Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
L van Niekerk
Inhoudsopgawe
Leselemente
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om die leerder se kennis te toets.
WOORDESKAT
Betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DEFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
VIR DIE NUUSKIERIGES
SAMPLE
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei. Brei die aktiwiteit tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken.
Voorwoord
Verwys na fasiliteerdersgids 1/2 vir die voorwoord.
SAMPLE
Jaarplan
Werk volgens die jaarplan om seker te maak dat al die werk betyds behandel word sodat leerders gereed is vir die eksamens.
Eenheid
1 LES 1: Tussen die boekrakke
LES 2: Drup, drup ... droog
LES 3: Stories van ouds
LES 4: Van spens tot pens
LES 5: Wilde wonders
LES 6: Feite van die verlede
LES 7: Toor met jou dade
2
– 2
– 10
– 4
LES 8: Haastige hond verbrand sy mond 5 – 6
LES 9: Deur die teleskoop se lens
– 8
3
4
LES 10: Op die sportveld
LES 11: Boomloos, dakloos, weerloos
LES 12: Ogies deur die blare
LES 13: As die weer dreun ...
– 4
– 6
– 8
LES 14: Op die planke 9 – 10
LES 15: Staan op teen bullebakke en boelies 1 – 2
LES 16: Jou tuiste, jou trots! 3 – 4
LES 17: Vertel om te verkoop
LES 18: Droom groot
– 6
EENHEID 3: Week 1 – 2
Les 10:
Op die sportveld
Vaardighede
Luister en praat
Luister na ’n vertelling
Neem deel aan ’n bespreking
Lees hardop
Luister na en volg instruksies
Speel ’n taalspeletjie
Lees en kyk
Lees ’n biografie
Beantwoord vrae
Lees ’n inligtingsteks
Lees dagboekinskrywings
Selfstandige lees
Skryf en aanbied
Skryf ’n dagboekinskrywing
Skryf ’n biografie
Skryf ’n opstel
Skryf boodskappe
Taalstrukture en -konvensies
Werk met woorde
Afleidings en samestellings
Aktiwiteit Tydstoekenning
Aktiwiteit 237 30 minute
Aktiwiteit 238 15 minute
Aktiwiteit 239 40 minute
SAMPLE
Sinonieme, antonieme, homonieme en homofone
Werk met sinne
Woordsoorte
Voornaamwoorde
Bywoorde
Ontkenning
Voorsetsels
Letterlike en figuurlike taalgebruik
Tydsvorme
Spelling en punktuasie
Leestekens en skryftekens
Speltoets
Hersiening
Persoonlike woordeboek
Skryf in jou eie woordeboek
Aktiwiteit 240 30 minute
Aktiwiteit 241 20 minute
Aktiwiteit 242 30 minute
Aktiwiteit 243 20 minute
Aktiwiteit 247 30 minute
Aktiwiteit 251 20 minute
Aktiwiteit 256 30 minute
Aktiwiteit 257 1 uur
Aktiwiteit 258 1 uur
Aktiwiteit 259 1 uur
Aktiwiteit 260 1 uur
Aktiwiteit 244 15 minute
Aktiwiteit 245 20 minute
Aktiwiteit 246 15 minute
Aktiwiteit 248 20 minute
Aktiwiteit 249 15 minute
Aktiwiteit 250 15 minute
Aktiwiteit 252 20 minute
Aktiwiteit 253 10 minute
Aktiwiteit 255 15 minute
Aktiwiteit 254 15 minute
Aktiwiteit 262 5 minute
Aktiwiteit 261 30 minute
Aktiwiteit 263
AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 237: Luister na ’n vertelling 30 minute
Die leerders moet solank ’n boek vir die kwartaal begin lees.
Die leerders skryf ’n speltoets aan die einde van die les. Hulle moet die spelling van die woorde leer. Verwys na die tweede laaste aktiwiteit in die les vir die spelwoorde.
Die leerders moet benodighede klas toe bring om ’n tafelsokkerspeletjie te maak. Verwys na aktiwiteit 240 vir meer inligting. Gee hulle genoeg tyd om die benodighede bymekaar te maak.
Interessante feit: Stoei is ’n sport wat jou fisiese krag toets. Toonstoei toets die krag wat daar in jou tone sit! Dit werk baie soos armdruk, en daar is ’n paar rondtes waarin opponente hul linkertone stoei en dan hul regtertone stoei. Lyk dit na pret?
Hierdie les gaan oor sport. Die klas kan met prente van verskillende sportsoorte versier word, en daar kan ook verskillende soorte balle en ander sporttoerusting wees. Wys die balle en toerusting vir die leerders, en vra of hulle weet in watter sportsoort dit gebruik word.
Die leerders oefen om gebeure in die regte volgorde te sit om ’n storie te vertel. Lees die groepe sinne hier onder een keer, en die leerders probeer om dit in die regte volgorde te sit. Vra ook die vrae oor elke scenario, soos hier onder gegee, om die leerders se begrip te toets.
SAMPLE
1. Alex se eerste hokkiewedstryd
a) Alex teken ’n doel aan.
b) Die fluitjie blaas aan die einde van die wedstryd.
c) Alex se span wen die wedstryd.
d) Die skeidsregter blaas die fluitjie om die wedstryd te begin.
Die regte volgorde: d, a, b, c
• Wie speel sy eerste hokkiewedstryd? Alex
• Wie wen die wedstryd? Alex se span
• Hoe word die begin en einde van die wedstryd aangedui? Met ’n fluitjie wat blaas.
• Wie kyk dat die wedstryd volgens die reëls gespeel word? Die skeidsregters
2. Die besering
a) Anita hardloop vinnig om die bal te vang.
b) Noodhulp word op Anita se been toegepas.
c) Anita se netbalspan wen die loot en kies om eerste af te gooi.
d) Sy hardloop teen iemand van die ander span vas.
e) Anita val op die tartanbaan en kry baie seer.
f) Die noodpersoneel hardloop na Anita toe met die noodhulpkissie.
Die regte volgorde: c, a, d, e, f, b
• Wie het seergekry? Anita
• Aan watter sport het sy deelgeneem toe sy seergekry het? Netbal
• Hoe het sy seergekry? Sy het teen iemand van die ander span vasgehardloop en geval.
3. Die sokkerbal
a) Devi skop die bal baie ver.
b) Hy kry ’n sokkerbal vir sy verjaarsdag.
c) Bongani probeer om die bal te keer.
d) Hy speel sokker saam met sy maats.
e) Bongani is hartseer dat sy sokkerbal weg is.
Die regte volgorde: b, d, a, c, e
• Watter sport beoefen die maats? Sokker
• Wanneer het Bongani ’n sokkerbal gekry? Toe hy verjaar het.
• Wie skop die bal ver? Devi
• Het hulle die bal teruggekry? Nee
4. Shani se wedloop
a) Die atlete spring weg.
b) Die afsitter se geweer dui aan dat die resies begin.
c) Shani besluit om te stop om die meisie te help.
d) ’n Meisie trap skeef en kry seer.
e) Shani sien die meisie het seergekry.
SAMPLE
Die regte volgorde: b, a, d, e, c
• Wie is die hoofkarakter? Shani
• Aan watter sportsoort neem sy deel? Atletiek / Hardloop
• Het Shani die wedloop gewen? Hoekom sê jy so? Nee, want sy het gestop om die meisie te help.
Kyk saam na die prentjie op die eerste bladsy van die les in die handleiding. Watter sport speel hulle? (Hokkie) Watter spelers is in dieselfde span, en hoe weet die leerders dit? (Die twee met die gestreepte hemde, wat Alex en Jason is in die vertelling wat volg. En die spelers met die eenkleurige hemde is in die ander span.)
Lees die volgende storie (vertelling) vir die leerders. Dit gaan oor Alex en Jason wat ’n hokkiewedstryd speel, en een van hulle spanmaats wie se ouers hom dwing om hokkie teen sy sin te speel. Gaan eers deur die woordeskat, lees die storie en bespreek dit dan. As die leerders die gebeure nie kan onthou nie, lees die storie weer terwyl hulle notas maak.
Jou beste is goed genoeg
Op die seepgladde groen grasveld beweeg die wit bal blitsvinnig tussen die twee-en-twintig spelers se stokke deur. Twee skeidsregters hardloop heen en weer saam met die bal.
Een skeidsregter blaas sy fluitjie hard. Die skerp geluid, gemeng met die warboel van die toeskouers se gejuig en geskree, suis in my ore. My asem blaas vinnig en warm. My bors brand. Ek hardloop vinnig na die bal toe. Net betyds, voordat die bal oor die kantlyn rol, gaps ek dit voor die ander span se vleuel weg.
Ek vleg die bal tussen die teenstanders se stokke en bene deur. Dit voel of al elf spelers van die ander span, tot die doelwagter met die helder oranje klere, op my is. “Alex!” Ek kyk op. Jason staan oorkant met niemand naby hom nie. Van daar af is die pad doelhok toe wawyd oop. Sonder om te huiwer, slaan ek die bal so hard as wat ek kan na Jason toe. Soos ’n foutlose dansroetine wat oor en oor geoefen is, ontvang Jason die bal en dryf dit doelhok toe. Die paar sekondes se vinnige aksie voel of dit stadig afspeel ... Die toeskouers kyk almal vir Jason en die bal wat soos ’n wit weerligstraal in die rigting van die doelhok snel. Die ander span se verdedigers is terug op hul pos en probeer om die bal te keer, maar die blitsige bal mis hul stokke en skiet doelhok toe. Die doelwagter skop na regs om die bal te probeer keer, maar ... dwa! weerklink dit teen die agterkant van die doelhok. Die toeskouers juig.
“Jason, jou yster!” Ons afrigter, juffrou Zondagh, lyk baie trots. Ons het die eerste doel van die seisoen aangeteken. Die hele span high five mekaar in ekstase. Almal behalwe Hendri. Hy lyk glad nie gelukkig nie. Op sy gesig is daar ’n mengsel van kwaad en hartseer.
Die res van die wedstryd speel almal goed saam, soos ’n span moet. Ons stuur die bal na mekaar toe as iemand oop is, en ons is presies waar ons moet wees op die veld, soos ons geoefen het. Ons teken sommer nog vyf doele aan. Maar Hendri werk nie saam nie. Is iets fout, het iets gebeur dat Hendri vandag so vreemd optree? Die paar kere wat hy die bal kry, wil hy dit nie na een van ons toe stuur nie. “Hendri! Hier, ek’s oop!” skree Nathi, maar Hendri maak of hy hom nie hoor nie. Hendri is in ’n tweestryd met ’n speler in die ander span gewikkel. Hulle stokke klap teen mekaar. Hy probeer om die bal vinnig weg te trek en te dribbel, maar die ander speler rokkel dit af. Hendri bly staan waar hy is. Prrrrrt! blaas die eindfluitjie. Die toeskouers juig en ons almal omhels mekaar. Ons het gewen! Die eerste keer hierdie jaar wat ons wen!
SAMPLE
Almal hyg na asem en wens mekaar geluk. Jamie se pa bring vir ons elkeen ’n koeldrank veld toe. Op ’n bloedige warm dag soos vandag is die yskoue koeldrank ’n lafenis. Ek wonder of my gesig steeds bloedrooi van die harde wedstryd is.
Juffrou Zondagh prys ons vir ons goeie spel. Sy is baie beïndruk dat ons so goed saamgewerk het. Hendri staan steeds half nukkerig en hartseer eenkant.
Ons loop na ons sakke toe. “Weet jy hoekom Hendri vandag so weird is? Hy’t nie een keer die bal na my toe gestuur nie, en ek was hoeveel keer oop!” sê Jason terwyl hy pêrels sweet met sy handdoekie afvee.
“Ek’t gesien sy ma-hulle het geloop nog voordat die wedstryd verby was,” merk ek op. “Hulle wil hê dat hy in alles die beste moet wees, selfs in skaak en redenaars.”
“Is als oukei?” vra Jason vir Hendri toe hy nader kom. Hendri mompel iets en tel sy sak haastig op. “Dis niks, moenie worry nie.” Hy begin wegloop, maar Jason sê: “Ons kan sien iets is fout.”
Hendri huiwer ’n oomblik. Hy kyk af terwyl hy saggies praat. “My ouers is nie baie beïndruk met my nie. Hulle het sommer halfpad deur die wedstryd geloop omdat ek nie ’n doel op my eie kon aanteken nie.” Ek en Jason kyk na mekaar.
“Maar dis nie wat ’n spansport is nie, ons is veronderstel om saam te werk,” sê ek.
“My ouers verwag dat ek goed moet wees in alles wat ek doen. En ek moet aan alles deelneem, ek kan nie kies waarvan ek hou nie,” vertel Hendri. “Ek wil anyway nie meer hokkie speel nie.” Ek en Jason kyk hom hartseer agterna. “Ons kan bly wees ons ouers ondersteun ons en is altyd trots op ons.”
Woordeskat
seepgladde: die intensiewe vorm van “glad”, baie glad skeidsregters: iemand wie se werk dit is om te kyk dat die reëls van die spel gevolg word warboel: deurmekaarspul, hier beteken dit daar is ’n mengsel van klanke toeskouers: mense wat na ’n wedstryd, gebeurtenis of vertoning kyk suis: ’n sagte geluid maak vleuel: ’n vinnige speler die naaste aan die kantlyn teenstanders (ook teëstanders): die span teen wie jy speel huiwer: nie kan besluit of jy iets moet doen nie, onseker ekstase: ’n oorweldigende gevoel van geluk tweestryd: ’n stryd tussen twee mense, hier beteken dit die twee spelers het oor die bal baklei (nie fisies baklei nie, elkeen het probeer om die bal te kry) lafenis: verfrissing, soos ’n drankie wat jy drink as jy dors is of as jy warm kry nukkerig: in ’n slegte bui, omgekrap
Gesels oor die vertelling. Het al die beskrywings die leerders gehelp om beter te visualiseer (in hul verbeelding sien) wat in die storie gebeur?
1. Aan watter sportsoort neem die seuns in die vertelling deel? Hokkie
2. Die vertelling word uit iemand se oogpunt vertel soos hy/sy dit ervaar het. Wie is die verteller? Alex (“‘Alex!’ Ek kyk op. Jason staan oorkant, met niemand naby hom nie.”)
Ons noem dit ’n eerstepersoonsvertelling. Dit beteken die vertelling word uit die oogpunt van een van die karakters vertel. Woorde soos “ek” en “my” (nie in dialoog nie) is ’n leidraad.
3. Sê kortliks wat in die vertelling gebeur. Leerders se eie oorvertelling. Alex se span speel ’n hokkiewedstryd. Almal werk saam, behalwe Hendri. Hendri is hartseer omdat sy ouers geloop het voordat die wedstryd verby was, en omdat hulle hom druk om die beste in alles te wees. (Hoewel die span die wedstryd gewen het, is dit nie die hoofgedagte van die storie nie.)
4. Hoe word die grasveld beskryf? Seepglad en groen
5. Die verteller sê: “My asem blaas vinnig en warm. My bors brand.” Waarom dink jy is die verteller so uitasem?
Die verteller speel ’n hokkiewedstryd, en hy kry warm en is uitasem omdat hy so vinnig en baie rondhardloop.
6. Lees die sin: “Net betyds, voordat die bal oor die kantlyn rol, gaps ek dit voor die ander span se vleuel weg.” Wat lei jy af beteken “betyds”?
Iets gebeur net-net op die regte tyd, Alex het die bal gekeer voordat dit oor die kantlyn rol en voordat die ander span se vleuel die bal gekry het.
7. Wie slaan ’n doel “soos ’n foutlose dansroetine wat oor en oor geoefen is”? Jason
8. Watter twee emosies sien die verteller op Hendri se gesig? Kwaad en hartseer
9. Waarom voel Hendri so? Sy ouers wil hê dat hy die beste in alles moet wees, en dat hy aan alles moet deelneem. Hendri wil ook nie eintlik hokkie speel nie.
10. Watter alledaagse probleem kom in die vertelling voor? Voltooi die sin met die regte woorde: Party ouers druk hulle kinders om die beste te wees.
11. Ondersteun Alex en Jason se ouers hulle? Hoe weet jy dit?
Ja, hulle ouers ondersteun hulle. Een van die twee sê aan die einde van die vertelling: “Ons kan bly wees ons ouers ondersteun ons en is altyd trots op ons.”
12. Dink jy Hendri se ouers is trots op hom? Waarom of waarom nie?
Nee, hulle is nie trots op hom nie omdat hulle nie die hele wedstryd gekyk het nie. Hendri sê ook dat sy ouers geloop het omdat hy nie ’n doel op sy eie kon aanteken nie.
13. As jy aan die titel van die vertelling dink, watter les kan ons uit die vertelling leer?
Dat jou beste goed genoeg is. / As jy jou bes doen, is dit goed genoeg.
Aktiwiteit 238: Neem deel aan ’n bespreking 15 minute
Gesels oor sportsoorte, die kwessie wat in die vertelling na vore gekom het (dat ouers soms hul kinders druk om die beste te wees), en oor die onderstaande punte.
SAMPLE
Lei die bespreking deur die vrae te vra, maar die leerders moet die meeste praat. Hulle kan aanvul by wat ander sê, en kommentaar lewer. Die leerders moet mekaar kans gee om te praat en nie van die onderwerp afdwaal nie. Hulle moet ook met empatie en respek op ander se kommentaar en idees reageer.
• Van watter sportsoorte hou die leerders?
• Neem hulle deel aan die sport, of hou hulle net daarvan om dit te kyk?
• Het hulle ’n sportheld?
• Dink hulle dit is nodig om aan sport deel te neem?
• Watter voordele is daar om aan sport deel te neem? (Byvoorbeeld om oefening te kry, dit help om die brein wakker te hou en beter te funksioneer, spansport leer jou om saam met ander te werk, jy slaap beter, ens.)
Lees die voordele en nadele een vir een stadig en in ’n ander volgorde as in die blokkies. Die leerders skryf dit neer, en sorteer dit onder die opskrifte “Voordele” en “Nadele”. Hulle kan dit sorteer soos hulle neerskryf, of eers neerskryf en dan sorteer.
Voordele
• Jy kry oefening.
• Dit help om jou liggaam gesond te hou.
• Jou brein werk beter.
• Jy leer om saam met ander te werk.
• Dit is ’n maklike manier om maats te maak.
Nadele
• Jy kan beserings opdoen.
• Party mense is slegte verloorders (hou nie daarvan om te verloor nie).
• Sporttoerusting is soms duur.
• Jy het baie tyd nodig om te oefen.
• Daar kan druk op jou geplaas word om te presteer of die beste te wees.
Gesels dan oor elke punt en waarom dit ’n voordeel of nadeel is. Kan die leerders aan ander voor- en nadele dink? Byvoorbeeld:
Voordele
• Jy slaap beter.
• Dit kan jou eetlus verbeter.
• Dit help jou om te ontspan.
• Dit kan help om jou selfvertroue te verbeter.
• Dit kan help om spanning en angs te verminder.
• Jou sosiale vaardighede verbeter.
Nadele
• As jy goed is, kan jy dalk hoogmoedig raak.
• Dit kan spanningsvol wees.
• Party spanmaats of teenstanders kan lelik raak en jou slegsê.
• Party mense is te kompeterend.
• Daar kan klieke vorm en jy kan uitgesluit word.
• As die sport buite beoefen word, kan die son jou brand.
• Vra die leerders of hulle van iemand weet wie se ouers hom/haar druk om aan sport en ander aktiwiteite, soos drama en redenaars, deel te neem. (Dit kan ’n sensitiewe onderwerp wees as van die leerders in die klas se ouers druk op hulle plaas. Hulle hoef nie daaroor te praat en te erken dat hulle ouers druk op hul plaas nie, maar hulle moet aan die bespreking deelneem.)
• Waarom dink hulle plaas party ouers druk op hul kinders om die beste in alles te wees?
• Professionele sportspelers kry baie geld. Dink hulle dit is ’n goeie ding dat daar so baie geld in sport is? Dink hulle daar is ander beroepe waarin mense meer geld moet verdien as wat sportspelers verdien?
SAMPLE
Aktiwiteit 239: Lees hardop
40 minute
Die leerders lees die volgende paragraaf uit die vertelling “Jou beste is goed genoeg” hardop, sonder om te oefen. Assesseer die leerders informeel deur die rubriek te gebruik, en gee terugvoer.
1 – glad nie 2 – kan verbeter 3 – soms 4 – meestal 5 – uitstekend
Het jy die woorde reg
Het jy vlot en met gevoel gelees?
Het jy die leestekens gehoorsaam?
Het jy teen die regte tempo gelees?
Het jy oogkontak met die gehoor gemaak?
|
|
| 4 | 5
Die leerders behoort die wenke al te ken. Kyk weer in vorige aktiwiteite vir die wenke, indien nodig.
Ek vleg die bal tussen die teenstanders se stokke en bene deur. Dit voel of al elf spelers van die ander span, tot die doelwagter met die helder oranje klere, op my is. “Alex!” Ek kyk op. Jason staan oorkant met niemand naby hom nie. Van daar af is die pad doelhok toe wawyd oop. Sonder om te huiwer, slaan ek die bal so hard as wat ek kan na Jason toe. Soos ’n foutlose dansroetine wat oor en oor geoefen is, ontvang Jason die bal en dryf dit doelhok toe. Die paar sekondes se vinnige aksie voel of dit stadig afspeel ... Die toeskouers kyk almal vir Jason en die bal wat soos ’n wit weerligstraal in die rigting van die doelhok snel. Die ander span se verdedigers is terug op hul pos en probeer om die bal te keer, maar die blitsige bal mis hul stokke en skiet doelhok toe. Die doelwagter skop na regs om die bal te probeer keer, maar ... dwa! weerklink dit teen die agterkant van die doelhok.
Aktiwiteit 240: Luister na en volg instruksies
30 minute
Die leerders kan in pare of groepe werk om die aanwysings te volg. Gee hulle byvoorbeeld ’n week om die benodighede in die hande te kry, of die benodighede kan voorsien word.
Lees die instruksies vir die leerders, en hulle neem notas. Indien nodig, kan die instruksies ’n tweede keer gelees word. Kon die leerders die tafelsokkerspeletjie maak en speel?
Tafelsokker
Benodighede
groot, harde karton of dun stuk hout (A3 of groter) groen vilt of stuk materiaal (dieselfde grootte as die karton) 1 reghoekige margarienbakkie (of soortgelyke houer) gom
SAMPLE
mes wit kleeflint (sellotape) ’n klein stukkie koerantpapier strooitjies (een vir elke speler)
Metode
Die leerders moet verkieslik nie strooitjies koop nie en eerder strooitjies gebruik wat van byvoorbeeld wegneemetes oorgebly het.
1. Pas die groen vilt bo-op die karton en plak dit vas – dit is die sokkerveld. Andersins kan die karton of hout geverf word en laat droog word.
2. Sny die lang kant van die margarienbakkie oop – dit is die twee doelhokke. (’n Roomysbak of enige ander toepaslike houer kan ook in twee gesny word. Papier of karton kan ook gebruik word om doelhokke te vou.)
3. Merk waar jy die veldlyne en doelhokke gaan plak – dit is die kantlyne, middellyn, sirkel en doelhokke (soos op die prentjie).
4. Plak die lyne met wit kleeflint.
5. Plak ’n bakkie as doelhok aan elke kant met gom vas.
6. Frommel die koerantpapier op, wat die bal gaan wees.
7. Elke speler gebruik ’n strooitjie – blaas deur die strooitjie om die “bal” te beweeg.
8. Jy kan jou eie reëls maak.
Die leerders kan ’n minitoernooi teen mekaar speel.
Aktiwiteit 241: Speel ’n taalspeletjie
20 minute
Die leerders speel op hul eie of in pare om die sportsoorte met behulp van die leidrade te voltooi. Die leerder of paar wat eerste al die woorde ontsyfer het, kry ’n klaspunt.
Leidraad
Sportsoort
1. Dit word met ’n kolf en ’n bal gespeel. krieket
2. Twee of vier spelers wat ’n bal met rakette heen en weer oor ’n net slaan. tennis
3. Dit sluit hardloop en velditems soos spiesgooi in. atletiek
4. Elf spelers speel aan ’n kant, elkeen met ’n stok, wat probeer om ’n harde wit bal in die doelhok in te slaan. hokkie
5. Sewe spelers in ’n span gooi die bal vir mekaar en teken doele aan deur die bal deur die ring te gooi. netbal
6. Die gewildste sportsoort in die wêreld, waarin elf spelers in ’n span die bal vir mekaar skop om doele aan te teken. sokker
7. Ry op ’n toestel met twee wiele van die beginpunt tot eindpunt. fietsry
8. Die sport word in water beoefen. Tatjana Schoenmaker het ’n goue medalje vir Suid-Afrika by 2021 se Olimpiese Spele gewen.
9. Dit word op ’n mooi groen baan gespeel en spelers gebruik verskillende stokke om ’n klein wit balletjie te slaan.
SAMPLE
swem
gholf
10. Dit word op water in ’n spesiale soort platterige boot beoefen. kanovaart
11. Mense dink dalk nie dat dit ’n sport is nie. Twee spelers speel elk met 16 stukke teen mekaar op ’n bord met 64 swart en wit blokke. skaak
12. Deelnemers vaar oor die water in ’n boot met seile. seilvaart
13. ’n Spesiale plank word gebruik om oor groot branders te ry. Jeffreysbaai is ’n gewilde plek hiervoor. branderplankry
14. ’n Span sit in ’n spesiale soort boot en moet by die eindpunt uitkom deur die boot met spane te beweeg. roei
15. ’n Sportsoort waarin verskeie bewegings gedoen word, met of sonder apparaat, soos ’n balanseerbalk. gimnastiek
16. Spelers slaan ’n bal oor ’n net vir mekaar deur net hul hande te gebruik. vlugbal
17. ’n Spesiale plank met wieletjies waarmee toertjies gedoen word. skaatsplankry 18. Jy beweeg oor sneeu op twee lang, smal planke. Daar is baie verskillende soorte, soos om teen ’n helling af te gaan en toertjies te doen. ski
Die leerders soek die woorde in die blok. Die woorde loop van links na regs, regs na links, bo na onder, onder na bo, en diagonaal (skuins) in alle rigtings. Leerders kan ’n liniaal gebruik om diagonale woorde makliker te vind. Die leerder wat eerste al die woorde kry, kan ’n klaspunt of prys kry.
SAMPLE
Vir nog ’n interessante speletjie kan die leerders die sportsoorte op kaartjies skryf. Hulle skommel dit en sit die kaartjies onderstebo neer. Die leerders maak beurte om ’n kaartjie te trek en die sportsoort op die kaartjie te verduidelik, sonder om die woord self te sê (soos die speletjie 30 Seconds). Die leerder gee dus leidrade oor die sportsoort op die kaartjie wat hy/sy getrek het. Die een wat eerste reg raai wat die sportsoort is, kry ’n punt. (Die leerders kan as ’n klas of in pare teen mekaar speel.)
Wanneer die leerders verduidelik, mag hulle nie die woord self in die verduideliking gebruik nie (byvoorbeeld, as hulle die woord “rugby” trek, mag hulle nie sê dit word met ’n rugbybal gespeel nie, maar hulle kan byvoorbeeld sê dit word met ’n ovaal bal gespeel). Hulle mag ook nie sê “die woord rym met ...” nie.
AFDELING 2 LEES EN KYK
Aktiwiteit 242: Lees ’n biografie
30 minute
Weet die leerders wat ’n biografie is? Dit is ’n beskrywing van iemand se lewe, gewoonlik in boekvorm. ’n Biografie word nie geskryf deur die persoon oor wie dit gaan nie. As jy ’n boek oor jou eie lewe skryf, is dit ’n outobiografie.
Lees die eerste sin van die biografie hier onder terwyl die leerders volg. Sonder om te weet oor wie dit gaan, kan een van hulle raai deur net die eerste sin te lees? (Sachin Tendulkar)
Gaan eers deur die woordeskat indien die leerders die woorde nie ken nie.
Die leerders probeer om die biografie op hul eie of in pare te lees, maar indien daar te veel woorde is waarmee hulle sukkel, lees die artikel hardop voordat hulle weer probeer om dit op hul eie te lees.
• As jy sukkel om ’n woord uit te spreek, verdeel dit in lettergrepe, of breek die samestelling op.
• “Legio” word uitgespreek as “lee-gie-joe”.
SAMPLE
Die klein meester met ’n legio rekords
Hy word beskou as die beste krieketkolwer in die geskiedenis van die sport. Hy kraai koning met talle rekords – die meeste toetslopies (15 921), die meeste lopies in eendagkrieket (18 426), die eerste persoon wat ’n dubbelhonderdtal (200 lopies) in ’n eendagwedstryd aangeteken het, die meeste honderdtalle in toetskrieket (51), om net ’n paar te noem.
Die begin Sachin Tendulkar is op 24 April 1973 in Moembai, Indië gebore. Die “klein meester”, een van sy noemname, het begin krieket speel toe hy elf was. As tiener wys hy dat hy nog baie gaan bereik. Tydens ’n eersteklaswedstryd op 15-jarige ouderdom word hy die eerste jong Indiese speler wat ’n honderdtal (100 lopies) in ’n wedstryd slaan. In November 1989 speel hy as 16-jarige die eerste keer in Indië se nasionale span.
Gebore: 24 April 1973
Lengte: 1,65 m
Noemname: Die klein meester, Little Master, Master Blaster
Sy internasionale loopbaan
Tendulkar is nog altyd toegewy aan krieket. As 18-jarige teken hy twee honderdtalle teen die gevreesde Australië aan. In 1996, op 23-jarige ouderdom, word hy kaptein van die Indiese krieketspan. Hoewel Indië in die halfeindstryd van die Krieketwêreldbeker uitgeval het, het Tendulkar die meeste lopies in die toernooi aangeteken (523 lopies). In 2003 se Wêreldbeker in Suid-Afrika word Tendulkar as speler van die toernooi aangewys, met ’n gemiddeld van 60.2 lopies.
Die meester
Die volgende paar jaar word Tendulkar se naam verder in die geskiedenisboeke opgeskryf met talle rekords. In 2005 word hy die eerste speler wat 35 honderdtalle in toetskrieket aanteken, in ’n totaal van 125 wedstryde. In Junie 2007 bereik hy nog ’n mylpaal toe hy 15 000 lopies in eendagkrieket (ODI) slaan, en in November 2011 is hy die eerste kolwer wat dieselfde getal lopies in toetskrieket aanteken. In Februarie 2010 in ’n toetswedstryd teen Suid-Afrika, slaan hy die eerste
Woordeskat
dubbelhonderdtal ooit. In dieselfde jaar word hy as die Internasionale Krieketraad (IKR) se Krieketspeler van die Jaar aangewys. In Maart 2012 slaan hy sy honderdste internasionale honderdtal. Die meester speel sy 200ste en laaste wedstryd vir Indië op 16 November 2013 en tree daarna uit sy merkwaardige krieketloopbaan van 24 jaar.
Al speel hy nie meer krieket nie, sal Tendulkar aanhou om ’n held en rolmodel vir ander spelers wêreldwyd te wees, en sal hy as een van die sport se beste kolwers onthou word.
SAMPLE
Tendulkar slaan die bal in ’n toetswedstryd teen Australië in 2010, waarin hy 214 lopies in die eerste beurt aangeteken het.
meester: as jy uitstekend in iets is, is jy ’n meester legio: ontelbaar baie beskou: gesien as, mense dink hy is die beste krieketkolwer kraai koning (uitdrukking): iemand wat baas speel, maar hier beteken dit hy is die beste honderdtalle: ’n honderdtal is 100 lopies noemname: ’n noemnaam is wat mense soos jou familie en vriende jou noem toegewy: die meeste van jou tyd, krag en energie aan iets bestee gevreesde: die deelwoord wat beteken iets word gevrees, mense is bang daarvoor halfeindstryd: ’n eindstryd is die finale wedstryd van ’n toernooi, so ’n halfeindstryd is die twee wedstryde wat bepaal wie in die eindstryd gaan speel in die geskiedenisboeke opgeskryf (uitdrukking): iets of iemand wat onthou sal word mylpaal: belangrike gebeurtenis in ’n mens se lewe tree uit (uittree): ophou werk, hy het opgehou om krieket te speel merkwaardige: as iets “merkwaardig” is, is dit baie belangrik en iets om van kennis te neem rolmodel: iemand na wie jy opkyk, soos wie jy graag wil wees, omdat jy die persoon bewonder
Gesels oor die biografie. Die leerders kan die antwoorde later in hul werkboek skryf.
1. Waarom word ’n biografie oor iemand geskryf? Om inligting oor die persoon se lewe te gee.
• ’n Volledige gids wat alle tekste vir begripstoetse, asook luister- en leesvaardighede bevat.
• Omvattende verduidelikings van taalbegrippe wat maklik is om te verstaan.
• Stap-vir-stap-riglyne om lesse aan te bied.
• ’n Verskeidenheid prettige en praktiese aktiwiteite wat leerders betrek en help om taalbegrippe vas te lê en in te oefen.
• Interessante temas wat op graad 4’s se algemene kennis fokus en hulle nuuskierigheid oor die wêreld aanwakker.
• Moedig onafhanklike denke aan en ontwikkel redeneervermoë.