Afrikaans Huistaal Werkboek 1: Lees en Klanke Kwartaal 4
Graad 2
Naam: Klas:
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Huistaal
Werkboek 1: Lees en Klanke
Kwartaal 4
Graad 2
Aangepas vir KABV
H Erasmus
Inhoudsopgawe
SAMPLE
Aktiwiteit 113: -rs en -nt as eindklanke
Vul die regte eindklank in die spasies in.
rs of nt
Suné bind ’n li____ in haar hare vas. Sy steek’n ke____ aan. Hulle gaan môre ’n e____ stap en in die pe____ te____ kamp. Sy eet wo____ en mo____ op haar bo____.
Skryf die regte woord wat met ’n eindig onder die prentjie.
Skommel die woorde reg sodat dit woorde maak wat op rs en nt eindig.
Skryf een sin met een woord wat eindig op rs en een wat eindig op nt.
Aktiwiteit 114: -rm en -nd as eindklanke
Omkring al die woorde wat met rm of nd eindig.
rm of nd
Op ’n warm dag sit ek, Jay en ons hond onder ’n boom. ’n Wurm kruip oor Jay se hand. Skielik kom daar ’n swerm bye aan. Een steek my, en dit brand!
Teken ’n prentjie by elke woord.
Skryf twee woorde wat op rm eindig en twee wat op nd eindig op die lyntjies.
Skryf ’n sin met een woord wat eindig met rm en een wat eindig met nd.
1. 2. 3. 4.
Aktiwiteit 115: Dialoog
Lees die dialoog saam met ’n maat.
Danelle en Hendrik se geheime
Danelle: Ek wil vir jou iets vertel wat my ma gister vir my gesê het. Maar jy moet onthou dat dit ’n geheim is.
Hendrik: Sjoe, wat het sy gesê? Ek is nou sommer baie nuuskierig.
Danelle: Jy moet eers belowe dat jy vir niemand daarvan sal vertel nie.
Hendrik: Ek belowe. Wat is dit?
Danelle: My ma gaan nog ’n baba kry.
Hendrik: Sjoe! Weet jy al of jy ’n boetie of ’n sussie gaan kry?
Danelle: Nee, nog nie, maar ek hoop dit is ’n boetie, want ek het klaar twee sussies.
Hendrik: As ek nog ’n boetie kry, moet my ma hom Bulletjie noem. Dis vir my ’n oulike naam vir ’n seuntjie.
Danelle: (Lag.) Ek dink nie jou ma sal dit doen nie.
Hendrik: Hoekom nie? Wat is fout met Bulletjie?
Danelle: Dit is ’n bynaam, nie ’n regte naam nie!
Hendrik: Nou wat dink jy is ’n mooi naam vir ’n seuntjie?
Danelle: Iets soos Kasparus of Lodewikus.
Hendrik: (Trek sy neus op ’n plooi.) Dit klink vir my maar simpel.
Danelle: Ag, ons kan ook nie almal van dieselfde goed hou nie.
Hendrik: Ja, dit is waar.
Danelle: Nou dat ek ’n geheim met jou gedeel het, moet jy ’n geheim met my ook deel.
Hendrik: Ek het nie enige geheime nie.
Danelle: Ag, dink ’n bietjie, daar moet iets wees.
Hendrik: (Dink hard.) Hmm. Goed, ek het ’n geheim, maar jy moet ook belowe om vir niemand daarvan te vertel nie.
Danelle: Ek belowe.
Hendrik: My naam is eintlik Hendrina Adrianus Sebastian. Dis my een ouma se naam en albei my oupas se name.
Danelle: (Probeer om nie te lag nie.) Hoekom het jou ma jou ’n meisienaam gegee?
SAMPLE
Hendrik: Hulle het eers gedink ek is ’n dogtertjie, en toe ek gebore is, toe is ek ’n seuntjie. Toe besluit hulle maar om my al die name te gee.
Danelle: Jou geheim is veilig by my.
Aktiwiteit 116: -er en -ng as eindklanke
Vul die regte eindklank in die spasies in. er of ng Wout____ speel lekk____. Hy si____ en spri____ en va____ sy bal. Ná ’n la____ ruk word hy hong____. Hy me____ vir hom pap en melk in ’n bek____.
Skryf die regte woord wat met ’n er of ng eindig onder die prentjie.
Skommel die woorde reg sodat dit woorde maak wat op er en ng eindig. nagv meors maerk ginrk
Skryf een sin met een woord wat eindig op er en een wat eindig op ng.
Aktiwiteit 117: -lp en -el as eindklanke
Omkring al die woorde wat met lp of el eindig.
lp of el
Ek staan by die tafel wat ’n tulp op het en skakel die ketel aan. Ek roep om hulp sodat iemand my kan help om ’n lepel wat soos ’n skulp lyk uit die laai te haal.
Teken ’n prentjie by elke woord.
tulp skulp appel angel
Skryf twee woorde wat op lp eindig en twee wat op el eindig op die lyntjies.
Skryf ’n sin met een woord wat eindig met lp en een wat eindig met el.
1. 2. 3. 4.
Aktiwiteit 118: Begripstoets
Lees die storie, en beantwoord die vrae.
Braampie se geheim (deel 13)
Die dae raak al hoe langer en warmer. Oor twee weke is dit
Braampie se verjaarsdag, en dan mag hy weer op Wippie vlieg. Hy staan elke oggend vroeg op om vir Wippie en Maaskaas te sorg. Hy neem Wippie en Maaskaas elke dag saam met hom na ’n oopte in die woud. Dan vlieg Wippie en vang muggies, en Maaskaas snuf fel op die grond rond vir saadjies en klein insekte om te eet.
Eendag loop Braampie verby die groot boom in die woud. Skielik hoor hy ’n stem wat hy ken: “Hallo, ou maat. Wanneer gaan jy weer saam met ons kom vlieg?” Dit is Stof fel. Braampie is bly om vir Stof fel te sien. “Ek moet eers wag vir my verjaarsdag,” sê Braampie. “Dis nou jammer,” sê Stof fel. “Ons het juis volgende week ’n klein kompetisie in die oopte in die woud. Dalk kan jy ’n plan maak,” sê hy skelm en klop Braampie op die skouer.
Braampie se ogies begin blink. Hy neem vir Wippie en Maaskaas na die oopte. Niemand het hom al ooit daar kom pla nie. Dalk kan hy wel ’n plan maak.
Die volgende week sê Braampie totsiens vir sy ma en gaan na die oopte in die woud. In sy drasak is Wippie se saal. Langs hom draf Maaskaas opgewonde. Wippie tjirp asof hy weet hy gaan weer ’n kans kry om in ’n resies te vlieg.
In die oopte is daar al baie kabouters met hul voëltjies bymekaar.
Braampie is baie opgewonde. Maaskaas hardloop om kos te gaan soek, en Wippie wip opgewonde rond terwyl Braampie sy saal opsit. “Dis lekker om jou hier te sien,” sê Stof fel vir Braampie.
Die hele middag lank jaag die kabouters resies. Braampie vergeet amper om die tyd dop te hou. Toe dit begin donker word, roep hy vir Maaskaas en druk Wippie se saal vinnig terug in sy sak. Hy hoor ’n harde kraak. Toe hy afkyk, sien hy die saal het gebreek! Maar daar is nie eers tyd om hartseer te wees nie. Braampie hardloop huis toe.
“Jy is baie laat,” sê sy ma. “Kom, ons almal sit en wag vir jou vir ete.” Braampie sit vinnig sy drasak neer en gaan sit by die tafel. Hy glimlag stout, want hy weet sy geheim is veilig.
Vrae
1. Waarheen het Braampie vir Wippie en Maaskaas elke dag geneem?
2. Hoe lank moes Braampie nog gewag het vir sy verjaarsdag?
3. Wat het Braampie skelm gedoen?
4. Dink jy Braampie se geheim sal ’n geheim bly?
Aktiwiteit 119: -rt en -lm as eindklanke
Vul die regte eindklank in die spasies in.
rt of lm
Ba____ sit baie ka____ in die skadu van ’n pa____.
Hy eet ’n te____ en lees ’n psa____. Hy ta____ nog ’n
ko____ rukkie voor hy huis toe gaan om te sto____.
Skryf die regte woord wat met ’n rt of lm eindig onder die prentjie.
Skommel die letters reg sodat dit woorde maak wat op rt en lm eindig.
glam trat trest lams
Skryf een sin met een woord wat eindig op rt en een wat eindig op lm.
Aktiwiteit 120: Lees
Lees die storie saam met jou groep.
Die rottevanger van Hamelin
Die Broers Grimm
Lank gelede was daar ’n klein dorpie in Duitsland. Die naam van hierdie Dorpie was Hamelin. Eers het dit goed gegaan, want die dorpie was op die oewers van ’n groot rivier gebou. In die hawe het skepe gereeld koring kom aflaai. Die dorpie se store was vol. Met die meel van die koring het die bakkery baie brode en koeke gebak. Die winkels het dan die brode en koeke verkoop aan mense wat dit weer op skepe gelaai het. Die mense was só besig om dinge op en af te laai dat hulle nie hul rommel weggegooi het nie.
Omdat dit so vuil was, het die dorpie vol rotte geword. Daar was rotte in die store, rotte in die bakkerye, rotte in die winkels, rotte in die strate en rotte in die huise. Die mense van Hamelin het swaargekry. Hulle kon nie ’n koek bak, bad of in hul beddens slaap sonder dat die rotte hulle pla nie.
“Ons moet iets doen,” sê die mense. Hulle besluit om die burgemeester se hulp te vra. Die volgende oggend gaan die mense na die dorpsplein en klop aan die groot deure van die stadsaal. “Raak tog van die rotte ontslae!” het hulle gesoebat.
Die burgemeester kom uit en praat met die mense: “Goeie burgers van Hamelin! Julle kan vanaand rustig slaap. Binnekort sal daar nie ’n enkele rot in Hamelin oor wees nie.” Die mense was verlig en het terug na hulle huise gegaan.
Weke later het nog niks gebeur nie. Die rommel lê steeds in die strate. Die rotte in die bakkerye, winkels en huise word al hoe meer. Hulle is besig om die mense se kos op te vreet.
Die mense het weer na die stadsaal marsjeer. “Weg met die rotte! Weg met die rotte! Weg met die rotte!” skree hulle. Die burgemeester hou sy hande in die lug sodat die mense moet stilbly. “Goeie burgers van Hamelin,” sê hy. “Wees gerus! Ons gaan ’n groot gat grawe en al die rommel daarin gooi. Ons sal al die rotte doodmaak en hulle ook in die groot gat gooi.”
Die volgende week is die dorpie mooi skoongemaak. Al die rommel is in die gat gegooi, en al die rotte wat die mense kon vang, is doodgemaak en ook in die gat gegooi.
SAMPLE
Maar dit is alles verniet. Daar is soveel wegkruipplekke in die mense se kelders en solders dat hulle nie naastenby al die rotte kon vang nie. Gou is daar weer net soveel rotte as voorheen. En saam met die rotte kom daar ’n plaag vlooie. Die vlooie byt die mense. Baie mense word siek.
Weer kom die mense by die stadsaal saam. Hulle is baie ontevrede. “Weg met die burgemeester! Weg met die burgemeester! Weg met die burgemeester!” roep hulle hierdie keer. Die burgemeester hou weer sy hande in die lug. Hy paai die mense.
“Dit gaan nie goed in die dorp nie. Die rotte is in ons store en in ons winkels en in ons huise. Hulle maak ons kinders siek,” sê hy.
“Daarom sal ons vir die een wat van die rotte ontslae kan raak eenduisend goue munte gee!”
Al die mense het probeer om die rotte te vang. Sommige mense het rotvalle gestel. Ander het katte gekoop om die rotte te vang. Party mense het selfs die rotte gejaag en aan hul sterte gevang.
Maar niks het gewerk nie. Die rotte was net te veel.
Net toe die mense wou opgee, kom daar ’n vreemde man in Hamelin aan. Hy dra helder klere en ’n hoed met ’n veer in.
SAMPLE
Hy dra ’n lang mantel, en in sy hand is ’n silwer fluit. Die man stap verby die hawe en die store. Hy stap verby die bakkerye, winkels en huise tot op die dorpsplein. Hy klop aan die deur van die stadsaal. Die burgemeester kom uit. ’n Klomp mense staan nuuskierig en kyk. “Is dit waar dat die een wat van die rotte ontslae raak eenduisend goue munte sal kry?” vra die man.
“Dit is waar,” antwoord die burgemeester. “Wel, vandag is julle gelukkige dag,” sê die man. “Ek is die beste rottevanger in Duitsland.”
“Jy, ’n rottevanger?” sê die burgemeester. “Dit glo ek nie! Jy lyk dan te deftig!” Die man glimlag. “Julle sal my gou genoeg glo.” Die man gaan staan toe by die fontein op die dorpsplein. Hy lig sy fluit tot by sy lippe en speel ’n noot. Die noot laat die mense ril. Die man speel nog ’n noot. En nog een. Die mense bly doodstil.
Die note word ’n deuntjie.
Skielik is daar ’n verskriklike geskarrel. Uit die bakkerye, die store en die huise, uit die dreine, kelders en solders kom daar rotte. Uit elke hoekie en gaatjie kom hulle aangehardloop. Die rottevanger speel en speel op sy fluit, en die rotte kom en kom.
Toe die dorpsplein vol rotte is, loop die rottevanger na die rivier. Duisende en duisende rotte skarrel agter hom aan. Die mense volg nuuskierig. Hy gaan staan in die rivier en speel op sy fluit.
Die rotte kan nie anders as om die musiek te volg nie, en hulle spring in die rivier. Hulle kan nie teen die sterk stroom swem nie.
Een vir een verdrink die rotte.
Toe die laaste rot in die rivier gespring het, hou die rottevanger op speel. Die mense juig en klap hande. Hy maak ’n diep buiging.
Saam stap almal terug na die dorpsplein.
SAMPLE
Die burgemeester staan voor die stadsaal. “Die rotte is dood. Eenduisend goue munte, asseblief,” sê die rottevanger. Die burgemeester gee ’n snork: “Og! Eenduisend goue munte! Vir wat?
Ons het tog almal gesien hoe die rotte self in die rivier spring terwyl jy eenkant staan en jouself met jou fluit besighou. Jy kry nie ’n sent nie!”
“Nou goed,” sê die rottevanger. “As dit is wat julle besluit, is dit maar so.” Die mense lag hom uit. Die rottevanger steur hom nie aan hulle nie. Hy loop tot op ’n heuwel net buite die dorp. Hy lig sy fluit weer tot by sy lippe. Hy blaas ’n noot wat die blare laat ritsel. Hy blaas ’n tweede noot wat die mense laat ril. Die derde noot laat al die kinders van Hamelin dans. Hulle huppel en spring en dans na die heuwel waar die rottevanger staan en wag. “Stop! Kom terug!” roep die kinders se ouers. Maar die kinders hoor niks nie. Hulle dans en dans tot by die heuwel.
Toe al die kinders om die rottevanger staan, loop hy tot by die rivier. Die kinders dans al agter hom aan. Hy loop oor ’n brug, en die kinders loop saam. Hy loop na die berge, en die kinders volg. Die kinders se ouers hardloop agterna.
SAMPLE
Hulle roep: “Asseblief! Kom terug na ons!” Maar dit is verniet, want die kinders hoor niks. Hulle dans en hulle dans.
Die rottevanger gaan staan aan die voet van die berg. Hy blaas ’n helder noot op sy silwer fluit. Daar verskyn ’n opening aan die voet van die berg. Die rottevanger verdwyn in die opening in.
Die kinders dans al agterna. Die ouers hoor een laaste, hartseer noot, en die opening in die berg gaan toe. Die berg het hul kinders ingesluk.
Die ouers van Hamelin het vir dae daarna na die opening gesoek. Hulle het met grawe gespit en met pikke gekap. Hulle het geroep en geroep na hul kinders, maar dit het nie gehelp nie.
Die rottevanger en hul kinders was skoonveld.
Ná ’n lang gesoek moes die ouers maar weer huis toe gaan. Die strate van Hamelin was stil. Daar was nie ’n enkele rot nie. Maar daar was ook nie ’n enkele kind nie. Die mense se harte was swaar, maar die lewe het aangegaan. Skepe het weer koring kom af laai. Die store het weer vol geraak. Die bakkerye het weer brode en koeke gebak vir die winkels om te verkoop.
Die rottevanger het die mense ’n duur les geleer. Van daardie dag af het die mense van Hamelin altyd hul skuld betaal.
Aktiwiteit 121: -nk en -lg as eindklanke
Omkring al die woorde wat met nk of lg eindig. nk of lg
Die vink bou sy nes oor ’n rivier wat stink. Ek volg hom, en ek dink hy bou baie ¶ink. Naby die bank groei daar ’n soort alg. Dit veroorsaak die stank.
Teken ’n prentjie by elke woord. Belg volg tronk klank
Skryf drie woorde wat op nk eindig en een wat op lg eindig op die lyntjies.
Skryf een sin met een woord wat eindig op nk en een wat eindig op lg.