Graad R Fasiliteerdersgids Leer en Doen: Kwartaal 2

Page 1


Leer en Doen: Kwartaal 2

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Leer en Doen

Fasiliteerdersgids

Kwartaal 2

Graad R

Dr N Scheepers A Venter R Venter

Aangepas vir KABV

Inhoudsopgawe

Kwartaal 2

Speelgoedland

LeereenheidSample

1. Heeltyd speeltyd

2. Wie woon in speelgoedland?

3. Ek leer oor verskillende soorte speelgoed

4. Waarvan word speelgoed gemaak?

5. Speelgoed wat kan rol

6. Speelgoed waarmee jy kan bou

7. Speelgoed met wiele

8. Kom ons speel buite

9. Waterspeelgoed

10. Oupa- en Oumadag

Fokus van leereenheid 6

Luister en praat:

• Luister na instruksies en voer dit uit

• Dra gediggies voor

• Luister na stories vir genot

• Gebruik taal om begrippe te vorm

• Identifiseer dele van ’n geheel, bv. bou ’n legkaart

Ontluikende skryf:

• Fyn motoriese beheer

• Versterk handspiere en fyn motoriese koördinasie met speelklei/deeg

• Herhaal patrone (sigsag)

• Gebruik skryfgereedskap bv. kryte en verfkwaste

• Ontwikkeling van rigtingsin

Skeppende kuns:

• Teken en interpreteer prente

• Fyn motoriese koördinasie

• Kleurherkenning

• Ruimtelike bewustheid

• 3D ontwerpe met speeldeeg/klei

• Bokskonstruksie

Ontluikende lees:

• Rigtingaktiwiteite: lees die pyltjiekaart

• Teken prente om gedagtes oor te dra

• Fonemiese bewustheid: herken die beginklank en middelklank van woorde

• Luister na die ‘s’- ‘o’- en ‘a’-klanke

• Visuele waarneming

• Vergelyking

Speelgoedland Sample

Liggaamsopvoeding:

• Balans

• Groot motoriese ontwikkeling

• Ruimtelike oriëntering

• Bewustheid van die twee kante van die liggaam: lateraliteit

• Gebruik sintuie om waar te neem

• Visuele waarneming

• Ouditiewe waarneming

• Middellynkruising

Aanvangskennis en persoonlike en sosiale welsyn:

• Verskillende soorte speelgoed

• Netheid en higiëne

• Persoonlike voor- en afkeure

• Opeenvolging van gebeure

• Veiligheid

• Kleurherkenning

• Waar speel ons met die verskillende speelgoed

• Bekendstelling aan padreëls

Wiskunde:

• Tel konkrete voorwerpe

• Getalbegripsontwikkeling: getalle 2, 3 en 4

• Kopieer meetkundige patrone

• Posisie in die ruimte

• Kleurherkenning

• Informele meting: langer, korter

• Dryf en sink

• Datahantering

• Tyd: oggend, middag en aand

• Sortering en klassifikasie

• Konsepte: groter, kleiner, langer, korter, meer en minder

Rympies, resepte en wenke

Speelgoedland

Nalize Marais

Speelgoedland is ’n lekker plek

Daar is glad nie tyd vir werk.

As die son opkom, begin die karretjies ry En die poppe staan sy aan sy.

Met blokke kan ek ’n toring bou, of ek kan vinnig spring met my tou. Soms kom daar ’n maatjie speel om my speelgoed mee te deel.

As die son vanaand gaan sak, is dit tyd om weg te pak. Elke ding het ’n spesiale plek. So raak my speelgoed nooit ooit weg.

Teken ’n hopscotch-baan

Die wiele van die bus

Die wiele van die bus gaan om en om om en om, om en om

Die wiele van die bus gaan om en om heeldag lank!

Ek ry met my rooi motorkar

Tradisionele liedjie

Ek ry met my rooi motorkar

En saam ry ook my pop.

En as ek by die rooi lig kom

Dan wys hy ek moet stop.

Stop! sê die rooi lig.

Ry! sê die groen lig.

Oppas! sê die geel lig, oppas wat jy doen!

Gebruik bordkryt en teken die vorms op die stoep, ’n ander geplaveide area of met ’n stokkie in die sand.

Rympies, resepte en wenke

Windmeultjie

http://trenalynn.blogspot.com/2013/06/pinwheels.html

Vingerverf (sout en meel)

Sample2 koppies meel

2 koppies sout

3 koppies koue water

2 koppies kookwater

1 teelepel aluin

Voedselkleursel of waterverf

Meng die meel, sout en koue water.

Voeg kookwater by die meelmengsel en bring tot kookpunt. Roer voortdurend.

Voeg aluin en kleursel by.

Vingerverf (gom)

Meng ’n pakkie muurpapiergom (te koop by hardewarewinkels) volgens die voorskrifte op die pakkie.

Verdeel dit in ewegroot hoeveelhede en gooi in twee houers.

Kies twee kleure waterverf, bv. rooi en bruin en meng dit afsonderlik in die houers.

Die mengsel kan in die yskas gebêre word om weer te gebruik.

Week 11

Dag 1

Heeltyd speeltyd

Sessie 1: Vryspel binne

Die fasiliteerder pak speelgoed uit wat perseptuele ontwikkeling bevorder. Gebruik legkaarte, blokke en boeke wat verband hou met die tema van die leereenheid. Voorsien speelgoed, bv. ’n pophuis, konstruksiespeelgoed, ens.

Sessie 2: Fokusarea: Lewensvaardighede

Kom ons gesels oor speelgoed

Die fasiliteerder gesels met die leerders oor speel en speelgoed. Die fokus is nie om vir die leerders van speel en speelgoed te vertel nie, maar om die leerders self te laat gesels oor speel, waarvan hulle hou en waarmee hulle graag speel. Die meeste kinders hou daarvan om te speel.

• Hou julle ook daarvan om te speel?

• Met watter speelding speel julle graag? Hoekom hou julle daarvan?

• Vertel vir my hoe lyk julle gunsteling speelding. Weet julle wat gunsteling beteken? Jou gunsteling speelding is daardie speelding waarvan jy die heel meeste hou en baie graag mee speel.

• Die leerders moet kan verduidelik waarmee hulle graag speel, die kleur daarvan, waar hulle daarmee speel, ens.

• Bring jou gunsteling speelding saam en wys vir die fasiliteerder (of maats) hoe lyk jou speelding.

• Soms speel ons alleen met ons speelgoed, maar ander kere speel ons speletjies saam met maatjies.

Sample

• Wanneer ons saam met maatjies speel, is dit belangrik om te deel. Almal moet ’n beurt kry om met die speelgoed te speel.

• Het julle maatjies saam met wie julle graag speel? Wat is julle maatjies se name?

• Watter speletjie speel julle graag saam met julle maatjies?

• Waar speel julle graag? Ons kan buite in die tuin speel, in die parkie speel of by die huis in ons kamer speel.

• Waarmee speel ons buite in die tuin? (Bal, sand, swaai, fietsry, jaag mekaar rond, swem, sandput, karretjies, bou ’n plaas, ens.)

• Was een van julle al in ’n parkie? Wat speel ons in die parkie?

• Waarmee speel julle in julle kamer of speelkamer?

• Wat doen julle as julle klaar met julle speelgoed gespeel het? Dit is belangrik dat die leerders bewus is van opruim en speelgoed bêre. Ons moet altyd ons speelgoed oppas en veilig bêre wanneer ons klaar gespeel het.

Sessie 3: Fokusarea: Wiskunde

Tel ritmies tot by 10 terwyl die leerders hande klap.

• Die fasiliteerder klap haar hande. Die leerders luister en klap dan dieselfde hoeveelheid met hulle hande:

• Fasiliteerder klap 2 keer. Die leerders luister en klap ook 2 keer.

• Fasiliteerder klap 4 keer. Die leerders luister en klap ook 4 keer.

• Fasiliteerder klap 5 keer. Die leerders luister en klap ook 5 keer.

• Fasiliteerder klap 3 keer. Die leerders luister en klap ook 3 keer.

Gebruik Getalkaarte.

• Die leerders pak die getalkaarte in ’n ry van 1 tot 5.

• Gebruik tellers/blokkies. Die leerders pak een blokkie langs 1, twee blokkies langs 2, drie blokkies langs 3, vier blokkies langs 4 en vyf blokkies langs 5.

• Sit al die blokkies bymekaar. Die fasiliteerder hou die getalkaarte. Flits ’n syfer en die leerders pak die getal uit met tellers. Bv. die fasiliteerder wys 3. Die leerders pak 3 tellers uit. Die fasiliteerder herhaal die aktiwiteit met die getalle 1 – 5.

Gee vir die leerders 5 verskillende speelgoed, bv. ’n karretjie, blokkie, plastiekdiertjie, bal, mannetjie, ens.

• Pak die getalkaarte in ’n ry. Die leerders pak ’n speelding onder elke getal.

Sample

• Die fasiliteerder vra dat die leerdersdie speelgoed in die ry identifiseer. Gebruik ordinaalgetalle:

• Die karretjie staan eerste in die ry.

• Waar is die blokkie? (Die blokkie is tweede in die ry.)

• Wat is vierdie in die ry? (Die bal.)

• Waar is die mannetjie? (Die mannetjie staan vyfde in die ry.)

• Skommel die speelgoed. Vra nou dat die leerders weer ’n ry pak en hardop sê wat kom eerste, tweede, derde, vierde en vyfde in die ry.

Sessie 4: Vryspel buite

Tydens vryspel moet die leerders kan speel volgens hulle behoefte en vaardigheid. Die fasiliteerder kan spesifieke apparaat uitsit, bv. ’n bal, hoepel, sandspel en waterspel. Die leerders ontwikkel belangrike vaardighede deur te speel. Hierdie is dus ’n baie belangrike deel van die dagprogram.

Voorsien apparaat wat die leerders in staat sal stel om die liggaam te gebruik en bewus te word van wat hulle alles met die liggaam kan doen. Die leerders moet klim en klouter, wipplank ry, ’n hoepel om die lyf kan draai, swaai, balanseer, hardloop, ens.

Sessie 5: Spontaan skeppende aktiwiteit

Verfaktiwiteit

Bedek ’n tafel met ’n plastiektafeldoek. Sit verskeie kleure waterverf, groot kwaste en water uit. Maak seker dat die verfhouers nie kan omval nie. Merk die verfkwaste volgens die kleure verf op die tafel, bv. die kwas in die rooi verf het ’n rooi kolletjie op die agterkant. Dit sal verseker dat verf nie gemeng word nie.

Die leerders het vroeër gesels oor hulle gunsteling speelding. Verf nou daardie speelding op ’n groot vel papier.

Sample

Sessie 6: Fokusarea: Taal

Die fasiliteerder plak ’n prentjie op haar vinger of teen ’n stokkie/potlood, bv. ’n vliegtuigie, karretjie of pop. Die leerders moet reg voor die fasiliteerder sit en na die prentjie kyk.

Die fasiliteerder beweeg haar vinger in die lug van regs na links (vir die leerders is dit links na regs – die leesrigting). Vra die leerders om hulle koppe stil te hou, maar om die vliegtuigie/pop met hulle oë te volg.

Die fasiliteerder maak bewegings in die lug:

• Beweeg stadig reguit van regs na links en weer terug.

• Maak ’n sigsagbeweging in die lug van regs na links.

• Seil soos ’n slangetjie van regs na links.

• Terwyl die leerders die wysvinger met hulle oë volg, moet die fasiliteerder oplet na die oogbeweging.

Voltooi Aktiwiteit 75 in werkboek 1:

• Gebruik vetkryt en voltooi die patrone.

Sessie 7: Storietyd

Notas:

2

Wie woon almal in speelgoedland?

Sessie 1: Vryspel binne

Die fasiliteerder pak speelgoed uit wat perseptuele ontwikkeling bevorder. Gebruik legkaarte, blokke en boeke wat verband hou met die tema van die leereenheid. Voorsien speelgoed, bv. ’n pophuis, konstruksiespeelgoed, ens.

Sessie 2: Fokusarea: Lewensvaardighede

Kom ons gesels oor speelgoedland

Die fasiliteerder lees die gediggie: Speelgoedland

Die leerders hoef nie die gediggie te onthou nie, maar moet baie mooi luister en saam gesels.

• Dink julle daar is regtig ’n plek soos Speelgoedland? Speelgoedland is nie regtig ’n land nie, dit is ’n plek waarvan ons droom.

• Hoe dink julle sal dit wees in ’n speelgoedland?

• Wie woon almal in speelgoedland? (Karretjies, poppe, blokke, springtou)

• Wanneer moet jy jou speelgoed met iemand deel? Weet julle wat dit beteken om te deel? Verduidelik aan die leerders dat dit lekker is om alleen met jou speelgoed te speel, maar dat ’n mens soms saam met ander maatjies speel. Dan moet ons speelgoed deel en vir elkeen ’n beurt gee om met ’n speelding te speel.

• Hoe voel julle as iemand julle speelgoed vat? As iemand iets vat sonder om te vra, voel ons kwaad of hartseer. Daarom moet ons altyd vra of ons met iemand anders se speelding mag speel.

Sample

• Wanneer moet ons wegpak? (As die son sak.) Wanneer sak die son? (In die aand.) Dan is dit tyd om te bad, te eet en lekker te gaan slaap.

• Hoekom moet die speelgoed weggepak word? Die leerders moet verstaan dat dit belangrik is om speelgoed op te pas, veilig op ’n plek te bêre en te sorg dat niks wegraak nie.

• Watter ander speelgoed dink julle kan in speelgoedland woon? Laat die leerders verskillende speelgoed opnoem, bv. ’n fiets, balle, blokke, karretjies, poppe, legkaarte, musiekinstrumente, plastiekdiere, speelgoedtrein, tv-speletjies, teddiebeer, ens.

• Wie sou jy wou saamnooi as jy in speelgoedland kon gaan speel? Die leerders moet verduidelik wie hulle sou saamneem en waarom hulle die spesifieke persoon sou wou saamneem.

Sessie 3: Fokusarea: Wiskunde

Die fasiliteerder herhaal die eienskappe van die sirkel, vierkant en reghoek. Gee eers geleentheid vir die leerders om elke geometriese vorm op die kaart teen die muur uit te ken.

• Vra dat die leerders elke vorm uitwys. Terwyl hulle dit uitwys, bespreek die eienskappe.

• ’n Sirkel is rond, plat en het geen hoeke nie.

• ’n Vierkant het vier hoeke en vier sye wat almal ewe lank is.

• ’n Reghoek het ook vier hoeke en vir sye. Die sye is nie almal ewe lank nie. Daar is twee korter sye wat ewe lank is, en twee langer sye wat ewe lank is.

Voltooi Aktiwiteit 76 in werkboek 2:

• Die leerders knip die geometriese vorms op die eerste bladsy uit.

• Gebruik die vorms om die voorbeelde van die tangramme op die volgende bladsy te voltooi. Elke tangram is ’n prentjie van ’n speelding.

• Die fasiliteerder gesels met die leerders oor die vorms in elke tangram.

• Tel die vorms in elke tangram.

• Bespreek die kleure van die elke vorm.

• Tel al die hoeke, sye, ens.

• Sodra die leerders die twee voorbeelde uitgepak het, kan hulle ’n eie prentjie daarmee bou en op ’n skoon bladsy plak.

Sessie 4: Vryspel buite

Sessie 5: Spontaan skeppende aktiwiteit

Tekenaktiwiteit

Die fasiliteerder teken ’n vierkant in die middel van ’n groot vel papier. Die leerders gebruik vetkryt en teken op die bladsy. Dit is ’n spontaan skeppende aktiwiteit. Die leerders kan die vierkant in die middel van die bladsy gebruik as deel van enige prent wat hulle wil voorstel.

Notas:

Sessie 6: Fokusarea: Taal

Die fasiliteerder herhaal die gediggie: Speelgoedland. Kan julle nog onthou dat ons vanoggend van speelgoedland gelees het? Die leerders luister weer na dieselfde gediggie en identifiseer die opeenvolging van gebeure.

• Wanneer begin die karretjies ry? (As die son opkom.)

• Wanneer kom die son op? (In die oggend.)

• Wanneer moet ons wegpak? (As die son sak.)

• Wanneer sak die son? (Laat in die middag.)

• Wat gebeur as die son sak? (Dit word aand en die maan kom op.)

• Gesels met die leerders oor oggend, middag en aand.

• Wat doen julle in die oggend? (Staan op, eet ontbyt, borsel tande, doen skoolwerk, ens.)

• In die middel van die dag eet ons middagete. Ons speel met ons speelgoed.

• Laatmiddag pak ons die speelgoed weg.

• Wat doen julle in die aand?

Voltooi Aktiwiteit 77 in werkboek 1.

• Die leerders kleur die prente in en knip dit uit.

• Plak die prente in volgorde om jou eie storie te vertel.

Sessie 7: Storietyd

Notas:

Ek leer oor verskillende soorte speelgoed

Sessie 1: Vryspel binne

Die fasiliteerder pak speelgoed uit wat perseptuele ontwikkeling bevorder. Gebruik legkaarte, blokke en boeke wat verband hou met die tema van die leereenheid. Voorsien speelgoed, bv. ’n pophuis, konstruksiespeelgoed, ens.

Sessie 2: Fokusarea: Lewensvaardighede

Kom ons gesels oor verskillende soorte speelgoed

Gister het ons van Speelgoedland gelees. Kan julle onthou wie almal in speelgoedland woon? (Kyk of die leerders kan onthou watter speelgoed in die gediggie genoem is.) Die fasiliteerder kan help en die gediggie weer lees as dit nodig is.

Ons kry baie verskillende soorte speelgoed. Watter speelgoed is daar alles in elkeen se kamer?

• Laat die leerders self die speelgoed in hulle kamers opnoem.

• Het een van julle ’n bababoetie of babasussie?

• Kan ’n baba ook met jou speelgoed speel? Hoekom dink jy so?

• Watter speelgoed kan ons vir ’n baba gee om mee te speel? (’n Ratel of ’n teddiebeer of ander sagte speelgoed.)

• Dink julle dogtertjies en seuntjies speel met dieselfde speelgoed? Hoekom dink julle so?

• Onthou: Al is speelgoed gemaak vir spesifiek dogtertjies of seuntjies, mag almal daarmee speel. Verduidelik vir die leerders dat dit nie reg of verkeerd is nie. Elke kind speel met dit waarvan hulle hou.

• Party speelgoed is vir seuntjies, ander is vir dogtertjies. Dan kry ons speelgoed waarmee seuntjies en dogtertjies kan speel.

• Watter speelgoed is vir dogtertjies? Watter speelgoed is vir seuntjies?

• Watter speelgoed kan dogtertjies en seuntjies mee speel?

Sessie 3: Fokusarea: Wiskunde

Tel ritmies van 1 tot 10. Die fasiliteerder tel saam met die leerders.

Herhaal die telaktiwiteit, maar laat die leerders hierdie keer alleen tel.

Tel nou tot by 5 en klap julle hande na elke getal om die hoeveelheid voor te stel:

1 – klap een keer

2 – klap twee keer

3 – klap drie keer

4 – klap vier keer

5 – klap vyf keer

Sorteringsaktiwiteit:

Die fasiliteerder maak ’n houer vol verskillende soorte speelgoed, bv. karretjies, blokkies, balle, plastiekdiere, waterspeelgoed, kryte, vorms, beertjies, ens. Die leerders moet die speelgoed sorteer:

• Haal al die speelgoed uit wat wiele het. (bv. karretjies)

• Tel hoeveel speelgoed is daar in die groepie met wiele.

• Haal al die speelgoed uit wat waarmee ons kan bou. (bv. blokkies)

• Pak die blokkies in ’n ry en tel hoeveel blokkies daar is. Bou ’n toring en tel weer al die blokkies. (Die fasiliteerder mag die leerders help tel indien dit ’n groot getal is.) Die leerders moet bewus word van die hoeveelheid blokkies. Al verskil die vorm van die struktuur wat ons bou (’n ry of ’n toring), bly die hoeveelheid blokkies dieselfde.

• Sit al die speelgoed weer bymekaar. Haal nou al die rooi speelgoed en al die blou speelgoed uit en maak twee groepies. (Die fasiliteerder kan besluit op twee ander kleure indien rooi en blou nie gepas is nie.)

• Tel hoeveel rooi en hoeveel blou speelgoed daar in elke groepie is.

• Pak al die blou speelgoed in ’n ry onder mekaar.

• Pak nou al die rooi speelgoed in ’n ry langs die blou speelgoed.

• Sit ’n rooi speelding langs elke blou speelding. (Die leerders moet een-tot-een afparing doen.)

• Is daar speelgoed oor wat nie ‘maatjies’ het nie? Watter groep het die meeste speelgoed? (Die groep waar daar speelgoed oor is, sal meer wees. Die leerders moet self die begrip meeste en minste ontdek deur dit af te paar en te kyk watter groep het meer speelgoed.)

• Watter groep het die minste speelgoed? Sample

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.