Graad 10 / 11 / 12 Toerisme

Page 1


Graad 10 / 11 / 12 • Terminologiegids

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk.

Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157

info@optimi.co.za

www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

SAMPLE

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

4x4

ʼn Vierwielaangedrewe voertuig soos ʼn Land Rover wat spesiaal ontwerp is om oor ruwe terrein te ry.

AÀ la carte

Van à la carte tot avontuurtoerisme

Die prys van elke gereg word afsonderlik volgens dié spyskaart in ʼn restaurant aangedui. Dit verskil dus van ʼn vaste spyskaart (“table d’hôte”).

Aan boord gaan As ʼn mens op ʼn skip of vliegtuig klim

Aan land/wal gaan Verlaat ʼn skip of vliegtuig

Aandeelhouers

Aandelefinansiering

Aangepaste

Amerikaanse plan

Aangeskrewe

• Individue of ondernemings wat ʼn deel van ʼn onderneming, organisasie of inisiatief besit

• Trek direk voordeel uit die sukses van die organisasie

Dit is wanneer geld gemaak word deur beleggings in ruil vir aandele in ʼn beginonderneming.

Sluit verblyf, asook ontbyt en middagete of aandete in

Bekend of gerespekteer

SAMPLE

Aangrensende kamer Twee of meer slaapkamers wat langs mekaar is, maar nie deur ʼn gemeenskaplike deur verbind word nie

Aanlyn inkopies Voordele:

• Maklik toeganklik en gerieflik

• Wyd beskikbaar

• Vinnig

• Groot verskeidenheid

• Goedkoper en maklik om prysvergelykings te tref

• Geen samedromming van mense nie

Aanlyn inkopies (vervolg)

Aanname

Aansporing

Aardeberaad

Aardedag

Nadele:

• Almal het nie toegang tot die internet nie

• Pryse kan nie onderhandel word nie

• ʼn Mens kan maklik te veel geld spandeer omdat dit so gerieflik is en slim bemarkingstruuks ook gebruik word.

• Koste van verpakking en aflewering

• Ander verskuilde koste, soos invoerbelasting

• Gehalte is nie duidelik sigbaar nie

• Kan ʼn bedrogspul wees

• Te veel tyd kan aanlyn bestee word

• Dit kan moeilik wees om pakkies terug te gee of om te ruil.

Iets wat as waar of seker aanvaar word sonder bewyse.

ʼn Beloning wat ʼn werknemer harder laat werk

• Ook bekend as die VN se Konvensie oor Omgewing en Ontwikkeling (UNCED)

• Ten doel om ekonomiese ontwikkeling te bevorder, armoede te verminder, en om die aarde se ekologiese stelsels te bewaar en te beskerm

• Dit is in 2021 vir die tweede agtereenvolgende jaar virtueel gehou weens Covid-19.

Die dag word jaarliks op 22 April herdenk en beklemtoon hoe belangrik dit is om die omgewing te beskerm. Dit word deur meer as een biljoen mense ondersteun en sluit verskeie geleenthede in wat deur EarthDay.org gereël word. Die organisasie het 150 000 vennote in meer as 192 lande.

Die organiseerders het in 2021 vyf pilare geïdentifiseer wat kan help om hul doelwit –om die planeet te red – te verwesenlik.

SAMPLE

• Die groot globale skoonmaak: Om afval en plastiekbesoedeling te verminder, habitatte te verbeter en verdere skade aan die mensdom en natuurlewe te voorkom

• Die kosvoetspoor vir die toekoms: Om die omgewingsimpak van die groei, vervaardiging, vervoer en berging van kos te verminder

• Die boomdakprojek (“canopy project”): Sekere gemeenskappe leef in gebiede waar hulle in groot gevaar verkeer weens klimaatsverandering en omgewingsagteruitgang. Bome moet daar geplant word en herbossing moet plaasvind in gebiede wat rehabilitasie nodig het.

• Klimaatgeletterdheid: Sorg dat leerders/studente wêreldwyd gehalte-opvoeding ontvang en sodoende ingelig en omgewingsbewus word

• Die internasionale uitdaging: Bemagtig mense wêreldwyd om omgewings- en gesondheidsbedreigings in hul gemeenskap te monitor en verminder met behulp van selfoontegnologie en burgerwetenskapdata

Aardverwarming

• Die geleidelike verhoging van die lugtemperatuur in die aarde se atmosfeer

• Dit word veroorsaak deur sekere kweekhuisgasse wat nywerhede en voertuie, onder meer, vrystel.

Impak:

• Vernietig die natuurlike omgewing

• Beïnvloed die migrasiepatrone van voëls en mariene lewe

• Vernietig sensitiewe ekostelsels wat onvervangbaar is

• Lei daartoe dat spesies vinnig uitsterf

• Stygende seevlakke lei tot wydverspreide vloede

Voorkoming:

• Aanvaar en bevorder ʼn groen lewenstyl, en verminder die koolstofvoetspoor

• Gebruik omgewingsvriendelike produkte (vermy CFC-produkte)

• Verminder, hergebruik en herwin afvalprodukte

• Bespaar elektrisiteit of energie

• Verminder fossielbrandstofverbruik deur klein voertuie, openbare vervoer, fietse of saamryklubs te gebruik, of deur te stap

• Plant bome en beskerm die woude

• Hou die omgewing skoon

• Bly op hoogte van die situasie en volg internasionale bewegings om hierdie probleem te bekamp

• Moenie hulpbronne vermors nie

• Toeroperateurs kan hul hulpbronverbruik probeer verminder en hul kliënte aanmoedig om dieselfde te doen.

• Maak toeriste bewus van plaaslike omgewingsuitdagings en maak hulle bewus van maniere hoe hulle daarmee te help

• Stel ʼn koolstofbelasting in

Ablusie Badkamer- en toiletgeriewe, gewoonlik by kampeerplek

ACSA / LMSA (Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika / “Airports Company South Africa”)

SAMPLE

• Suid-Afrika se lughawens was tot en met Julie 1993 deur die regering beheer en bedryf.

• Nadat ACSA amptelik gestig is, is nege lughawens onder die maatskappy se beheer geplaas.

• Die staat (deur die departement van vervoer) was ACSA se enigste aandeelhouer tot hulle gedeeltelik geprivatiseer is.

• ACSA is die grootste lughawensonderneming in Afrika en voorsien bestuursdienste vir die groot lughawens in Suid-Afrika.

• ACSA het ʼn strategie wat op drie pilare berus en dit sluit die bedryf van lughawens, die ontwikkeling daarvan en die groei van hul voetspoor in.

• ACSA help om te sorg dat als glad by Suid-Afrikaanse lughawens verloop.

ACSA-lughawens

ACSA bedryf die land se tien hooflughawens:

TOERISME TERMINOLOGIE

LUGHAWE LIGGING

OR Tambo Internasionale Lughawe (ORTIA) Johannesburg, Gauteng

Kaapstadse Internasionale Lughawe (ICAO) Kaapstad, Wes-Kaap

King Shaka Internasionale Lughawe (KSIA) Durban, KwaZulu-Natal

Bram Fischer Internasionale Lughawe (BFN) Bloemfontein, Vrystaat

Upington Internasionale Lughawe (UTN) Upington, Noord-Kaap

Chief Dawid Stuurman Internasionale Lughawe (PLZ) Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap

King Phalo-lughawe (ELS) Oos-Londen, Oos-Kaap

George-lughawe (GRJ) George, Wes-Kaap

Kimberley-lughawe (KIM)

Mthatha-lughawe (UTT)

Advertering / reklame (om toerisme te bevorder)

Kimberley, Noord-Kaap

Mthatha, Oos-Kaap

• E-bemarking: Die gebruik van digitale tegnologie soos webtuistes, selfone en sosiale netwerke

• Persoonlike Digitale Assistent (PDA), blogs en persvrystellings

• Groot aktiverings: ʼn Teenwoordigheid by gewilde geleenthede en tentoonstellings om groter gehore te bereik

• TV-advertensies: Bereik ʼn wye en diverse gehoor

Aërofobie Die vrees vir vlieg

Af seisoen

Afgeleë

Afgevaardigde

Afrika se reisindaba

Sien notas oor LAAGSEISOEN

Afstandgrootouerskap

Agenda 21

Weg van bekende toeriste-aantreklikhede en van hoofpaaie af. ʼn Ongewone roete of bestemming.

ʼn Individu wat ʼn konferensie bywoon.

SAMPLE

• Een van Afrika se grootste toerismebemarkingsgeleenthede wat jaarliks by die Inkosi Albert Luthuli ICC-kompleks in Durban gehou word

• Vertoon die Afrika-reisbedryf se produkte aan die internasionale mark

• Dit word deur SAT bedryf en deur Synergy Business Events gereël.

• ʼn Nuwe tipe toerisme

• Kinders en kleinkinders immigreer na ʼn ander land terwyl die grootouers agterbly.

• Grootouers reis gereeld om hul kinders en kleinkinders te besoek.

ʼn Nie-bindende aksieplan van die Verenigde Nasies, ander multilaterale organisasies en individuele regerings om globale volhoubare ontwikkeling te bereik (sien notas oor WÊRELDBERAAD OOR VOLHOUBARE ONTWIKKELING)

Airbnb ʼn Amerikaanse maatskappy wat ʼn aanlyn platform vir korttermyn-vakansieverblyf bedryf

Airbnb lys ongeveer ses miljoen aktiewe eiendomme en vier miljoen gashere wêreldwyd in meer as 220 lande en meer as 100 000 stede en dorpe.

Gashere wat deel van Airbnb is, bied verskeie verblyfopsies aan.

Akkommodasie kan deur ʼn webblaaier of die Airnbnb-toep bespreek word.

Akkommodasie (hoteltipes)

Hotelle kan volgens grootte, ligging, teikenmark en eienaarskap gekategoriseer word.

Hotelle volgens grootte (veral nuttig as die bestuur verskillende hotelle van dieselfde grootte wil vergelyk):

• Minder as 200 kamers: baie klein

• Tot 200 kamers: klein

• 200 tot 399 kamers: middelslag

• 400 tot 700 kamers: groot

• Meer as 700 kamers: mega

Hotelle volgens ligging (gekategoriseer volgens ligging en nabyheid aan die stad):

• Lughawenshotelle: Naby die lughawe. Reisigers wat onderweg is na ʼn volgende bestemming gebruik dit gewoonlik vir ʼn kort verblyf.

• Boothotelle: Verblyf op huisbote

• Middestad: In die hart van ʼn stad naby ʼn kommersiële distrik

• Motel: Klein hotelle wat op snelweë geleë is en dikwels deur reisigers gebruik word wat onderweg is na ʼn bestemming

• Voorstedelike hotelle: Naby stedelike omgewings en wat deur gaste gebruik word vir bekostigbaarheid

• Drywende hotelle: Op plesierskepe, groot mere of riviere

• Oorde: Op strande, berge, eilande of rivieroewers

• Treinhotelle: Hotelle op wiele soos die Rovos Rail-trein

• Selfsorghotelle: Dikwels op dieselfde perseel waar die eienaar bly

Hotelle volgens teikenmark (word volgens die teikenmark gekategoriseer):

SAMPLE

• Lughawenshotelle is gemik op sakereisigers, vlugpassasiers of enige ander gaste wie se vlug gekanselleer of vertraag is.

• Sakehotelle is hoofsaaklik op sakereisigers gerig.

• Bed & ontbyt (B&B) is klein hotelle vir gaste wat onderweg is of op ontspanningstoere is. Die eienaars van die B&B bly gewoonlik op dieselfde perseel en bedien ontbyt vir gaste.

• Casinohotelle voorsien in die behoeftes van gaste wat in dobbel belangstel en tydelike verblyf by ʼn hotel op die perseel wil hê.

• Oordhotelle se mark is besige, professionele beroepsmense met ʼn hoë inkomste wat tyd weg van die stad, geraas en gedrang soek. Geriewe kan ʼn spa, tennisbaan, fiksheidsentrum en moontlikhede vir seil, snorkel en swem insluit.

• Selfsorghotelle akkommodeer mense wat lank wil vertoef en verkies om vir hulself kos te maak. Daar is gewoonlik ʼn klein kombuis ook.

Akkommodasie (hoteltipes, vervolg)

Akkommodasie (kamertipes)

Woonstelle wat gediens word is in residensiële gemeenskappe en voorsien langtermynverblyf, gewoonlik minstens een maand. Alle basiese geriewe soos ʼn kombuis, wasmasjien, skottelgoedwasmasjien en beddens word voorsien met weeklikse huishoudingsdienste.

Suitehotelle bied ʼn sitkamer en ʼn en suite-slaapkamer. Professionele beroepsmense wat met kliënte of klante wil vergader verkies hierdie hotelle omdat hulle kleiner vergaderings sonder onderbrekings kan hou en ook nie hul privaatheid hoef op te offer nie.

Hotelle se stergradering:

ʼn Gas kan ʼn klein hotel verwag wat deur die eienaar en sy gesin bedryf en bestuur word. Die atmosfeer is meer persoonlik en die kamers het basiese geriewe. Daar is gewoonlik ʼn restaurant binne stapafstand, ʼn klein kommersiële gebied en openbare vervoer.

 Die hotelle is gewoonlik deel van ʼn kettinghotelgroep wat gehalte, maar beperkte geriewe bied. Dit is dikwels klein of middelslaghotelle met ʼn foon en TV. Hulle bied nie die gerief van kamerdiens nie, maar bied wel ʼn klein restaurant op die perseel binne stapafstand.

 Hierdie hotelle is gewoonlik naby ʼn groot sakekern, snelweg of inkopiesentrum. Die kamers is skoon en ruim, en die voorportale is mooi versier. ʼn Restaurant op die perseel bied maaltye en daar is geriewe soos ʼn swembad, fiksheidsentrum, kamerdiens en parkeerdienste.

 Die hotelle is groot en gewoonlik deel van ʼn groter groep van soortgelyke hotelle wat uitstekende diens bied. Dit is gewoonlik in ʼn puik gebied geleë met nabye geleenthede vir inkopies, uiteet en vermaak. Gaste kan skoon en gemeubileerde kamers, ʼn restaurant op die perseel, kamer- en parkeerdienste en ʼn fiksheidsentrum op die perseel verwag.

 Hierdie hotelle is groot en luuks, en bied die hoogste standaard van diens, hetsy dit kamerdiens of persoonlik van aard is. Die argitektuur is besonders, stylvol en elegant. Die kamers is toegerus met gehalte-linne, ʼn TV, baddens en die kamers het gewoonlik ʼn mooi uitsig. Die hotel het verskillende eetplekke op die perseel, soos koffiewinkels, restaurante, eetplekke by die swembad en swembadkroeë. Dit bied ook kamerdiens vir 24 uur per dag, parkeerdiens en persoonlike beskermingsdienste.

SAMPLE

Hotel met verskillende graderings: Sekere hotelle het vloere met verskillende graderings. Dit is gewild by sakereisigers aangesien die jongste tegnologie beskikbaar en toeganklik is. Nadat sakelui hul sake afgehandel het, kan hul gesinne by hulle aansluit en hulle kan dan op ʼn vloer met ʼn laer gradering en tarief bly vir die tydperk wat die maatskappy nie die rekening betaal nie. Sakemense kan steeds hul werk doen omdat alle vloere oor die jongste tegnologie beskik.

Enkelkamer: ʼn Kamer met ʼn enkelbed wat een persoon kan akkommodeer. Dit het ʼn badkamer, ʼn klein spieëltafel, bedkassie en skryftafel. Sommige vertrekke het ook ʼn stoel. Dubbelkamer: ʼn Kamer vir twee mense met twee alternatiewe opsies, afhangend van die grootte van die bed. Dit kan ʼn koningsdubbelkamer met ʼn koningsgroottebed of ʼn koningindubbelkamer met ʼn koningingroottebed wees.

Akkommodasie (kamertipes, vervolg)

Akkommodasie (nie-standaard)

Luukse kamer (“deluxe”): Die kamer is in enkel of dubbel beskikbaar. Dit is gemeubileer en geriewe sluit gewoonlik ʼn badkamer, spieëltafel, bedkassie, klein skryftafel, TV en klein yskas in.

Tweelingkamer: ʼn Kamer met twee aparte enkelbeddens wat twee gaste kan akkommodeer

Hollywood-tweelingkamer: Die kamer het twee enkelbeddens met ʼn gedeelde kopstuk. Die twee beddens kan teen mekaar geskuif word om ʼn dubbelbed te skep indien nodig.

Dubbel-dubbelkamer (tweelingdubbel): Die kamer het twee aparte dubbelbeddens en is vir gesinne met kinders jonger as 12 jaar geskik.

Duplekskamer: Twee kamers op twee verskillende vloere wat met binnenshuisetrappe verbind word

Trippelkamer: ʼn Kamer met twee of meer beddens wat drie of meer mense kan akkommodeer

Kwad: ʼn Kamer met twee of meer beddens wat vir vier mense kan akkommodeer

Gesinskamer: ʼn Kamer wat vir twee volwassenes en twee kinders ontwerp is

Aansluitende kamers (“connecting”): Kamers met ʼn ingang van buite en ʼn deur wat hulle tussenin verbind. Gaste kan tussen kamers beweeg sonder om deur die gang te gaan.

Aangrensende kamers (“adjacent”): Kamers met ʼn gemeenskaplike muur, maar geen deur wat hulle verbind nie

Aanliggende kamers: Kamers wat naby mekaar is, moontlik oorkant mekaar

“Cabana”: Kan by ʼn strand, meer of swembad wees en het gewoonlik ʼn groot balkon

Studio: Tweeling-aangrensende kamers – ʼn woonvertrek met ʼn bank, koffietafel, stoele en ʼn slaapkamer. Dit het gewoonlik ʼn waaier/lugversorger, ʼn klein kombuisie en ʼn eetkamer. Die meubels is dikwels kompak.

“Lanai”: ʼn Hotelkamer met ʼn buitenshuise woongedeelte − kan by ʼn landskap, waterval of tuin wees

Superieur:

SAMPLE

• Beste ligging en beste uitsig met die hoogste moontlike geriefsvlak, meubels, geriewe en dekor

• Het gewoonlik ʼn koningin- of koningsgroottebed

• Bestaan uit twee of meer vertrekke

• Daar is gewoonlik ʼn woonvertrek en slaapkamer

Suite: Het een of meer slaapkamers, ʼn sitkamer en ʼn eetkamer. Dit is ideaal vir gaste wat meer ruimte en privaatheid soek, en wat graag gaste sonder onderbrekings wil onthaal.

Verskillende suites:

Gewoon: Ideaal vir sakereisigers

Dakwoonstel: Al die geriewe en strukture wat in ʼn gewone suite gevind word, maar luukser en het toegang tot ʼn terras. Dit is is privaat en bied ʼn goeie uitsig oor die omgewing.

Presidensieel: Die beste suite in die hotel met ekstra sekuriteit, luukse meubels en ʼn butler

Akkommodasie wat gediens word

Akkommodasie wat nie gediens word nie

Akkommodasiebegrippe

Akkommodasietipes

TOERISME TERMINOLOGIE

• Verwys na verblyfplekke wat maaltye verskaf, kamers daagliks skoonmaak, en skoon linne en vars badkamerbenodigdhede vir elke nuwe besoeker verskaf.

• Kan moontlik ʼn wasdiens ook bied (waarvoor gaste moet betaal)

Verblyfplekke waar gaste hul eie maaltye moet voorsien en hul eie kamer moet skoonmaak

Selfsorgverblyf soos woonstelle, jeughostelle, vakansieparke, kampeerplekke, motorhuise en tyddeel

Per persoon: Die tarief wat per persoon gehef word (p.p.)

Per persoon wat deel: Die tarief wat per persoon gehef word wat ʼn kamer met een of meer mense deel (p.p.s.)

En suite: ʼn Slaapkamer met ʼn privaat badkamer

Ten volle inklusief: Die tarief sluit verblyf, maaltye en toegang tot alle geriewe in.

Enkelbybetaling: Dit is ʼn bykomende betaling wat ʼn enkele persoon betaal om in ʼn dubbelkamer te bly (wat nie deel nie).

p.p.p.n.: Per persoon per nag

p.p.p.d.: Per persoon per dag

p.k.p.n.: Per kamer per nag

Hotel: Bied oornagverblyf, maaltye en ander dienste aan. Hotelle het privaat kamers en amper altyd en suite-badkamers

Meenthuishotel: Hierdie verblyf is op jong, professionele beroepslui gerig en bied moderne, bekostigbare verblyf asook die gerief van ten volle gemeubileerde suites én gemeenskaplike woonvertrekke waar hulle kan werk of ontspan. Geriewe sluit gratis wi-fi en weeklikse skoonmaakdienste in.

Boetiekhotel: Klein en kompak met ʼn gevoel van intimiteit of privaatheid

SAMPLE

Motel: Gewoonlik op die buitewyke van ʼn stad met maklike toegang tot snelweë. Motelle bied parkeerplek naby aan die kamer.

Bed & ontbyt (B&B): ʼn Klein verblyfplek wat oornagverblyf en ontbyt bied

Boetiek-B&B: Eienaars gebruik hierdie begrip om hul eiendom as stylvol en van gehalte te beskryf, selfs al is dit klein.

Airbnb: ʼn Aanlyn verblyfplatform waar ʼn mens verblyf kan bespreek en wat huiseienaars in staat stel om hul huise aan reisigers te verhuur. Reisigers soek en bespreek verblyf via die Airbnb-toep.

Gastehuis: ʼn Privaat huis wat uitsluitlik vir verblyf ingerig is. Die eienaars het gewoonlik hul eie privaat verblyf op die eiendom en bedryf die gastehuis as ʼn onderneming.

Boetiekgastehuis: Luukse verblyf en indrukwekkende kamers

Villa: ʼn Groot en luukse landelike huis met sy eie gronde

Akkommodasietipes (vervolg)

TERMINOLOGIE

Boetiekvilla: ʼn Intieme omgewing waar personeel proaktief optree in plaas daarvan om net op gaste se versoeke te reageer

Kothuis: ʼn Klein, tradisionele of ouderwetse huis, of een wat seisoenaal gebruik word

Ekolodge: ʼn Afgeleë bestemming in die natuur (weg van geraas, verkeer of besoedeling), gewoonlik met minder as 30 kamers. Dit is op ekotoeriste gerig wat ʼn natuurervaring wil hê.

Boomhuishotel: Dit word in boomtoppe gebou en bied unieke, luukse en duur verblyf in die natuur.

Plaasverblyf: Akkommodasie op ʼn werkende plaas. Dit fokus op die gesin en laat kinders toe om die diere te voer, eiers te versamel, en om te leer hoe ʼn plaas werk. Baie van hierdie plekke laat egter nie kinders toe nie omdat hulle ʼn vreedsame toevlugsoord vir volwassenes wil bied.

Plaasverblyfkothuis: ʼn Klein, tradisionele of ouderwetse huis op ʼn plaas geleë

Safarilodge: Só ontwerp en geleë dat die gas na aan die natuur voel, dikwels op ʼn wildof natuurreservaat

Kampering: ʼn Buitemuurse aktiwiteit wat oornagverblyf weg van die huis behels, met of sonder ʼn skuiling soos ʼn tent of ontspanningsvoertuig

Kampeerplek: ʼn Plek wat gebruik word vir kampering in ʼn tent, karavaan of onder die sterre. Dit sluit gewoonlik geriewe soos ablusies en braaiplek in.

Luukse kampering (“glamping”): Dit kombineer glans met kampering. ʼn Vorm van kampering wat verblyf en geriewe insluit wat luukser is as dié wat gewoonlik met tradisionele kampering geassosieer word.

Karavaan: Dit word deur ʼn voertuig getrek en sluit beddens asook kook- en eetgeriewe in. Dit het gewoonlik ʼn kanttent en word tipies vir kampeervakansies gebruik.

Huisboot: ʼn Boot wat gebou of aangepas is om grotendeels as ʼn huis gebruik te word

Tyddeel: ʼn Reëling waarby verskeie gesamentlike eienaars die reg het om ʼn eiendom as ʼn vakansiehuis onder ʼn tyddeelskema te gebruik

Rugsakreisigersverblyf: Bied bekostigbare verblyf met gemaklike enkelstapelbeddens aan − of in privaat kamers of gemeenskaplike kamers

SAMPLE

Vraghouerverblyf: Vraghouers word in bekostigbare verblyfplek omskep. Dit is ʼn neiging wat wêreldwyd toeneem.

Treinwaens: Treinwaens wat ruim treinsuites bevat. Hierdie tipe verblyf bied ʼn keuse tussen tweeling- of ruim dubbelbeddens wat twee mense kan akkommodeer.

Lugbed: ʼn Kamer in die buitelug met ʼn bed en ʼn muskietnet waar gaste onder die sterre slaap. Dit bied ʼn boservaring met sonkragliggies en ʼn badkamer met ʼn spoeltoilet. Dit is soms so geleë dat dit op ʼn watergat uitkyk waar wild besigtig kan word.

Ruimtehotel: Hierdie futuristiese hotel behoort in 2027 te open en is ontwerp om soos ʼn Kermiswiel te lyk wat roteer om swaartekrag te simuleer. Hoewel die vorm daarvan ongewoon in vergelyking met ander hotelle op die aarde sal wees, behoort die kamers en geriewe grootliks herkenbaar vir die gereelde reisiger te wees. Daar sal luukse verblyf wees vir tot 280 mense (wat villas sal insluit wat as vakansiehuise verkoop kan word), ʼn gourmetrestaurant, kroeg, gimnasium en vermaaksentrum.

Akkommodasievermoë Die hoeveelheid mense wat ʼn verblyfplek op een slag kan akkommodeer

Akkommodasiewoonstel (hotelwoonstel)

ʼn Kombinasie van ʼn tradisionele hotelkamer en ʼn woonstel wat op kort termyn gehuur kan word. Die hotelwoonstel bied die luuksheid van ʼn hotel wat ten volle gediens word, met die gerief van ʼn selfsorgeenheid met een tot drie slaapkamers. Dit is die jongste neiging in die hotelbedryf en veral gewild onder internasionale besoekers.

Akrofobie ʼn Intense vrees vir hoogtes

Aksynsheffing (“duty tax”)

• Invoerbelasting word op sekere goedere gehef wat in die land ingebring word.

• Dit is moeilik om kameras, juwele, pels deur doeane te kry.

Aktiwiteit Iets wat toeriste kan doen of maak, soos duik, juwelierswaremaak en dies meer

Allergene

Alternatiewe toerisme

Amadeus GVS

ʼn Middel of bestanddeel wat ʼn allergiese reaksie soos ʼn uitslag kan veroorsaak

• ʼn Sambreelterm vir alle reisvorms wat van massatoerisme verskil

• Poog om ʼn neutrale of selfs positiewe impak op bestemmings te hê deurdat ekonomiese, sosiale, kulturele en omgewingsfaktore in ag geneem word

ʼn Wêreldwye globale verspreidingstelsel (GVS) wat reisvoorsieners (lugdienste, hotelle, motorverhuring, toeroperateurs, en dies meer) met reisverkopers (reisagentskappe en ander tussengangers) in aanraking bring.

Ambassade ʼn Gebou waar ambassadeurs werk

Amerikaanse ontbyt

SAMPLE

Dit bestaan gewoonlik uit gebakte eiers, spek, roosterbrood met botter, konfyt, pannekoeke met stroop of botter, en koffie. Dit kan self opgeskep word of uit die kombuis bestel word.

Amerikaanse plan

• Dit beteken die hotel of oord se nagtarief sluit ontbyt, middagete en aandete in.

• Maaltye word deur die kombuis voorsien en op die perseel bedien, tipies in die eetkamer

Antropologie Die studie van menslike samelewings en kulture, en hul ontwikkeling

APEX-tarief (vooruitbetaalde uitstappietarief / “advanced purchase excursion fare”)

• ʼn Tarief met ʼn groot afslag waaraan sekere beperkings gekoppel is

• Moet tipies 2–4 weke voor die tyd bespreek word, met ʼn minimum- en maksimumgaping tussen vertrekdatums

• Is gewoonlik nie terugbetaalbaar nie en daar kan bybetalings wees as veranderinge gemaak word

Apple Expressstoomtrein

TOERISME TERMINOLOGIE

• Die bekende Appeltrein wat in 1965 gebou is, ry op die langste smalspoorweg ter wêreld.

• Die hoofspoorweg is in 1907 gebou en is 284 km lank. Dit loop van Gqeberha (Port Elizabeth) na Avontuur.

• Kruis die Van Stadens-spoorwegbrug – die hoogste, smalste spoorwegbrug in die wêreld.

• Dit is een van die toptiensmalspoorlyne wêreldwyd.

Argeologie Die studie van menslike geskiedenis en voorgeskiedenis deur die opgrawing van terreine, en die ontleding van artefakte en ander fisieke oorblyfsels soos dié by die Sterkfontein-grotte

Arena ʼn Plat, oop plek met sitplekke rondom waar sport-, vermaak- en ander geleenthede gehou word

Aried

Armoedeverligtingsprogram

ASATA

(Vereniging van Suider-Afrikaanse Reisagentskappe / “Association of South African Travel Agents”)

• ʼn Dor omgewing wat min of geen reën kry

ATTA®

(Vereniging van Reis en Toerisme in Afrika / “African Travel and Tourism Association”)

• Te droog of onvrugbaar om plant- of dierelewe te ondersteun. Voorbeelde hiervan is die Karoo, Kalahari, Boesmanland, Namakwaland en die Richtersveld

Sien notas oor OPERASIE VULINDLELA

• Die nie-amptelike reguleerder van ʼn ongereguleerde bedryf

• Hulle hoofdoelwitte is:

◦ om die volhoubaarheid en winsgewendheid van hul lede te verbeter en te verseker dat die reisiger professionele diens kry.

◦ om etiese en professionele gedrag onder ASATA-lede te verseker in hul interaksie met verbruikers en mekaar.

• Stel standaarde, reëls en regulasies vir reisagente in

• Ondersteun vryhandel sonder om reëls en regulasies te verbreek

SAMPLE

• Het ʼn gedragskode en grondreëls wat die reisbedryf selfreguleer. Dit gee vebruikers die versekering dat geakkrediteerde agente aan ʼn sekere standaard moet voldoen.

• Die gedragskode is daar om die bedryf se integriteit, aanspreeklikheid en verantwoordelikheid te beskerm, om bedrog en oneerlikheid onder werknemers te voorkom en om verbruikersbeskerming, bevrediging en uitnemende diensvlakke te verseker.

• ʼn Lidgedrewe handelsvereniging wat toerisme na Afrika bevorder

• Ondersteun en bedien ondernemings in Afrika wat kopers en verskaffers van toerismeprodukte oor 21 Afrikalande verteenwoordig

• Met meer as 600 lede is dit Pan-Afrika se grootste netwerk van toerismeprodukte. Die netwerk dek nie net akkommodasie-, vervoer-, en reisspesialiste in Afrika nie, maar het ook ʼn groot verskeidenheid toeroperateurs, verteenwoordigers en openbarebetrekkings-ondernemings wat toerisme van regoor die wêreld na Afrika bevorder.

• Webtuiste: www.atta.travel

Australasië

Avontuurgids

Avontuurtoerisme

Bb&b (tipe tarief)

B&B (tipe akkommodasie)

Die omgewing wat uit Australië, Nieu-Seeland en Nieu-Guinee, sowel as buureilande van die Stille Oseaan, bestaan

• ʼn Gids wat ʼn groep mense uitneem om avontuuraktiwiteite te doen wat die adrenalien laat pomp, soos ʼn witwatervlotvaart

• Hulle lei gewoonlik uitstappies wat meer opwindend en interaktief as ʼn tipiese toer is.

• Gidse moet hoogs bekwaam wees en in staat wees om toeriste veilig te hou.

• Avontuurtoerisme in die lug: Warmlugballonritte, sweefseil/hangsweef, sweeftuig (“paramotoring”), paraseil, vryval, lugsafari’s, vlieërry

• Avontuurtoerisme in die water: Kajak/seekajak, vlotvaart, riviervaart, skubaduik, snorkel, watersportsentrums

• Avontuurtoerisme op die grond: Rotsklim, bergklim, sneeuski, voetslaan, ens.

• Avontuurtoerisme kan as “sagte” of “harde” avontuur geklassifiseer word.

Rugsakreis oor ruwe terrein

Witwaterkanovaart / kajakvaart

Warmlugballonritte

Rotsklim/bergklim

Veldfietsry/bergfietsry

Hangsweef/sweefseil/windseil

Valskermspring/valduik

Branderplankry/sneeuplankry/sandplankry

Rollemhokkie

Reksprong

Grondverkenning

Snorkel/skubaduik

SAMPLE

Oorlewingspeletjies soos verfbal

Sneeuski

Kampering

Fietsry

Voetslaan op veranderende terrein

Voël- of wildkyk / dierekyk

Seil

Perdry

Kanoritte

Wildsplaasbesoeke of safari’s

Wildernistoere in veldvoertuie

Van b&b tot buite seisoen

Die hotel se kamertarief sluit bed en ontbyt in.

Akkommodasie met ontbyt wat in die tarief ingesluit is

Bagasie

Bagasietegnologie vir die sakereisiger

• Die term verwys na iemand se bagasie vir lugreis.

TOERISME TERMINOLOGIE

• IATA definieer bagasie as “ʼn passasier se persoonlike eiendom, items of besittings wat vir hul gemak of gerief gedra of gebruik word tydens hul reis”.

Slimdrasak – ʼn liggewigdrasak wat ʼn battery bevat om krag te voorsien of ander toestelle te herlaai

Ovis® se handvrye tas – ʼn tas wat deur kunsmatige intelligensie (KI) gedryf word. Met behulp van ʼn selfdrywende sensor kan die tas saam met jou rondbeweeg en selfs hindernisse vermy.

Modobag® – liggewigbagasie waarop ʼn mens kan sit en ry

Scoocase® – elektriese tas wat in ʼn skoeter verander

Bagasieterminologie

Bagasietoelating

Side Pocket Fanny Pack® – doelgemaak vir reis. Dit laai jou selfoon koordloos, hou jou besitting veilig en is waterbestand.

Luszol® se sonkragrugsak. Dit het ʼn ingeboude sonkragpaneel en USB-laaigleuf om tablette of selfone te laai.

Nota: Die bogenoemde artikels is slegs ʼn paar voorbeelde van spesifieke handelsmerke, maar soortgelyke produkte is ook in ander handelsmerke beskikbaar.

Toelating vir gratis handbagasie: Die lugdiens laat handbagasie sonder bykomende onkoste toe, maar die gratis toelaag word deur die tipe vliegkaartjie bepaal.

Ekstra bagasie: As passasiers hul bagasietoelating oorskry, word bykomende bagasiekoste gehef.

Bespreekte bagasie: Die bagasie wat aan die lugredery oorhandig word wanneer jy inboek sodat dit geweeg, gemerk en na die vliegtuig se vragruim geneem kan word. Die lugredery reik ook ʼn bagasiekaart aan die passasier uit.

SAMPLE

Onbespreekte bagasie: Dit is handbagasie en word gewoonlik nie geweeg nie, maar word wel vir grootte nagegaan. Indien dit te groot vir handbagasie is, word dit vragruim toe gestuur. Die passasier stoor onbespreekte bagasie onder hul sitplek in die vliegtuig of in die vliegtuig se oorhoofse kompartement.

Gevaarlike goedere: Artikels of middels wat ʼn risiko vir gesondheid, veiligheid, eiendom of die omgewing inhou

• Passasiers se bagasie word in die vliegtuig se ruim gebêre.

• Lughawens gebruik een van twee stelsels:

◦ Gewigstelsel – die volgende word in die vliegkaartjie ingesluit:

– Besigheidsklas: Twee stukke wat nie meer as 32 kg per stuk weeg nie

– Ekonomiese klas: Een stuk wat nie meer as 23 kg weeg nie

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.