Afrikaans Huistaal Werkboek 1: Lees en Klanke Kwartaal 1 Graad 2

Page 1


Afrikaans Huistaal Werkboek 1: Lees en Klanke Kwartaal 1

Graad 2

Naam: Klas:

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Werkboek 1: Lees en Klanke

Kwartaal 1

Graad 2

Aangepas vir KABV
H Erasmus

Inhoudsopgawe

SAMPLE

Aktiwiteit 1: Klanke b, a en m

Teken ’n prentjie wat met die gegewe letter begin in elke blokkie.

Vul die regte letters in, en skryf die regte woorde.

Aktiwiteit 2: Klanke s, h en e

Teken ’n prentjie wat met die gegewe letter begin in elke blokkie.

Vul die regte letters in, en skryf die regte woorde.

Aktiwiteit 3: Begripstoets

Lees die storie, en beantwoord die vrae.

Braampie die kabouter (deel 1)

Braampie die kabouter sit op ’n klip en staar voor hom uit. Hy soek iets om te doen. Skielik sien hy ’n mossie in die pad naby sy huisie tussen die wortels van die groot vyeboom. Hy wens só dat hy groot is sodat hy ook ’n voëltjie mag kry om op te ry.

Hy het sy pappa belowe dat hy mooi na ’n voëltjie sal kyk, maar sy pappa sê hy is te jonk. Hy voel hy is darem al sewe jaar oud.

Die mossie bly in die pad sit. Braampie staan op en gaan nader. Die mossie vlieg steeds nie weg nie. Braampie loop tot by die voëltjie. Die arme mossie lyk moeg en bang. Hy het sy vlerk seergemaak.

Braampie hardloop gou na sy huisie toe en gaan haal water vir die mossie. Die mossie drink alles op.

Vrae

1. Wat is die kabouter se naam? __________________________________

2. Watter soort voëltjie het in die pad kom sit? ___________________

3. Hoekom het die voëltjie nie weggevlieg nie? ______________________

Aktiwiteit 4: Klanke t, k en o

Teken ’n prentjie wat met die gegewe letter begin in elke blokkie.

Vul die regte letters in, en skryf die regte woorde.

Aktiwiteit 5: Klanke l, v en n

Teken ’n prentjie wat met die gegewe letter begin in elke blokkie.

Vul die regte letters in, en skryf die regte woorde.

Lees die gedig.

Aktiwiteit 6: Gedig

Jakkals

en Eendjie

Onbekend

’n Vette eend het eendag al met die pad geloop

Sy wou gaan rys en ertjies en lekkernye koop

Maar langs die pad het Jakkals haar stil-stil voorgelê

’n Eend hier in sy bladsak was net wat hy wou hê

Goeiemôre, liewe Eendjie, ek sien jou voete pla

As jy in hierdie sak klim, sal ek jou mark toe dra

Nee dankie, meneer Jakkals, al pla my voete ook

Dis beter op die paadjie as om in jou pot te kook

Lees die storie.

Aktiwiteit 7: Lees

Jan en die boontjierank

Soos verwerk deur Amanda Calitz

Lank, lank gelede het ’n seun en sy ma in ’n klein huisie in ’n klein dorpie gewoon. Die seun het elke dag skool toe gegaan en sy ma ná skool in die huis gehelp. Sy naam was Jan. Hulle het ’n kat en ’n koei en groente in die tuin gehad.

Een dag roep Jan se ma hom: “Jan, ons het nie meer geld nie.

Gaan asseblief mark toe, en verkoop ons koei.”

Jan was baie hartseer hieroor, maar hy het na sy ma geluister en die koei mark toe geneem. By die mark sien Jan ’n ou man.

Jan groet die man: “Goeiemôre, Meneer. Wil u dalk my koei koop?”

Die man kyk na Jan: “Mmm, ek het nie geld nie, maar ek kan vir jou hierdie vyf towerboontjies aanbied.”

“Ek is baie jammer Meneer, maar my ma het gesê dat ek die koei vir geld moet verkoop,” antwoord Jan.

“Ek het nie geld nie, Seun. Maar jy sal nie spyt wees as jy die koei vir hierdie boontjies ruil nie,” sê die ou man met ’n groot glimlag.

“Goed so Meneer, ek sal u ruil,” antwoord Jan. Hy neem die boontjies en gaan huis toe.

By die huis is sy ma baie ongelukkig oor die boontjies. Sy gooi dit by die deur uit. Jan gaan met ’n swaar hart bed toe. Het hy ’n groot fout gemaak?

Die volgende oggend is daar ’n reuseboontjierank buite hulle venster. Jan kan sy oë nie glo nie! Die boontjierank is so dik soos ’n boom en strek tot in die lug.

Jan besluit om die boontjierank te klim. Hy pak middagete in sy rugsak en begin klim. Hy klim en klim tot hy bo in die wolke is. Jan staan op die wolke. Hy is baie verbaas. Hy begin op die wolke loop.

SAMPLE

Nadat Jan ’n rukkie geloop het, sien hy ’n reusekasteel. Hy stap na die voordeur en klop hard. Die reusedeur maak met ’n gekreun en ’n gesteun oop. Voor Jan staan daar ’n reusevrou.

“Wie is jy, Seun?” vra die reusevrou vriendelik.

“My naam is Jan.”

“Jy het net betyds gekom! Ek dink jy kan my help. Ek moet die hoeke van my kasteel vee, maar my besem is te groot. Ek het ’n kleiner een, maar my hande is te groot om dit vas te hou. Kan jy my asseblief help?”

“Ja, ek kan, Mevrou. Ek help my ma altyd in die huis.” Jan begin dadelik vee. Die kasteel is baie groot: Jan vee en vee vir ure aaneen. Toe hy klaar is, gee die reusevrou vir hom ’n heerlike koel glas lemoensap.

Die reusevrou wonder: “Wat kan ek vir jou gee in ruil vir al jou hulp?”

“Aha! Ek weet!” roep sy uit. “Ek kan vir jou die hen wat goue eiers lê, gee. Jy moet net belowe om my een keer ’n maand te kom help om die hoeke van my kasteel te vee.”

“Ek doen dit graag,” sê Jan. “Baie dankie.”

Jan neem die hen en klim al met die boontjierank af. Sy ma is baie bly oor die hen, want elke keer wanneer hulle iets nodig het, lê die hen ’n goue eier.

Tot vandag toe klim Jan die boontjierank een keer ’n maand om die reusevrou se kasteel te vee.

SAMPLE

Aktiwiteit 8: Bou woorde

Skryf ’n lys van woorde deur net die gegewe klanke te gebruik. Jy mag elke klank meer as een keer gebruik.

Aktiwiteit 9: Prentbespreking

Skryf ’n lys van tien dinge wat jy in die prent sien.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.