Graad 4 • Fasiliteerdersgids 1/2 Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Fasiliteerdersgids 1/2
Graad 4
2404-E-EAT-FG01
L van Niekerk 9781990949487
Aangepas vir KABV
G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele
Leselemente
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om die leerder se kennis te toets.
WOORDESKAT
Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DEFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
VIR DIE NUUSKIERIGES
SAMPLE
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei. Brei die aktiwiteit tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken.
Voorwoord
Die handleiding en fasiliteerdersgids dek al die werk van graad 4 Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT). Die boeke is saamgestel in lyn met die KABV-riglyne wat die Departement van Basiese Onderwys vereis.
Die KABV gee ’n uiteensetting van die minimum werk wat gedek moet word. Die handleiding en fasiliteerdersgids bevat soms meer inligting as wat die KABV vereis. (Meer inligting hieroor onder die bespreking van die afdelings in die boek en onder die opskrif “Beplanning”.)
Die boeke is in vier eenhede en 18 lesse verdeel. Elke les word oor ’n tydperk van twee weke behandel (10 uur), en elke eenheid strek oor ’n kwartaal. Eenheid 1 en 2 is in fasiliteerdersgids 1/2, en eenheid 3 en 4 is in fasiliteerdersgids 2/2. (Die handleiding is in vier boeke verdeel, elke eenheid op sy eie.)
Eenheid 1 bestaan uit vyf lesse.
• Les 1: Jy is ’n reënboog!
• Les 2: Waar wil jy woon?
• Les 3: Onder my bed ...
• Les 4: In die winkel
• Les 5: Taai tongknopers
• Les 6: Ware vriende
• Les 7: Voor hulle vir ewig verdwyn
• Les 8: Wees werklik, wees jouself
• Les 9: Speel met sintuie
Eenheid 3 bestaan uit vyf lesse.
• Les 10: Geheime skatte
• Les 11: Vreemde vlieënde voorwerpe
• Les 12: Boomhuise
• Les 13: Grawe die geskiedenis op
• Les 14: By die teater Eenheid 2 bestaan uit vier lesse.
Eenheid 4 bestaan uit vier lesse.
• Les 15: Wonderhonde
• Les 16: Besoedeling om ons
• Les 17: Die towertrui
• Les 18: Vakansie!
Die lesse is in aktiwiteite opgedeel, wat die leerinhoud en vrae daaroor bevat. Elke les bestaan uit vier afdelings:
1. Luister en praat
2. Lees en kyk
SAMPLE
3. Skryf en aanbied
4. Taalstrukture en -konvensies
Die boeke is geskryf as ’n volledige hulpbron vir al die werk wat die KABV vereis binne die voorgeskrewe tydstoekennings met ekstra aktiwiteite om begrippe in te oefen. Al die inhoud kan gedek word volgens die aktiwiteite in die boeke, of slegs sekere aktiwiteite kan gedoen word. Gebruik jou eie oordeel oor die vlak waarop die leerders is, en pas die inhoud en tydstoekenning daarvolgens aan.
Afdeling 1: Luister en praat
Luister en praat is integraal in alle tale. Hoe meer ’n taal gehoor en gepraat word, hoe makliker word sinskonstruksie en grammatika aangeleer. Elke les begin met die bespreking van ’n onderwerp wat die les inlei. Dit is belangrik dat leerders spontaan gesels. Hul selfvertroue sal verbeter hoe meer hulle praat, wat hulle ook sal help om gemakliker met toesprake te wees.
Dit is belangrik om woorde duidelik en korrek uit te spreek wanneer tekste hardop gelees word. Help leerders ook reg as hulle sinskonstruksie of woordgebruik verkeerd is wanneer hulle praat. Moedig leerders aan om minstens een keer ’n week ’n Afrikaanse televisieprogram te kyk of na ’n Afrikaanse radioprogram te luister.
Fasiliteerdersgids 1/2
G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Dit is ook belangrik om kennis van die luisterproses te neem, wat veral in hoër grade tydens luistertoetse toegepas word. Die luisterproses word in aktiwiteit 3 uiteengesit.
• Luisterproses: Volg die luisterproses die eerste paar weke, en kyk hoe die leerders vorder. Indien dit nie vir hulle nodig is om drie keer na die teks te luister nie, hoef die teks nie ’n derde keer gelees te word nie. Dit is goed as die leerders tydens die eerste lees op al die belangrike inligting let. Die luisterproses moet egter in take/eksamens gevolg word.
• Lees hardop: Nie al die “lees hardop”-aktiwiteite hoef gedoen te word nie, maar leerders moet oefen om voorbereid én onvoorbereid hardop te lees. Assesseer hulle informeel met die rubriek in die aktiwiteite, of gebruik die rubriek in die bylae hiervoor. Leerders kan mekaar ook soms assesseer. Leerders wat minder gevorderd is, sal dalk nie die hele teks kan lees nie –neem altyd elke leerder se leesvaardighede in ag. Die doel van die informele assessering is om leerders se leesvaardighede te verbeter, nie om hulle af te skrik nie.
Pas die aktiwiteite toe na aanleiding van leerders se vaardighede. As hulle oë byvoorbeeld te stadig oor die bladsy beweeg, kan die aktiwiteit vervang word met ’n teks waar hul oogbeweging geoefen word, byvoorbeeld:
Dit is hoe ons lees. Ek beweeg my oë van links na regs.
Soos later onder “beplanning” genoem word, moet die aktiwiteite in die afdelings oor die twee weke van die les strek, en daar moet elke week aandag aan al vier afdelings gegee word. Daar moet dus in week 1 en week 2 aktiwiteite uit “luister en praat” gedoen word.
Afdeling 2: Lees en kyk
Hoe meer leerders met Afrikaanse tekste te doen kry, hoe makliker gaan hulle die taalgebruik verstaan en dinge soos spelpatrone optel. Hulle woordeskat sal ook uitbrei hoe meer hulle lees.
SAMPLE
Die tekste in die boeke begin by die minimum vereiste van die KABV (100 tot 150 woorde) en neem toe soos die jaar vorder. ’n Groot probleem onder leerders is dat hulle sukkel om met begrip te lees, juis omdat hulle te min lees. Die boeke probeer die leerders aanmoedig om ’n bietjie meer te lees en om hulself uit te daag. As die tekste te lank vir hulle is, laat hulle byvoorbeeld net die helfte van die teks op hul eie lees. (Die vrae oor die dele wat hulle nie lees nie, kan dan uitgelaat word.)
Staan die leerders veral in veral kwartaal 1 by met die lees van tekste deur die tekste hardop te lees voordat hulle dit op hul eie lees. Dit is wel goed as leerders die tekste op hul eie kan lees en kan verstaan wat daar staan.
Dit is belangrik dat leerders selfstandig lees. Verleen altyd hulp met die uitspraak of betekenis van woorde. Daar word ’n halfuur per les vir selfstandige lees toegeken. Moedig die leerders aan om elke kwartaal ’n boek op hul eie te lees. Dit word aanbeveel om dit ’n instelling in die klas te maak dat leerders selfstandig moet lees as hulle klaar is met hulle werk. (Meer inligting hieroor in les 1 se “selfstandige lees”-aktiwiteit.)
Dit is baie waardevol as ouers by die huis saam met hul kinders lees. Moedig ouers aan om ’n paar dae ’n week saam met hul kinders te sit en ’n Afrikaanse boek lees, al is dit net 15 minute.
Die verduideliking van taalbegrippe en vrae daaroor is meestal in afdeling 2 vervat. (Meer daaroor onder “Afdeling 4: Taalstrukture en -konvensies”.)
Afdeling 3: Skryf en aanbied
Hoe meer die leerders in Afrikaans skryf, hoe beter. Wanneer ’n mens skryf, is jy meer geneig om grammatika beter te verstaan en spelling te oefen. Let op die skryfproses wat in afdeling 3 van les 1 uiteengesit word. Moedig leerders aan om soveel as moontlik in Afrikaans te skryf. Hulle kan byvoorbeeld elke dag, buiten die aktiwiteite in die handleiding, ’n paragraaf skryf oor dit wat hulle die vorige dag ná skool gedoen het, of dit kan met die aktiwiteite van die dag skakel.
Die leerders word aan ’n verskeidenheid tekssoorte blootgestel, byvoorbeeld stories, dialoë, artikels, plakkate en gedigte. In hierdie boeke word meer skryfaktiwiteite en tekssoorte gegee as wat die KABV vir elke les vereis. Tekste wat die KABV vir elke les vereis, word so in die fasiliteerdersgids aangedui met “verplig” in ’n blokkie langs die aktiwiteit se opskrif. Die leerders hoef nie die ander skryfaktiwiteite ook te doen nie, maar verskeie tekssoorte kan in formele assesserings voorkom. Daar word ook in die KABV genoem dat alle tekssoorte deel van onderrig moet vorm, al word dit nie by die onderrigplan ingesluit nie. As leerders nou al die formaat van die tekssoorte leer, sal die skryf van tekste in ander grade makliker wees, veral in die Senior- en VOO-fase. Die ekstra skryfaktiwiteite word veral gegee vir leerders wat meer wil oefen of op hul eie wil skryf. Moedig dit aan, en help leerders om hul skryfvaardighede te verbeter.
Die lengte van die tekste is volgens die KABV se vereistes, maar dit kan party leerders se kreatiwiteit inperk, veral by die skryf van ’n opstel of ’n storie. Gebruik eie oordeel om te bepaal of hulle by die vereiste aantal woorde moet bly en of hulle langer tekste mag skryf. Die KABV se vereistes is as volg:
Paragraaf
Opstel/Storie
Brief
Dialoog
SAMPLE
30 – 40 woorde
100 – 120 woorde
40 – 60 woorde
40 – 60 woorde
Instruksies
30 – 40 woorde
Dagboekinskrywing 20 – 30 woorde
Boodskappe 20 – 30 woorde
Opsomming
30 – 40 woorde
Onthou ook dat die afdelings deur die loop van die twee weke vermeng moet word. Party skryfaktiwiteite moet dus in week 1 van die les al gedoen word (al handig die leerders hul finale skryfstuk dalk eers oor ’n week of twee in).
Afdeling 4: Taalstrukture en -konvensies
Die grondslag vir grammatika word gelê deur Afrikaans te hoor en te lees. Die KABV vereis slegs 1 uur per les (per twee weke) se formele onderrig in taalbegrippe. Dit is egter nie voldoende om taalbegrippe en grammatika vas te lê en in te oefen nie. Dit is goed om ’n beter grondslag van taalbegrippe in graad 4 tot 6 te lê, wat ook beteken dat die leerders grammatika en taalreëls in hoër grade beter sal verstaan en kan toepas. Hoe meer leerders die toepassing van taalbegrippe oefen, hoe beter, daarom word ekstra aktiwiteite oor taalbegrippe gegee.
Die verduideliking van taalbegrippe kom meestal in afdeling 2 voor, maar onthou om die aktiwiteite oor die volle twee weke te strek. In hierdie boeke is daar net ’n hersieningsoefening in
Fasiliteerdersgids 1/2
G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
afdeling 4. Hierdie aktiwiteit kan gebruik word as ’n informele toets om te kyk of leerders die begrippe al bemeester het. In party hersieningsaktiwiteite word vrae gegee oor begrippe wat in vorige lesse gedek is om leerders se geheue te verfris.
Dit is nie nodig om al die verduidelikings by taalbegrippe te volg of dat leerders dit leer nie. In baie gevalle is die verduidelikings in die fasiliteerdersgids meer omvattend as in die handleiding. Dit is sodat die fasiliteerder ’n goeie begrip van die konsepte het om dit vir die leerders te kan verduidelik. Die doel van die verduidelikings is om te help om begrippe beter te verstaan, veral as leerders dalk nie kan onthou hoe om ’n begrip toe te pas as hulle op hul eie werk nie – dan is die verduideliking daar om die leerder te help.
Al die taalwerk wat die KABV se onderrigplan vir elke les aanbeveel, word in die boeke gedek. Dit is nie nodig om al die taalaktiwiteite in elke les te doen nie. Daar is ekstra aktiwiteite oor taalbegrippe om dit vir die fasiliteerder makliker te maak, sodat dit nie nodig is om ekstra oefeninge op te stel of te soek nie. Gebruik jou eie oordeel oor die vlak waarop die leerders is en hoeveel taaloefeninge hulle moet doen. Kies ook begrippe waarmee leerders meer oefening benodig. Hulle kan byvoorbeeld slegs een vraag per aktiwiteit doen, of meer gevorderde leerders kan al die vrae beantwoord. Die ekstra oefening kan as huiswerk gegee word. Ekstra aktiwiteite oor die meeste taalbegrippe word deur die jaar gegee, juis om begrippe goed onder die knie te kry.
Daar is spasie om die meeste aktiwiteite in die handleiding te beantwoord. Dit word wel aanbeveel dat leerders die antwoorde in hul werkboek oorskryf om sinskonstruksie en spelling te oefen. (Die werkboek word later in die voorwoord bespreek.) Besluit self of die vrae in die handleiding of werkboek beantwoord moet word. As daar in die vraag genoem word dat leerders die sinne moet oorskryf, hoef dit nie in alle gevalle oorgeskryf te word nie. Dit is wel voordelig om sinskonstruksie só te oefen.
Dit is uiters belangrik dat taalbegrippe goed vasgelê word – dit vorm die basis vir taalwerk tot in graad 12. Hoe meer leerders met die verskeie taalbegrippe in aanraking kom, hoe beter word dit vasgelê. Let ook op dat leerders meer selfstandig begin werk soos die jaar vorder. Verleen hulp waar nodig.
SAMPLE
Let wel: Daar is baie wisselvorme en maniere van skryf, byvoorbeeld getalle wat los, vas of met ’n koppelteken geskryf kan word. Party maniere van skryf word aanbeveel, maar as leerders dit op ’n ander manier skryf wat ook taalkundig korrek is, kan dit nie verkeerd gemerk word nie. Daar is soms notas hieroor deur die fasiliteerdersgids, maar nie in alle gevalle nie. Raadpleeg die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls om seker te maak leerders word nie gepenaliseer nie.
TYDSTOEKENNING
Die KABV veries dat leerders 5 uur per week in Afrikaans Eerste Addisionele Taal onderrig word, dus 10 uur per les (wat oor twee weke strek). Dit beteken dat huiswerk nie by hierdie tyd ingesluit is nie. Indien leerders dus die aktiwiteite nie tydens onderrigtyd klaarkry nie, moet hulle dit as huiswerk voltooi. Kies aktiwiteite en vrae na gelang van die leerders se vaardighede. In elke les (twee weke) moet daar 2 uur aan luister en praat bestee word, 5 uur aan lees en kyk, 2 uur aan skryf en aanbied en 1 uur aan taalstrukture en -konvensies. Soos genoem, vereis die KABV dat taalstrukture en -konvensies binne konteks aangeleer word, dus is die tyd hiervoor ingesluit in die KABV se voorgestelde tye vir die verskillende afdelings.
Let wel dat die tydstoekenning by die aktiwiteite nie tot 10 uur per tweeweeksiklus optel nie.
Dit is omdat die tyd wat aan ’n aktiwiteit afgestaan word deur die getal leerders in die klas bepaal word en deur hoe vinnig leerders werk. Party aktiwiteite vat ook langer, waar die fasiliteerder die leerders se lees assesseer, die voordra van ’n gedig, toesprake, ensovoorts. Hier kan die aktiwiteit oor ’n paar dae strek sodat alle leerders kans kry om die aktiwiteit te voltooi. Neem ook kennis dat die tydstoekenning slegs riglyne is.
Gebruik jou eie oordeel om seker te maak die leerders doen ’n paar aktiwiteite oor ’n begrip of ’n vaardigheid deur die jaar. In sommige gevalle strek ’n aktiwiteit oor meer as een periode – wees oordeelkundig in die benadering van die lesse.
BEPLANNING
Die boeke is só saamgestel om die fasiliteerder soveel as moontlik by te staan. Dit is steeds nodig om lesbeplanning te doen aangesien verskeie vaardighede en afdelings deur die loop van elke week aangeraak moet word en die boeke volgens afdelings opgestel is (luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied en taalvaardighede en -konvensies). Onthou om aktiwiteite van al die afdelings deur die loop van die twee weke te doen.
Die aanbied van die lesse moet dus noukeurig beplan word. Party aktiwiteite vereis ook meer voorbereiding. Weer eens, dit is nie nodig om al die aktiwiteite in die boek te doen nie. Enige aktiwiteit kan aangepas, vervang of uitgelos word.
Gaan deur die les, en kyk wat om voor te berei (soos om die hardop lees van ’n teks te oefen, die klas te versier om by die die tema van die les te pas, die nodige voorbereiding vir taalspeletjies en ander aktiwiteite te doen, om vir die leerders te sê dat hulle volgende week items klas toe moet bring, ensovoorts). Beplan ook watter aktiwiteite op watter dag van die tweeweeksiklus behandel gaan word (dag 1 tot 10). (Dit sal ook afhang van die leerders se skedule in ander vakke.)
Soos reeds genoem, is dit nie nodig dat leerders al die aktiwiteite doen nie, en leerders hoef nie al die vrae te beantwoord nie, of dit kan geheel uitgelos word, veral as leerders ’n taalbegrip reeds bemeester het. As leerders byvoorbeeld verstaan hoe afkortings werk, kan hulle die aktiwiteit oor afkortings as hersiening by die huis doen (wat dan in die klas gemerk word), of dit kan heeltemal uitgelos word.
WOORDESKAT EN SPELLING
Leerders maak ’n woordeboek in les 1. Hulle kan enige woorde wat vir hulle nuut of moeilik is in die woordeboek skryf. (Maak seker hulle spel die woorde reg.) Hulle verduidelik dan die betekenis van die woorde met ’n sin of ’n prentjie (meer besonderhede in les 1).
Die leerders skryf ’n speltoets aan die einde van elke les. (In plaas hiervan kan hulle elke dag of aan die einde van elke week ’n speltoets skryf.) Die lys spelwoorde is aan die einde van elke les. Dit is woorde waarmee hulle deur die loop van die les te doen kry of woorde wat leerders oor die algemeen sukkel om te spel, maar dit kan met ander woorde vervang word. Soos aan die begin van elke les genoem, moet die leerders genoeg tyd kry om die spelling van die woorde te leer.
Nadat lettergrepe behandel is, word dit aanbeveel dat leerders die woorde in elke speltoets in lettergrepe verdeel en met ’n glimpen (highlighter) uitlig waar hulle moontlik verkeerd kan spel. Dit help hulle om die spelling beter te onthou. Moedig die leerders aan om die spelling van die woorde elke dag skriftelik te oefen.
Fasiliteerdersgids 1/2
G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
WOORDELYSTE
Die woordelyste in die bylae is vir verwysing. Daar is lyste met trappe van vergelyking, sinonieme en antonieme, geslag, vergelykings, ensovoorts. (Die lyste is nie allesomvattend nie.) Leerders kan van die inligting in die bylae leer nadat die begrippe in die handleiding behandel is. Dit vergroot hul woordeskat, en dit is kennis wat hulle tot in graad 12 gaan gebruik, asook in die alledaagse lewe. Hulle kan af en toe ’n kort, informele toetsie daaroor skryf. Gee hulle byvoorbeeld vyf idiome of homofone om te leer, nie al die woorde in die lyste nie.
OOR DIE TEKSTE
• Die nodige toestemming is verkry om die gedigte, stories en spotprente in die boeke te gebruik.
• Waar daar nie erkenning gegee word nie, het die skrywer van die boek self die tekste geskryf. (Dit sluit gedigte in.)
• Alle ander tekste, soos koerant- en tydskrifartikels, instruksies en plakkate is uit verskeie bronne geskryf/saamgestel. By alle koerant- en tydskrifartikels is die joernaliste se name fiktief.
• Soos onder “Afdeling 2: lees en kyk” genoem, is van die tekste in die boeke langer as die KABV se minimum vereistes. Leerders behoort in staat te wees om die hele teks te lees, maar indien hulle nie kan nie, hoef hulle nie die hele teks te lees nie.
ANDER ASPEKTE OM VAN KENNIS TE NEEM
• Regdeur die handleiding verskyn Zak die taalmonster. Hy gee vir leerders wenke en gaan saam met hulle op die reis deur graad 4 Afrikaans EAT.
• Elke les het ’n tema. Probeer om die tema so lewendig as moontlik te maak – die klas/vertrek kan byvoorbeeld volgens die tema van die les versier word.
• Die boeke het ook ten doel om die leerders se algemene kennis uit te brei en hulle aan nuwe onderwerpe bloot te stel. Die leerders moet ook nie net taalbegrippe bemeester nie, hulle moet leer om selfstandig te dink en te redeneer. Die aktiwiteite probeer ook om hulle goeie waardes te leer, soos om behulpsaam te wees en vir die omgewing om te gee.
• Dit is belangrik om leerders se vaardighede aan die begin van die jaar te bepaal om te sien op watter vlak hulle is en watter werk van vorige grade hulle dalk nog nie bemeester het nie.
SAMPLE
• Daar is ’n tabel aan die begin van elke les in die fasiliteerdersgids. Hierdie tabel bevat die aktiwiteite waarin die aspekte hoofsaaklik behandel word, saam met die tydstoekenning. Hierdie aspekte (byvoorbeeld sinonieme en antonieme) kan ook in ander aktiwiteite in die les voorkom (soos in die leesbegripvrae).
• Baie aktiwiteite vereis dat leerders in pare, groepe of as ’n klas werk. Indien daar slegs een leerder is, moet die fasiliteerder instaan.
• Daar word by sommige aktiwiteite ’n rubriek vir informele assessering gegee. Die rubrieke vir formele assessering is in die bylae. Dit is jou keuse oor watter rubriek om te gebruik –leerders moet gewoond raak aan die rubrieke waarvolgens hulle geassesseer word, maar dit hoef nie vir elke aktiwiteit gebruik te word nie.
• Soos genoem, moet die leerders vir sommige aktiwiteite items klas toe bring – beplan vooruit en gee die leerders genoeg tyd om die items te kry. Hulle moet byvoorbeeld soms tydskrifte/koerante klas toe bring of ’n rekwisiet om rolspel mee te doen. Gee hulle
byvoorbeeld ’n week of twee om die items te kry. Daar kan natuurlik ook tydskrifte/koerante en rekwisiete in die klas vir sulke aktiwiteite gehou word.
• In die “woordeskat”-blokkies word definisies of Engelse vertalings van party woorde in die tekste gegee. Die woorde wat se definisie gegee word, is in vetdruk in die teks. Dit word ook binne konteks van die teks gegee.
• By sommige tekste word die uitspraak van moeiliker woorde vir die fasiliteerder gegee, byvoorbeeld: Duidelik word uitgespreek as “dui-dlik”. (E’s wat as i uitgespreek word, word so aangedui, byvoorbeeld “sommige” se uitspraak word as “so-mi-gi” gegee.)
• Leerders kan kort, informele toetse oor taalbegrippe skryf, byvoorbeeld oor geslagsvorme, intensiewe vorme, vergelykings, ensovoorts.
• Waar die leerders sukkel om die antwoord op ’n vraag te kry, moenie die antwoord weggee nie Vra vrae wat hulle sal help om die antwoord te bepaal.
• Die opskrifte in die boeke is sover moontlik volgens die KABV se opskrifte.
• Meer gevorderde leerders kan deur die jaar navorsing doen, ’n plakkaat oor die les se tema maak en vir die klas daarvan vertel. (Voorstelle word in “Vir die nuuskieriges”-blokkies gegee.)
• Leerders moet met iets soos klaspunte gemotiveer word. (Daar word deurgaans na klaspunte in aktiwiteite verwys, veral by speletjies.) Gebruik eie oordeel oor hoe om dit aan te wend. Aan die einde van elke week of les kan die leerders met die meeste klaspunte ’n beloning kry, selfs al is dit ’n sertifikaat. Die klaspunte moet nie net vir akademiese prestasie gegee word nie, maar ook vir dinge soos hulpvaardigheid, vriendelikheid, ensovoorts.
• Kleurvolle plakkate oor taalbegrippe en dinge soos die skryfproses kan in die klas opgesit word.
WERKBOEK
Daar is plek in die handleiding om die antwoorde van die meeste aktiwiteite in te vul. Elke leerder moet ’n lyntjiesboek (’n skrif) met 72 bladsye of ’n swart hardebandboek hê om sekere aktiwiteite in te doen. (Hulle mag dalk later die jaar nóg ’n werkboek benodig.)
SAMPLE
Leerders kan ook ’n lyntjies boek hê waarin hulle die tekste van skryfaktiwiteite (afdeling 3) skryf.
Leerders moet ’n A5-lyntjiesboek (of ’n A4-boek) vir hul eie woordeboek hê (meer inligting onder “Woordeskat en spelling”).
VOORGESKREWE EN AANBEVOLE BOEKE
Daar word geen addisionele boeke vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal voorgeskryf nie.
Leerders moet toegang tot ’n tweetalige woordeboek (soos ’n Afrikaans-Engels-woordeboek) hê. Woordeboeke is duur, maar hulle sal dit tot in graad 12 gebruik. ’n Tesourus is ook voordelig.
Soos genoem, word leerders aangemoedig om minstens een boek per kwartaal te lees. Dit kan enige toepaslike boek van die leerder se keuse (en op sy/haar leesvlak) wees. Hoe meer daar gelees word, hoe makliker en beter word grammatika, spelling en taalbegrippe aangeleer.
Fasiliteerdersgids 1/2
G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Aanbevole boeke
• Tippie-reeks (vir leerders wat baie met lees en/of Afrikaans sukkel) – Jose Palmer en Reinette Lombard
• Z is vir Zackie-reeks – Jaco Jacobs
• Wiskunde gee my maagpyn – Jaco Jacobs
• Blou Maandag – Jaco Jacobs
• Oupa se medalje – Phil Earle
• Slym se stories – Fanie Viljoen
• Olivia se olifant – Sylvia Bishop
• Haasdas se nuuskas-reeks – Louise Smit
• Vakansiepret-reeks – Theresa van Baalen
• Liewe Heksie-reeks – Verna Vels
• Cowboy Koekemoer-reeks – Henry Ferreira
• Zinzi en Saffraan-reeks – Asia Citro
Gaan snuffel rond tussen die boekrakke van die biblioteek of die naaste boekwinkel.
FORMELE ASSESSERING
Geen aktiwiteit in die handleiding word as formele assessering gedoen nie. Raadpleeg die portefeuljeboek vir alle formele assessering.
Eksamens
Raadpleeg die portefeuljeboek vir inligting oor eksamens. ’n Voorbeeld van eksamenvraestelle word in die bylae gegee. Laat leerders dit ter voorbereiding op eksamens skryf sodat hulle die formaat kan sien en gewoond kan raak aan die manier waarop vrae gevra word. Soek addisionele vraestelle op die internet.
Die samestelling van vraestelle is as volg, maar dit is onderhewig aan verandering Verwys altyd na die portefeuljeboek en assesseringsplan vir die jongste inligting oor die samestelling van eksamens.
• Vraestel 1 (word deur die loop van die kwartaal geasseseer): Mondeling (lees hardop / luisterbegrip / toespraak / rolspel, ens.)
• Vraestel 2: Leesbegrip en taal (leesbegrip van ’n teks, leesbegrip van ’n visuele teks, opsomming, taalstrukture en -konvensies)
• Vraestel 3 (kan deur die loop van die kwartaal geasseseer word): Skryf (opstel en transaksionele teks, soos ’n dialoog, dagboekinskrywing, boodskap, ens.)
SAMPLE
Jaarplan
Werk volgens die jaarplan om seker te maak dat al die werk betyds behandel word sodat leerders gereed is vir die eksamens.
Eenheid
1
2
LES 1: Jy is ’n reënboog
LES 2: Waar wil jy woon?
LES 3: Onder my bed ...
LES 4: In die winkel
LES 5: Taai tongknopers
LES 6: Ware vriende
LES 7: Voor hulle vir ewig verdwyn
LES 8: Wees werklik, wees jouself
LES 9: Speel met sintuie
– 2
– 4
– 6
3
LES 10: Geheime skatte
LES 11: Vreemde vlieënde voorwerpe
LES 12: Boomhuise
– 6
LES 13: Grawe die geskiedenis op 7 – 8
LES 14: By die teater 9 – 10
4 LES 15: Wonderhonde 1 – 2
LES 16: Besoedeling om ons 3 – 4
LES 17: Die towertrui
LES 18: Vakansie!
EENHEID 1: Week 1 – 2
Vaardighede
Luister en praat
Gesels met ander
Dra ’n gedig voor
Luister na ’n storie
Speel ’n taalspeletjie (Opsioneel)
Lees en kyk
Lees ’n storie
Vertel die storie oor (Opsioneel)
Selfstandige lees
Skryf en aanbied
Skryf oor die storie (Opsioneel)
Les 1:
Jy is uniek
Aktiwiteit Tydstoekenning
Aktiwiteit 1 30 minute
Aktiwiteit 2 20 minute
Aktiwiteit 3 40 minute
Aktiwiteit 4 10 minute
Aktiwiteit 8 1 uur
Aktiwiteit 9 20 minute
Aktiwiteit 15 30 minute
Aktiwiteit 16 1 uur
Skryf ’n vertelling Aktiwiteit 17 1 uur
Taalstrukture en -konvensies
Werk met woorde
Gebruik ’n woordeboek
Maak jou eie woordeboek (Opsioneel)
Die alfabet
Werk met sinne
Aktiwiteit 6 20 minute
7 20 minute
5 20 minute
Selfstandige naamwoorde Aktiwiteit 10 30 minute
Idiome en uitdrukkings Aktiwiteit 14 15 minute
Spelling en punktuasie
SAMPLE
Meervoud en verkleining Aktiwiteit 11 30 minute
Hoofletters Aktiwiteit 12 20 minute
Leestekens Aktiwiteit 13 20 minute
Speltoets Aktiwiteit 19 5 minute
Hersiening Aktiwiteit 18 20 minute
Persoonlike woordeboek
Skryf in jou eie woordeboek (Opsioneel)
Aktiwiteit 20
Let wel: Die KABV beveel aan dat sinonieme in hierdie les behandel word, maar dit word eers in les 3 behandel. Ander begrippe en vaardighede wat die KABV vir hierdie les aanbeveel is in die aktiwiteite vervat.
AFDELING 1
LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 1: Gesels met ander 30 minute
Elke les begin met ’n interessante feit (interesting fact) om die leerders nuuskierig (curious) oor die les en tema te maak. Lees dit saam met hulle, en gesels daaroor indien daar tyd is.
Die leerders skryf ’n speltoets aan die einde van die les. Hulle moet die spelling van die woorde leer. Die spelwoorde is in die tweede laaste aktiwiteit van die les.
Vra of die leerders weet wat die kleure van die reënboog is. Weet hulle wat die kleure in Afrikaans is?
Interessante feit: Daar is sewe kleure in die reënboog (rainbow): rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet (pers) (red, orange, yellow, green, blue, indigo, violet [purple]). rooi oranje geel groen blou indigo violet
SAMPLE
Een van die maniere in die blokkie hier onder kan gebruik word om vir die leerders te wys hoe ’n reënboog vorm. Verduidelik wat hulle moet doen.
• Sit ’n glas water op ’n wit papier buite in die son (dit moet in ’n deurskynende glas sonder kleur wees [a clear glass you can see through]). ’n Kring met die kleure van die reënboog sal om die glas op die papier vorm.
• Gebruik ’n CD en laat sonlig op die agterkant val – sien leerders die kleure van die reënboog?
• Blaas seepbelle (bubbles) in die son – as ’n mens mooi kyk, kan jy ’n reënboog binne-in die seepbel sien. (Jy kan ’n bietjie skottelgoedwasseep [dishwashing liquid] met water meng.)
Die leerders maak beurte om hulself voor te stel deur die volgende te vertel:
• Wat is jou naam? (My naam is _________.)
• Van watter kleur hou jy die meeste? (Ek hou die meeste van __________.)
• Wat doen jy graag? (Byvoorbeeld: Ek hou daarvan om buite te speel.)
• Opsioneel (optional): Die leerders kan twee van hul eienskappe (qualities or traits) noem. (Byvoorbeeld: Ek is vriendelik, en ek help ander mense [is behulpsaam].) Help die leerders met die Afrikaanse woorde van eienskappe wat hulle dalk in hul huistaal noem. Hulle kan ook verduidelik wat die eienskap is as hulle nie weet wat die woord is nie (byvoorbeeld: “Ek help ander mense” in plaas van “behulpsaam”). Eienskappe kan ook op die bord geskryf word om van te kies, byvoorbeeld: vriendelik, kreatief, liefdevol, eerlik, dapper, fluks, ensovoorts.
Die leerders kan ’n prentjie van hulself op ’n papier teken en hul naam en hul gunstelingkleur (favourite colour) neerskryf.
Weet die leerders wat “uniek” beteken? Dit is unique in Engels. “Uniek” beteken niemand anders is presies soos jy nie (no one is exactly like you).
Kyk saam na die woorde wat in die les voorkom. Gee eers die Engelse woord, en vra of die leerders weet wat dit in Afrikaans is. Laat die leerders die woorde herhaal om seker te maak hulle spreek dit reg uit.
Woordeskat anders – different elkeen – everyone gelukkig – happy groep – group
Aktiwiteit 2: Dra ’n gedig voor 20 minute
My naam is Zak.
Ek hou van blou.
liefde – love maatjies – friends (uitgespreek: “maai-kies”) spesiaal – special (uitgespreek: “spe-sjie-haal”) uniek – unique
Lees die gedig “Reënboog vang” vir die leerders. Hulle moet dit oefen en die woorde leer om môre of later die week voor te dra (present). Hulle kan in groepe werk of almal kan dit saam voordra.
SAMPLE
Oefen dit ’n paar keer saam met die leerders. Hulle kan bewegings doen, soos tussen hakies langs die gedig aangedui, of hulle kan hul eie bewegings uitdink.
Die doel (purpose) van die aktiwiteit is om die uitspraak van woorde te oefen en om te kyk of hulle ’n eenvoudige gedig kan onthou. Leerders kan die gedig later in die week of volgende week weer voordra om te kyk of hulle dit kan onthou.
• A complete guide with all the texts and explanations included.
• Comprehensive explanations of language aspects.
• Step-by-step guidelines in plain language.
• Fun, engaging, and practical activities
• Interesting themes for Grade 4s to expand general knowledge and inspire curiosity.
• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.