Graad 4 • Handleiding 3/4 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Page 1


Intermediêre Fase

Graad 4 • Handleiding 3/4 Afrikaans

Eerste Addisionele Taal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Handleiding 3/4

Graad 4

2404-E-EAT-SG03

9781990949463

Aangepas vir KABV

L van Niekerk

Handleiding 3/4

G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal Leselemente

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

DEFINIEER

Definisies van sommige begrippe.

BELANGRIK

Belangrike aspekte om van kennis te neem.

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

SAMPLE

1

2

LES 1: Jy is ’n reënboog

LES 2: Waar wil jy woon?

LES 3: Onder my bed ...

LES 4: In die winkel

LES 5: Taai tongknopers

LES 6: Ware vriende

Jaarplan

3

LES 7: Voor hulle vir ewig verdwyn

LES 8: Wees werklik, wees jouself

LES 9: Speel met sintuie

– 4

– 6

– 8

– 10

– 6

4

LES 10: Geheime skatte

LES 11: Vreemde vlieënde voorwerpe 3 – 4

LES 12: Boomhuise

LES 13: Grawe die geskiedenis op

LES 14: By die teater

SAMPLE

LES 15: Wonderhonde

LES 16: Besoedeling om ons

LES 17: Die towertrui

LES 18: Vakansie!

– 6

– 8 Novembereksamen

– 10

Elke eenheid (kwartaal) is in ’n aparte boek.

Hallo! My naam is Zak Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!

• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.

• Doen altyd jou huiswerk.

• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.

• Lees soveel as wat jy kan.

• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.

Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!

• Tippie-reeks – Jose Palmer en Reinette Lombard

• Z is vir Zackie-reeks – Jaco Jacobs

• Wiskunde gee my maagpyn – Jaco Jacobs

• Blou Maandag – Jaco Jacobs

• Oupa se medalje – Phil Earle

• Slym se stories – Fanie Viljoen

• Olivia se olifant – Sylvia Bishop

SAMPLE

• Haasdas se nuuskas-reeks – Louise Smit

• Vakansiepret-reeks – Theresa van Baalen

• Liewe Heksie-reeks – Verna Vels

• Cowboy Koekemoer-reeks – Henry Ferreira

• Zinzi en Saffraan-reeks – Asia Citro

Gaan kyk na boeke by die biblioteek of die naaste boekwinkel!

EENHEID 3: Week 1 – 2

Les 10:

Geheime skatte

Leerdoelwitte

In hierdie les gaan jy:

• na ’n storie luister en vrae beantwoord

• ’n plek beskryf

• ’n taalspeletjie speel

• hardop lees

• ’n storie lees en vrae beantwoord

• rolspel doen

• ’n dialoog en ’n boekresensie lees

• ’n dialoog en ’n beskrywing skryf

• homofone hersien en oor homonieme leer

• woordsoorte oefen

• direkte en indirekte rede oefen

• oor die koppelteken leer

Handleiding 3/4

AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 180: Luister na ’n storie

Interessante feit: In 1993 het Max Valentin ’n standbeeld (statue) van ’n uil, wat van goud en silwer gemaak is, in Frankryk weggesteek. Hy het leidrade (clues) in ’n boek geskryf, On The Trail of The Golden Owl (Sur la trace de la chouette d’or), maar niemand het die standbeeld al gevind nie.

Daar is baie skatte (treasures) in die wêreld wat nog nooit gevind is nie. Doen navorsing oor sulke skatte.

Ken jy die woorde?

Woordeskat

avontuur – adventure broers – brothers eiland – island geheime skat – hidden treasure goue – golden

grot – cave nuuskierig – curious raaisel – riddle uil – owl vind – find

Gesels saam oor avontuurverhale en skatte (adventure stories and treasures).

• Ken jy enige stories vol avontuur?

• Het jy al van verlore skatte (lost treasures) gehoor?

• Ken jy stories of flieks oor geheime skatte (hidden treasures)?

• Sal jy graag ’n skat wil vind? Waarom of waarom nie?

Jy gaan na deel 1 van “Die goue uil” luister en deel 2 in afdeling 2 lees.

Kyk op die volgende bladsy na die woorde wat in die storie voorkom wat jy dalk nie ken nie.

fakkels (torches): ’n stok met ’n brandende vlam aan die een punt

palms (palmbome) – palms raaisel – riddle ouboet – big brother haastig – in a hurry rotskelder – cave chamber helder – bright skedel – skull kis – chest vrede – peace seerowers – pirates

Beantwoord die vrae oor die storie.

ontsyfer – decypher nat – wet vlermuise – bats skaduwees – shadows slymerige – slimy skarrel weg – scurry away lokvalle – traps versigtig – careful waarsku – warns

SAMPLE

1. Sit die prentjies in die regte volgorde deur dit van 1 tot 4 te nommer. Vertel deel 1 van die storie dan oor deur net die hoofgedagtes te gee.

2. Wat is die name van die karakters?

3. Watter karakter is ouer?

4. Die jonger boetie is die verteller van die storie (narrator). Hoe weet jy dit? Voltooi die sin: Woorde soos “_________” word in die vertelling gebruik. a) ek b) hulle

Handleiding 3/4

5. Waar speel die storie af?

6. Waarna soek die karakters?

7. Voltooi die sinne met die woorde in die blokkie.

skaduwees slymerige vlermuise

_________ fladder weg en hulle fakkels gooi _________ teen die _________ mure van die grot.

8. Die verteller sê: “Skielik onthou ek die stories oor soortgelyke skatte wat in donker grotte weggesteek is. Daar is altyd lokvalle wat op jou wag ...”. Waarom dink jy noem hy “lokvalle”? (Wenk: Wat dink jy gaan gebeur nadat hulle die houtkissie oopgemaak het?)

9. Deel 1 eindig met Pierre wat die kissie oopmaak, en die verteller sê: “Ons kan ons oë nie glo nie!” Wat dink jy gebeur in deel 2 van die storie?

Bonus: Watter twee intensiewe vorme kom in die storie voor?

Aktiwiteit 181: Beskryf ’n plek

SAMPLE

Beskryf hoe die grot in die storie lyk. Dink aan die beskrywing in die storie.

Aktiwiteit 182: Speel ’n taalspeletjie Opsioneel

Wat sal jy saamvat as jy na skatte soek? Luister na die fasiliteerder se instruksies, en speel saam.

Aktiwiteit 183: Lees hardop Opsioneel

Oefen om die gedeelte uit “Die goue uil” hardop te lees. Werk saam met ’n maat, en gee ’n punt vir jou maat.

1 – glad nie 2 – kan verbeter 3 – soms 4 – meestal 5 – uitstekend

Kriteria

Punt (omkring)

Het jy die woorde reg uitgespreek? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Het jy vlot en met gevoel gelees? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Het jy die leestekens gehoorsaam? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Het jy teen die regte tempo gelees? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Het jy oogkontak met die gehoor gemaak? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Die palms waai in die ligte wind. Die son kom op oor die spierwit strand, en die water raakraak saggies aan die sand.

“Wat sê die raaisel nou weer?” vra my ouboet Pierre. Hy roei die bootjie na die eiland toe. Hy is baie haastig om daar uit te kom. “Hoeveel keer wil jy dit nóg hoor?” vra ek met ’n glimlag, maar ek lees dit weer. “Waar die warm water ophou, in die maag van die rotskelder is skatte, baie helder. Vind die skedel en sy lede, vat die kis en gaan in vrede.”

“Dit klink baie maklik vir twee seerowers om te doen,” sê Pierre terwyl hy in die vlak water spring en die bootjie aan ’n rots vasmaak.

AFDELING 2

SAMPLE

LEES EN KYK

Aktiwiteit 184: Lees ’n storie

Jy het na deel 1 van “Die goue uil” geluister. Kyk na die woordeskat voordat jy deel 2 lees.

Woordeskat houtkissie – small wooden chest muntstukke – coins armbande – bracelets juwele – jewellery

glinster – glistens standbeeld – statue staar – stares oopmond – open-mouthed

Handleiding 3/4

verstom – speechless diamant – diamond lokval – trap skedel – skull doodse stilte – deadly silence

skud – shake net betyds – just in time ingang – entrance kalm – calm vasgevang – trapped

Die goue uil (deel 2)

Daar is baie skatte in die houtkissie – goue muntstukke stukke goud so groot soos eiers, goue armbande juwele ... Dit glinster in die lig. Heel onder in die kissie is ’n standbeeld van ’n goue uil.

“Is dit die uil wat almal gedink het weg is?” Pierre oopmond daarna en haal die uil uit die kissie.

“Ek dink dit is!” Ek is verstom. Die goue uil se oë blink in die lig van my fakkel. “Kom ons loop, netnou wag daar ’n lokval op ons ...”

Pierre maak die kissie toe, hy draai om en skop die en breek.

Daar is ’n doodse stilte. Toe begin die grot skud “Hardloop!” My voet gly op die los, nat klippe. My fakkel val op die grond. Dit is nie klippe onder ons voete nie, maar honderde skedels! Is dit ander seerowers wat die skat probeer vind het?

Pierre gryp my arm en help my opstaan. Klippe begin van bo val. Ons hardloop uit die grot terwyl dit al hoe meer skud. Ons is net betyds buite. Groot klippe het voor die ingang geval, en dit is nou toe.

Buite die grot is alles kalm. “Amper was ons in die grot vasgevang!” sê ek. “Wie sou kon raai dat die uil werklik bestaan?” Ons klim gou-gou in die bootjie en begin die pad huis toe vat.

Gesels saam oor deel 2 van die storie.

1. Vertel kortliks wat in deel 2 van die storie gebeur. Onthou, jy moet net die hoofgebeure gee.

2. Wat is alles in die houtkissie?

3. Wat gebeur nadat die skedel breek?

4. Wat beteken “doodse stilte”?

5. Die verteller gly op ’n hoop skedels. Waar dink hy kom dit vandaan?

6. Dink jy dit is ’n goeie storie? Waarom of waarom nie?

Bonus: Sou jy iets in die storie wou verander? Verduidelik.

Jy kan deel 2 van “Die goue uil” weer lees voordat jy die vrae beantwoord.

1. Soeklees die storie om die antwoorde te kry. Onthou, jy soek na spesifieke woorde in die storie om die antwoord te kry.

1.1 Waarvan is die uil se oë gemaak?

1.2 Wie gly op die skedels?

2. Pierre skop die skedel toe hy omdraai. Was dit aspris (on purpose)? Skryf “ja” of “nee”, en haal twee woorde aan om jou antwoord te bewys.

3. Gee die trappe van vergelyking van “kalm”. kalm, , die

4. Bou die woorde.

4.1 juweel + -e =

4.2 arm + band + -e =

4.3 vas + -ge- + vang =

4.4 see + roof + -er =

5. Voltooi die voorsetsels in vaste verbindings.

SAMPLE

Onthou altyd om “die” voor die oortreffende trap (die laaste trap) te skryf.

5.1 ongeluk 5.2 val die grond

6. Soek ’n sinoniem van “glinster” in paragraaf 3.

7. Soek die antoniem van elke woord in die storie.

7.1 klein 7.3 uitgang

7.2 oop 7.4 onrustig

8. Wat beteken “verstom”? Kies die regte antwoord.

a) So verbaas wees dat jy nie weet wat om te sê nie.

b) Iemand sê jy moet stilbly.

Handleiding 3/4

9. Skryf die sin in die indirekte rede: “Is dit die uil wat almal gedink het weg is?” vra Pierre.

10. Pierre haal die goue uil uit die kissie. Gee die homofoon van “haal”, en maak ’n sin met die woord.

Aktiwiteit 185: Homonieme en homofone

Jy het in les 7 oor homofone geleer. Wat is homofone nou weer? Voltooi die sin:

Homofone is woorde wat dieselfde , maar verskillend word.

Jy leer nou oor homonieme.

Homonieme (homonyms)

Homonieme is woorde wat dieselfde gespel word en dieselfde klink, maar verskillende betekenisse het.

SAMPLE

Die vee wei in die veld.

Kyk mooi na die verskil tussen homonieme en homofone:

Homonieme

Uitspraak

Klink dieselfde

Sy leer hard vir die toets.

Hy vee die vloer met ’n besem.

Homofone

Klink dieselfde

Spelling Dieselfde Verskil

Betekenis Verskil Verskil

Voorbeeld Die kind leer hoe om ’n leer te klim. Hulle reis ver om rys te koop.

Kyk saam na die spotprent. Die fortuinverteller (fortune teller) praat met die palmboom. Kan jy die woord raaksien wat ’n homoniem het?

Kyk na die spotprente, en gesels saam daaroor.

1. Die vrou sê haar handsak is van leer gemaak (made of leather). Maak ’n sin met die homoniem van “leer” soos dit in die spotprent gebruik word.

SAMPLE

© Kobus Galloway
© Kobus Galloway

Handleiding 3/4

2. Die woord “mae” word in die spotprent gebruik. Dit is die meervoud van “maag”. Wat is die homofoon van “mae”? Maak ook ’n sin daarmee.

© Willem-Jan Olwagen

Bonus: Word “mae” letterlik of figuurlik gebruik?

Beantwoord die vrae.

1. Skryf die regte Engelse woorde langs die Afrikaanse woorde, en skryf jou eie sin met elke woord in Afrikaans.

Bonus: Gee die antoniem van die vetgedrukte woorde.

• Dit is lig in die vertrek.

• Die veer is lig.

• Die man het baie geld, so hy is ryk.

2. Onderstreep die regte woord om elke sin te voltooi.

2.1 Die siek man (lei / ly) aan ’n siekte.

2.2 Masego gooi (eis / ys) in die koeldrank.

2.3 My (hard / hart) klop vinnig.

2.4 Chris en Pierre (moed / moet) vinnig uit die grot hardloop.

2.5 Dit is teen die (wed / wet) om te steel.

Handleiding 3/4

Aktiwiteit 186: Woordsoorte

1. Gee die meervoud of verkleining van die soortname. Lees die sinne mooi.

1.1 Daar is baie (skat) in die kis.

1.2 Chris hou die klein (houtkis) vas.

1.3 Daar is baie (boom) op die eiland.

1.4 Dit is ’n klein (eiland) .

Woordsoorte

1.5 Pierre maak die klein (roeiboot) aan die rots vas.

2. Vul die regte trappe van vergelyking in.

2.1 Chris hardloop (vinnig) as Pierre.

2.2 Pierre is die (sterk) van die twee boeties.

2.3 Dit is (stil) in die grot as buite.

2.4 Chris het die (snaaks) grappie van almal vertel.

2.5 Dit word al hoe (donker) hoe verder hulle loop.

3. Soek die woorde in die blokkie. Die woorde loop van bo na onder, onder na bo, regs na links en links na regs. alarm storm wurm helm salm arm swerm vorm kalm skelm skerm warm film palm walm

4. Skryf jou eie sinne met die bywoorde.

4.1 hier

4.2 hard

4.3 sag

4.4 dadelik

4.5 vandag

Aktiwiteit 187: Direkte en indirekte rede

Jy het in les 8 oor die direkte en indirekte rede geleer.

Direkte en indirekte rede

• Gebruik “dat” wanneer jy iemand se woorde in die indirekte rede skryf.

• Gebruik “of” as daar toestemming gevra word. (By party ander vrae word “of” gebruik, maar nie altyd nie.)

• Die leestekens verander:

o By die direkte rede is daar aanhalingstekens (en soms ’n dubbelpunt).

o By die indirekte rede is daar ’n punt aan die einde van die sin.

• Die tydsvorm bly dieselfde:

o “Die uil is in die kissie,” sê Chris. Chris sê dat die uil in die kissie is.

o “Die uil is in die kissie,” het Chris gesê Chris het gesê dat die uil in die kissie is

1. Skryf die sinne in die indirekte rede.

1.1 “Ek sien die eiland,” sê Chris.

SAMPLE

Chris die eiland .

1.2 “Wat sê die raaisel?” vra Pierre.

Pierre vra die raaisel .

1.3 Chris sê: “Ek sal dit herhaal.”

1.4 “Dit klink maklik,” antwoord Pierre.

1.5 “Is dit die uil?” vra Pierre opgewonde.

• A complete guide with all the texts and explanations included.

• Comprehensive explanations of language aspects.

• Step-by-step guidelines in plain language.

• Fun, engaging, and practical activities

• Interesting themes for Grade 4s to expand general knowledge and inspire curiosity.

• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.

• Suitable for learners on all levels

• Use in school or at home.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.