Addisionele Taal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Handleiding 2/4
Graad 4
2404-E-EAT-SG02
9781990949456
Aangepas vir KABV
L van Niekerk
Handleiding 2/4
G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal Leselemente
LEERDOELWITTE
Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.
WOORDESKAT
Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DEFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.
SAMPLE
1
2
LES 1: Jy is ’n reënboog
LES 2: Waar wil jy woon?
LES 3: Onder my bed ...
LES 4: In die winkel
LES 5: Taai tongknopers
LES 6: Ware vriende
Jaarplan
3
LES 7: Voor hulle vir ewig verdwyn
LES 8: Wees werklik, wees jouself
LES 9: Speel met sintuie
– 4
– 6
– 8
– 10
– 6
4
LES 10: Geheime skatte
– 2
LES 11: Vreemde vlieënde voorwerpe 3 – 4
LES 12: Boomhuise
LES 13: Grawe die geskiedenis op
LES 14: By die teater
SAMPLE
LES 15: Wonderhonde
LES 16: Besoedeling om ons
LES 17: Die towertrui
LES 18: Vakansie!
– 6
– 8 Novembereksamen
– 10
Elke eenheid (kwartaal) is in ’n aparte boek.
Hallo! My naam is Zak Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!
• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.
• Doen altyd jou huiswerk.
• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.
• Lees soveel as wat jy kan.
• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.
Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!
• Tippie-reeks – Jose Palmer en Reinette Lombard
• Z is vir Zackie-reeks – Jaco Jacobs
• Wiskunde gee my maagpyn – Jaco Jacobs
• Blou Maandag – Jaco Jacobs
• Oupa se medalje – Phil Earle
• Slym se stories – Fanie Viljoen
• Olivia se olifant – Sylvia Bishop
SAMPLE
• Haasdas se nuuskas-reeks – Louise Smit
• Vakansiepret-reeks – Theresa van Baalen
• Liewe Heksie-reeks – Verna Vels
• Cowboy Koekemoer-reeks – Henry Ferreira
• Zinzi en Saffraan-reeks – Asia Citro
Gaan kyk na boeke by die biblioteek of die naaste boekwinkel!
EENHEID 2: Week 1 – 2
Les 6: Ware vriende
Leerdoelwitte
In hierdie les gaan jy:
• met ander gesels
• na ’n storie luister en vrae beantwoord
• taalspeletjies speel
• ’n vertelling gee en een skryf
• hardop lees
• ’n storie en boodskappe lees
• ’n boodskap skryf
• oor vraende voornaamwoorde leer
• selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde oefen
• nog reëls oor meervoud en verkleining leer
• oor hulpwerkwoorde leer
• oor afkortings leer
Handleiding 2/4
AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 102: Gesels met ander
Interessante feit: Het jy al die idioom “meng jou met die semels dan vreet die varke jou op” gehoor? Dit beteken as jy slegte vriende het, word jy ook sleg.
Hierdie les gaan oor ware vriende (true friends).
Woordeskat
gemeen met – in common gevoelens – feelings liefde – love omgee vir – care about probleem – problem respekteer – respect
Gesels saam.
• Wie is jou beste vriend (best friend)?
• Hoekom is dit nodig om vriende te hê?
skinder – gossip vergewe – forgive verstaan – understand vertrou – trust vriend – friend vriendskap – friendship
• Wat dink jy beteken dit om ’n goeie vriend te wees?
Merk in die tabel () of ’n goeie vriend dit sal doen.
Gedrag
1. Help jou waar hulle kan.
2. Skinder oor jou.
3. Luister as iets fout is of as jy ’n probleem het.
4. Maak jou seer.
5. Jok vir jou.
6. Vergewe jou as jy iets verkeerd gedoen of gesê het.
7. Vertrou jou.
8. Respekteer jou.
Ja Nee
Aktiwiteit 103: Luister na ’n storie
Die fasiliteerder gaan ’n storie lees. Kyk na die woordeskat.
Woordeskat
nuuskierig (curious): wil graag meer oor iets weet teleurgesteld (disappointed): ongelukkig omdat iemand of iets nie so goed is as wat jy gedink het nie
pouse – break vee uit – sweep opgewonde – excited geskok – shocked om die toets deur te kom – to pass the test verkeerd – wrong
oneerlik – dishonest in groot moeilikheid kom – get into big trouble ek gee om oor jou – I care about you leer – study ooit – ever
Beantwoord die vrae oor die storie.
1. Wat is die twee vriende se name?
2. Antwoord elke keer “
2.1 Hy wou die antwoorde vat.
2.2 Hy dink dit is oneerlik om die antwoorde te vat.
2.3 Hy help sy vriend.
3. Vertel kortliks wat in die storie gebeur.
SAMPLE
4. Hoekom is die twee karakters in die klas?
5. Kies die regte antwoord. Hoe voel Alex as hy sê dit is nie reg om die antwoorde te vat nie?
a) Opgewonde
b) Teleurgesteld
6. Waarom dink jy sê Alex dit is verkeerd en oneerlik om na die toets se antwoorde te kyk?
7. Verduidelik hoekom Alex sê ’n beste vriend moet jou help as jy iets verkeerd doen?
8. Dink jy Alex het die regte ding gedoen? Verduidelik.
9. Wat sou jy gedoen het as jy Alex was?
Handleiding 2/4
10. Het een van jou vriende al iets gedoen wat oneerlik of verkeerd is? Wat het jy gedoen?
Aktiwiteit 104: Gee ’n vertelling
Vertel van iets wat tussen jou en ’n vriend of vriendin gebeur het. Jy moet drie sinne of meer gebruik.
Jy kan eers neerskryf wat gebeur het en dan vertel.
Wie was daar?
Waar was dit?
Wat het gebeur?
Hoe het ek gevoel?
Aktiwiteit 105: Lees hardop
Oefen om die gedeelte uit “Ware vriende” hardop te lees. Die fasiliteerder gaan terugvoer gee.
1 – glad nie 2 – kan verbeter 3 – soms 4 – meestal 5 – uitstekend
Het jy die woorde reg uitgespreek? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Het jy vlot en met gevoel gelees? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Het jy die leestekens gehoorsaam? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Het jy teen die regte tempo gelees? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Het jy oogkontak met die gehoor gemaak? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Dit is pouse, en Alex en Jason vee juffrou Jones se klas uit.
“Ek gaan nie goed doen in môre se Wiskundetoets nie ... Ek verstaan nie die werk nie,” sê Jason.
Alex antwoord: “As jy genoeg oefen, sal jy die somme regkry! En hoekom vra jy nie vir juffrou Jones om dit weer vir jou te verduidelik nie?”
“Kyk hier!” sê Jason opgewonde. Hy hou ’n papier in sy hand vas.
Aktiwiteit 106: Speel ’n taalspeletjie Opsioneel
Kies elke keer die regte sinoniem of antoniem, en vul dit op die blokkiesraaisel in.
Sinonieme beteken amper dieselfde.
groot massief
1. eerlik (antoniem)
a) diseerlik
b) oneerlik
2. goed (antoniem)
a) lekker b) sleg
3. (→) bang (sinoniem) a) dapper b) beangs
Antonieme beteken die teenoorgestelde (anders).
groot klein
3. (↓) vriendelik (sinoniem)
a) kwaad b) beleef
4. kwaai (sinoniem)
a) vererg b) vriendelik
5. verkeerd (antoniem)
a) geskok b) reg
6. gelukkig (sinoniem)
a) bly b) ongelukkig
7. vuurwarm (antoniem)
a) yskoud b) snikheet
Vul eers met potlood in.
AFDELING 2 LEES EN KYK
Aktiwiteit 107: Lees ’n storie
Lees die titel van die storie op die volgende bladsy, en kyk na die prentjies. Waaroor dink jy gaan die storie? Lees dan die storie.
Handleiding 2/4
Woordeskat
steek in hul spore vas (idioom, freeze in your tracks): staan skielik doodstil salms (salmon): ’n salm is ’n groot vis met pienk vleis die pad vat (uitdrukking): skielik weggaan, verdwyn
sonnige – sunny reis – travels woud – forest fluister – whisper sjuut – shush massiewe – massive middagete – lunch die naaste – the nearest
kruip weg – hides maak of hy dood is – he pretends to be dead sappige – juicy snuffel – sniffs nuuskierig – curious skud af – dust off grap – jokes moeilikheid – trouble
Die beer en die twee reisigers
Aangepas van ’n fabel deur Aesopus, oorvertel deur Anrica Mills
Op ’n sonnige dag reis twee mans deur die woud. Skielik is daar ’n beer voor hulle in die pad. Die mans steek in hul spore vas. Nie een van hulle wil beweeg nie.
SAMPLE
“John, sien jy dit?” fluister Dawie.
“Sjuut, moenie beweeg nie! Natuurlik sien ek die massiewe beer!” probeer John saggies praat.
“Ek gaan nie net hier staan en die beer se middagete wees nie!” Dawie klim so vinnig as wat hy kan in die naaste boom en kruip tussen die takke en blare weg
“Dawie, hoe kan jy my alleen los?” John sien die beer begin nader kom en besluit om plat op die grond te lê en te maak of hy dood is. Die beer loop stadig tot by John. Gelukkig het die beer reeds ’n paar sappige salms geëet, so hy snuffel net rond omdat hy nuuskierig is. John knyp sy oë styf toe, hou sy asem op en doen sy bes om te maak of hy dood is. Die beer snuffel-snuffel aan sy klere.
Die beer loop toe weg tussen die bome in.
Toe Dawie seker is die beer is weg, klim hy uit die boom. John staan op en skud die stof van sy klere af. Hy glimlag, want hy weet hoe gelukkig hy is dat die beer niks aan hom gedoen het nie.
“So, wat het die beer vir jou gefluister?” grap Dawie.
“Hy het vir my baie goeie raad gegee,” sê John. “Hy’t gesê ’n mens moet nooit saam met ’n vriend reis wat die pad vat sodra daar moeilikheid is nie!”
Gesels saam oor die storie.
1. Wat is die titel van die storie?
2. Wat is die twee karakters se name?
3. In watter ruimte speel die storie af?
4. Vertel kortliks wat in die storie gebeur.
5. Wat kan ons oor vriendskap uit die storie leer?
6. Dink jy Dawie is ’n goeie vriend of ’n slegte vriend? Verduidelik.
Beantwoord die vrae.
SAMPLE
1. Soeklees om die antwoorde te kry. Onthou, jy moet spesifieke woorde in die teks soek om die antwoord te kry.
1.1 Wie het in die boom geklim?
1.2 Wat het die beer reeds geëet?
1.3 Voltooi die sin: Dawie wou nie die beer se wees nie.
entjies in die regte volgorde. Skryf 1 tot 4 langs die prentjies.
3. Kies die regte antwoord. Dawie het in die boom geklim _________.
a) sodat die beer nie by hom kan uitkom nie
b) omdat hy daarvan hou om boom te klim
c) omdat hy wou kyk of daar ander bere in die woud is
4. Kies die regte antwoord. John het gemaak asof hy dood is sodat _________.
a) hy kan slaap
b) die beer hom nie eet nie
c) die beer hom eet
5. Wat sou jy gedoen het as daar ’n beer voor jou in die pad gestaan het?
SAMPLE
Beantwoord die taalvrae oor die storie.
1. Gee die Afrikaanse woorde.
1.1 forest 1.3 lunch
1.2 bear 1.4 curious
2. Soek een woord in die storie met elke betekenis.
2.1 Saggies praat.
2.2 Kos wat in die middag geëet word.
3. Gee die meervoude.
3.1 beer 3.3 boom
3.2 woud 3.4 spoor
4. Voltooi die trappe van vergelyking.
4.1 vinnig, ,
4.2 naby, , die naaste
5. Gee die antoniem van “stadig”.
6. Gee ’n eienaam uit die storie.
Skryf “die” voor die oortreffende (laaste) trap.
7. Soek in paragraaf 5 (wat begin met: “‘Dawie, hoe kan jy my alleen los?’”) ’n woord met:
7.1 ’n kappie 7.2 ’n deelteken
8. Lees die sin: “Die beer snuffel-snuffel aan sy klere.”
8.1 Wat is die voornaamwoord in die sin?
8.2 Watter soort voornaamwoord is dit?
9. Onderstreep die regte woord tussen hakies. Die mans sien ’n beer voor hulle. (Wat / Waar) staan voor hulle?
10. Skryf die sin in die verlede tyd: Dawie klim in die naaste boom.
Aktiwiteit 108: Voornaamwoorde
Jy het al oor persoonlike, onpersoonlike, besitlike en aanwysende voornaamwoorde geleer. Kan jy ’n voorbeeld van elkeen neerskryf?
Persoonlike voornaamwoord
Onpersoonlike voornaamwoord
Besitlike voornaamwoord
Aanwysende voornaamwoord
Handleiding 2/4
Jy leer nou oor die laaste soort voornaamwoord vir die jaar – vraende voornaamwoorde.
Woordsoorte: Voornaamwoorde (pronouns)
’n Vraende voornaamwoord (interrogative pronoun) wys ’n vraag word gevra.
Voornaamwoorde wie wat waar waarom wanneer watter hoe hoekom
Daar is altyd ’n vraagteken aan die einde van die sin.
• Wat het die beer gefluister?
• Waarom los jy my alleen?
Daar is verskillende vraagwoorde – dit is vraende voornaamwoorde.
• Wie (who)
• Wat (what)
• Waar (where)
• Hoe (how)
Onthou die 6 W’s.
• Wanneer (of hoe laat) (when)
• Waarom (of hoekom) (why)
• Watter/Watse (which)
• Hoeveel (how many/much)
1. Lees die paragraaf. Voltooi die vraagsinne dan met die regte vraende voornaamwoord. Kies uit die blokkie.
Op ’n sonnige dag reis twee mans deur die woud. Skielik is daar ’n beer voor hulle in die pad. Die mans steek in hul spore vas. Nie een van hulle wil beweeg nie.
1.1 reis deur die woud?
SAMPLE
1.2 is hulle?
1.3 is skielik voor hulle?
1.4 wil hulle nie beweeg nie?
waar wie waarom wat
2. Skryf die sinne oor as vraagsinne. Die onderstreepte woorde is die antwoord, so dit moet nie in die vraag gebruik word nie. Onthou om ’n vraagteken aan die einde van die sin te sit.
2.1 Dawie klim in die boom. Wie
2.2 Hulle sien ’n beer. Wat
2.3 John lê op die grond. Waar
2.4 Hulle loop in die dag. Wanneer
Aktiwiteit 109: Selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde
Kan jy onthou wat selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde is? Kyk weer in eenheid 1.
Beantwoord die vrae.
1. Skryf die regte soort selfstandige naamwoord langs elke woord.
1.1 Dawie 1.4 beer
1.2 boom 1.5 Gauteng
1.3 ’n bos blomme
2. Kleur al die blokkies in met byvoeglike naamwoorde.
soortnaam eienaam versamelnaam groot vinnig spekvet sappige woud hoë blou Dawie beer oud
3. Voltooi die sinne met die regte woorde uit die blokkies in vraag 2. (Nie net die blokkies wat jy ingekleur het nie.) Elke woord mag net een keer gebruik word.
3.1 Die mans stap in die woud.
3.2 Die beer het salms geëet.
3.3 Dawie se rugsak is .
SAMPLE
3.4 Hy klim in die boom.
3.5 Die is bruin.
Aktiwiteit 110: Woordorde in sinne
Lees die sin. Verstaan jy wat in die sin staan?
Salms die beer eet.
Kan jy die woorde in die sin in die regte volgorde skryf?
Handleiding 2/4
Woordorde in ’n sin
Woorde moet in ’n sekere volgorde in ’n sin wees sodat dit sinvol is. Jy moet weet wat die onderwerp, gesegde en voorwerp van ’n sin is.
Sinsontleding
Onderwerp Gesegde Voorwerp
Wie? Doen wat? Waarmee?
• Onderwerp (subject): Wie die handeling (werkwoord) doen. (Wie doen die werkwoord?)
• Gesegde (verb/predicate): Die handeling wat gedoen word. (Wat word gedoen?)
• Voorwerp (object): Die persoon of ding waarmee of waaraan die handeling gedoen word. (Waarmee/Waaraan word dit gedoen?)
Die beer eet salms.
onderwerp gesegde voorwerp
Die woordorde verander in die verskillende tydsvorme:
• Teenwoordige tyd: Die beer eet salms
• Verlede tyd: Die beer het salms geëet.
• Toekomende tyd: Die beer sal salms eet
1. Skryf die sinne oor met die woorde in die regte volgorde. Skryf die blou woorde eerste, dan die pers woorde, dan die groen woorde.
1.1 ’n beer sien John
1.2 soek kos die beer
1.3 dra Dawie sy rugsak
1.4 eet graag die beer salms
Onthou, ’n sin begin met ’n hoofletter.
1.5 ’n geluid die twee mans hoor
2. Skryf die sinne oor, en voeg die woorde tussen hakies op die regte plekke in.
2.1 Dawie klim vinnig _________. (in die hoë boom)
2.2 _________ gaan _________ op die grond. (lê, John)
2.3 Die beer _________ stadig _________. (nader, loop)
2.4 Die beer loop weg _________. (tussen die bome in)
2.5 _________ stap _________ deur die woud. (vandag, hulle)
Aktiwiteit 111: Werkwoorde en tydsvorme
Kyk na die sin:
Skryf die sin in die verlede tyd:
Die mans reis deur die woud.
Omkring die hulpwerkwoord in die sin wat jy geskryf het.
Watter ander hulpwerkwoorde is daar?
Onthou
Verlede tyd (past tense)
Tydsvorme
Teenwoordige tyd (present tense)
Toekomende tyd (future tense)
Die mans het gereis. Die mans reis. Die mans sal môre reis.
Handleiding 2/4
Woordsoorte: Hulpwerkwoorde (auxiliary verbs)
Hulpwerkwoorde word saam met hoofwerkwoorde gebruik om te help om dinge soos tyd, wyse en vorm aan te dui.
Twee mans het deur die woud gereis
Onthou dit só:
Die woord “hulp” in “hulpwerkwoord” kom van “help” af.
Hulpwerkwoorde
Verlede tyd Teenwoordige tyd Toekomende tyd
het – sal/gaan kon kan sal kan sou sal sal wou wil sal wil mag mag sal mag moes moet sal moet
Hulle kon deur die woud gereis het.
Hulle kan deur die woud reis.
Hulle sal deur die woud kan reis.
Hulle wou deur die woud gereis het.
Hulle wil deur die woud reis.
Hulle sal deur die woud wil reis.
SAMPLE
Afrikaans Engels kan can mag may moet must sal will/shall wil want to
1. Vul die hulpwerkwoord in. Skryf die sinne ook oor.
1.1 Die mans deur die woud reis. (sal)
Die mans deur die woud reis.
1.2 Hulle ’n beer gesien. (het)
Hulle ’n beer gesien.
• A complete guide with all the texts and explanations included.
• Comprehensive explanations of language aspects.
• Step-by-step guidelines in plain language.
• Fun, engaging, and practical activities
• Interesting themes for Grade 4s to expand general knowledge and inspire curiosity.
• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.
• Suitable for learners on all levels
• Use in school or at home.