Graad 4 • Handleiding 1/4 Afrikaans Huistaal

Page 1


Intermediêre Fase

Graad 4 • Handleiding 1/4

Afrikaans Huistaal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Handleiding 1/4

Graad 4

Aangepas vir KABV
L van Niekerk

Leselemente

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

DEFINIEER

Definisies van sommige begrippe.

BELANGRIK

Belangrike aspekte om van kennis te neem.

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

SAMPLE

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

Jaarplan

LES 1: Tussen die boekrakke

LES 2: Drup, drup ... droog

1

LES 3: Stories van ouds

LES 4: Van spens tot pens

LES 5: Wilde wonders

LES 6: Feite van die verlede

LES 7: Toor met jou dade

2

LES 8: Haastige hond verbrand sy mond

LES 9: Deur die teleskoop se lens

– 4

– 6

– 8

– 10

3

LES 10: Op die sportveld

LES 11: Boomloos, dakloos, weerloos

LES 12: Ogies deur die blare

LES 13: As die weer dreun ...

LES 14: Op die planke

4 LES 15: Staan op teen boelies en bullebakke

LES 16: Jou tuiste, jou trots!

– 4

– 6

– 4 LES 17: Vertel om te verkoop

LES 18: Droom groot

Elke eenheid (elke kwartaal) is in ’n aparte boek.

Hallo! My naam is Zak. Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!

• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.

• Doen altyd jou huiswerk.

• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.

• Lees soveel as wat jy kan.

• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.

Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!

• Z is vir Zackie-reeks – Jaco Jacobs

• Haasdas se nuuskas-reeks – Louise Smit

• Flippie word ’n vlieg – Fanie Viljoen

• Vakansiepret-reeks – Theresa van Baalen

• Zinzi en Saffraan-reeks – Asia Citro

• Liewe Heksie-reeks – Verna Vels

SAMPLE

• Die groot koelte – Leon de Villiers

• Die tandeterroris – David Walliams

• Hoe om jou draak te tem-reeks – Cressida Cowell

• Speurder Kwaaikofski-reeks – Jürgen Banscherus

• Pieksel – Fanie Viljoen

• Ouma is ’n kroek! – David Walliams

Gaan snuffel rond tussen die boekrakke van die biblioteek of die naaste boekwinkel! Kyk gerus na ander boeke deur hierdie skrywers en sommer na enige boek op die rak!

EENHEID 1: Week 1 – 2

Les 1:

Tussen

die boekrakke

Leerdoelwitte

In hierdie les gaan jy:

• met ander gesels

• na ’n storie luister en vrae beantwoord

• die storie oorvertel

• ’n taalspeletjie speel

• leer hoe om ’n woordeboek te gebruik

• ’n storie lees en vrae beantwoord

• die storie oorvertel

• ’n dialoog lees en op jou eie lees

• ’n paragraaf, ’n storie, ’n dialoog en ’n eenvoudige vertelling skryf

• hersiening oor alfabetiese rangskikking doen

• jou eie woordeboek maak en daarin skryf

• oor sinonieme en antonieme leer

• oor die verskillende woordsoorte leer

• oor werkwoorde leer

• • •

AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 1: Gesels met ander

Interessante feit: Die grootste biblioteek in die wêreld het 164 miljoen items, en die boekrakke is altesaam 1 350 kilometer lank! Dit is so lank soos die pad van Kaapstad tot in Vereeniging! Dit is die Library of Congress in Washington D.C. in Amerika, wat in 1800 gestig is. Enige iemand mag die biblioteek besoek en die boeke daar lees, maar net spesiale mense mag boeke uitneem. In 2019 het 3 210 mense in die biblioteek gewerk.

SAMPLE

Kyk hoe die biblioteek lyk, wat van marmer en graniet gemaak is: https://bit.ly/3wtkbe3. Beweeg jou muis oor die video, en klik om rond te loer – dit is ’n 360°-kykie na die gebou.

Hierdie les gaan oor stories! Gesels saam.

• Watter storie is jou gunsteling?

• Kan jy kortliks vertel waaroor die storie gaan?

• Van watter soort stories hou jy? (Byvoorbeeld fantasie, wetenskapsfiksie, lewensverhale, ensovoorts.)

• Waarom hou jy daarvan om te lees (of nie)?

Aktiwiteit 2: Luister na ’n storie

Die fasiliteerder gaan ’n storie lees. Jy moet mooi luister en notas maak. Elke keer wat die fasiliteerder ’n storie gaan lees, word die luisterproses gevolg. Luister terwyl die fasiliteerder verduidelik.

Die luisterproses

• Die fasiliteerder gaan die storie drie keer lees. Jy mag die eerste keer net luister.

• Luister hoe die woorde uitgespreek word.

• Ná die eerste lees sal die fasiliteerder moeilike woorde verduidelik.

• Daar is gewoonlik vrae, wat jy nou mag lees.

• Die fasiliteerder gaan die storie ’n tweede en derde keer lees. Jy mag notas maak.

• Beantwoord dan die vrae. Luister aandagtig, en let op wat in die storie gebeur.

Terwyl jy luister, dink aan die volgende:

• Wie is die karakters in die storie?

• Waar speel die storie af?

• Watter dier ontmoet die meisie?

• Waar kom die diertjie vandaan?

• Waarom is die meisie geskok as sy die diertjie ontmoet?

• Is dit wat in die storie gebeur iets wat in die regte lewe kan gebeur?

Aktiwiteit 3: Beantwoord vrae

Beantwoord die vrae oor “Masego se ontdekking”. Jy mag die notas gebruik wat jy gemaak het.

1. Wie is al ’n paar uur lank in die biblioteek besig?

2. Wat laat haar nies?

3. Watter vreemde ding gebeur met haar in die biblioteek?

4. Wat is die diertjie se naam?

5. Watter vraag van Masego beantwoord hy?

6. Waarom praat hy met haar?

7. Waarom sê die muis dat hy vriendelik is en niks aan Masego gaan doen nie?

8. Waarom is Masego geskok?

9. Watter leidrade is daar in die storie dat die muis al ’n paar avonture agter die rug het?

10. In die storie staan: “‘O, waar is my maniere?’ ... Die muis steek sy pootjie uit om Masego se hand te skud.” Waarom sê hy: “waar is my maniere?”

11. Waarom dink jy vroetel die muis aan sy baadjie?

12. ’n Boekwurm is iemand wat daarvan hou om te lees. Sou jy sê Masego is ’n boekwurm?

Wat in die storie laat jou so dink?

13. Wat het aan die einde van die storie gebeur? Hoe weet jy dit?

14. Waarom dink Masego: “Ouma gaan haar ore nie glo nie!”?

15. Dink jy Masego se ouma het haar geglo toe sy haar vertel het wat in die biblioteek gebeur het?

16. Het jy al iets vir iemand vertel en toe glo hulle nie wat jy vertel nie? Wat het daarna gebeur?

Gesels oor die einde van die storie. Wat dink jy het gebeur nadat Magnus in Masego se rugsak geklim het?

Aktiwiteit 4: Vertel die storie oor

Kan jy alles onthou wat in “Masego se ontdekking” gebeur het? Vertel die storie oor deur die gebeure in die blokkie te gebruik om jou te help.

Sit die gebeure eers in die regte volgorde deur dit van 1 tot 8 te nommer.

Vertel dan die storie oor deur verbindingswoorde te gebruik.

Woorde soos “dan”, “toe”, “en”, “later” en “daarna” is verbindingswoorde

Gebeure

Sy hoor ’n stem langs haar.

Hy sê hy wil nie gou weer teruggaan na die storiewêreld toe nie.

Masego sê sy moet gaan.

Die stof op die boeke laat haar nies.

Masego skrik.

Magnus klim in haar rugsak.

Masego is in die biblioteek.

Magnus sê dat hy uit ’n storieboek geklim het.

Aktiwiteit 5: Alfabetiese rangskikking

Nommer

Ken jy die alfabet goed? Skryf die letters in die regte volgorde op die lyntjies, en sê die alfabet dan op.

Jy het in graad 3 oor vokale, konsonante en diftonge geleer. Kan jy onthou wat dit is?

Klankpatrone: Vokale, konsonante en diftonge

Die alfabet bestaan uit vokale en konsonante.

SAMPLE

a e i o u

Konsonante

Onthou die vokale só:

Arme ek is Oupa Uil.

b c d f g h j k l m

n p q r s t v w x z

Kan jy al die vokale in die prentjie raaksien? Vokale

y is ’n diftong. Kyk hier onder.

• ’n Diftong (ook ’n “tweeklank” genoem) is ’n groepie letters waarin twee of drie verskillende vokale amper as een klank uitgespreek word. Jy kan eintlik hoor dit is twee klanke. As jy hierdie klanke uitspreek, verander die vorm van jou mond.

Diftonge

ei y ui ou eeu aai ai ooi oi oei

Voorbeelde: reis, muis, kraai, rooi, koei.

Daar is altyd minstens een vokaal of diftong in ’n woord.

Vokale word nie altyd dieselfde uitgespreek nie.

• Kan ’n kort a wees – dak, rak, almanak

• Kan ’n lang a wees wat soos “aa” klink –dans, kans, krans

• Kan soos ’n i klink – basaar, dollar

ie oe eu is nie diftonge nie.

• Kan ’n kort i wees – sit, skrik, biblioteek, behoorlik, vriendelik (die tweede e klink ook soos i)

• Kan soos “ie” klink – familie, identiteit, polisie, vitamien

SAMPLE

• Kan ’n kort e wees – hek, rek, ontdek

• Kan ’n lang e wees, wat soos “ee” klink – bene, vere, klere, lepel

• Kan ’n “korter” e wees – stem, lem, hê, lê

• Kan soos ’n i klink – lepel, sale, tafel i o

• Kan ’n kort o wees – rok, hok, skok

• Kan ’n korter o wees – môre, ietermago, aikona

• Kan ’n lang o wees wat soos “oo” klink

– drome, bome, pote, begroting

• Kan soos “oe” klink – model, hotel, probeer, polisie u

• Kan ’n kort u wees – brug, hulle, kus, vul

• Kan ’n lang u wees – rusie, skadu

• Kan ’n langer u wees wat soos “uu” klink – ure, dure, mure

Kan jy aan nog woorde dink waarin dieselfde letter verskillend uitgespreek woord, soos “lepel”?

Aktiwiteit 6: Speel ’n taalspeletjie

Luister na die fasiliteerder se instruksies, en speel saam.

AFDELING 2 LEES EN KYK

Aktiwiteit 7: Gebruik ’n woordeboek

Het jy al ooit ’n woordeboek gebruik? Jy moet die alfabet goed ken om ’n woordeboek te kan gebruik.

Hoe om ’n woordeboek te gebruik

gidswoorde die eerste trefwoord op die bladsy die letter waarby jy nou is

die laaste trefwoord op die bladsy

(Uit: Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, bl. 1122)

Handleiding 1/4

1. Ken die alfabet. Woorde in ’n woordeboek is alfabeties gerangskik.

2. Boaan die bladsy is die eerste en die laaste trefwoorde wat op daardie bladsy verskyn, byvoorbeeld stoppelbaard –stormloop. Dit is gidswoorde. Kyk na die voorbeeld uit die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT).

Jy kan enige verklarende woordeboek gebruik, maar die HAT is die beste.

verklarend: wat verduidelik

trefwoord: die hoofinskrywing van woorde (die woorde in vetdruk) gidswoorde: woorde boaan die bladsye in ’n woordeboek wat wys wat die eerste en laaste woord op die bladsy is

3. Blaai na die letter, en kyk na die gidswoorde boaan die bladsye.

4. Kyk na die beginletters van die woord waarna jy soek. As jy byvoorbeeld storie soek, sal dit tussen stoppelbaard en stormloop wees omdat al drie woorde (die twee gidswoorde en die woord wat jy soek) se eerste drie letters dieselfde is. So jy moet na die vierde letter kyk. In die voorbeeld is dit p (stoppelbaard), r (stormloop) en r (storie).

5. Die letter i kom voor m in die alfabet, dus sal storie voor “stormloop” wees.

SAMPLE

6. ’n Verklarende woordeboek (soos die HAT) gee meer as net die betekenis van woorde. trefwoord woordsoort die syfers wys verskillende betekenisse

voorbeeldsinne is in kursief voorbeelde van samestellings dieselfde woord kan as verskillende woordsoorte werk verlede tyd van die werkwoord

Soms word die meervoud van woorde ook gegee, soos by “storie”. Die letters tussen hakies (-s) dui aan watter letters aan die woord gevoeg moet word om die meervoud te vorm: stories

As die woord uit meer as een lettergreep bestaan, word daar gewys watter deel die klem dra.

die lettergreep voor die ’ word beklemtoon

Verwys altyd na die inleiding van ’n woordeboek wat jy vir die eerste keer gebruik. Daar word verduidelik hoe die spesifieke woordeboek werk.

7. In tweetalige woordeboeke kan jy byvoorbeeld die Engelse vertaling van Afrikaanse woorde kry.

Aktiwiteit 8: Maak jou eie woordeboek

Jy gaan jou eie woordeboek maak! Gebruik ’n A5-lyntjiesboek of ’n A4-lyntjiesboek van 72 bladsye (wat jy dwars draai en in die helfte sny, sodat dit A5 landscape is).

• Skryf die letters van die alfabet boaan die bladsye.

• Gebruik vyf bladsye vir elke letter.

• Gebruik net een bladsy vir die letters c, q, x en z.

• Jy kan vlaggies aan die kant van die bladsye plak waar elke nuwe letter begin sodat die boek makliker is om te gebruik.

SAMPLE

• Die woorde se betekenisse kan op die volgende maniere verduidelik word:

o ’n Woord met ’n verklaring, byvoorbeeld storieboek: boek met stories.

o ’n Woord met ’n sinoniem, byvoorbeeld storie – verhaal.

o ’n Woord in ’n kort sin, soos: Die storie is snaaks.

o ’n Woord met ’n prentjie, byvoorbeeld ’n prentjie van ’n storieboek by “storie”.

• Versier die bladsye as jy wil. Jy gaan jou woordeboek een keer ’n kwartaal uitstal (vir die klas wys).

Skryf enige nuwe of moeilike woorde in jou woordeboek neer.

Aktiwiteit 9: Lees ’n storie

Hierdie jaar begin jy om langer tekste te lees. Het jy geweet daar is verskillende maniere om ’n teks te lees?

Handleiding 1/4

Leesstrategieë

Daar is verskillende leesstrategieë. Lees jy vir begrip of vir spesifieke inligting?

Prelees Vluglees Soeklees Begripslees

Waaroor gaan die teks as jy na die titel en prentjies kyk?

Lees vinnig (vlugtig) om ’n idee te kry waaroor die teks gaan.

Soek spesifieke inligting, en kyk uit vir ’n sleutelwoord.

Lees die hele teks deeglik om te verstaan.

Lees die titel van die storie, en kyk na die prentjie. Waaroor dink jy gaan die storie?

Luister na die storie, en lees dit dan op jou eie.

As jy sukkel om ’n woord uit te spreek, verdeel dit in lettergrepe.

’n Kat se kans

Mills

Magnus kruip agter ’n muur weg. Hy vou sy arms om homself te probeer warm hou. ’n Sneeuvlokkie dryf stadig deur die lug en val liggies op sy snorbaard. Hy luister aandagtig. Daar is baie geraas in die strate, en hy probeer luister of hy nie dalk ’n klokkie hoor lui nie. Die klokkie wat hy om Koning Kat se nek gehang het. Almal het gesê dit is onmoontlik, maar hy het dit gedoen. Maar nou moet hy vlug! Die koning het belowe hy gaan vir Magnus opvreet!

SAMPLE

Magnus gaan sit op ’n sakkie graan – hy is gedaan, want hy het die hele nag gehardloop. Die koning se rotte is orals in die dorp op soek na hom. As hulle hom in die hande kry ...

• ’n Volledige gids wat alle tekste vir begripstoetse, asook luister- en leesvaardighede bevat.

• Omvattende verduidelikings van taalbegrippe wat maklik is om te verstaan.

• Stap-vir-stap-riglyne om lesse aan te bied.

• ’n Verskeidenheid prettige en praktiese aktiwiteite wat leerders betrek en help om taalbegrippe vas te lê en in te oefen.

• Interessante temas wat op graad 4’s se algemene kennis fokus en hulle nuuskierigheid oor die wêreld aanwakker.

• Moedig onafhanklike denke aan en ontwikkel redeneervermoë.

• Geskik vir leerders op alle vlakke.

• Gebruik in die klaskamer of tuis.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.