en abstrakte konsepte, byvoorbeeld liefde, haat, blydskap, jaloesie, ens.
1. Skryf die eiename in die volgende sinne met hoofletters:
a) Dink jy dat steers se kos goeie waarde vir geld is?
b) Die springbokke se volgende wedstryd is teen die engelse.
c) Ek bly in seepuntstraat.
d) Die dorpie clarens is baie gewild onder toeriste.
e) Ek luister graag na beethoven se musiek.
2. Gee die versamelname vir die volgende:
a) My pa gee altyd vir my ma ’n blomme op haar verjaarsdag.
b) Gaan koop asseblief ’n papier vir die drukker in die kantoor.
c) Hoeveel trappe moet ek dan nou nog klim om bo uit te kom?
d) Op die oomblik speel die rugbyspelers die wedstryde sonder enige toeskouers.
e) Ek wonder wat gaan die beoordelaars oor my optrede sê?
3. Identifiseer die selfstandige naamwoorde wat in die volgende sinne onderstreep is:
a) Die myn haal goud uit die grond uit en die proses gebruik baie water
b) My ma het my gevra om ’n paar goed vir haar by die winkel te kry: ’n dosyn broodrolletjies, twee liter melk, ’n bottel koeldrank en ’n kilogram maalvleis.
c) Dit is moeilik om geduld en simpatie met mense te hê wat nie wil luister nie.
4. Probeer nou een sin skryf wat al die verskillende soorte selfstandige naamwoorde bevat. Die volgende sin is ’n voorbeeld:
Arnold (eienaam) is ’n entoesiastiese visserman (soortnaam) wat regstaan met sy boks (maatnaam) aas en gedurig die water (stofnaam) dophou vir ’n skool (versamelnaam) visse om te vang.
SAMPLE
AFDELING 2 LEES EN KYK
In die eerste afdeling het jy vir jou fasiliteerder ’n storie vertel. Nou kan jy ’n bietjie ontspan en ’n kortverhaal lees wat iemand anders geskryf het oor, ja – jy is reg – virusse.
Handleiding 2/2
Aktiwiteit
193: Lees ’n kortverhaal
Die verhaal speel in die toekoms af in ’n tyd wanneer die aarde deur aanhoudende (persistent) pandemies getref word. Die verhaal gaan oor Roderick Attlee en Lionel van Rooyen wat kenners van virussiektes is. Hulle moet namens die Interplanetêre Gesondheidorganisasie (Interplanetary Health Organization) in die geheim (secretly) na ’n groep mense gaan kyk wat ver van ander mense in ’n diep vallei woon. Wanneer die mense vir Roderick en Lionel vang, is die groep se leier nie vriendelik nie. Hulle moet vir hul lewens vlug, maar het ook ’n belangrike boodskap vir die hele mensdom: Het die wetenskap en tegnologie ’n god geword wat ware menslikheid doodmaak?
Woordeskat
isolasiepak (isolation suit) – ’n kiembestande pak (klere) wat keer dat jou virusse na ander mense versprei; ook op ander ruimteliggame (outerspace bodies) soos die Maan gebruik
beroemde teenstander (famous opponent)
inentings (vaccinations)
volgelinge (followers)
afgesonderde (remote)
dwing (force)
SAMPLE
mense van vlees en bloed (people of flesh and blood) – werklike mense met liggame en emosies
wagte (guards, sentinels)
gepleit (pleaded)
veroorsaak (caused)
lewensgevaar (danger / peril of life)
mensdom (humanity)
kruie (herbs)
in lewende lywe (in the flesh) – wanneer iemand lewend is jou uit die voete maak (to get out of there) – om vinnig weg te kom
kortpad (shortcut)
lokval (trap)
waardeer (appreciate)
Prelees
1. Wat is jou eerste gedagte as jy die titel van die kortverhaal lees?
2. Wat beteken “groen” in die volgende sin?
“Ons gebruik ook groen krag vandat ons huis sonkragpanele het.”
3. Aan watter plek in Suid-Afrika laat “Goeie Hoop” jou dink? Waarom is dit so genoem?
4. Laat jou oë vinnig oor die kortverhaal gaan (vluglees dit). Uit hoeveel dele bestaan hierdie kortverhaal?
5. Lees die eerste drie sinne. Loop Lionel voor die verteller, of agter die verteller?
6. Soeklees die eerste sewe paragrawe van die storie vinnig. Waar lees jy die eerste keer dat die storie in die toekoms afspeel?
7. Wat het jy tot nou oor kulture geleer? Stem jy met hierdie stelling (statement) saam? Verduidelik jou antwoord.
“Mense se kultuur sluit meer dinge in (includes) as kos, klere, taal en godsdiens.”
Tydens lees
Kyk na die volgende vrae voordat jy die verhaal lees sodat jy voorberei kan wees:
1. Gedurende watter groot, wêreldwye gebeurtenis (event) speel die verhaal af?
2. In hoeveel groepe kan jy die karakters verdeel?
3. Oor hoeveel minute speel die eerste drie dele af? Oor hoeveel dae speel die hele verhaal af?
4. Was jy al in ’n diep en verlate (desolate) vallei soos die Groen Vallei van Goeie Hoop?
5. Is wetenskap en tegnologie deel van mense se kultuur?
6. Wat dink jy is die hooftema aan die begin van die verhaal? Wat dink jy aan die einde?
Handleiding 2/2
Die Groen Vallei van Goeie Hoop
Roderick Attlee
“Vinniger, Lionel!”
Dit is pikdonker, maar ons móét gou uit die vallei kom!
Agter my sukkel Lionel van Rooyen, my kollega by die Instituut vir Virussiektes, in sy isolasiepak
Dan word ek hard grond toe gepluk. ’n Donker figuur met lang hare staan voor my.
***
’n Honderd minute gelede, onder in die vallei, het sterk ligte ons skielik heeltemal verblind. ’n Harde bevel het ons laat stop: “Draai om! Ons soek julle nie hier waar geen virusse is nie.”
Dis die groep se leier wat agter die skerp ligte praat – die beroemde teenstander van inentings teen virusse. Die vrou wat met haar volgelinge in daardie diep vallei skuil vandat die jongste pandemie ses jaar gelede begin het.
Ons opdrag van die Interplanetêre Gesondheid-organisasie was om hierdie afgesonderde gemeenskap in die geheim dop te hou.
Die stem praat harder: “Julle met jul wetenskap wil ons dwing om te doen wat ons nie wil doen nie. Maar mense van vlees en bloed is beter as julle tegnologie en robots. Ons wagte het julle betyds sien kom.”
SAMPLE
Ek het gepleit: “Ons wil net weet hoe julle die pandemie oorlewe. Miljoene mense wat erg gely het, is al dood. Hoe bly julle gesond?”
“Julle tegnologie het die epidemie veroorsaak. Laat julle wetenskapgod julle red.”
Ons kon steeds niemand sien nie.
“Julle oorpakke moet seker keer dat ons julle virusse kry. So dra julle mos oorpakke op ander planete. Maar julle dra virusse oral saam. Ons wil julle twee met julle virusse vernietig.”
Ons was beslis in lewensgevaar
“Maar ons gee vir julle en die mensdom ’n kans. Gaan vertel ons leef hier soos mense behoort te leef: van kristalhelder fonteinwater, lug sonder besoedeling, vars kos, kruie uit ons berge. En liefde.”
• A complete guide with all the texts (contemporary and classic) for comprehension exercises, speeches, and reading included.
• Comprehensive explanations of language aspects.
• Step-by-step guidelines in plain language.
• Fun, engaging, and practical activities.
• Interesting themes for Grade 8s to expand general knowledge and inspire curiosity.
• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.
• Suitable for learners on all levels.
• Use in school or at home.