Graad R Fasiliteerdersgids Leer en Doen: Kwartaal 4

Page 1


Leer en Doen: Kwartaal 4

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Leer en Doen

Fasiliteerdersgids

Kwartaal 4

Graad R

Dr N Scheepers A Venter R Venter

Aangepas vir KABV

Inhoudsopgawe

LeereenheidSample

Fokus van leereenheid 16

Luister en praat:

• Luister na instruksies en voer dit uit

• Dra gediggies voor

• Luister na stories vir genot

• Gebruik taal om begrippe te vorm

• Vertel jou eie storie

• Verduidelik begrippe en ervarings

Ontluikende lees:

• Rigtingaktiwiteite – lees die pyltjiekaart

• Herken hulle eie naam en die beginletter van hulle eie naam

• Teken prente om gedagtes oor te dra

• Fonemiese bewustheid: herken die begin- en eindklank van woorde

• Lees hoëfrekwensiewoorde

• Luister na die ‘g’-klank

Ontluikende skryf:

• Fyn motoriese beheer

• Versterk handspiere en fyn motoriese koördinasie met speelklei/deeg

• Herhaal patrone

• Gebruik skryfgereedskap bv. kryte en verfkwaste

• Ontwikkeling van rigtingsin

• Skryf klanke: ‘p’ en ‘g’, ‘m’ en ‘r’

Hoe lyk ’n gesonde

Skeppende kuns:

• Teken en interpreteer prente

• Fyn motoriese koördinasie

• Kleurherkenning

• Ruimtelike bewustheid

• 3D ontwerpe met speeldeeg/klei

omgewing? Sample

Liggaamsopvoeding:

• Balans

• Groot motoriese ontwikkeling

• Ruimtelike oriëntering

• Bewustheid van die twee kante van die liggaam: lateraliteit

• Gebruik sintuie om waar te neem

• Visuele waarneming

• Ouditiewe waarneming

Aanvangskennis en persoonlike en sosiale welsyn:

• Morsjorse in die omgewing

• Hoekom ons die aarde moet beskerm

• Besoedeling: lugbesoedeling, waterbesoedeling en geraasbesoedeling

• Leef gesond

• Gesonde eetgewoontes

• Natuurlik hulpbronne

• Hoe ons water bespaar

• Elektrisiteit

Wiskunde:

• Tel konkrete voorwerpe

• Ritmiese tel

• Aantel, terugtel en aftel

• Getalbegripsontwikkeling: 0, 10

• Probleemoplossings met konkrete apparaat

• Kopieer meetkundige patrone

• Posisie in die ruimte

• Kleurherkenning

• Vormherkenning

• Informele meting: langer, korter

• Groter, kleiner

• Minder, meer, eweveel

• Datahantering

• Meting van vloeistowwe

Rympies, resepte en wenke

Vingerverf (sout en meel)

2 koppies meel

2 koppies sout

3 koppies koue water

2 koppies kookwater

1 teelepel aluin

Voedselkleursel of waterverf

Meng die meel, sout en koue water.

Voeg kookwater by die meelmengsel en bring tot kookpunt.

Roer voortdurend.

Voeg aluin en kleursel by.

Vingerverf (gom)

Meng ’n pakkie muurpapiergom (te koop by ’n hardewarewinkel)

volgens voorskrifte op die pakkie.

Verdeel dit in eweveel hoeveelhede en gooi in twee houers.

Kies twee kleure waterverf, bv. rooi en bruin, en meng dit afsonderlik in die houers.

Die mengsel kan in die yskas gebêre word om weer te gebruik.

Telrympie

Een twee, agge nee!

Drie, vier, bang vir ’n mier.

Vyf, ses, waar’s die nes?

Sewe, agt, lekker lag.

Nege, tien, alles gesien!

Sample

Oefening laat my sug!

Nalize Marais

Ek hou nie van oefening nie

Dit laat my sommer sug!

Dit maak my moeg en lus vir niks

Ek sal eerder nog ’n rukkie rus.

Ek hou nie van oefening nie

Dit laat my sommer sweet

Om te oefen is gesond vir jou lyfie

Het jy dit geweet?

Ek hou nie van oefening nie

Dit laat my sommer sug!

Mamma sê: Bog daarmee! Stamp jou voete, klap jou hande, bal jou vuiste en boks in die lug.

Week 31

Dag 1

Morsjorse in jou omgewing

Sessie 1: Vryspel binne

Die leerders speel binne die huis/klas om perseptuele ontwikkeling te bevorder. Voorsien opvoedkundige speelgoed, bv. legkaarte, blokkies, inkleurboeke en kryte. Verskaf boeke/prente wat verband hou met besoedeling en herwinning.

Sessie 2: Fokusarea: Lewensvaardighede

Kom ons gesels oor morsjorse

Die fasiliteerder lei die leerders om te praat oor die rondstrooi van kos, papier en ander huishoudelike artikels. Gesels oor:

• Asblikke: Dit is waar ons afvalmateriaal en vuilgoed weggooi, bv. plastiek, papier, glas, blik en kos.

• Kos en ander organiese materiaal verrot, maar plastiek, blik en glas verrot nooit nie.

• Rondstrooi van rommel: Mense strooi oral rommel en bemors die strate en omgewing.

• Weet julle wat ’n morsjors is?

• Bespreek die woord besoedeling.

• Om rommel op die groot ashope te gooi, is nie ’n oplossing nie. Dit hoop net meer en meer op. Die rommel is te veel. Mense grawe groot gate, stoot die gemors daarin met stootskrapers en maak die skoon aarde vuil.

• Die mens verniel die aarde.

Sample

• Baie rommel vergaan nie en water kan dit nie skoon was nie!

• Dit lê daar onder die grond tussen die verottende kos en dit vergaan nooit.

• Plastiek en glas help die mens baie, maar dit is die grootste gesukkel om daarvan ontslae te raak. Dit is gevaarlik. ’n Mens kan in stukkende glas trap en jou voet sny; die stinkende rommel veroorsaak siektes en lok insekte; en diere kan doodgaan as hulle die plastiek saam met gras eet.

Sessie 3: Fokusarea: Wiskunde

Telaktiwiteit:

• Ritmies tel: 1 tot 30

• Voorwerpe aftel: 1 tot 15

• Aantel: van 4 tot 15; 8 tot 15, ens.

• Terugtel: van 9 tot 0.

Die fasiliteerder stel die leerders bekend aan die getal ‘0’.

• Die leerders vorm ’n begrip van ‘0’. Nul = niks.

• Tel van 0 tot 10.

• Tel terug van 10 tot 0.

• Stel die leerders bekend aan die getalnaam ‘nul’.

• Met watter deel van julle lyfies kan julle nul maak? (Vingers en lippe).

• Die leerders maak die ronde vorm van die nul met hulle vingers en monde.

Gebruik konkrete 3D voorwerpe.

• Die fasiliteerder sit een teller in een hand en geen tellers in die ander hand nie.

• Sy maak haar een hand oop en wys die leerders die een teller. Dan maak sy haar ander hand oop en wys dat dit leeg is.

• Hierdie aktiwiteit kan ook deur die leerders gedoen word.

• Laat hulle tellers vashou en alles in ’n blikkie gooi, handjies nou leeg. Dus het hulle niks … dit is nul!

Speel die domino-speletjie. (Sien Leerhulpmiddel)

Sample

Sessie 4: Bewegingspel en vryspel buite

Fasiliteer die volgende bewegingspelsessie:

• Galop soos ’n perdjie op oom Gert se plaas.

• Spring 9 keer op een been vorentoe. Spring met albei bene gelyk nog 9 keer vorentoe. Hardloop vinnig terug.

• Die fasiliteerder voorsien 8 tennisballe of balle wat van koerantpapier gemaak is. Rol die koerantpapierballe styf rol op en draai dit met maskeerband vas.

• Laat die leerders die balle in ’n emmer gooi. Die leerders moet hardop tel terwyl hulle die balle gooi.

• Maak klein plastieksakkies vol water, knoop of “zip-lock” dit toe en gooi dit ook in die emmer, presies soos die oefening met die balle.

• Vul die een emmer tot bo met water. Skep 9 koppies van die water met ’n blikkie uit. Tel die emmer op en gooi al die water versigtig oor in die ander emmer. Probeer om niks van die water te mors nie.

• Beweeg sywaarts, eers stadig, later vinniger met glypassies.

• Lê op jou rug en haal 9 keer diep asem.

• Speel lekker buite vir nog 15 minute voordat ons opruim.

Sessie 5: Spontaan skeppende aktiwiteit

Krabbelaktiwiteit

Die fasiliteerder verskaf koerantpapier en laat die leerders met swart kryt daarop krap. (So ’n sinnelose gekrap is soms vir hulle baie lekker. Dit raak ontslae van ’n bietjie aggressie.) Gee uitdruklik opdrag dat die leeerder niks mag teken nie, net krap.

• Demonstreer die skryfwyse van ‘0’ op die bord. Let op die vorm van die letter wat antikloksgewys gevorm word.

• Die leerders skryf nou ’n gróót ‘0’ op die bladsy waarop hulle net gekrap het. Kleur die nul mooi in, al om en om.

Sample

Sessie 6: Fokusarea: Taal

Gesels oor diere. Mors hulle op die aarde?

• Wat kan ons met plaasdiere se mis doen? (Dit is bemesting vir die tuin).

• Herinner die leerders aan die aasdiere wat die omgewing skoonhou.

• Mense is die slimste van al die lewende wesens op die aarde. Daarom moet ons ook ons omgewing skoon hou.

• Wat kan ons doen om ons omgewing skoon te hou? Hierdie week gaan ons kyk hoe ons rommel en afval kan herwin

Bespreek die volgende verskille:

• Die leerders omskryf die verskil tussen glas (waaruit ’n mens drink) en glas waarvan iets gemaak is (soos ’n bottel of venster).

• Die verskil tussen beesmis en mis (vog).

• Die verskil tussen glas en plastiek. (Hoe voel dit? Hoe breek dit? Hoeveel hitte kan dit weerstaan?

Wat gebeur as ’n mens ’n plastiekbakkie vries en dan laat val? Hoe buigbaar is dit?)

Kom ons luister na die volgende woorde:

• Identifiseer die begin- en die eindklank van: glas; mors

• Hanteer elke woord afsonderlik en gee geleentheid vir die leerders om die klanke te identifiseer.

• Sê vier of vyf woorde in ’n ry en kyk of die leerders dit kan terugsê.

• Plastiek, rooiworsie, hond, wind

• Voël, bottel, sak, skoene

• Rubber, klip, draad, yster

Die fasiliteerder skryf die woordjie glas op die bord (papier).

• Met watter klank begin ‘glas’? (‘g’-klank)

• Skryf die ‘g’ en demonstreer die vorm van die letter. Lê klem op die voetjies van die ‘g’ wat onder in die water hang.

• Die leerders skryf die ‘g’ in die sandskinkbord.

Sample

Sessie 7: Storietyd

2

Sies en stink is vuil

Sessie 1: Vryspel binne

Die leerders speel binne die huis/klas om perseptuele ontwikkeling te bevorder. Voorsien opvoedkundige speelgoed, bv. legkaarte, blokkies, inkleurboeke en kryte. Verskaf boeke/prente wat verband hou met besoedeling en herwinning.

Sessie 2: Fokusarea: Lewensvaardighede

Kom ons gesels oor besoedeling

Die fasiliteerder gesels oor verskillende vorme van besoedeling.

• Wat sien ons elke dag in ons omgewing wat ‘vuil’ is? (Papiere in die strate. Rommel wat oral gestrooi lê. Papiere en blikke in die rivier of dam se water.)

• Watter ander besoedeling is daar in ons omgewing?

• Gesels oor rook wat in die lug hang.

• Rioolpype wat breek en riool in die strate of riviere inpomp.

• Fabrieke maak vreeslik baie rook wat die lug vuil maak. ’n Mens sien sommer so ’n donker wolk oor party van ons stede hang.

• Seker afvalmateriaal kan verrot. Bespreek die term ‘verrot’.

• Dit beteken die materiaal raak vrot. Later verdwyn dit heeltemal en word weer deel van die aarde. Kos, gras en ander tuinmateriale kan verrot. Ons noem dit organiese materiaal. Hierdie materiaal stink terwyl dit verrot, maar die proses is goed vir die aarde. Dit wat verrot, verander weer in bemesting vir tuine.

Sample

• Papier, blik, glas en plastiek kan weer gebruik word. Het julle al gehoor iemand sê hulle herwin die papier?

• Plastiek en blik kan nooit verrot nie. Dit bly in die water of in die grond lê as ons rommel strooi.

Sessie 3: Fokusarea: Wiskunde

Telaktiwiteit

• Ritmies tel: 1 tot 30

• Voorwerpe aftel: 1 tot 15

• Aantel: van 2 tot 15, ens.

• Terugtel: van 9 tot 0.

• Voorwerpe aftel: Tel 10 tellers af en pak dit in ’n ry.

Vaslegging van rangorde tel.

• Die fasiliteerder pak 6 voorwerpe in ’n ry. Die leerders wys na elke voorwerp terwyl hulle eerste, tweede, derde, vierde, vyde, sesde tel.

Gebruik die groot getalsimboolkaarte vir die volgende aktiwiteit:

• Leerders pak hulle telefoonnommers met die groot getalsimbole uit.

• Maak hulle bewus van wat die nul in die getal 10 verteenwoordig.

Ontwikkel ’n bewustheid van getalbehoud deur die leerders 10 tellers of enige ander voorwerpe op verskillende maniere te laat uitpak, met ander woorde die tel van voorwerpe word nie deur hulle grootte, posisie of tipe beïnvloed nie, bv.:

• Orden 10 knope, 10 potlode, 10 hoepels, 10 leerders, ens.

• Tel die voorwerpe in verskillende rangskikkings. Tel byvoorbeeld die voorwerpe uitgesprei, bymekaar, in ’n ry of opgestapel.

Neem ’n handvol kryte (tussen 10 en 15) en plaas dit in ’n beker.

• Vra die leerders om te raai hoeveel kryte daar in die beker is. Bespreek hulle antwoord.

Sample

• Demonstreer hoe om te tel deur die kryte een vir een uit te haal en dit in ’n ry neer te sit.

Sessie 4: Bewegingspel en vryspel buite

Fisieke aksies:

Vryspel by swaaie en klimplek of oop ruimtes vir 20 minute.

Middellynkruising (spesifieke armbewegings oorkruis voor die lyf):

• Klap hande, kruis arms oor bors en raak aan skouers, klap nou weer hande.

• Herhaal hierdie aksie ritmies en geleidelik vinniger.

• Dus: klap-skouers-klap. Klap-skouers-klap.

• Verleng die klappatroon met nog ’n aksie. Klap hande, raak aan jou skouers, klap hande en raak aan jou knieë met jou hande oorkruis.

• Dus: klap-skouers-klap-knieë. Klap-skouers-klap-knieë.

• Herhaal ’n paar keer totdat die leerders dit ritmies kan saamdoen.

Speel lekker buite vir nog 15 minute voordat ons opruim.

Sessie

5: Spontaan skeppende aktiwiteit

Tekenaktiwiteit

Die leerders teken ’n boom en gras in ’n parkie of hulle eie tuin.

• Watter vorme van besoedeling kan in die park of tuin wees?

• Elke leerder besluit self wat hulle wil teken en maak die hele blaai vol met hulle mooi prente. Moedig die leerders aan deur te sê: “Onthou, bome is baie groter as huise.”

Gee die leerders gereeld ’n keuse om te teken net wat hulle wil. Leerders moet die gevoel van individuele keuse in hierdie opset ook ervaar. Dus: “Ek kan ook besluite neem!” Dit is belangrik om nie die leerders se kreatiwiteit in te perk nie. Daar behoort genoeg geleentheid te wees vir vry skeppende kreatiewe eie idees! Sample

Sessie 6: Fokusarea: Taal

Die fasiliteerder sê die volgende sinne hardop. Die leerders luister en herhaal elke sin in die regte volgorde:

• In die tuin lê daar ’n blik. Kom ons smyt hom in die vullisblik.

• Papier kan nie jou tuin versier nie.

• Rommel maak ons omgewing vuil en vol gemors.

Mors begin met die ‘m’-klank.

• Kom ons dink aan ander woorde wat ook met ‘m’ begin.

• bv. modder, mis, melk, mes, man, maan

• Kan julle nog onthou hoe kyk die ‘m’?

• Die fasiliteerder demonstreer die ‘m’ op die bord. Let op die vorm van die letter.

• Gee geleentheid vir die leerders om die ‘m’ in die sandskinkbord te skryf.

Sessie 7: Storietyd

Notas:

Elektrisiteit haal te veel uit die aarde

Sessie 1: Vryspel binne

Die leerders speel binne die huis/klas om perseptuele ontwikkeling te bevorder. Voorsien opvoedkundige speelgoed, bv. legkaarte, blokkies, inkleurboeke en kryte. Verskaf boeke/prente wat verband hou met besoedeling en herwinning.

Sessie 2: Fokusarea: Lewensvaardighede

Kom ons gesels oor elektrisiteit

Elektrisiteit is ’n belangrike hulpbron wat ons lewens gerieflik maak.

• Waarvoor gebruik ons elke dag elektrisiteit?

• Waarvoor gebruik jou gesin elke dag elektrisiteit?

• Besighede, fabrieke en winkels is almal afhanklik van elektrisiteit.

• Groot kragopwekkers wek die elektrisiteit op. Groot hoeveelhede steenkool word verbrand om hitte op te wek. Die hitte maak water warm, wat dan in stoom verander. Die stoom laat groot turbines vinnig draai om die elektrisiteit op te wek. ’n Turbine is soos ’n groot wiel met vinne. As die stoom daaroor blaas, draai dit.

• Die proses om elektrisiteit op te wek, gebruik baie steenkool en water. Dit maak ook rook. Dit is daarom ’n proses wat natuurlike hulpbronne gebruik, maar ook besoedeling veroorsaak.

• Dit is belangrik om nie elektrisiteit te mors nie. As ons elektrisiteit bespaar, beskerm ons op ’n manier die aarde.

Sample

• Hoekom sê ons so? (Die proses om elektrisiteit op te wek, besoedel die aarde en dit gebruik baie van die aarde se natuurlike hulpbronne. As ons dit mors, mors ons met die aarde. Hoe meer elektrisiteit nodig is, hoe meer besoedeling is daar. Om minder elektrisiteit te gebruik, beteken minder besoedeling.)

Sessie 3: Fokusarea: Wiskunde

Telaktiwiteit

• Ritmies tel: 1 tot 30

• Voorwerpe aftel: 1 tot 15

• Aantel: van 2 tot 15, 5 tot 15, ens.

• Terugtel: an 9 tot 0.

• Voorwerpe aftel: Tel 10 tellers af en pak dit in ’n ry.

• Die leerders druk met hulle vingers op elke teller terwyl dit getel word.

• Daar is 10 tellers. Weet julle hoe lyk 10?

• Die leerders wys 10 op die getallelyn uit.

• Wys 10 op die getalkaart teen die muur.

• Soek die getalsimbool en getalnaam en sit dit by die tellers.

• Met watter klank begin ‘tien’? (‘t’-klank)

Die fasiliteerder sê die volgende woordprobleme hardop. Die leerders moet die antwoord vind deur tellers uit te pak en die berekening konkreet te doen:

• ’n Skaap het 2 oortjies. Hoeveel oortjies het 3 skape saam? (Pak 2 tellers uit vir een skaap. Pak nog 2 tellers uit vir die ander skaap, en nog 2 tellers vir die derde skaap. Tel al die tellers = 6.)

• Wys 2 vingers aan jou een hand en 5 aan die ander hand. Hoeveel is dit saam? (7)

• ’n Voëltjie lê 6 eiers in die nes en 2 eiers val uit. Hoeveel eiers is in die nessie oor? (4)

Voltooi Aktiwiteit 162 in werkboek 1:

• Kleur in elke lyntjie 10 vorms in.

• Skryf getal 10 langs elke ry vorms.

• Skryf die getalnaam ‘10’.

Notas:

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.