Afrikaans Huistaal Werkboek 1: Lees en Klanke Kwartaal 2
Graad 2
Naam: Klas:
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Huistaal
Werkboek 1: Lees en Klanke
Kwartaal 2
Graad 2
Aangepas vir KABV
H Erasmus
Inhoudsopgawe
SAMPLE
Aktiwiteit 44: Middelkanke
Rangskik die woorde in die blokkies deur te kyk na watter klank in die middel is.
Aktiwiteit 45: Eindklanke
Vul enige eindklanke vir die woorde in sodat hulle sin maak.
Aktiwiteit 46: Advertensie
Bestudeer die advertensie, en beantwoord die vrae.
R95 per persoon. (koeldrank ingesluit)
Kom geniet ’n dag saam met ons in die Wille Wraggies Wildtuin.
PRYSE vir die persoon wat die meeste verskillende diere kan sien.
Wildtuinpret SAMPLE
Bring ’n piekniekmandjie vir middagete.
Ons hoop ons sien jou daar!
Vrae
1. Wat is die wildtuin se naam?
2. Hoeveel kos dit om soontoe te gaan?
3. Wat is by die fooi ingesluit?
4. Wat gaan jy vir middagete eet?
5. Wat sal jy kry as jy die meeste verskillende diere gesien het?
Aktiwiteit 47: Beginklanke
Vul enige beginklanke vir die woorde in sodat hulle sin maak.
Aktiwiteit 48: Dubbelklanke
Bou woorde met die dubbelklanke, en skryf hulle op die lyntjies. Gebruik enige van die beginklanke saam met enige eindklanke.
Aktiwiteit 49: Dubbelklanke
Bou woorde met die dubbelklanke, en skryf hulle op die lyntjies. Gebruik enige van die beginklanke saam met enige eindklanke.
Aktiwiteit 50: Begripstoets
Lees die storie, en beantwoord die vrae.
Braampie en die groot resies (deel 6)
Nadat Braampie die resies teen Stof fel gewen het, was hy vinnig bekend onder al die kabouters. ’n Hele paar kabouters het besluit om vir hulle ook mossies te vang en te probeer mak maak, maar nie een van hulle is so vinnig soos Wippie nie.
Op ’n dag kom ’n kabouter uit ’n ander dorp by hulle aan. Die kabouter haal ’n hamer en spyker uit en kap ’n brief teen die groot boom vas. Braampie lees die brief. Dit is ’n uitnodiging om ’n vliegkompetisie te hou teen die kabouters in die ander dorp.
Braampie en Stof fel is baie opgewonde. Hulle het die twee vinnigste voëls en sal beslis wil deelneem.
Die groot dag kom al hoe nader, en Braampie oefen hard saam met Wippie. Hy kan nie wag nie.
SAMPLE
Uiteindelik is die groot dag daar. Baie kabouters drom saam in die middel van die bos. Daar is baie voëltjies en ’n klomp opgewonde kabouters. Niemand kyk op om die weer dop te hou nie. Terwyl almal gereed maak vir die kompetisie, pak daar groot, donker wolke saam.
Toe die kabouters reg is om op te styg, val die eerste groot druppels. Dit is baie gevaarlik om te vlieg terwyl dit reën.
’n Paar kabouters kyk op en klim maar weer van hulle voëltjies af.
“Aaag, dis net ’n paar druppels,” sê Stof fel en ’n paar kabouters wat bly sit om tog te vlieg. Rosie skree vir Braampie dat hy liewers nie moet vlieg nie, maar Braampie sit vasberade op Wippie. Hy wil graag die kompetisie wen.
“Op julle merke, gereed, gaan!” Die voëltjies trek weg, maar dit reën al hoe swaarder. Groot druppels val op Wippie se kop, en vir ’n oomblik kan hy nie meer sien nie. Hy f ladder wild met sy vlerke, en Braampie val af. Hy tuimel grond toe en land op ’n groot blaar voordat hy op die grond val. Sy arm pyn. Braampie kyk op en sien niemand om hom nie. Alles om hom word donker.
Vrae
1. Watter soort voëltjies het die ander kabouters gevang?
2. Wat het die kabouter uit ’n ander dorp teen die boom vasgekap?
3. Hoe het die weer op die groot dag gelyk?
4. Watter gevolg het dit gehad toe Braampie besluit het om in die reën te vlieg?
Aktiwiteit 51: Dubbelklanke
Teken ’n prentjie in die blokkie om die woord voor te stel. seun
meisie
druiwe
Aktiwiteit 52: Verlede tyd
Karli het die volgende sinne voor die naweek in haar boek geskryf. Nou het al hierdie dinge klaar gebeur. Skryf die sinne in die verlede tyd oor.
Ons kuier by Oupa en Ouma.
Ons drink melkskommels.
Ons ry winkel toe.
Ek kry ’n nuwe rok.
Linda kry ’n pop.
Aktiwiteit 53: Lees
Lees die storie.
Die plaasmuis en die stadsmuis
’n Fabel van Esopus soos verwerk deur Wendy Maartens
Eendag, lank gelede, toe daar nog ’n pot goud aan die punt van elke reënboog was, was daar ’n plaasmuis. Hy het in ’n skuur op Boer se plaas gebly. Sy neef was ’n stadsmuis en het in die solder van ’n deftige huis in die stad gebly. Op ’n dag besluit
Stadsmuis om met vakansie te gaan. “Hierdie gewoel en gewerskaf in die stad maak my so moeg. Ek het ’n bietjie rus en vrede nodig,” sê hy en haal sy tas onder die bed uit. “Dalk moet ek by my neef Plaasmuis gaan kuier. Die vars lug en sonskyn sal my baie goed doen.” Toe neem hy ’n taxi tot by Plaasmuis se huis.
SAMPLE
Plaasmuis, wat nie baie kuiermense kry nie, is baie in sy skik. “Neef, jy kan bly so lank as wat jy wil. Ons gaan sommer baie pret hê!” belowe
Plaasmuis en wys vir Stadsmuis die plaas. Net toe kom ’n uil uit die donker op hulle afgepyl. Plaasmuis roep: “Hardloop, Neef, of jy is vanaand uilkos!” Hulle kruip net betyds in ’n boomstomp weg. Stadsmuis bewe van kop tot tone. Sy tandjies klap glad op mekaar, so bang is hy. “Ek soek net ’n bietjie rus en vrede,” kla Stadsmuis.
Toe dit etenstyd is, haal Plaasmuis bessies, aarbeie en ’n halwe appel uit. Hy eet dat die sap so spat. Stadsmuis mis sy pizzas en springmielies en roomys. Plaasmuis se kos laat sy maag pyn.
“Ek soek net ’n bietjie rus en vrede sonder maagpyn,” kla Stadsmuis.
Toe dit slaaptyd is, rol Stadsmuis heeltyd rond op Plaasmuis se harde strooibed. “Ek soek net ’n bietjie rus en vrede sonder om so hard te slaap,” kla Stadsmuis.
Toe hulle die volgende oggend opstaan, is dit tyd om kos te gaan soek. Stadsmuis hou niks daarvan nie en kla so ver as wat hulle stap. “Ek soek net ’n bietjie rus en vrede sonder om my dood te loop op soek na kos,” kla hy. “In die stad hoef ek nie kos te soek nie. Ons koop ons kos in winkels.
Enigiets waarvoor ’n muis lus is.”
“Regtig?” vra Plaasmuis. “Die stad klink na ’n lekker plek.” “Kom bly by my,” nooi Stadsmuis. “Dis baie lekkerder as hier op die plaas. Jy sal sien!”
Plaasmuis en Stadsmuis pak hul tasse en stap totdat hulle ’n taxi kry wat stad toe gaan. “Ou neef, jy kan bly so lank as wat jy wil. Ons gaan sommer baie pret hê!” belowe Stadsmuis en wys vir Plaasmuis die motors en die winkels terwyl hulle die stad binnery. Die taxi stop voor Stadsmuis se huis. Toe hulle uitklim, dreun ’n klomp motors in die straat verby.
SAMPLE
“Pasop, Neef, of hulle ry jou plat!” roep Stadsmuis en ruk Plaasmuis net betyds voor ’n motor weg. Plaasmuis bewe van kop tot tone. Sy tandjies klap skoon op mekaar, so bang is hy. “Ek soek net ’n bietjie rus en vrede,” kla Plaasmuis.
Toe dit etenstyd is, neem Stadsmuis hom na ’n restaurant om pizzas en springmielies en roomys te eet. Plaasmuis mis sy bessies en aarbeie en appels. Hy hou nie van die pizzas nie. Dit laat sy maag pyn.
“Ek soek net ’n bietjie rus en vrede sonder maagpyn,” kla Plaasmuis en vryf oor sy maag. Toe dit slaaptyd is, sak Plaasmuis heeltemal weg in Stadsmuis se deftige valletjiesbed. “Ek soek net ’n bietjie rus en vrede sonder om in so ’n verspotte bed te slaap,” kla hy.
Die volgende oggend wil Plaasmuis en Stadsmuis ’n entjie gaan stap. Toe hulle Stadsmuis se voordeur oopmaak, loer twee groot groen oë vir die muise. Dit is Kat. Hy knor en lek sy lippe af. Drie dae lank sit Kat voor die deur. Later is al die kos op. Plaasmuis en Stadsmuis is baie honger, maar kan nêrens heen gaan nie.
Op die vierde oggend is Kat weg.
Plaasmuis pak vinnig sy tas en hardloop straat toe. Hy wil niks met taxi’s of motors te doen hê nie en wag tot ’n perdekar verbykom. Toe wip hy agterop en luister hoe die perd kliep-klop-kliep-klop al hoe verder van die stad af wegdraf.
SAMPLE
Terug by die huis het Plaasmuis sy magie knuppeldik aan bessies en aarbeie en appels geëet en gedink hoe gelukkig hy is om soveel rus en vrede op die plaas te hê. En in die stad het Stadsmuis hom knuppeldik aan pizzas en springmielies en roomys geëet en gedink hoe gelukkig hý is om soveel rus en vrede in die stad te hê.
Maar wat nie een van die twee geweet het nie, is dat ’n mens nêrens rus en vrede sal kry as dit nie in jou eie hart is nie.
Lees die gedig.
Aktiwiteit 54: Gedig
Blokkiesoë
Frikkie Malan kyk TV
Asof iemand hom betaal
Nooit nie sal hy skietgee
Hy sit só vasgenael.
“Speel tog bietjie buite,”
Vra sy mamma moedeloos
Maar Frikkie kry die stuipe
Dit maak hom sommer boos!
Klein Frik hou hom parmantig
Tot hy eendag sien
Sy oë lyk skoon vierkantig!
Dis net wat hy verdien.
Met oë wat lyk soos ruite
Moet Frik ’n sonbril dra
Hy speel nou eerder buite
En luister vir sy ma!
Skryf die rymwoorde neer.
Aktiwiteit 55: Die oei-klank
Plak klein stukkies gekleurde papier oor die oei-klank.