Graad 4 • Fasiliteerdersgids 2/2 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Page 1


Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Fasiliteerdersgids 2/2

Graad 4

2404-E-EAT-FG02

L van Niekerk 9781990949494

Aangepas vir KABV

Leselemente

LEERDOELWITTE

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om die leerder se kennis te toets.

WOORDESKAT

Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

DEFINIEER

Definisies van sommige begrippe.

BELANGRIK

Belangrike aspekte om van kennis te neem.

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

VIR DIE NUUSKIERIGES

SAMPLE

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei. Brei die aktiwiteit tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken.

Voorwoord

Verwys na fasiliteerdersgids 1/2 vir die voorwoord. Hierdie fasiliteerdersgids bevat eenheid 3 en 4.

SAMPLE

G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele

Jaarplan

Werk volgens die jaarplan om seker te maak dat al die werk betyds behandel word sodat leerders gereed is vir die eksamens.

Eenheid

1

2

LES 1: Jy is ’n reënboog

LES 2: Waar wil jy woon?

LES 3: Onder my bed ...

LES 4: In die winkel

LES 5: Taai tongknopers

LES 6: Ware vriende

LES 7: Voor hulle vir ewig verdwyn

LES 8: Wees werklik, wees jouself

LES 9: Speel met sintuie

– 2

– 4

– 6

3

LES 10: Geheime skatte

LES 11: Vreemde vlieënde voorwerpe

LES 12: Boomhuise

LES 13: Grawe die geskiedenis op 7 – 8

LES 14: By die teater 9 – 10

4 LES 15: Wonderhonde 1 – 2

LES 16: Besoedeling om ons 3 – 4

LES 17: Die towertrui

LES 18: Vakansie!

EENHEID 3: Week 1 – 2

Les 10:

Geheime skatte

Vaardighede

Luister en praat

Luister na ’n storie

Beskryf ’n plek

Speel ’n taalspeletjie (Opsioneel)

Lees hardop (Opsioneel)

Lees en kyk

Lees ’n storie

Lees ’n dialoog (en doen rolspel)

Lees ’n boekresensie (Opsioneel)

Selfstandige lees

Skryf en aanbied

Skryf ’n dialoog

Skryf ’n beskrywing

Taalstrukture en -konvensies

Werk met woorde

Homonieme en homofone

Werk met sinne

Woordsoorte

Direkte en indirekte rede

Spelling en punktuasie

Hoofletters en leestekens

Die koppelteken

Speltoets

Hersiening

Persoonlike woordeboek

Skryf in jou eie woordeboek (Opsioneel)

Let wel: Ander begrippe wat die KABV aanbeveel, is in die aktiwiteite vervat.

Aktiwiteit 180 1 uur

Aktiwiteit 181 20 minute

Aktiwiteit 182 20 minute

Aktiwiteit 183 40 minute

Aktiwiteit 184 1 uur

Aktiwiteit 188 1 uur 30 minute

Aktiwiteit 189 30 minute

Aktiwiteit 192 30 minute

Aktiwiteit 193 1 uur

Aktiwiteit 194 1 uur

Aktiwiteit 185 20 minute

Aktiwiteit 186 25 minute

Aktiwiteit 187 20 minute

Aktiwiteit 190 20 minute

Aktiwiteit 191 20 minute

Aktiwiteit 196 5 minute

Aktiwiteit 195 30 minute

Aktiwiteit 197

2/2 G04

AFDELING 1

LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 180: Luister na ’n storie 1 uur

Herinner die leerders om die kwartaal ’n nuwe boek te lees. Hulle skryf ’n boekresensie in les 14.

Die leerders skryf ’n speltoets aan die einde van die les. Hulle moet die spelling van die woorde leer. Die spelwoorde is in die tweede laaste aktiwiteit van die les.

Interessante feit: In 1993 het Max Valentin ’n standbeeld (statue) van ’n uil, wat van goud en silwer gemaak is, in Frankryk weggesteek. Hy het leidrade (clues) in ’n boek geskryf, On The Trail of The Golden Owl (Sur la trace de la chouette d’or), maar niemand het die standbeeld al gevind nie.

Daar is baie skatte (treasures) in die wêreld wat nog nooit gevind is nie. Doen navorsing oor sulke skatte.

Die storie in die les is gebaseer op die feit hier bo. Gaan saam met die leerders deur die woordeskat van woorde wat gereeld in die les voorkom.

Woordeskat

avontuur – adventure broers – brothers eiland – island geheime skat – hidden treasure goue – golden

grot – cave nuuskierig – curious raaisel – riddle uil – owl vind – find

Gesels met die leerders oor avontuurverhale en skatte (adventure stories and treasures).

• Ken die leerders stories of flieks vol avontuur?

• Het die leerders al van verlore skatte (lost treasures) gehoor? Regoor die wêreld is daar werklike skatte wat weggesteek of verlore is, soos Die Skat van Lima, die skatte in die Toplitzmeer en die Kruger-miljoene (in Suid-Afrika).

• Ken die leerders stories of flieks oor geheime skatte (hidden treasures)? (Byvoorbeeld die Indiana Jones-reeks, Tomb Raider, Goonies, ens.) Leerders kan vertel wat in die fliek/storie gebeur.

• Sal die leerders graag ’n skat wil vind? Waarom of waarom nie?

Indien moontlik, wys vir die leerders hierdie toneel uit Indiana Jones: Raiders of the Lost Ark (1981): https://bit.ly/2KaAki7 (“Indiana Jones Raiders Of The Lost Ark - Famous Scene”). Speel tot en met 1:34. Dit is die eerste fliek in die Indiana Jones-reeks. Dit gaan oor een van die verlore skatte van die wêreld – die verbondsark (Ark of the Covenant). Dit sal die leerders help om die atmosfeer in die storie waarna hulle gaan luister beter te verstaan.

Leerders gaan na deel 1 van “Die goue uil” luister en deel 2 in afdeling 2 lees. Die storie speel af op ’n eiland in ongeveer die 1760’s. Lees die storie dan volgens die luisterproses. (Besluit of die storie een, twee of drie keer gelees moet word.) Gaan ná die eerste lees deur die woordeskat.

• “Palms” klink soos “pa-lims”.

• “Bootjie” klink soos “booi-kie”.

• Die e’s in “skedel” en “vrede” klink verskillend – “skee-dil” en “vree-di”.

• “Seerowers” word uitgespreek as “see-roo-wirs”.

• “Skaduwees” klink soos “skaa-duu-wees”.

Die goue uil (deel 1)

Die palms waai in die ligte wind. Die son kom op oor die spierwit strand, en die water raak-raak saggies aan die sand.

“Wat sê die raaisel nou weer?” vra my ouboet Pierre. Hy roei die bootjie na die eiland toe. Hy is baie haastig om daar uit te kom.

“Hoeveel keer wil jy dit nóg hoor?” vra ek met ’n glimlag, maar ek lees dit weer. “Waar die warm water ophou, in die maag van die rotskelder is skatte, baie helder. Vind die skedel en sy lede, vat die kis en gaan in vrede.”

“Dit klink baie maklik vir twee seerowers om te doen,” sê Pierre terwyl hy in die vlak water spring en die bootjie aan ’n rots vasmaak. “Ons gaan die goue uil sommer vinnig kry!”

SAMPLE

Ons beplan die avontuur al ’n paar maande. Ons het na kaarte gekyk en die raaisel probeer ontsyfer. Ons loop na die grot toe. Binne is dit pikdonker, koud, en dit ruik of alles nat is. Vlermuise fladder om ons, en ons fakkels gooi skaduwees teen die slymerige mure van die grot. Muise en ander diertjies skarrel weg onder ons voete. Ons loop in die donker grot in en soek rond met ons fakkels.

“Kyk, daar!” ’n Skedel is in ’n gat in die rots. Skielik onthou ek die stories oor soortgelyke skatte wat in donker grotte weggesteek is. Daar is altyd lokvalle wat op jou wag ...

“Wees versigtig, Chris,” waarsku my broer. Ek loop nader en lig die skedel stadig op. Die fakkel maak min lig, en ek sien amper nie die klein houtkissie wat agter die skedel is nie.

Ek sit my fakkel neer en haal die kissie uit die gat. Ek gee dit vir Pierre, en hy maak dit oop. Ons kan ons oë nie glo nie!

Fasiliteerdersgids 2/2

Woordeskat

fakkels (torches): ’n stok met ’n brandende vlam aan die een punt palms (palmbome) – palms raaisel – riddle ouboet – big brother haastig – in a hurry rotskelder – cave chamber helder – bright skedel – skull kis – chest vrede – peace seerowers – pirates

ontsyfer – decypher nat – wet vlermuise – bats skaduwees – shadows slymerige – slimy skarrel weg – scurry away lokvalle – traps versigtig – careful waarsku – warns

Leerders beantwoord die vrae mondelings deur hand op te steek, of hulle kan in pare werk en terugvoer gee. Die vrae kan ook skriftelik beantwoord word soos ’n luistertoets (listening comprehension).

SAMPLE

1. Sit die prentjies in die regte volgorde deur dit van 1 tot 4 te nommer. Vertel deel 1 van die storie dan oor deur net die hoofgedagtes te gee.

2. Wat is die name van die karakters? Chris en Pierre

3. Watter karakter is ouer? Pierre

4. Die jonger boetie is die verteller van die storie (narrator). Hoe weet jy dit? Voltooi die sin: Woorde soos “_________” word in die vertelling gebruik.

a) ek

b) hulle

5. Waar speel die storie af? Op ’n eiland, in ’n grot.

6. Waarna soek die karakters? ’n Skat / Die goue uil (Nie ’n skedel nie – hulle moet die skedel kry om by die skat/uil uit te kom.)

7. Voltooi die sinne met die woorde in die blokkie.

skaduwees slymerige vlermuise

Vlermuise fladder weg en hulle fakkels gooi skaduwees teen die slymerige mure van die grot.

8. Die verteller sê: “Skielik onthou ek die stories oor soortgelyke skatte wat in donker grotte weggesteek is. Daar is altyd lokvalle wat op jou wag ...”. Waarom dink jy noem hy “lokvalle”? (Wenk: Wat dink jy gaan gebeur nadat hulle die houtkissie oopgemaak het?)

Leerders se eie voorspelling (prediction). Daar gaan dalk iets slegs gebeur omdat hulle die houtkissie gevat het, iets met ’n lokval te doen.

9. Deel 1 eindig met Pierre wat die kissie oopmaak, en die verteller sê: “Ons kan ons oë nie glo nie!” Wat dink jy gebeur in deel 2 van die storie?

Leerders se eie antwoord.

Bonus: Watter twee intensiewe vorme kom in die storie voor? spierwit en pikdonker

Aktiwiteit 181: Beskryf ’n plek

20 minute

Die leerders kan in pare of groepe werk en beskryf hoe die grot in die storie lyk. Hulle moet soveel as moontlik besonderhede (detail) gee. Daarna kan die leerders ’n prentjie van die grot teken.

Die gedeelte uit die storie kan weer gelees word, indien nodig:

Binne is dit pikdonker, koud, en dit ruik of alles nat is. Vlermuise fladder om ons, en ons fakkels gooi skaduwees teen die slymerige mure van die grot. Muise en ander klein diertjies skarrel weg onder ons voete.

Die leerders kan ook beskryf hoe hulle dink die eiland lyk.

Aktiwiteit 182: Speel ’n taalspeletjie

20 minute

Opsioneel

In hierdie taalspeletjie word die leerders se geheue (memory) en woordeskat getoets.

Leerders kan in groepe speel, of almal kan saam speel. Vra die leerders om aan voorwerpe (objects) te dink wat hulle sal saamvat as hulle na ’n skat gaan soek, soos die karakters in die storie. Leerders mag dit nie neerskryf nie, hulle moet net daaraan dink.

Die leerders maak mondelings ’n lys van alles wat hulle sal saamvat. Een leerder begin, en die leerder regs van hom/haar is volgende. Dit werk so:

• Elke leerder begin met: “Ek gaan soek na skatte en vat ________ saam.”

• Voordat die volgende leerder iets byvoeg, moet hy/sy die vorige voorwerpe op die lys in die regte volgorde opnoem.

• Indien ’n leerder een van die voorwerpe uitlaat of dit in die verkeerde volgorde opnoem, is hy/sy uit die spel.

• Die laaste leerder wat al die voorwerpe in die regte volgorde noem, wen.

• Die speletjie kan moeiliker gemaak word deurdat die leerders die voorwerpe volgens die alfabet moet opnoem. Leerder 1 se voorwerp begin dus met a, leerder 2 se voorwerp met b, leerder 3 se voorwerp met d, ens.).

Voorbeeld

• Leerder 1: “Ek gaan soek na skatte, en ek vat ’n fakkel saam.”

• Leerder 2: “Ek gaan soek na skatte, en ek vat ’n fakkel en ’n kaart saam.”

• Leerder 3: “Ek gaan soek na skatte, en ek vat ’n fakkel, ’n kaart en ’n boek saam.”

• Leerder 4: “Ek gaan soek na skatte, en ek vat ’n fakkel, ’n kaart, ’n boek en ’n broodjie saam.”

• Leerder 5:“Ek gaan soek na skatte, en ek vat ’n fakkel, ’n kaart, ’n broodjie en ’n hoed saam.”

(Die leerder het “’n boek” uitgelaat en is uit die spel.)

• Leerder 6: “Ek gaan soek na skatte, en ek vat ’n fakkel, ’n kaart, ’n boek, ’n broodjie en ’n pen saam.” (Omdat leerder 5 uit die spel is, word “hoed” nie by die lys gevoeg nie.)

• So gaan die leerders aan tot daar een leerder oor is.

Die leerders moet die regte Afrikaanse woordeskat gebruik. Help hulle met die vertaling van woorde.

Vir die nuuskieriges: Die leerders kan ’n skattejag (treasure hunt) hou. Steek voorwerpe weg, en gee leidrade op papiertjies sodat hulle die skatte kan vind.

SAMPLE

Aktiwiteit 183: Lees hardop

40 minute

Opsioneel

Leerders oefen om die gedeelte uit “Die goue uil” hardop te lees. Hulle kan na die wenke in vorige lesse kyk.

In plaas van die fasiliteerder wat terugvoer gee, kan die leerders saam met ’n maat werk, en hulle gee ’n punt en terugvoer vir mekaar.

1 – glad nie 2 – kan verbeter 3 – soms 4 – meestal 5 – uitstekend

Kriteria

Het jy die woorde reg uitgespreek?

Het jy vlot en met gevoel gelees?

Het jy die leestekens gehoorsaam?

Punt (omkring)

| 2 | 3 | 4 | 5

| 2 | 3 | 4 | 5

| 2 | 3 | 4 | 5

Het jy teen die regte tempo gelees? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Het jy oogkontak met die gehoor gemaak? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Die palms waai in die ligte wind. Die son kom op oor die spierwit strand, en die water raak-raak saggies aan die sand.

“Wat sê die raaisel nou weer?” vra my ouboet Pierre. Hy roei die bootjie na die eiland toe. Hy is baie haastig om daar uit te kom. “Hoeveel keer wil jy dit nóg hoor?” vra ek met ’n glimlag, maar ek lees dit weer. “Waar die warm water ophou, in die maag van die rotskelder is skatte, baie helder. Vind die skedel en sy lede, vat die kis en gaan in vrede.”

“Dit klink baie maklik vir twee seerowers om te doen,” sê Pierre terwyl hy in die vlak water spring en die bootjie aan ’n rots vasmaak.

AFDELING 2 LEES EN KYK

Aktiwiteit 184: Lees ’n storie

1 uur

Leerders moes in afdeling 1 voorspel het wat verder in die storie (“Die goue uil”) gaan gebeur. Hulle kan weer noem wat hulle dink in deel 2 gaan gebeur.

Gaan saam deur die woordeskat, en verduidelik woorde wat die leerders nie ken nie.

Woordeskat

SAMPLE

houtkissie – small wooden chest muntstukke – coins armbande – bracelets juwele – jewellery glinster – glistens standbeeld – statue staar – stares oopmond – open-mouthed verstom – speechless

diamant – diamond lokval – trap skedel – skull doodse stilte – deadly silence skud – shake net betyds – just in time ingang – entrance kalm – calm vasgevang – trapped

Deel 2 van die storie kan vir die leerders gelees word voordat hulle dit op hul eie lees. Andersins kan leerders dit heeltemal op hul eie of saam met ’n maat lees.

Deel 2 van die storie is langer as wat die KABV aanbeveel, maar die leerders behoort tekste van hierdie lengte op hul eie te kan lees. Indien nie, lees hulle vanaf: “Daar is ’n doodse stilte.”

• Gee die wenk vir die leerders: As jy sukkel om ’n woord uit te spreek, verdeel dit in lettergrepe, of breek die samestelling op. Oefen om die woord stadig te sê.

• “Glinster” word uitgespreek as “glin-stir”.

• “Diamant” word uitgespreek as “die-ja-mant”.

• Dit klink of “skud” met ’n t eindig.

• “Kalm” word uitgespreek as “ka-lim”.

Die goue uil (deel 2)

Daar is baie skatte in die houtkissie – goue muntstukke, stukke goud so groot soos eiers, goue armbande en goue juwele ... Dit glinster lig. Heel onder in die kissie is ’n standbeeld van ’n goue uil.

“Is dit die uil wat almal gedink het weg is?” Pierre staar oopmond daarna en haal die uil uit die kissie.

“Ek dink dit is!” Ek is verstom. Die goue uil se diamantoë blink in die lig van my fakkel. “Kom ons loop, netnou wag daar ’n lokval op ons ...”

Pierre maak die kissie toe, hy draai om en skop die skedel

Daar is ’n doodse stilte. Toe begin die grot skud! “Hardloop!” My voet gly op die los, nat klippe. My fakkel val op die grond. Dit is nie klippe onder ons voete nie, maar honderde skedels! Is dit ander seerowers wat die skat probeer vind het?

Pierre gryp my arm en help my opstaan. Klippe begin van bo val. Ons hardloop uit die grot terwyl dit al hoe meer skud. Ons is net betyds buite. Groot klippe het voor die ingang geval, en dit is nou toe.

Buite die grot is alles kalm. “Amper was ons in die grot vasgevang!” sê ek. “Wie sou kon raai dat die uil werklik bestaan?” Ons klim gou-gou in die bootjie en begin die pad huis toe vat.

SAMPLE

Bespreek deel 2 van die storie.

1. Vertel kortliks wat in deel 2 van die storie gebeur. Onthou, jy moet net die hoofgebeure gee. Leerders se eie vertelling, byvoorbeeld: Binne-in die houtkissie is skatte van goud en die goue standbeeld van ’n uil. Pierre skop die skedel, wat breek. Die twee broers hardloop uit die grot en gaan huis toe.

2. Wat is alles in die houtkissie?

Goue muntstukke, stukke goud, goue armbande, goue juwele en die standbeeld van die goue uil.

3. Wat gebeur nadat die skedel breek? Die grot begin skud, en klippe val van bo.

4. Wat beteken “doodse stilte”? Dit beteken daar is nie ’n geluid nie, asof daar niemand is nie.

5. Die verteller gly op ’n hoop skedels. Waar dink hy kom dit vandaan?

Hy dink dit is die skedels van mense wat voor hulle na die skatte kom soek het.

6. Dink jy dit is ’n goeie storie? Waarom of waarom nie?

Leerders se eie antwoord met goeie motivering.

Bonus: Sou jy iets in die storie wou verander? Verduidelik. Leerders se eie antwoord.

Leerders kan deel 2 van “Die goue uil” weer lees voordat hulle die vrae beantwoord.

1. Soeklees die storie om die antwoorde te kry. Onthou, jy soek na spesifieke woorde in die storie om die antwoord te kry.

1.1 Waarvan is die uil se oë gemaak? Diamante

1.2 Wie gly op die skedels? Chris

2. Pierre skop die skedel toe hy omdraai. Was dit aspris (on purpose)? Skryf “ja” of “nee”, en haal twee woorde aan om jou antwoord te bewys.

Nee, “per ongeluk”

3. Gee die trappe van vergelyking van “kalm”. kalm, kalmer, die kalmste

4. Bou die woorde.

4.1 juweel + -e = juwele

5. Voltooi die voorsetsels in vaste verbindings.

Onthou altyd om “die” voor die oortreffende trap (die laaste trap) te skryf.

4.3 vas + -ge- + vang = vasgevang

4.2 arm + band + -e = armbande 4.4 see + roof + -er = seerower

5.1 per ongeluk 5.2 val op die grond

6. Soek ’n sinoniem van “glinster” in paragraaf 3. “blink”

7. Soek die antoniem van elke woord in die storie.

SAMPLE

7.1 klein – groot

7.2 oop – toe

7.3 uitgang – ingang

7.4 onrustig – kalm

8. Wat beteken “verstom”? Kies die regte antwoord. a) So verbaas wees dat jy nie weet wat om te sê nie. b) Iemand sê jy moet stilbly.

9. Skryf die sin in die indirekte rede: “Is dit die uil wat almal gedink het weg is?” vra Pierre. Pierre vra of dit die uil is wat almal gedink het weg is.

10. Pierre haal die goue uil uit die kissie. Gee die homofoon van “haal”, en maak ’n sin met die woord. Hael, leerders se eie sin, byvoorbeeld: Dit hael baie hard terwyl dit reën.

2/2 G04

Aktiwiteit 185: Homonieme en homofone 20 minute

Die leerders het in les 7 oor homofone geleer. Vra dat hulle die sin voltooi: Homofone is woorde wat dieselfde klink / uitgespreek word, maar verskillend gespel word. (Leerders voltooi dit ook in die handleiding.)

Skryf die sin op die bord, en die leerders kies die regte woord. Hulle moet ook ’n sin met die woord maak wat hulle nie kies nie. (Enige toepaslike sin, byvoorbeeld: Hulle eet kerrie en rys.)

Die broers (reis / rys) ver om die skat te vind.

Die leerders leer nou van homonieme

Homonieme (homonyms)

Homonieme is woorde wat dieselfde gespel word en dieselfde klink, maar verskillende betekenisse het.

Leerders leer dit nie, maar die oorsprong van die betekenis van homonieme verskil. Indien die woorde dieselfde oorsprong het en die betekenisse dus verwant is (met mekaar te doen het), is dit ’n poliseem. Byvoorbeeld, die betekenisse van “weer” het niks met mekaar te doen nie. Die woord “druk” is ’n poliseem omdat die verskillende betekenisse dieselfde oorsprong het.

In verklarende woordeboeke soos die HAT word homonieme deur ’n klein syfer regs bo die woord aangedui. As ’n woord se betekenisse onder dieselfde nommer val, is die woorde poliseme, nie homonieme nie. Verwys na die gebruikersgids van jou woordeboek.

Voorbeelde van homonieme

• by (bee): Die by sit op die blom. by (at): Hy is by die werk.

• leer (ladder): Franco klim op die leer om op die dak te kom. leer (study/learn): Sy leer hard vir die toets.

• vee (cattle): Die vee wei in die veld. vee (sweep): Hy vee die vloer met ’n besem.

Van die woorde het nóg betekenisse buiten wat hier gegee word.

Maak seker die leerders verstaan die verskil tussen homonieme en homofone

Homonieme

Uitspraak Klink dieselfde

Homofone

Klink dieselfde

Spelling Dieselfde Verskil

Betekenis Verskil Verskil

Voorbeeld Die kind leer hoe om ’n leer te klim. Hulle reis ver om rys te koop.

Kyk saam na die spotprent. Die fortuinverteller (fortune teller) praat met die palmboom. Kan leerders die woord raaksien wat ’n homoniem het?

Verduidelik vir die leerders: “Palm” en “palm” is homonieme. In die spotprent word “palm” letterlik gebruik (die palmboom, ’n tropiese boom met groot blare en geen takke nie). Die fortuinverteller lees palms, wat na die plat, ronde deel aan die binnekant van jou hand verwys (the palm of your hand). Die palmboom is dus daar om te hoor wat die fortuinverteller oor sy toekoms voorspel, maar sy kan nie omdat hy nie ’n hand (palm) het nie.

Kyk saam met die leerders na die spotprente, en gesels daaroor.

1. Die vrou sê haar handsak is van leer gemaak (made of leather). Maak ’n sin met die homoniem van “leer” soos dit in die spotprent gebruik word.

SAMPLE

© Kobus Galloway

Enige toepaslike sin waar “leer” na die klimapparaat verwys, byvoorbeeld: Hy klim op die leer.

2/2

2. Die woord “mae” word in die spotprent gebruik. Dit is die meervoud van “maag”. Wat is die homofoon van “mae”? Maak ook ’n sin daarmee.

© Willem-Jan Olwagen

Die homofoon is “ma”. Enige toepaslike sin, byvoorbeeld: My ma en pa is lief vir my.

Let wel: Daar is ’n spelfout op die spotprent – “witsuiker” moet een woord wees.

Bonus: Word “mae” letterlik of figuurlik gebruik? Letterlik

Leerders beantwoord die vrae op hul eie.

1. Skryf die regte Engelse woorde langs die Afrikaanse woorde, en skryf jou eie sin met elke woord in Afrikaans.

treasure

SAMPLE

poor arm light light estimate

Enige toepaslike sin met elke woord. Voorbeelde word gegee.

1.1

lig light

Ek sit die lig aan sodat ek kan sien.

lig light

Die blaar is lig , en die klip is swaar.

• A complete guide with all the texts and explanations included.

• Comprehensive explanations of language aspects.

• Step-by-step guidelines in plain language.

• Fun, engaging, and practical activities

• Interesting themes for Grade 4s to expand general knowledge and inspire curiosity.

• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.

• Suitable for learners on all levels

• Use in school or at home.

home classroom college workplace

• A complete guide with all the texts and explanations included.

• Comprehensive explanations of language aspects.

• Step-by-step guidelines in plain language.

• Fun, engaging, and practical activities

• Interesting themes for Grade 4s to expand general knowledge and inspire curiosity.

• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.

• Suitable for learners on all levels

• Use in school or at home.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.