Afrikaans Huistaal Werkboek 1: Lees en Klanke Kwartaal 3
Graad 2
Naam: Klas:
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Huistaal
Werkboek 1: Lees en Klanke
Kwartaal 3
Graad 2
Aangepas vir KABV
H Erasmus
Inhoudsopgawe
SAMPLE
Aktiwiteit 78: kl- en ¶- as beginklanke
Omkring al die woorde wat met ’n kl of ¶ begin. Verduidelik wat elke woord beteken.
kl
of fl
Klaas klim op die berg en ¶uit tot hy amper ¶ou word. Hy klim op ’n klip en sien ’n skoenlapper verby ¶adder. Hy haal sy klein ¶essie uit en drink ’n slukkie water.
Vul die regte woord in wat met ’n kl of ¶ begin.
Skryf jou eie sinne bo-op die lyntjies. Gebruik ten minste twee van die woorde hier onder. kleur klont ¶uister ¶uks
Aktiwiteit 79: pr- en kn- as beginklanke
Vul die regte woord in wat met ’n pr of kn begin.
Voltooi die woorde met ’n pr of ’n kn
pr of kn
Ek ___oe aan die ___uim. Dan ___ibbel en ___ars ek aan ’n wortel. Ek ___aag langtand aan ’n stukkie beet. Beet is ’n soort ___ol. Ek ___aat nie met my mond vol kos nie.
Skryf jou eie sinne bo-op die lyntjies. Gebruik ten minste twee van die woorde hier onder. pret pronk knyp knip
Aktiwiteit 80: Begripstoets
Lees die storie, en beantwoord die vrae.
Die verrassing voor die deur (deel 10)
Die dae word korter en die nagte is kouer. Langs die huisies staan groot hope hout opgestapel. Die kabouters het ook warm nessies gemaak vir die diere wat saam met hulle woon.
Die wind waai yskoud, en ’n paar sneeuvlokkies val. Braampie is baie bly. “As dit môre genoeg gesneeu het, sal ek my slee kan toets,” sê hy vir Rosie. Hy gaan kruip sommer vroeg in die bed. Die volgende oggend is Braampie douvoordag wakker. Hy loer deur die venster: Buite lê daar ’n dik laag sneeu. Opgewonde trek hy sy warmste klere aan. Hy kry sy slee en hardloop na die deur. Hy draai die knop en stoot, maar die deur bly bottoe. Daar lê iets voor die deur.
“Pappa! Iets hou die deur toe,” roep Braampie. “Kom, Braampie, dan help jy my om die deur oop te stoot. Een, twee, drie!” Hulle stoot so hard as wat hulle kan. Stadig swaai die deur oop.
Voor die deur lê ’n muis. Die muis is amper verkluim. “Ons moet hom help!” roep Braampie uit. Hy en sy pa trek en stoot die muis tot binne in die huisie. Braampie help sy pa om nog hout op die vuur te gooi.
“Wat is aan die gang?” vra sy ma. Die gewoel het haar en Rosie ook wakker gemaak. “Die arme muis het amper verkluim!” sê Braampie. Almal staar met groot oë na mekaar. Muise is woelig, en as die muis skielik wakker word, kan hy die huis verniel.
Sommige kabouters hou muise aan om hulle te help om gate te grawe om koring te plant of om nuwe huise te bou, maar meestal leef hulle net in vrede saam.
Braampie se pa gaan haal ’n warm kombers en gooi dit oor die muis. Hulle kan die muis nie net so los nie. Hulle sal maar die kans waag.
Vrae
1. Kies een antwoord. Watter seisoen is dit in die storie?
a. Herfs/winter
b. Somer/lente
2. Kies al die regte antwoorde. Wat het deur die nag gebeur?
a. Dit het gesneeu.
b. Dit het hard gereën.
c. ’n Muis het voor die deur gaan lê.
3. Hoekom het Braampie douvoordag opgestaan?
4. Hoekom kon Braampie nie die deur oopkry nie?
5. Wat dink jy gaan gebeur as die muis wakker word?
Aktiwiteit 81: Teenoorgesteldes
Skryf die teenoorgesteldes onder die prente neer.
Aktiwiteit 82: tr- en dr- as beginklanke
Omkring al die woorde wat met ’n tr of dr begin. Verduidelik dan wat elke woord beteken.
tr of dr
Dawie draf tot by die trein. ’n Traan loop oor sy wang. Hy druk die deur mooi toe en dra sy tas na sy sitplek. Hy droom nou al lank oor die treinrit. Hy trek sy trui reg en sien die trok wat die bagasie laai.
Vul die regte woord in wat met ’n tr of dr begin.
Skryf jou eie sinne bo-op die lyntjies. Gebruik ten minste twee van die woorde hier onder. trou troon dryf draad
Aktiwiteit 83: fr- en kr- as beginklanke
Vul die regte woord in wat met ’n fr of kr begin.
Voltooi die woorde met ’n fr of ’n kr.
fr of kr
Ek het ’n ___is hond genaamd ___ikkie. Hy ___ap
homself tot sy rug ___om trek. Ek sit vir hom ’n hoedjie op, en dan lyk hy ___aai. Hy hou daarvan om in die ___uiwa te ry en water uit die ___aan te drink.
Skryf jou eie sinne bo-op die lyntjies. Gebruik ten minste twee van die woorde hier onder. frons frommel kraal kramp
Aktiwiteit 84: Interpretasie
Kyk na Mamma se kalender. Dit is skoolvakansie, en sy het ’n vol program van alles wat by die huis moet gebeur en dinge wat sy saam met jou wil doen.
Beantwoord die vrae. 1. Op watter dag sluit die skool?
Hoeveel keer moet Mamma onthou om die plante water te gee in die maand?
3. Waarheen gaan julle met vakansie? _____________________________
4. Alles in groen is dinge waarvan Mamma hou, en alles in rooi is dinge waarvan Mamma nie hou nie. Wat is die drie dinge waarvan Mamma nie hou nie?
5. Watter twee van die groen aktiwiteite is jou gunsteling?
6. Op watter dag ry julle wildtuin toe?
7. Hoeveel dae gaan julle by die wildtuin wees?
8. Hoeveel nagte gaan julle in die wildtuin slaap?
9. Op watter dae gee Mamma gewoonlik die plante water?
10. Julle gaan op die 29ste na ’n restaurant. As jy die restaurant mag kies waar julle gaan eet, waarheen sal julle dan gaan?
11. Op watter dag en datum begin die skole weer?
Aktiwiteit 85: ge- as beginklank
Skryf die regte woord uit die blokkies op die lyntjies neer. Jy mag elke woord net een keer gebruik.
Chris het stadig deur die park _____________ op soek
na sy bal. Hy het sy bal baie hard _____________, en nou is sy bal weg. Hy het eers _____________ hy sou sy bal vinnig kry, maar hy soek nog. Hy het reeds aan ’n hele paar van sy bure se deure _____________ om te hoor of hulle nie dalk sy bal _____________ het nie. Hy het al meer as vyf mense _____________. Hy het ook al vinnig in die straat op en af _____________ om te kyk of sy bal nie daar is nie. Hy wil nou op plekke gaan kyk waar hy nog nie _____________ het nie.
Aktiwiteit 86: kw- en dw- as beginklanke
Omkring al die woorde wat met ’n kw of dw begin. Verduidelik dan wat elke woord beteken.
kw of dw
Pietie Padda kwaak by die dam. Hy is kwaad vir die dwergie wat hom dwing om met die kwartel maats te maak. Dit sal in elk geval dwaas wees omdat hy deur die riete dwaal.
Vul die regte woord in wat met ’n kw of dw begin.
Skryf jou eie sinne bo-op die lyntjies. Gebruik ten minste twee van die woorde hier onder.
Lees die storie.
Aktiwiteit 87: Lees
Die prinses en die padda
Eendag, lank, lank gelede, was daar ’n prinses wat saam met haar ouers in ’n pragtige kasteel gewoon het. Al was daar baie bediendes, het haar ouers haar probeer leer om self haar bed op te maak, haar klere te bêre en om in die paleis te help. Maar sy wou nie luister nie. Elke keer as hulle haar wou reghelp, het sy net vies gesê: “Ek is ’n prinses! Ek is siek en sat om so gebied te word. Vra een van die bediendes om dit te doen!”
Dan het die prinses haar goue bal gegryp en in die tuin gaan speel. Die bal het mooi in die sonlig geblink wanneer sy dit hoog in die lug gooi.
Op ’n dag val die bal in ’n diep poel. Voor sy kan keer, verdwyn dit onder die water. Die prinses wil sommer huil.
Skielik hoor sy ’n krakerige stem:
SAMPLE
“Wat makeer, Prinses?” vra die stem.
“My pragtige goue bal het in die poel geval. Nou sal ek dit nooit weer sien nie,” huil sy.
“Ek kan jou help,” sê die stem. ’n Lelike padda spring op die prinses se skoot.
“Asseblief!” soebat die prinses terwyl sy hard probeer om nie te gril nie. “Ek sal enigiets gee wat jy vra. Bring asseblief tog net my pragtige goue bal terug.”
“Enigiets?” vra die padda.
“Enigiets,” antwoord die prinses. “Vra net wat jy wil.”
“Ek sal jou bal gaan haal as ek van jou bord af mag eet en op jou kussing mag slaap en as jy belowe om vir my lief te wees,” sê die padda.
“Ja, ja, ek belowe!” antwoord die prinses. “Gaan haal tog net my bal.”
Terwyl die padda in die poel spring, dink die prinses: Dit is maar net ’n padda. Ek hoef tog nie ’n belofte aan ’n lawwe padda na te kom nie. Toe sy haar bal het, maak sy of sy die padda glad nie sien nie. Hy bly alleen in die poel agter.
Daardie aand, toe die gesin aan tafel sit, spring die padda deur die venster en land tussen die goue skottels.“Jy het jou belofte vergeet,” sê hy.
“Jy is ’n aaklige, slymerige padda,” sê die prinses. “Ek sal jou nooit uit my bord laat eet of op my kussing laat slaap nie. En ek sal nooit-ooit vir jou lief raak nie.”
SAMPLE
“Het ek reg gehoor?” vra die koning.“Onthou, ’n belofte wat jy gemaak het, mag jy nooit verbreek nie. En ek is siek en sat vir ’n kind wat haar aan niemand steur nie. Laat die padda uit jou bord eet, of kry vir jou ’n ander huis!” sê die koning kwaai.
“Dan kan hy maar eet,” sê die prinses. Sy skuif haar stoel terug sodat die slymerige padda nie aan haar raak nie.“O, ek gril my dood,” kla sy. Sy loer na die koning wat haar kwaai dophou.
“Laat my nou op jou kussing slaap,” beveel die padda toe hy klaar geëet het.
“Is dit regtig nodig?” kla die prinses.
“Wanneer jy iemand iets belowe het, moet jy jou belofte nakom, maak nie saak wie dit is nie,” sê die koning kwaai.
“Dan sal ek jou maar op my kussing sit,” sê die prinses. Sy trek haar gesig op ’n plooi.
“Maak eers hierdie deurmekaar bed op,” sê die padda. “Bêre jou klere. Gooi jou vuil wasgoed in die mandjie. Haal jou skoene onder die bed uit, en vat die vuil glase kombuis toe.”
“Is jy laf?” roep die prinses uit.
Maar die padda steur hom nie aan haar nie. “Gaan haal ook jou kroon uit die tuin. Of moet ek vir jou pa sê jy wil ’n ander blyplek soek?”
“Dan sal ek maar,” sê die prinses. Sy doen die een ding ná die ander. Toe sy klaar is, wikkel die padda hom reg op die kussing. “Soen my nou,” sê hy.
SAMPLE
“Jy ís laf!” roep die prinses uit. “Eers moet ek werk, en nou moet ek jou soen!”
“Jy het belowe om my lief te hê,” waarsku die padda. “Of moet ek vir jou pa sê jy kom nie jou beloftes na nie?”
“Dan sal ek maar,” sug die prinses. Sy maak haar oë toe sodat sy nie die slymerige padda hoef te sien nie, en soen hom vinnig.
“Jy kan maar jou oë oopmaak,” sê ’n sagte stem.
En daar langs haar lê die mooiste prins wat sy nog ooit gesien het.
“’n Nare heks het my in ’n padda verander. Ek kon net terug verander as ’n pragtige prinses my soen. Jy het my bevry,” sê die prins. Hy sak op sy knieë neer: “Sal jy met my trou?” vra hy.
“Natuurlik!” antwoord die prinses bly.
Vir die troue bak die kok ’n koek met ’n goue bal bo-op. Van daardie dag af het die prinses altyd haar werk gedoen en haar beloftes nagekom. En sy het nooit weer vir paddas gegril nie.
SAMPLE
Aktiwiteit 88: tw- en wr- as beginklanke
Vul die regte woord in wat met ’n tw of wr begin.
Voltooi die woorde met ’n tw of ’n wr.
tw of wr
___iemel Wurm woon op die strand naby die ou ___ak.
Hy het ___aalf boeties en ___ee sussies. Sy sussies is ’n ___eeling. Soms het hulle ’n ___is, en dan is hulle kwaad. Hy ___yfel of hulle ooit ___aak sal neem.
Skryf jou eie sinne bo-op die lyntjies. Gebruik ten minste twee van die woorde hier onder. twak twintig wroeg wreek