Gr 9-Afrikaans Eerste Addisionele Taal-Handleiding 2/2

Page 1


Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Handleiding 2/2

Graad 9

Aangepas vir KABV
Dr. A Mostert (EduLight), Hoofouteur Dr. N Faasen
2309-E-EAT-SG02

INHOUDSOPGAWE

Aktiwiteit 298: Hersien voornaamwoorde (onpersoonlik, aanwysend, onbepaald en wederkerend) .....................................................................................................................................

Oefen weer die direkte en indirekte

301: Werk weer met die metataal vir prosedures, die logiese  opeenvolging van idees en die volgorde van belangrikheid .................................................

Ontdek meer oor dubbelsinnigheid, clichés, sinekdogee en toutologie

Aktiwiteit 317: Hersien tydvorme, sinsbou, intensiewe vorme en woordbou

Aktiwiteit 318: Kom meer oor vergaderings te wete

Aktiwiteit 320: Die krisis, klimaks, ontknoping en slot van Absoluut Einstein

Aktiwiteit 321: Oefen om werkwoorde te identifiseer

Aktiwiteit 322: Leer sleng, vaktaal en jargon beter ken

Aktiwiteit 323: Lees ’n volksverhaal: “Die pannekoek”: ’n volksverhaal uit Noorweë

Aktiwiteit 324: Oefen weer die direkte en indirekte rede

Aktiwiteit 325: Maak kennis met die kortverhaal “Rooikoos hardloop die myl”

Aktiwiteit 326: Leer weer oor die lydende en die bedrywende vorm

Aktiwiteit 327: Maak kennis met die gedig “La mano de Dios” deur Joan Hambidge

Aktiwiteit 328: Ken jou spelreëls: Maak die foute reg

362: Voer ’n gesprek oor ’n nuwe uitvinding .........................................................

Aktiwiteit

Aktiwiteit 364: Hersien die teenwoordige, die toekomende en die verlede tyd

Handleiding 2/2

~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal Aktiwiteit 395: Wys jou opstel aan ’n klasmaat, en lees dit voor........................................

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

Handleiding 2/2

G09 ~ Afrikaans Eerste Addisionele

JAARPLAN

Eenheid Les

LES 1: Krieket

LES 2: Watersport (branderplankry)

1

LES 3: Monopoly

LES 4: Kaartspeletjies

LES 5: Wegkruipertjie

LES 6: In die begin …

LES 7: Kom speel saam!

2

LES 8: Dis nie kinderspeletjies nie.

LES 9: Werk speel-speel.

LES 10: Die eerste rondte.

LES 11: Robotsterre

3

LES 12: Op jou merke, gereed, gaan!

LES 13: Slim vang sy baas.

LES 14: Slim, slimmer, robot.

LES 15: Die beste spel.

LES 16: Stem jy saam?

4

Datum begin Datum voltooi

LES 17: Jy speel seker!

LES 18: Klaargespeel.

Die handleiding is weer in vier eenhede en in 18 lesse verdeel. Eenheid 1 en 2 is in handleiding 1/2, en eenheid 3 en 4 is in handleiding 2/2.

Sample

EENHEID

3: Week 1 – 2

Die eerste rondte

Leerdoelwitte

Welkom by die eerste les van eenheid 3.

In hierdie les gaan jy:

• na ’n onderhandeling luister en vrae beantwoord;

• meer van paronieme en polisemie leer;

• testamente bespreek en lees en vrae daaroor beantwoord;

• selfstandige naamwoorde, byvoeglike naamwoorde, verbindingswoorde en voegwoorde hersien;

• ’n strokiesprent lees en vrae beantwoord;

• ’n gedig lees en vrae beantwoord;

• taalstrukture soos sinsoorte, paragraafsoorte, deelwoorde, bysinne en die direkte en indirekte rede hersien;

• ’n testament beplan en skryf;

• meer van styl, register en toon leer; en

• homofone, homonieme, spelreëls, leestekens en tydvorme hersien.

Sample

Die onderstaande tabel bevat ’n opsomming van die aktiwiteite wat jy gaan doen om jou vaardighede in Afrikaans as eerste addisionele taal verder te ontwikkel:

Vaardigheid

Luister en praat

Luister na hoe twee slimkoppe onderhandel

Ontdek meer oor slim onderhandeling

Leer meer van paronieme en polisemie

Oefen selfstandige en byvoeglike naamwoorde

Bespreek ’n testament

Oefen voegwoorde en verbindingswoorde

Lees en kyk

Bestudeer nog ’n testament

Hersien deelwoorde

Identifiseer die regte styl, toon en register

Lees ’n strokiesprent, “Seun van Frankenstain”

Oefen om die direkte rede beter te gebruik

Ons kyk weer na sinsoorte

Poësie: Maak kennis met Ryan Pedro se “darwinisme”

Oefen om bysinne en bepalings, leestekens en spelling beter te gebruik

Oefen om die indirekte rede en paragraafsoorte beter te gebruik

Skryf en aanbied

Beplan ’n testament

Let op die register en toon van ’n testament

Skryf die eerste poging van jou testament

Hersien en redigeer jou testament

Hersien tydvorme

Werk weer met homonieme en homofone

Hersien jou taalgebruik in ’n geïntegreerde taaloefening

Proeflees jou testament, en bied dit aan

Remediëring

Aktiwiteit

Aktiwiteit 201

Aktiwiteit 202

Aktiwiteit 203

Aktiwiteit 204

Aktiwiteit 205

Aktiwiteit 206

Aktiwiteit 207

Aktiwiteit 208

Aktiwiteit 209

Aktiwiteit 210

Aktiwiteit 211

Aktiwiteit 212

Aktiwiteit 213

Aktiwiteit 214

Aktiwiteit 215

Aktiwiteit 216

Aktiwiteit 217

Aktiwiteit 218

Aktiwiteit 219

Aktiwiteit 220

Aktiwiteit 221

Aktiwiteit 222

Aktiwiteit 223

Aktiwiteit 224

Handleiding 2/2

AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT

A ktiwiteit 201: Luister na hoe twee slimkoppe onderhandel

Voordat die fasiliteerder die dialoog aan jou gaan voorlees, kom ons gesels eers oor die woord “slim”. Het jy al ooit gedink aan wat “slim” regtig beteken? Wie ken jy wat uiters slim is? Is dit die persoon wat altyd in toetse goed doen? Is dit die een wat binne ’n kort tyd ’n nuwe taal of musiekinstrument kon bemeester? Of is dit dalk iemand wat oplossings en nuwe dinge kan uitdink? Kan ’n mens sê dat hulle almal “slim” is?

Die HAT se Afrikaanse Skoolwoordeboek definieer “slim” as iets of iemand wat vinnig leer en dinge maklik verstaan. Wat van jou slimfoon? Sou jy sê dat jou foon vinnig leer en dinge maklik verstaan?

Agtergrond: Mense probeer al lank om menslike eienskappe oor te dra aan dinge wat nie lewe nie. Dink maar net aan al die masjiene wat die take van mense oorgeneem het. Uiteindelik wil “slim” mense ook masjiene skep wat “slim” is. Dit is hierdie behoefte wat robotika en die veld van kunsmatige intelligensie laat groei het.

Verbeel jou dat jy in 1966 is … In hierdie jaar het mense baie nuwe dinge oor die ruimte en robotte geskep. Dit was ’n jaar waarin baie “eerstes” voorgekom het: die eerste Batman en Star Trek-episodes word bekendgestel; die eerste ruimtetuig wat om die maan wentel, die Lunar Orbiter 1, word deur NASA geloods; en moderne robotte word die eerste keer ontwikkel. Gaan lees gerus die storie van Shakey by: https://bit.ly/2Q44AfG

Sample

Shakey – die eerste intelligente robot. Foto verkry by https://bit.ly/2Q44AfG

Die fasiliteerder gaan nou ’n dialoog aan jou voorlees. Dit vind plaas tussen twee regte “slimkoppe” wat met mekaar onderhandel om die eerste robot te ontwerp (design) en te bou. George in die dialoog verwys na George C. Devol, wat in die vroeë 1950’s ’n industriële robot, die Unimate, ontwerp het. Hierdie robot het gehelp om motors aanmekaar te sit.

Maak seker dat jy die woorde wat in die woordeskatlys op die volgende bladsy vir jou gegee word, verstaan. Sodoende kan jy tydens die eerste luisterslag met gemak volg hoe die twee slimkoppe onderhandel.

Woordeskat

rondbeweeg (move around) – om van een plek na ’n ander te beweeg

weermag (army) – ’n land se gesamentlike land-, see- en lugmag

waarneming (observation) – die proses waarin iemand/iets ’n tyd lank noukeurig dopgehou word briljante (brilliant) – uitstekende

kar voor die perde te span (to put the cart before the horse) – hier figuurlik gebruik; om iets vooruit te wil loop

skepping (creation) – iets wat gemaak is eer (honour) – iets wat jou trots laat voel

meganiese ingenieur (mechanical engineer) – iemand wat verantwoordelik is vir die ontwerp, ontwikkeling, vervaardiging (manufacture) en bemarking van bv. masjiene en masjienonderdele (engine parts), voertuie, vliegtuie, vaartuie, missiele, verkoelingstelsels, koeltorings en enjins ooreenkoms (agreement) – ’n afspraak/belofte om iets te doen of uit te voer, gemaak deur twee of meer mense

Aktiwiteit 202: Ontdek

meer oor slim onderhandeling

Die dialoog waarna jy die eerste keer geluister het, is ’n baie verkorte en eenvoudige voorbeeld van ’n onderhandeling (negotiation). Om te kan onderhandel, is ’n uiters belangrike vaardigheid (skill), veral vir ’n tiener. Bespreek die stappe hier onder met die fasiliteerder of met ’n klasmaat om te verstaan wat onderhandelingsvaardighede (negotiation skills) is. Op dié manier kan jy die inhoud van die dialoog nog beter verstaan.

Sample

Hou die vrae wat hier onder ná die aantekeninge volg in gedagte wanneer jy ’n tweede keer na die dialoog luister. Dit sal jou ook help om met ’n “onderhandelingsoor” te luister. Vra die fasiliteerder om die dialoog nog ’n keer te lees as jy van jou antwoorde op die vrae seker wil maak. Dit stel jou in staat om sinvol (meaningfully) oor die onderwerp en oor onderhandeling te gesels.

Hoe om in enige onderhandelingsproses suksesvol te wees:

• Stel jou bepalings (terms), en kommunikeer dit wat jy verwag duidelik. Staan jou man (be assertive).

• Bly stil en luister! Plaas ’n wag voor jou mond (think before you speak). Stel strikvrae (difficult questions), en wag vir die ander party om te antwoord. Dan kan jy die 70/30-beginsel toepas: Luister meer (70%), en praat minder (30%). Die onderhandelaar moet oop (open-ended) en geslote vrae stel.

• Doen behoorlike navorsing. Maak seker jy weet wat die ander party se behoeftes en verwagtinge (needs and expectations) is. Navorsing is noodsaaklik vir suksesvolle onderhandeling.

• Wees oopkop (open-minded), en maak seker dat jy alternatiewe opsies het. Wees bereid om weg te stap. Moenie net skik (compromise) of toegee (concede) om ander tevrede te stel nie.

• Wees geduldig. Onthou: ’n Haastige hond verbrand sy mond. Die Engelse sê: “Patience is a virtue”.

• Dink positief en bly optimisties. Stel hoë doelwitte (ideals), en verwag die beste resultate.

• Oortuig (persuade) die ander party dat hulle verwagtinge met die onderhandeling bereik sal word.

• Moet niks prysgee (sacrifice) sonder om iets te ontvang nie. Pas ’n wen-wen-scenario toe. Onderhandel deur te sê: “Ek sal dit doen as jy dat doen” (I’ll do this, if you do that).

• Moenie enige kommentaar of optrede deur die ander party negatief ervaar of persoonlik opneem nie.

Vrae waaroor jy notas kan maak terwyl die fasiliteerder die dialoog weer voorlees:

1. Watter soort robot wil Charles graag ontwikkel?

2. Wie hoop Charles gaan hulle robot koop?

3. Watter soort robot wil Ed graag ontwikkel?

4. Waarom kan Ed se robot nie nou ontwikkel word nie?

5. Wat sê Charles vir Ed om sy idee van ’n skoonmaakrobot aan die gang te hou (keep it going)? Waarom sê Charles dit vir Ed?

6. Watter onderhandelingsvaardigheid gebruik Ed?

7. Waarop het Charles en Ed aan die einde van die gesprek ooreengekom?

8. Watter bykomende ( additional ) tegniek gebruik Charles om Ed te oortuig om saam te werk?

9. Dink jy die tegniek is ’n goeie onderhandelingstegniek? Gee ’n rede vir jou antwoord.

Kontroleer nou jou antwoorde op die vrae met jou klasmaats en met die fasiliteerder. Gesels ’n minuut of twee oor watter inligting oor die onderhandelingsproses vir jou waardevol is.

Aktiwiteit 203: Leer meer van paronieme en polisemie

In hierdie aktiwiteit gaan jy meer oor polisemie en paronieme leer.

Polisemie het niks met polisse of die polisie te doen nie. Dit kom van die Griekse woorde vir baie en teken. Dieselfde woord kan dus ’n ander betekenis in ’n ander konteks hê. Baie kere is dit die letterlike of figuurlike betekenis van die woord, byvoorbeeld:

Frankenstein staan aan die voet van die berg. Die nuwe skoen druk my voet

Paronieme is woorde wat dieselfde stam het:

• tydsaam, tydelik, intyds, betyds (stam: tyd)

• gedink, verdink, indink, dinkende (stam: dink)

• verloop, beloop, lopend (stam: loop)

1. Maak ’n verhelderende sin met die letterlike betekenis van die onderstreepte woorde:

a) Sy kan slange vang.

b) Hy is hoog in die takke

c) Jy praat deur jou nek.

d) Hy kry op sy baadjie.

e) Dit is swaar om te verloor.

f) Slim vang sy baas.

g) Ek hang aan die spreker se lippe.

h) Ons is pens en pootjies in die gemors.

i) Jou gedrag breek my hart

j) Daardie man is ’n regte jakkals.

Aktiwiteit 204: Oefen selfstandige en byvoeglike naamwoorde

Hierdie aktiwiteit gee jou weer kans om selfstandige naamwoorde en sekere soorte byvoeglike naamwoorde te oefen.

Handleiding 2/2

Selfstandige naamwoorde

1. Skryf die meervoud en verkleining van die volgende woorde neer:

Meervoud Verkleining

Voorbeeld: robot robotte robotjie vrou skepping ding speelding

2. Die volgende selfstandige naamwoorde kom in die dialoog voor. Sê watter soort selfstandige naamwoorde elkeen is:

Selfstandige naamwoord

Soort robot George stadium fabrieke waarneming

3. ’n Selfstandige naamwoord kan as onderwerp en voorwerp in ’n sin gebruik word. Identifiseer die onderwerp en voorwerp in die volgende sin:

Ek gee ’n naam vir die skepping.

4. Vorm ’n persoonsnaam van meganies.

5. Verander spring in ’n selfstandige naamwoord. Wenk: Die klinker gaan verander.

Sample

Byvoeglike naamwoorde

Kom ons hersien weer die belangrikste kenmerke van sekere soorte byvoeglike naamwoorde.

Beskrywende byvoeglike naamwoord

Byvoeglike naamwoord afgelei van eiename en geografiese name

Dit beskryf die grootte, kleur of vorm van ’n persoon, plek of ding, byvoorbeeld ’n klein, silwer robotjie.

Hierdie byvoeglike naamwoord lyk soos die eienaam waarvan dit afgelei is, maar dit eindig soms anders om ’n byvoeglike naamwoord te wees, byvoorbeeld Amerikaanse ingenieurs; die onderdele is Duits.

Byvoeglike naamwoorde (vervolg)

Byvoeglike naamwoord deur ’n maatbepaling voorafgegaan

Saamgestelde byvoeglike naamwoord

Dit beskryf getal en hoeveelheid, byvoorbeeld tien toestelle; ’n paar beoordelaars; die meeste werknemers.

Dit bestaan uit twee woorde wat een idee vorm. Die byvoeglike naamwoord word met ’n selfstandige naamwoord gekombineer, byvoorbeeld kleurvol; plantryk. Dit kan ook met ’n ander byvoeglike naamwoord gekombineer word, byvoorbeeld helderrooi; dofgrys. Dit kan verder met ’n werkwoord gekombineer word, byvoorbeeld kraakvars; stinkryk

1. Die byvoeglike naamwoord (b.nw.) briljante in die tweede spreekbeurt word attributief gebruik. Gebruik die woord as ’n predikatiewe b.nw. in ’n sin.

2. Skryf die trappe van vergelyking van die volgende woorde neer: Stellende trap Vergrotende trap Oortreffende trap briljant gelukkig stadig groot

3. Skryf die intensiewe vorm van gelukkig neer.

4. Skryf die regte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies neer:

a) Charles en Ed is (vindingryk) ingenieurs.

b) Ed is (goed) as Charles met meganika.

c) ’n Robot wat stryk, sal Ed se vrou die (opgewonde) huisvrou maak.

d) Charles is (realisties) as Ed, want hy weet die weermag moet eers hul (een) ontwerp koop.

5. Skryf die regte vorm van die woord tussen hakies:

a) Charles en Ed werk vir ’n (Amerika) maatskappy.

b) ’n (Italië) maatskappy wil hul ontwerp koop.

c) Die (Australië) regering stel ook belang.

d) Daardie (Duits) onderneming wil aandele koop.

e) ’n (Japan) ingenieursfirma bied vir Charles en Ed werk aan.

Handleiding 2/2

Aktiwiteit 205: Bespreek ’n testament

Ja, jy het reg gelees – bespreek ’n testament … Dit klink beslis nie na iets interessants of iets opwindends nie. Inteendeel, testamente het al vir baie vermaak ( amusement) gesorg. ’n Goeie voorbeeld hiervan is die testament van Leona Helmsley, ’n bekende in die Amerikaanse hotelwese, wat in 2004 oorlede is. Sy het $12 miljoen aan haar hond, Trouble, bemaak ( bequeathed ). Haar kleinkinders het niks gekry nie. Nog ’n voorbeeld is dié van ’n Portugese aristokraat (aristocrat), Luis Carlos de Noronha Cabral da Camara. In sy testament het hy ’n fortuin bemaak aan 70 vreemdelinge wie se name hy uit ’n telefoongids (telephone directory) geneem het.

In hierdie gedeelte word testamente aan jou bekendgestel. Daarin word ’n voorbeeld van hoe een lyk, gegee. Jy kry ook geleentheid om oor testamente te gesels. Lees eers die agtergrond hier onder, en kyk dan na die voorbeeld van ’n testament.

Woordeskat

testament (testament, will) – ’n dokument wat bepaal wat ná jou dood met jou besittings gebeur (afgelei van Latyn testis, wat “getuie” beteken)

testateur (testator) – die persoon wat die testament opstel; die persoon wat besittings volgens die testament nalaat (vroulik: testatrise – Engels: testatrix)

begunstigdes (beneficiaries) – die persone aan wie dinge bemaak word

eksekuteur (executor) – die persoon wat sorg dat dit wat in die testament staan ná die persoon se dood uitgevoer word, byvoorbeeld ’n vriend, lid van die familie, prokureur of bank

Sample

getuie (witness) – die persone wat kan sê dat alles in orde is met die testament en dit ook onderteken (sign)

boedel (estate) – alles wat jy besit byvoegings (codicils) – enige bepalings wat nog by die testament ingesluit moet word erfgenaam (heir) – die persoon aan wie ’n besitting bemaak of nagelaat word

Belangrike dinge wat jy oor testamente moet weet

• ’n Testament moet op skrif wees. ’n Mondelingse testament word nie deur ons reg erken nie.

• Testamente kan deur ’n persoon as enkeling (individual) opgestel word. Persone wat in ’n permanente verhouding is, byvoorbeeld getroudes (married couples), kan ook ’n gesamentlike (joint) testament opstel.

• Testamente van enkelinge behoort minstens die volgende in te sluit:

օ Die testateur se naam en handtekening

օ Die datum van die testament

օ ’n Lys bates of besittings (assets) wat die testateur nalaat

օ Begunstigdes se besonderhede

օ Die eksekuteur se naam

օ Die getuies se name en handtekeninge

• Elke bladsy van die testament moet onderteken wees.

• Die testateur moet die testament voor twee getuies van ouer as 14 jaar teken. Die getuies moet nie begunstigdes of die eksekuteur in die testament wees nie.

• Die twee getuies moet gelyktydig (simultaneously) in teenwoordigheid van die testateur wees terwyl die testament onderteken word.

• Daar behoort ’n eksekuteur in die testament aangewys te word. Dit maak egter nie die testament ongeldig (makes invalid) as daar nie ’n eksekuteur aangestel is nie.

• ’n Testament kan ook die volgende insluit:

ᴑ ’n skenking aan ’n liefdadigheidsorganisasie (charity)

ᴑ die skenking van organe vir navorsing of oorplanting (transplants) (sien: https://bit.ly/3SjBNDh)

ᴑ ’n “lewende testament” (living testament) waarin aangedui word dat die testateur nie kunsmatig (artificially) aan die lewe gehou moet word nie (sien: https://bit.ly/3BVafPs)

• As jy sonder ’n testament sterf, sterf jy intestaat (intestate) en word jou bates (assets) volgens ’n wet hanteer. Dan kan persone erf wat jy miskien nie wou hê van jou moes erf nie.

• ’n Testament moet bygehou (kept up to date) en op ’n veilige plek gebêre word.

Sample

Voorbeeld van ’n testament

Hierdie testament is skertsend (tongue in cheek) uit die oogpunt (point of view) van die robot, Shakey, geskryf.

TESTAMENT

Hierdie testament is die laaste wil en bemaking (bequest) van my, Shakey, identiteitsnommer: 01ROBOT, werksaam te SRI Internasionaal en tans woonagtig te Menlo Park, Kalifornië.

1. HERROEPING

Ek herroep (revoke) hiermee alle vorige testamentêre geskrifte.

2. BEMAKING

2.1 Ek bemaak my hele boedel (kameras, ligte, skroewe, motore, ens.) aan: Naam van erfgenaam (heir): Charles Rosen, identiteitsnommer: 4005263125089.

Hy moet dit alles gebruik om ’n beter robot te bou!

AS GETUIES

1. Ed: Meganiese Ingenieur

2. Charles se vrou

Maatskappy se prokureur

TESTATEUR/TESTATRISE

2.2 Indien Charles egter gedurende my leeftyd te sterwe kom, word die erfenis in gelyke dele (equal parts) aan sy nasate bemaak. Indien Charles egter geen oorlewende nasate (surviving offspring) het nie, word die erfenis bemaak aan die man wat my elke dag skoonmaak en olie, identiteitsnommer: ek is nie seker nie.

3. NOMINASIE VAN EKSEKUTEUR

Ek stel (naam van eksekuteur), (identiteitsnommer), hiermee as eksekuteur van my boedel aan.

4. VERANDERINGS EN/OF BYVOEGINGS

Ek behou die reg voor om te enige tyd veranderings aan en/of byvoegings by hierdie Testament aan te bring en dat dit van volle krag (of full force and effect) sal wees asof dit ’n deel van hierdie testament was.

Geteken deur my in teenwoordigheid van ons almal gelyktydig hier teenwoordig.

OP 25 Januarie 1972

AS GETUIES

1. Ed: Meganiese Ingenieur

ADRES:

TEL:

2. Charles se vrou

ADRES: TEL:

Maatskappy se prokureur

TESTATEUR/TESTATRISE

Noudat jy na die testament gekyk het, gesels oor die elemente daarvan met jou fasiliteerder en/ of met die res van die klas. Gebruik die volgende vrae om julle bespreking te lei:

1. Hoe sou julle die taal wat in die testament gebruik word, beskryf?

2. Is daar enige iets in die testament wat bedoel is om iemand te manipuleer?

3. Beskryf die eerste en die laaste klousules (clauses) van die testament (1 en 4) in jou eie woorde.

4. Waarom is klousule 1 belangrik?

Sample

5. Voer ’n kort klasdebat oor die volgende tema: Ons begin al hoe meer beweeg in ’n rigting waar robotte, veral robotte met kunsmatige intelligensie (artificial intelligence), baie soos mense kan reageer en selfstandig (independently) kan dink. Moet hulle die reg gegee word om dinge te kan doen soos testamente opstel?

Handleiding 2/2

Aktiwiteit 206: Oefen voegwoorde en verbindingswoorde

Net soos George en Ed allerhande meganiese dele aanmekaargesit het om Shakey te maak, is daar in Afrikaans ook woorde wat ons help om dele bymekaar te sit.

Kom ons hersien die belangrikste inligting oor voegwoorde.

Voegwoorde verbind twee of meer woorde, frases, sinsdele of sinne aan mekaar. Wanneer twee sinne met ’n voegwoord aan mekaar verbind word, verander die woordorde soms. Dit hang af van die groep waarin die voegwoord pas.

Groep 1

Groep 2

Groep 3 maar – but en – and of – or want – because dus – thus/therefore daarom – therefore dan – then daarna – then

dat – that omdat – because totdat – until voordat – before nadat – after sodat – so that terwyl – while

Die woordorde bly dieselfde.

Die woordorde verander: Die eerste werkwoord van sin 2 skuif na die posisie direk ná die voegwoord.

Die woordorde verander: Die hoofwerkwoord van sin 2 skuif na die einde en die hulpwerkwoord na die posisie net voor dit.

sin 1 + voegwoord + sin 2 sin 1 + voegwoord + ww. + sin 2 sin 1 + voegwoord + sin 2 + hulpww. + ww.

Komma voor die voegwoord indien dit twee onafhanklike sinne verbind

Altyd ’n komma voor die voegwoord

Geen komma voor die voegwoord nie

1. Skryf die volgende sinne in die regte volgorde oor:

a) Charles wil ’n robot ontwerp omdat George is voor hulle.

b) Ed stem saam, daarom sal wees dit ’n sukses.

c) As die weermag dit koop, dan hulle kan bou nog.

d) Hulle kan niks doen voordat die weermag koop die robot nie.

e) Die weermag koop hul patent, daarna hulle miljoenêrs is.

2. Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies:

a) Charles is slim. Ed is meer prakties (terwyl)

b) Ed se vrou doen baie. Hy wil haar help. (daarom)

c) Die weermag koop hul patent. Hulle het nou geld. (dus)

d) Ed se vrou is bly. Haar robot kan was en stryk. (want)

e) Die robot kan beweeg. Die robot kan kyk. (en)

AFDELING 2 LEES EN KYK

Aktiwiteit 207: Bestudeer nog ’n testamen t

Prelees: Vrae wat jou laat nadink

Lees eers die agtergrond hier onder en die voorbeeld van ’n testament. Dit stel jou in staat om oor die vrae na te dink en met jou fasiliteerder daaroor te gesels.

Familie X se skatryk oupa se testament se drama

SampleDaar was drama in familie X toe prokureur Y die bruin koevert (envelope) uit haar brandkluis (safe) haal en begin om dit oop te maak. Ouma Z het flou neergeslaan, en oom A het sy broer hardhandig (aggressively) uit die kantoor verwyder. Dit alles oor skatryk oupa B se testament wat gelees sou word. Verstaan mooi, ouma Z was oupa B se vierde vrou – en niemand was nog seker hoe die arme oupa aan sy einde gekom het nie (how he died). Prokureur Y se hand het liggies gebewe toe sy die bruin koevert begin oopskeur en die geel testament stadig en plegtig (ceremoniously) uittrek …

Handleiding 2/2

Waarom kan ’n testament soveel drama veroorsaak?

Oupa B kon in sy testament bepaal wat ná sy dood met sy besittings gebeur. ’n Testament kan dus verseker dat jou wense na jou dood vervul (fulfilled) word. ’n Testament moet aan sekere vereistes (requirements) voldoen om geldig (valid) te wees. Testamente is egter persoonlike dokumente en kan van mens tot mens verskil. Dit is waarom daar soveel drama in prokureur Y se kantoor afspeel: Nie een van die familielede weet nog wat in oupa B se testament staan nie.

Beantwoord die volgende vrae nadat jy die voorbeeld van ’n eenvoudige testament vir ’n enkelpersoon gelees het:

1. As jy iets besit wat jy wil hê jou beste maat moet kry indien jy iets oorkom (if something happens to you), hoe kan jy seker maak dat jou maat dit kry?

2. Vluglees die teks hier onder. Hoe kan jy sien dat dit ’n amptelike dokument (official document) is? Gee een rede.

3. Volgens die voorbeeld van die testament hier onder, wie kry die erfenis (inheritance) indien die erfgenaam gedurende die testateur se leeftyd sterf?

TESTAMENT

Hierdie testament is die laaste wil en bemaking van my, (naam), (identiteitsnommer),werksaam te (werk se naam) en tans woonagtig te (straat) (nommer), (naam van dorp), (provinsie).

1. HERROEPING

Ek herroep hiermee alle vorige testamentêre geskrifte.

2. BEMAKING

2.1 Ek bemaak my hele boedel aan: (Naam van erfgenaam), (identiteitsnommer).

AS GETUIES

1.

2.

TESTATEUR/TESTATRISE

2.2 Indien (naam van erfgenaam) egter gedurende my leeftyd te sterwe kom, word die erfenis in gelyke dele aan sy/haar nasate bemaak. Indien (naam van erfgenaam) egter geen oorlewende nasate het nie, word die erfenis aan (naam van erfgenaam), (identiteitsnommer) bemaak.

3. NOMINASIE VAN EKSEKUTEUR

Ek stel (naam van eksekuteur), (identiteitsnommer), hiermee as eksekuteur van my boedel aan.

4. VERANDERINGS EN/OF BYVOEGINGS

Ek behou die reg om te eniger tyd veranderings aan en/of byvoegings tot hierdie Testament aan te bring en dat dit van volle krag sal wees asof dit ’n deel van hierdie testament was.

Geteken deur my in die teenwoordigheid van ons almal gelyktydig hier teenwoordig.

OP AS GETUIES

1.

ADRES: TEL:

2.

ADRES: TEL:

TESTATEUR/TESTATRISE

Tydens lees: Verken die testament verder

1. Watter woord in die teks beteken dieselfde as “finale”?

2. Wat is die betekenis en waarde van ’n identiteitsnommer op ’n dokument soos hierdie “testament”?

3. Kan elke persoon ’n straatnommer as adres gee? Watter alternatief is daar?

Handleiding 2/2

4. Vorm selfstandige naamwoorde van:

a) herroep

b) bemaak

5. Vorm ’n byvoeglike naamwoord van “testament”.

6. Stem jy met die volgende stelling saam? Haal uit die teks aan om jou antwoord te ondersteun:

In hierdie testament kan die testateur al sy of haar besittings (possessions) bemaak.

7. Hoeveel getuies moet teken?

8. Gestel dat ouma Z al oupa B se besittings geërf het. Hierdie testament is nou hare (hers). As oom A haar erfgenaam is, en hy sterf voor ouma Z, wie erf dan?

9. Kies die beste antwoord wat die stelling voltooi:

Die testateur:

A. kies die eksekuteur uit ’n lys name wat die erfgenaam gee.

B. stel self die eksekuteur volgens eie keuse aan.

C. stel die eksekuteur in ’n byvoeging by die testament aan.

D. stel die eksekuteur in die geheim aan.

10. Kies die korrekte antwoord uit die twee tussen hakies:

Die testateur kan (ná/voor) sy dood byvoegings by die testament aanbring.

Postlees: Verstaan die testament nog beter

1. ’n Misdaadskrywer (crime writer) sal moontlik klousule 2.2 van die testament lees en dink dat daar ’n potensiële moordverhaal daarin opgesluit is. Verduidelik hoe klousule 2.2 ’n idee vir so ’n moordverhaal kan gee en wat die voorwaarde (condition) daarvoor sal wees.

2. Bespreek: “Dis onregverdig dat ryk mense se kinders hulle rykdom erf. Dit sit net ongelykheid voort. Elkeen behoort van voor af te werk om iets te besit.”

Sample

Aktiwiteit 208: Hersien deelwoorde

In hierdie aktiwiteit kyk ons weer na ’n deel van die Afrikaanse taal wat baie gebruik word, naamlik deelwoorde (participles). Ons hersien eers die teorie oor deelwoorde; dan kry jy geleentheid om jou kennis prakties te oefen.

’n Deelwoord is ’n vorm van die werkwoord wat nie selfstandig (independently) as ’n werkwoord gebruik kan word nie. Ons onderskei tussen voltooide deelwoorde en onvoltooide deelwoorde.

Voltooide deelwoorde kan in swak en in sterk voltooide deelwoorde verdeel word. Die swak voltooide deelwoord is die vorm van die werkwoord wat saam met die hulpwerkwoord van tyd, “het”, gebruik word om die verlede tyd uit te druk:

Die robot het die werk gedoen. Hy het daarvan gehou.

Daar is swak voltooide deelwoorde wat nie ’n ge- kry nie, soos in die volgende voorbeelde:

• Saamgestelde werkwoorde:

Hulle het mekaar ondersteun

• Werkwoorde met premorfeme soos be-, ge-, her-, er-, mis-, ont-, ver-:

Die erfgenaam het geld verduister.

Die familie het mekaar herontdek ná die afsterwe van hul oupagrootjie.

Die swak voltooide deelwoord kan verder as ’n attributiewe byvoeglike naamwoord gebruik word. Dit beteken dit kan as ’n byvoeglike naamwoord vóór die selfstandige naamwoord staan: ’n gevulde aartappel, gevoude arms.

Die sterk voltooide deelwoord kom nie in ’n werkwoordfunksie voor nie, maar slegs as byvoeglike naamwoord of as selfstandige naamwoord: ’n geslote mens.

Die onvoltooide deelwoord

Die onvoltooide deelwoord word aan die infinitief plus ­(e)nde herken: straal – stralende, huil – huilende .

Die onvoltooide deelwoord kom nie as werkwoord voor nie, maar word meestal as byvoeglike naamwoord gebruik, soos in die volgende voorbeelde:

Dit is vir die lugwaardin makliker om sittende passasiers te tel. Blaffende honde maak almal wakker.

Die onvoltooide deelwoord kan as bywoord voorkom, byvoorbeeld: Hulle lag aanhoudend.

Sample

Die onvoltooide deelwoord kan ook as selfstandige naamwoord voorkom, byvoorbeeld: die pratendes, die insittendes.

Verder kan dit ook as voorsetsel voorkom, byvoorbeeld:

Ons moet die familie aangaande oupa se testament saamroep.

1. Skryf nou die korrekte deelwoorde vir die woord tussen hakies neer:

a) ’n Testament bevat al die (loop) bates van die oorledene.

b) Die oorledene se familie het (breek) harte.

c) Die (aanneem) kind erf alles.

d) Sy broers is nou (sweer) vyande van hom.

e) Die oorledene se villa is in ’n (soek) area.

f) Die moeder se (bederf) brok het niks geërf nie.

g) Die prokureur het die (huil) familie nog verder geskok.

h) Die eksekuteur van die testament het ’n (versoen) atmosfeer bepleit.

i) Die (uitwerp) broers het die studeerkamer woedend verlaat.

j) Die erfgenaam se (lag) houding was soos olie op die vuur.

Aktiwiteit 209: Identifiseer die regte styl, toon en register

Kontrakte en testamente is voorbeelde van formele, amptelike (official) dokumente. Dit word in ’n spesifieke styl, toon en register geskryf.

Hier volg ’n interessante verduideliking oor styl. Ons praat baie daarvan, maar wat is die styl van ’n geskrewe stuk nou eintlik?

Die styl moet by die soort skryfstuk en by die inhoud daarvan pas. Jack Rawlins (The writer’s way, p. 158) gee die volgende voorbeelde (in Afrikaans verwerk) om verskille in styl te illustreer:

Sample

As jy ’n nota moet los vir jou woonstelmaat wat weereens vergeet het om die skottelgoed te was, kan jy dit op die volgende maniere stel:

• Jy het weer vergeet om die skottelgoed te was.

• Is daar ’n rede dat jy weer nie die skottelgoed gewas het nie?

• Was dit dalk my beurt om die skottelgoed te was? Ek sien dis weer nie gedoen nie.

• Kan ons moontlik gaan sit om weer oor die skottelgoedbeurte te praat?

• Die Hantering van Vuil Skottelgoed tans Benede Minimum Aanvaarbare Huishoudingstandaarde

• Verstaan nou mooi: As hierdie skottelgoed nie vandag gewas word nie, is ek nie verantwoordelik vir wat met jou kan gebeur nie!

• Hei, skottelgoed word nie vanself skoon nie, jy weet!

• Was die skottelgoed!

• SKOTTELGOED!!!

Elkeen van bostaande notas sê dieselfde ding, maar dis elke keer in ’n ander styl geskryf. Styl is dus die individuele en persoonlike manier waarop ’n skrywer sy of haar gedagtes uitdruk. Inhoud is wát jy sê. Styl is hóé jy dit sê.

Die styl moet nooit die belangrikste wees nie. Dis net ’n middel om die inhoud beter oor te dra, want die inhoud bly steeds die belangrikste. Die styl moet sodanig wees dat dit die waarde van dit wat geskryf is, verhoog.

1. Bespreek nou die volgende dokumente met mekaar en sê:

• of dit ’n formele of informele register het; en

• of die styl waarin dit geskryf is by die inhoud pas.

b)

Sample

My testament

Ek ken nie die datum nie.

Ek los alles vir my lui, slegte seuns.

Lekker verder baklei.

Jul pa (dink ek)

Geagte Mevrou

KLAGTE OOR DIENS

Ek, Thandiwe Timeni, het op 14 Maart 2022 uiters power diens by een van u winkels gekry. Ongelukkig moet ek ’n klagte lê.

c)

d)

e)

Memo

Hallo Julle!

Vrydag is Loslitdag. Trek lekker funky aan. Lol

Geagte Skoolhoof DISKRIMINASIE

Daar word openlik teen sommige van u leerders gediskrimineer. Ons vra al geruime tyd lank vir ’n sokkerafrigter, maar ons versoek val op dowe ore (you turn a deaf ear).

KONTRAK

Tussen

Mary Shelley En MacMillan Uitgewers

Vir 5 000 eksemplare van die roman Frankenstein. Geteken op … te … van die jaar 1817.

Aktiwiteit

210: Lees ’n strokiesprent, “Seun van Frankenstain ”

Die strokiesprent wat volg, gaan oor Frankenstein. Die meeste mense sal seker op die vraag, “Wie was Frankenstein?”, antwoord: “Die monster wat kunsmatig geskep is.” Jammer, maar dis verkeerd. Dr Victor Frankenstein was die wetenskaplike wat lewe wou skep. Maar toe ontstaan dit wat hy die “… wretch—the miserable monster whom I had created …” genoem het.

Frankenstein or The Modern Prometheus, die verhaal van dr. Frankenstein en sy skepsel is deur Mary Wollstonecraft (Godwin) Shelley geskryf. Dit het die eerste keer in 1817 verskyn. Lees dit by: https://bit.ly/2FuEwYS.

’n Film van 1931, Frankenstein (https://imdb.to/3SggvGA), en ’n nuwer weergawe van 1994, Mary Shelley’s Frankenstein (https://imdb.to/3qSBDHx), het nuwe lewe (!) aan die verhaal gegee.

Gaan eers deur die preleesvrae voordat jy na die strokiesprent kyk.

Prelees: Vrae wat jou laat nadink

1. Watter van hierdie monsters ken jy? Vertel daarvan.

A. King Kong

B. Loch Ness Monster

C. Godzilla

D. Bigfoot

2. Wie dink jy is die staande figuur in die strokie (strip) hier onder?

3. Hoeveel praatwolke is daar in die strokie?

Woordeskat

artifisiële intelligensie (artificial intelligence, AI) – eintlik as kunsmatige intelligensie bekend; rekenaarprogrammatuur wat intelligente menslike gedrag naboots

• A complete guide with all the texts (contemporary and classic) for comprehension exercises, speeches, and reading included.

• Use with Christien Neser’s Absoluut Einstein for the prescribed literature component.

• Comprehensive explanations of language aspects.

• Step-by-step guidelines in plain language.

• Fun, engaging, and practical activities.

• Interesting themes for Grade 9s to expand general knowledge and inspire curiosity.

• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.

• Suitable for learners on all levels.

• Use in school or at home.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.