Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Wiskunde
Fasiliteerdersgids
Graad 1
Aangepas vir KABV
H Erasmus Í7!È-A-MAM-FG01qÎ
Inleiding vir die fasiliteerder
Impaq se benadering tot wiskunde in graad 1
Wiskunde speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van denkprosesse wat logiese denke versterk. Die doeltreffende gebruik van wiskunde rus leerders toe om wiskundige konsepte in hul daaglikse lewe toe te pas en kennis van basiese wiskundige konsepte hulle om berekeninge te doen en probleme op te los. Getalbegrip vorm die grondslag van wiskunde en stel leerders in staat om wiskunde te bemeester.
Onderrig van wiskunde in graad 1 vereis leergeleenthede, interaksies en praktiese toepassing wat fokus op die ontwikkeling van leerders se vaardighede om met getalle te werk en berekeninge te doen. Die leerprogram is gebaseer op 20 leereenhede wat oor die 40 weke van die akademiese jaar strek. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae of twee weke.
Fasiliteerders word aangemoedig om nie taalfoute of omruilings te penaliseer nie, maar om eerder die leerders reg te help, byvoorbeeld wanneer leerders “twe” in plaas van “twee” of “34” in plaas van “43” skryf. Dit is baie belangrik om leerders reg te help, maar indien die bedoeling van die leerder reg was en hy/sy die wiskundige konsep verstaan, kan punte steeds toegeken word. In só ’n geval is dit belangrik dat die leerder hersiening doen en die regte antwoord neerskryf.
Elke dag het drie wiskundesessies wat een of meer van die volgende fokusareas dek:
• Getalle, bewerkings en verwantskappe
• Patrone, funksies en algebra
• Ruimte en vorm
• Meting
• Datahantering
Getalle, bewerkings en verwantskappe
Getalle, bewerkings en verwantskappe vorm integraal deel van wiskunde. Hier word leerders blootgestel aan basiese getalbegrip en word hulle gemotiveer om ’n waarde aan ’n getal te heg sonder om lank daaroor hoef te dink. Leerders wie se getalbegrip goed vasgelê is, sal goed met hoofrekene en bewerkings vaar.
Sample
Die fasiliteerder moet genoeg geleentheid vir die leerders skep om hierdie fundamentele konsepte te bemeester voordat daar na moeiliker konsepte aanbeweeg word. Sodra leerders met al die getalle vertroud is, word hoofrekene ’n baie belangrike deel van wiskunde. Hier sal leerders hul begrip van wiskunde demonstreer.
Getalle, bewerkings en verwantskappe behels mondelingse oefeninge, praktiese toepassing en skriftelike werk om nuwe konsepte bekend te stel en konsepte wat reeds aangeleer is in te oefen.
Patrone, funksies en algebra
Patrone, funksies en algebra is belangrik in graad 1. Wiskunde is die wetenskappe van syfers en die patrone wat dit bou. Moedig leerders deur die jaar aan om verskillende patrone te herken.
Patrone, funksies en algebra leer die leerders om patrone in die alledaagse lewe asook in verskillende vorms of syfers te herken. Die patrone kan in verskillende berekeninge gesien word en sal die leerders help om moeiliker konsepte te verstaan.
Ruimte en vorm
Die leerders moet ’n goeie begrip van sy/haar posisie in die ruimte (bo, onder, links, regs) en die benaming vir die spasies wat nog nie gevul is nie (links bo, skuins ondertoe) ontwikkel. Alhoewel dit dikwels soos ’n maklike konsep lyk, ervaar leerders die herkenning van vorms op dieselfde manier as die herkenning van ’n syfer – dit is ’n onbekende konsep wat ’n naam kry. Ruimte en vorm kan integraal in ander dele van die kurrikulum aangebied word om vaslegging te verseker.
Meting
Meting sluit tyd, lengte, massa en kapasiteit/volume in. Dit is praktiese aspekte wat in die alledaagse lewe gebruik word. Dit word dikwels prakties aangebied en leerders mag eksperimenteer. Gebruik hierdie konsepte in daaglikse aktiwiteite, byvoorbeeld om ’n weegskaal, meetkaart en horlosie in die klaskamer te hê vir aktiwiteite soos meet, weeg en tyd lees. Gebruik sover as moontlik die korrekte terminologie soos millimeter of milliliter al hoef die leerders dit nog nie te ken nie.
Datahantering
Datahantering fokus op die versameling, sortering, voorstelling en weergee van data. Hierdie konsepte leer die leerders om inligting in hule eie omgewing te organiseer en te sorteer. Wiskunde is abstrak en datahantering help om ’n struktuur te skep vir konsepte wat leerders as ongeorganiseerd ervaar. Moedig leerders aan om datahantering te gebruik terwyl hulle speel of opruim, byvoorbeeld om speelgoed te sorteer.
Materiaal en hulpbronne
In graad 1 skryf die leerders met potlood sodat hulle maklik kan uitvee as hulle ’n fout gemaak het. Alle aktiwiteite word in die werkboeke voltooi.
Hoe om die materiale en hulpbronne te gebruik
Die graad 1-pakket bestaan uit die volgende produkte:
1. Fasiliteerdersgids
2. Werkboek 1: Kwartaal 1, Week 1 – 10
3. Werkboek 2: Kwartaal 2, Week 11 – 20
4. Werkboek 3: Kwartaal 3, Week 21 – 30
5. Werkboek 4: Kwartaal 4, Week 31 – 40
6. Leerderhulpmiddel
7. Fasiliteerderhulpmiddel
Sample
8. Assessering (portefeuljeboek)
9. Assesseringsriglyne en memorandum
Hulpbronne wat aangeskaf moet word:
• Uitdraaikryte en inkleurpotlode vir skryf- en inkleuraktiwiteite
• Grys potlood, skerpmaker en uitveër vir skryfoefeninge
• Skêr, liniaal, gom (gomstiffie en houtlym) vir aktiwiteite
• Telraam, tellers (soos Unifix-blokkies, sade, klippies, ens.) tot by 100
• Apparaat om te meet (meetkaart), om te weeg (weegskaal), om kapasiteit te meet (leë houers met verskillende inhoudsmate)
• Ons beveel die volgende aan wat groot en visueel in die klaskamer sigbaar is: ’n 100-kaart van A2-grootte en ’n lang getallelyn (1 tot 20). Sit dit eers op wanneer die leerders die eerste keer daarmee te doen kry.
Leerders mag te alle tye deur die jaar en tydens assessering hulpmiddels soos tellers of ’n 100-kaart gebruik om berekeninge te doen. Prys leerders wat dit nie meer nodig het nie en moedig leerders aan om te probeer om dit nie te gebruik nie, maar hou in gedagte dat hulpmiddels vir sommige leerders sekuriteit bied om bewerkings te doen.
Die fasiliteerdersgids
Die fasiliteerdersgids bestaan uit 20 leereenhede. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae. Elke dag is ingedeel in drie sessies, wat al die fokusareas integraal dek. Verwys na die voorgestelde dagprogram vir die tydsindeling van die sessies.
Elke sessie word afgesluit met twee inligtingsblokkies – “Konseptualisering” en “Hulpbronne”. Die “konseptualisering”-blokkie bevat ’n kort opsomming oor die konsepte wat vasgelê word, en die “hulpbronne”-blokkie bevat ’n lysie van artikels wat vir die sessie verskaf word (i) en/of benodig word ().
By elke sessie word daar van die volgende simbole gebruik gemaak:
Die uiltjie dui aan wat die fasiliteerder moet doen.
Die potlood dui aan wat die leerders moet doen.
Die hand dui ’n praktiese aktiwiteit aan.
’n Opsionele elektroniese program om hersiening aan die einde van elke week te doen.
Werkboek 1: Kwartaal 1
Die werkboek bevat 110 aktiwiteite wat begin met hersiening van graad R. Sodra leerders dit bemeester het, word daar na die inoefening van getalbegrip aanbeweeg.
Werkboek 2: Kwartaal 2
Die werkboek bevat 113 aktiwiteite wat inoefening van optel en aftrek bevorder asook die aanleer van verskillende metodes om somme te doen.
Werkboek 3: Kwartaal 3
Die werkboek bevat 99 aktiwiteite wat inoefening van optel en aftrek bevorder asook die aanleer van verskillende metodes om berekeninge te doen.
Sample
Werkboek 4: Kwartaal 4
Die werkboek bevat 93 aktiwiteite wat hoofsaaklik hersiening en vaslegging is van werk wat deur die jaar gedoen is.
Die fasiliteerderhulpmiddel
Die fasiliteerderhulpmiddel bevat muurkaarte (vorms), dobbelsteenkaarte, flitskaarte (getalkaarte, getalname, die dae van die week, die maande van die jaar en geld), getallelyne, speletjies, spreikaarte, somkaarte en skattingskaarte vir gebruik in die klaskamer. Die materiaal kan elke jaar gebruik word en ons moedig die fasiliteerder aan om die materiaal waar moontlik te lamineer.
Die leerderhulpmiddel
Die leerderhulpmiddel bevat getalkaarte, getalname, getallelyne, speletjies, spreikaarte, somkaarte, geld en snipperblaaie vir aktiwiteite 14, 23, 31 en 34 in werkboek 1, aktiwiteit 23 in werkboek 2 en aktiwteit 11 en 13 in werkboek 4.
Per week: 23 uur
Huistaal: 7/8 uur
Voorgestelde rooster vir Graad 1
Eerste Addisionele Taal (EAT): 2/3 uur
Wiskunde: 7 uur
Lewensvaardighede (LV): 6 uur
07:50 – 08:05
HUISTAAL: Luister en praat 15 min
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min
08:05 – 09:30
09:30 – 10:00
10:00 – 10:20
10:20 – 10:50
10:50 – 11:20
11:20 – 11:45
11:45 – 12:00
HUISTAAL: Luister en praat 15 min HUISTAAL: Luister en praat 15 min HUISTAAL: Luister en praat 15 min
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min
HUISTAAL: Luister en praat 15 min
Sample
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min
HUISTAAL: Lees en klanke 30 min
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Skryf 30 min
HUISTAAL: Handskrif 25 min
EAT: Luister en praat 15 min
HUISTAAL: Lees en klanke 30 min
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Skryf 30 min
HUISTAAL: Handskrif 25 min
EAT: Luister en praat 15 min
HUISTAAL: Lees en klanke 30 min HUISTAAL: Lees en klanke 30 min
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Skryf 30 min
HUISTAAL: Handskrif 25 min
EAT: Luister en praat 15 min
12:00 – 12:15 P O U S E
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Skryf 30 min
HUISTAAL: Handskrif 25 min
EAT: Luister en praat 15 min
HUISTAAL: Lees en klanke 30 min
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Skryf 30 min
HUISTAAL: Handskrif 25 min
EAT: Luister en praat 15 min
12:15 – 13:15
LV: Liggaamsopvoeding 60 min
LV: Skeppende Kunste 40 min
EAT: Lees, skryf en klanke 20 min
LV: Liggaamsopvoeding 60 min
LV: Skeppende Kunste 40 min
EAT: Lees, skryf en klanke 20 min
LV: Skeppende Kunste 40 min
EAT Lees, skryf en klanke 20 min
Leereenheid 1
Dag 1
Sessie 1: Tel vorentoe en terug
Week 1
Die leerders behoort al tot 10 te kan tel. Oefen weer om tot 10 te tel deur na verskillende voorwerpe te wys. Tel byvoorbeeld 10 bakstene of 10 tafels. Die leerders gaan amper elke dag tel deur verskillende metodes te gebruik.
Tel 10 bakstene.
• Tel 10 tafels.
• Loop 10 treë vorentoe en tel van 0 tot 10. Loop 10 treë agtertoe en tel van 10 tot 0.
• Klap jou hande 10 keer en tel saam. Stamp jou voete 10 keer en tel van 10 tot 0.
• Spring op een been en tel van 0 tot 10. Spring op die ander been en tel van 10 tot 0.
Meet die leerders. Laat die leerders teen ’n muur staan en gebruik ’n meetkaart of maak ’n merkie teen die muur. Vergelyk die leerders se lengtes. Wie is die langste? Wie is die kortste? Watter leerders is ewe lank? ens.
Sessie 2: Links en regs
Sample
Die onderskeid tussen links en regs is een van die belangrikste konsepte wat vasgelê moet word. Leerders wat nie dadelik tussen links en regs kan onderskei nie, ondervind probleme in alle vakke, byvoorbeeld as die fasiliteerder ’n opdrag gee om links bo op die papier te skryf en, terwyl die leerder nog probeer vasstel watter kant links en regs is, die volgende opdrag gee. Hierdie vaardigheid maak leerders gemaklik met oriëntasie ten opsigte van die ruimtes waarin hulle moet beweeg. Maak seker dat hierdie vaardigheid goed vasgelê word.
Gee die volgende opdragte:
• Wys jou regterhand.
• Wys jou linkerhand.
• Raak met jou regterhand aan jou voorkop.
• Raak met jou linkerhand aan jou maag.
• Raak met jou linkerhand aan jou knie.
• Raak met jou regterhand aan jou voet.
• Raak met jou regterhand aan jou tafel.
• Raak met jou linkerhand aan jou skouer.
• Raak met jou regterhand aan jou linkerarm.
Voltooi aktiwiteit 1 in werkboek 1. Die leerders trek hul linker- en regterhande met ’n uitdraaikryt na en kleur dit mooi in.
Sessie 3: Meer en minder
Wys vir die leerders verskillende hoeveelhede voorwerpe, byvoorbeeld blokkies. Hou 2 blokkies in die een hand vas en 5 blokkies in die ander hand. Die leerders wys watter hand die meeste of minste blokkies vashou. Die fasiliteerder kan ook 3 of 4 hopies met blokkies maak waar dit duidelik sigbaar is watter hopie die meeste blokkies het.
• Die leerders raai telkens watter hopie meer en minder blokkies het.
• Die leerders kyk ook na natuurlike voorwerpe en herken watter voorwerp meer of minder het.
Byvoorbeeld: Die boom het meer blare as die ander boom.
Dag 2
Sample
Sessie 1: Tel en persepsie
Tel drie keer van 0 tot 10 en van 10 tot 0.
• Elke leerder moet ’n voorwerp vashou, byvoorbeeld ’n potlood. Die fasiliteerder gee die volgende opdragte vir die leerders:
• Sit die potlood op die tafel neer.
• Sit die potlood onder die tafel neer.
• Sit die potlood regs van die tafel neer.
• Sit die potlood voor die tafel neer.
• Sit die potlood links van die tafel neer.
• Herhaal die opdrag met ’n ander voorwerp, byvoorbeeld ’n stoel, en daarna ook met die leerder se liggaam.
Sessie 2: Posisie in die ruimte
Die leerders moet vertroud wees met voorwerpe wat bo en onder is. Hersien ook die konsepte “langer” en “korter” deur na verskillende voorwerpe in die klas te verwys. Byvoorbeeld: Die liniaal is langer as die skerpmaker.
Voltooi aktiwiteit 2 en 3 in werkboek 1. Die leerders kleur die regte bal in elke prentjie in. Daarna herken hulle voorwerpe wat langer en korter is.
Sessie 3: Posisie en kapasiteit
Doen die volgende praktiese opdrag met die leerders:
• Sit jou uitveër op jou penneblik neer.
• Sit jou uitveër regs van jou penneblik neer.
• Sit jou uitveër agter jou penneblik neer.
• Sit jou uitveër onder jou penneblik neer.
• Sit jou uitveër links van jou penneblik neer.
Demonstreer kapasiteit prakties met ’n glas wat vloeistof in het en ’n leë glas. Gooi die leӫ glas vol water. Gooi die water uit. Die leerders moet die konsep verstaan dat houers kapasiteit het.
SampleVoltooi aktiwiteit 4 en 5 in werkboek 1. Die leerders teken die regte kleur bal in elke boks en vul daarna die kapasiteit op die werkkaart in volgens die instruksies.
Dag 3
Sessie 1: Bou ’n patroon
Demonstreer twee soorte patrone. Die eerste patroon moet uit vorms bestaan, byvoorbeeld sirkel, driehoek, vierkant; sirkel, driehoek, vierkant. Die volgende patroon moet uit verskillende kleure bestaan, byvoorbeeld blou, rooi, geel; blou, rooi, geel.
• Bou ’n vormpatroon met enige vorms tot die leerders se beskikking. Dit moet konkrete voorwerpe wees. Die leerders kan byvoorbeeld verskillende vorms blare of takkies gebruik.
• Bou ’n kleurpatroon met konkrete voorwerpe. Die leerders kan enige voorwerpe gebruik.
• Elke leerder bou sy eie patroon. (Dit kan enige konsep insluit, soos lank en kort, groot en klein, ens.)
Sessie 2: Patrone
Verduidelik kortliks weer hoe patrone werk.
Voltooi aktiwiteit 6 in werkboek 1. Die leerders voltooi die vormpatrone deur die laaste vorm in te vul. Daarna maak hulle ’n kleurpatroon van die vormpatrone deur die vorms verskillende kleure in te kleur.
Sample
Verduidelik die volgorde van verskillende gebeure. Wat gebeur eerste, tweede, derde en laaste? Verduidelik dit aan die hand van die volgende voorbeelde:
• Ek skryf ’n brief – ek pos die brief – die brief gaan na die poskantoor – die ander persoon ontvang die brief.
• Die voëltjie bou ’n nessie – die voëltjie lê ’n eier – die eier kraak – ’n kuikentjie broei uit.
• Ek eet ontbyt – ek gaan skool toe – ek gaan huis toe – ek gaan slaap.
• Die kelner neem die bestelling – die kok maak die kos – die kelner bring die kos – ek eet die kos.
• Ek skakel die ketel aan – ek haal ’n beker uit die kas – ek gooi koffie en kookwater in die beker – ek drink warm koffie.
Sessie 3: Die lui 8
Demonstreer die lui 8 op die bord. Die oefening sal die leerders help ontspan. Deel vir elke leerder ’n skoon vel papier uit. Maak seker dat die leerders die vel papier in lyn met elkeen se middellyn op die tafel neersit voordat hulle die lui 8 begin teken. Begin in die middel soos op die prentjie aangedui. Laat die leerders die konsep oor en oor oefen. Dit is belangrik om die oefening in die regte rigting te voltooi. Dit help om verskillende dele van die brein te aktiveer, konsentrasie te verbeter, die middellyn te kruis en stel die begin van letteroefeninge voor. Laat die leerders die oefening eers met die een hand doen, dan met die ander hand en laastens met al twee hande saam.
Voltooi aktiwiteit 7 in werkboek 1 deur die lyn oor die lui 8 te trek. Begin in die middel soos die pyltjie aandui. Maak seker dat die leerders hul werkboeke dwars draai.
Die leerders gebruik elkeen ’n skoon vel papier en teken ’n lui 8 op die papier. Hulle kan dit oor en oor doen en ook verskillende hande daarvoor gebruik.
Dag 4
Sessie 1: Tel en vergelyk ’n aantal voorwerpe
Sample
Tel saam met die leerders van 1 tot 10 en van 10 tot 1. Gebruik dieregeluide om te tel, byvoorbeeld blaf soos ’n hond van 0 tot 10, miaau soos ’n kat van 10 tot 0.
In hierdie sessie gaan die leerders ’n getal voorwerpe ten opsigte van meer as en minder as vergelyk. Wys vir die leerders ’n getal voorwerpe (5 tellers) en laat hulle hoeveelhede identifiseer wat meer as die getal is, byvoorbeeld daar is meer vensters en daar is meer uitdraaikryte as die tellers. Daarna moet hulle voorwerpe identifiseer wat minder as die getal tellers is, byvoorbeeld daar is twee asblikke of daar is een boekrak.
Herhaal hierdie oefening met verskillende hoeveelhede tellers.
Sessie 2: Posisie in die
ruimte, een-tot-een-afparing en visuele onderskeiding
Die leerders gaan ’n werkkaart oor visuele onderskeiding (diskriminasie) voltooi. Dit is waar leerders die verskille en ooreenkomste tussen voorwerpe moet raaksien Dit is baie belangrik dat hierdie konsep goed vasgelê word. Leerders wat baie hiermee sukkel, kan ook nie tussen letters en syfers onderskei nie, byvoorbeeld letters soos h, n, u p, q, b, d, die syfers 6 en 9, 12 en 21. Maak seker dat die leerders se visuele onderskeidingsvaardighede goed vasgelê is sodat hulle nie later sukkel met die aanleer van klanke of dubbelsyfergetalle nie.
Hersien posisie in die ruimte deur die leerders die volgende rigtings met hulle vingers te laat wys:
• Waar is onder?
• Waar is bo?
• Waar is links?
• Waar is agter?
• Waar is regs?
Voltooi aktiwiteit 8 en 9 in werkboek 1. Die fasiliteerder lees die instruksies en die leerders voer dit uit. Die leerders voltooi ook die werkkaart oor visuele onderskeiding.
Sessie 3: Links en regs, groter en kleiner
Sample
Die leerders is reeds bekend met die begrippe links en regs, asook groter en kleiner.
Voltooi aktiwiteit 10 en 11 in werkboek 1. Die leerders kleur die verskillende voorwerpe in.
Dag 5
Sessie 1: Tel en vergelyking van hoeveelhede
Wys vir die leerders verskillende hoeveelhede voorwerpe, byvoorbeeld blokkies. Hou 2 blokkies in die een hand en 5 blokkies in die ander hand. Die leerders wys watter hand hou die meeste of die minste vas. Die fasiliteerder kan ook 3 of 4 hopies met blokkies maak waar dit duidelik sigbaar is watter hopie die meeste of die minste blokkies het.
• Die leerders raai telkens watter hopie meer en minder blokkies het.
• Die leerders maak hulle eie hopies met tellers om voor te stel watter hopies meer en minder het.
Sessie 2: Vorms en vormpatrone
Die fasiliteerder gebruik die sirkel, driehoek en vierkant in die fasiliteerderhulpmiddel. Flits die vorms vir die leerders. Hulle moet al die vorms dadelik herken.
Voltooi aktiwiteit 12 en 13 in werkboek 1. Die leerders kleur die vorms die regte kleure in en voltooi die vormpatrone.
Sample
Sessie 3: Sirkels
Die leerders behoort reeds met vorms bekend te wees. In hierdie sessie word die sirkel vasgelê. Die “lees” van vorms is die beginstadium om later meer abstrakte letters en syfers te lees. Indien die leerders sukkel om vorms te herken, gaan hulle later ook sukkel om letters en syfers te herken.
Voltooi aktiwiteit 13 in werkboek 1. Die leerders knip die sirkels op die snipperblad in die leerderhulpmiddel uit en plak dit op die regte die sirkels in die werkboek. Hulle versier die groot sirkel deur klein stukkies gekleurde papier daarop te plak.
Elektroniese hulpbron
Dag 6
Week 2
Sessie 1: Uittel van voorwerpe
Die leerders behoort al tot 10 te kan tel. Tel van 0 tot 10 en weer terug. Die leerders moet ook die vermoë aanleer om voorwerpe uit te tel. Dikwels kan leerders goed tel, maar sodra dit by die uittel van voorwerpe kom, beweeg hulle vingers vinniger as wat hulle praat of andersom. Vandag moet die leerders verskillende voorwerpe versamel en uittel. Die fasiliteerder kan hierdie oefening aanpas om by beskikbare bronne aan te pas.
Gee een opdrag op ’n slag. Bêre die voorwerpe wat versamel is vir die volgende sessie.
• Versamel 5 klippies en tel dit terwyl jy dit neersit.
• Versamel 4 blare en tel dit terwyl jy dit neersit.
• Versamel 5 stokkies en tel dit terwyl jy dit neersit.
• Versamel 3 sade en tel dit terwyl jy dit neersit.
• Versamel 4 stukkies rommel en tel dit terwyl jy dit neersit.
Sample
Sessie 2: Probleemoplossing
Probleemoplossing is die fondasie waarop optel en aftrek gebou word. Hoe vinniger die leerders die praktiese konsepte van “bysit” en “wegvat” leer, hoe vinniger sal hulle met plus en minus vertroud raak. Indien ’n leerder met plus en minus sukkel, moet probleemoplossing herhaal word.
Gebruik die voorwerpe wat die leerders in die vorige sessie versamel het vir dié opdrag. Gee die volgende opdragte:
• Pak 5 klippies voor jou uit. ’n Reus kom verby en eet 2 klippies op. (Die leerders verwyder klippies deur dit weg te gooi of buite te bêre.). Hoeveel klippies het jy nou oor? (3)
• Pak 4 blare voor jou uit. Die wind waai 3 blare weg. Hoeveel blare is daar oor? (1)
• Daaglikse lesse wat maklik is om aan te bied, vir die hele jaar.
• Drie sessies ’n dag wat die verskillende leerareas kombineer.
• Mondelingse, praktiese en Ageskrewe aktiwiteite om nuwe konsepte bekend te stel.
• Volkleur fasiliteerderhulpmiddel, -leerderhulpmiddel en -werkboek vir elke kwartaal.
• Omvattende verduidelikings van konsepte in eenvoudige taal.