AFDELING 1
LUISTER EN PRAAT
Inleiding tot afdeling 1: Die derde kwartaal se lesse is weereens daarop gemik om die leerders in staat te stel om ’n kreatiewe skryfprojek te beplan, te voltooi en aan te bied.
• Les 10 gee ’n basiese inleiding tot die vaardighede en konsepte wat die leerders gaan nodig hê.
• Les 11, 12 en 13 vorm die kern van hierdie kwartaal se werk waarin jy die leerder tydens die kreatiewe skryfprojek gaan begelei.
• Les 14 sluit die kwartaal op ’n samevattende noot af.
Die kwartaal se oorkoepelende tema is “die spel van die slimkoppe”, waar ons verder gaan kyk wat “slim” mense doen om lewelose dinge soos selfone, rekenaars en robotte “slim” te probeer maak.
Aktiwiteit 201: Luister na hoe twee slimkoppe onderhandel 30 minute
Inleiding tot aktiwiteit 201: Hierdie les se tema is “Die eerste rondte”, waar ons dieper in die rekenaarwêreld delf en op die ontstaan van robotte fokus. Begin die les met ’n gesprek oor die woord “slim” en wat dit vir die leerders beteken. Wissel ook gedagtes oor verskillende soorte intelligensie met jou leerders.
Voordat die fasiliteerder die dialoog aan jou gaan voorlees, kom ons gesels eers oor die woord “slim”. Het jy al ooit gedink aan wat “slim” regtig beteken? Wie ken jy wat uiters slim is? Is dit die persoon wat altyd in toetse goed doen? Is dit die een wat binne ’n kort tyd ’n nuwe taal of musiekinstrument kon bemeester? Of is dit dalk iemand wat oplossings en nuwe dinge kan uitdink? Kan ’n mens sê dat hulle almal “slim” is?
Die HAT se Afrikaanse Skoolwoordeboek definieer “slim” as iets of iemand wat vinnig leer en dinge maklik verstaan. Wat van jou slimfoon? Sou jy sê dat jou foon vinnig leer en dinge maklik verstaan?
Sample
Agtergrond: Mense probeer al lank om menslike eienskappe oor te dra aan dinge wat nie lewe nie. Dink maar net aan al die masjiene wat die take van mense oorgeneem het. Uiteindelik wil “slim” mense ook masjiene skep wat “slim” is. Dit is hierdie behoefte wat robotika en die veld van kunsmatige intelligensie laat groei het.
Verbeel jou dat jy in 1966 is … In hierdie jaar het mense baie nuwe dinge oor die ruimte en robotte geskep. Dit was ’n jaar waarin baie “eerstes” voorgekom het: die eerste Batman en Star Trek-episodes word bekendgestel; die eerste ruimtetuig wat om die maan wentel, die Lunar Orbiter 1, word deur NASA geloods; en moderne robotte word die eerste keer ontwikkel. Gaan lees gerus die storie van Shakey by: https://bit.ly/2Q44AfG
Die fasiliteerder gaan nou ’n dialoog aan jou voorlees. Dit vind plaas tussen twee regte “slimkoppe” wat met mekaar onderhandel om die eerste robot te ontwerp (design) en te bou George in die dialoog verwys na George C. Devol, wat in die vroeë 1950’s ’n industriële robot, die Unimate, ontwerp het. Hierdie robot het gehelp om motors aanmekaar te sit.
Maak seker dat jy die woorde wat in die woordeskatlys hier onder vir jou gegee word, verstaan. Sodoende kan jy tydens die eerste luisterslag met gemak volg hoe die twee slimkoppe onderhandel.
Shakey – die eerste intelligente robot. Foto verkry by https://bit.ly/2Q44AfG
Woordeskat
rondbeweeg (move around) – om van een plek na ’n ander te beweeg weermag (army) – ’n land se gesamentlike land-, see- en lugmag
waarneming (observation) – die proses waarin iemand/iets ’n tyd lank noukeurig dopgehou word
briljante (brilliant) – uitstekende
kar voor die perde te span (to put the cart before the horse) – hier figuurlik gebruik; om iets vooruit te wil loop
skepping (creation) – iets wat gemaak is eer (honour) – iets wat jou trots laat voel meganiese ingenieur (mechanical engineer) – iemand wat verantwoordelik is vir die ontwerp, ontwikkeling, vervaardiging (manufacture) en bemarking van bv. masjiene en masjienonderdele (engine parts), voertuie, vliegtuie, vaartuie, missiele, verkoelingstelsels, koeltorings en enjins ooreenkoms (agreement) – ’n afspraak/belofte om iets te doen of uit te voer, gemaak deur twee of meer mense
Aan die fasiliteerder: Lees die dialoog aan die leerders voor. Hulle moet oudergewoonte die eerste keer net daarna luister.
Dialoog begin:
Charles: Ek dink ons moet ’n robot maak wat meer as George se robot kan doen. In dié stadium word syne net in fabrieke gebruik. Wat daarvan as ons ’n robot ontwerp wat kan rondbeweeg en na die wêreld om hom “kyk”? Die weermag kan dit dalk vir waarneming gebruik.
Ed: Dis ’n briljante idee! Wat van een wat in die huis kan help? Ek wens ons kon een maak wat kan huis skoonmaak, kos maak, wasgoed was EN stryk. Dit sou nou my vrou baie gelukkig maak!
Charles: Stadig nou, stadig … Daai tyd sal nog kom … As die weermag dalk hierdie een koop, sal ons geld hê om so iets te ontwikkel.
Ed: Ag, oukei. Ek is seker besig om die kar voor die perde te span; maar ek gaan jou net help op één voorwaarde …
Charles: Laat ek hoor?
Ed: Ek gee ’n naam vir die skepping.
Charles: [krap sy kop en dink lank daaroor na]
Dialoog eindig
Sjoe, dis ’n groot ding wat jy vra. Nou goed, die eer is joune, maar dis net omdat jy die beste meganiese ingenieur is wat ek ken.
Ed: Dan het ons ’n ooreenkoms, my vriend! Kom ons spring aan die werk!
Aktiwiteit 202: Ontdek meer oor slim onderhandeling 20 minute
Sample
Inleiding tot aktiwiteit 202: Gesels eers met die leerders oor die kenmerke van onderhandeling na aanleiding van die aantekeninge hier onder voordat die vrae aan hulle gegee word. Lees daarna die dialoog ’n tweede keer voor. Omdat die leerders nie net na die inhoud luister nie, maar ook na die toepassing van ’n vaardigheid, kan die dialoog nog ’n keer gelees word.
Die dialoog waarna jy die eerste keer geluister het, is ’n baie verkorte en eenvoudige voorbeeld van ’n onderhandeling (negotiation). Om te kan onderhandel, is ’n uiters belangrike vaardigheid (skill), veral vir ’n tiener. Bespreek die stappe hier onder met die fasiliteerder of met ’n klasmaat om te verstaan wat onderhandelingsvaardighede (negotiation skills) is. Op dié manier kan jy die inhoud van die dialoog nog beter verstaan.
Hou die vrae wat hier onder ná die aantekeninge volg in gedagte wanneer jy ’n tweede keer na die dialoog luister. Dit sal jou ook help om met ’n “onderhandelingsoor” te luister. Lees die dialoog nog ’n keer as leerders van hulle antwoorde op die vrae wil sekermaak. Dit stel jou in staat om sinvol (meaningfully) oor die onderwerp en oor onderhandeling te gesels.
Hoe om in enige onderhandelingsproses suksesvol te wees:
• Stel jou bepalings (terms), en kommunikeer dit wat jy verwag duidelik. Staan jou man (be assertive).
• Bly stil en luister! Plaas ’n wag voor jou mond (think before you speak). Stel strikvrae (difficult questions), en wag vir die ander party om te antwoord. Dan kan jy die 70/30-beginsel toepas: Luister meer (70%), en praat minder (30%). Die onderhandelaar moet oop (open-ended) en geslote vrae stel.
• Doen behoorlike navorsing. Maak seker jy weet wat die ander party se behoeftes en verwagtinge (needs and expectations) is. Navorsing is noodsaaklik vir suksesvolle onderhandeling.
• Wees oopkop (open minded), en maak seker dat jy alternatiewe opsies het. Wees bereid om weg te stap. Moenie net skik (compromise) of toegee (concede) om ander tevrede te stel nie.
• Wees geduldig. Onthou: ’n Haastige hond verbrand sy mond. Die Engelse sê: “Patience is a virtue”.
• Dink positief en bly optimisties. Stel hoë doelwitte (ideals), en verwag die beste resultate.
• Oortuig (persuade) die ander party dat hulle verwagtinge met die onderhandeling bereik sal word.
• Moet niks prysgee (sacrifice) sonder om iets te ontvang nie. Pas ’n wen-wen-scenario toe. Onderhandel deur te sê: “Ek sal dit doen as jy dat doen” (I’ll do this, if you do that).
• Moenie enige kommentaar of optrede deur die ander party negatief ervaar of persoonlik opneem nie.
Vrae waaroor jy notas kan maak terwyl die fasiliteerder die dialoog weer voorlees:
1. Watter soort robot wil Charles graag ontwikkel? ’n Waarnemingsrobot
2. Wie hoop Charles gaan hulle robot koop? Die weermag
3. Watter soort robot wil Ed graag ontwikkel? ’n Skoonmaakrobot
Sample
4. Waarom kan Ed se robot nie nou ontwikkel word nie? Daar is nie nou fondse om so ’n gevorderde robot te ontwikkel nie.
5. Wat sê Charles vir Ed om sy idee van ’n skoonmaakrobot aan die gang te hou (keep it going)? Waarom sê Charles dit vir Ed? Charles sê dat hulle aan Ed se idee kan werk wanneer iemand soos die weermag hul robot koop. Dit dien as aansporing vir Ed om ’n besonderse goeie produk te lewer, anders sal niemand dit wil koop nie.
6. Watter onderhandelingsvaardigheid gebruik Ed?
Ed onderhandel vir ’n wen-wen-scenario, waar hy die ontwikkeling van sy skoonmaakrobot-idee prysgee, maar iets in ruil daarvoor verwag – om die robot ’n naam te gee.
7. Waarop het Charles en Ed aan die einde van die gesprek ooreengekom?
Hulle het ooreengekom dat Ed aan die waarnemingsrobot sal werk en dat hy die robot ’n naam kan gee.
8. Watter bykomende (additional) tegniek gebruik Charles om Ed te oortuig om saam te werk?
Hy gebruik vleitaal: “maar dis net omdat jy die beste meganiese ingenieur is wat ek ken”.
9. Dink jy die tegniek is ’n goeie onderhandelingstegniek? Gee ’n rede vir jou antwoord. Nee. Onderhandelinge moet so ver moontlik oor die betrokke saak gaan, en nie oor die persoon nie.
Kontroleer nou jou antwoorde op die vrae met jou klasmaats en met die fasiliteerder. Gesels ’n minuut of twee oor watter inligting oor die onderhandelingsproses vir jou waardevol is.
Aktiwiteit 203: Leer meer van paronieme en polisemie 10 minute
In hierdie aktiwiteit gaan jy meer oor polisemie en paronieme leer.
Polisemie het niks met polisse of die polisie te doen nie. Dit kom van die Griekse woorde vir baie en teken. Dieselfde woord kan dus ’n ander betekenis in ’n ander konteks hê.
Baie kere is dit die letterlike of figuurlike betekenis van die woord, byvoorbeeld: Frankenstein staan aan die voet van die berg. Die nuwe skoen druk my voet
Paronieme is woorde wat dieselfde stam het:
• tydsaam, tydelik, intyds, betyds (stam: tyd)
• gedink, verdink, indink, dinkende (stam: dink)
• verloop, beloop, lopend (stam: loop)
1. Maak ’n verhelderende sin met die letterlike betekenis van die onderstreepte woorde:
a) Sy kan slange vang.
Baie van Australië se slange is giftig.
b) Hy is hoog in die takke
Die boom se takke sprei soos ’n sambreel.
c) Jy praat deur jou nek
My nek is seer ná die wedstryd.
d) Hy kry op sy baadjie
My baadjie is warm in die somer.
e) Dit is swaar om te verloor. Sy tas is swaar van al die handboeke.
f) Slim vang sy baas. Met veertien onderskeidings in sy matriekjaar is hy seker slim.
g) Ek hang aan die spreker se lippe. Sy lippe is bebloed ná die boksgeveg.
h) Ons is pens en pootjies in die gemors. Die dier se pens is opgeswel.
i) Jou gedrag breek my hart My hart klop vinnig van die sterk koffie.
j) Daardie man is ’n regte jakkals Die jakkals vang ’n muis in die veld.
Aktiwiteit 204: Oefen selfstandige en byvoeglike naamwoorde 15 minute
Hierdie aktiwiteit gee jou weer kans om selfstandige naamwoorde en sekere soorte byvoeglike naamwoorde te oefen.
Selfstandige naamwoorde
1. Skryf die meervoud en verkleining van die volgende woorde neer: Meervoud Verkleining
Voorbeeld: robot robotte robotjie vrou vroue(ns) vroutjie skepping skeppings skeppinkie ding dinge dingetjie speelding speelgoed speeldingetjie
2. Die volgende selfstandige naamwoorde kom in die dialoog voor. Sê watter soort selfstandige naamwoorde elkeen is:
Selfstandige naamwoord Soort robot soortnaam George eienaam stadium soortnaam fabrieke soortnaam waarneming soortnaam
2/2
3. ’n Selfstandige naamwoord kan as onderwerp en voorwerp in ’n sin gebruik word. Identifiseer die onderwerp en voorwerp in die volgende sin: Ek gee ’n naam vir die skepping. Onderwerp: Ek Voorwerp: ’n naam
4. Vorm ’n persoonsnaam van meganies. meganikus
5. Verander spring in ’n selfstandige naamwoord. Wenk: Die klinker gaan verander. Sprong (Aanvaar ook springer(s) en springery.)
Byvoeglike naamwoorde
Kom ons hersien weer die belangrikste kenmerke van sekere soorte byvoeglike naamwoorde.
Beskrywende byvoeglike naamwoord
Byvoeglike naamwoord afgelei van eiename en geografiese name
Byvoeglike naamwoord deur ’n maatbepaling voorafgegaan
Saamgestelde byvoeglike naamwoord
Dit beskryf die grootte, kleur of vorm van ’n persoon, plek of ding, byvoorbeeld ’n klein, silwer robotjie
Hierdie byvoeglike naamwoord lyk soos die eienaam waarvan dit afgelei is, maar dit eindig soms anders om ’n byvoeglike naamwoord te wees, byvoorbeeld Amerikaanse ingenieurs; die onderdele is Duits.
Dit beskryf getal en hoeveelheid, byvoorbeeld tien toestelle; ’n paar beoordelaars; die meeste werknemers.
Dit bestaan uit twee woorde wat een idee vorm. Die byvoeglike naamwoord word met ’n selfstandige naamwoord gekombineer, byvoorbeeld kleurvol; plantryk. Dit kan ook met ’n ander byvoeglike naamwoord gekombineer word, byvoorbeeld helderrooi; dofgrys. Dit kan verder met ’n werkwoord gekombineer word, byvoorbeeld kraakvars; stinkryk. Sample
1. Die byvoeglike naamwoord (b.nw.) briljante in die tweede spreekbeurt word attributief gebruik. Gebruik die woord as ’n predikatiewe b.nw. in ’n sin. Charles se idee is briljant.
2. Skryf die trappe van vergelyking van die volgende woorde neer:
Stellende trap Vergrotende trap Oortreffende trap briljant briljanter die briljantste gelukkig gelukkiger die gelukkigste stadig stadiger die stadigste groot groter die grootste
3. Skryf die intensiewe vorm van gelukkig neer. dolgelukkig
4. Skryf die regte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies neer:
a) Charles en Ed is (vindingryk) ingenieurs. vindingryke
b) Ed is (goed) as Charles met meganika. beter
c) ’n Robot wat stryk, sal Ed se vrou die (opgewonde) huisvrou maak. mees opgewonde
d) Charles is (realisties) as Ed, want hy weet die weermag moet eers hul (een) ontwerp koop. meer realisties eerste
5. Skryf die regte vorm van die woord tussen hakies:
a) Charles en Ed werk vir ’n (Amerika) maatskappy. Amerikaanse
b) ’n (Italië) maatskappy wil hul ontwerp koop. Italiaanse
c) Die (Australië) regering stel ook belang. Australiese (nie Australiaanse nie)
d) Daardie (Duits) onderneming wil aandele koop. Duitse
e) ’n (Japan) ingenieursfirma bied vir Charles en Ed werk aan. Japannese
Aktiwiteit 205: Bespreek ’n testament 45 minute
Inleiding tot aktiwiteit 205: ’n Testament is moontlik nie iets waaraan baie graad 9’s wil dink nie. Hanteer hierdie aktiwiteit en dokumente dus met ’n ligter aanslag. Beklemtoon hoe wetlike en amptelike dokumente aan streng vereistes en voorskrifte moet voldoen om geldig te wees. Daar behoort agterna geen twyfel te wees nie, of baie min, oor wat in so ’n dokument bedoel word.
Wys ook op die formele taal waarin sulke dokumente opgestel word – les 3 het reeds hieraan aandag gee. Kyk na die volgende artikel oor die neiging om ingewikkelde taal in wetlike dokumente te gebruik:
Sample
Trafton, A. 2022. “Objection: No One Can Understand What You’re Saying – Why Legal Documents Are Often So Impenetrable”. In SciTechDaily, 8 Maart 2022. https://bit.ly/TraftonSciTech
Hier onder volg meer inligting oor testamente vir die leerders.
Ja, jy het reg gelees – bespreek ’n testament … Dit klink beslis nie na iets interessants of iets opwindends nie. Inteendeel, testamente het al vir baie vermaak (amusement) gesorg. ’n Goeie voorbeeld hiervan is die testament van Leona Helmsley, ’n bekende in die Amerikaanse hotelwese, wat in 2004 oorlede is. Sy het $12 miljoen aan haar hond, Trouble, bemaak (bequeathed ). Haar kleinkinders het niks gekry nie. Nog ’n voorbeeld is dié van ’n Portugese aristokraat (aristocrat), Luis Carlos de Noronha Cabral da Camara. In sy testament het hy ’n fortuin bemaak aan 70 vreemdelinge wie se name hy uit ’n telefoongids (telephone directory) geneem het.
2/2
G09 ~ Afrikaans
In hierdie gedeelte word testamente aan jou bekendgestel. Daarin word ’n voorbeeld van hoe een lyk, gegee. Jy kry ook geleentheid om oor testamente te gesels. Lees eers die agtergrond hier onder, en kyk dan na die voorbeeld van ’n testament.In hierdie gedeelte word testamente aan jou bekendgestel. Daarin word ’n voorbeeld van hoe een lyk, gegee. Jy kry ook geleentheid om oor testamente te gesels. Lees eers die agtergrond hier onder, en kyk dan na die voorbeeld van ’n testament.
Woordeskat
testament ( testament, will ) – ’n dokument wat bepaal wat ná jou dood met jou besittings gebeur (afgelei van Latyn testis , wat “getuie” beteken)
testateur ( testator ) – die persoon wat die testament opstel; die persoon wat besittings volgens die testament nalaat (vroulik: testatrise – Engels: testatrix )
begunstigdes ( beneficiaries ) –die persone aan wie dinge bemaak word eksekuteur ( executor ) – die persoon wat sorg dat dit wat in die testament staan ná die persoon se dood uitgevoer word, byvoorbeeld ’n vriend, lid van die familie, prokureur of bank
getuie ( witness ) – die persone wat kan sê dat alles in orde is met die testament en dit ook onderteken ( sign )
boedel ( estate ) – alles wat jy besit
Sample
byvoegings ( codicils ) – enige bepalings wat nog by die testament ingesluit moet word erfgenaam ( heir ) – die persoon aan wie ’n besitting bemaak of nagelaat word
Belangrike dinge wat jy oor testamente moet weet
• ’n Testament moet op skrif wees. ’n Mondelingse testament word nie deur ons reg erken nie.
• Testamente kan deur ’n persoon as enkeling (individual) opgestel word. Persone wat in ’n permanente verhouding is, byvoorbeeld getroudes (married couples), kan ook ’n gesamentlike (joint) testament opstel.
Belangrike dinge wat jy oor testamente moet weet (vervolg)
• Testamente van enkelinge behoort minstens die volgende in te sluit:
o Die testateur se naam en handtekening
o Die datum van die testament
o ’n Lys bates of besittings ( assets) wat die testateur nalaat
o Begunstigdes se besonderhede
o Die eksekuteur se naam
o Die getuies se name en handtekeninge
• Elke bladsy van die testament moet onderteken wees.
• Die testateur moet die testament voor twee getuies van ouer as 14 jaar teken.
Die getuies moet nie begunstigdes of die eksekuteur in die testament wees nie.
• Die twee getuies moet gelyktydig (simultaneously) in teenwoordigheid van die testateur wees terwyl die testament onderteken word.
• Daar behoort ’n eksekuteur in die testament aangewys te word. Dit maak egter nie die testament ongeldig (makes invalid) as daar nie ’n eksekuteur aangestel is nie.
• ’n Testament kan ook die volgende insluit:
o ’n skenking aan ’n liefdadigheidsorganisasie (charity)
o die skenking van organe vir navorsing of oorplanting (transplants) (sien: https://bit.ly/3SjBNDh)
o ’n “lewende testament” (living testament) waarin aangedui word dat die testateur nie kunsmatig (artificially) aan die lewe gehou moet word nie (sien: https://bit.ly/3BVafPs)
• As jy sonder ’n testament sterf, sterf jy intestaat (intestate) en word jou bates (assets) volgens ’n wet hanteer. Dan kan persone erf wat jy miskien nie wou hê van jou moes erf nie.
• ’n Testament moet bygehou (kept up to date) en op ’n veilige plek gebêre word.
Voorbeeld van ’n testament
Hierdie testament is skertsend (tongue in cheek) uit die oogpunt (point of view) van die robot, Shakey, geskryf.
Sample
TESTAMENT
Hierdie testament is die laaste wil en bemaking (bequest) van my, Shakey, identiteitsnommer: 01ROBOT, werksaam te SRI Internasionaal en tans woonagtig te Menlo Park, Kalifornië.
1. HERROEPING
Ek herroep (revoke) hiermee alle vorige testamentêre geskrifte.
2. BEMAKING
2.1 Ek bemaak my hele boedel (kameras, ligte, skroewe, motore, ens.) aan:
Naam van erfgenaam (heir): Charles Rosen, identiteitsnommer: 4005263125089.
Hy moet dit alles gebruik om ’n beter robot te bou!
AS GETUIES
1. Ed: Meganiese Ingenieur
2. Charles se vrou
Maatskappy se prokureur
TESTATEUR/TESTATRISE
2.2 Indien Charles egter gedurende my leeftyd te sterwe kom, word die erfenis in gelyke dele (equal parts) aan sy nasate bemaak. Indien Charles egter geen oorlewende nasate (surviving offspring) het nie, word die erfenis bemaak aan die man wat my elke dag skoonmaak en olie, identiteitsnommer: ek is nie seker nie.
Sample3. NOMINASIE VAN EKSEKUTEUR
Ek stel (naam van eksekuteur), (identiteitsnommer), hiermee as eksekuteur van my boedel aan.
4. VERANDERINGS EN/OF BYVOEGINGS
Ek behou die reg voor om te enige tyd veranderings aan en/of byvoegings by hierdie Testament aan te bring en dat dit van volle krag (of full force and effect) sal wees asof dit ’n deel van hierdie testament was.
Geteken deur my in teenwoordigheid van ons almal gelyktydig hier teenwoordig.
OP 25 Januarie 1972
AS GETUIES
1. Ed: Meganiese Ingenieur
ADRES:
TEL:
2. Charles se vrou
ADRES:
TEL:
Maatskappy se prokureur
TESTATEUR/TESTATRISE
Noudat jy na die testament gekyk het, gesels oor die elemente daarvan met jou fasiliteerder en/ of met die res van die klas. Gebruik die volgende vrae om julle bespreking te lei:
1. Hoe sou julle die taal wat in die testament gebruik word, beskryf?
Formeel – gepas vir ’n transaksionele teks
2. Is daar enige iets in die testament wat bedoel is om iemand te manipuleer?
Nee
3. Beskryf die eerste en die laaste klousules (clauses) van die testament (1 en 4) in jou eie woorde.
Die leerders se eie antwoord. Iets soos: Die testament begin met ’n punt wat sê dat dit alle vorige testamente vervang. Die laaste klousule gee vir die opsteller van die testament die reg om die testament te verander as hy of sy sou wou.
2/2
4. Waarom is klousule 1 belangrik?
Daar kan verskillende weergawes van ’n testament wees. As die klousule nie daar was nie, sou dit baie maklik wees om die testament te bestry of ongeldig te laat verklaar omdat niemand seker is watter een die onlangsste weergawe is nie. Dit is ook waarom die datum, tesame met klousule 1, baie belangrik is.
5. Voer ’n kort klasdebat oor die volgende tema:
Ons begin al hoe meer beweeg in ’n rigting waar robotte, veral robotte met kunsmatige intelligensie (artificial intelligence), baie soos mense kan reageer en selfstandig (independently) kan dink. Moet hulle die reg gegee word om dinge te kan doen soos testamente opstel?
Indien die klas baie klein is, kan elke leerder kans kry om hul mening te gee. As alternatief kan die klas opgedeel word in die wat “ja” sê en die wat “nee” sê.
Aktiwiteit 206: Oefen voegwoorde en verbindingswoorde 10 minute
Net soos George en Ed allerhande meganiese dele aanmekaargesit het om Shakey te maak, is daar in Afrikaans ook woorde wat ons help om dele bymekaar te sit. Kom ons hersien die belangrikste inligting oor voegwoorde.
Voegwoorde verbind twee of meer woorde, frases, sinsdele of sinne aan mekaar. Wanneer twee sinne met ’n voegwoord aan mekaar verbind word, verander die woordorde soms. Dit hang af van die groep waarin die voegwoord pas.
Groep 1
Groep 2
Groep 3 maar – but en – and of – or want – because
dus – thus/therefore daarom – therefore dan – then daarna – then
Die woordorde bly dieselfde.
Die woordorde verander: Die eerste werkwoord van sin 2 skuif na die posisie direk ná die voegwoord.
dat – that omdat – because totdat – until voordat – before nadat – after sodat – so that terwyl – while
Die woordorde verander: Die hoofwerkwoord van sin 2 skuif na die einde en die hulpwerkwoord na die posisie net voor dit.
sin 1 + voegwoord + sin 2 sin 1 + voegwoord + ww. + sin 2 sin 1 + voegwoord + sin 2 + hulpww. + ww.
Komma voor die voegwoord indien dit twee onafhanklike sinne verbind.
Altyd ’n komma voor die voegwoord
Geen komma voor die voegwoord nie
• A complete guide with all the texts (contemporary and classic) for comprehension exercises, speeches, and reading included.
• Use with Christien Neser’s Absoluut Einstein for the prescribed literature component.
• Comprehensive explanations of language aspects.
• Step-by-step guidelines in plain language.
• Fun, engaging, and practical activities.
• Interesting themes for Grade 9s to expand general knowledge and inspire curiosity.
• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.
• Suitable for learners on all levels.
• Use in school or at home.
home classroom college workplace