Graad 4 • Handleiding 3/4 Afrikaans Huistaal

Page 1


Intermediêre Fase

Graad 4 • Handleiding 3/4

Afrikaans Huistaal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Handleiding 3/4

Graad 4

Aangepas vir KABV
L van Niekerk

Leselemente

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

DEFINIEER

Definisies van sommige begrippe.

BELANGRIK

Belangrike aspekte om van kennis te neem.

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

SAMPLE

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

Jaarplan

LES 1: Tussen die boekrakke

LES 2: Drup, drup ... droog

1

LES 3: Stories van ouds

LES 4: Van spens tot pens

LES 5: Wilde wonders

LES 6: Feite van die verlede

LES 7: Toor met jou dade

2

LES 8: Haastige hond verbrand sy mond

LES 9: Deur die teleskoop se lens

3

LES 10: Op die sportveld

LES 11: Boomloos, dakloos, weerloos

LES 12: Ogies deur die blare

LES 13: As die weer dreun ...

LES 14: Op die planke

4 LES 15: Staan op teen boelies en bullebakke

LES 16: Jou tuiste, jou trots!

LES 17: Vertel om te verkoop

LES 18: Droom groot

Elke eenheid (elke kwartaal) is in ’n aparte boek.

– 4

– 6

– 8

– 10

– 4

Hallo! My naam is Zak. Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!

• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.

• Doen altyd jou huiswerk.

• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.

• Lees soveel as wat jy kan.

• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.

Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!

• Z is vir Zackie-reeks – Jaco Jacobs

• Haasdas se nuuskas-reeks – Louise Smit

• Flippie word ’n vlieg – Fanie Viljoen

• Vakansiepret-reeks – Theresa van Baalen

• Zinzi en Saffraan-reeks – Asia Citro

• Liewe Heksie-reeks – Verna Vels

SAMPLE

• Die groot koelte – Leon de Villiers

• Die tandeterroris – David Walliams

• Hoe om jou draak te tem-reeks – Cressida Cowell

• Speurder Kwaaikofski-reeks – Jürgen Banscherus

• Pieksel – Fanie Viljoen

• Ouma is ’n kroek! – David Walliams

Gaan snuffel rond tussen die boekrakke van die biblioteek of die naaste boekwinkel! Kyk gerus na ander boeke deur hierdie skrywers en sommer na enige boek op die rak!

EENHEID 3: Week 1 – 2

Les 10:

Op die sportveld

Leerdoelwitte

In hierdie les gaan jy:

• na ’n vertelling luister en dit bespreek

• aan ’n bespreking deelneem

• hardop lees

• na instruksies luister en dit volg

• ’n taalspeletjie speel

• ’n biografie, ’n inligtingsteks en dagboekinskrywings lees

• ’n inligtingsteks lees

• ’n dagboekinskrywing skryf

• ’n biografie, ’n opstel en boodskappe skryf

• afleidings en samestellings oefen

• sinonieme, antonieme, homonieme en homofone oefen

• woordsoorte oefen

• letterlike en figuurlike taalgebruik oefen

• oefen om sinne in die verskillende tydsvorme te skryf

• oefen om leestekens en skryftekens op die regte plekke te gebruik

• hersiening oor taalwerk doen

AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 237: Luister na ’n vertelling

Interessante feit: Stoei is ’n sport wat jou fisiese krag toets. Toonstoei toets die krag wat daar in jou tone sit! Dit werk baie soos armdruk, en daar is ’n paar rondtes waarin opponente hul linkertone stoei en dan hul regtertone stoei. Lyk dit na pret?

Hou jy van sport? Neem jy graag deel aan sport?

Luister na die fasiliteerder se instruksies, en kyk of jy die gebeure in die scenario’s in die regte volgorde kan sit.

Kyk na die prentjie op die vorige bladsy. Watter sport speel hulle? Watter spelers is in dieselfde span, en hoe weet jy dit?

Luister dan na die vertelling wat die fasiliteerder lees, en gesels saam.

1. Aan watter sportsoort neem die seuns in die vertelling deel?

2. Die vertelling word uit iemand se oogpunt vertel soos hy/sy dit ervaar het. Wie is die verteller?

SAMPLE

3. Sê kortliks wat in die vertelling gebeur.

4. Hoe word die grasveld beskryf?

5. Die verteller sê: “My asem blaas vinnig en warm. My bors brand.” Waarom dink jy is die verteller so uitasem?

6. Lees die sin: “Net betyds, voordat die bal oor die kantlyn rol, gaps ek dit voor die ander span se vleuel weg.” Wat lei jy af beteken “betyds”?

7. Wie slaan ’n doel “soos ’n foutlose dansroetine wat oor en oor geoefen is”?

8. Watter twee emosies sien die verteller op Hendri se gesig?

9. Waarom voel Hendri so?

10. Watter alledaagse probleem kom in die vertelling voor? Voltooi die sin met die regte woorde: Party druk hulle kinders om die te wees.

11. Ondersteun Alex en Jason se ouers hulle? Hoe weet jy dit?

12. Dink jy Hendri se ouers is trots op hom? Waarom of waarom nie?

13. As jy aan die titel van die vertelling dink, watter les kan ons uit die vertelling leer?

Aktiwiteit 238: Neem deel aan ’n bespreking

Gesels saam oor die volgende. Praat duidelik, en gee ander leerders kans om te praat. Luister mooi na wat die ander leerders sê sodat jy kommentaar kan lewer en lekker kan saam gesels.

• Van watter sportsoorte hou jy?

• Neem jy deel aan sport, of hou jy net daarvan om daarna te kyk?

• Het jy ’n sportheld?

• Dink jy dit is nodig om aan sport deel te neem?

• Watter voordele is daar om aan sport deel te neem?

Teken ’n tabel met twee kolomme in jou werkboek, met die opskrifte

“Voordele” en “Nadele”. Luister mooi na die sinne wat die fasiliteerder lees, en skryf dit in die regte kolom neer.

Aktiwiteit 239: Lees hardop

Lees die volgende paragraaf uit die vertelling “Jou beste is goed genoeg” hardop, sonder om te oefen. Die fasiliteerder gaan vir jou sê hoe jy gelees het.

1 – glad nie 2 – kan verbeter 3 – soms 4 – meestal 5 – uitstekend

Kriteria

Het jy die woorde reg uitgespreek?

Het jy vlot en met gevoel gelees?

Het jy die leestekens gehoorsaam?

|

|

|

|

|

|

|

|

|

| 3 | 4 | 5

Het jy teen die regte tempo gelees? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Het jy oogkontak met die gehoor gemaak? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Ek vleg die bal tussen die teenstanders se stokke en bene deur. Dit voel of al elf spelers van die ander span, tot die doelwagter met die helder oranje klere, op my is. “Alex!” Ek kyk op. Jason staan oorkant met niemand naby hom nie. Van daar af is die pad doelhok toe wawyd oop. Sonder om te huiwer, slaan ek die bal so hard as wat ek kan na Jason toe. Soos ’n foutlose dansroetine wat oor en oor geoefen is, ontvang Jason die bal en dryf dit doelhok toe. Die paar sekondes se vinnige aksie voel of dit stadig afspeel ... Die toeskouers kyk almal vir Jason en die bal wat soos ’n wit weerligstraal in die rigting van die doelhok snel. Die ander span se verdedigers is terug op hul pos en probeer om die bal te keer, maar die blitsige bal mis hul stokke en skiet doelhok toe. Die doelwagter skop na regs om die bal te probeer keer, maar ... dwa! weerklink dit teen die agterkant van die doelhok.

Woordeskat teenstanders (ook teëstanders): die span teen wie jy speel huiwer: nie kan besluit of jy iets moet doen nie, onseker

Aktiwiteit 240: Luister na en volg instruksies

Jy gaan jou eie tafelsokkerveld maak! Luister na die fasiliteerder se instruksies. Jy het die volgende nodig:

SAMPLE

Benodighede groot, harde karton of dun stuk hout (A3 of groter) groen vilt of stuk materiaal (dieselfde grootte as die karton) 1 reghoekige margarienbakkie (of soortgelyke houer) gom mes wit kleeflint (sellotape) ’n klein stukkie koerantpapier strooitjies (een vir elke speler) Is daar strooitjies by die huis wat van wegneemetes oorgebly het? Gebruik dit eerder as om strooitjies te koop.

Aktiwiteit 241: Speel ’n taalspeletjie

Kan jy die name van die sportsoorte op die volgende bladsy voltooi? Gebruik die leidrade om jou te help.

Leidraad

Sportsoort

1. Dit word met ’n kolf en ’n bal gespeel. kr k t

2. Twee of vier spelers wat ’n bal met rakette heen en weer oor ’n net slaan. e i

3. Dit sluit hardloop en velditems soos spiesgooi in. at et k

4. Elf spelers speel aan ’n kant, elkeen met ’n stok, wat probeer om ’n harde wit bal in die doelhok in te slaan. kk

5. Sewe spelers in ’n span gooi die bal vir mekaar en teken doele aan deur die bal deur die ring te gooi. n l

6. Die gewildste sportsoort in die wêreld, waarin elf spelers in ’n span die bal vir mekaar skop om doele aan te teken. s k

7. Ry op ’n toestel met twee wiele van die beginpunt tot eindpunt. f t r

8. Die sport word in water beoefen. Tatjana Schoenmaker het ’n goue medalje vir Suid-Afrika by 2021 se Olimpiese Spele gewen. m

9. Dit word op ’n mooi groen baan gespeel en spelers gebruik verskillende stokke om ’n klein wit balletjie te slaan. g ol

10. Dit word op water in ’n spesiale soort platterige boot beoefen. k no a r

11. Mense dink dalk nie dat dit ’n sport is nie. Twee spelers speel elk met 16 stukke teen mekaar op ’n bord met 64 swart en wit blokke. k k

12. Deelnemers vaar oor die water in ’n boot met seile. s lv t

13. ’n Spesiale plank word gebruik om oor groot branders te ry. Jeffreysbaai is ’n gewilde plek hiervoor. and rp kry

SAMPLE

14. ’n Span sit in ’n spesiale soort boot en moet by die eindpunt uitkom deur die boot met spane te beweeg. r i

15. ’n Sportsoort waarin verskeie bewegings gedoen word, met of sonder apparaat, soos ’n balanseerbalk. g n iek

16. Spelers slaan ’n bal oor ’n net vir mekaar deur net hul hande te gebruik. vl g l

17. ’n Spesiale plank met wieletjies waarmee toertjies gedoen word. s aatsp nkry

18. Jy beweeg oor sneeu op twee lang, smal planke. Daar is baie verskillende soorte, soos om teen ’n helling af te gaan en toertjies te doen. s

Soek die woorde in die blok op die volgende bladsy. Die woorde loop van links na regs, regs na links, bo na onder, onder na bo, en diagonaal (skuins) in alle rigtings. Gebruik ’n liniaal om skuins woorde makliker te vind.

AFDELING 2 LEES EN KYK

Aktiwiteit 242: Lees ’n biografie

SAMPLE

Weet jy wat ’n biografie is? Dit is ’n beskrywing van iemand se lewe, gewoonlik in boekvorm. ’n Biografie word nie geskryf deur die persoon oor wie dit gaan nie. As jy ’n boek oor jou eie lewe skryf, is dit ’n outobiografie.

Lees die eerste sin van die biografie op die volgende bladsy. Kan jy raai oor wie die biografie gaan as jy net die eerste sin lees?

Gaan eers deur die woordeskat (wat ná die biografie volg) voordat jy die biografie lees.

• As jy sukkel om ’n woord uit te spreek, verdeel dit in lettergrepe, of breek die samestelling op.

• “Legio” word uitgespreek as “lee-gie-joe”.

Die klein meester met ’n legio rekords

Hy word beskou as die beste krieketkolwer in die geskiedenis van die sport. Hy kraai koning met talle rekords – die meeste toetslopies (15 921), die meeste lopies in eendagkrieket (18 426), die eerste persoon wat ’n dubbelhonderdtal (200 lopies) in ’n eendagwedstryd aangeteken het, die meeste honderdtalle in toetskrieket (51), om net ’n paar te noem.

Die begin

Sachin Tendulkar is op 24 April 1973 in Moembai, Indië gebore. Die “klein meester”, een van sy noemname, het begin krieket speel toe hy elf was. As tiener wys hy dat hy nog baie gaan bereik. Tydens ’n eersteklaswedstryd op 15-jarige ouderdom word hy die eerste jong Indiese speler wat ’n honderdtal (100 lopies) in ’n wedstryd slaan. In November 1989 speel hy as 16-jarige die eerste keer in Indië se nasionale span.

Sy internasionale loopbaan

Tendulkar is nog altyd toegewy aan krieket. As 18-jarige teken hy twee honderdtalle teen die gevreesde Australië aan. In 1996, op 23-jarige ouderdom, word hy kaptein van die Indiese krieketspan. Hoewel Indië in die halfeindstryd van die Krieketwêreldbeker uitgeval het, het Tendulkar die meeste lopies in die toernooi aangeteken (523 lopies). In 2003 se Wêreldbeker in Suid-Afrika word Tendulkar as speler van die toernooi aangewys, met ’n gemiddeld van 60.2 lopies.

SAMPLE

Gebore: 24 April 1973

Lengte: 1,65 m

Noemname: Die klein meester, Little Master, Master Blaster

dubbelhonderdtal ooit. In dieselfde jaar word hy as die Internasionale Krieketraad (IKR) se Krieketspeler van die Jaar aangewys. In Maart 2012 slaan hy sy honderdste internasionale honderdtal. Die meester speel sy 200ste en laaste wedstryd vir Indië op 16 November 2013 en tree daarna uit sy merkwaardige krieketloopbaan van 24 jaar.

Al speel hy nie meer krieket nie, sal Tendulkar aanhou om ’n held en rolmodel vir ander spelers wêreldwyd te wees, en sal hy as een van die sport se beste kolwers onthou word.

Die meester

Die volgende paar jaar word Tendulkar se naam verder in die geskiedenisboeke opgeskryf met talle rekords. In 2005 word hy die eerste speler wat 35 honderdtalle in toetskrieket aanteken, in ’n totaal van 125 wedstryde. In Junie 2007 bereik hy nog ’n mylpaal toe hy 15 000 lopies in eendagkrieket (ODI) slaan, en in November 2011 is hy die eerste kolwer wat dieselfde getal lopies in toetskrieket aanteken. In Februarie 2010 in ’n toetswedstryd teen Suid-Afrika, slaan hy die eerste

Tendulkar slaan die bal in ’n toetswedstryd teen Australië in 2010, waarin hy 214 lopies in die eerste beurt aangeteken het.

meester: as jy uitstekend in iets is, is jy ’n meester legio: ontelbaar baie

beskou: gesien as, mense dink hy is die beste krieketkolwer kraai koning (uitdrukking): iemand wat baas speel, maar hier beteken dit hy is die beste honderdtalle: ’n honderdtal is 100 lopies noemname: ’n noemnaam is wat mense soos jou familie en vriende jou noem toegewy: die meeste van jou tyd, krag en energie aan iets bestee gevreesde: die deelwoord wat beteken iets word gevrees, mense is bang daarvoor halfeindstryd: ’n eindstryd is die finale wedstryd van ’n toernooi, so ’n halfeindstryd is die twee wedstryde wat bepaal wie in die eindstryd gaan speel in die geskiedenisboeke opgeskryf (uitdrukking): iets of iemand wat onthou sal word mylpaal: belangrike gebeurtenis in ’n mens se lewe tree uit (uittree): ophou werk, hy het opgehou om krieket te speel merkwaardige: as iets “merkwaardig” is, is dit baie belangrik en iets om van kennis te neem rolmodel: iemand na wie jy opkyk, soos wie jy graag wil wees, omdat jy die persoon bewonder

Gesels saam oor die biografie. Jy kan later die antwoorde in jou werkboek skryf.

1. Waarom word ’n biografie oor iemand geskryf?

2. Watter sport het Tendulkar beoefen?

3. Hoe oud was hy toe hy begin krieket speel het?

4. Waarom sal iemand juis sy biografie wil lees?

5. Is ’n biografie iets wat ’n mens oor hom- of haarself skryf, of skryf iemand anders dit?

SAMPLE

6. Lees weer die inleiding van die biografie. Hoe probeer die skrywer die leser se aandag trek?

7. In paragraaf 3 staan dat hy nog altyd aan krieket toegewy was. Watter bewyse uit die teks kan jy gee om te wys dat die stelling waar is? Wenk: Hoe oud was hy toe hy begin krieket speel het?

8. Waarom sê die skrywer dat Tendulkar ’n held en rolmodel vir ander spelers is?

9. Hoe dink jy voel die skrywer oor Tendulkar? Watter woorde dui dit aan?

10. Teken die tydlyn oor Tendulkar se lewe en prestasies op die volgende bladsy in jou werkboek. Gebruik die inligting in die biografie om die inligting op die tydlyn te voltooi. Kan jy die datums (jare) uitwerk wat nie in die biografie gegee word nie? Wenk: Gebruik sy geboortedatum en ouderdomme om die ontbrekende jaartalle in te vul.

1973

Gebore in Moembai, Indië, 24 April.

Begin krieket speel.

Die jong Indiese speler om ’n aan te teken.

Speel sy eerste wedstryd vir Indië se nasionale span.

Word van die krieketspan.

Aangewys as die van die 2003

2007

Behaal lopies in eendagkrieket.

Teken die eerste aan.

Word aangewys as die IKR se Speler van die Jaar.

Behaal 15 000 lopies in toetskrieket

2012

SAMPLE

Slaan sy internasionale honderdtal.

Speel sy en laaste wedstryd.

Vir die nuuskieriges: Het jy ’n sportheld? Watter sportspeler is jou gunsteling? Doen navorsing oor die persoon en maak ’n plakkaat om vir die klas te wys. Jy kan ook ’n tydlyn van die persoon se lewe op die plakkaat sit, of die hele plakkaat kan ’n groot tydlyn wees.

Aktiwiteit 243: Beantwoord vrae

Lees weer die biografie oor Sachin Tendulkar voordat jy die vrae in jou werkboek beantwoord.

1. Wat is die verskil tussen ’n biografie en ’n outobiografie? Voltooi die sinne:

a) ’n Biografie gaan oor iemand se en word deur geskryf.

b) ’n gaan oor iemand se lewe, en die persoon skryf dit .

2. Voltooi die sin met die regte woorde (wat met w begin): ’n Biografie noem gewoonlik en ’n persoon gebore is.

3. Verduidelik in jou eie woorde wat “met ’n legio rekords” in die titel beteken.

4. Waarom dink jy is daar opskrifte in hierdie biografie?

5. Soeklees die biografie. Is die stellings waar of onwaar? Skryf “waar” of “onwaar”, en gee ’n rede vir jou antwoord.

5.1 Sachin Tendulkar is in Pakistan gebore.

5.2 Tendulkar is die eerste kolwer ooit wat ’n dubbelhondertal (100 lopies) in ’n wedstryd geslaan het.

6. Voltooi die sin met die regte deelwoord uit die teks: Tendulkar het twee honderdtalle teen die (vrees) Australië aangeteken toe hy 18 jaar oud was.

7. Gee sinonieme uit die teks van:

7.1 baie (soek in die inleiding)

7.2 bynaam (soek in paragraaf 2)

7.3 indrukwekkend (soek in die tweede laaste paragraaf)

8. Watter twee woorde is saamgevoeg om die samestellings te vorm?

8.1 krieketkolwer =

8.2 toetslopies =

8.3 noemname =

8.4 elfjarige =

SAMPLE

8.5 toetswedstryd =

Tendulkar tydens ’n toets teen Australië in 2008.

Kyk mooi: Jy moet die woorde gee, nie die stamme nie.

9. Waarom is daar ’n koppelteken in die volgende woorde?

9.1 18-jarige

9.2 Wes-Indiese

10. Skryf die sin in die ontkennende vorm: Tendulkar sal altyd as een van die beste krieketkolwers onthou word.

Bonus

• As die eindstryd die laaste wedstryd van die toernooi is, wat dink jy is die halfeindstryd?

• Voltooi die vaste verbinding met die regte voorsetsel: As jy ophou werk, tree jy jou beroep.

Aktiwiteit 244: Afleidings en samestellings

Omkring die voorvoegsel in die woorde: outobiografie outografeer outomaties

Weet jy wat hierdie woorde beteken? Soek dit in die woordeboek as jy nie weet nie.

Watter woord in al die definisies hier onder sê wat die voorvoegsel outo- beteken? Omkring die woord in al die definisies.

• Outobiografie – ’n boek wat ’n persoon self oor sy/haar eie lewe skryf

• Outografeer – self skryf

• Outomaties – wat self werk, wat vanself gebeur, sonder om daaroor te dink

Beantwoord die vrae in jou werkboek.

1. Is die woorde samestellings of afleidings?

Skryf die woord met jou antwoord langsaan neer.

1.1 krieketkolf 1.5 wedstryde

Kyk altyd mooi na die vraagnommer.

1.2 kolwer 1.6 eersteklaswedstryd

1.3 sportsoort 1.7 wêreldbeker

1.4 noemnaam 1.8 lopies

SAMPLE

2. Wat is die stamme van die woorde?

2.1 noemnaam =

2.2 skrywer =

2.3 krieketballe =

2.4 halfeindstryd =

2.5 geskiedenisboek =

2.6 toetskrieket =

• ’n Volledige gids wat alle tekste vir begripstoetse, asook luister- en leesvaardighede bevat.

• Omvattende verduidelikings van taalbegrippe wat maklik is om te verstaan.

• Stap-vir-stap-riglyne om lesse aan te bied.

• ’n Verskeidenheid prettige en praktiese aktiwiteite wat leerders betrek en help om taalbegrippe vas te lê en in te oefen.

• Interessante temas wat op graad 4’s se algemene kennis fokus en hulle nuuskierigheid oor die wêreld aanwakker.

• Moedig onafhanklike denke aan en ontwikkel redeneervermoë.

• Geskik vir leerders op alle vlakke.

• Gebruik in die klaskamer of tuis.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.