Graad 4 • Handleiding 4/4 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Page 1


Intermediêre Fase

Graad 4 • Handleiding 4/4 Afrikaans

Eerste Addisionele Taal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Handleiding 4/4

Graad 4

2404-E-EAT-SG04

L van Niekerk 9781990949470

Aangepas vir KABV

Handleiding 4/4

G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal Leselemente

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

DEFINIEER

Definisies van sommige begrippe.

BELANGRIK

Belangrike aspekte om van kennis te neem.

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

SAMPLE

Jaarplan

LES 1: Jy is ’n reënboog

LES 2: Waar wil jy woon?

1

LES 3: Onder my bed ...

LES 4: In die winkel

LES 5: Taai tongknopers

LES 6: Ware vriende

LES 7: Voor hulle vir ewig verdwyn

2

LES 8: Wees werklik, wees jouself

LES 9: Speel met sintuie

3

LES 10: Geheime skatte

LES 11: Vreemde vlieënde voorwerpe

LES 12: Boomhuise

LES 13: Grawe die geskiedenis op

LES 14: By die teater

– 4

– 6

– 8

– 10

SAMPLE

4 LES 15: Wonderhonde

LES 16: Besoedeling om ons

LES 17: Die towertrui

LES 18: Vakansie!

– 6

– 8 Novembereksamen

Elke eenheid (kwartaal) is in ’n aparte boek.

Hallo! My naam is Zak Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!

• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.

• Doen altyd jou huiswerk.

• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.

• Lees soveel as wat jy kan.

• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.

Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!

• Tippie-reeks – Jose Palmer en Reinette Lombard

• Z is vir Zackie-reeks – Jaco Jacobs

• Wiskunde gee my maagpyn – Jaco Jacobs

• Blou Maandag – Jaco Jacobs

• Oupa se medalje – Phil Earle

• Slym se stories – Fanie Viljoen

• Olivia se olifant – Sylvia Bishop

• Haasdas se nuuskas-reeks – Louise Smit

SAMPLE

• Vakansiepret-reeks – Theresa van Baalen

• Liewe Heksie-reeks – Verna Vels

• Cowboy Koekemoer-reeks – Henry Ferreira

• Zinzi en Saffraan-reeks – Asia Citro

Gaan kyk na boeke by die biblioteek of die naaste boekwinkel!

EENHEID 4: Week 1 – 2

Les 15: Wonderhonde

Leerdoelwitte

In hierdie les gaan jy:

• met ander gesels

• hardop lees

• ’n taalspeletjie speel

• ’n storie lees en vrae beantwoord

• dagboekinskrywings lees

• ’n storie, ’n dagboekinskrywing en ’n dialoog skryf

Handleiding 4/4

AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 274: Gesels met ander

Interessante feit: Honde help mense op baie maniere – soos in die polisie, die brandweer, as gidshonde en honde wat kan waarsku voor sy eienaar ’n aanval (seizure) kry.

Hierdie les gaan oor honde en hoe honde mense help. Gesels saam.

• Hou jy van honde? Waarom of waarom nie?

• Het jy ’n hond? Vertel iets van jou hond.

• Voltooi die sin: Die hond word as die mens se beste ______ beskryf.

• Waarom dink jy word honde so beskryf?

• Het ’n hond of ’n ander dier jou al gehelp? Of weet jy van enige stories waarin honde mense gehelp het?

• Weet jy van “werke” wat honde doen? Ons noem hulle “dienshonde”.

SAMPLE

Jy gaan die volgende woorde in hierdie aktiwiteit gebruik. Weet jy wat elkeen beteken?

Woordeskat

dienshond (service dog): ’n hond wat opgelei is (trained) om ’n werk te doen

blind/siggestremd – blind/vision-impaired diabetes – diabetes doof/hardhorend – deaf/hearing-impaired noodgeval – emergency

gidshond – guide dog gehoorhond – hearing dog mediese dienshond – diabetes alert dog snuffelhond – sniffer/detection dog

Werk saam met ’n maat om die volgende aktiwiteit te doen.

1. Pas die redes waarom mense dienshonde het by die foto’s deur die sleutelwoorde onder die foto’s te skryf. Skryf ook die naam van die dienshond neer.

blind/siggestremd diabetes doof/hardhorend noodgevalle gehoorhond gidshond mediese dienshond snuffelhond

1. Pas die redes waarom mense dienshonde het by die foto’s deur die sleutelwoorde onder die foto’s te skryf. Skryf ook die naam van die dienshond neer.

2. By watter foto in vraag 1 pas elke beskrywing? Skryf die nommer van die foto (1 tot 4) langs die regte beskrywing.

a) Die hond weet as jou bloedsuiker val en help dus mense wat diabetes het.

b) Die man kan nie sien nie, en die hond lei hom.

1. 3.
4.

Handleiding 4/4

c) Die vrou kan nie baie goed hoor nie, en die hond sit sy poot op haar as daar iemand by die voordeur is.

Watter ander “werke” dink jy doen honde?

d) Daar was ’n aardbewing, en die hond soek na mense wat vasgevang is.

Gesels saam met jou maat oor elke foto op die vorige bladsy:

• Wat word die dienshond genoem?

• Hoe help die hond die persoon?

Vir die nuuskieriges: Trek lyntjies om elke foto met die regte naam te verbind. Dit is drie soorte honde wat gewoonlik as dienshonde opgelei word. Watter ander soorte honde word as dienshonde gebruik? Doen navorsing, en kom deel dit met die klas.

SAMPLE

Golden retriever

Labrador retriever

Duitse herdershond

Aktiwiteit 275: Lees hardop

Lees die teks op die volgende bladsy hardop. Die fasiliteerder gaan sê of jy mag oefen of nie, en jy gaan ook terugvoer kry.

1 – glad nie 2 – kan verbeter 3 – soms 4 – meestal 5 – uitstekend

Kriteria

Het jy die woorde reg uitgespreek?

Het jy vlot en met gevoel gelees?

Het jy die leestekens gehoorsaam?

Het jy teen die regte tempo gelees?

|

| 3 | 4 | 5

| 2 | 3 | 4 | 5

Het jy oogkontak met die gehoor gemaak? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Dienshonde

Dienshonde help mense op baie maniere. ’n Mens dink dadelik aan ’n polisiehond of ’n snuffelhond wat help om skelms te vang. Daar is baie ander soorte werke wat honde doen, soos om mense te help wat nie kan sien of hoor nie. Party honde help mense wat in rolstoele is en mense wat vir iets allergies is.

’n Dienshond moet slim, geduldig, lojaal en kalm wees. Hulle moet maklik kan aanpas. ’n Dienshond word minstens ses maande opgelei om sy werk te doen.

Moet nooit ’n dienshond vryf sonder om die eienaar te vra nie, en moet ook nie die hond se aandag aftrek nie.

Woordeskat

SAMPLE

skelms – thieves/criminals rolstoele – wheelchairs

allergies – allergic geduldig – patient lojaal – loyal

kalm – calm moet kan aanpas – must be adaptable vryf – pet eienaar – owner aandag aftrek – distract

Vir die nuuskieriges: Wat is die homofoon van “lei”, en wat beteken dit?

Handleiding 4/4

Aktiwiteit 276: Speel ’n taalspeletjie Opsioneel

Luister na die fasiliteerder se instruksies, en speel saam.

Voltooi die woordketting. Elke woord moet begin met die letter waarmee die vorige woord eindig, byvoorbeeld:

hond das sandkasteel lepel ...

blaf

AFDELING 2 LEES EN KYK

Aktiwiteit 277: Lees ’n storie

Gesels saam oor die storie voor jy dit lees.

• Waaroor dink jy gaan die storie as jy die titel lees en na die prentjies kyk?

• Watter dier kom in die storie voor?

• Wat is ’n boelie (bully)?

• Het jy al ’n boelie teëgekom? Hoe het jy dit hanteer?

SAMPLE

Woordeskat

omgekrap (annoyed/upset): iets het jou kwaad gemaak of ontstel stem kraak (voice creaks): hoe jou stem klink as jy hartseer is

skud – shake lekkerny – treat natuurlik – of course vlooi – flea

wonder – wonders

omkoop – bribe krul – curl

tree vorentoe – take a step forward grom – growl lek – lick

Lappies, die wonderhond!

Ek is ’n wonderhond! Glo jy my nie? Wag net, jy sal sien. Dis my mens-maatjie daai. Sy naam is Robbie. Die kinders langs ons dink nie ek is ’n wonderhond nie.

“Kan hy poot skud?” Net as daar ’n koekie of lekkerny vir my wag.

“Sit hy as jy vir hom sê hy moet?” Natuurlik!

“Sit, Lappies!” Oe, my stert! Ek begin in sirkels draai.

Waar’s ons nou weer?

“Nee, Lappies! Sit!” Ek gaan sit en jaag ’n vlooi op my stert.

“Ha-ha! Ek kan sien hoekom hy ’n wonderhond is – hy wat om te doen!”

Ek kan sien die seun begin om Robbie te pla. Ek’s ook sommer raak. Ek staan op.

“Lappies, wat doen goeie honde?” Ek ruik die koekie in sy sak, en ek sit.

“Sien? Hy sit!” Ek kan hoor Robbie is bly, dis sy “jy’s die beste hond in die hele wêreld”stem.

“Ook net as jy hom met ’n koekie omkoop!” Die groot seun lag en kyk rond na die kinders om hom. Die ander begin ook lag. Hulle almal lag vir Robbie, en ek kan sien hy is hartseer.

“En hoeveel het jy nogal vir jou “wonder wat om te doen”-hond betaal?”

Die kinders lag harder. Ek staan regop en krul my stert ekstra mooi. Ek kyk na Robbie. Sy lip bewe. Ek weet wat dit beteken.

“Wat maak dit in elk geval saak?” Robbie se stem kraak

Ek hou glad nie van hierdie seun nie. Hy maak Robbie hartseer. En niemand maak mý mens-maatjie seer nie. Ek gee ’n tree vorentoe en glimlag op my mooiste sodat al my tande wys. Oe, daar gaan hy! Ja, hardloop weg! Ek blaf kwaai. Die kinders hardloop almal weg.

SAMPLE

Robbie gee my ’n drukkie. Ek het die regte ding gedoen! Ek lek Robbie se hand en glimlag oopmond. Ek het sy hartseer weggevat! Sien? Ek ís ’n wonderhond!

“Jy’s die beste hond in die hele wêreld, Lappies! Jy’s beslis my wonderhond!”

Handleiding 4/4

Gesels saam oor die storie.

1. Wat is die titel van die storie, en wie het dit geskryf?

2. Wat is die hond se naam?

3 Die karakter of “stem” wat die storie vertel, word die verteller (narrator) genoem. Wie is die verteller in hierdie storie? Hoe weet jy dit?

4. Wat dink jy is die sosiale kwessie (social issue) wat in die storie voorkom? Skommel die letters reg:

b e l i s o e

5. Hoekom dink jy het Robbie nie iets leliks vir die seun gesê of kwaad geword nie?

6. Wat het gebeur toe Lappies vorentoe getree en geblaf het? (Wat was die gevolg?)

7. Hoekom dink jy boelie die seun vir Robbie?

8. Voltooi die sin: Robbie sê Lappies is sy wonderhond, want Lappies het die weggejaag.

Jy kan die storie weer lees voordat jy die vrae beantwoord.

1. Watter gedrag, eienskappe en gevoelens is Robbie s’n en watter is die boelie s’n? Skryf die woorde in die regte kolom.

gemeen hartseer kalm kwaai

SAMPLE

2. Ons het in die storie gesien dat honde mense help.

2.1 Op watter manier het Lappies vir Robbie gehelp?

gemeen – mean

2.2 Skryf twee ander maniere neer waarop honde mense help.

Robbie
Die boelie

3. Watter twee toertjies (tricks) moet Lappies doen?

4. Omkring die letter van die regte antwoord.

4.1 Lappies gaan sit die eerste keer omdat __________.

a) hy lus is b) hy ’n vlooi jaag

c) hy die koekie ruik

4.2 Lappies gaan sit die tweede keer omdat __________.

a) hy lus is

b) hy ’n vlooi jaag

c) hy die koekie ruik

4.3 Robbie se lip bewe omdat __________.

a) hy koud kry

b) hy eet c) hy hartseer is

4.4 Die woord “wonder” het meer as een betekenis in die storie. Kies die twee betekenisse soos dit in die storie gebruik word. a) buitengewoon (extraordinary) b) nuuskierig wees

c) nie weet wat om te doen nie

5. Watter sinsoort is elke sin?

5.1 Sit hy as jy vir hom sê hy moet?

5.2 Ek is ’n wonderhond!

5.3 Sit, Lappies!

6. Skryf “ek’s” ten volle uit.

7. Voltooi die tabel.

Woord Meervoud Verkleining poot hond stert blaf

Handleiding 4/4

8. Voltooi die trappe van vergelyking: goed, ,

9. Voltooi die sin met die regte voornaamwoord: Lappies behoort aan Robbie. Lappies is (Robbie se) hond.

10. Voeg die sinne saam met die voegwoord tussen hakies: Die boelie en sy vriende hardloop weg. Lappies wys sy tande en blaf. (want)

Bonus: Wat is die manlike en vroulike vorm van ’n hond? en

Vir die nuuskieriges: Doen navorsing oor die vrae, en maak ’n plakkaat daaroor.

• Hoe weet jy iemand is ’n boelie?

• Waarom dink jy is iemand ’n boelie?

• Wat moet jy doen as iemand jou boelie?

Aktiwiteit 278: Selfstandige naamwoorde

Kan jy al die reëls oor meervoud en verkleining onthou?

Spelling en spelpatrone: Meervoud en verkleining

Meervoud

SAMPLE

• Woorde met diftonge: huis – huise, trein – treine, kraai – kraaie

• Woorde met dubbelvokale: muur – mure

• Woorde met kort vokale: das – dasse

• Woorde wat op -ng eindig: ring – ringe, koning – konings

• Woorde wat op m eindig: palm – palms, dam – damme, boom – bome

• Woorde wat op d eindig: hond – honde

• Woorde wat op t eindig: maat – maats, rot – rotte

• Woorde wat op f eindig: skroef – skroewe, sif – siwwe

• Woorde wat op -tuig eindig: voertuig – voertuie

Selfstandige naamwoorde

• Woorde wat eindig op ’n i, o, u of beklemtoonde a of ’n a wat lank uitgespreek word: taxi – taxi’s, skoonma – skoonma’s

Verkleining

• Woorde met diftonge: huis – huisie, trein – treintjie, kraai – kraaitjie

• Woorde met dubbelvokale: muur – muurtjie

• Woorde met kort vokale: das – dassie

• Woorde wat op -ng eindig: ring – ringetjie, koning – koninkie

• Woorde wat op m eindig: boom – boompie, dam – dammetjie

• Woorde wat op d eindig: hond – hondjie

• Woorde wat op t eindig: maat – maatjie, rot – rotjie

• Woorde wat op f eindig: skroef – skroefie

• Woorde wat op -tuig eindig: voertuig – voertuigie

• Woorde wat -tjie en -etjie kry: tafel – tafeltjie, son – sonnetjie

• Woorde wat eindig op ’n i, o, u of beklemtoonde a of ’n a wat lank uitgespreek word: taxi – taxi’tjie, skoonma – skoonma’tjie

1. Voltooi die tabel.

SAMPLE

Woord Meervoud Verkleining hond boelie stert seun kind poot lip sirkel tand voertuig som

2. Voltooi die tabel oor geslag.

Woord Manlik Vroulik hond hoender olifant skaap perd

Handleiding 4/4

Aktiwiteit 279: Bedrywende en lydende vorm

Het jy al gehoor as iemand sê iets “word deur” iemand gedoen? Byvoorbeeld: Die bal word deur die seun gegooi. Ons noem dit die lydende vorm.

Bedrywende en lydende vorm (Active and passive voice)

Sinsontleding kan help om ’n sin in die lydende vorm te sit. Wat is sinsontleding nou weer?

Sinsontleding

• Onderwerp (subject): Wie of wat die handeling doen. (Wie doen die werkwoord?)

• Gesegde (verb/predicate): Die handeling wat gedoen word. (Wat word gedoen?)

• Voorwerp (object): Die persoon of ding waarmee of waaraan die handeling gedoen word. (Waarmee/Waaraan word dit gedoen?)

Onthou, die lidwoord of voornaamwoord word altyd saam met die onderwerp of voorwerp geskryf, byvoorbeeld ’n koekie, sy hond; nie net koekie en hond nie.

Bedrywende vorm (active voice)

• In die bedrywende vorm word gesê wie doen wat waarmee/waaraan

• In die bedrywende vorm is die woordorde gewoonlik onderwerp, gesegde, voorwerp.

SAMPLE

Lappies eet ’n koekie.

Lydende vorm (passive voice)

• In die lydende vorm word gesê waarmee/waaraan deur wie wat gedoen word.

Lappies eet ’n koekie ’n Koekie word deur Lappies geëet

• By die lydende vorm verander die woordorde: voorwerp, onderwerp, gesegde

• In die lydende vorm is die hoofwerkwoord (wat alleen kan staan) altyd in die verlede tyd – geëet, gespeel, gesien.

Doen wat? Waarmee? Onderwerp Gesegde Voorwerp

Hoe verander ek die sin?

Bedrywende vorm

Onderwerp (wie)

Lappies eet ’n koekie.

Gesegde (wat)

Voorwerp (waarmee/waaraan)

Lappies eet ’n koekie

Verander na die lydende vorm

’n Koekie word deur Lappies geëet.

Voorwerp (waarmee/waaraan) +

Onderwerp (wie)

Gesegde (wat)

’n Koekie word deur Lappies geëet

In die lydende vorm is:

• “word deur” die teenwoordige tyd;

• “is deur” die verlede tyd; en

• “sal deur” die toekomende tyd.

Verlede tyd

Lappies het ’n koekie geëet

’n Koekie is deur Lappies geëet.

Teenwoordige tyd

Lappies eet ’n koekie

’n Koekie word deur Lappies geëet

• Die voornaamwoorde verander in die lydende vorm:

Hy het ’n koekie geëet. ’n Koekie is deur hom geëet.

Toekomende tyd

Lappies sal ’n koekie eet

’n Koekie sal deur Lappies geëet word.

1. Onderstreep die onderwerp, gesegde en voorwerp met verskillende kleure.

1.1 Die hond help die man.

1.2 Die gidshond lei die vrou.

1.3 Lappies eet ’n hondekoekie.

1.4 Lappies doen toertjies.

Die lidwoord en voornaamwoord is deel van die onderwerp of voorwerp – die hond.

Handleiding 4/4

2. Skryf die sinne in vraag 1 in die lydende vorm.

2.1 Die hond help die man.

Die word deur die gehelp.

2.2 Die gidshond lei die vrou.

Die word deur die

2.3 Lappies eet ’n hondekoekie.

2.4 Lappies doen toertjies.

3. Skryf die sinne in die lydende vorm. Kyk mooi: Dit is in die verlede tyd. Jy kan dit eers mondelings saam met ’n maat doen.

3.1 Die hond het die man gehelp.

Onthou, in die verlede tyd is dit “is deur”.

Die deur .

3.2 Die gidshond het die vrou gelei.

Die deur

3.3 Lappies het ’n hondekoekie geëet.

3.4 Lappies het toertjies gedoen.

SAMPLE

4. Skryf die sinne in die lydende vorm. Kyk mooi: Dit is in die toekomende tyd. Jy kan dit eers mondelings saam met ’n maat doen.

4.1 Die hond sal die man help.

Onthou, in die toekomende tyd is dit “sal deur ... word”.

Die deur word.

4.2 Die gidshond sal die vrou lei.

Die deur word.

4.3 Hy sal ’n hondekoekie eet.

4.4 Lappies sal toertjies doen.

5. Skryf die sinne in die lydende vorm.

1. Kyk eers wat die onderwerp, gesegde en voorwerp is.

2. Kyk mooi – in watter tydsvorm is die sin? Die tydsvorm moet dieselfde bly.

5.1 Lappies jaag ’n vlooi.

5.2 Lappies het die seun weggejaag.

5.3 Robbie sal die bal gooi.

Aktiwiteit 280: Voornaamwoorde

Kan jy die soorte voornaamwoorde onthou waaroor jy geleer het? Kyk weer na die opsomming in les 2.

Omkring die regte voornaamwoord in elke sin hier onder. Hoe vinnig kan jy dit doen?

SAMPLE

1. Lappies is Robbie se hond. Dit is hom sy hond.

2. Lappies vang die bal. Hy Sy vang die bal.

3. Masego hou van honde. Haar Sy hou van honde.

4. Masego lees ’n boek oor honde. Die boek is hare syne

5. Masego en Robbie is vriende. Hulle Julle is vriende.

Voornaamwoorde

• A complete guide with all the texts and explanations included.

• Comprehensive explanations of language aspects.

• Step-by-step guidelines in plain language.

• Fun, engaging, and practical activities

• Interesting themes for Grade 4s to expand general knowledge and inspire curiosity.

• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.

• Suitable for learners on all levels

• Use in school or at home.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.