Intermediêre Fase
Graad 4 • Handleiding 4/4
Graad 4 • Handleiding 4/4
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Handleiding 4/4
2304-A-AHT-SG04
LEERDOELWITTE
Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.
WOORDESKAT
Betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DEFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.
LES 1: Tussen die boekrakke
LES 2: Drup, drup ... droog
1
LES 3: Stories van ouds
LES 4: Van spens tot pens
LES 5: Wilde wonders
LES 6: Feite van die verlede
LES 7: Toor met jou dade
2
LES 8: Haastige hond verbrand sy mond
LES 9: Deur die teleskoop se lens
3
LES 10: Op die sportveld
LES 11: Boomloos, dakloos, weerloos
LES 12: Ogies deur die blare
LES 13: As die weer dreun ...
LES 14: Op die planke
4 LES 15: Staan op teen boelies en bullebakke
LES 16: Jou tuiste, jou trots!
LES 17: Vertel om te verkoop
LES 18: Droom groot
Elke eenheid (elke kwartaal) is in ’n aparte boek.
– 4
– 6
– 8
– 10
– 4
–
Hallo! My naam is Zak. Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!
• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.
• Doen altyd jou huiswerk.
• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.
• Lees soveel as wat jy kan.
• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.
Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!
• Z is vir Zackie-reeks – Jaco Jacobs
• Haasdas se nuuskas-reeks – Louise Smit
• Flippie word ’n vlieg – Fanie Viljoen
• Vakansiepret-reeks – Theresa van Baalen
• Zinzi en Saffraan-reeks – Asia Citro
• Liewe Heksie-reeks – Verna Vels
• Die groot koelte – Leon de Villiers
• Die tandeterroris – David Walliams
• Hoe om jou draak te tem-reeks – Cressida Cowell
• Speurder Kwaaikofski-reeks – Jürgen Banscherus
• Pieksel – Fanie Viljoen
• Ouma is ’n kroek! – David Walliams
Gaan snuffel rond tussen die boekrakke van die biblioteek of die naaste boekwinkel! Kyk gerus na ander boeke deur hierdie skrywers en sommer na enige boek op die rak!
Leerdoelwitte
In hierdie les gaan jy:
• na ’n storie luister en dit bespreek
• aan ’n debat deelneem
• hardop lees en ’n taalspeletjie speel
• stories lees en vrae daaroor beantwoord
• dagboekinskrywings lees en op jou eie lees
• ’n storie, ’n dialoog, dagboekinskrywings en ’n opsomming skryf
• leer oor woorde wat vir ’n omskrywing gebruik kan word
• woordvorming oefen
• woordsoorte, sinsoorte en die woordorde in sinne oefen
• oefen om tussen die direkte en indirekte rede om te skakel
• oefen om sinne in die lydende vorm te skryf
• enkelvoudige en veelvoudige sinne oefen
• oefen om sinne in die ontkennende vorm te skryf
•
•
Aktiwiteit 362: Luister na ’n artikel
Interessante feit: Enige iemand kan ’n boelie se slagoffer wees. Net so kan enige iemand ’n boelie wees. Moet nooit bang wees om vir ’n grootmens te vertel as jy geboelie word of as jy dink iemand anders word geboelie nie.
Die onderwerp van hierdie les is boelies. Gesels saam.
• Wat is ’n boelie?
• Watter soorte boeliery kry ons?
• Is jy dalk al geboelie? Wat het gebeur?
• Het jy al gesien dat iemand geboelie word?
• Wat moet jy doen as jy geboelie word?
• Wat is die gevolge daarvan as iemand geboelie word?
Kyk na die prentjie op die vorige bladsy. Op watter maniere word daar geboelie?
Luister na die artikel wat die fasiliteerder lees en voltooi die volgende inligting.
Wat is ’n boelie? Is dit reg as iemand jou boelie?
Ja / Nee
Noem die vier maniere van boelie.
Wat kan jy doen as jy geboelie word?
Lees die scenario’s van mense wat geboelie word. Watter soort boelie kom in elke scenario voor?
1. Iemand noem Selina name en spot haar omdat sy ’n bril dra.
2. Shani terg vir Lettie en trek haar hare. Een pouse terwyl Lettie en haar maats ’n bal vir mekaar gooi, steek Shani haar been uit, en Lettie val hard op die grond neer.
5. Tydens rugbyoefening sê die afrigter dat Jackson nie goed genoeg is nie, en net Jackson moet ’n ekstra keer om die veld draf terwyl die res van die span kan rus.
3. Jou maatjie is lelik met Ntombi, wat in graad 3 is. Ntombi kry elke dag baie snoepiegeld. Jou maatjie keer Ntombi elke dag voor en sê: “Gee my jou snoepiegeld, of jy gaan spyt wees!”
4. Hanli het nie goed gevaar in die klastoets nie en sukkel met breuke. Die juffrou skree op haar voor die res van die klas en verneder haar.
Aktiwiteit 363: Neem deel aan ’n debat
6. Adriaan is nuut in die skool. ’n Groep kinders versprei skinderstories oor Adriaan, en almal loop draaie om hom. Niemand wil saam met hom speel nie.
7. Jy kry SMS’e van iemand wat jou name noem en dreig om “jou groot geheim” vir almal te vertel.
8. Clement is in graad 4, en sy boetie is in graad 7. Sy boetie knyp hom soms of slaan hom hard op die arm. Sy boetie sê dis net pret, maar Clement kry seer en hy hou nie daarvan nie.
Jy gaan aan ’n debat deelneem. ’n Debat is ’n bespreking oor ’n onderwerp waarin mense verskillende standpunte gee (sê hoe hulle oor die onderwerp voel).
Luister na die fasiliteerder se instruksies en debatteer saam.
Lees die teks hardop sonder om te oefen. Die fasiliteerder gaan terugvoer gee.
Kriteria
Het jy die woorde reg uitgespreek?
| 2 | 3 | 4 | 5
Het jy vlot en met gevoel gelees? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Het jy die leestekens gehoorsaam? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Het jy teen die regte tempo gelees? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Het jy oogkontak met die gehoor gemaak? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Waarom boelie boelies?
Daar is verskeie redes waarom mense boelies is. Soms word iemand groot in ’n omgewing waar daar geboelie word. Dit beteken dat hulle die gedrag by die huis sien of ervaar, en dalk dink dit is die regte ding om te doen. Hulle word dalk byvoorbeeld deur ’n ouer of ’n boetie of sussie geboelie. Party mense is boelies om hulself te beskerm, dalk juis omdat hulle by die huis geboelie word. Sodoende probeer ’n boelie dalk ook wys dat hy of sy mag het.
Party mense boelie omdat hulle nie weet hoe om hul eie of ander se gevoelens te hanteer nie. Soms is iemand ’n boelie omdat hulle belangrik of gewild wil voel, of selfs omdat hulle jaloers op hulle slagoffer is. Soms is boelies eensaam en boelie hulle om aandag te kry, wat kan beteken dat die boelie se gevoel van eiewaarde baie swak is.
Woordeskat
eiewaarde: dit wat jy van jouself dink, die waarde wat jy aan jouself koppel
Aktiwiteit 365: Speel ’n taalspeletjie
Luister na die fasiliteerder se instruksies en speel saam.
Bonus: Wat is die verskil tussen “alleen” en “eensaam”?
Aktiwiteit 366: Lees ’n storie
Weet jy wat die idioom “’n geel baadjie dra” beteken?
Lees die storie “Die boelie met die geel baadjie” op jou eie.
• As jy sukkel om ’n woord uit te spreek, verdeel dit in lettergrepe.
• Die woord g’n word uitgespreek as “gin”. Die afkappingsteken dui aan dat letters weggelaat is. Die woord is eintlik “geen”.
Die boelie met die geel baadjie
“Dink julle sy’t vanoggend ’n borsel deur haar hare getrek? Lyk nie so nie ...” “Hoekom is daar altyd ’n boek in haar hand? Ou bleeksiel ...”
Bianca sug terwyl sy haar tas neersit. Dink hulle sy hoor nie hoe hulle oor haar skinder nie? Sy probeer haar nie daaraan steur nie, maar daar is altyd iets waaroor hulle fluister as sy verbyloop.
“Haai, Banksie, en as jy so sug?” Joanie is een van min meisies in die klas wat nie lelik met Bianca is nie. “Is dit oor gister se Wiskundetoets? Jy hoef mos nie bekommerd te wees nie!”
Bianca probeer om nie te wys dat die skinderstories haar pla nie, maar die trane sit skielik vlak in haar oë. “Hoekom skinder hulle oor my? Ek’t niks aan hulle gedoen nie.”
Joanie glimlag bemoedigend terwyl sy ’n snesie vir Bianca gee. “Dis nie maklik nie, ek weet. Hulle het net niks beter om te doen nie, en hulle is jaloers omdat jy so slim is. Clarissa was altyd nommer een in die klas totdat jy gewys het wat slim regtig beteken! En sy’s nie meer juffrou Arendse se gunsteling nie. Mense hou nie daarvan om onttroon te word nie ...”
In die klas deel juffrou Arendse hulle toetse uit. Sy sit Bianca se toets op haar tafel neer. “Uitstekend, hoor! Kom gesels later met my, daar’s ’n kompetisie waaraan jy moet deelneem.”
Die glimlag op Bianca se gesig voel skoon vreemd. Saam met die opgewondenheid voel sy ook iets anders. Sy kyk op en sien hoe Clarissa haar aangluur. Vir ’n oomblik hou Clarissa aan om vir Bianca te kyk, voordat sy met ’n sluwe glimlag wegdraai.
Trrrrieng! Bianca en Joanie loop by die klas uit. “Lekker witbroodjie, nè.” Clarissa leun teen die muur, asof sy en haar maats vir hulle gewag het. Haar stem is vol haat en jaloesie. “Dit pas so mooi by jou bleeksiel-vel.” Haar maats en van die kinders wat staan en kyk, giggel.
Joanie het genoeg gehad. “Ag, Clarissa, hou op om so jaloers te wees, toe? Dis vieslik. Daai geel baadjie wat jy aanhet is lankal uit die mode, nes jy, jou boelie!”
Dit lyk of die kraaie Clarissa se kos afgeneem het. “Ek’s g’n boelie nie!”
“Natuurlik is jy. As jy die hele tyd oor iemand skinder en hulle name noem, is jy niks anders as ’n boelie nie!”
Joanie vat Bianca aan die arm en hulle loop weg.
“Dankie! Ek wens net ek kon teen haar opstaan.”
“Ag, dis niks. Die meeste van die tyd help dit om hulle net te ignoreer. Ek moes eintlik niks oor die geel baadjie gesê het nie,” lag Joanie, “ek weet ’n mens moenie terugboelie nie, maar dalk besef sy nou dat sy nie meer so belangrik is nie ...”
Woordeskat
bleeksiel: ’n neerhalende woord vir iemand wat oninteressant of vaal is (nerd in Engels) sug: as jy hard uitasem dat ’n mens dit kan hoor, veral as jy moeg of terneergedruk is, of as ’n mens verlig voel skinder: oor iemand agter sy/haar rug praat, om (dikwels) onwaar stories oor iemand te versprei die trane sit vlak in haar oë: haar oë is vol trane, asof sy gaan begin huil bemoedigend: om iemand moed in te praat snesie: ’n sakdoek van dun papier, sneesdoekie (tissue in Engels) onttroon: uit ’n posisie van gesag of aansien verwyder, in die storie beteken dit dat Clarissa figuurlik op die “troon” gesit het omdat sy die slimste in die klas was, maar nou is Bianca die slimste in die klas, en Clarissa is nie meer op die “troon” nie aangluur: iemand aankyk asof jy kwaai is sluwe: slim op ’n skelm manier (verbuiging van “slu”) witbroodjie (figuurlik): as jy die witbroodjie is, is jy die gunsteling, witbroodjies word soms voorgetrek
jaloesie: om jaloers te wees, om kwaad of ongelukkig te wees oor iets wat iemand anders het wat jy graag wil hê geel baadjie aanhê/dra (idioom): om jaloers te wees uit die mode (uitdrukking): as iets uit die mode is, beteken dit dat dit nie meer gewild is nie lyk of die kraaie jou kos afgeneem het: hartseer, bek-af of verleë lyk ignoreer: om geen aandag aan iets of iemand te gee nie
Gesels saam oor die storie. Jy kan die antwoorde later in jou werkboek skryf.
1. Som die storie in een sin op.
2. Oor watter sosiale kwessie gaan die storie?
3. Kyk na die inleiding van die storie.
3.1 Wie dink jy sê die woorde?
3.2 Waarom dink jy begin die storie met hierdie woorde?
4. Op watter maniere boelie Clarissa en haar maats vir Bianca?
5. Watter soort boelie vind in die storie plaas? Kies uit die blokkie. fisies verbaal emosioneel/sosiaal kuberafknouery
6. Wat is die oorsaak dat Bianca geboelie word?
7. Clarissa boelie vir Bianca omdat sy jaloers op Bianca is. Is dit reg dat Clarissa vir Bianca boelie omdat sy jaloers is? Verduidelik.
8. Wat doen Joanie om teen Clarissa op te staan?
9. Hoe voel die karakters? Lees die sinne, en pas die regte gevoel/emosie by elkeen.
9.1 “Bianca probeer om nie te wys dat die skinderstories haar pla nie, maar die trane sit skielik vlak in haar oë.” Bianca voel .
10. Hoe dink jy kon Bianca die situasie hanteer het? Wat kon sy doen om teen Clarissa en die boeliery op te staan? ongemaklik jaloers verleë hartseer
9.2 “Vir ’n oomblik hou Clarissa aan om vir Bianca te kyk, voordat sy met ’n geheimsinnige glimlag wegdraai.” Bianca voel
9.3 “Lekker witbroodjie, nè.” Clarissa is .
9.4 “Dit lyk of die kraaie Clarissa se kos afgeneem het.” Clarissa voel .
Bonus: Word die titel van die storie letterlik of figuurlik bedoel? Verduidelik.
Aktiwiteit 367: Beantwoord vrae
Lees die storie in die vorige aktiwiteit weer, en beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Waarom sug Bianca terwyl sy haar tas neersit?
2. Joanie sê dat Bianca nie oor gister se Wiskundetoets bekommerd moet wees nie. Waarom sê sy dit?
3. Lees die sin: “Bianca probeer om nie te wys dat die skinderstories haar pla nie, maar die trane sit skielik vlak in haar oë.” Kies die regte antwoord: Bianca probeer om nie te wys dat die skinderstories haar pla nie omdat _______.
a) sy moeg vir die skinderstories is b) sy nie wil hê dat Clarissa weet die skinderstories pla haar nie c) sy probeer inpas
4. Wat bedoel Joanie met haar woorde: “Mense hou nie daarvan om onttroon te word nie ...”?
5. Waarom dink jy voel die glimlag op Bianca se gesig “vreemd”?
6. Om watter rede gluur Clarissa vir Bianca aan? Voltooi die sinne: Clarissa gluur Bianca aan omdat sy is dat Bianca beter as sy presteer, en omdat Bianca nou juffrou Arendse se is. Ons kan aflei dat Clarissa vir Bianca geen gun nie (wat beteken dat sy nie wil hê dat Bianca enige geluk ervaar nie).
7. Wat beteken dit as Joanie sê dat Clarissa se geel baadjie lankal uit die mode is?
8. Dink jy dat Clarissa ’n les geleer het toe Joanie haar op haar plek gesit het? Watter idioom in die storie sê dit vir jou?
9. Watter klanknabootsende woord dui aan dat dit pouse is?
10. Watter woordsoort is “ag” in die sin: “Ag, Clarissa, hou op om so jaloers te wees, toe?”
Ons kan soms een woord gebruik om iets te beskryf. Daar is woorde vir tyd, mense en plekke. Byvoorbeeld iemand wat ander doelbewus seermaak, is ’n boelie.
Pas die woorde by die regte omskrywings.
saans paaiboelie vanoggend onderwyser leerder/ leerling
skrywer/outeur biblioteek boekwurm bank daagliks
1. ’n Kind wat skoolgaan
2. Iemand wat lesse in ’n vak vir skoolkinders aanbied
3. Elke dag
4. ’n Plek waar geld bewaar, uitbetaal en uitgeruil kan word
5. ’n Plek met baie boeke wat jy kan leen (uitneem)
6. Iemand wat baie daarvan hou om te lees
7. Iemand wat boeke skryf
8. Hierdie oggend
9. Iemand wat ander bang maak of afknou
10. In die aand
Woordeskat: Een woord vir ’n omskrywing
Jy hoef nie die woorde te leer nie. Jy ken van die woorde dalk reeds.
Ons kan soms een woord in plaas van baie woorde gebruik om iets te beskryf. Daar is woorde vir tyd, mense en plekke.
Jy sal nog baie sulke woorde teëkom as jy stories en boeke lees.
Tydwoorde daagliks – elke dag bedags – in die dag vandag – hierdie dag weekliks – elke week snags – in die nag môre – die volgende dag maandeliks – elke maand soggens – in die oggend gister – die vorige dag jaarliks – elke jaar saans – in die aand
Mense en beroepe
akteur/aktrise – iemand wat ’n karakter in ’n fliek, TV-reeks of toneel vertolk apteker – iemand wat opgelei is om met medisyne te werk en dit te verkoop, of die eienaar van ’n apteek boelie – iemand wat ander doelbewus en herhaaldelik seermaak bullebak – iemand wat ander mense seermaak of bangmaak digter – iemand wat gedigte skryf dokter – iemand wat opgelei is om siek mense te behandel dramaturg – iemand wat toneelstukke skryf joernalis – iemand wat berigte vir koerante/tydskrifte skryf leerder/leerling – iemand wat (op skool) geleer word leuenaar – iemand wat leuens vertel (jok) onderwyser – iemand wat lesse in vakke aanbied toeskouer – iemand wat na ’n wedstryd of opvoering kyk winkelier – iemand wat ’n winkel besit of bestuur
Daar is nog baie voorbeelde in die woordelyste.
Idiomatiese benamings vir mense agie – iemand wat baie nuuskierig is babbelkous – iemand wat onophoudelik praat bangbroek – iemand wat baie maklik bang word draadsitter – iemand wat nie kant kies nie gelukskind/geluksvoël – iemand wat baie goeie geluk het laatlammetjie – iemand wat baie lank ná sy/haar broers/susters gebore is nagwolf – iemand wat tot laat in die nag wakker bly staatmaker – iemand op wie jy kan staatmaak suurknol – iemand wat altyd lyk of hulle kwaai of onvriendelik is tronkvoël – iemand wat gereeld in die tronk is
Plekke apteek – ’n plek waar medisyne aangemaak en verkoop word bakkery – ’n plek waar brood, koek en ander goedere gebak en soms verkoop word bank – ’n plek waar geld bewaar, uitbetaal en uitgeruil word biblioteek – ’n gebou met boeke wat gebruik en uitgeneem kan word fabriek – ’n plek waar goedere op groot skaal vervaardig word hospitaal – ’n plek waar siek mense behandel word lughawe – ’n plek waar vliegtuie opstyg en land skool – ’n plek waar kinders tussen die ouderdom van 6 en 18 jaar skoolonderrig ontvang teater – ’n gebou waarin toneelstukke, musiekvertonings, ens. opgevoer word
Beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Watter woord kan ons vir die volgende gebruik?
toeris fabriek dramaturg joernalis
agie bakkery digter bank
1.1 Iemand wat toneelstukke skryf.
1.2 Iemand wat baie nuuskierig is.
1.3 Iemand wat berigte vir koerante en tydskrifte skryf.
1.4 Iemand wat gedigte skryf.
1.5 ’n Plek waar brood en koek gebak en verkoop word.
1.6 ’n Plek waar produkte vervaardig word.
1.7 Iemand wat vir plesier reis.
1.8 ’n Plek waar geld veilig gehou word.
2. Sorteer die woorde in die blokkies onder die regte opskrif. Soek die woorde in ’n woordeboek op as jy nie weet wat dit beteken nie. Op watter ander kreatiewe manier kan jy dit in jou werkboek skryf?
Mense en beroepe
Plekke
Tydwoorde
musikant lughawe teater suurknol
biblioteek soggens fotograaf museum vanmiddag bangbroek daagliks winkel
inwoner maandeliks bank vlieënier môre saans
Bonus: Hoe kan jy “bangbroek” afbreek as dit nie op een lyntjie inpas nie?
Aktiwiteit 369: Woordsoorte
Beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Lees die paragraaf, en identifiseer die woordsoorte. (Wees spesifiek.)
Bianca sug terwyl sy haar tas neersit. Dink hulle sy hoor nie hoe hulle oor haar skinder nie?
Sy probeer haar nie daaraan steur nie, maar daar is altyd iets waaroor hulle fluister as sy verbyloop.
1.1 Bianca 1.6 oor
1.2 terwyl 1.7 maar
1.3 haar 1.8 altyd
1.4 dink 1.9 iets
1.5 hulle 1.10 fluister
Kyk na die opsomming van die woordsoorte in die bylae om jou te help.
2. Skryf die sinne oor, en onderstreep die byvoeglike naamwoorde. Onthou, byvoeglike naamwoorde beskryf selfstandige naamwoorde. Soek eers die selfstandige naamwoorde en dan die woorde wat dit beskryf.
2.1 Die mislike boelie versprei stories wat onwaar is.
2.2 Bianca is slim en presteer beter as Clarissa.
2.3 Hulle noem haar lelike name.
2.4 ’n Boelie spot vir Bennie oor sy ou skooltas.
2.5 Joanie sê dat Clarissa ’n geel baadjie dra, wat figuurlike taalgebruik is.
3. Watter soort telwoorde is die vetgedrukte woorde?
3.1 Daar is baie boelies om ons.
3.2 Joanie staan op teen Clarissa en haar drie vriendinne.
3.3 Clarissa is jaloers omdat Bianca nommer een in die klas is.
3.4 Dit is nie die eerste keer wat hulle oor Bianca skinder nie.
3.5 Hopelik was dit die laaste keer wat hulle vir Bianca boelie.
4. Voltooi die sinne met die regte voorsetsels uit die blokkie. Kyk mooi – een van die voorsetsels in die blokkie moet meer as een keer gebruik word.
op aan oor teen
4.1 Ons moet boelies opstaan.
4.2 Bianca sit haar tas die grond neer.
Kyk weer in les 6 vir die soorte telwoorde.
• ’n Volledige gids wat alle tekste vir begripstoetse, asook luister- en leesvaardighede bevat.
• Omvattende verduidelikings van taalbegrippe wat maklik is om te verstaan.
• Stap-vir-stap-riglyne om lesse aan te bied.
• ’n Verskeidenheid prettige en praktiese aktiwiteite wat leerders betrek en help om taalbegrippe vas te lê en in te oefen.
• Interessante temas wat op graad 4’s se algemene kennis fokus en hulle nuuskierigheid oor die wêreld aanwakker.
• Moedig onafhanklike denke aan en ontwikkel redeneervermoë.
• Geskik vir leerders op alle vlakke.
• Gebruik in die klaskamer of tuis.
home classroom college workplace