Afrikaans Huistaal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Huistaal
Handleiding 2/4
Graad 4
2304-A-AHT-SG02
9781990948565
Aangepas vir KABV
L van Niekerk
Leselemente
LEERDOELWITTE
Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.
WOORDESKAT
Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DEFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
SAMPLE
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.
Jaarplan
LES 1: Tussen die boekrakke
LES 2: Drup, drup ... droog
1
LES 3: Stories van ouds
LES 4: Van spens tot pens
LES 5: Wilde wonders
LES 6: Feite van die verlede
LES 7: Toor met jou dade
2
LES 8: Haastige hond verbrand sy mond
LES 9: Deur die teleskoop se lens
– 4
– 6
– 8
– 10
3
LES 10: Op die sportveld
LES 11: Boomloos, dakloos, weerloos
LES 12: Ogies deur die blare
LES 13: As die weer dreun ...
LES 14: Op die planke
4 LES 15: Staan op teen boelies en bullebakke
LES 16: Jou tuiste, jou trots!
LES 17: Vertel om te verkoop
LES 18: Droom groot
Elke eenheid (kwartaal) is in ’n aparte boek.
– 4
–
Hallo! My naam is Zak. Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!
• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.
• Doen altyd jou huiswerk.
• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.
• Lees soveel as wat jy kan.
• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.
Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!
• Z is vir Zackie-reeks – Jaco Jacobs
• Haasdas se nuuskas-reeks – Louise Smit
• Flippie word ’n vlieg – Fanie Viljoen
• Vakansiepret-reeks – Theresa van Baalen
• Zinzi en Saffraan-reeks – Asia Citro
• Liewe Heksie-reeks – Verna Vels
SAMPLE
• Die groot koelte – Leon de Villiers
• Die tandeterroris – David Walliams
• Hoe om jou draak te tem-reeks – Cressida Cowell
• Speurder Kwaaikofski-reeks – Jürgen Banscherus
• Pieksel – Fanie Viljoen
• Ouma is ’n kroek! – David Walliams
Gaan snuffel rond tussen die boekrakke van die biblioteek of die naaste boekwinkel! Kyk gerus na ander boeke deur hierdie skrywers en sommer na enige boek op die rak!
EENHEID 2: Week 1 – 2
Les 6: Feite van die verlede
Leerdoelwitte
In hierdie les gaan jy:
• na ’n inligtingsteks luister en dit bespreek
• hardop lees
• ’n onvoorbereide toespraak lewer
• ’n taalspeletjie speel
• inligtingstekste lees en vrae daaroor beantwoord
• ’n opsomming lees en een skryf
• ’n e-pos lees en een skryf
• ’n verslag en ’n inligtingsteks skryf
• op jou eie lees
• meer oor woordvorming leer
• oor homofone en homonieme leer
• oor voegwoorde en veelvoudige sinne leer
AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 131: Luister na ’n inligtingsteks
Interessante feit: Daar is al baie argeologiese vondse in die Sterkfonteingrotte naby Muldersdrift in Gauteng gemaak. Een van die bekendste is Mevrou Ples. Dr. Robert Broom het in 1947 ’n skedel gekry wat sowat 2,5 miljoen jaar oud is. Wetenskaplikes stry steeds oor die naam – is dit Meneer of Mevrou Ples?
Die Sterkfonteingrotte
Gesels saam oor geskiedenis en argeologie.
• Wat is “geskiedenis”?
• Waaraan dink jy as jy die woord “geskiedenis” hoor?
• Waarom dink jy leer mense oor die geskiedenis?
• Dink jy dit is nodig om te bestudeer hoe mense lank terug geleef het? Waarom of waarom nie?
• Wat dink jy kan ons uit die geskiedenis leer?
• Weet jy van bekende argeoloë of argeoloë in stories of flieks?
antropoloog en paleontoloog is? Luister na die fasiliteerder, en skryf die regte woorde op die lyntjies.
Iemand wat die geskiedenis bestudeer deur oorblyfsels te gebruik, word ’n genoem. Hulle grawe terreine op, wat opgrawings of uitgrawings genoem word. Hulle bestudeer die voorwerpe, fossiele en bene wat hulle kry. Argeoloë bestudeer ook oorblyfsels van byvoorbeeld geboue (ruïnes). Deur hierdie dinge te bestudeer, leer hulle hoe mense in die verlede geleef het.
SAMPLE
is iemand wat antropologie bestudeer. Hulle bestudeer gemeenskappe en kulture en hoe dit onwikkel het. Antropoloë probeer om verskillende kulture beter te verstaan.
bestudeer paleontologie. Hulle gebruik fossiele (van plante en diere) om te verstaan hoe die lewe op aarde lank terug was en hoe omgewings mettertyd verander het.
Luister na die teks wat die fasiliteerder lees, en gesels dan saam.
1. Waaroor gaan die teks? (Wat is die hoofgedagte?)
2. Waarom dink jy begin die teks met ’n vraag aan die leser?
3. Sê kortliks wat ’n argeoloog doen.
4. Voltooi die sin: Deur artefakte te bestudeer, leer ons meer oor daardie mense se _______.
5. Wat kan ons uitvind deur na die DNS van fossiele en bene te kyk?
6. Hoe begin ’n argeologiese ondersoek gewoonlik?
7. Noem twee bronne waar argeoloë inligting kry.
8. Waarom dink jy dit is nodig dat argeoloë historiese dokumente lees?
9. Watter visuele middele help om patrone op die terrein op ’n afstand te sien?
10. Hoe gebeur dit dat argeoloë opgrawings op ’n sekere plek doen? Gee ’n voorbeeld van ’n plek waar dit kan gebeur.
11. Dink jy argeoloë het ’n lekker werk? Verduidelik jou antwoord.
12. Dink jy argeoloë het ’n belangrike werk? Waarom sê jy so?
Aktiwiteit 132: Lees hardop
Lees die teks hier onder hardop sonder om te oefen. Die fasiliteerder gaan vir jou ’n punt gee.
1 – glad nie 2 – kan verbeter 3 – soms 4 – meestal 5 – uitstekend
Kriteria
Het jy die woorde reg uitgespreek?
Het jy vlot en met gevoel gelees?
Het jy die leestekens gehoorsaam?
Het jy teen die regte tempo gelees?
Het jy oogkontak met die gehoor gemaak?
|
| 3 | 4 | 5
| 2 | 3 | 4 | 5
| 2 | 3 | 4 | 5
| 2 | 3 | 4 | 5
|
| 3 | 4 | 5
Argeoloë vra byvoorbeeld vrae oor mense wat in ’n sekere tydperk geleef het en soek historiese dokumente daaroor. Dit help hulle om op ’n omgewing en terrein te besluit om opgrawings te doen. Argeoloë praat ook met afstammelinge van hierdie mense om hulle kultuur en geskiedenis beter te verstaan.
Lugfoto’s en satellietbeelde help om patrone op die terrein te sien wat nie van naby sigbaar is nie. Radar en sonar word ook gebruik om agter te kom wat onder die grond is. ’n Span argeoloë kamp die terrein af en neem foto’s van die gebied. Daar word ook ’n kaart van die gebied opgetrek. Hulle begin dan met opgrawings. Argeoloë verdeel die terrein met ’n ruitenet, wat help om te bepaal presies waar artefakte gevind is.
Woordeskat
SAMPLE
historiese: wat met die geskiedenis te doen het, dinge wat werklik gebeur het terrein: gebiede waar, in hierdie geval, argeologiese oorblyfsels is opgrawings: om iets uit die grond op te grawe lugfoto’s: foto’s wat uit die lug geneem is satellietbeelde: beeld wat deur middel van ’n satelliet geneem is afkamp (kamp af, afgekamp): afgeperk met byvoorbeeld toue ruitenet (in konteks): blokkies wat gemaak word deur toue te span
Aktiwiteit 133: Lewer ’n onvoorbereide toespraak
Luister na die fasiliteerder se instruksies om ’n onvoorbereide toespraak te lewer.
Vir die nuuskieriges: Watter ander gereedskap en toerusting gebruik argeoloë? Doen navorsing, en probeer om ’n eenvoudige verduideliking daarvoor te gee.
Aktiwiteit 134: Speel ’n taalspeletjie
Luister na die fasiliteerder se instruksies, en speel saam.
AFDELING 2 LEES EN KYK
Aktiwiteit 135: Lees ’n inligtingsteks
Weet jy van enige bekende fossiele, vondse of argeologiese terreine?
SAMPLE
Een van die belangrikste argeologiese vondse in Suid-Afrika is Mevrou Ples in die Sterkfonteingrotte in 1947. Weet jy van hierdie ontdekking?
Kyk na die prente in die artikel op die volgende bladsy, en lees die titel. Waaroor dink jy gaan die artikel? Lees die artikel.
• As jy sukkel om ’n woord uit te spreek, verdeel dit in lettergrepe.
• Die a in “primate” klink lank – “prie-maa-ti”.
• Onthou, ons lees afkortings asof dit die hele woord is, soos “professor” en “doktor”.
• Die e in “genus” klink lank, soos “gee-nus”.
• “Vertikale” klink soos “wer-tie-kaa-li”.
• “Individue” klink soos “in-di-wi-duu-ji”.
• Die diftong ooi gevolg deur e in “dooies” klink soos “dooi-jis”.
Fossiele van die Wieg van die Mensdom
Die Wieg van die Mensdom is ’n belangrike argeologiese terrein. Dit word so genoem omdat wetenskaplikes dink dat dit die plek is waar die moderne mens ontstaan het. Baie fossiele is al daar gevind, veral van hominiene. Hominiene is die groep primate wat die moderne mens insluit. Dit is met ander woorde die groep waar ons ook vandaan kom.
Daar is 15 fossielterreine in die Wieg van die Mensdom. Drie daarvan is die Sterkfonteingrotte, Kromdraai en Taung.
Watter hominiene is in die Wieg van die Mensdom gevind?
Die meeste hominien-fossiele in die wêreld is in die grotte van die Wieg van die Mensdom gevind. Dit sluit die bekende Little Foot en die drie hier onder in.
Taung-kind (1924)
Die Taung-kind is een van die eerste fossiele van die vroeë mens wat in Suid-Afrika ontdek is. Dié fossiel is van die eerste bewyse dat die vroeë mens regop geloop het. Prof. Raymond Dart het in 1924 ’n fossiel van hierdie hominien in ’n klip gekry. Die fossiel se naam is die “Taung-kind”, vernoem na die grot waar die fossiel gevind is.
Mevrou Ples (1947)
SAMPLE
Die ontdekking van Mevrou Ples het party wetenskaplikes oortuig dat Afrika die Wieg van die Mensdom is. Dr. Robert Broom en dr. John Robinson het die skedel in die Sterkfonteingrotte gevind. Hierdie skedel was dieselfde spesie as die Taung-kind. Mevrou Ples is die volledigste skedel van ’n volwasse Australopithecus africanus wat al ooit gevind is –al wat nie daar is nie, is die tande.
Die naam “Mevrou Ples” is gegee omdat hulle gedink het dit is ’n vrou se skedel, en “Ples” kom van die genus Plesianthropous. Ons is vandag steeds nie heeltemal seker of dit die skedel van ’n vrou of ’n man is nie.
Homo naledi (2013)
In 2013 is ’n nuwe spesie hominiene ontdek – Homo naledi. Dit was die grootste ontdekking van hominien-fossiele in Afrika. Daar is fossiele en bene van minstens 15 individue gevind.
Die grootste raaisel is hoe Homo naledi in die Dinaledi-grotkamer beland het. Die ingang na die grot waarin die grotkamer is, is baie klein, en die pad tot by die grotkamer is baie nou en lank. Om by Dinaledi uit te kom, moet jy by ’n vertikale (regop) tonnel van 12 meter afgaan. Navorsers dink Homo naledi is een van die eerste voorbeelde van ’n spesie wat hul dooies “begrawe” het.
Drakensrug
Ingang tot die grot
Dinaledi is Sotho vir ‘opkomende ster’, en naledi beteken ‘ster’.
Dinaledi-grotkamer Superman se kruipplek
Die moeilike pad na die grot waar Homo naledi gevind is.
Woordeskat
primate (primaat): soogdiere soos nagapies, ape, gorillas en die mens, met hande, voete, oë aan die voorkant van die gesig en, buiten mense, leef hulle gewoonlik in bome fossielterreine: gebiede (terreine) waar fossiele gevind is oortuig: om iemand te laat glo dat iets waar is genus: ’n groep waarin plante of diere verdeel word nou: min spasie, nie baie wyd nie vertikale (vertikaal): van bo na onder, regop
SAMPLE
Die afkorting dr. word vir “dokter” en “doktor” gebruik. “Dokter” verwys na ’n mediese dokter, en “doktor” verwys na iemand wat ’n doktorsgraad (PhD) verwerf het.
Gesels saam oor die artikel. Skryf die antwoorde daarna in jou werkboek.
1. Wat is die hoofopskrif van die artikel?
2. Waaroor gaan die artikel?
3. Waarom is die Wieg van die Mensdom so belangrik?
4. Wat beteken die naam “die Wieg van die Mensdom”?
Handleiding 2/4
5. Noem drie grotte of plekke wat in die artikel genoem word wat deel van die Wieg van die Mensdom is.
6. Soeklees om die antwoorde op te spoor.
6.1 Hoeveel fossielterreine is daar die Wieg van die Mensdom?
6.2 In watter jaar is die Taung-kind gevind?
6.3 Wie het Mevrou Ples ontdek?
7. Watter twee fossiele in die teks is dieselfde spesie?
8. Watter vier fossiele word in die teks genoem?
9. Waarom dink jy word juis hierdie vondse (ontdekkings) in die teks genoem?
10. Maak ’n kort opsomming van die drie vondse wat bespreek word. Gebruik die tabel.
Die volle spesienaam
Wie dit gevind het
Jaar waarin dit gevind is
Waar kom die naam vandaan?
SAMPLE
Die Taung-kind Mevrou Ples Homo naledi
11. Dink jy die prentjie van Homo naledi is akkuraat? (Is dit werklik hoe die spesie gelyk het?) Verduidelik jou antwoord.
12. Kyk na die illustrasie van die grot waar Homo naledi gevind is.
12.1 Waarom dink jy is daar ’n illustrasie van die grotkamer?
12.2 Verduidelik of die illustrasie jou gehelp het om beter te verstaan hoe die grot en grotkamer lyk.
13. Waarom is dit ’n raaisel oor hoe Homo naledi in die Dinaledi-grotkamer beland het?
14. Dink jy dit is belangrik om oor fossiele en die vroeë mens te leer? Verduidelik jou antwoord.
Vir die nuuskieriges: Watter ander fossiele is al in Suid-Afrika gevind? Doen navorsing, maak ’n plakkaat daaroor, en kom deel dit met die klas.
Aktiwiteit 136: Beantwoord vrae
Lees die artikel in die vorige aktiwiteit weer, en beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Volgens die inleiding, watter plek is een van die belangrikste argeologiese terreine?
2. Is die stellings waar of onwaar? Skryf “waar” of “onwaar”, en haal uit die teks aan om jou antwoord te bewys. Wenk: As jy aanhaal, skryf die woorde tussen aanhalingstekens (“ ”), en skryf dit woord vir woord oor.
2.1 Daar is min fossiele in die Wieg van die Mensdom gevind.
2.2 Mevrou Ples is in die Kangogrotte gevind.
3. Waarom is die drie fossiele in die artikel belangrik? Pas die redes by die regte fossiele. Skryf net die vraagnommer met die regte letter (a tot d) langsaan neer.
Kolom A Kolom B
3.1 Die Taung-kind a) Die volledigste skedel van ’n volwasse Australopithecus africanus wat ooit gevind is.
3.2 Mevrou Ples b) ’n Nuwe spesie wat ontdek is.
3.3 Homo naledi c) Die volledigste skedel van ’n vroulike Australopithecus africanus wat ooit gevind is.
d) Van die eerste bewyse dat die vroeë mens regop geloop het.
4. Voltooi die sinne met die regte woorde. Skryf die sinne oor, en onderstreep die woorde wat jy invul.
spesie vroeë mens regop moderne mens tande
4.1 Die Taung-kind is een van die eerste fossiele van die ________ wat in Suid-Afrika ontdek is, en ook van die eerste bewyse dat die vroeë mens ________ geloop het.
4.2 Die enigste ding wat Mevrou Ples nie het nie, is die ________.
4.3 Homo naledi is verwant aan die ________.
4.4 Navorsers dink dit is ’n voorbeeld van ’n ________ wat hul dooies begrawe het.
5. Lees paragraaf 1 en 2 weer. Watter woordsoorte is die volgende? Skryf die woorde met jou antwoord langsaan neer.
5.1 Taung
5.4 ons
5.2 moderne 5.5 en
5.3 die
Kyk altyd mooi na die vraagnommer.
Handleiding 2/4
6. Skryf die sin oor, en onderstreep die bywoord: Hierdie fossiel is bewyse dat die vroeë mens regop geloop het.
7. Waarom is daar ’n koppelteken in die woorde?
7.1 Taung-kind
7.2 Suid-Afrika
Kyk weer in les 3 vir inligting oor die koppelteken.
8. Waarvoor staan die afkortings soos dit in die teks gebruik word?
8.1 prof.
8.2 dr.
8.3 m
’n Afkorting is ’n verkorte weergawe van ’n woord of woordgroep. Jy leer meer in les 15 daaroor.
Bonus: Waarom is daar nie ’n punt ná die afkorting in vraag 8.3 nie?
9. Gee twee byvoeglike naamwoorde wat die pad tot in die Dinaledi-grotkamer beskryf.
10. Pas die woorde by die regte antoniem in die blokkie. Skryf al twee woorde neer. die minste vroeër outyds uitgang horisontaal ander
10.1 modern 10.4 later
10.2 die meeste 10.5 ingang
10.3 dieselfde 10.6 vertikaal
Bonus: Gee ’n sinoniem van “ontdek” uit die teks.
SAMPLE
11. Wat is die stamme van die woorde? Skryf die woorde in jou werkboek met die stamme langsaan.
11.1 grotkamer =
11.3 stukkie = 11.2 vernoem = 11.4 volledigste =
12. Daar is een woord met ’n kappie en een woord met ’n deelteken in die teks. Skryf die twee woorde neer, en verdeel dit in lettergrepe.
Bonus: Wat noem ons woorde wat dieselfde klink, maar verskillend gespel word, soos “fonds” en “vonds”? (Jy leer later in die les daaroor.)
• ’n Volledige gids wat alle tekste vir begripstoetse, asook luister- en leesvaardighede bevat.
• Omvattende verduidelikings van taalbegrippe wat maklik is om te verstaan.
• Stap-vir-stap-riglyne om lesse aan te bied.
• ’n Verskeidenheid prettige en praktiese aktiwiteite wat leerders betrek en help om taalbegrippe vas te lê en in te oefen.
• Interessante temas wat op graad 4’s se algemene kennis fokus en hulle nuuskierigheid oor die wêreld aanwakker.
• Moedig onafhanklike denke aan en ontwikkel redeneervermoë.
• Geskik vir leerders op alle vlakke.
• Gebruik in die klaskamer of tuis.
home classroom college workplace